2. Die kruis op Golgotha het twee kante . . .
Elke mens op aarde word die een
of ander tyd in jou lewe deur die
werking van die Heilige Gees gelei
om voor die Kruis op Golgotha stil
te staan …
Hier by die voete van Jeshua
moet jy ‘n persoonlike keuse
maak wat jou toekoms vir altyd
sal verander . . .
Wanneer jy besef dat alles wat
met Jeshua aan die kruis gebeur
het na regte oor jou moes
kom, omdat jy as gevolg van die
sondeval in die tuin van Eden
onder die oordeel van God
staan, moet jy net soos die rowers
aan die kruis een van twee keuses
uitoefen . . .
3. Aan die Kruis bevestig Jeshua die verbond om die mens van die ewige dood vry te koop . . .
Jy kan jouself met Jeshua die Messias vereenselwig deur te erken dat God
regverdig sou wees as jy self vir jou sondes die straf moes dra…
Jy kan Jeshua dank
dat Hy in jou plek aan
die kruis gesterwe het
& jy kan Hom versoek
om jou sondes te
vergewe & jou van alle
ongeregtigheid te
reining . . .
Of jy kan die keuse
uitoefen om die rug te
draai op God se Seun
& vir ewig van God
verwyderd wees . . .
Die kruis op Golgotha kan jou met God versoen, of vir ewig van God verwyder . . .
Die keuse is joune . . .
4. Aan die Kruis word oorlog vir vrede omgeruil . . .
Jeshua het aan die kruis die vyandskap of oorlogtoestand tussen die sondaar
& God beeindig, want daar is Hy vir jou sondes gestraf . . .
Hy het plekke met jou omgeruil, jou sondes met Sy bloed bedek
& sodoende aan die kruis vrede tussen God & die mens bewerk . . .
5. Wanneer jy begryp & aanvaar dat Jeshua as jou plaasvervanger gesterf het & deur Sy bloed jou
sondes voor die aangesig van God bedek het, vind daar in ooreenstemming met die
bloedverbond tussen God & Sy Seun, ‘n groot geestelike werk in jou lewe plaas . . .
Die Wedergeboorte ...
Die geestelike werk van Wedergeboorte is soortgelyk aan die proses
van “omruiling” wat aan die Kruis op Golgotha plaasgevind het . . .
6. Onskuldige ruil plek met die skuldige . . .
Die sondige natuur waarmee jy uit die bloedlyn van die eerste Adam gebore is, word deur
Jeshua op Hom geneem toe Hy die bitter beker van sonde moes leeg drink . . .
Sonde het die sondelose
Jeshua ‘n sondaar voor God
gemaak . . .
So was ek & jy in Hom aan
die kruis op Golgotha . . .
Jou sondes is in Sy liggaam op die kruishout gedra, sodat jy die
sonde kan afsterwe & vir geregtigheid kan lewe I Petrus 2:24
7. Aan die Kruis word jou gees vanuit ‘n geestelike dooie toestand omgeruil tot die ewige lewe . .
.
Jou gees word gereining van alles wat in die sondige bloedlyn oorgeerf is
& die lewe wat in Christus is word in jou gees geplaas . . .
Dit is waar die omruiling in jou
gees plaasvind .. . Satan se
natuur uit & Christus se
natuur in . . .
Die feit dat Jeshua uit die duisternis van dood opgestaan het dien as bewys dat Hy die stryd vir
die aflegging van ons sondes teen die vader van sonde gewen het . . .
Nou het jy jou ware identiteit naamlik Christus in jou . . .
8. Aan die kruis word my wil omgeruil vir die wil van God die Vader . . .
Tydens wedergeboorte word die mag van sonde oor jou verbreek wanneer jy saam
met Jeshua sterwe en jou eie wil uit vrye keuse aan God onderwerp . . .
GOD SE WIL EIE WIL
Ek onderwerp my WIL aan
die WIL van die Vader
sodat die “eie ek” saam
met Jeshua aan die kruis
sterwe & die “eie ek”
dood gereken word vir die
sonde . . .
