SlideShare a Scribd company logo
1 of 4
Op die troon of op die altaar? 
Kol 1:13, Rom 12:1,
Verlede week 
Rom 8:13 want as julle na die vlees lewe, sal julle 
sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die 
liggaam doodmaak, sal julle lewe. 
Ons verstaan nie die voordele van “op die altaar wees 
nie” 
Psa 111:5 Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys 
gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond. 
Gal 3:29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die 
nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
Eienskappe van ‘n troon lewe 
-Sy hele lewe draai om homself 
-Ander is nie vir hom belangrik nie 
-God en Sy woord is nie hoog op sy prioriteitslys nie 
-Hy het nooit genoeg nie 
Eienskappe van ’n altaar lewe 
-God is nr. 1 in sy lewe 
-Jesus is sy rolmodel 
-Dit gaan vir hom oor ander 
-Verlore mense is vir hom prioriteit
- Hy laat nie toe dat enige iets hom weerhou van sy 
lewensdoel nie 
Uitnodiging 
Jes 53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge 
deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy 
verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was 
op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing 
gekom.

More Related Content

Viewers also liked

1 гіпертенз
1 гіпертенз1 гіпертенз
1 гіпертензLadyLidia24
 
Circuito electrico
Circuito electricoCircuito electrico
Circuito electricoIvan Rubio
 
Edi̇p cansever
Edi̇p canseverEdi̇p cansever
Edi̇p canseverhsncck
 
MMR Mass Market Retailers
MMR Mass Market RetailersMMR Mass Market Retailers
MMR Mass Market RetailersDarren Contardo
 
Model Black Tank Top
Model Black Tank TopModel Black Tank Top
Model Black Tank TopDavid Bailes
 
Презентація лижного походу в Карпатах (1-11 лютого 2013 року)
Презентація лижного походу в Карпатах (1-11 лютого 2013 року)Презентація лижного походу в Карпатах (1-11 лютого 2013 року)
Презентація лижного походу в Карпатах (1-11 лютого 2013 року)Maria Boyko
 
Escriturário Banco do Brasil - Questões Extras 2013
Escriturário Banco do Brasil - Questões Extras 2013Escriturário Banco do Brasil - Questões Extras 2013
Escriturário Banco do Brasil - Questões Extras 2013Jailma Gomez
 
Escriturário Banco do Brasil - Informática
Escriturário Banco do Brasil - InformáticaEscriturário Banco do Brasil - Informática
Escriturário Banco do Brasil - InformáticaJailma Gomez
 

Viewers also liked (12)

1 гіпертенз
1 гіпертенз1 гіпертенз
1 гіпертенз
 
Circuito electrico
Circuito electricoCircuito electrico
Circuito electrico
 
Edi̇p cansever
Edi̇p canseverEdi̇p cansever
Edi̇p cansever
 
MMR Mass Market Retailers
MMR Mass Market RetailersMMR Mass Market Retailers
MMR Mass Market Retailers
 
scan0056
scan0056scan0056
scan0056
 
Model Black Tank Top
Model Black Tank TopModel Black Tank Top
Model Black Tank Top
 
Chico
ChicoChico
Chico
 
DMUOP. Degree
DMUOP. DegreeDMUOP. Degree
DMUOP. Degree
 
Презентація лижного походу в Карпатах (1-11 лютого 2013 року)
Презентація лижного походу в Карпатах (1-11 лютого 2013 року)Презентація лижного походу в Карпатах (1-11 лютого 2013 року)
Презентація лижного походу в Карпатах (1-11 лютого 2013 року)
 
Doc1
Doc1Doc1
Doc1
 
Escriturário Banco do Brasil - Questões Extras 2013
Escriturário Banco do Brasil - Questões Extras 2013Escriturário Banco do Brasil - Questões Extras 2013
Escriturário Banco do Brasil - Questões Extras 2013
 
Escriturário Banco do Brasil - Informática
Escriturário Banco do Brasil - InformáticaEscriturário Banco do Brasil - Informática
Escriturário Banco do Brasil - Informática
 

More from Ernest Potgieter

Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2Ernest Potgieter
 
3 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 23 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 2Ernest Potgieter
 
Leer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderLeer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderErnest Potgieter
 
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (Ernest Potgieter
 
Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Ernest Potgieter
 
5 julie 2015 a strong man’s gospel
5 julie 2015 a strong man’s gospel5 julie 2015 a strong man’s gospel
5 julie 2015 a strong man’s gospelErnest Potgieter
 
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 97914 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979Ernest Potgieter
 
