2. Hy sê ook vir ons dat die Joodse gelowiges wat saam met Petrus daar is, die ervaring beskryf as ‘n uitstorting van die Heilige Gees. Nou die interessante hiervan is dat, al is hulle verbaas dat dit met nie-Jode gebeur, hulle onmiddellik weet, maar dit is dieselfde tipe gebeure as op Pinksterdag. Die tale is onder andere ‘n bewys daarvan, hoewel dit lyk asof dit hier die eerste voorkoms van glossolalie is, terwyl die eerste uitstorting van die Heilige Gees bekende tale was. Wat dit vir die Jode beteken, is dat hulle nou iets deel met die heidene wat vir hulle baie kosbaar is, en dit beteken dat hulle die heidene nooit weer as tweedeklas mense sal kan hanteer nie.
3.
4. dat dit nie saak maak dat jy nie by die eerste geleentheid by Pinksterdag was nie. Jy kan die Heilige Gees ervaar te enige tyd wanneer die woord verkondig word;
5.
6. dat hulle gedoop word wat beteken dat hulle deel van die liggaam van Christus, d.w.s. van die kerk, word op grond van die doop en die ontvangs van die Heilige Gees en
7.
8.
9.
10. Ek het daar geleer hoe belangrik selfondersoek is, en dat dit die begin is van ware vrede en tot rus kom – beide die gebeure van die afgelope 24 uur as my innerlike wêreld.Dit is in hierdie gewone goed waar ek luister na die woord van God vir my lewe, dat ek met die Gees vervul word en my lewe al hoe meer die gestalte van Christus begin aanneem. Ek wil jou uitdaag om jou toe te wy aan die Here – nou, vandag. Hebreërs sê mos, vandag as jy sy stem hoor, besluit om Hom te volg. Dit is immers die doel van prediking, dat jy en ek by ‘n besluit kom en onsself toewy aan die Here. 2. Die tweede praktiese betekenis vir ons is die vraag wat ons moet antwoord – is ons bereid om saam met die Gees te gaan as Hy oor ons mensgemaakte grense heen beweeg na mense en groepe wat Hy liefhet ten spyte van ons vooroordele? Die vraag wat aan ons gevra word, is of ons saamkom. In die gedeelte hoor ons hoe die Gees met Petrus werk om sy oë oop te maak vir God se werk en hom te oortuig om saam te kom – teen al sy vooroordele in! Andrew Walls, die bekende Skotse sendinghistorikus, het heelwat geskryf oor die bekering van die heidene tot die Christendom en oor die wyse waarop hulle ingebind is in die een kerk van Christus saam met die Joodse Christene. Walls is van mening dat ons gans te min aandag gegee het aan die verskynsel. Die Christendom – anders as Islam en die Judaïsme – het van die begin af uitgebreek uit die spesifieke kulturele en taalkonteks waarin dit oorspronklik gekom het. In beide die Judaïsme en Islam kom die godsdienskant altyd saam met `n bepaalde taal en kultuurvorm – wat beteken dat bekering tot hierdie gelowe eintlik ook die aanvaarding van `n bepaalde kultuur en taal behels. In die Christendom was dit van die begin af anders. En dit sien ons nêrens so duidelik as in Handelinge 10 nie! Die Joodse Christene het waarskynlik van die begin af gedink (en selfs ook gehoop!) dat daar ook heidene tot geloof in Christus sou kom, maar, sê Walls, dat hulle nie gedink het dat dit so baie sou wees nie. As daar bekerings uit die heidene was, sou dit waarskynlik min genoeg wees dat hulle die mense in die Joodse Kerk kon assimileer. Dit sou beteken dat die heidene deel van die gemeente kon word, maar dat hulle (soos die geval was in die Jodedom voor die koms van Christus) eintlik eers Jode sou moes word. Nou kan ons die belang van Hand 10 begin verstaan. Dit is duidelik dat hier `n nuwe episode vir die kerk begin: mense wat nie Jode is nie word ingesluit in die kerk en klaarblyklik gaan daar nie van hulle verwag word om in te val by Joodse godsdiensgebruike nie! En ons hele Pinkster gaan aan hierdie beweging oor grense gewy word. Wat beteken dit vir ons in ons gemeente? Wel – die Gees is besig om die evangelie te neem na mense wat nie is soos ons nie. En soos hier met Petrus, laat Hy Hom nie dwarsboom deur ons vooroordele nie. Om die waarheid te sê, hy is selfs bereid om ons, soos vir Petrus, al skoppende en teëstribbelend mee te neem en te gebruik in hierdie proses. Maar dit beteken ons moet weer tot bekering kom, veral van ons vooroordele. Soms het hierdie vooroordele te make met kultuur- en taal-verskille, soms met ekonomiese verskille of godsdienstige