SlideShare a Scribd company logo
1 of 10
1 Nov 2015 - Jy is in sy gebed
1 Nov 2015 - Jy is in sy gebed
1 Nov 2015 - Jy is in sy gebed
1 Nov 2015 - Jy is in sy gebed
1 Nov 2015 - Jy is in sy gebed
1 Nov 2015 - Jy is in sy gebed
1 Nov 2015 - Jy is in sy gebed
1 Nov 2015 - Jy is in sy gebed
1 Nov 2015 - Jy is in sy gebed
1 Nov 2015 - Jy is in sy gebed

More Related Content

More from Susanna De Waal

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë grafSusanna De Waal
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!Susanna De Waal
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!Susanna De Waal
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droomSusanna De Waal
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!Susanna De Waal
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! Susanna De Waal
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouselfSusanna De Waal
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekteSusanna De Waal
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nieSusanna De Waal
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nieSusanna De Waal
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter asSusanna De Waal
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal SkoonmaakSusanna De Waal
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet Susanna De Waal
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding Susanna De Waal
 

More from Susanna De Waal (20)

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!
 
10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself
 
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
 
31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding
 
Verbly jou in die here
Verbly jou in die hereVerbly jou in die here
Verbly jou in die here
 

Editor's Notes

  1. #Wie bid hier? Joh. 17 is Jesus se gebed vir die dissipels, in die teenwoordigheid van hierdie manne. Die dissipels het Jesus gesien en gehoor terwyl hy hierdie gebed gebid het. Dit was nog altyd vir my interessant dat Johannes die enigste een van die 4 evangelies is wat hierdie gebed bevat. Miskien so ’n indikasie van hoeveel Johannes Sy verhouding met Jesus gekoester het. Wanneer ons hierdie evangelie lees dan sien ons sommer duidelik dat sy klem op heel ander plekke was as die ander drie. ’n Hele hoofstuk wat vir ons sê: #Jesus het vir ons gebid Nie net die feitelike bevestiging dat so gebed gebid is nie maar ook die inhoud van hierdie gebed. Dit is altyd vir my interessant hoe ons optree wanneer daar verskillende mense is wie vir ons kan bid. Meeste van ons sal verkies dat, die persoon wie in ons oë die grootste kind van God is, vir ons bid eerder as ’n gewone ander lidmaat. So asof dit die persoon is wat bid wat die werk moet doen. So asof die Here witbroodjies het. Party se gebede antwoord Hy en ander sin nie. Ons weet dit is nie die waarheid nie. So as die “wie vir jou bid”, vir jou NB is, het ek baie goeie nuus vir jou. Daar was ’n dag wat Jesus spesiaal vir jou gebid het terwyl Hy op aarde was. Hierdie gebed vind ons hier in Joh. 17 #Hoekom bid ons vir iemand? Ek dink daar is 2 hoofredes: liefde vir hom en/of omdat ons oor hom bekommerd is. Dalk is hy in moeilike omstandighede, ’n probleem wat vir hom / haar te groot is en ons vertrou God om vir hom of haar deur te kom. Kan ons saamstem dat dit 2 van die hoofredes is hoekom ons vir iemand bid? Dit is so dat God anders as ons dink en volgens ’n ander tydskedule werk as ons. Ek is egter daarvan oortuig dat as ons die woord lees, dit bevestig dat Jesus vir ons gebid het omdat : # Jesus het ons lief en gee baie vir ons om Se BG vir jouself, sê dit ook vir persoon langs jou. Jesus het vir jou gebid omdat Hy jou ongelooflik lief het. Jesus het geweet dat van die uitdagings wat ons die hoof sal moet bied van so aard gaan wees dat ons hulle nie sonder Sy hulp sal kan baasraak nie. So as jy daarkom wat die vyand vir jou sê jy is alleen, niemand gee om nie, niemand bid eers vir my nie. Dit is nie die waarheid nie. Daar was ’n dag in die aardse bediening van Jesus wat Hy vir jou gebid het. As Sy kind kan jy verder weet dat Sy HG konstant nog besig is om vir jou in te tree. Jesus her geweet dat die lewe nie altyd maklik sal wees nie. Hy sê o.a.:
