SlideShare a Scribd company logo
Matteus 5:13-16
Sout-van-die-aarde mense – 2 Februarie
Verwelkoming
Toetrede
Jesus sê in Matteus 11:28: “Kom na My toe”! Dit is die enigste keer in die evangelies sowel as die res
van die NT wat dié woorde gebruik word. Hy bied persoonlike gemeenskap aan almal aan wat dié
boodskap hoor en Hom daarvoor vertrou.




Matt. 11:28-30: (The Message) “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to
me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk
with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I
won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live
freely and lightly.”
Flam 22 – Ek soek U, o God, my God, ek dors na U, God – sit

Votum en Seëngroet
Danksegging
 Vonkk 45 (Afr./Eng./Afr.) – Dankie, Heer, dat U by my bly – staan
Gebed vir mense wat swaarkry
Lofsang
 Psalm 118:1 en 2 – Kom, loof die Heer se liefdesdade – staan
 Vonkk 23 – Jesus, U is die lig in ons lewe – sit
Skriflesing
Matteus 5:13-16 – Sout-van-die-aarde mense
13

“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks
meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.
14

“Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15ook steek ’n
mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal
in die huis. 16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader
wat in die hemel is, verheerlik.”
Kindertyd
Hou julle van sout? Hoekom?
Hoe gebruik julle sout by die huis? Op braaivleis. Op eiers. In kos. Op Biltong.
Wat doen die sout? Dit gee smaak. Dit keer dat kos sleg raak. Dit laat kos langer hou.
Ek het hier ’n bakkie sout. En ek het ’n bakkie sand.
Sal jy die sout in jou kos gooi?
Sal jy die sand in jou kos gooi?
Bladsy |1
Sê nou ek meng ’n bietjie van die sand met die sout. Sal jy dit dan eet?
Watter een verkies julle? Suiwer sout, ja.
Jy het ook net bietjie nodig. Dan maak dit alles anders.
Jesus sê in die Bybel: 13“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit
weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.”
Jesus wil hê dat ons soos suiwer sout sal wees. Ons moenie met sand gemeng wees nie.
Wat het Hy bedoel?
In Jesus se tyd het mense sout gebruik om kos lekker te laat smaak en veral dit lank te laat hou, soos
ons ook doen. Want, onthou, hulle het nie yskaste gehad nie. Kos het daarom maklik sleg geraak.
Sout het kos langer laat hou en gekeer dat dit sleg raak.
Dit is hoe Jesus wil hê dat ons moet wees.
 Ons moet die lewe lekker maak vir ander. Nie die hele tyd met ’n suurgesig rondloop nie.
Glimlag, help waar jy kan, geniet wat jy doen, luister na ander, veral na jou ma en pa, speel
saam as daar iets gedoen word. Vrolik wees. Aangename geselskap.
 Ons moet sorg dat mense vriende bly en nie vir mekaar kwaad raak nie. Ons moet hulle
help as hulle sukkel met mekaar. Soms het mense net nodig dat iemand na hulle luister.
Ander kere moet ’n mens sommer net iets anders gaan doen. Dan trek jy hulle aandag af en
kom dinge sommer vanself reg.
Dit is hoe Jesus wil hê dat ons moet wees. Ons moet soos suiwer sout wees. Anders is ons soos sout
gemeng met sand wat eintlik net goed is om buite weg te gooi.
Maar daar is nog ’n les wat ons van sout moet leer.
Ek het hier Popcorn vir julle saamgebring. Dankie, oom André Kilian, hy is die popcorn koning!
Die een Popcorn bakkie het sout. Die ander een het nie sout nie.
Watter een dink julle smaak die lekkerste?
Ek wil die een popcorn bakkie ook nou sout maak.
As ek die sout langs dit neer sit. Gaan dit nou reg smaak?
Nee, ek moet dit ingooi!
Dit is ook van ons lewe waar.
Wat beteken dit nou weer om sout te wees?
 Ons moet die lewe lekker maak vir ander. Dit help nie ons dink ons moet die lewe lekker
maak vir ander en dan doen ons die nooit nie. Die sout moet opgegooi word. Ons moet
soos sout wees en soos sout optree.
 Ons moet sorg dat mense vriende bly en nie vir mekaar kwaad raak nie. Dit help nie ons
praat nie met hulle nie. Ons moet hulle gaan help. Dan is ons die tipe sout wat Jesus graag
wil hê dat ons moet wees.
Hier het ek vir elkeen 'n pakkie popcorn om julle te herinner. Julle kan dit natuurlik ook eet. Dit het
reeds sout op.