Romeine 6:12 se: “Reken jouself dood vir die sonde, sodat dit
nie meer in jou liggaam heers nie”
Elke gedagte, elke versoeking, elke optrede word nou onderwerp
aan die WIL van God deur te STOP, die gedagte of versoeking te oordink,
jou reaksie om te ruil vir die wil van God & dan eers te doen . . .
9. Aan die Kruis word ou natuur omgeruil vir ‘n Goddelike natuur . . .
Op Golgotha het Jeshua die volle oordeel vir jou ou sondige natuur
op Hom geneem & is dit in alle opsigte saam met Hom gekruisig
In hierdie tyd is die saad van sonde
(Satan) deur die saad van die vrou
(Jeshua) oorwin. . . Soos in die tuin
van Eden voorspel was . . .
Jeshua het die kop van Satan
vermorsel nadat die nagevolge van
sonde vir Hom pynlik aan die
hakskeen gebyt het. . .
Wanneer jy Jeshua die Messias as jou Verlosser aanneem skenk God van Sy goddelike krag wat
tot die lewe & godsvrug dien & word jou sondige natuur omgeruil sodat jy daardeur ‘n
deelgenoot kan word van die goddelike natuur . . .
10. Aan die Kruis word jou bloedlyn omgeruil . . .
Deur die liggaamlike geboorte op aarde het jy deel aan die bloedlyn van Adam,
‘n sondige natuur wat van God verwyderd is . . .
As jy op die lyn bly is jou enigste
ewige bestemming die hel, ‘n plek
waar God nie teenwoordig sal
wees nie . . .
Daar is ‘n ander uitweg as jy nie van God verwyderd wil wees nie . . .
Daarvoor moet jy uit die bloedlyn van Adam gehaal word & in die bloedlyn
van Christus oor geplaas word . Dit is presies wat met Wedergeboorte gebeur . . .
11. Omruiling van Stamboom & Stamhoofde
Deur geboorte is jy deel van Adam se stamboom
Deur die geestelike wedergeboorte word jy uit die stamboom van Adam verwyder
& na Christus se stamboom oorgeplaas . . .
Nou stam jy van Jeshua af, want Christus is die Saad & jy is Sy na-saad . . . .
12. Omruiling van posisie & status . . .
Aan die einde van tyd sal almal wat die Seun van God verwerp het
voor die Regterstoel van God verskyn om geoordeel te word . . .
Tydens hierdie hofsitting sal God die
Regter wees, jy die aangeklaagde &
Satan die aanklaer . . .
Wanneer jy Christus as Verlosser
aanneem verander jou posisie voor
die Regter omdat Jeshua as
plaasvervanger vir jou, nou voor God
intree as jou Advokaat . . .
Jou geloof in Jeshua die Messias &
Redder van die mens, gee aan Hom die
Mag om jou posisie voor God om te ruil
van skuldige na wettiglik onskuldig . . .
Omdat Hy jou sondeskuld op Hom
geneem en die straf daarvoor gedra het
Jy het dus in God se Seun wettiglik vryspraak van al jou sondes wanneer jy in Hom glo . . .
Jou status as beskuldigde word omgeruil na vrygespreek !
13. Aan die Kruis word jou terrein het omgeruil . . .
Deur die wedergeboorte word jy van Satan se
gebied na Jeshua die Christus se gebied
oorgebring . . .
Aan die Kruis op Golgotha het Jeshua jou
verlos van die mag van die duisternis &
oorgebring in die Koningkryk van die Lig, die
Koningkryk van Sy Liefde . . .
I Kolosense 1:13
Jy beweeg na die wedergeboorte op nuwe
terrein . . .
Geestelike groei & geloofsekerheid verseker dat
jy nie jou geestelike gebied in Christus deur
sonde aan Satan afstaan nie…
14. Die Hoofboodskap van die kruis op Golgotha is versoening met God die Skepper . . .
Hierdie versoening word bewerk deur die proses van omruiling . . .
Deur saam met Jeshua te sterwe word die liggaam vir sonde gedood, die eie wil word vir die
WIL van God geruil & jou ewige dood word vir die ewige lewe in Christus omgeruil . . .
Die keuse is joune . . .