Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docxChris van Wyk
“Life is difficult.”
Scott Peck begin sy boek The Road Less Travelled met dié diepsinnige opmerking. Dit bly een van die grootste waarhede wat ek al gelees het. Daar is min van ons, indien enige, wat nie op een of ander manier hiermee sal kan saamstem nie.
Maar min van ons het die volgende sin in Scott Peck se boek gelees. Hy skryf nie net dat die lewe swaar is nie. Hy sê ook die volgende daaroor: “This is a great truth, one of the greatest truths. It is a great truth because once we truly see this truth, we transcend it. Once we truly know that life is difficult – once we truly understand and accept it – then life is no longer difficult. Because once it is accepted, the fact that life is difficult no longer matters.”
Dié perspektief gee my 'n nuwe invalshoek vir die saligsprekinge in die Bergrede.
Ten diepste handel die Bergrede oor die vestiging van God se geregtigheid in elke aspek van die lewe – godsdienstig, sosiaal, persoonlik. Dit kan as die etiek van die koninkryk beskryf word wat aansluit by die boodskap van die OT.
Maar, God wil hê dat dié geregtigheid geskep word nie deur mag en geweld nie, maar deur mense wat deur Sy Gees gelei word. Dit is waar die saligsprekinge inpas. Dit verduidelik hoe mense ís wat deur die Gees gelei word. God vestig sy geregtigheid:

You’re walking through text: Read it! I picked
this up on Etsko Schuitema’s Twitter feed,
@etsko.
This simple, but profound line gave me a
moment to pause.
I would consider myself goal-orientated. I’ve
got a list of goals I want to achieve this year.
The pictures of my goals are on my vision
board. I do affirmations. I set deadlines. Yeah,
I’d say I’m definitely a goal-getter.
One of my goals is to write 3000 words a day.
I’m super focused on the outcome. The
problem is that I’m so focused on the outcome
that I’m living in the future and not paying
attention to the now.
In other words, I’m not ‘reading’ the text that
is my life. I’m focusing more on intention than
I am on attention. I’m rushing through the
‘text’.
I’m so focused on an end-point that I’m
missing out on the things of importance that
are right in front of me. I’m giving up on the
beauty of the journey because my destination
has become so important to me.
It hit home to me last night when I had to
finish 500 words to hit my daily word target.
The one who teaches me so much about
what’s important, my daughter, Rebecca,
wanted to show me a card she’d made.
“Not now, Rebecca,” I said. “Daddy has to
finish up here.” Two hours later I found her
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptxChris van Wyk
“Life is difficult.”
Scott Peck begin sy boek The Road Less Travelled met dié diepsinnige opmerking. Dit bly een van die grootste waarhede wat ek al gelees het. Daar is min van ons, indien enige, wat nie op een of ander manier hiermee sal kan saamstem nie.
Maar min van ons het die volgende sin in Scott Peck se boek gelees. Hy skryf nie net dat die lewe swaar is nie. Hy sê ook die volgende daaroor: “This is a great truth, one of the greatest truths. It is a great truth because once we truly see this truth, we transcend it. Once we truly know that life is difficult – once we truly understand and accept it – then life is no longer difficult. Because once it is accepted, the fact that life is difficult no longer matters.”
Dié perspektief gee my 'n nuwe invalshoek vir die saligsprekinge in die Bergrede.
Ten diepste handel die Bergrede oor die vestiging van God se geregtigheid in elke aspek van die lewe – godsdienstig, sosiaal, persoonlik. Dit kan as die etiek van die koninkryk beskryf word wat aansluit by die boodskap van die OT.
Maar, God wil hê dat dié geregtigheid geskep word nie deur mag en geweld nie, maar deur mense wat deur Sy Gees gelei word. Dit is waar die saligsprekinge inpas. Dit verduidelik hoe mense ís wat deur die Gees gelei word. God vestig sy geregtigheid:
Dit is voorwaar ’n pragtige gesig om ganse in ’n V-formasie te sien vlieg. Dit is egter nie om dowe neute dat hulle só vlieg nie. Navorsing het getoon dat die geklap van hulle vlerke ’n opwaartse lugstroom, ’n spiraal draaikolk, veroorsaak wat die ganse opdruk wat in die V-formasie volg. Trouens, hierdie “spanwerk” kan ’n swerm ganse tot 71% verder laat vlieg as wat hulle dit alleen kan regkry, sê navorsers.
