SlideShare a Scribd company logo
1 of 22
DEEL 4:
DIE DINAMIETKRAG VAN WARE LEWE
1 Johannes 4: 7-12 (9)

7

GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit
God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God.

8

Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is
liefde.
Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God
sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons
deur Hom kan lewe.

9

10

Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie,
maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as
’n versoening vir ons sondes

11

Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook
mekaar lief te hê.

12

Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet,
bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.
Gelowiges se groot worsteling gedurende die Kerstyd is dat ons van alle
kante af gebombardeer word met 'n gekommersialiseerde weergawe van
Kersfees, nie waar nie? Buite-kerklike mense sal nie maklik agterkom
waaroor Kersfees éíntlik gaan nie, omdat die ware boodskap totaal
versluier word.
“Wat is die eintlik punt waaroor alles gaan?”
Dít is waarop hierdie reeks preke waarmee ons besig is ons aandag wil
fokus.
Hierdie reeks wil ons help om op die kern van die kersgebeure te fokus.
In besonder die gelese teksgedeelte in 1 Johannes 4, veral vers 9:
“God het Sy enigste Seun na die wêreld gestuur, sodat ons deur Hóm die
LEWE kan hê.”
So het die Heilige Gees die apostel Johannes geïnspireer om te skryf. Dit is
woorde wat apostoliese gesag dra.
Mag dieselfde Gees ons nou help om die skone prag daarvan te verstaan.
Christus het na die wêreld gekom, dat óns mag léwe.
Ten einde dit eenvoudig verstaanbaar te
maak, wil ek die preek in 3 hofies indeel
te wete:
1.Die impuls tot die Kersgebeure
2.Die doel van die Kersgebeure en
3.Die konsekwensies van die
Kersgebeure
.
1. Die impuls tot die Kersgebeure
Daarmee word bedoel: wat het Jesus se koms na die wêreld
veroorsaak?
Wat was die impuls daaragter?
Die antwoord is: liefde. Liefde is die impuls. Suiwere, hemelse, goddelike
liefde. Dit staan so helder in die gelese gedeelte.
“God is liefde” (v 8). Eintlik roep die Gees, deur Johannes, ons op om
mekaar lief te hê, maar hy begrond die oproep in God se liefde wat
eerste is en die feit dat Hy Sy liefde geopenbaar het.
En let op: Liefde is nie net één van God se vele eienskappe nie. Dit is
tewens glad nie net 'n eienskap van God nie. Nee. Hy sê: God IS liefde.
Dit is Sy wese. Binne-in die drie-eenheid gaan Vader, Seun en Gees met
mekaar om in liefde.
Daarom het Hy ons eintlik glad nie nodig nie.
Maar, die wonder is:
•
•
•

Hy WIL ons hê.
Hy hou nie Sy liefde vir Homself nie, maar Hy openbaar dit.
Hy wys dit. Hy gaan oor tot aksie. Hy praat nie net nie. Hy doen iets.

