2. • Vanaf 18de – 19de eeu
• Groot veranderinge in landbou, vervaardiging,
mynbou, vervoer en tegnologie
• Geweldige uitwerking op die sosio-ekonomiese
en kulturele toestande van daardie tyd
• Industriële ontwerp is belangrik
• Belangrike keerpunt in die mens se geskiedenis
• Amper alle aspekte van ons daaglikse lewe is
hierdeur beïnvloed, bv dat die gemiddelde
inkomste en bevolking onvoorsiene en volgehoue
groei getoon het
• Nywerhede is gemeganiseer
• Sommige ontwerpers het dit aangegryp, terwyl
ander daarteen vasgeskop het
3. • Uitvinding van masjiene en ontstaan van fabrieke
• in 1700’s is die ekonomie van Groot Brittanje gebasseer op menslike/
handearbeid > nou vervang deur masjiene
• tesktielindustrie was gemeganiseerd
• die gebruik van stoomkrag en geraffineerde steenkool het toegeneem
• telegraafsisteem veroorsaak dat inligting gouer by bestemming uitkom
• vervoersisteme het verbeter > groter afstande teen laer kostes vir
aflewering van goedere
• voor die revolusie het vakmanne produkte met die hand geskep (bv.
Skrynwerker het die presiese proses geken om `n stoel van begin tot einde
te maak
• met die revolusie is die produk in vele stappe opgedeel en elke stap is deur
`n ander persoon hanteer (dus geen beheer oor einproduk)
4. • Individuele werkers was slegs vir een deel van
die vervaardigingsproses verantwoordelik
• Goedere kon meer bekostigbaar word (nie meer
handgemaak)
• Mense gaan koop nou goed by die winkel eerder
as om all rou materiale self te gaan koop en die
produk self te maak
• Die verbruik van goedere neem toe (makliker
bekombaar)
• Die 1ste revolusie (18de eeu) het ineengevloei
met die 2de revolusie van ongeveer 1850 toe
tegnologiese en ekonomiese vooruitgang
momentum gekry het met die ontwikkeling van
die stoomboot, spoorweë, die binnebrandenjin en
elektriese kragopwekking.
5.
6. • Gedurende die tweede helfte van die 19de eeu
• Die belangrikheid van vakmanskap in `n era van meganisasie
en massaproduksie
• Was vir hulle `n aanval op die kreatiewe integriteit van die
ontwerpproses a.g.v verdeling van werk in die
produksiemetodes
• Geïnspireer deur John Ruskin (skrywer) wat die gevolge van
insutrialisering verafsku het
• William Morris het `n firma van binneshuise ontwerpers en
vervaardigers gestig om handgemaakte tekstiele, gedrukte
boeke, muurpapier, meubels, juweliersware en metaalwerk te
produseer
7. • Die beweging is deur sommige critici gebrandmerk as “elite” en net bekombaar vir `n paar mense
• Gesien as onprakties in `n industriële gemeenskap
• Aanhang het tog versprei na ander lande in die 1890’s, insluitend die VSA
• Aangehou tot diep in die 20ste eeu, ondersteun deur progressiewe kunstenaars, argitekte,
ontwerpers en vroue uit die middelklas wat by die huis wou werk.
• Klein werkswinkels (weg van die industriële wêreld) is gestig en ou tegnieke is herleef.
• Outydse, eenvoudige huishoudelike voorwerpe het behoue gebly.
• Dus `n reaksie TEEN die onmenslike gevolge van die revolusie en die oorvloed van die Viktoriaanse
era waarin die middelklas oorversierde, massageproduseerde produkte versamel het.
8. • Die eerlike gebruik van
materiale.. Teenoor die
aanwending van nuwe metodes
en produksieprosesse waarin die
oorspronklike nagemaak is
• Goeie ontwerp is met `n goeie
gemeenskap vereenselwig
• Die werker word nie verneder
deur `n fabriek werksomgewing
nie
• Kon trots wees op vakmanskap
en handvaardigheid
(massaproduksie het dikwels
gelei tot swak kwaliteit)
9. GEVALLESTUDIE (Bl. 296 in GR 10 handbook):
1834-1896
Engelse tekstielontwerper, kunstenaar en skrywer
Hoofbydrae: ontwerp van herhalende patrone vir muurpapier en tekstiele
deur die noukeurige waarneming van die natuur
Vername bydraer tot die herlewing van tradisionele tekstielkunste en
produksiemetodes
11. • Spirituele verband tussen omliggende natuur en mensgemaakte omgewing
• Hulle het dit eenvoudig gehou en getrou aan die materiaal gebly
• Eerlikheid van vorm en integriteit van versiering in hulle werk
• Weer begin om drukblokke en borduurwerk te doen
• Argitektuur moes rasioneel wees en materiale plaaslik verkry
• Plante, diere en voëls is veral in muurpapier en tekstiele as onderwerp gebruik
• Versiering is gebruik om die ontwerp te laat uitstaan, nie slegs vir versieringsonthalwe nie
• Heraldiese detail en Gotiese spitboë is ook ingesluit
• Gietyster, glas en staal is in hulle geboue gebruik
• Hulle het gehoop dat die gehalte van goedere, asook die werksomstandighede van mense sou verbeter
• Hulle het prober om opgeleide vakmanne en ambagsmanne te gebruik om werk van hoë gehalte vir die huis te produseer
• Handvervaardigde produkte soos juwele, meubels, metaalwerk, tekstielware en muurpapier is geproduseer
• Probeer om die skoonheid van Middeleeuse handwerk te laat herleef