SlideShare a Scribd company logo
1 of 6
SY LIEFDE GESKRYF IN
BLOED
Joh 15:7-17 (13)
Is dit nie wonderlike liefde nie?
Groter liefde het niemand as dit nie
Wanbegrip van stelling
Sy liefde in bloed geskryf
Lewe vir sy vriende
Jer 1:5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het,
het Ek jou geken, ............
My liefde vir jou geskryf in bloed
Luk 22:44 En toe Hy in ‘n sware stryd kom, het Hy met
groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos
bloeddruppels wat op die grond val.
Joh 15:9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle
ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My.
Joh 15:10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my
liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar
en in sy liefde bly.
Joh 15:9-10 “As julle My getrou volg, sal die wêreld God
werklik raaksien vir wie Hy is. “Ek het julle net so lief
soos die Vader My liefhet. Wikkel julle elke oomblik van
die dag in hierdie liefde van My toe. Julle vra: Hoe kry ’n
mens dit reg? As julle doen wat Ek vra en dit goed doen,
wys julle hoe julle my liefde vir julle waardeer en geniet.
Ek doen dit self. Ek doen wat my Vader vra omdat Ek sy
liefde vir My so waardeer. (DB)
Joh. 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy
wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader
liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar.
Hoe ver is ek vandag, van God se liefde af?
Ver van Jesus se liefde is ’n baie gevaarlike plek
1 Joh 4:18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die
volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees
sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in
die liefde nie.
Sy liefde geskryf in bloed

More Related Content

What's hot

Hoe kan ek god beter leer ken
Hoe kan ek god beter leer kenHoe kan ek god beter leer ken
Hoe kan ek god beter leer kenErnest Potgieter
 
Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Ernest Potgieter
 
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!Susanna De Waal
 
Trek weg uit die huis van sonde
Trek weg uit die huis van sondeTrek weg uit die huis van sonde
Trek weg uit die huis van sondeCornelius Joubert
 
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe GebedEen En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebedguest3c6c7f
 
Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!agsupington
 

What's hot (9)

Tema: #Mekaar Deel 2
Tema: #Mekaar Deel 2Tema: #Mekaar Deel 2
Tema: #Mekaar Deel 2
 
Hoe kan ek god beter leer ken
Hoe kan ek god beter leer kenHoe kan ek god beter leer ken
Hoe kan ek god beter leer ken
 
Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!
 
Tema: Maak Transformasie jou eie
Tema: Maak Transformasie jou eieTema: Maak Transformasie jou eie
Tema: Maak Transformasie jou eie
 
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
8 nov 2015, Ek het dit gesê!!
 
Trek weg uit die huis van sonde
Trek weg uit die huis van sondeTrek weg uit die huis van sonde
Trek weg uit die huis van sonde
 
Tema:Transformasie in Verhoudings
Tema:Transformasie in VerhoudingsTema:Transformasie in Verhoudings
Tema:Transformasie in Verhoudings
 
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe GebedEen En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
Een En Twintig Riglyne V Effektiewe Gebed
 
Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!Ons leef deur die geloof!
Ons leef deur die geloof!
 

More from Susanna De Waal

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë grafSusanna De Waal
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!Susanna De Waal
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!Susanna De Waal
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droomSusanna De Waal
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!Susanna De Waal
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! Susanna De Waal
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouselfSusanna De Waal
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekteSusanna De Waal
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nieSusanna De Waal
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nieSusanna De Waal
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter asSusanna De Waal
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal SkoonmaakSusanna De Waal
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet Susanna De Waal
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreekSusanna De Waal
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding Susanna De Waal
 

More from Susanna De Waal (20)

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!
 
10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself
 
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
 
31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding
 

Sy liefde geskryf in bloed

  • 1. SY LIEFDE GESKRYF IN BLOED Joh 15:7-17 (13)
  • 2. Is dit nie wonderlike liefde nie? Groter liefde het niemand as dit nie Wanbegrip van stelling Sy liefde in bloed geskryf Lewe vir sy vriende Jer 1:5 Voordat Ek jou in die moederskoot gevorm het, het Ek jou geken, ............
  • 3. My liefde vir jou geskryf in bloed Luk 22:44 En toe Hy in ‘n sware stryd kom, het Hy met groter inspanning gebid, en sy sweet het geword soos bloeddruppels wat op die grond val. Joh 15:9 Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. Joh 15:10 As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in sy liefde bly.
  • 4. Joh 15:9-10 “As julle My getrou volg, sal die wêreld God werklik raaksien vir wie Hy is. “Ek het julle net so lief soos die Vader My liefhet. Wikkel julle elke oomblik van die dag in hierdie liefde van My toe. Julle vra: Hoe kry ’n mens dit reg? As julle doen wat Ek vra en dit goed doen, wys julle hoe julle my liefde vir julle waardeer en geniet. Ek doen dit self. Ek doen wat my Vader vra omdat Ek sy liefde vir My so waardeer. (DB) Joh. 14:21 Wie my gebooie het en dié bewaar, dit is hy wat My liefhet; en wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek sal hom liefhê en My aan hom openbaar. Hoe ver is ek vandag, van God se liefde af?
  • 5. Ver van Jesus se liefde is ’n baie gevaarlike plek 1 Joh 4:18 Daar is geen vrees in die liefde nie; maar die volmaakte liefde dryf die vrees buite, want die vrees sluit straf in, en hy wat vrees, het nie volmaak geword in die liefde nie.