En dit is die impuls wat agter die Kersgebeure sit.
In 'n sekere sin het Jesus se menswording in Betlehem ten doel gehad om
aan ons beter begrip te gee van God se liefde.
Kersfees is vir baie mense 'n eensame tyd.
Ten spyte van al die liggies, die feesatmosfeer, is daar baie mense wat
innerlik eensaam is en wonder of hulle enigsins liefgehê word en aanvaar
word.
Iemand het eenkeer gesê daar is 'n groter honger na liefde in
die wêreld as wat daar 'n honger na kos is.
En luister: díé liefde waarvoor ons gemaak is en waarna ons
so smag is geopenbaar in die koms van ons Here Jesus na
die wêreld.
Die Evangelieboodskap openbaar God se perfekte liefde én
sluit ú daarby in en gee ons sekerheid daarvan.
Ons sluit nie onsself by hierdie liefde in nie.
Nee, die Gees sluit mense in – deur die Woord wat Hy hulle
laat hoor.
Opvallend wat in vers 10 staan: dit is nie óns liefde vir Hom wat Hom laat
handel het nie.
Ons het dus nie na Sy liefde gesoek nie.
Ons het dit ook nie verdien nie.
Ons het nie daarna gehunker nie.
Die openbaring van Sy liefde was suiwere vrye genade.
Ons moenie daaroor dink so asof dit twee partye is wat mekaar halfpad
ontmoet nie – waarvan die een party God is en die ander party óns is nie.
So asof ons en Hy mekaar iewers halfpad ontmoet nie – ons het lief en
Hy het lief. Ons soek Hom en Hy vind ons.
Nee!
Van ons kant is daar absoluut NIKS en van Sy kant ALLES.
Ja, daar ís twee partye, maar die een dra NUL by en die ander 100.
Pleks daarvan dat ons so ywerig na Hom soek, het
ons die paradys verbeur, van Sy gawes afgode
gemaak en wou ons die Gewer nie ken nie!
Daarom is die openbaring van Sy liefde heeltemal
eensydig.
Dit kom 100% van Sy kant af - na onverdiende
mensies toe.
En dit is geopenbaar in Betlehem en die krip.
Dít is wat ware onverdiende liefde is!
Dít was die impuls agter die Kersgebeure.
2. Die doel van die Kersgebeure
Ons moenie dink dat die Kersgebeure net maar 'n
tentoonstelling was van God se diep innerlike
gevoelens nie
'n soort sentimentele gebeurtenis nie.
Die sentimentele karakter van Kersfees word deur
die verloregaande wêreld daaraan geheg, maar dit
kom nie uit die Skrif nie.
Volgens die Skrif het die Kersgebeure plaasgevind met 'n spesifieke doel
voor oë.
 En daardie doel strek ver verby die krip tot by die Golgotakruis.
 En dit is baie belangrik om dit reg te verstaan.
 Vers 10 sê dit so duidelik: “God het Sy Seun gestuur as 'n versoening
vir ons sondes”.
 U sien: Krip & kruis is onlosmaaklik aanmekaar verbonde.
 Die kruis was die uiteindelike doel van die krip.
 Die krip het vooruitgesien na die kruis.
 Ons hou natuurlik nie baie van hierdie waarheid nie, omdat ons geneig
is om sentimenteel oor Kersfees te dink – in plaas daarvan om
evangelies oor Kersfees te dink.
 Ons voel ons wil nie die Kersverhaal gaan bederf deur aan Golgota te
dink nie.
Iemand vertel van 'n Kerssangdiens wat plaasgevind het.
Die leraar sê toe iets soos: “ons dink aan die koms van
Christus na die wêreld ... sodat Hy kon kom sterf...”
'n Dogtertjie is toe erg ontsteld en sê vir haar ma:
“Jesus het sekerlik nie dóódgegaan nie...”
Waarop die ma antwoord:
“Nee, Hy het nie.”
U sien? Sy wou nie die kind se belewenis van Kersfees
bederf met iets soos dood nie.
Nee,
Kersfees & Goeie Vrydag is één.
Die doel van Kersfees was dat Jesus uiteindelik 'n versoeningsoffer sou
word.
So, hierdie liefde is dus opofferende liefde.
Dit was alreeds 'n offer om mens te word in Betlehem, maar op die kruis
word Jesus 'n offer in die ware sin van die woord –
Waarom?
Omdat God heilig & regverdig is en Hy geen sondaar as kind kan
aanvaar alvorens die sondeskuld nie regverdiglik met die hoogste tol
gestraf is nie.
God is liefde, ja, maar Hy is ook heilig & regverdig.
Sy liefde kan nie maar net sondaars in die hemel verwelkom asof daar
niks ernstig gebeur het nie.
Wat van die hemelhoë skuld?
Dáárom gee Hy Sy Seun as plaasvervangende offer.
Die New International Version gee by vers 10 by die woord “versoening
vir ons sonde” 'n verduidelikende voetnota: “taking away wrath – turn
aside righteous anger.”
God se heilige regverdigheid en Sy liefde ontmoet mekaar in Jesus se
kruisoffer en alleen dáár word 'n sondaar vrygespreek.
Geen sondaar kan buite-om Jesus se kruisoffer vrygespreek word nie,
want God kan nie Sy liefde laat seëvier ten koste van Sy regverdige
heiligheid nie!
Indien ons weer na die Engelse vertaling mag
verwys:
die woord vir “versoening” is “atonement” - wat
letterlik uit die volgende lettergrepe bestaan:
at – one – ment.
Vyande word één.
Dit was die doel van die Kersgebeure.
3 Die konsekwensies van die
Kersgebeure

