WAT DOEN
ONS SONDE
AAN GOD?
Daar kom tye in 'n mens se lewe dat alles net
verkeerd loop. In Jeremia 8 gaan dit oor so 'n tyd.
Jeremia 8:13 sê: `daar is geen druiwe aan die
wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie,
selfs die blare het verdroog’.
En al waaroor die mense gepraat het was die
naderende vyand: die Babiloniese leërs.
‘Van Dan af hoor 'n mens die gesnuif van die
vyand se perde; die gerunnik van sy perde laat
die hele land bewe’ sê Jeremia 8:16.
Priesters en profete sê, een van die dae
gaan dit weer beter.
Ons woon in die stad van God.
Daarom, wees gerus: `Alles is reg! alles is
reg!’
Maar niks is reg nie
Pleks van beter, gaan alles net erger en
slegter
Gemeente was verbysterd
Is die Here nie meer in Sion nie?
Is Sion se Koning nie meer in hom
nie?
Al wat hulle rondom hulle sien is, is
net vrae en vraagtekens
In Jeremia 8 is daar 14 vraagsinne

Net drie van die mense
11 van God
Die samelewing is versteur: daar is
droogte, bedrog, onderkruipery, valsheid,
oorlog, siekte.
Die mense sê: Alles is reg, alles is reg,
terwyl niks reg is nie.
God sê:
Ek kan dit nie begryp nie. Hoe kan hulle sê `ons het
wysheid', as hulle so oppervlakkig na alles kyk?
Hoe kan hulle sê alles is reg en normaal as niks reg en
normaal is nie?
Moet hulle nie miskien so 'n bietjie dieper begin kyk nie,
dieper begin kyk en dalk begin vra na:
God in die resessie,
God in die droogte,
God in die hoogdrukstelsel,
God in die hongersnood nie?
En nog meer, sê God:
Moet hulle nie ook vir 'n slag begin sê:
maar wat het ek gedoen nie?.
Begin sê: het ek nie miskien skuld aan alles wat so verkeerd loop nie?
Want niemand sê dit nie, sê God.
Niemand het dalk ongehoorsaam voor God gelewe nie.
Niemand het dalk 'n ander een se grond of eer ingepalm nie.
Niemand het dalk van 'n ander geskinder nie.
Niemand het dalk so 'n bietjie die grond te veel uitgeput nie.
Ja.
Niemand het so gelewe dat hulle daarmee vir God gesê het:
eintlik glo ons nie meer in U nie,
eintlik wil ons nie meer maak soos ons weet U wil hê ons moet nie,
eintlik maak ons soos ons wil.
En daarom:
eintlik is hierdie groot gemors my skuld, ons skuld.
Eintlik is alles nie reg nie, nie normaal nie. Maar, sê God, niemand sê dit
nie.
Dan sien ons dat wanneer God die uiteinde van
hierdie hardhorendheid en selfvoldaanheid bedink,
Hy as 't ware ineenkrimp:
My smart oorweldig my,
Ek is hewig ontsteld.
Hoor hoe benoud roep my volk...
My volk se wonde is my wonde, ek is in rou, deur
angs oorweldig.
Dit het tyd geword dat ons in
nederigheid vra:
Help my God, om dieper te sien.
Help my om my brouwerk van gister en
eergister reg te maak, sodat waar ek
lewe en beweeg, daar vrede sal kom
en wees in 'n siek samelewing.
AMEN

Wat doen ons sonde aan god 1

  • 1.
  • 2.
    Daar kom tyein 'n mens se lewe dat alles net verkeerd loop. In Jeremia 8 gaan dit oor so 'n tyd. Jeremia 8:13 sê: `daar is geen druiwe aan die wingerdstok en geen vye aan die vyeboom nie, selfs die blare het verdroog’. En al waaroor die mense gepraat het was die naderende vyand: die Babiloniese leërs. ‘Van Dan af hoor 'n mens die gesnuif van die vyand se perde; die gerunnik van sy perde laat die hele land bewe’ sê Jeremia 8:16.
  • 3.
    Priesters en profetesê, een van die dae gaan dit weer beter. Ons woon in die stad van God. Daarom, wees gerus: `Alles is reg! alles is reg!’ Maar niks is reg nie Pleks van beter, gaan alles net erger en slegter
  • 4.
    Gemeente was verbysterd Isdie Here nie meer in Sion nie? Is Sion se Koning nie meer in hom nie? Al wat hulle rondom hulle sien is, is net vrae en vraagtekens
  • 5.
    In Jeremia 8is daar 14 vraagsinne Net drie van die mense 11 van God
  • 6.
    Die samelewing isversteur: daar is droogte, bedrog, onderkruipery, valsheid, oorlog, siekte. Die mense sê: Alles is reg, alles is reg, terwyl niks reg is nie.
  • 7.
    God sê: Ek kandit nie begryp nie. Hoe kan hulle sê `ons het wysheid', as hulle so oppervlakkig na alles kyk? Hoe kan hulle sê alles is reg en normaal as niks reg en normaal is nie? Moet hulle nie miskien so 'n bietjie dieper begin kyk nie, dieper begin kyk en dalk begin vra na: God in die resessie, God in die droogte, God in die hoogdrukstelsel, God in die hongersnood nie?
  • 8.
    En nog meer,sê God: Moet hulle nie ook vir 'n slag begin sê: maar wat het ek gedoen nie?. Begin sê: het ek nie miskien skuld aan alles wat so verkeerd loop nie? Want niemand sê dit nie, sê God. Niemand het dalk ongehoorsaam voor God gelewe nie. Niemand het dalk 'n ander een se grond of eer ingepalm nie. Niemand het dalk van 'n ander geskinder nie. Niemand het dalk so 'n bietjie die grond te veel uitgeput nie. Ja. Niemand het so gelewe dat hulle daarmee vir God gesê het: eintlik glo ons nie meer in U nie, eintlik wil ons nie meer maak soos ons weet U wil hê ons moet nie, eintlik maak ons soos ons wil. En daarom: eintlik is hierdie groot gemors my skuld, ons skuld. Eintlik is alles nie reg nie, nie normaal nie. Maar, sê God, niemand sê dit nie.
  • 9.
    Dan sien onsdat wanneer God die uiteinde van hierdie hardhorendheid en selfvoldaanheid bedink, Hy as 't ware ineenkrimp: My smart oorweldig my, Ek is hewig ontsteld. Hoor hoe benoud roep my volk... My volk se wonde is my wonde, ek is in rou, deur angs oorweldig.
  • 10.
    Dit het tydgeword dat ons in nederigheid vra: Help my God, om dieper te sien. Help my om my brouwerk van gister en eergister reg te maak, sodat waar ek lewe en beweeg, daar vrede sal kom en wees in 'n siek samelewing.
  • 11.