Editor's Notes

  1. #Is dit nie wonderlike liefde nie? Herhaal v13 ..... Wanneer ons in verhoudings met ander mense staan dan is die vraag meeste van die tyd. Hoe heg is die vriendskap dan? Hoe lief het my huweliksmaat, ouers, kinders meisie/ou my nou regtig. Op verskillende maniere sal ons dan vir mekaar wys en sê hoe lief ons vir mekaar is. Wat ons vir en met mekaar doen, hoe ons dit doen kommunikeer ons liefde of gebrek daaraan vir mekaar. Liefde, of die gebrek daaraan gaan erens langs die pad duidelik word. Jesus sê vir Sy dissipels, nog voor Sy kruisiging, dat Hy hulle so lief het dat Hy Sy lewe vir hulle gee. #Groter liefde het niemand as dit nie Op hierdie stadium het die dissipels nog maar ’n klein prentjie gehad van wat Jesus regtig gesê het. Vir hulle was Jesus wat Sy lewe vir hulle gee bloot die feit dat Hy al Sy tyd met hulle spandeer het, hulle geleer het en hulle kon deel en by wees waar hy 100de wonderwerke gedoen het. Jesus vra op ’n stadium Sy dissipels die vraag: wie sê julle is Ek? Petrus antwoord: “U is Jesus die Seun van God”. Met die stelling gemaak sien ons later dat selfs Petrus nie verstaan het wat dit regtig beteken nie. Sou Hy die volle implikasie verstaan het, sou hy nie gerebeleer het toe Jesus sê dat Hy gemartel en doodgemaak moes word nie. # Wanbegrip van stelling Miskien het die dissipels gedink hulle verstaan wat Jesus hier sê, maar hulle begrip was nog baie beperk. Verstaan ons vanoggend regtig die omvang en implikasies van Jesus se liefde vir ons? Verstaan ons regtig hoe lief Hy ons het? Gemeente, Jesus het jou oneindig baie lief. Hy het jou lief met ’n ewige liefde (Jer. 31:3). Daar is geen groter liefde as die liefde wat Jesus vir jou het nie! (x2) Die dissipels sou eers later ’n beter begrip kry van wat Jesus hier gesê het. Ek dink dit was een van daardie WOW oomblikke wat hulle na Sy dood, opstanding en hemelvaart gehad het. Ek dink dit kon dalk iets soos die gewees het: Een van hulle wat sê, onthou julle nog wat Jesus gesê het die dag toe Hy met ons gepraat het oor die wynstok en die lote? Ander een ander met: waarna presies verwys jy? Jesus het gesê dat daar nie groter liefde is as iemand wat Sy lewe vir Sy vriende gee nie. Dit tref my nou. Wat Jesus bedoel het, was nie net dat Hy tyd met ons spandeer nie, maar Hy het Sy lewe letterlik vir ons gegee. As ek nou daaraan dink, sien ek .... #Sy liefde in bloed geskryf Elke druppel bloed wat Jesus gestort het, vandat Hy in die tuin van Getsemane gebid het, toe hulle die doringkroon op SY kop gedruk het, die vuishoue, die 39 houe met die kats, die pad na Golgota en elke druppel bloed terwyl Hy aan die kruis gehang het, het eintlik gesê: “ek het jou lief (x3). Geen groter liefde het iemand as dit nie........ Ja, maar hoe kan ek weet hierdie liefde was ook vir my? Jesus het dan gesê ..... #Lewe vir sy vriende Ek kan verstaan dat Jesus die dissipels as vriende kon beskryf. Ek weet nie regtig hoe is dit op my van toepassing nie? ’n Vriendskap is mos iets waartoe 2 of meer partye moes toestem? Jesus maak hierdie stelling nog lank voor my geboorte. Hoe kan ek dit op myself van toepassing maak.? Die Here sê in Sy woord ..... #Jer 1:5 ...... Voor jou en my geboorte het Hy ons geken, asof ons alreeds bestaan. Hy het toe alreeds geweet hoe ons gaan lyk, watter tipe persoonlikheid, IK ens. Hy het toe reeds besluit dat Hy jou as Sy vriend wil hê. Is dit nie iets ongeloofliks nie. Here, wie ek? Het u geweet van al my swak plekke en tekortkominge? Het u geweet van al my sonde en ontrouheid? En Hy antw: “ja ek het geweet, maar ek het ook toe alreeds geweet hoeveel potensiaal daar in jou opgesluit is. Ek het toe ook alreeds geweet wat ek alles deur jou kan vermag as jy My net sou toelaat. Ek het ook geweet hoe ek jou lewe sal kan verander. My kind, My vriend, kyk vanoggend na die kruis en sien ......