Wat het die Kersgebeure bewerkstellig/ tot gevolg
gehad?
Vers 9 gee die heldere antwoord:
LEWE!
Hierdie “lewe” het nie eerstens te make met fisiese/
liggaamlike lewe nie, maar dui op 'n herstelde
verhouding/gemeenskap.
Die dood wat die eerste mensepaar gesterf het ná die val, was dat
hulle gemeenskap met God verbreek is.
Hulle is verban uit die tuin.
Hulle kon nie weer terug na die tuin nie.
Wat is LEWE dus?
Terug in die tuin!
Herstelde gemeenskap met God en daarom nie meer verlore gaan
onder die wraak van God nie.
Dit is egter nie dieselfde as om 'n goeie verhouding te hê met jou
werkgewer of onderwyser nie – mense wat jy dalk nie eens so goed
ken nie.
Nee, dis 'n goeie verhouding gebaseer op intieme kennis van Hom op
grond van Sy geopenbaarde Woord en omdat Hy ons werklik liefhet.
Dit is darem 'n baie groot teenstelling met die verloregaande
wêreld se definisie van wat “lewe” is, nie waar nie?
Die deursnee mens dink hy/sy lewe wanneer daar
gesondheid is, voorspoed is.
Besittings & kwaliteite is baie belangrik. Alles moet reg loop
en hoë hoogtes moet bereik word.
Dit is waarom die ongeredde mens van sy kop af raak
wanneer dinge begin skeef loop.
Want alles draai net om die hier & nou.
Die lewe wat Jesus se koms vir ons gebring het,
word egter nie gedefinieër deur kwaliteite of
besittings nie.
Slegte dinge, teleurstellings en stryde kan hierdie
lewe nie uitdoof nie, want dit gee innerlike
vreugde, hoop & sekuriteit ten spyte van
omstandighede.
Dit is immers diep gefundeer: in onvoorwaardelike
goddelike liefde.
Dit merk & stempel ons. Dit vloei uit ons uit.
Vers 11 & 12:
God is onsigbaar, maar mense kan Hom sien
wanneer hulle na ons kyk en die ander soort lewe
by ons opmerk
– 'n lewe wat die ongeredde verloregaande
mensdom nie ken nie, maar wat vir die gelowiges
soos asemhaal behoort te wees.
Mag die Here gee dat, waar ons oor 72
dae Kersfees vier, ons dit sal doen
vanuit 'n stuk diepte, omdat ons werklik
die ware betekenis daarvan uit die
Woord verstaan.
AMEN

More Related Content

What's hot (13)

Aanbid my
Aanbid myAanbid my
Aanbid my
 
3 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 23 redes waarom die kerk verlam is 2
3 redes waarom die kerk verlam is 2
 
Leer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vaderLeer ken die hart van die vader
Leer ken die hart van die vader
 
Tema - Hoe lyk die prentjie van die vroeë Kerk
Tema - Hoe lyk die prentjie van die vroeë KerkTema - Hoe lyk die prentjie van die vroeë Kerk
Tema - Hoe lyk die prentjie van die vroeë Kerk
 
Jeremia 31.docx
Jeremia 31.docxJeremia 31.docx
Jeremia 31.docx
 
16 Okt Is ons reg of maak ons reg
16 Okt Is ons reg of maak ons reg16 Okt Is ons reg of maak ons reg
16 Okt Is ons reg of maak ons reg
 
Wakker die Genadegawes aan
Wakker die Genadegawes aan Wakker die Genadegawes aan
Wakker die Genadegawes aan
 
Hoe kan ek god beter leer ken
Hoe kan ek god beter leer kenHoe kan ek god beter leer ken
Hoe kan ek god beter leer ken
 
Tema: Ontdek Moses - jou lewensdoel
Tema: Ontdek Moses -  jou lewensdoelTema: Ontdek Moses -  jou lewensdoel
Tema: Ontdek Moses - jou lewensdoel
 
