Geniet die somer gedurende Desember, Januarie en Februarie deur veilig in die son te wees, adviseer die Kankervereniging van Suid-Afrika (KANSA). Velkanker is een van die mees algemene kankers in Suid-Afrika en is as gevolg van vel selbeskadiging, wat in die onderste gedeelte van die epidermis (die boonste laag van die vel) begin.
Lees meer: http://www.cansa.org.za/be-sunsmart/
CANSA Relay For Life Launch 2021: 90 Years of Service
CANSA: Wees Sonslim in Suid-Afrika in 2014
1.
2. Wat is velkanker?
• Velkanker is as gevolg van
vel selbeskadiging
• Dit begin in die onderste
gedeelte van die epidermis
(die boonste laag van die
vel)
3.
4. Waarskuwingstekens van velkanker - ABCDE
• A-simmetries – ‘n moesie of merk met een helfte
anders as die ander helfte (dus nie simmetries
nie). Gewone moesies is rond en simmetries
• Buitelyn afwykings – gekartelde/swak omlynde
kante. Gewone moesies is glad en het
gelykmatige rante
• Chromatiek – kleur variasies; taankleurig, swart,
bruin, rooi, wit, blou. Gewone moesies is
gewoonlik ‘n enkel-skakering van bruin of swart
• D – Deursnit is groter as 6mm
• E – Evoleer – word groter en word meer
prominent
5. Tipes velkanker
Basaalselkarsinoom (BSK):
1 in 30* vir mans & 1 in 62* vir vroue
• Dit is die mees algemene vorm van
velkanker
• BSK begin in die boonste lae van
die vel wat gereeld aan sonlig
blootgestel word, dws die bokant
van die kop of kopvel
Maligne Melanoom (MM):
1 in 227* vir mans & 1 in 342* vir vroue
• MM is tans verantwoordelik vir
ongeveer 1% van alle kankersterftes
• SA het een van die hoogste voorkoms
van MM in die wêreld
• MM kan onder alle etniese en
rassegroepe voorkom
Plaveiselkarsinoom (PK):
1 in 63* vir mans & 1 in 152* vir vroue
• Dit is die tweede mees algemene velkanker
• PK is geneesbaar in 95% van gevalle indien vroeg opgespoor
• Dit kom meestal voor in mense met ligte velle, middeljarige en
ou mense wat langtermyn blootstelling aan die son gehad het
SA Statistiek * soos per Nasionale Kankerregister (NKR) 2007
9. Hoe om die risiko van velkanker te verminder
• Vermy sonlig tussen 10vm en 3nm. Bly in die koelte of
sover as moontlik onder ‘n sambreel
• Dra beskermende klere: dig-geweefde wye rand hoede en
UV-beskermende klere/swemklere
• Dra sonbrille met UV-beskerming van UV400
• Wend sonskerm gereeld aan volgens
veltipe (SPF 20-50)
• Vermy sonbeddens en
sonlampe
10. KANSA se siening oor
sonbeddens
• Sonbeddens straal UVA en UVB uit –
beide veroorsaak skade in die DNA van
die velselle
• Sonbeddens lewer gekonsentreerde
UVA bestraling na onbeskermde vel en
behoort vermy te word
• Dit verouder jou vel en verhoog jou
risiko vir velkanker
• KANSA het die Minister van Gesondheid
versoek om die gebruik van
sonbeddens deur die persone onder die
ouderdom van 18 te verbied
11. Hoe om die risiko van velkanker te verminder
Merk die merk :
• Ondersoek jou vel gereeld elke maand
• Volg die ABCDE reëls
• Vra 'n familielid of vriend om jou rug te
ondersoek, sowel as die bokant van jou
kop
• As jy enige waarskuwingstekens
opmerk - sien 'n dokter of dermatoloog
onmiddellik
12. Hoe om die risiko van
velkanker te verminder
Siftingstoets:
• Nuutste opsporingstegnologie vir
velkanker (dmv FotoFinder)
• Siftingstoets beskikbaar by
meeste KANSA Sorgsentra en
Mobiele Gesondheidsklinieke
landswyd
13. Wat is SPF?
• Die ‘Sonbeskermingsfaktor’
(SBF of SPF in Engels) wat op
die houer staan is ‘n aanduiding
van hoe goed dit jou vel teen
UV-strale beskrem
• Dit dui aan hoe lank jy in die
son kan bly voor sonbrand
plaasvind, in teenstelling met
wanneer jy geen sonskerm aan
het nie
14. Hoe werk SBF?
• Indien dit 3 - 4 minute neem vir
‘n onbeskermde vel om rooi te
begin raak, sal die gebruik van
‘n SBF30 sonskerm die rooi
verkleuring met 30 maal
vertraag (dit wil sê ‘n
gemiddeld van 1½ tot 2uur)
15. Watter sonskerm en SBF behoort gebruik te word?
• Gebruik ‘n sonskerm met ‘n SBF 20-50
• Verkieslik ‘n SBF 30-50 vir ligte tot baie ligte velle
• Wend elke 2-3 ure mildelik aan
• Gebruik ‘n sonskerm wat die KANSA Seël
van Erkenning vertoon
• Sonskerm het gewoonlik 'n verval-datum
van 2 jaar, maar moenie
gebruik word na 1 jaar nadat dit
oopgemaak is nie
16. Wat is die KANSA Seël van Erkenning? (KSVE)
• Die KSVE verskyn op alle goedgekeurde sonskermprodukte
• Dit waarborg dat die vervaardigers van hierdie UV-beskermende
produkte aan streng kriteria voldoen soos deur
KANSA bepaal
17. KANSA UV-Slim
Armbande
• Monitor die UV-bestraling
waaraan jy en jou gesin
dwarsdeur die jaar blootgestel
word deur die dra van KANSA UV-Slim
Armband
• Dit word donkerder van kleur
soos UV-bestraling toeneem
• Elke skakering van kleur gee
beskermings aanbevelings wat jy
kan volg om sonbrand te voorkom
18. KANSA UV-Slim Armbande
• Die UV-Slim Armband
verkoop vir R30 elk en is
beskikbaar in blou, pienk
en pers in volwassene en
kinder groottes
• Koop jou UV-Slim
Armband by KANSA
Sorgsentra landswyd of
skakel tolvry 0800 22 66 22
19. Watter UV-klere en hoede moet gebruik word?
• Die UV-Beskermingsfaktor (UBF) is ‘n skaal
wat opgestel is om die mate van
beskerming wat klere teen UV-strale
bied, te bepaal
• UBF is direk vergelykbaar met die
Sonbeskermingsfaktor (SBF) vir sonskerms
– indien dit 3 - 4 minute neem vir ‘n
onbeskermde vel om rooi te begin raak,
sal die gebruik van ‘n UBF30 kledingstuk
die rooi verkleuring met 30 maal vertraag
(dit wil sê ‘n gemiddeld van 1½ tot 2uur)
• Tensy anders vermeld, is die UBF bepaling
geldig vir droë en nuwe klere
20. Watter UV-klere en hoede moet gebruik word?
• Dra dig-geweefde materiaal hoede met wye rande
• Vermy pette en hoede wat nie die nek en ore
beskerm nie
• Let op vir die KSVE
Kliek hier om die KANSA SonSlim
advertensie te kyk
22. Disclaimer:
Whilst the Cancer Association of South Africa (CANSA) has taken every precaution in
compiling this presentation, neither it, nor any contributor(s) to this presentation can be
held responsible for any action (or the lack thereof) taken by any person or organisation
wherever they shall be based, as a result, direct or otherwise, of information contained in,
or accessed through, this presentation.