2. Die basis van die Christelike Geloof is gegrond op „n Bloedverbond . . .
„n Bloedverbond is „n ooreenkoms wat aangegaan word tussen twee partye,
wat „n baie nou vriendskapsband met mekaar het, waarvolgens alles wat hulle
besit vir mekaar beskikbaar is, op aanvraag . . .
Hierdie uitruil van besittings is die verantwoordelikheid van albei partye,
Die ooreenkoms word met die bloed van die betrokke partye
verseel & is „n verbintenis tot die dood . . .
3. Wanneer enige van die twee partye wat in die bloedverbond staan
weier om aan enige van die behoeftes van die ander verbondsparty te voldoen
beteken dit dat hy die ooreenkoms tussen hulle verbreek . . .
. . . dit beteken dat hy „n gruwelike dood sal sterf & so ook die res
van sy familie, gewoonlik aan die hand van die party
wat nie reg hanteer is volgens die ooreenkoms nie . . .
Dit is dus verstaanbaar wat die partye motiveer om aan die ander party
se eise te voldoen as daar iets gevra word . . .
4. Genesis 3:21 beskryf die heel eerste bloedverbond waarvan ons in die Bybel lees
God het vir Adam & Eva klere gemaak van vel . . .
Adam & Eva het in die
teenwoordigheid van God
gesondig. God kannie die
sonde aanskou nie, wat
beteken dat Hy Sy hele
skepping sou moes vaarwel
roep . . .
Maar God is onwillig om Sy
rug op die mens te draai;
daarom het Hy die sonde met
bloed bedek . . .
Nou het God nie die sonde aanskou nie, maar die bloed van die dier
waarmee Hy vir Adam & Eva klere gemaak het om hul naaktheid te verberg
5. Die eerste bloedoffer in die tuin van Eden is die basis vir die Ou Testamentiese
offers van bloed, wat na die uiteindelike offer verwys . . .
Die bloedvergieting van die Lam van God . . .
Die onskuldige Lam moes doodgemaak word om die vel af te trek
om die sonde van Adam & Eva te bedek
6. In Genesis 4 lees ons dat Kain & Abel elk „n offer aan God bring vir hul sondes . . .
God het Abel se bloed offer aangeneem, omdat sy offer die vloei
van bloed ingesluit het; maar geen bloed het gevloei om Kain
se sondes te bedek nie; daarom was sy offer onvoldoende . . .
7. Die konsep van „n bloedoffer is die vloei
van onskuldige bloed vir die bedekking van sondes,
sodat God in die teenwoordigheid van Sy skepping kan kom . . .
Dit is ook die oorsprong van die bloedverbond wat God met Abraham
gesluit het toe God hom „n nageslag belowe het wat in getal gelykstaande
sal wees aan die sterre in die hemel of die sand van die see . . .
Omdat God Gees is & nie vlees & bloed nie, moet daar altyd „n plaas vervanger
wees wat namens God die bloed verskaf vir die bloed verbond . . .
8. God se bydrae vir die
bloedverbond met Abraham is
volgens Genesis 15:9 „n
driejaaroud vers; „n driejaaroud
bokooi; „n driejaaroud ram; „n
tortelduif & „n jong duif . . .
Abraham se bydrae
was sy voorhuid
volgens Genesis 17:11
en verder . . .
Die verbond was bedoel om „n ewige verbond te wees tussen
God die Almagtig & Abraham. Twee bloedverbonds partye . . .
“Ek sal My verbond oprig tussen My
& jou & jou nageslag na jou in hulle
geslagte as „n ewige verbond, om vir
jou „n God te wees & vir jou
nageslag na jou . . . Genesis 17:7
9. Hoekom was dit nodig vir Jeshua om aan die kruis te sterf as daar „n ewige
verbond tussen Abraham & God bestaan het?
Die probleem is dat die mens
telkemale die voorwaardes
van die bloedverbond
verbreek & daarom
herhaaldelik die prys vir nie-
voldoening moet betaal!
„n Man moes gevind word wat die bloedverbond voorwaardes
sou nakom & die bloedverbond sou respekteer & volhou . . .