16 Okt Hoor en doen
16 Okt Hoor en doen 16 Okt Hoor en doen
16 Okt Hoor en doen
 
Omgeruil by die kruis op golgotha
Omgeruil by die kruis op golgothaOmgeruil by die kruis op golgotha
Omgeruil by die kruis op golgotha
 
Eensgesind ten spyte van ons verskille
Eensgesind ten spyte van ons verskilleEensgesind ten spyte van ons verskille
Eensgesind ten spyte van ons verskille
 
Vryheid deur die kruis
Vryheid deur die kruisVryheid deur die kruis
Vryheid deur die kruis
 

More from Cornelius Joubert (6)

Wat doen ons sonde aan god 1
Wat doen ons sonde aan god 1Wat doen ons sonde aan god 1
Wat doen ons sonde aan god 1
 
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sondeE ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
E ons almal het bekering nodig en god vra ware berou oor sonde
 
A call to commitment
A call to commitmentA call to commitment
A call to commitment
 
The power of tongue
The power of tongueThe power of tongue
The power of tongue
 
God se genadejaar
God se genadejaarGod se genadejaar
God se genadejaar
 
6 oktober villa rivera die here kom
6 oktober villa rivera die here kom6 oktober villa rivera die here kom
6 oktober villa rivera die here kom
 