Flam 108 – Jesus maak my soos 'n sonstraal – sit

Woordverkondiging
God-flavors en God-colors

Bladsy |2
“Let me tell you why you are here. You’re here to be salt-seasoning that brings out the God-flavors of
this earth. If you lose your saltiness, how will people taste godliness? You’ve lost your usefulness and
will end up in the garbage.”
“Here’s another way to put it: You’re here to be light, bringing out the God-colors in the world. God is
not a secret to be kept. We’re going public with this, as public as a city on a hill. If I make you lightbearers, you don’t think I’m going to hide you under a bucket, do you? I’m putting you on a light
stand. Now that I’ve put you there on a hilltop, on a light stand—shine! Keep open house; be
generous with your lives. By opening up to others, you’ll prompt people to open up with God, this
generous Father in heaven.” Eugene Peterson in The Message.
Ons roeping in die lewe is niks minder of niks meer as dit nie:



Mense moet God kan proe in hoe ons lewe en hoe ons optree.
Mense moet God kan sien in hoe ons optree.

'n Geseënde lewe
Jesus sê dit net ná Hy die geseënde en werklik gelukkige lewe beskrywe het, waaraan ons verlede
week aandag gegee het. Onthou dat dit afgesluit het met die negende saligspreking:
"Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat
sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het
immers die profete voor julle net so vervolg." (Matt. 5:11-12)
Die vraag is nou, hoe tree Christene op in 'n wêreld waarin hulle dikwels vervolg word? Wat is ons
respons?
Jesus gee twee metafore of simbole waarmee ons ingesteldheid teenoor die wêreld uitgespel word:



Julle is die sout vir die aarde – mense moet God kan proe in ons lewens.
Julle is die lig vir die wêreld – mense moet God kan sien in ons lewens.

'n Geseënde lewe is om soos sout en lig oral voetspore van seën agter te laat, sê Jesus. Dit is om die
God-flavors en die God-colors in hierdie wêreld te versprei, soos Peterson dit so raak beskryf. Dit is
om die wêreld met smaak, geur, reinheid en lig te vul, en so van die aarde 'n beter plek te maak.
Natuurlik produseer ons dit nie self nie. God seën ons om sout en om lig te wees en ons leef dit reg
oor die wêreld uit.
Sout-vir-die-aarde mense
Sout is iets alledaags en baie goed bekend. In die antieke wêreld was sout selfs belangriker en
waardevoller as wat dit vandag is. Hier is ‘n paar eienskappe waarin ons dieper kan begryp wat dit
beteken as Jesus die metafoor van sout op ons van toepassing maak (Ek hoor daar is baie navorsing
hieroor gedoen in van die Bybelstudie groepe, so ek sal baie graag by julle wil leer!):


Sout gee smaak. Deur 'n bietjie sout by kos te gooi, word die inherente smaak van die
voedsel na vore gebring. Kos is smaakliker, meer genotvol en aantreklik, wanneer dit gesout

Bladsy |3
word. Net so bring gelowiges smaak in die wêreld. Die vreugde en genot van die lewe as
geskenk van God kom in sy volheid na vore as jy die sout van gelowiges se lewe daarby gooi.


Sout preserveer. Voordat vrieskaste beskikbaar was, is sout gebruik om voedsel soos vleis
oor lang tye te bewaar. Daar bestaan iets soos biltong, omdat daar sout is! Sout beskerm
voedsel en maak dit oor lang tye veilig vir menslike gebruik. Net so beskerm gelowiges as
sout die lewe. Die wêreld word 'n veiliger plek waar mense wat die Here gehoorsaam en
dien hulle invloed uitoefen. Misdaad daal, respek vir lewe neem toe, en die waardes van
integriteit, liefde, omgee en beskerming styg.



Sout genees bederf en verrotting. Dit sluit ten nouste aan by sout se bederfwerende
funksie. Mens kan wonde met sout uitwas om infeksie te verhoed of 'n septiese wond te
genees. Mense met sinusprobleme gebruik gereeld 'n bietjie soutwater. Ons gooi sout in ons
skottelgoedwassers om dit te help reinig. Sout se krag lê daarin dat dit 'n verskil maak in 'n
wêreld waar bederf so maklik wortelskiet.



Sout offer sigself op. Sout werk net, as dit uit die soutpot gegooi word. Sout bestaan nie ter
wille van sout self nie, maar ter wille van die wêreld. Sout gee sy eie geborgde bestaan in die
soutpot prys om die wêreld te dien.

