#3 #Koste bereken?
Ons is besig om te kyk na die kardinale aspekte van wat nodig is om die Here te dien en te bly dien totdat Hy ons kom haal. Om die Here te dien kos ’n prys. Om kind van die Here te word, is gratis, maar dit is nie goedkoop nie. Dit is meer as ’n sondaarsgebed. Dit is meer as om my hande te klap of om hulle in die lug op te steek en met toe-oë sekere liedjies te sing. Ek moet sekere goed aflê en ander goed opneem/aanleer. Ek lyk en dink anders. So nadat ek die koste bereken het en besluit het om vir Hom “ja” te sê, wat nou? Nou gaan ek .....
#Onvoorwaardelike oorgawe
Ek gee myself nou onvoorwaardelik aan Hom oor. Ek gee oor in
#Keuse
Ek verloen myself
#Oorgawe
Ek neem my kruis op
#Dade
Volg hom. Moontlik het die dissipels meer bemoedigende woorde van Jesus verwag toe hulle aandui dat hulle Hom wou dien. Miskien woorde soos; nou gaan dit net goed met julle gaan, julle gaan baie ryk word en alles gaan sommer uit die lug in julle skote val. Hy doen dit nie . Hy gee hulle 3 baie duidelike instruksies.
#4 #1. Sê “NEE”
#Verloën = aparneomai = “to deny utterly, that is, disown, abstain
Wanneer ek die keuse doen om Jesus te dien, kies ek om nee te sê vir myself. Binne die metafoor van kruisdra wat Jeus hier gebruik beteken dit om jou self te disassosieer/los te maak van jou eie belange en die belange van Jesus te begin dien. Ek dien nou ’n hoër doel as my eie selfsugtige doelwitte. Selfverloening is nie om die persoonlikheid wat God jou gegee het te verloor nie, ja ek werk aan die swakpunte van die persoonlikheid. Dit beteken ook nie ek onttrek van die wereld nie. Dit is wel ’n wegdraai van ons self gesentreerde lewe na ’n lewe wat Christus gesentreerd is.
#Cat & Dog Theology
In Bob en Debby se boek getiteld “Cat and dog Theology” praat hulle van hoe katte en honde se interaksie met hulle eienaars verskil. Katte gebruik hulle eienaars om te kry wat hulle wil hê terwyl honde daar is om hulle eienaars te dien. Hoewel baie christene sê dat hulle die Here dien, is hulle bloot besig om God te probeer misbruik om die sagste, veiligste, gemaklikste manier te kry vir hulle lewensreis. God is net daar om te seën en die gevare en moeilikhede weg te hou. Hoewel ons dus sê dat ons vir die Here leef, leef ons eintlik net vir onsself. Ons dink, praat en leef asof die hele lewe net om ons draai, terwyl ons hele lewe veronderstel is om om Hom te draai. In die boek sê hulle dat honde het meesters terwyl katte personeel het. In reaksie op hulle eienaar se liefde en versorging dink die hond, joh, hierdie persoon moet ’n god wees. Dit terwyl die kat se reaksie is, joh, ek moet ’n god wees.
Baie christene sê Hy is hulle Meester terwyl hulle Hom soos personeel hanteer. Alles wat hulle dink doen en sê gaan net oor hulle. Hulle gebede is dikwels niks anders as ’n lys van instruksies aan God nie. Ek sal nooit die vreugde van kind van God kan ervaar terwyl my Godsdiens letterlik gaan oor God wat my moet dien nie. Ek gaan die vreugde van kind van God ontmoet sodra ek verstaan dit gaan oor ek wat myself gaan moet verloën. My lewe kry ’n heel nuwe betekenis en vervulling wanneer ek verstaan dat dit oor Hom gaan en nie oor my nie. Ek gaan van die troon van my lewe moet afklim en Hom daar plaas. Dit is baie goed dat ons as kinders van God ons posisie in Hom sal verstaan. Dit is net so NB dat ons sal verstaan dat ek nie hierdie posisie kan beklee sonder selfverloëning nie.