Dit is met dié voorbeeld van die ganse in gedagte wat ek wil hê dat julle moet kyk na die prentjie wat Lukas vir ons hier in Handelinge 2 skilder van die eerste gemeente. Dit is op ’n manier een van die kragtigste paradigmas vir ons van hoe ’n gemeente moet werk, van wat in ’n gemeente moet gebeur, van waarop dit regtig aankom. Baie gemeentes reg deur die eeue het telkens weer na dié paar verse teruggegaan om inspirasie te kry vir hoe hulle saam moet wees, hoe hulle die Here saam moet dien.

Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagChris van Wyk
Sangdiens vir Palmsondag: Matteus wys ons hoe fyn die lyn tussen spot en geloof is en dat spot uiteindelik uit ongeloof voortspruit. Jesus wys ons dat die keuse vir nie-gewelddadigheid God se mag in werking laat kom. Soos die Romeinse hoofman oor honderd en dié soldate wat Jesus se klere verdeel het, reeds voor die opstanding verklaar: "Hy was waarlik die Seun van God!"
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagChris van Wyk
Matteus wys ons hoe fyn die lyn tussen spot en geloof is en dat spot uiteindelik uit ongeloof voortspruit. Jesus wys ons dat die keuse vir nie-gewelddadigheid God se mag in werking laat kom. Soos die Romeinse hoofman oor honderd en dié soldate wat Jesus se klere verdeel het, reeds voor die opstanding verklaar: "Hy was waarlik die Seun van God!"
Matteus 6:19-34 - Onverwagse opbrengste.pptxChris van Wyk
‘n Mens kan dié gedeelte uit die hoek van ‘n nuwe beleggingstrategie lees. Jesus stel vir ons onverwagse opbrengste in die vooruitsig. Aan die basis daarvan lê ‘n revolusionêre waardestelsel. Vers 32-33 in die nuwe Afrikaanse vertaling wat dié week vrygestel word: “Julle hemelse Vader weet tog wat julle alles nodig het; soek daarom bo alles na God se koninkryk en sy geregtigheid, en al die lewensmiddele sal vir julle bygevoeg word.”
Dít is waaroor dit gaan in hierdie gedeelte – beide in die wyse waarop ons ons besittings en welvaart gebruik aan die een kant, en die wyse waarop ons ons bekommernisse hanteer aan die ander kant.
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docxChris van Wyk
Wat sê die verhaal van die genesing van die man by die bad van Betesda vir ons?
Dat geloof die gevolg is van ’n verhouding met God. God steek die vlam van geloof in ons harte aan. Dit is waarom gestremdheid of gesondheid nie die finale woord oor ’n mens se lewe spreek nie. Dit is waarom hoe beweeglik of onbeweeglik jy is nie die waarheid oor jou lewe is nie. Dit is met Wie jy in verhouding is, wat die waarheid oor jou lewe is.
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptxChris van Wyk
Wat sê die verhaal van die genesing van die man by die bad van Betesda vir ons?
Dat geloof die gevolg is van ’n verhouding met God. God steek die vlam van geloof in ons harte aan. Dit is waarom gestremdheid of gesondheid nie die finale woord oor ’n mens se lewe spreek nie. Dit is waarom hoe beweeglik of onbeweeglik jy is nie die waarheid oor jou lewe is nie. Dit is met Wie jy in verhouding is, wat die waarheid oor jou lewe is.
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docxChris van Wyk
Jesus gee in hierdie gedeelte twee metafore of simbole waarmee ons ingesteldheid teenoor die wêreld uitgespel word:
• Julle is die sout vir die aarde – mense moet God kan proe in ons lewens.
• Julle is die lig vir die wêreld – mense moet God kan sien in ons lewens.
'n Geseënde lewe is om soos sout en lig oral voetspore van seën agter te laat, sê Jesus. Dit is om die God-flavors en die God-colors in hierdie wêreld te versprei, soos Peterson dit so raak beskryf. Dit is om die wêreld met smaak, geur, reinheid en lig te vul, en so van die aarde 'n beter plek te maak. Natuurlik produseer ons dit nie self nie. God seën ons om sout en om lig te wees en ons leef dit reg oor die wêreld uit.
Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.pptxChris van Wyk

14. Siekte – Japie en Dalene in die hospitaal en ‘n hele paar ander op die lys,
15.