Soutlose sout?
In die destydse Palestina was die kwaliteit van sout wisselvallig. Nie alle sout was ewe goed, ewe
smaakvol of bederfwerend nie. Die swak sout gaan af, dit het bymengsels wat onbruikbaar is en
geen krag het nie. Dit word weggegooi en vertrap.
Jesus gebruik die beeld van sout wat verslaan om die godsdiens van baie van sy Joodse tydgenote te
beskryf. Jesus kon sien hoe die Fariseërs en die Skrifgeleerdes godsdiens op 'n manier bedryf het wat
sy krag verloor het. Teenoor die ware dien van God, en die lewe van gehoorsaamheid en toewyding,
soos die Ou Testamentiese profete dit beskryf het, het hulle godsdiens in mensgemaakte, wettiese
prosedures laat verval. Dit deug nie, so ‘n lewe word uitgegooi, en vergaan.
Mens kry tot vandag toe mense wat die dien van die Here verwar met 'n rigiede lewenstyl wat meer
om tradisie gaan, as wat dit om toewyding aan God, en om mense en hul genesing gaan. Dit is
mense wat die splinter in 'n ander se oog sal raaksien, maar die balk in hulle eie oog bly miskyk. Ten
diepste is dit 'n selfgesentreerde vorm van godsdiens wat in selfregverdiging belangstel, eerder as
die uitgiet van jou lewe in diens van ander.
Lig vir die wêreld
Lig is soos sout, alledaags en bekend, maar lig dien as metafoor met ’n soortgelyke ryk betekenis en
word in die Bybel veral met God vergelyk.
Jesus se volgelinge behoort sigbaar te wees en lig uit te straal. Dit is waarom Jesus die stad met sy lig
op ’n heuwel plaas en die lamp op ’n staander.
Die lig is sigbaar maar ook kwesbaar. Die lig word nie beskerm nie, dit kan op die lampstaander
omval en deur wind en weer doodwaai. Maar mense wat die lig vir die wêreld is, kan nooit hulleself
wegsteek nie. Hulle leef en werk juis in plekke waar hulle die mees sigbare sal wees. Die lig wat God
Bladsy |4
gee, is nie bedoel om onsself te verlig of onsself in glorie te laai baai nie. Ander moet die lig van egte
Christelike goedheid sien, wat uitdrukking vind in praktiese dade van liefdevolle goedheid en diens.
Mense herken hierdie soort lig as lig wat direk van God kom, en sal God daarvoor verheerlik.
’n Belangrike les wat ons moet leer, is dat Jesus die Bron van lig is. Ons is net ligdraers wat nie
sonder die Bron van Lig kan skyn nie. Ons is 'n tweede kategorie van lig. Jesus is die son en sy
volgelinge is soos die maan wat die son se lig reflekteer.
Een pragtige beeld wat ek by André en Ursula gekry het en wat hierby aansluit, kom uit hoe lig in
Indië in van die tempels gebruik word, bv. die Shesh Mahal (Hall of Mirrors). Klein spieëltjies is die
hele gebou vol aan die binnekant geplak, en as jy selfs net een kers aansteek, verlig dit die plek met
die weerkaatsing in al die duisende spieëls met die lig wat kom van die een kers.
Dit is vir my ‘n pragtige beeld van wat ons doen as ons goeie werke doen. Ons doen dit sodat die
wêreld die ware Lig kan raaksien, en hulle sy Vader wat in die hemel is, kan verheerlik.
Mense wat die wêreld verander
Die Bybel is vol mense wat as sout en lig geleef het, en so hulle wêreld verander het:





Moses het ná die veertig jaar in die woestyn die lig in Egipte gaan aansteek en die volk
uitgelei na die Beloofde land.
Elia het die Agabshuis gekonfronteer en die volk laat kies om die Here te dien en die Here
het met vuur geantwoord op die berg Karmel.
Johannes die Doper het ’n helder bekeringsboodskap gebring en duisende Jode is daardeur
voorberei vir die koms van die Messias.
Paulus het met groot passie die lig in Turkye en Europa gaan aansteek en die pyn van
tronkstraf, steniging, ontbering en uiteindelik die dood beleef. En tot van dag toe nog pluk
ons die vrugte van sy werk.

Die koms van die koninkryk van God is op soveel plekke en maniere kragdadig gedien deur gewone
mense wat sout en lig was. Dit maak mens opgewonde oor wat die Here vandag deur ons en ons
gemeente doen as ons bloot gaan wees wat ons reeds in Christus is.
Ek sluit af met ’n stuk wat ek aangepas het uit die hoofstuk Forgiving the Living in Left to Tell –
Discovering God Amidst the Rwandan Holocaust van Immaculée Ilibagiza wat sy in samewerking met
Steve Erwin geskryf het. Dit wys hoe sout sigself opoffer. Immaculée is die sout-vir-die-aarde. Sy
versprei die God-flavors en God-colors in hierdie lewe by uitnemendheid.
Immaculée staar deur Semana, die nuwe burgemeester, se kantoorvenster na waar hy die binnehof
na die tronksel oorsteek en terugkeer met ’n verwilderde, mank ou man wat hy voor hom uitstoot.
Sy skrik toe hulle die kantoor binnekom, want sy herken die man onmiddellik. Sy naam is Felicien,
die suksesvolle Hutu besigheidsman met wie se kinders sy op laerskool gespeel het. Hy was ’n lang,
aantreklike man wat altyd duur pakke gedra en onberispelike maniere gehad het. Sy raak yskoud,
want sy onthou dat dit hy was wat haar gesoek het terwyl sy weggesteek was in die 1 x 1.3 m
badkamer in pastor Murinzi se huis saam met sewe ander Tsutsi vroue. Felicien het haar soos ’n dier
gejag.