  2. #JOh 17:11 .. Hierdie was Jesus se gebed net voor Hy gevange geneem is. Hy het presies geweet wat volgende met Hom gaan gebeur. Wat vir Hom voorgelê het, was verskriklik. Nogtans maak hy tyd om vir ons te bid. Dit is vir Hom NB dat ons nie verlore sal gaan nie. Die feit dat Jesus vir ons gebid het sê ’n klomp goed oor Hom, hoe Sy hart lyk. Dit sê ook vir ons ’n klomp goed oor ons:
  3. #Ons leef in ’n gebroke wereld Ons kan dit nie self maak nie. Ons kan nie die hemel op ons eie verdien nie. Jesus se gebed sê ook iets baie duidelik. Selfs as Sy kerk, Sy kinders, gaan ons uitdagings hê. Selfs uitdagings met mekaar. Luister na die laaste gedeelte van v11: #Joh 17:11 .... Hoor wat bid Jesus v 21 dB
  4. #Joh 17:21 dB Die feit dat Jesus pertinent bid wat Hy hier bid maak dit duidelik dat HY geweet het dat hierdie saak is nie ’n maklike saak nie. Ons het by verskeie geleenthede die jaar gekyk na die liefde saak. Dat is duidelik dat as Sy kinders op ’n duidelike opdrag het om ander lief te hê. Ander binne, sowel as buite die kerk. Liefde bring eenheid en eenheid bring groter liefde ens.
  5. #Jesus het geweet ons gaan verskil, mekaar misverstaan, teleurstel en selfs seermaak. Ons leef in n gebroke wereld waar Jesus nog met almal van ons besig is. Hy is nog besig om ons almal te vorm. Nie een van hierdie goed gee ons egter die reg om die eenheid te verbreek nie. So wanneer hierdie goed gebeur en ons wonder of ons daaroor sal kom. Ons wonder of ons nog lus is om aan te gaan? Onthou dit: #Jesus het vir jou gebed Hy het spesifiek gebid vir die verskille en struwelinge wat ons onderling met mekaar gaan he. Hulle gaan daar wees. Ons kom uit verskillende huise, het verskillende persoonlikhede, is op verskillende plekke in ons verhouding met die Here ens. Sy gebed is dat jy staande sal bly wanneer hierdie goed sal gebeur. Sou ek tou opgooi en van die die kerk af wegstap, is ek besig om eenheid te verbreek. Kan ek net se, die selfregverdiging dat ek die Here by my huis ook kan dien geld nie. God beveel eenheid. Sy gebed rondom eenheid gaan egter ook verder. Hierdie gebed impliseer ook dat die Here my instaat sal stel om te doen wat nodig is om eenheid te behou. Ek is instaat om eenheid te bevorder en bewaar. Ek is instaat om my tong onder beheer te hou. Sou ek erens praat voor ek dink, of uit eie belang praat, is ek instaat om met Sy krag en liefde restitusie te gaan doen en eenheid te gaan herstel. Ek is instaat om my eie smaak en behoeftes te kruisig ter wille van die eenheid binne die gemeente. Ek is instaat om weer verhoudinge te herstel want Hy gee my die krag. Jesus het daarvoor gebid. #Jesus het vir die kerk gebid Hierdie dissipels en almal wat vanwee die verkondiging van die Woord tot wedergboorte sou kom verteenwordig mos die kerk. So ook as instansie is ons instaat tot dit waartoe Hy ons geroep het. Wat is Sy opdrag?
  6. #Joh 17:18 ... Hy het voor die tyd gebid dat ons hierdie opdrag sal kan uitvoer. Hoe sal die mense weet dat die boodskap wat ons verkondig anders en eg is?
  7. #Joh. 17:21 ... Sien u hoekom Jesus vir ons gebid het rondom hierdie sake. Dit is van kardinale belang. Gaan dit altyd maklik wees? Nee? Is dit moontlik? Verseker!
  8. #Keuse oor my optrede So nou weet ons dat Jesus vir ons gebid het. ’n Gebed wat baie pertinent ook gegaan het oor ons eenheid onder mekaar. Nou kan ek kies wat ek gaan maak rondom hierdie woord. Gaan ek maar uiting gee aan my vlees en met my woorde en dade die eenheid binne die gemeente versteur of gaan ek vanuit hierdie wete dat Jesus se gebed en die krag van Sy HG my in staat sal stel om nie eenheid te verbreek nie, optree in liefde met eenheid in gedagte. Jesus het vir jou gebid?