SlideShare a Scribd company logo
1 of 15
1 Joh 2:4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy
gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar
en in hom is die waarheid nie.
Gebooie = en-tol-ay‘ = injunction, that
is, an authoritative prescription: -
commandment, precept.
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet

More Related Content

Viewers also liked (8)

Ons kan op god vertrou
Ons kan op god vertrouOns kan op god vertrou
Ons kan op god vertrou
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
 
25 oktober 2015, Tyd
25 oktober 2015, Tyd 25 oktober 2015, Tyd
25 oktober 2015, Tyd
 
Teoria general de sistemas e. bustos
Teoria general de sistemas   e. bustosTeoria general de sistemas   e. bustos
Teoria general de sistemas e. bustos
 
담아 발표Ppt
담아 발표Ppt담아 발표Ppt
담아 발표Ppt
 
MBA pdf
MBA pdfMBA pdf
MBA pdf
 
Портфоліо Луганська А.С.
Портфоліо Луганська А.С.Портфоліо Луганська А.С.
Портфоліо Луганська А.С.
 

More from Susanna De Waal

28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
Susanna De Waal
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
Susanna De Waal
 

More from Susanna De Waal (20)

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!
 
10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself
 
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
 
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë
 
Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!
 
Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2
 
Lewe die droom! – deel 1
Lewe die droom! – deel 1Lewe die droom! – deel 1
Lewe die droom! – deel 1
 
20 des 2015 Kan hy regtig?
20 des 2015 Kan hy regtig?20 des 2015 Kan hy regtig?
20 des 2015 Kan hy regtig?
 
God is in beheer!
God is in beheer!God is in beheer!
God is in beheer!
 

7 febr 2016 Christus - die einde van die wet

  • 1.
  • 2.
  • 3.
  • 4.
  • 5.
  • 6.
  • 7.
  • 8.
  • 9.
  • 10.
  • 11.
  • 12.
  • 13.
  • 14. 1 Joh 2:4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is ‘n leuenaar en in hom is die waarheid nie. Gebooie = en-tol-ay‘ = injunction, that is, an authoritative prescription: - commandment, precept.