Bladsy |5
Semana stoot Felicien die kantoor in en hy struikel tot op sy knieë. Toe hy opkyk van die vloer af en
sien dat Immaculéé die een is wat op hom wag, raak hy bleek. Hy draai vinnig sy oë weg en staar na
die vloer.
“Staan op, moordenaar!” skreeu Semana, wat self vier kinders in die Tsutsi volksmoord verloor het.
“Staan op en verduidelik vir hierdie meisie hoekom haar familie dood is. Verduidelik vir haar hoekom
jy haar ma vermoor het en haar broer geslag het. Staan op, het ek gesê! Staan op en sê vir haar!”
Semana skreeu al hoe harder, maar die gehawende man bly geboë op sy knieë, te skaam om te
staan en Immaculée in die oë te kyk.
Sy vuil klere hang in vodde aan sy uitgeteerde geraamte. Sy vel is sieklik, gekneus en gebroke; sy oë
vlieserig en korserig. Sy aantreklike gesig is bedek met ’n smerige gekoekte baard; sy kaalvoete
oortrek van oop loperige sere.
Immaculée huil toe sy sy lyding sien. Felicien het die duiwel toegelaat in sy hart en die boosheid het
sy lewe geruïneer soos ’n kanker in die siel. Hy was nou die slagoffer van sy slagoffers, gedoem om
met foltering en verwyt te lewe.
Sy word oorweldig deur simpatie vir die man en snak onwillekeurig na haar asem. Semana kyk
verbysterd en verdwaas na die trane wat langs haar wange afstroom. Hy gryp Felicien aan die kraag
en trek hom op sy voete. “Wat het jy vir haar te sê? Wat het jy vir Immaculée te sê?”
Felicien ruk soos hy huil. Immaculée kan sy skaamte voel. Hy kyk vir ’n oomblik op na haar ... en
Immaculée reik uit na hom, raak liggies aan sy hande en sê stilweg wat sy gekom het om te sê.
“Ek vergeef jou.”
Onmiddellik kom haar hart tot bedaring en sien sy die spanning in Felicien se skouers laat los.
Semana is egter woedend en laat twee soldate Felicien uitboender by die kantoor. “Wat het jy nou
gedoen, Immaculée? Dit is die man wat jou familie vermoor het. Ek het hom gebring na jou toe,
sodat jy hom kon uitvra ... om op hom te spoeg as jy sou wou. Nou het jy hom vergewe! Hoe kan jy
dit doen? Hoekom het jy hom vergewe?”
“Vergifnis is al wat ek kan bied,” is haar antwoord.
Gebed
Aankondigings
Terugvoer van Tiramisu.
Dankoffers
Slotlied
Lied 258 – Vreugdevolle tyding, bron van hartverblyding – staan
Seën
Respons
Lied 189 – Halleluja – staan

Bladsy |6

More Related Content

More from Chris van Wyk

Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47
Chris van Wyk
 
Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47
Chris van Wyk
 
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Chris van Wyk
 
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Chris van Wyk
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Chris van Wyk
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Chris van Wyk
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Chris van Wyk
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Chris van Wyk
 
Jeremia 31.docx
Jeremia 31.docxJeremia 31.docx
Jeremia 31.docx
Chris van Wyk
 
Jeremia 31.pptx
Jeremia 31.pptxJeremia 31.pptx
Jeremia 31.pptx
Chris van Wyk
 
Jesaja 50.docx
Jesaja 50.docxJesaja 50.docx
Jesaja 50.docx
Chris van Wyk
 
Jesaja 50.pptx
Jesaja 50.pptxJesaja 50.pptx
Jesaja 50.pptx
Chris van Wyk
 
Hebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptxHebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptx
Chris van Wyk
 
Jesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptxJesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptx
Chris van Wyk
 
Hand 4.pptx
Hand 4.pptxHand 4.pptx
Hand 4.pptx
Chris van Wyk
 
Handelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptxHandelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptx
Chris van Wyk
 

More from Chris van Wyk (20)

Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47
 
Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47
 
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
 
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir PalmsondagMatteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
Matteus 27:27-31 - Sangdiens vir Palmsondag
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.docx
 
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptxJohannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
Johannes 5:1-17 - Jesus se derde wonderteken.pptx
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.docx
 
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptxMatteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
Matteus 5:1-12 - swaarkry word beloon.pptx
 
