SlideShare a Scribd company logo
1 of 5
Joh. 7:25-31(27)
Gissinge oor Jesus
Raak van Jesus ontslae
Joh 7:27 En hierdie man—ons weet van waar
Hy is; maar die Christus, wanneer Hy kom, weet
niemand van waar Hy is nie.
Miga 5:1 En jy, Betlehem Éfrata, klein om te
wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal
daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel
sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit
die dae van die ewigheid.
Mislei deur die algemene siening
Hoe lyk dinge vandag?
Verwarring van kultuur en tradisie met die
Woord van God
Gevolge van misleiding
Wat staan ons te doen
- Moenie alles vir soetkoek opeet nie!
- Gaan toets alles aan God se woord
- Doen moeite
Mislei deur die algemene siening
Mislei deur die algemene siening

More Related Content

More from Susanna De Waal

28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
Susanna De Waal
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
Susanna De Waal
 

More from Susanna De Waal (20)

20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself
 
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
 
31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding
 
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë
 
Verbly jou in die here
Verbly jou in die hereVerbly jou in die here
Verbly jou in die here
 
Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!
 
Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2
 
Lewe die droom! – deel 1
Lewe die droom! – deel 1Lewe die droom! – deel 1
Lewe die droom! – deel 1
 
Ons kan op god vertrou
Ons kan op god vertrouOns kan op god vertrou
Ons kan op god vertrou
 
20 des 2015 Kan hy regtig?
20 des 2015 Kan hy regtig?20 des 2015 Kan hy regtig?
20 des 2015 Kan hy regtig?
 

Mislei deur die algemene siening

  • 2. Gissinge oor Jesus Raak van Jesus ontslae Joh 7:27 En hierdie man—ons weet van waar Hy is; maar die Christus, wanneer Hy kom, weet niemand van waar Hy is nie. Miga 5:1 En jy, Betlehem Éfrata, klein om te wees onder die geslagte van Juda, uit jou sal daar vir My uitgaan een wat ‘n Heerser in Israel sal wees; en sy uitgange is uit die voortyd, uit die dae van die ewigheid.
  • 3. Mislei deur die algemene siening Hoe lyk dinge vandag? Verwarring van kultuur en tradisie met die Woord van God Gevolge van misleiding Wat staan ons te doen - Moenie alles vir soetkoek opeet nie! - Gaan toets alles aan God se woord - Doen moeite

