1. VRYLATING!!!
Luk. 4:14-22
Goeie nuus!
Jesus onder besondere salwing
Luk 4:14 En Jesus het in die krag van die Gees na Galiléa
teruggekeer, en daar het ‘n gerug aangaande Hom deur
die hele omtrek uitgegaan;
Jesus lees die Woord in die sinagoge
2. Professie in vervulling
Luk 4:21 “..... Vandag is hierdie Skrif in julle ore vervul.”
Luk 4:19 “om aan gevangenes vrylating te verkondig ...”
Gevangenes?
Vrylating!!
Is daar opgewondenheid in jou hart?
Wat is daardie ding waaroor jy nog nooit oorwinning
kon kry nie?
#Luk. 4:14-22#Goeie nuus!God se woord het vanoggend goeie nuus vir jou en my. Dit is mos wat evangelie beteken ....... Goeie nuus. Die evangelie van J.C. is die beste nuus ooit. Jy is vandag op die regte plek, God het ’n afspreek met ons. God wil vandag ’n groot ding in mense se lewens kom doen. Onthou, .... Hy is met ons op pad na totale verandering. As hierdie woorde nog nie in jou gees resoneer dan dan moet u net aanhou kom. God is van plan om totale positiewe verandering te bring in die lewens, huwelike, gesondheid, finansies, verhouding met God van talle mense. Glo u dit? Sê dan amen en sê dit so dat ander jou sal glo. Vandag gaan ’n groot dag wees in mense se lewens#Jesus onder besondere salwingToe Jesus hierdie woorde ge-uiter het, was Hy onder besondere salwing van die HG. Hoe weet ek dit? Die Bybel sê dit vir ons. Jesus kom net uit Sy 40 dae van vas en gebed in die woestyn uit. Ons weet hier het Hy die duiwel lelik op sy neus laat kyk. Die Bybel begin nou hierdie gedeelte met hierdie woorde ......#Luk 4:14 ....In die krag van die HG = onder die salwing van die HG. Mense, die HG salwing veroorsaak ’n beroering (x2). Daar is geen ander verklaring in hierdie vers van die rede vir die gerug as die salwing van die HG nie. Ons assosieer gerugte gewoonlik met iets slegs of negatiefs. Het Jesus dan iets slegs of verkeerds gedoen sodat daar ’n gerug oor Hom versprei het? Nee,!!! Die die griekse woord = faymay = fame wat ’n beroemdheid vir die goeie beteken. Die salwing van die HG maak dat nie net die duiwel van jou kennis neem en moet vlug nie, mense gaan ook kennis neem van die salwing van die Gees. Net vir duidelikheid. As jy onseker is oor wat die salwing van die HG beteken. Dit is basies die HG wat so beheer oor jou lewe uitoefen dat dit nie regtig jy is wat praat of doen nie en jy doen dit ook nie vanuit jou eie krag en vermoeens nie maar onder die krag van die HG. Die salwing van die HG is iets anders en iets baie meer as menslike inspanning. Dit is God in aksie. #Jesus lees die Woord in die sinagogeDie Sabbat breek aan en soos gewoonlik gaan Jesus na die sinagoge, kerk toe. Wanneer ek en jy onder die salwing van die HG beweeg gebeur dinge presies soos God wil hê dit moet gebeur. Die HG is ’n wonderlike vriend. Hulle gee nou vir Jesus die gedeelte wat Hy moet lees. God werk dit so dat dit nie sommer enige gedeelte is nie, maar hierdie wonderlike gedeelte wat ons gelees het. Jesus rol die perkament op en gee dit terug, gaan sit en begin te praat. Daar is verwagting. Die Bybel sê almal se oë was op Hom. Dit is ook die HG wat verwagting skep. Het jy verwagting. God wil vanoggend groot dinge kom doen (x2)
#Professie in vervullingJesus begin Sy skrif vertolking met hierdie wonderlike kragtige stelling .....#Luk 4:21 “..... LOOF DIE HERE!!!! Dit wat Jesus hier gelees het, is die beloftes wat ons vind in Jes. 62:1-2 en nou sê Jesus vandag, daardie dag, het die spesifieke belofte in vervulling gekom. Net hierdie feit het dinge totaal vir ewig vir die ganse mensdom kom verander. Na hierdie dag sal dinge nooit weer dieselfde wees nie (x2). Die vyand het sy greep verloor. Dit wat Jesus gelees het en wat dus nou hier in vervulling gekom het bestaan uit ’n hele paar komponente. Almal wonderlik en kragtig in hulle eie reg. Almal ’n boodskap of boodskappe op hulle eie. Dit wat die Here baie pertinent op my gees kom druk het, is die gedeelte ....