1 Sam 3.docx
1 Sam 3.docx1 Sam 3.docx
1 Sam 3.docx
 
1 Samuel 3.pptx
1 Samuel 3.pptx1 Samuel 3.pptx
1 Samuel 3.pptx
 
Hebreërs 4.pptx
Hebreërs 4.pptxHebreërs 4.pptx
Hebreërs 4.pptx
 
Hebreërs 4.docx
Hebreërs 4.docxHebreërs 4.docx
Hebreërs 4.docx
 
Jeremia 31.docx
Jeremia 31.docxJeremia 31.docx
Jeremia 31.docx
 
Jeremia 31.pptx
Jeremia 31.pptxJeremia 31.pptx
Jeremia 31.pptx
 
Jesaja 50.docx
Jesaja 50.docxJesaja 50.docx
Jesaja 50.docx
 
Jesaja 50.pptx
Jesaja 50.pptxJesaja 50.pptx
Jesaja 50.pptx
 
Hebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptxHebreërs 4:14-16.pptx
Hebreërs 4:14-16.pptx
 
Jesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptxJesaja 25.pptx
Jesaja 25.pptx
 
Hand 4.pptx
Hand 4.pptxHand 4.pptx
Hand 4.pptx
 
Handelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptxHandelinge 4:5-12.pptx
Handelinge 4:5-12.pptx
 