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .Ernest Potgieter
 
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)Ernest Potgieter
 
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)Ernest Potgieter
 
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)Ernest Potgieter
 
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%20310%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203Ernest Potgieter
 
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%2110%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21Ernest Potgieter
 
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%2023%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202Ernest Potgieter
 

More from Ernest Potgieter (20)

Teen alle waarskynlikheid
Teen alle waarskynlikheidTeen alle waarskynlikheid
Teen alle waarskynlikheid
 
Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2Ontdek die koninkryk van die hemel 2
Ontdek die koninkryk van die hemel 2
 
Draers van die evangelie
Draers van die evangelieDraers van die evangelie
Draers van die evangelie
 
3 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 23 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 2
 
Verwyder die ou suurdeeg!
Verwyder die ou suurdeeg!Verwyder die ou suurdeeg!
Verwyder die ou suurdeeg!
 
Leer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderLeer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vader
 
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
2 a ug 2015 breek los uit die wurggreep van satan (
 
Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!Genade maak die onmoontlike moontlik!
Genade maak die onmoontlike moontlik!
 
Bou weer die huis!
Bou weer die huis!Bou weer die huis!
Bou weer die huis!
 
Pastoor allen 12 julie
Pastoor allen 12 juliePastoor allen 12 julie
Pastoor allen 12 julie
 
5 julie 2015 a strong man’s gospel
5 julie 2015 a strong man’s gospel5 julie 2015 a strong man’s gospel
5 julie 2015 a strong man’s gospel
 
Al die lof en aanbidding
Al die lof en aanbiddingAl die lof en aanbidding
Al die lof en aanbidding
 
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 97914 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
14 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vii) 979
 
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
14 junie 2015 ontdek die onverwagse .
 
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
7 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (vi)
 
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
24 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (iv)
 
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
31 mei 2015 breek los uit die wurggreep van satan (v)
 
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%20310%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
10%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%203
 
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%2110%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
10%20 mei%202015%20jesus%20gee%20regtig%20om%21
 
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%2023%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
3%20 mei%202015%20breek%20los%20uit%20die%20wurggreep%20van%20satan%202
 

16 nov 2014 op die troon of op die altaar 2

  • 1. Op die troon of op die altaar? Kol 1:13, Rom 12:1,
  • 2. Verlede week Rom 8:13 want as julle na die vlees lewe, sal julle sterwe, maar as julle deur die Gees die werke van die liggaam doodmaak, sal julle lewe. Ons verstaan nie die voordele van “op die altaar wees nie” Psa 111:5 Tet. Aan die wat Hom vrees, het Hy spys gegee; Jod. Hy dink vir ewig aan sy verbond. Gal 3:29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.
  • 3. Eienskappe van ‘n troon lewe -Sy hele lewe draai om homself -Ander is nie vir hom belangrik nie -God en Sy woord is nie hoog op sy prioriteitslys nie -Hy het nooit genoeg nie Eienskappe van ’n altaar lewe -God is nr. 1 in sy lewe -Jesus is sy rolmodel -Dit gaan vir hom oor ander -Verlore mense is vir hom prioriteit
  • 4. - Hy laat nie toe dat enige iets hom weerhou van sy lewensdoel nie Uitnodiging Jes 53:5 Maar Hy is ter wille van ons oortredinge deurboor, ter wille van ons ongeregtighede is Hy verbrysel; die straf wat vir ons die vrede aanbring, was op Hom, en deur sy wonde het daar vir ons genesing gekom.