16. En dit help nie jy probeer mense bang maak met die oordeel van God nie – dié week het iemand met my kom gesels om my bang te maak met die idee van die wegraping en dat besighede probleme gaan hê as van die vennote skielik weg is en jy nie by die geld kan uitkom nie! Hello!Die probleem is, dat nie reëls of vrees jou hart gaan regmaak nie. Net God kan dit doen! “Daar kom ’n tyd, sê die Here, dat Ek my woord op julle harte (קֶרֶב – binneste/ingewande) skryf en dit in julle gedagte (לֵב - hart) vaslê. Ek sal julle God wees en julle sal my volk wees. Jy sal nie meer vir jou buurman of vir jou familie hoef te sê: ‘Jy moet die Here dien’ nie, want almal sal My dien, klein en groot, sê die Here. Ek sal julle oortredings vergewe en nie meer aan julle sondes dink nie.” Jeremia noem dit ‘n nuwe ooreenkoms, ‘n nuwe verbond. En uit die Nuwe Testament weet ons dat die ooreenkoms met die bloed van Jesus Christus verseël is. Toe dit donker geraak het vir Hom aan die kruis, toe Hy ervaar het God self het Hom verlaat, het die lig vir ons begin aanbreek. Wat doen God? Hy vergewe ons die sonde wat op ons harte ingeskryf is, en Hy skryf nuwe woorde daarop, Sy woorde, woorde wat van binne af ons gehoorsaam maak. In ons binneste en in ons gedagtes raak die woorde aktief om vir God en ons naaste lief te hê. Hoe ontvang ons dit? Eenmalig Nou – en dit is belangrik – daar is ‘n eenmaligheid hieraan, ‘n dag wat dít vir ons in vervulling begin gaan het. Ons kan dit die dag of die tydperk noem van ons bekering of ons wedergeboorte of of ons bewussyn van God se teenwoordigheid. Daardie tyd toe ons vir die eerste keer bewus geraak het van die roering van God in ons binneste – die dag wat ons ja gesê het, die dag wat ons fees gevier het oor ons kinders van God is en ons gevoel het, niks kan ooit weer verkeerd gaan nie, niks kan ons uit die hand van God uitruk nie. Alledaags Maar – en dit is nog meer belangrik – daar is ook ‘n alledaagsheid hieraan – die vinger van God wat elke oggend in my lewe sy woorde vir daardie dag skryf, wat regdeur die dag my herinner aan die woorde wat nodig is vir my om van te lewe. As Jesus in die woestyn vir die duiwel sê, dat Hy lewe van elke woord wat uit die mond van God gaan, is dit hierdie alledaagse woord waarvan Hy praat, die woord vir die versoeking van daardie dag. Jesus haal Moses aan in Deuteronomium 8:3 wat vir die volk geleer het: “dat ’n mens nie net van brood leef nie, maar dat jy leef van elke woord wat uit die mond van God kom.” Soos Jesus ook later vir die dissipels sou sê, terwyl die Samaritaanse vrou haar dorpie gaan haal het, “My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi.” (Joh 4). En dit is iets wat Jesus op ‘n daaglikse basis ontvang het – elke dag, sonder uitsondering. U sien, as ons toelaat dat daar ‘n dag verby gaan dat ons nie die woord van God op ons harte ontvang nie, dan word dit met ander goed beskrywe – dit hoef nie altyd sonde te wees, growwe dinge wat skeiding bring tussen ons en God nie, maar dit is net nie God se woorde nie. En as ons nie ons hartswoorde van Hom ontvang nie, dan is dit baie maklik om ander dinge te ontvang, wat in die plek van God se woorde kom, en wat dan nie noodwendig ons heeltemal weglei van God af nie, nie noodwendig ons slegte goed laat doen nie, maar net nie die dinge is wat God wil hê nie. En dit maak ons moeg, en dit put ons uit, en dit maak ons oneffektief. Jesus sê nie verniet dat dit voedsel is vir Hom om God se woorde, sy wil, te doen nie. Uitdaging en pleidooi U hoor ons die afgelope 6 maande baie spesifiek praat oor geestelike groei. Want ons het oortuig geraak dat daar niks meer belangrik is as dit nie. Dat dit is waarom gemeente-wees gaan, mense wat God se woorde hoor en dit gaan doen in hierdie