of morele verskille of soms net met generasie verskille. In ons eie gemeente het dit onder ander te make met jonger mense as ons. Ek praat van die Kindertyd wat ons gevestig het as deel van ons erediens – maar wat soos julle weet, ‘n hele klomp lidmate laat besluit het, hulle gaan liewers na ander gemeentes. En aan die een kant gun ek sulke mense die reg om te gaan na ‘n plek wat hulle behoeftes in hulle eie perspektief beter ondervang. Maar van ‘n ander kant is die evangelie ook op die spel – kinders is of ingesluit in die evangelie en ons maak moeite om die boodskap van die evangelie saam met hulle te ontgin en geniet of ons redeneer dat hulle eerder op hulle eie moet wees en gefokusde aandag moet kry. En ek wil vir geen oomblik die waarde van gefokusde aandag ontken nie, ons doen dit immers ook met die toepassing vir voorskools tot graad 7, maar die gedagte rigting daaragter het ons al by aparte kerke in ons eie familie en by aparte denominasies in die wêreld uitgebring. Ek praat ook van Klema, wat ‘n eie unieke manier van aanbidding en kerkwees binne ons grense gestig het. Aan die een kant sal ons as gemeente steeds moet voortgaan om die nuwe kultuurvorm waarin dit gestalte kry, te eer en respekteer en te ondersteun. Dit is ‘n gawe van God aan ons en aan die kerk in die breë. Maar aan die ander kant is die uitdaging vir ons en meer spesifiek vir Klema om erns te maak met die boodskap van Handelinge dat die uitbreiding van die kerk en die akkommodering van ander kulture nooit gelei het tot die stigting van ‘n ander of nuwe of tweede kerk nie, maar dat hierdie variasie, hierdie diversiteit in een liggaam ontplooi is. Petrus se woorde hier dui duidelik op `n erkenning dat die verskeidenheid wat besig is om te ontplooi binne die kerk en die geloof, alles van Een God en Een Gees kom en dus binne Een Liggaam gekoester moet word. En ek praat ook van ons breër gemeenskap, waar dit te make het met mense van ander kerke met wie ons ‘n pad moet stap op die mees eensgesinde manier moontlik, en ek praat van ander gemeentes in Somerstrand en in die stad en die gemeentes van die VGK. Maar dit het ook te make met mense van ander tale en gewoontes en in die laaste paar jaar ook baie spesifiek studente wat van oor die hele Afrika hier ingetrek het. In ons vorige gesprek by die kerkraad het die Here die studente spesifiek op ons hart gelê. En die Bybel projek het vir ons ‘n manier gewys hoe ons die uitreik op ‘n baie eenvoudige manier kan begin. Ons het ‘n geleentheid hierdie Pinkster om mense te nooi in ons gemeenskap en saam te kom gesels oor grense en hoe die Gees ons oor grense stuur. Reik dus uit in gasvryheid en nooi mense saam om te luister en te deel en met ons in gesprek te gaan. Ek sluit af met Fred Cradock se storie wie se een boek Overhearing the Gospel ek geweldig geniet het op Universiteit. Toe Fred Craddock ’n teologiese student was, was hy die aflos predikant van ’n pragtige, klein, witgeverfde kerkie in Oos-Tennessee, in ’n prentjie mooi omgewing. Fred het gou ontdek dat nie een van die nuwe mense in die dorp, hulle wat werk vir die groot regerings projek, die kerk bywoon nie. Hulle was arm buitestaanders wat geleef het in woonwaens en tente saam met hulle kinders. By ’n kerkraadsvergadering het Craddock gesmeek: “Ons moet uitreik na die nuwe mense wat hier in die dorp is.” Maar die voorsitter het geantwoord: “O, ek dink nie so nie. Hulle sou nie hier inpas nie.” Craddock het beswaar gemaak: “Maar hulle het die evangelie nodig! Hulle het die kerk nodig” “Nee, ek dink nie so nie!” het die voorsitter weer geantwoord. En net om seker te maak dat dit nie gebeur nie, het die voorsitter die volgende week ’n besluit laat goedkeur dat net mense met eiendom op die dorp aan hierdie gemeente mag behoort. Toe hy later professor by Candler Teologiese Kweekskool in Atlanta was, het Craddock die ou dorpie weer gaan besoek. Die kerkgebou was nog steeds daar, maar op die bord voor die gebou het daar nou groot gestaan: “Barbecued Chicken, Ribs & Pork.” Dit was nou ’n restaurant vol van alle soorte mense. En Craddock het aan sy vrou gesê: “Dis ’n goeie ding dat dit nie meer ’n kerk is nie, want baie van hierdie mense sou nie welkom gewees het nie.”