Matteus 5:13-16 - sout-van-die-aarde mense.docx

  • 1. Matteus 5:13-16 Sout-van-die-aarde mense – 2 Februarie Verwelkoming Toetrede Jesus sê in Matteus 11:28: “Kom na My toe”! Dit is die enigste keer in die evangelies sowel as die res van die NT wat dié woorde gebruik word. Hy bied persoonlike gemeenskap aan almal aan wat dié boodskap hoor en Hom daarvoor vertrou.   Matt. 11:28-30: (The Message) “Are you tired? Worn out? Burned out on religion? Come to me. Get away with me and you’ll recover your life. I’ll show you how to take a real rest. Walk with me and work with me—watch how I do it. Learn the unforced rhythms of grace. I won’t lay anything heavy or ill-fitting on you. Keep company with me and you’ll learn to live freely and lightly.” Flam 22 – Ek soek U, o God, my God, ek dors na U, God – sit Votum en Seëngroet Danksegging  Vonkk 45 (Afr./Eng./Afr.) – Dankie, Heer, dat U by my bly – staan Gebed vir mense wat swaarkry Lofsang  Psalm 118:1 en 2 – Kom, loof die Heer se liefdesdade – staan  Vonkk 23 – Jesus, U is die lig in ons lewe – sit Skriflesing Matteus 5:13-16 – Sout-van-die-aarde mense 13 “Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit. 14 “Julle is die lig vir die wêreld. ’n Stad wat op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; 15ook steek ’n mens nie ’n lamp op en sit dit onder ’n emmer nie maar op ’n lampstaander, en dit gee lig vir almal in die huis. 16Laat julle lig so voor die mense skyn, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemel is, verheerlik.” Kindertyd Hou julle van sout? Hoekom? Hoe gebruik julle sout by die huis? Op braaivleis. Op eiers. In kos. Op Biltong. Wat doen die sout? Dit gee smaak. Dit keer dat kos sleg raak. Dit laat kos langer hou. Ek het hier ’n bakkie sout. En ek het ’n bakkie sand. Sal jy die sout in jou kos gooi? Sal jy die sand in jou kos gooi? Bladsy |1
  • 2. Sê nou ek meng ’n bietjie van die sand met die sout. Sal jy dit dan eet? Watter een verkies julle? Suiwer sout, ja. Jy het ook net bietjie nodig. Dan maak dit alles anders. Jesus sê in die Bybel: 13“Julle is die sout vir die aarde. Maar as sout verslaan het, hoe kry ’n mens dit weer sout? Dit is niks meer werd nie. Dit word buitekant weggegooi, en die mense vertrap dit.” Jesus wil hê dat ons soos suiwer sout sal wees. Ons moenie met sand gemeng wees nie. Wat het Hy bedoel? In Jesus se tyd het mense sout gebruik om kos lekker te laat smaak en veral dit lank te laat hou, soos ons ook doen. Want, onthou, hulle het nie yskaste gehad nie. Kos het daarom maklik sleg geraak. Sout het kos langer laat hou en gekeer dat dit sleg raak. Dit is hoe Jesus wil hê dat ons moet wees.  Ons moet die lewe lekker maak vir ander. Nie die hele tyd met ’n suurgesig rondloop nie. Glimlag, help waar jy kan, geniet wat jy doen, luister na ander, veral na jou ma en pa, speel saam as daar iets gedoen word. Vrolik wees. Aangename geselskap.  Ons moet sorg dat mense vriende bly en nie vir mekaar kwaad raak nie. Ons moet hulle help as hulle sukkel met mekaar. Soms het mense net nodig dat iemand na hulle luister. Ander kere moet ’n mens sommer net iets anders gaan doen. Dan trek jy hulle aandag af en kom dinge sommer vanself reg. Dit is hoe Jesus wil hê dat ons moet wees. Ons moet soos suiwer sout wees. Anders is ons soos sout gemeng met sand wat eintlik net goed is om buite weg te gooi. Maar daar is nog ’n les wat ons van sout moet leer. Ek het hier Popcorn vir julle saamgebring. Dankie, oom André Kilian, hy is die popcorn koning! Die een Popcorn bakkie het sout. Die ander een het nie sout nie. Watter een dink julle smaak die lekkerste? Ek wil die een popcorn bakkie ook nou sout maak. As ek die sout langs dit neer sit. Gaan dit nou reg smaak? Nee, ek moet dit ingooi! Dit is ook van ons lewe waar. Wat beteken dit nou weer om sout te wees?  Ons moet die lewe lekker maak vir ander. Dit help nie ons dink ons moet die lewe lekker maak vir ander en dan doen ons die nooit nie. Die sout moet opgegooi word. Ons moet soos sout wees en soos sout optree.  Ons moet sorg dat mense vriende bly en nie vir mekaar kwaad raak nie. Dit help nie ons praat nie met hulle nie. Ons moet hulle gaan help. Dan is ons die tipe sout wat Jesus graag wil hê dat ons moet wees. Hier het ek vir elkeen 'n pakkie popcorn om julle te herinner. Julle kan dit natuurlik ook eet. Dit het reeds sout op.  Flam 108 – Jesus maak my soos 'n sonstraal – sit Woordverkondiging God-flavors en God-colors Bladsy |2
  • 3. “Let me tell you why you are here. You’re here to be salt-seasoning that brings out the God-flavors of this earth. If you lose your saltiness, how will people taste godliness? You’ve lost your usefulness and will end up in the garbage.” “Here’s another way to put it: You’re here to be light, bringing out the God-colors in the world. God is not a secret to be kept. We’re going public with this, as public as a city on a hill. If I make you lightbearers, you don’t think I’m going to hide you under a bucket, do you? I’m putting you on a light stand. Now that I’ve put you there on a hilltop, on a light stand—shine! Keep open house; be generous with your lives. By opening up to others, you’ll prompt people to open up with God, this generous Father in heaven.” Eugene Peterson in The Message. Ons roeping in die lewe is niks minder of niks meer as dit nie:   Mense moet God kan proe in hoe ons lewe en hoe ons optree. Mense moet God kan sien in hoe ons optree. 