Editor's Notes

  1. #Verlede week Het verlede week die 2 items hier voor gehad: die troon en die altaar. Ons het almal erken dat die aantreklikste een van die 2 is die troon. As mens, die vlees, hou nie van die gedagte van ’n altaar en ek op die altaar nie. Ons het gesê ons kan slegs beweeg van die troon na die altaar en daar bly as ons ’n pad van bekering loop. Hand 2:38 bekering = metaneoe = think differently/re-consider. Ek moet na myself kyk deur God se woord. Dan maak ek die keuse om my lewe in lyn te bring met die woord van God. Ai, ek wil opnuut vanoggend by elkeen wat nog nie hierdie keuse gemaak het of dalk erens weer u eie pad begin stap het, pleit, klim asb. af van jou troon van selfregverdiging, van trots, hoogmoed of dalk bloot hardkoppigheid. Hierdie pleidooi is nie ter wille van jou, nie ter wille van myself nie. #Rom 8:13 ... Geen regdenkende mens sal ooit die dood kies as hy die lewe kan he nie, hoekom doen ons dit wanneer dit by ons geestelike lewe kom. Ons het ook gesien dat wanneer ek tot wedergeboorte kom en kies om die pad van bekering te loop, ek nie bloot van die troon van my lewe afklim nie. So posisieloos rondstaan nie. Ek kies om myself op die altaar te gaan plaas. Ek offer myself op. Ek het vir u gese dat in O/t tyd, die oomblik wat die offer op die altaar beland hy van eiendom verander. Dit is dan nie meer die eiendom van die persoon nie maar die eiendom van God. #Ons verstaan nie die voordele van “op die altaar wees nie” As ons dit verstaan sal ons besef dat daar is verseker n offer deel aan verbonde, maar daar is ook n baie groot wins in opgesluit. Ek word dan die eiendom van die Koning van die konings, Hy wat die son laat stilstaan of selfs agtertoe kan laat beweeg as dit nodig is. Ek is nou in die hande van Hom wat die toekoms ken, wie se gedagtes aangaande my voorspoed en nie onheil is nie, wie se gedagtes is oorvloed van lewe. #Ps 111:5 .... Wat is hierdie verbond waaraan Hy dink? Die verbond wat Hy met Abraham gesluit het. ‘n Verbond waaraan ek en jy ook deel kan wees. Hoe kan ek so sê? #Gal 3:29 .... Wanneer ek en jy Jesus kies, kies om van die troon af op die altaar te klim dan tree hierdie belofte in werking. Wat behels hierdie belofte? U kan dit aan lees in Gen 17 en 18. Die belofte is n belofte van guns en seen.
  2. #Eienskappe van ‘n troon lewe Ek wil so bietjie prakties raak. Hoe lyk iemand se lewe wat self op die troon van sy hart sit? Soms maak ons goed so geestelik dat ons nie mooi die toepassing daarvan sien nie. # Sy hele lewe draai om homself Sy agenda word bepaal deur dit wat vir hom voordeel gaan bring. Wat is daar in vir myself? Dit is tipies die persoon wat ook sal sê dat die kerk bied my niks nie. Hoekom sal ek betrokke raak by ander mense. Dit bring net onnodige komplikasies. Hoekom sal ek omgee as ander mense op ander plekke swaarkry of verlore gaan? Solank dit net goed gaan met my en my mense en my goed. Hulle gee nie om om ander te na te kom of op enige manier in te doen nie. Solank ek net die mooiste, grootse en beste kan hê. Hulle sien neer op mense van ander ras, kultuur of laer ekonomiese klas. Hy is daar om deur ander gedien te word. Hy raak maklik ge-affronteer as ander hom nie erken vir wie en wat hy is nie. Titels en prestasies en die erkenning daarvan is vir hom NB. Mense moet baie mooi met my werk en waardeer wat ek doen. Sou hulle dit nie doen nie, gooi ek ’n massiewe tantrum of loop ek sommer. Mense niemand van ons is volmaak nie. Moet dus nie volmaakte optrede van ander verwag nie, jy gaan teleurgesteld wees. Die Bybel waarsku ons ook daarteen. Een van die uitstaande kenmerke van die wereld is dat hy onvolmaak is. # Ander is nie vir hom belangrik nie Hy is nie bereid daarom waarmee God hom geseën het met ander te deel nie, maak nie saak of dit tyd, vermoeens of geld is nie. Miskien as my gewete my baie pla sal ek dalk ’n paar rand afknyp, maar moet net nie van my verwag om my tyd te gee of my hande vuil te maak nie. Dit is eintlik skokkend hoe apaties selfs die kerk geraak het. Ons eien dood eenvoudig alle tyd vir onsself toe. Ons is so besig met ons eie dingetjies dat daar net geen tyd vir ander oor is nie. Ons het nie eers tyd vir kerk toe gaan nie, wat nog van tyd vir kerk wees. #God en Sy woord is nie hoog op sy prioriteitslys nie Daar is net doodeenvoudig nie tyd vir Bybel lees of bid nie. Derrick, as jy my skedule moet sien. Is dit nie een van die gunsteling dinge