SlideShare a Scribd company logo
1 of 6
BREEK LOS UIT DIE
WURGGREEP VAN SATAN
Hand 16:16-25
Opdroog van jou lofprysing
Paulus en Silas
Lofprysing is ’n keuse
Die tronksel word te klein vir Sy teenwoordigheid
Psa 145:2-3 Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir
ewig en altyd. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en
sy grootheid is ondeurgrondelik.
Sag 14:17 En wie uit die geslagte van die aarde nie na
Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die
leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie.
Geen aanbidding, geen reën.
Psa 150:6 Laat alles wat asem het, die HERE loof!
Halleluja!
Maniere van lofprysing
- Ophef van hande
Psa 134:2 Hef julle hande op na die heiligdom, en loof
die HERE!
- Musiekinstrumente
Ps. 150 3-5 Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met
harp en siter; loof Hom met tamboeryn en koordans,
loof Hom met snarespel en fluit; loof Hom met helder
simbale, loof Hom met klinkende simbale!
- Handeklap en uitroepe
Ps 47:2 Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van
God met ‘n stem van gejubel!
- Dans
Ps 150:4 loof Hom met tamboeryn en koordans,
Hoekom lofprysing?
Lofprysing oorwin die krag van die luislang
Die beste soort lofprysing?
Sit ’n versie by deur jou moeilikheid
21 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (lofprysing)

More Related Content

More from Susanna De Waal

17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droomSusanna De Waal
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!Susanna De Waal
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! Susanna De Waal
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouselfSusanna De Waal
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekteSusanna De Waal
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nieSusanna De Waal
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nieSusanna De Waal
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter asSusanna De Waal
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal SkoonmaakSusanna De Waal
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet Susanna De Waal
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreekSusanna De Waal
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding Susanna De Waal
 
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oëSusanna De Waal
 
Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!Susanna De Waal
 
Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2Susanna De Waal
 
Lewe die droom! – deel 1
Lewe die droom! – deel 1Lewe die droom! – deel 1
Lewe die droom! – deel 1Susanna De Waal
 

More from Susanna De Waal (20)

10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself
 
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
 
31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding
 
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë
 
Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!Vry gemaak in jesus naam!
Vry gemaak in jesus naam!
 
Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2Lewe die droom! – deel 2
Lewe die droom! – deel 2
 
Lewe die droom! – deel 1
Lewe die droom! – deel 1Lewe die droom! – deel 1
Lewe die droom! – deel 1
 

21 junie 2015 breek los uit die wurggreep van satan (lofprysing)

  • 1. BREEK LOS UIT DIE WURGGREEP VAN SATAN Hand 16:16-25
  • 2. Opdroog van jou lofprysing Paulus en Silas Lofprysing is ’n keuse Die tronksel word te klein vir Sy teenwoordigheid Psa 145:2-3 Elke dag wil ek U loof en u Naam prys vir ewig en altyd. Die HERE is groot en baie lofwaardig, en sy grootheid is ondeurgrondelik.
  • 3. Sag 14:17 En wie uit die geslagte van die aarde nie na Jerusalem optrek om voor die Koning, die HERE van die leërskare, te aanbid nie—hulle sal geen reën kry nie. Geen aanbidding, geen reën. Psa 150:6 Laat alles wat asem het, die HERE loof! Halleluja! Maniere van lofprysing - Ophef van hande Psa 134:2 Hef julle hande op na die heiligdom, en loof die HERE!
  • 4. - Musiekinstrumente Ps. 150 3-5 Loof Hom met basuingeklank, loof Hom met harp en siter; loof Hom met tamboeryn en koordans, loof Hom met snarespel en fluit; loof Hom met helder simbale, loof Hom met klinkende simbale! - Handeklap en uitroepe Ps 47:2 Alle volke, klap met die hande; juig tot eer van God met ‘n stem van gejubel! - Dans Ps 150:4 loof Hom met tamboeryn en koordans,
  • 5. Hoekom lofprysing? Lofprysing oorwin die krag van die luislang Die beste soort lofprysing? Sit ’n versie by deur jou moeilikheid