'n Geseënde lewe Jesus sê dit net ná Hy die geseënde en werklik gelukkige lewe beskrywe het, waaraan ons verlede week aandag gegee het. Onthou dat dit afgesluit het met die negende saligspreking: "Geseënd is julle wanneer die mense julle ter wille van My beledig en vervolg en valslik al wat sleg is van julle sê. Wees bly en verheug, want julle loon is groot in die hemel. Hulle het immers die profete voor julle net so vervolg." (Matt. 5:11-12) Die vraag is nou, hoe tree Christene op in 'n wêreld waarin hulle dikwels vervolg word? Wat is ons respons? Jesus gee twee metafore of simbole waarmee ons ingesteldheid teenoor die wêreld uitgespel word:   Julle is die sout vir die aarde – mense moet God kan proe in ons lewens. Julle is die lig vir die wêreld – mense moet God kan sien in ons lewens. 'n Geseënde lewe is om soos sout en lig oral voetspore van seën agter te laat, sê Jesus. Dit is om die God-flavors en die God-colors in hierdie wêreld te versprei, soos Peterson dit so raak beskryf. Dit is om die wêreld met smaak, geur, reinheid en lig te vul, en so van die aarde 'n beter plek te maak. Natuurlik produseer ons dit nie self nie. God seën ons om sout en om lig te wees en ons leef dit reg oor die wêreld uit. Sout-vir-die-aarde mense Sout is iets alledaags en baie goed bekend. In die antieke wêreld was sout selfs belangriker en waardevoller as wat dit vandag is. Hier is ‘n paar eienskappe waarin ons dieper kan begryp wat dit beteken as Jesus die metafoor van sout op ons van toepassing maak (Ek hoor daar is baie navorsing hieroor gedoen in van die Bybelstudie groepe, so ek sal baie graag by julle wil leer!):  Sout gee smaak. Deur 'n bietjie sout by kos te gooi, word die inherente smaak van die voedsel na vore gebring. Kos is smaakliker, meer genotvol en aantreklik, wanneer dit gesout Bladsy |3
  • 4. word. Net so bring gelowiges smaak in die wêreld. Die vreugde en genot van die lewe as geskenk van God kom in sy volheid na vore as jy die sout van gelowiges se lewe daarby gooi.  Sout preserveer. Voordat vrieskaste beskikbaar was, is sout gebruik om voedsel soos vleis oor lang tye te bewaar. Daar bestaan iets soos biltong, omdat daar sout is! Sout beskerm voedsel en maak dit oor lang tye veilig vir menslike gebruik. Net so beskerm gelowiges as sout die lewe. Die wêreld word 'n veiliger plek waar mense wat die Here gehoorsaam en dien hulle invloed uitoefen. Misdaad daal, respek vir lewe neem toe, en die waardes van integriteit, liefde, omgee en beskerming styg.  Sout genees bederf en verrotting. Dit sluit ten nouste aan by sout se bederfwerende funksie. Mens kan wonde met sout uitwas om infeksie te verhoed of 'n septiese wond te genees. Mense met sinusprobleme gebruik gereeld 'n bietjie soutwater. Ons gooi sout in ons skottelgoedwassers om dit te help reinig. Sout se krag lê daarin dat dit 'n verskil maak in 'n wêreld waar bederf so maklik wortelskiet.  Sout offer sigself op. Sout werk net, as dit uit die soutpot gegooi word. Sout bestaan nie ter wille van sout self nie, maar ter wille van die wêreld. Sout gee sy eie geborgde bestaan in die soutpot prys om die wêreld te dien. Soutlose sout? In die destydse Palestina was die kwaliteit van sout wisselvallig. Nie alle sout was ewe goed, ewe smaakvol of bederfwerend nie. Die swak sout gaan af, dit het bymengsels wat onbruikbaar is en geen krag het nie. Dit word weggegooi en vertrap. Jesus gebruik die beeld van sout wat verslaan om die godsdiens van baie van sy Joodse tydgenote te beskryf. Jesus kon sien hoe die Fariseërs en die Skrifgeleerdes godsdiens op 'n manier bedryf het wat sy krag verloor het. Teenoor die ware dien van God, en die lewe van gehoorsaamheid en toewyding, soos die Ou Testamentiese profete dit beskryf het, het hulle godsdiens in mensgemaakte, wettiese prosedures laat verval. Dit deug nie, so ‘n lewe word uitgegooi, en vergaan. Mens kry tot vandag toe mense wat die dien van die Here verwar met 'n rigiede lewenstyl wat meer om tradisie gaan, as wat dit om toewyding aan God, en om mense en hul genesing gaan. Dit is mense wat die splinter in 'n ander se oog sal raaksien, maar die balk in hulle eie oog bly miskyk. Ten diepste is dit 'n selfgesentreerde vorm van godsdiens wat in selfregverdiging belangstel, eerder as die uitgiet van jou lewe in diens van ander. Lig vir die wêreld Lig is soos sout, alledaags en bekend, maar lig dien as metafoor met ’n soortgelyke ryk betekenis en word in die Bybel veral met God vergelyk. Jesus se volgelinge behoort sigbaar te wees en lig uit te straal. Dit is waarom Jesus die stad met sy lig op ’n heuwel plaas en die lamp op ’n staander. Die lig is sigbaar maar ook kwesbaar. Die lig word nie beskerm nie, dit kan op die lampstaander omval en deur wind en weer doodwaai. Maar mense wat die lig vir die wêreld is, kan nooit hulleself wegsteek nie. Hulle leef en werk juis in plekke waar hulle die mees sigbare sal wees. Die lig wat God Bladsy |4