Editor's Notes

  1. Ek gaan vanoggend primêr na die briewe van Paulus verwys. Die rede hiervoor is omdat hy ’n man was wat ’n skrifgeleerde was. Hy was baie bekend met die inhoud en toepassing van die wet. As daar iemand is wat ons nou kan help met die toepassing en relevansie van die wet in ons tyd is dit hy.
  2. #2 Dele Ons weet dat die Bybel bestaan uit 2 dele #Die ou testament Die Bybelse boeke Gen. – Mal en deel hoofsaaklik met God se wandel met die Joodse volk. #Die Nuwe Testament Die Bybelse boeke Mat – Openb. en deel oor hoe Jesus dinge kom verander het en die wereld nou betrokke raak. Nie net meer een etniese groep nie. Ons praat ook van die ou verbond en die nuwe verbond. Dit verwys na 2 verbonde wat God gesluit het met 2 groepe mense. #Verbond ’n Verbond is nie ’n kontrak nie. Daar is altyd maniere om uit ’n kontrak te kom. Met die sluit van ’n verbond is bloed betrokke en ’n verbond is tot die dood julle skei. Sou een party nie sy kant van die verbond nakom nie, moes hy met Sy lewe betaal. Ou verbond was tussen God en Abraham (Gen. 15) Omdat die nageslag van Abraham nie meer in God geglo het en geweet het hoe om te leef nie het God deur Moses die 10 gebooie gegee. Dit was vir die jode ’n voortdurende stryd om hierdie 10 gebooie te hou. Asof hulle nie genoeg gesukkel het met die 10 gebooie nie, het die Jode later nog ongeveer 1300 wette gemaak. God be-eindig hierdie verbond deur Sy Seun Jesus te stuur. In Jesus kom sê hy die volgende: Julle is eintlik die mense wat met julle bloed betaal vir die verbreking van die verbond. Om te wys hoe lief ek julle het gaan ek egter my Seun in julle plek met SY bloed laat betaal vir julle en vir die sondes van die ganse mensdom. Ek gaan dan ook ’n nuwe verbond sluit, hierdie keer nie net met die jode nie, maar met alke stam, nasie, volk en taal.
  3. #2 Groepe mense Die O/T is ’n verbond tussen God en die Jode. Die bloed van diere het hierdie verbond bekragtig. Die res van die wereldbevolking is nie deel van hierdie verbond en Sy inhoud nie. Die N/T is ’n verbond tussen God en die wereldbevolking. Hierdie verbond is gesmee met Sy bloed. #Spilpunt van die verbonde Die spilpunt van die ou verbond is die wet en die hou van die wet. Daarom sal ons lees Israel se moeilikheid en seën het saamgeloop met die hou van die wet, of nie. Die spilpunt van die nuwe verbond, die een waarin ons staan, is die persoon Jesus Christus. Daarom gaan die vreugde wat ons hier op aarde beleef saamloop met die aanwesigheid van ’n verhouding met Hom. Net so gaan ons ewigheidsbestemming ook bepaal word deur of ons met Hom in verhouding gestaan het of nie. Wat dus vir ons van kardinale belang is, is dat ons vertroud sal wees met die inhoud van die nuwe verbond tussen God en mens. Daarmee as agtergrond wil ek dan graag sekere goed kom vasmaak. Die 1ste is dit: #Rom 10:4 ..... Baie eenvoudig, baie duidelik. Christus het die wet kom vervang. As die woord vir u dalk onvanpas of selfs verkeerd klink. Kom ons gebruik die woord wat ons in die Bybel kry en dit is vervul. Kom ons lees dit ....
  4. #Mat 5:17 ... Die twee kernwoorde hier is ontbind en vervul
  5. #Ontbind = ...... So as ons daarna kyk dat mag dit die indruk skep dat ons dalk nog aan die wet moet voldoen. Dat ons nog onder die wet staan. Is dit die geval? Kom ons kyk na die ander woord #Vervul = plēroō = Met al hierdie woorde kom Jesus en Hy sê Ek het gekom om die tekortkominge van die wet op te vul, om die wet te kom vervolmaak, aan die wet te kom voldoen. Jesus maak die stelling hier in Matt. 5:17 en Hy sê in effek: “Ek het julle kom wys hoe om regtig aan die wet te voldoen, maar meer nog, Ek is groter as die wet”. Die wet bestaan nog, ons kan hom nie uit die Bybel uitskeur nie. Daar is egter nou ’n ander baie beter manier om in ’n regte verhouding met God te staan en dit is nie meer deur die wet te hou nie maar deur die persoon Jesus Christus. Nou wil ek gou ’n laaste woord uit hierdie vers, hier opsit. #Wet = nomos = law ...... Wat se Rom 10:4? Christus is die einde van die wet ..... Wat is die Griekse woord wat hier gebruik word? Weer die woord nomos. So beteken dit nou almal is van die wet kwytgeskel? Nee, die einde van v 4 stel dit ook mooi. Dit is vir die wat glo. Paulus bevestig dit in v9-10
  6. #Rom 10:9-10 ..... Dit is nie Jesus plus die wet of gedeeltes daarvan nie. Jesus was die meer as genoeg offer. Toe Hy aan die kruis sterf toe roep Hy uit: “dit is volbring”. Ek het gedoen wat gedoen moet word om dinge nuut en anders te maak. Jesus het die prys betaal
  7. #Gal 4:4-5 .... Deur geloof in Jesus Christus word ek Sy kind. Deur geloof in die leerstellings van die nuwe verbond bly ek Sy kind
  8. #Heb. 7:12 .... Deel van die O/T verbond was ook die tempel en die priesters. Daar was baie priesters maar net een hoërpriester. Dit was net hy wat eenmaal per jaar vir die sondes van die volk kon gaan offer. Hierdie menslike hoërpriester was onder ’n bepaalde wet, die wet van Moses. Met verandering van priesterskap ook verandering van wet #Heb 7:28 ... Verandering van priester = verandering van wet. As ek sê ek glo in Jesus Christus en dit wat Hy vir my aan die kruis gedoen het staan ek nie meer onder die wet van Moses nie. Ek staan onder die wet van Christus. Wat is Sy wet? Sy wet is liefde. Jy moet die Here jou God liefhe .... Nou bly geloof, hoop en liefde, maar die grootste hiervan is die liefde.
  9. #Wat is die funksie van die wet? Ons het gesê ons kan nie die wet uitskeur en weggooi nie. #Gal 3:23-25 ... Die wet van Moses wys vir ons hoe hopeloos ons is. Dit wys vir ons dit met ons eie pogings ons nie sal kan voldoen aan hierdie vereistes nie. Die oomblik wat ek Jesus aanneem as Verlosser, Saligmaker en Koning staan ek onder ’n ander hoërpriester en dus ook onder ’n ander wet. Die wet van Jesus Christus wat liefde is.
  10. #Gal 3:13 .... En as iemand gewonder het. In al die gevalle waarna ek verwys het, is die woord wet dieselfde woord wat gebruik is in Matt. 5 nl. nomos wat spesifiek verwys na die wet van Moses. So wat sê die Bybel van hulle wat verkies om te glo dat die wet of gedeeltes daar van my sal red of hoegenaamd vir Jesus NB is?
  11. #Gal 3:10-12 .... Wet = nomos = wet van Moses. Ek staan dus onder een van 2 wette: die wet van Moses of die wet van Jesus Christus. Dit is die een of die ander. Dit is egter meer as dit. ’n Keuse vir die wet van Moses is ook ’n keuse teen Jesus Christus. Wat ek in effek sê is dat Sy dood aan die kruis nie genoeg was nie. Daar is nog meer nodig. Nou maak Paulus ’n geweldige uitspraak en dit is my laaste teksverwysing
  12. #Gal 5:4 ..... Jesus het gekom om wat die wet nie kon doen nie, te doen. Die wet kon en kan nog steeds niemand red nie. Die wet is bloot ’n rigtingwyser na God toe. Die oomblik wat ek in geloof aan dit wat Hy op Golgota gedoen het my lewe vir Hom gee, skuif ek onder Sy wet in. Solank ek onder die wet van Moses wil staan diskwalifiseer ek my vir Sy wet en is ek verlore. Die vroeë kerk het ook gestoei met wat van die wet van Moses is nou van toepassing op die heidene, nie-Jode. Hulle het tot die besluit gekom
  13. #Hand 15:19-20 ..... Die ou testament was ’n verbond tussen God en die Jode. Ons is nie Jode nie. Die verbond is vervang met ’n beter een, Jesus Christus. Wat nou van ’n vers soos ......
  14. #1 Joh. 2:4 .... So weerspreek die Nuwe Testament homself dan? Glad nie. De griekse woord vir hierdie an ander soortgelyke verse is #Gebooie = en-tol-ay‘ Hierdie verwys na Jesus se leersteliings en nie na die wet nie