# Luk 4:19 Ek wil dit vanoggend uitroep: VRYLATING!!!! Vanoggend gaan daar vrylating plaasvind. Vrylating van omstandighede, maar baie spesifiek vrylating van sondige gewoontes of begeertes, m.a.w. vrylating van die houvas wat die vyand op jou lewe het. Die goed wat jy ervaar ondermyn jou verhouding met God. Daardie goed wat jy voel maak jou onvrymoedig om met God te praat. Daardie goed wat jy weet jou getuienis en jou bediening skade berokken. Jesus verklaar hier in Sy woord: VRYLATING!!. Ek verklaar vanoggend saam met Hom: VRYLATING!! U vra dalk .....#Gevangenes? Ek is nieerens in ’n tronk toegesluit nie?. Waarvan praat jy. Die griekse woord wat gebruik word dui spesifiek op krygsgevanges. Net terloops, dit gee ons so bietjie beter bergip van die feit dat die Jode ’n Messias verwag het wat hulle van die Romeinse onderdrukkers sou verlos. Hulle was in ’n sekere sin krygsgevangenes. Hulle was wel nie in tronke nie, maar hulle was in ’n vreemde land onder die heerskappy van ’n vreemde volk. Hulle was nie vry nie.Ek en jy is gevangenes van die vyand wanneer ons Hom nie in vryheid kan dien en aanbid nie. As die vyand 1 of ander houvas op ons lewens het. Net soos die Jode hier gevangenes van die Romeinse owerheid was, is ek en jy gevangenes van die k/kryk van satan solank hy ’n houvas op my lewe of ’n sekere deel daarvan het. Jesus kom egter vanoggend en Hy kondig aan .....#Vrylating!!Lank genoeg het die vyand jou getreiter en besteel. Lank genoeg het jy na sy pype gedans. Lank genoeg was jy ’n slagoffer van satan se ongenaakbaarheid. In Jesus Naam roep ek vanoggend vrylating oor jou uit. Vyand, in Jesus Naam verloor jy vanoggend jou mag oor mense. Totale verandering in Jesus Naam. Ek dink toe Jesus hierdie woorde gelees het, was daar iets in die lug. Dit was soos niemand dit nog ooit vantevore gelees het nie. Die krag van God was in daardie plek. Mense se gedagtes was gevange geneem deur die Gees van God. Ek dink iets hier binne het gebeur en die mense teenwoordig het geweet. Vandag is ’n ander dag. Mense, vandag is ’n ander dag. Mense, vandag is ’n dag van vrylating, jou vrylating!!! Terwyl ons hierdie skrif gelees het, het daar reeds iets binne jou begin gebeur.Jesus sê daar is verlossing van die dinge wat jou vashou en vasdruk en maak dat jou verhouding met God nie is wat jy weet dit kan wees nie.#Is daar opgewondenheid in jou hart?Kan jy vanoggend God glo vir dit wat Hy uit Sy woord met ons kom deel. God wil vandag jou lot totaal kom verander. Of is die vyand reeds hard aan die preek in jou hart. Ja ja, ek ken die tipe van preke, vorige kere het daar niks gebeur nie, hoekom sal dit vandag anders wees? Hoekom sal die Here nou juis soveel moeite met my wil kom doen.? Hoekom vandag, hoekom hier? Ek het nie vir jou al die antwoorde nie, al waarvoor ek wil pleit is dat jy nie hierdie geleentheid by jou sal laat verbygaan nie. Jesus is op pad terug, Hy kom weer. Hy kom vir ’n skoon rein bruid. Moenie langer dat die houvas van die vyand jou siel besoedel nie. #Wat is daardie ding waaroor jy nog nooit oorwinning kon kry nie?Dit is juis vir dit wat Jesus hierdie stelling gemaak het. Dit was juis daarvoor waarvoor Hy gesterf het. Sodat Hy jou kan vrymaak. Is dit een of ander gewoonte wat jy sukkel om af te leer, is dit mense of insidente wat jy nie kan vergewe en vergeet nie, is dit mense of plekke waarvan jy nie kan loskom nie. Situasies waarin jy lank reeds vasgevang is en gewonder het of dit ooit sal verander. Miskien het jy dit al aanvaar as jou lot. Dis oor jou wat Jesus vanoggend roep ....