9 deel 4 die dinamietkrag van ware lewe

  • 1. DEEL 4: DIE DINAMIETKRAG VAN WARE LEWE
  • 2. 1 Johannes 4: 7-12 (9) 7 GELIEFDES, laat ons mekaar liefhê; want die liefde is uit God, en elkeen wat liefhet, is uit God gebore en ken God. 8 Hy wat nie liefhet nie, het God nie geken nie, want God is liefde. Hierin is die liefde van God tot ons geopenbaar, dat God sy eniggebore Seun in die wêreld gestuur het, sodat ons deur Hom kan lewe. 9 10 Hierin is die liefde: nie dat ons God liefgehad het nie, maar dat Hy ons liefgehad het en sy Seun gestuur het as ’n versoening vir ons sondes 11 Geliefdes, as God ons so liefgehad het, behoort ons ook mekaar lief te hê. 12 Niemand het God ooit aanskou nie. As ons mekaar liefhet, bly God in ons en het sy liefde in ons volmaak geword.
  • 3. Gelowiges se groot worsteling gedurende die Kerstyd is dat ons van alle kante af gebombardeer word met 'n gekommersialiseerde weergawe van Kersfees, nie waar nie? Buite-kerklike mense sal nie maklik agterkom waaroor Kersfees éíntlik gaan nie, omdat die ware boodskap totaal versluier word. “Wat is die eintlik punt waaroor alles gaan?” Dít is waarop hierdie reeks preke waarmee ons besig is ons aandag wil fokus. Hierdie reeks wil ons help om op die kern van die kersgebeure te fokus. In besonder die gelese teksgedeelte in 1 Johannes 4, veral vers 9: “God het Sy enigste Seun na die wêreld gestuur, sodat ons deur Hóm die LEWE kan hê.” So het die Heilige Gees die apostel Johannes geïnspireer om te skryf. Dit is woorde wat apostoliese gesag dra. Mag dieselfde Gees ons nou help om die skone prag daarvan te verstaan. Christus het na die wêreld gekom, dat óns mag léwe.
  • 4. Ten einde dit eenvoudig verstaanbaar te maak, wil ek die preek in 3 hofies indeel te wete: 1.Die impuls tot die Kersgebeure 2.Die doel van die Kersgebeure en 3.Die konsekwensies van die Kersgebeure .
  • 5. 1. Die impuls tot die Kersgebeure Daarmee word bedoel: wat het Jesus se koms na die wêreld veroorsaak? Wat was die impuls daaragter? Die antwoord is: liefde. Liefde is die impuls. Suiwere, hemelse, goddelike liefde. Dit staan so helder in die gelese gedeelte. “God is liefde” (v 8). Eintlik roep die Gees, deur Johannes, ons op om mekaar lief te hê, maar hy begrond die oproep in God se liefde wat eerste is en die feit dat Hy Sy liefde geopenbaar het. En let op: Liefde is nie net één van God se vele eienskappe nie. Dit is tewens glad nie net 'n eienskap van God nie. Nee. Hy sê: God IS liefde. Dit is Sy wese. Binne-in die drie-eenheid gaan Vader, Seun en Gees met mekaar om in liefde.
  • 6. Daarom het Hy ons eintlik glad nie nodig nie. Maar, die wonder is: • • • Hy WIL ons hê. Hy hou nie Sy liefde vir Homself nie, maar Hy openbaar dit. Hy wys dit. Hy gaan oor tot aksie. Hy praat nie net nie. Hy doen iets. En dit is die impuls wat agter die Kersgebeure sit. In 'n sekere sin het Jesus se menswording in Betlehem ten doel gehad om aan ons beter begrip te gee van God se liefde. Kersfees is vir baie mense 'n eensame tyd. Ten spyte van al die liggies, die feesatmosfeer, is daar baie mense wat innerlik eensaam is en wonder of hulle enigsins liefgehê word en aanvaar word.
  • 7. Iemand het eenkeer gesê daar is 'n groter honger na liefde in die wêreld as wat daar 'n honger na kos is. En luister: díé liefde waarvoor ons gemaak is en waarna ons so smag is geopenbaar in die koms van ons Here Jesus na die wêreld. Die Evangelieboodskap openbaar God se perfekte liefde én sluit ú daarby in en gee ons sekerheid daarvan. Ons sluit nie onsself by hierdie liefde in nie. Nee, die Gees sluit mense in – deur die Woord wat Hy hulle laat hoor.
  • 8. Opvallend wat in vers 10 staan: dit is nie óns liefde vir Hom wat Hom laat handel het nie. Ons het dus nie na Sy liefde gesoek nie. Ons het dit ook nie verdien nie. Ons het nie daarna gehunker nie. Die openbaring van Sy liefde was suiwere vrye genade. Ons moenie daaroor dink so asof dit twee partye is wat mekaar halfpad ontmoet nie – waarvan die een party God is en die ander party óns is nie. So asof ons en Hy mekaar iewers halfpad ontmoet nie – ons het lief en Hy het lief. Ons soek Hom en Hy vind ons. Nee! Van ons kant is daar absoluut NIKS en van Sy kant ALLES. Ja, daar ís twee partye, maar die een dra NUL by en die ander 100.
  • 9. Pleks daarvan dat ons so ywerig na Hom soek, het ons die paradys verbeur, van Sy gawes afgode gemaak en wou ons die Gewer nie ken nie! Daarom is die openbaring van Sy liefde heeltemal eensydig. Dit kom 100% van Sy kant af - na onverdiende mensies toe. En dit is geopenbaar in Betlehem en die krip. Dít is wat ware onverdiende liefde is! Dít was die impuls agter die Kersgebeure.