  2. #My liefde vir jou geskryf in bloed Ek het vir julle gesê wat die hoogste vorm van liefde is voordat Ek self aan daardie standaard voldoen het. Ek het dit gedoen vir jou. Die aand voor Sy kruisiging het Jesus ernstig met Sy Vader gepraat oor hierdie betoon van die hoogste liefde. In hierdie gesprek het Sy liefde reeds duidelik geword. #Luk 22:44 ..... Dit was nie ’n maklike prys om te betaal nie. Selfs die Seun van God het Sy oomblik van twyfel gehad. Laat hierdie beker by my verbygaan, nogtans nie My wil nie maar U wil. Met die voltrekking van Jesus se vonnis demonstreer ook die Vader, Hy wil die grootste denkbare liefde aan jou en my kom betoon. Sy liefde geskryf in bloed. Wat ’n demonstrasie van liefde. Jesus se egter nog ’n klomp NB dinge in die hoofstuk. Wil net een van hulle uitlig. #Joh 15:9 .... As Jesus die opdrag gee, dan beteken dit mos dat ons onder hierdie liefde uit of daarvan weg kan beweeg. Dit is NB dat ons sal onthou, die liefde verander nie of gaan nie weg nie. Dit is ons wat kies om dit te ignoreer en daarvan weg te beweeg. Jesus se bly in hierdie liefde. Liefde geskryf in bloed. Hoe doen ek dit? #Joh 15:10 ..... Hoor hoe stel Die Boodskap vertaling dit ......
  3. #Joh 15:9-10 ’n Mens sou verwag dat wanneer jy aan die ontvangkant van sulke wonderlike liefde staan, jy spontaan positief daarop sal wil reageer. Jy naby aan dit sal wil bly. Om seker te maak ons weet hoe om dit te doen en dat ons dit doen gee Jesus hierdie eenvoudige en duidelike opdrag: doen wat ek julle vra en doen dit goed. Doen wat ek van jou verwag om te doen. Hierdie opdrag kom baie in o/t en 16 keer in die N/T voor. In Joh. 14 se Jesus ...... #Joh. 14:21 .... Wie sal nie graag die geliefde van die Vader en die Seun wil wees nie? Is dit nie ’n wonderlike teksvers nie. Hoe meer ek positief reageer op die liefde van Jesus, hoe meer en beter sal ek Hom leer ken. Dis amazing!!! #Hoe vêr is ek van God se liefde af? Jesus het gesê, bly in my liefde. Hoe doen ek dit? Jesus se deur Sy gebooie te bewaar. So daar is ’n direkte verband tussen hoeveel liefde ek van God ervaar en hoe gehoorsaam ek aan Sy woord is. Kan ek herhaal. Sy liefde het nie verander of weg beweeg nie. Dit is ek wat die weg beweeg werk gedoen het.
  4. #Ver van Jesus se liefde is ’n baie gevaarlike plek Jy is op jou eie. Hoe vêrder ek van God se liefde af is, hoe nader is ek aan Sy oordeel. Hy sê: bly in my liefde. My liefde geskryf in bloed. #1 Joh 4:18 Sien vanoggend Sy liefde vir jou. Die grootste liefde wat iemand aan iemand anders kan bewys. Liefde geskryf in bloed, die bloed van Sy Seun. Wat gaan jy maak met hierdie liefde?
  5. #Ver van Jesus se liefde is ’n baie gevaarlike plek Jy is op jou eie. Hoe vêrder ek van God se liefde af is, hoe nader is ek aan Sy oordeel. Hy sê: bly in my liefde. My liefde geskryf in bloed. #1 Joh 4:18 Sien vanoggend Sy liefde vir jou. Die grootste liefde wat iemand aan iemand anders kan bewys. Liefde geskryf in bloed, die bloed van Sy Seun. Wat gaan jy maak met hierdie liefde?