#5 #Worship does not define you as a disciple of Christ – self denial does (Mike Burnard)
#6 #Sê “Ja,”
Jesus gebruik die kruis 5 X-as beeld van ’n ware dissipel. Ek gaan net een lees
#Makr 8:34 ....
In die Roomse kultuur, waaronder die Jode gedien het terwyl Jesus op aarde was, was die dra van ’n kruis ’n woordelose erkenning dat die een wat die kruis dra skuldig is en dat die doodsvonnis billik was vir die oortreding. Kruisdood was een van die wreedste manier om te sterf. Wanneer Jesus praat van kruisdra spel dit duidelik dat ons alles aflê en sterf vir Hom.
#7 #Wanneer ek “Ja,” sê om my kruis op te neem sê ek :
#JA vir n onselfsugtige lewe
#JA vir n Christus gesentreerde lewe
#JA vir n nuwe waardesisteem
#JA vir die uitbreiding van Sy koninkryk ongeag die koste
#JA vir die najaag van Sy doel vir my lewe
#JA vir Sy heerlikheid
#8 #Sê “NOGTANS”
Toe Jesus se bediening bykans by sy hoogtepunt was, vind ons Hom in die tuin van Getsemane besig om te bid. ’n Gebed so intens dat Sy sweetdruppels met bloeddruppels vermeng was. Deel van Sy gebed is dan die volgende .....
#Mark 14:36 .....
Hierdie is die woorde van die Seun van God. Hy het die wil en heerlikheid van God bo die pyn wat op Hom gewag het gestel. Met hierdie voorbeeld van ons rolmodel Jesus, hoe kan ons Hom dan anders dien? Ons behoort dieselfde soort van onderdanigheid en toewyding te openbaar. Ons kan nie Christus volg sonder ’n kruis nie.
#9 #Om die Here te dien verg:
# -“Nogtans Here” wanneer ons gespot en vervolg word
# -“Nogtans Here” wanneer dit voel ek kan nie meer nie
# -“Nogtans Here” al voel dit asof niks in ons lewens sinmaak nie
# -“Nogtans Here” wanneer die kruis ondraagbaar lyk
As hierdie dalk vanoggend vir jou so bietjie oorweldigend klink, wil ek jou kom bemoedig: “Jesus sal nie iets onmoontlik van ons verwag nie”. Hy ken ons, Hy het immers elkeen van ons kunstig aanmekaar geweef in die moederskoot. Hy weet wat ons kan dra en wat nie. Ons onderskat onsself, Hy doen nie. Hy weet presies waartoe ons, deur Hom, instaat is. Ook hierdie opdrag “Neem jou kruis op” is nie te groot nie. Hierdie opdrag is wel sentraal tot die lewe van n kind van God. Gee op jou drome, ideale, smaak, voorkeure en planne. Sterf af selfambisie af, beweeg uit ju gemaksone en dien Hom.
Getuienis van Filemon is Bhutan:
Hy het onder die christene gewerk. Op n dag was hy gevange geneem vanwee die feit dat Hy die Here gedien het. Hulle het hom in die openbaar geslaan totdat hy sy bewussynn verloor het. Hy is dan weg geneem. Die volgende dag is hy weer in die openbaar gebring en dieselfde gebeure het hulle afgespeel. Elke keer wat hulle hom uitgebring en begin slaan het was daar egter n glimlag op sy gesig. Hierdie roetine het homself vir etlike dae na mekaar afgespeel. Uiteindelik het hulle hom vrygelaat. Toe hulle hom uitvra oor sy onverwagse optrede was sy antwoord as volg: “Terwyl hulle my geslaan het was ek oor een ding bekommerd. Ek het geweet dat ander christene my dophou en ek wou nie he dat hulle bang of ontmoedig moes raak terwyl hulle my dophou nie. Vir hierdie rede het ek geglimlag terwyl hulle my geslaan het. Wat n ongelooflike voorbeeld van iemand wat Jesus en Sy koninkryk se belange voor sy eie gestel het. Is dit nie n wonderlike gesindheid wat hierdie man ge-openbaar het nie?
#10 #The greatness of a man’s power is the measure of his surrender to God
(Mike Burnard)