SlideShare a Scribd company logo
WAAR IS JOU OË?
Hebreërs 12:1-4
Fokus is nie wat ons fisies na kyk nie
Dit waarop jy fokus bepaal dit wat jy dink.
Heb 12:2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en
Voleinder van die geloof .......
Fokus diewe
Jy moet kyk waar jy ry, ........
Heb 12:2 die oog gevestig op Jesus, ... , wat vir die
vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die
skande verag het en aan die regterkant van die troon van
God gaan sit het.
Algemene vooruitsigte vir 2016
Moenie fokus verloor nie
Hou jou oog gevestig op Jesus
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë
24 jan 2016 waar is jou oë

More Related Content

Viewers also liked

Craft seductive content for real Brand Value
Craft seductive content for real Brand ValueCraft seductive content for real Brand Value
Craft seductive content for real Brand Value
Periklis Vanikiotis
 
Sin Magazine Creative Brief
Sin Magazine Creative BriefSin Magazine Creative Brief
Sin Magazine Creative Brief
Minneapolis College of Art and Design
 
Seducción, elegancia....2009
Seducción, elegancia....2009Seducción, elegancia....2009
Seducción, elegancia....2009
Chechu
 
Malllas Andressa Parte I
Malllas Andressa Parte IMalllas Andressa Parte I
Malllas Andressa Parte I
euge1987
 
Andressa Navidad
Andressa NavidadAndressa Navidad
Andressa Navidadeuge1987
 
LA CHICA DE LA PLAYA
LA CHICA DE LA PLAYALA CHICA DE LA PLAYA
LA CHICA DE LA PLAYA
leetamargo
 
Corseteria verano-2014
Corseteria verano-2014Corseteria verano-2014
Corseteria verano-2014
jimeydie
 
Dexterous writing tips for erotica
Dexterous writing tips for eroticaDexterous writing tips for erotica
Dexterous writing tips for erotica
Online Gatha
 
Ninia girl
Ninia girlNinia girl
Ninia girl
nenejud000
 
Judy And Larry In The Caribbean
Judy And Larry In The CaribbeanJudy And Larry In The Caribbean
Judy And Larry In The Caribbean
Larryoke
 
Origen de la Ilustración Digital de Moda
Origen de la Ilustración Digital de ModaOrigen de la Ilustración Digital de Moda
Origen de la Ilustración Digital de Moda
Laura Jiménez Quintero
 

Viewers also liked (11)

Craft seductive content for real Brand Value
Craft seductive content for real Brand ValueCraft seductive content for real Brand Value
Craft seductive content for real Brand Value
 
Sin Magazine Creative Brief
Sin Magazine Creative BriefSin Magazine Creative Brief
Sin Magazine Creative Brief
 
Seducción, elegancia....2009
Seducción, elegancia....2009Seducción, elegancia....2009
Seducción, elegancia....2009
 
Malllas Andressa Parte I
Malllas Andressa Parte IMalllas Andressa Parte I
Malllas Andressa Parte I
 
Andressa Navidad
Andressa NavidadAndressa Navidad
Andressa Navidad
 
LA CHICA DE LA PLAYA
LA CHICA DE LA PLAYALA CHICA DE LA PLAYA
LA CHICA DE LA PLAYA
 
Corseteria verano-2014
Corseteria verano-2014Corseteria verano-2014
Corseteria verano-2014
 
Dexterous writing tips for erotica
Dexterous writing tips for eroticaDexterous writing tips for erotica
Dexterous writing tips for erotica
 
Ninia girl
Ninia girlNinia girl
Ninia girl
 
Judy And Larry In The Caribbean
Judy And Larry In The CaribbeanJudy And Larry In The Caribbean
Judy And Larry In The Caribbean
 
Origen de la Ilustración Digital de Moda
Origen de la Ilustración Digital de ModaOrigen de la Ilustración Digital de Moda
Origen de la Ilustración Digital de Moda
 

More from Susanna De Waal

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf
Susanna De Waal
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
Susanna De Waal
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!
Susanna De Waal
 
10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte
Susanna De Waal
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom
Susanna De Waal
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!
Susanna De Waal
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
Susanna De Waal
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself
Susanna De Waal
 
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
Susanna De Waal
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
Susanna De Waal
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
Susanna De Waal
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
Susanna De Waal
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie
Susanna De Waal
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as
Susanna De Waal
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
Susanna De Waal
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
Susanna De Waal
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
Susanna De Waal
 
31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)
Susanna De Waal
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding
Susanna De Waal
 

More from Susanna De Waal (20)

8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf8 mei 2016 die doop en die leë graf
8 mei 2016 die doop en die leë graf
 
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
24 apr 2016 Probeer bietjie harder!
 
3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!3 april 2016 Berei jou hart voor!
3 april 2016 Berei jou hart voor!
 
10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte10 april 2016 Droogte
10 april 2016 Droogte
 
17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom17 april 2016 Meer as ’n droom
17 april 2016 Meer as ’n droom
 
27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!27 maart 2016 wat ’n môre!!
27 maart 2016 wat ’n môre!!
 
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin! 25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
25 maart 2016 jesus, die einde en die begin!
 
20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself20 mrt 2016 Verloën jouself
20 mrt 2016 Verloën jouself
 
20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe20 maart 2016 Jou lewe
20 maart 2016 Jou lewe
 
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
13 maart 2016 het jy al die koste bereken.
 