  • 10. 2. Die doel van die Kersgebeure Ons moenie dink dat die Kersgebeure net maar 'n tentoonstelling was van God se diep innerlike gevoelens nie 'n soort sentimentele gebeurtenis nie. Die sentimentele karakter van Kersfees word deur die verloregaande wêreld daaraan geheg, maar dit kom nie uit die Skrif nie.
  • 11. Volgens die Skrif het die Kersgebeure plaasgevind met 'n spesifieke doel voor oë.  En daardie doel strek ver verby die krip tot by die Golgotakruis.  En dit is baie belangrik om dit reg te verstaan.  Vers 10 sê dit so duidelik: “God het Sy Seun gestuur as 'n versoening vir ons sondes”.  U sien: Krip & kruis is onlosmaaklik aanmekaar verbonde.  Die kruis was die uiteindelike doel van die krip.  Die krip het vooruitgesien na die kruis.  Ons hou natuurlik nie baie van hierdie waarheid nie, omdat ons geneig is om sentimenteel oor Kersfees te dink – in plaas daarvan om evangelies oor Kersfees te dink.  Ons voel ons wil nie die Kersverhaal gaan bederf deur aan Golgota te dink nie.
  • 12. Iemand vertel van 'n Kerssangdiens wat plaasgevind het. Die leraar sê toe iets soos: “ons dink aan die koms van Christus na die wêreld ... sodat Hy kon kom sterf...” 'n Dogtertjie is toe erg ontsteld en sê vir haar ma: “Jesus het sekerlik nie dóódgegaan nie...” Waarop die ma antwoord: “Nee, Hy het nie.” U sien? Sy wou nie die kind se belewenis van Kersfees bederf met iets soos dood nie.
  • 13. Nee, Kersfees & Goeie Vrydag is één. Die doel van Kersfees was dat Jesus uiteindelik 'n versoeningsoffer sou word. So, hierdie liefde is dus opofferende liefde. Dit was alreeds 'n offer om mens te word in Betlehem, maar op die kruis word Jesus 'n offer in die ware sin van die woord – Waarom? Omdat God heilig & regverdig is en Hy geen sondaar as kind kan aanvaar alvorens die sondeskuld nie regverdiglik met die hoogste tol gestraf is nie.
  • 14. God is liefde, ja, maar Hy is ook heilig & regverdig. Sy liefde kan nie maar net sondaars in die hemel verwelkom asof daar niks ernstig gebeur het nie. Wat van die hemelhoë skuld? Dáárom gee Hy Sy Seun as plaasvervangende offer. Die New International Version gee by vers 10 by die woord “versoening vir ons sonde” 'n verduidelikende voetnota: “taking away wrath – turn aside righteous anger.” God se heilige regverdigheid en Sy liefde ontmoet mekaar in Jesus se kruisoffer en alleen dáár word 'n sondaar vrygespreek. Geen sondaar kan buite-om Jesus se kruisoffer vrygespreek word nie, want God kan nie Sy liefde laat seëvier ten koste van Sy regverdige heiligheid nie!
  • 15. Indien ons weer na die Engelse vertaling mag verwys: die woord vir “versoening” is “atonement” - wat letterlik uit die volgende lettergrepe bestaan: at – one – ment. Vyande word één. Dit was die doel van die Kersgebeure.
  • 16. 3 Die konsekwensies van die Kersgebeure Wat het die Kersgebeure bewerkstellig/ tot gevolg gehad? Vers 9 gee die heldere antwoord: LEWE! Hierdie “lewe” het nie eerstens te make met fisiese/ liggaamlike lewe nie, maar dui op 'n herstelde verhouding/gemeenskap.
  • 17. Die dood wat die eerste mensepaar gesterf het ná die val, was dat hulle gemeenskap met God verbreek is. Hulle is verban uit die tuin. Hulle kon nie weer terug na die tuin nie. Wat is LEWE dus? Terug in die tuin! Herstelde gemeenskap met God en daarom nie meer verlore gaan onder die wraak van God nie. Dit is egter nie dieselfde as om 'n goeie verhouding te hê met jou werkgewer of onderwyser nie – mense wat jy dalk nie eens so goed ken nie. Nee, dis 'n goeie verhouding gebaseer op intieme kennis van Hom op grond van Sy geopenbaarde Woord en omdat Hy ons werklik liefhet.
  • 18. Dit is darem 'n baie groot teenstelling met die verloregaande wêreld se definisie van wat “lewe” is, nie waar nie? Die deursnee mens dink hy/sy lewe wanneer daar gesondheid is, voorspoed is. Besittings & kwaliteite is baie belangrik. Alles moet reg loop en hoë hoogtes moet bereik word. Dit is waarom die ongeredde mens van sy kop af raak wanneer dinge begin skeef loop. Want alles draai net om die hier & nou.
  • 19. Die lewe wat Jesus se koms vir ons gebring het, word egter nie gedefinieër deur kwaliteite of besittings nie. Slegte dinge, teleurstellings en stryde kan hierdie lewe nie uitdoof nie, want dit gee innerlike vreugde, hoop & sekuriteit ten spyte van omstandighede. Dit is immers diep gefundeer: in onvoorwaardelike goddelike liefde. Dit merk & stempel ons. Dit vloei uit ons uit.
  • 20. Vers 11 & 12: God is onsigbaar, maar mense kan Hom sien wanneer hulle na ons kyk en die ander soort lewe by ons opmerk – 'n lewe wat die ongeredde verloregaande mensdom nie ken nie, maar wat vir die gelowiges soos asemhaal behoort te wees.
  • 21. Mag die Here gee dat, waar ons oor 72 dae Kersfees vier, ons dit sal doen vanuit 'n stuk diepte, omdat ons werklik die ware betekenis daarvan uit die Woord verstaan.
  • 22. AMEN