Editor's Notes

  1. #Gissinge oor Jesus In hierdie gedeelte sien ons duidelik in die groot skare wat Jesus volg, (agter Hom aanstap) 2 groepe mense. Die wat meen dat Hy die Messias is en die wat meen dat Hy dit nie is nie. Hoewel beide groepe voorgee asof hulle seker is van hulle saak lyk dit tog vir my asof geeneen van hulle regtig seker was nie. Daar was sekere feite wat beide van hulle laat twyfel het. Die groep wat gedink het Jesus is nie die Messias nie, was egter meer radikaal. Vir hulle was daar net een manier om van die onsekerheid ontslae te raak en dit is: #Raak van Jesus ontslae Ilimineer die persoon wat die onsekerheid veroorsaak. Dit is makliker om die man te speel as die bal. Ons gaan nie moeite doen om die feite behoorlik te verifieer nie, kom ons raak sommer net van die man ontslae. Hulle motivering vir hierdie voorgestelde aksie is die volgende: ..... #Joh 7:27 ... Hierdie mense maak die bewering dat niemand sal weet waar die Messias vandaan sal kom nie. Hulle maak die bewering en die res van die mense reageer nie daarop nie. Niemand help hull reg nie. ’n Groot groep mense word mislei deur die algemene siening. Iemand wat erens iets sê en omdat niemand van beter weet nie word dit die algemene siening en almal aanvaar dit as evangelie, m.a.w. die waarheid. Dit is nie die waarheid nie. Die profete het duidelik gesê waar die Messias gebore sou word. Ons lees o.a.: ..... #Miga 5:1 .... Die info was beskikbaar, niemand was egter bereid om dit te gaan soek nie of niemand was bereid om te glo dat Jesus regtig die Messias was nie. Wat is die gevolg?
  2. #Mislei deur die algemene siening Hoe anders kon dinge nie gewees het as iemand net kon opstaan en die saak regstel nie. Hoeveel kleiner sou die skare wat “kruisig kruisig Hom” geskree het nie gewees het nie?. Hoeveel anders sou die kerk nie moes optree nie?. Hoeveel anders .........? Waar die Messias vandaan sou kom, sal niemand weet nie. Wat ’n blatante leuen? #Hoe lyk dinge vandag? Ons kan maklik en vinnig vinger wys na hierdie mense, wonder hoe is dit moontlik dat hulle so maklik mislei kan word. Is dinge regtig anders vandag? Met al die inligting wat so vryelik beskikbaar is, is dinge regtig anders? Doen ons die moeite om vir onsself te gaan vergewis wat regtig die waarheid is, of is dit makliker om bloot saam met die algemene siening te loop. Vandag nog vind ons dat mense ...... #Verwarring van kultuur en tradisie met godsdiens Iemand wat eenkeer in n beradingsessie vir my se: “Ja pastoor, die Bybel se mos, die appel van nie ver van die boom nie”. Ons wat baie maklik ons manier van dinge doen toeskryf aan die Bybelse manier van dinge doen. Ek praat in die week met iemand oor ons bediening van nagmaal vs hoe ander dit doen. Selfs binne ons eie denominasie is daar verskille in hoe ons dit doen, dan praat ons nie eers van verskille met ander denominasies nie. Ons kan maklik dink ons is reg en hulle is verkeerd. Ons doen dit die Bybelse manier en hulle n ander manier. Ons voer die opdrag uit itv dat ons nagmaal moet gebruik, die komponente betrokke. Ons doen dit nie presies soos Jesus dit gedoen het nie. In die dag, brood vooraf gebreek, ens. Doen ons dit dan verkeerd. Ek dink nie so nie. Jesus het nie die metodiek voorgskryf nie, net die gebruik. Net so is daar baie ander dinge waar mense vandag kultuur of tradisie verwar met die skrif #Gevolge van misleiding In hierdie spesifieke geval was daar nie direkte gevolge vir enige iemand nie. Dit het wel bygedra tot n algemene verkeerde persepsie van wie en wat Jesus is. Die gevolg was dat mense opponente van Jesus geword het en van Hom ontslae wou raak. Die gevolg was dat Jesus onskuldig aan n kruis vas geslaan was. Ons kan se wel dit was mos God se plan reg van die begin af. Dit is waar. Die verdere gevolg is dat mense verlore gegaan het. Alles vanwee die misleiding deur die algemene siening. Dit was nooit God se plan nie. Hy wil nie he dat enige iemand verlore sal gaan nie maar dat almal gered sal word. #Wat staan ons te doen Is daar ’n manier wat ons kan seker maak dat ek en jy op die regte pad is? Is daar ’n manier wat ons kan verifieer of dit wat ons doen regtig Skrif is en of dit bloot die algemene siening is? Verseker is daar ’n manier. Kan ek jou net waarsku. Jy mag dalk tot ’n paar verrassende ontdekkings kom. As jy nie gereed of bereid is om van jou sienings en gedrag te verander nie, sal ek nie hierdie pad vir jou aanbeveel nie. Wat kan ons doen? #Moenie alles vir soetkoek opeet nie! Nie dit wat die wereld vir ons opdis nie en ongelukkig ook nie alles wat die kerk vir ons opdis nie. Die Bybel waarsku ons dat die duiwel sal kom soos n engel van die lig. Hy is die wolf in skaapsklere. Hy sê in die laaste dae sal mense liefhebbers van genot wees eerder as liefhebbers van God. Die duiwel is aktief besig om alles in die stryd te werp om ons te mislei. Hy gebruik alles en enige iemand om dit te doen. Gaan vergewis jouself van die feite. Wat is dan die bron wat ons kan gebruik as verifieerder? #Gaan toets alles aan God se woord Gaan lees self die Bybel. (daar is in elk geval nie n beter en makliker manier om God lief te kry as om die Bybel te lees nie) As jy dink, die appel val nie vêr van die boom nie, is in die Bybel, gaan soek die versie. Gaan toets dit wat jy dink, wat ander se, wat die kerk verkondig, aan die Woord. Gaan kyk of jou gebruike en sienswyse regtig so Bybels is as wat jy dink. #Doen moeite Hier lê ’n groot probleem. Ons is te lui. Ons is nie lus vir die PT nie. Ons voel ons het nie tyd nie. Kom ek bel gou die pastoor of my OGG leier. Kom ons gaan Google dit gou. Google is ’n wonderlike ding. Lees egter eers die woord en dan Google. Ongelukkig is dit so dat baie mense baie goed op Google sit wat baie vêr van die waarheid af is. Ek wil weer sê: Gaan lees self die Bybel. Mense, kom ons maak seker ons word nie ook verlei deur die algemene siening nie. Kom ons bou nie ons toekomsplanne en ewigheidsvisie op wat ander sê of op wat ek dink reg is nie. Gaan maak seker.