„n Man wat nie herhaaldelik die bloedverbond sou verbreek deur
ongehoorsaamheid aan die ander bloedverbond party, die Almagtige God nie. . .
10. Net hier pas Jeshua in omdat Hy beide Seun van God & Seun van die mens is . . .
Daarom die Nuwe Bloedverbond . . . Jeshua se natuur sou & sal
nooit Sy bloedverbond
vennoot God die
Vader, ongehoorsaam wees
of disrespekvol hanteer nie .
.
Jeshua se reddingswerk vervang die bloedverbond met Abraham
wat aanhoudend verbreek was deur die mens . . .
11. Die Ou Verbond het God slegs met een persoon,
Abraham gemaak; niemand anders . . .
Ander kon slegs deel
aan die verbond
verkry, deur die reg van
besnydenis . . .
In Genesis 17:10 se God aan Abraham: “Dit is My verbond wat julle moet hou
tussen My & julle en jou nageslag na jou: al wat manlik onder julle is
moet besny word – julle moet aan die vlees van jul voorhuid besny word
& dit sal „n teken wees van die verbond tussen My & julle . . .
12. God het nie „n bloedverbond met elke Hebreer gesluit nie!
God het „n weg voorsien
waarvolgens hulle toegang
tot die verbond met Abraham kon
verkry . . . die besnydenis!
Dieselfde wyse waarop Abraham sy eie bloed voorsien het
om toegang tot die bloedverbond met God te verkry . . .
13. In die Nuwe Testament vertel Paulus van die besnydenis van die hart waar die ou
Natuur weggegooi word & die nuwe natuur van God in die mens geplaas word . . .
Die Nuwe Verbond is dus gebaseer op die patroon van die Ou Verbond . . .
Hierdie Bloedverbond is vir
ewig, want dit kannie verbreek
word soos die verbond van
die Ou Testament nie . . .
14. Die Nuwe Bloedverbond is nou tussen God die Vader
& Sy Seun, wat die mens verteenwoordig . . .
Jeshua het namens die mens met God hierdie Bloedverbond gesluit . . .
Die wat by hierdie Bloedverbond
tussen Vader & Seun wil aansluit
doen so deur die reg van
besnydenis, besnydenis van die
hart, soos Paulus se in Romeine 2:
28-29
“ Want nie hy is „n Jood wat dit in die openbaar is nie & nie dit is besnydenis wat
dit in die openbaar in due vlees is nie, maar hy is „n Jood wat dit in die verborgene
is & besnydenis is die van die hart, in die gees, nie na die letter nie.
Sy lof is nie uit mense nie, maar uit God”
15. Wanneer jy Jesuha ontvang as jou Redder gebeur daar baie in die geesteswereld
Jy weet nie eers van die geestelike
aktiwiteite om jou nie, maar jy weet
net dat jy nou anders voel . . .
Jy ontvang nie slegs vir Jeshua as Verlosser nie, maar jy word besny tot
die Nuwe Verbond tussen God die Vader & God die Seun,
wat die mens verteenwoordig . . .
Hierdie “insny” in die Nuwe Verbond word deur Jeshus gedoen;
die mens se verteenwoordiger in die bloedverbond . . .
Hierdie insny word in die hart gedoen, nie op die voorhuid nie . . .
Daarom het almal wat na Jeshus kom, man of vrou,
gelyke toegang tot die terme van die Bloed Verbond . . .
16. Wat is die terme van die Nuwe Bloed Verbond?
In „n Bloedverbond verhouding is elke ding wat jy besit
vrylik beskikbaar vir jou verbondsvennoot.
Net so het jy weer toegang tot alles van hom, jy moet net vra . . .
As jy jou verhouding met God hanteer soos „n verhouding tussen twee partye wat
in „n bloedverbon staan hanteer behoort te word, sal alles wat God van ons nodig
het Syne wees & alles wat ons van Hom nodig het, ons s‟n . . .
Jeshua se vir hulle: “ Wie My vlees eet & My bloed drink, bly in My & Ek in hom.
Soos die Lewende Vader My gestuur het & Ek deur die Vader lewe,
so sal hy wat My eet ook deur My lewe . . .
Dit is die brood wat uit die hemel neergedaal het. . . Johannes 6:53-58