Editor's Notes

  1. Waaroor verlede week gesels? Moenie jou stem verloor nie. Die vyand wil nie hê dat ons Bybel sal praat nie. Dat God en Sy woord nie deel van ons woordeskat sal wees nie. Jou kinders sal net praat wat jy praat. Jou berge wag op jou stem. Hulle sal nie beweeg op die bevel van ander se stemme nie
  2. #Opdroog van jou lofprysing Onthou, ons kyk na die verskillende maniere hoe die vyand ’n wurggreep op ons geestelike lewens wil kry of hoe om te maak om die wurggreep te breek. ’n Ander strategie van die vyand is om ons lofprysing te laat opdroog. U sien Neh. 8:10 sê mos die blydskap in die Here is ons beskutting. Sonder blydskap, wat hand aan hand loop met lofprysing, is ons blootgestel. # Paulus en Silas Paulus en Silas het onverwagte teenstand beleef nadat hulle die gees van die luislang uit ’n slavin gedryf het. Hand 16:19. Die een oomblik is Paulus en Silas op pad tempel toe om te bid en die volgende sit hulle in die tronk nadat hulle geslaan is. Hierdie 2 manne het die volste reg gehad om te kla oor hulle omstandighede. Om bymekaar te kla oor waar die grootste pyn en ongemak is. Hulle kon met God redeneer oor hoekom met hulle gebeur wat gebeur het. Hulle is mos Sy kinders, besig om vir Hom te werk #Lofprysing is ’n keuse In stede begin hulle lofliedere sing. Dit moes ’n vreemde klank gewees het in hierdie stink, vuil en donker tronk. Lofprysing breek die greep van die vyand en verander die atmosfeer. Dit nooi die teenwoordigheid van God in jou omstandighede in. # Die tronksel word te klein vir Sy teenwoordigheid Die sel was te klein om Sy teenwoordigheid in te perk. Die tronkdeure het oopgegaan en boeie het afgeval. Dit is maklik om God in die sonskyn te prys, maar wat van in die tronksel? Is God net ons lofprysing waardig wanneer ons so voel? Dawid skryf #Ps 145:2-3 ..... Een van die beste lesse re lofprysing vind ons in Sag 14:17 .....
  3. #Sag 14:17 ..... Hierdie vers sê baie duidelik .... #Geen aanbidding, geen reën. Wat hierdie vers so wonderlik maak is die feit dat reën is een van die simbole van die uitstorting van die HG. Lofprysing is soos ’n wolk wat in die atmosfeer gevorm word. Wanner genoeg wolke gevorm is, begin dit te reen. Ons is geroep om reënmakers te wees. Ons gesinne, kerke, gemeenskappe ens. het reën dringend nodig. Die reen sal net val as ons bid en Hom begin loof en aanbid. Verstaan u nou die NB en dringenheid van Aksie 21:8:3? As ons lofprysing en aanbidding nie blydskap en verwagting reflekteer nie, kom ons kry dit daar. Moenie vir mense sing nie, sing vir Hom. #Ps 150:6 .... Die luislang is daarop uit om lofprysing dood te wurg #Maniere van lofprysing Daar is baie verskillende maniere om God te prys. Dawid help ons nogal baie in die verband. Een van die eenvoudigste maniere is #Ophef van hande #Ps 134:2 ..... Dit is uniek want jou vingerafdrukke onderskei jou van enige ander persoon.
  4. #Musiekinstrumente Dawid was ’n uitstekende krygsman. Hy was egter ’n aanbidder lank voor hy ’n kryger was. Hy het van kindsdae verskille musiekinstrumente gespeel en God met sy stem geloof. Sy lofprysing was die wapen wanneer koning Saul deur geeste aangeval was #Ps. 150 ...... Elke noot wat gespeel word en lied wat gesing word tot eer van God laat die demone op die vlug slaan. Harts lofprysing en aanbidding is soos om reën te maak. #Handeklap en uitroepe #Ps 47:2 ... Handeklap, uitroepe van eer en verwondering voor God verander die atmosfeer. #Dans Ek dink een van die mees spontane goed wat gebeur wanneer ons gelukkig en bly is, is ons kry ’n huppel in ons stap #Ps 150:4 Jou lofprysing verander die atmosfeer en laat die vyand sy houvas op jou lewe verloor. As niks opgaan nie, sal niks afkom nie.
  5. #Hoekom lofprysing? In 2 Kron. 20 lees ons ’n groot weermag is op pad om teen Josafat oorlog te maak. Die koning en die volk soek God se raad oor hoe hulle hierdie situasie moet hanteer. Hulle het voor God gebuig en gesing. Hulle het reën gemaak. Die volgende plaas Josafat die lofprysers voor die weermag. Toe die vyand die lofprysing hoor toe begin hulle mekaar dood te maak. #Lofprysing oorwin die krag van die luislang Lofprysing word nie bepaal deur ons omstandighede nie, maar deur wie Hy is. Paulus en Silas was nie net mooiweers lofprysers nie. Hulle was in die stink, donker, vuil tronk lofprysers. Dit is ook nie ons stem of vermoë om ’n musiekinstrument te speel wat God beïndruk nie, maar ons karakter. Konstante privaat aanbidding = kragtige openbare aanbidding. Jy kan nie in die openbaar vier wat jy nie eers privaat gevier het nie. Wanneer die luislang lofprysing uit ons uit wurg, sluit ons oorwinnings vir onsself toe. Sou Paulus en Silas konsentreer op hulle omstandighede, wie weet wanneer indien enigsins hulle uit die tronk uit sou kom? #Die beste soort lofprysing Wat is die beste soort lofprysing? Die beste lofprysing is die wat voorkom in moeilike tye. Die tye wanneer God moeilike dinge in ons lewens toelaat. Lofprysing te midde van stryd en probleme het ’n klank wat ander lofprysing nie het nie. Leer om Hom te prys in jou siekte, finansieele krisies, huwelikskrissis ens. neem die besluit dat solank jy asem het jy die Here sal prys. Iemand wat sy hart op God verloor het, sal altyd ’n rede en manier kry om God te loof. #Sit ’n versie by deur jou moeilikheid Moeilike tye voeg ’n versie by jou lewe by. Dit sal jou nie vernietig nie maar ’n versie by jou geloofslied byvoeg. Indien jy nie God kan loof en prys sonder die beste musiek, klank en stemme nie, het jy heel waarskynlik nog nooit deur moeilike omstandighede gegaan nie. Moeilike omstandighede maak dit vir jou moontlik om God te prys al hou jy nie van die musiek of die leier nie. Wanneer jy jou lofprysing ontsluit, sal die lofprysing jou ontsluit.