  • 5. gee, is nie bedoel om onsself te verlig of onsself in glorie te laai baai nie. Ander moet die lig van egte Christelike goedheid sien, wat uitdrukking vind in praktiese dade van liefdevolle goedheid en diens. Mense herken hierdie soort lig as lig wat direk van God kom, en sal God daarvoor verheerlik. ’n Belangrike les wat ons moet leer, is dat Jesus die Bron van lig is. Ons is net ligdraers wat nie sonder die Bron van Lig kan skyn nie. Ons is 'n tweede kategorie van lig. Jesus is die son en sy volgelinge is soos die maan wat die son se lig reflekteer. Een pragtige beeld wat ek by André en Ursula gekry het en wat hierby aansluit, kom uit hoe lig in Indië in van die tempels gebruik word, bv. die Shesh Mahal (Hall of Mirrors). Klein spieëltjies is die hele gebou vol aan die binnekant geplak, en as jy selfs net een kers aansteek, verlig dit die plek met die weerkaatsing in al die duisende spieëls met die lig wat kom van die een kers. Dit is vir my ‘n pragtige beeld van wat ons doen as ons goeie werke doen. Ons doen dit sodat die wêreld die ware Lig kan raaksien, en hulle sy Vader wat in die hemel is, kan verheerlik. Mense wat die wêreld verander Die Bybel is vol mense wat as sout en lig geleef het, en so hulle wêreld verander het:     Moses het ná die veertig jaar in die woestyn die lig in Egipte gaan aansteek en die volk uitgelei na die Beloofde land. Elia het die Agabshuis gekonfronteer en die volk laat kies om die Here te dien en die Here het met vuur geantwoord op die berg Karmel. Johannes die Doper het ’n helder bekeringsboodskap gebring en duisende Jode is daardeur voorberei vir die koms van die Messias. Paulus het met groot passie die lig in Turkye en Europa gaan aansteek en die pyn van tronkstraf, steniging, ontbering en uiteindelik die dood beleef. En tot van dag toe nog pluk ons die vrugte van sy werk. Die koms van die koninkryk van God is op soveel plekke en maniere kragdadig gedien deur gewone mense wat sout en lig was. Dit maak mens opgewonde oor wat die Here vandag deur ons en ons gemeente doen as ons bloot gaan wees wat ons reeds in Christus is. Ek sluit af met ’n stuk wat ek aangepas het uit die hoofstuk Forgiving the Living in Left to Tell – Discovering God Amidst the Rwandan Holocaust van Immaculée Ilibagiza wat sy in samewerking met Steve Erwin geskryf het. Dit wys hoe sout sigself opoffer. Immaculée is die sout-vir-die-aarde. Sy versprei die God-flavors en God-colors in hierdie lewe by uitnemendheid. Immaculée staar deur Semana, die nuwe burgemeester, se kantoorvenster na waar hy die binnehof na die tronksel oorsteek en terugkeer met ’n verwilderde, mank ou man wat hy voor hom uitstoot. Sy skrik toe hulle die kantoor binnekom, want sy herken die man onmiddellik. Sy naam is Felicien, die suksesvolle Hutu besigheidsman met wie se kinders sy op laerskool gespeel het. Hy was ’n lang, aantreklike man wat altyd duur pakke gedra en onberispelike maniere gehad het. Sy raak yskoud, want sy onthou dat dit hy was wat haar gesoek het terwyl sy weggesteek was in die 1 x 1.3 m badkamer in pastor Murinzi se huis saam met sewe ander Tsutsi vroue. Felicien het haar soos ’n dier gejag. Bladsy |5
  • 6. Semana stoot Felicien die kantoor in en hy struikel tot op sy knieë. Toe hy opkyk van die vloer af en sien dat Immaculéé die een is wat op hom wag, raak hy bleek. Hy draai vinnig sy oë weg en staar na die vloer. “Staan op, moordenaar!” skreeu Semana, wat self vier kinders in die Tsutsi volksmoord verloor het. “Staan op en verduidelik vir hierdie meisie hoekom haar familie dood is. Verduidelik vir haar hoekom jy haar ma vermoor het en haar broer geslag het. Staan op, het ek gesê! Staan op en sê vir haar!” Semana skreeu al hoe harder, maar die gehawende man bly geboë op sy knieë, te skaam om te staan en Immaculée in die oë te kyk. Sy vuil klere hang in vodde aan sy uitgeteerde geraamte. Sy vel is sieklik, gekneus en gebroke; sy oë vlieserig en korserig. Sy aantreklike gesig is bedek met ’n smerige gekoekte baard; sy kaalvoete oortrek van oop loperige sere. Immaculée huil toe sy sy lyding sien. Felicien het die duiwel toegelaat in sy hart en die boosheid het sy lewe geruïneer soos ’n kanker in die siel. Hy was nou die slagoffer van sy slagoffers, gedoem om met foltering en verwyt te lewe. Sy word oorweldig deur simpatie vir die man en snak onwillekeurig na haar asem. Semana kyk verbysterd en verdwaas na die trane wat langs haar wange afstroom. Hy gryp Felicien aan die kraag en trek hom op sy voete. “Wat het jy vir haar te sê? Wat het jy vir Immaculée te sê?” Felicien ruk soos hy huil. Immaculée kan sy skaamte voel. Hy kyk vir ’n oomblik op na haar ... en Immaculée reik uit na hom, raak liggies aan sy hande en sê stilweg wat sy gekom het om te sê. “Ek vergeef jou.” Onmiddellik kom haar hart tot bedaring en sien sy die spanning in Felicien se skouers laat los. Semana is egter woedend en laat twee soldate Felicien uitboender by die kantoor. “Wat het jy nou gedoen, Immaculée? Dit is die man wat jou familie vermoor het. Ek het hom gebring na jou toe, sodat jy hom kon uitvra ... om op hom te spoeg as jy sou wou. Nou het jy hom vergewe! Hoe kan jy dit doen? Hoekom het jy hom vergewe?” “Vergifnis is al wat ek kan bied,” is haar antwoord. Gebed Aankondigings Terugvoer van Tiramisu. Dankoffers Slotlied Lied 258 – Vreugdevolle tyding, bron van hartverblyding – staan Seën Respons Lied 189 – Halleluja – staan Bladsy |6