wêreld. En ons het nou al twee reekse gedoen die afgelope twee kwartale, wat klem lê op hoe geestelike groei werk, en hoe ‘n mens daarby kan inskakel: Hulle het hulle heelhartig toegelê en Druppels vir die dors. Ons het ook al twee reekse aanbiedinge gehad op Woensdae, Didage, wat vir jou as ‘n hulp gegee is om God se woorde vir jou te ontvang – vir jou huwelik, vir jou eie geestelike groei met Adele Calhoun se goed en John Ackerman se goed en die Bybelskool en Lectio Divina en Op pad met God met ‘n joernaal. En ons het ‘n ongeveer 80 mense wat verlede jaar en dié afgelope kwartaal daarby ingeskakel het – en dit is goed, ‘n baie goeie begin. Maar – ons is nie 80 mense in die gemeente nie. Ons is 1500. Kom ons laat die kinders buite berekening, hulle gaan immers na kategese toe, en die tieners doen dissipelskap – hulle is ongeveer 300. En ‘n hele aantal mense bly ver van die kerk af en vir mense in ons tehuise is dit soms onmoontlik om hier te kom. Kom ons sê daar is ongeveer 800 mense uit die gemeente wat Didage kan bywoon, dan is net 10% van ons mense besig hiermee. En dit is te min. En dit gaan nie oor die sukses of nie-sukses van die projek van geestelike groei nie en van Woensdagaande nie. Dit gaan oor die saak van God se woorde wat elke dag op ons harte geskryf word. Óf ons leer hoe dit werk en groei geestelik ... óf ons harte word beskrywe met ons eie woorde óf nog erger met die woorde van die wêreld, en ons stagneer geestelik, raak ongeduldig met dié en daaí, begin fout vind, en raak onbetrokke. God se woorde op ons harte moet ‘n alledaagse werklikheid word – en ons kan mekaar help daarmee. Ek weet persoonlik, uit eie ervaring, hoe moeilik dit is om alleen te luister, as ek dit dag in en dag uit op my eie doen. Daar is in my ‘n bekommernis, dat ons hierdie dinge van die kansel af sê, en dat dit aankom by jou, maar sodra jy by die deur uit is, die sorge van hierdie lewe die woorde van God verstrik en uitvee op jou hart. En ek moet bely: Elke dag wat ék nie luister na wat God sê nie, is die dag vir my ‘n mislukking. Elke dag wat ék nie luister na wat God sê nie, is vir my ‘n vermorsing. Elke dag wat ék nie luister na wat God sê nie, is vir my ‘n fiasko. En ek wonder vir hoe baie van ons dit nie so is nie? Dit is nie die dramatiese goed wat in my lewe gebeur wat dit ‘n mislukking en ‘n vermorsing en ‘n fiasko maak nie. Nee, dit is die middelmatigheid, die insigloosheid, die hooploosheid van die daaglikse gesprekke waarvan ek lees in die koerante en wat ek sien op die TV en wat ek hoor in ons onderlinge gesprekke, wat die lewe uit my pers en wat, as dit al is wat ek hoor, van my lewe ‘n mislukking en ‘n vermorsing en ‘n fiasko maak. Jy sien, ons harte word daagliks beskrywe – en as dit nie ook God is wat daarop skrywe nie – dan word ons harte gou-gou hard en onbuigsaam en ongevoelig. Ek rig dus ‘n uitdaging en ‘n pleidooi – nie ‘n reël nie, en ek maak jou ook nie bang nie. Skryf in vir een van ons aanbiedinge vir geestelike groei. Maak die afspraak en hou daarby. As jy uitstedig moet wees, kom dan die ander tye. Gebruik ons webtuiste om by te bly – dit is waarvoor ons dit geskep het. En as jy iets anders wil voorstel wat jy graag saam met ons wil doen – stel dit voor. As jy liewer in ‘n kleingroep wil inskakel of een wil begin, kom gesels met ons. Dit wil voorkom asof dit makliker is om nuwe groepe te begin – so kry ‘n maat en kom sien my. Maar moenie wegbly nie. Ons het mekaar nodig om mekaar moed in te praat en by mekaar te leer en saam die teenwoordigheid van die Here te ervaar. Soos God met ons ‘n ooreenkoms gesluit het – Ek sal julle God wees en julle sal my volk wees – kom ons sluit ‘n ooreenkoms met mekaar – om mekaar te ondersteun in ons eie luister na sy stem. Amen.