wat mense sê as ons mekaar groet nie. Hoe gaan dit? Besig. Dit is amper soos ’n ere titel wat ons verskoon van en vir ’n klomp ander goed. Ek wil so graag betrokke wil raak maar dit is moeilik met die kinders. Ek sou so graag betrokke wil raak maar my werk/sport/stokperdjies/persoonlike tyd vir ontspanning maak dit net onmoontlik. Daar is tyd vir FB, Twitter, Instagram, whatssapp en ander rekenaar en internet verwante aktiwiteite maar daar is nie tyd vir God nie. Ek hoor in die week die statistiek dat mense 3 biljoen ure pw aan aanlyn speletjies spandeer. Daar is tyd vir ander goed, maar daar is nie tyd vir God en Sy werk nie #Hy het nooit genoeg nie Die verbruikersmentaliteit. As ek net genoeg het dan sal ek: meer tyd aan my familie spandeer, die Woord kan lees, by God se werk betrokke raak ens. Die feit is genoeg is nooit genoeg nie of wat of hoeveel is genoeg. Die persoon wat self op die troon van sy lewe is, het nooit genoeg geld, mag, invloed of aansien nie. Omdat hy altyd net te min het deel hy ook nie graag nie of wanneer hy deel mag die bedrag groot wees maar dit is vir hom eintlik geen offer nie, want daar is sommer nog baie oor. #Eienskappe van ’n altaar lewe So hoe lyk die altaar lewe dan? Die kort antwoord is seker die teenoorgestelde van die troon lewe. Kom ons kyk egter na ’n paar details #God is nr. 1 in sy lewe Hy weet dat uit homself het hy geen regte of sê nie. Al sy regte en sê is in Jesus gesetel. Sy hele lewe draai om Jesus. Wat sal Jesus gelukkig en tevrede maak? Waaroor sal Jesus glimlag? Wat kan ek maak sodat ander mense na Jesus aangetrek toe sal word? As ek nou optree soos wat ek wil optree Jesus verheerlik en gaan hierdie optrede maak dat ander ook meer van Jesus sal wil hoor en Hom ook dien? #Jesus is sy rolmodel Hy skoei sy denke, doen en late op die optrede van Jesus. Omdat hy sy lewe op die lewe van Jesus skoei is hy anders. Hy is anders. Wat vir Hom belangrik is word bepaal deur wat vit God NB is. Hy is daar om te dien. Dit is onmoontlik om Jesus te dien sonder om ook mense te dien. Miskien moet ons onsself net weer hier aan herinner. Een van die redes hoekom ons nie by mense betrokke wil raak nie is omdat mense ons kan teleurstel en seermaak. Nou kies ons om liewer weg te bly en seker te maak hulle kom nie te naby aan ons nie. Wie het Jesus verraai? Een van Sy binnekring. Deur wie is Jesus voor die hof gedaag? Sy eie mense die Jode. Wie het geskree kruisig Hom? Sy eie mense. Die ergste van alles was dat Jesus daarvoor ja gesê het voor enige daarvan gebeur het. Hy het geweet dit kom en nogtans het Hy gedoen wat Hy gedoen het. ’n Altaarlewe doen dieselfde. # Dit gaan vir hom oor ander Jes. 53:3 .... As ek sê ek is ’n navolger van Jesus, dan sê ek my lewe is op die altaar. Ek is daar net vir een doel voor oë en dit is om te doen wat Hy verwag. Wat het die Vader van Jesus verwag? Om te gaan en die mens lief te hê. Verlaat die gemak en gerief van die hemel (troon), word mens en gaan wees lief vir mense wat jou uiteindelik gaan doodmaak. Jesus het geweet dat hierdie offer gaan dit vir biljoene mense oor al die eeue moontlik maak om die ewige lewe te be-erwe. Hy neem nie sake in eie hande nie. Hy kan nie, want hy het nie meer die sê nie. Dit gaan vir hom oor ander en daarom verwag hy nie eer of erkenning nie. Inteendeel in reaksie op die goeie wat Hy doen verwag hy moeilikheid. #Verlore mense is vir hom prioriteit Dit is vir hom prioriteit want dit is wat prioriteit is vir die Koning wat nou op die troon sit, J.C.. Niks is te veel gevra om ’n bydrae te maak dat nog een siel gered word nie. Of dit tyd geld of talente is, alles is in die 1ste plek vir Hom beskikbaar.
  3. #Hy laat nie toe dat enige iets hom weerhou van sy lewensdoel nie Nie sy eie begeertes nie. Ook nie die dinge van die lewe wat maak dat ek wil terugklim op die troon nie. Hy plaas dit alles saam met homself op die altaar. U sien ek dink baie keer is ons probleem dat ons ons moeilikheid en probleme na Jesus toe bring, maar nooit onsself nie. Ons moet self saam met hierdie goed op die altaar klim en daar bly. Gee vanoggend daardie goed wat jou weerhou om op die altaar te klim en te bly vir die Here. Daardie kenmerke van ’n self op die troon lewe. #Uitnodiging Vanoggend kom die uitnodiging weer, klim af van die troon, gee jou lewe vir Hom en gaan plaas jouself op die altaar. Maak nie saak hoe groot ons foute tot vanoggend was nie. Daar is hoop #Isa 53:5 ...