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
28 Febr 2016 Nie ’n pad vir lafaards nie! .
 
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
28 Febr 2016 n land aan die Lrand, met gebreekte
 
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
21 februarie 2016 onsekerheid mag nie dikteer nie
 
21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie21 febr 2016 nog nie klaar nie
21 febr 2016 nog nie klaar nie
 
14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as14 febr 2016 Hy is groter as
14 febr 2016 Hy is groter as
 
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
7 februarie 2016 Kanaal Skoonmaak
 
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet 7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
7 febr 2016 Christus - die einde van die wet
 
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
31 jan 2016 en daar het ’n tyd aangebreek
 
31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)31 jan 2016 genade (2)
31 jan 2016 genade (2)
 
24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding 24 jan 16 die geur van aanbidding
24 jan 16 die geur van aanbidding
 

24 jan 2016 waar is jou oë

  • 1. WAAR IS JOU OË? Hebreërs 12:1-4
  • 2. Fokus is nie wat ons fisies na kyk nie Dit waarop jy fokus bepaal dit wat jy dink. Heb 12:2 die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof ....... Fokus diewe Jy moet kyk waar jy ry, ........
  • 3. Heb 12:2 die oog gevestig op Jesus, ... , wat vir die vreugde wat Hom voorgehou is, die kruis verdra het, die skande verag het en aan die regterkant van die troon van God gaan sit het. Algemene vooruitsigte vir 2016 Moenie fokus verloor nie Hou jou oog gevestig op Jesus

Editor's Notes

  1. Ek het in die week met die gemeente se leierskap gedeel dat as ek na 2016 kyk, dan lyk dit vir my na ’n jaar van uitdagings. Die uitdagings wat ek reeds van bewus is talryk en dan is daar moontlik nog ’n klomp waarvan ek nie eers bewus is nie. Hierdie gedagtes het so half en half die opgewondenheid wat ek as reël met die aanbreek van ’n nuwe jaar beleef, kom demp of selfs gesteel het. So hierdie tekort aan opgewondenheid oor die nuwe jaar het my gepla. Dank die Here vir Sy Woord. Dank Hom vir mense wat gehoorsaam is aan Sy stem. Vroeg die week stuur ’n vriend vir my Jes. 43:1-4 in die message vertaling. Ek wil jou aanmoedig daarop te gaan lees. Toe ek Vrydag afsonder vir vanaand se woord is dit wat my gees gehoor het ..... #WAAR IS JOU OË? #ROM 12:1-4
  2. #Fokus is nie wat ons fisies na kyk nie As ons na die tema kyk is dit NB dat u sal verstaan vanuit watter perspektief ek met u wil gesels. Dit gaan nie oor die invloed wat my oë en dus wat ek fisies sien, op my lewe het nie, want ons weet dat wat ons sien ons lewens geweldig beinvloed. Toe die HG my die tema gegee het, was dit vir my duidelik dat dit gaan oor op wat fokus ek. Waar is jou oë? #Dit waarop jy fokus bepaal dit wat jy dink. Dit wat jy dink bepaal jou optrede. My gesin sal vir u sê dat Sondag oggende is ek in ’n sekere sin afwesig in die huis. Ek is fisies daar. Doen goed voor kerk, kyk na ’n klomp verskillende goed. Die invloed van hierdie goed is egter beperk. Hoekom? Want my fokus is op ’n ander plek. My fokus is die diens wat vanoggend moet plaasvind. Kan ek sê: ‘my oë is op die diens”. So ek sien ’n klomp goed, maar ek sien dit ook nie. Hebr. 12 begin deur voor ons uit te wys wat ons fokus behoort te wees. #Heb 12:2 ... Die Hebreer skrywer kom sê vir ons waar ons oë veronderstel is om te wees. Ons oë moet wees op Jesus. En onmiddelik mag u dink: “dit is niks nuuts nie, ek het hierdie vers al baie gelees”. Wonderlik, maar is dit wat ons kies om elke oomblik van die dag te doen? As ek nie myself die hele tyd forseer om dit te doen nie gaan my oë dwaal en ek gaan fokus verloor #Fokus diewe Dit is altyd interessant om te sien hoe die vyand jou fokus wil kom steel. Hy sal alles in sy vermoë doen om ons fokus weg te draai van Jesus af. Daarom moet ons maatstawwe in plek sit om te verhoed dat ek Jesus, as fokus, verloor. Op Sondag oggende weet my gesin ek wil nie dan hoor van nitty gritty goedjies nie. Die koster weet ook ek wil nie voor diens weet van stukkende pype of ander probleme nie, tensy hulle siels- of lewensbelangrik is nie. Hierdie goed is potensieele fokus diewe. So weet ek jy sal hulle in jou lewe ook kan uitlig. Verkeerde gesprekke kan fokus diewe wees. So ek Let op met wie ek praat en wat ek praat. Na diens sal ek luister en aandag gee aan die ander goed. Het u al die uitdrukking gehoor ... #Jy moet kyk waar jy ry, ........ Nie ry waar jy kyk nie. Het u al opgelet wat kan gebeur as jy in die straat af ry en daar was ’n ongeluk? Nou ry jy verby maar probeer kyk wat aangaan. Wat gebeur? As jy weer kyk is jy in die verkeerde baan of dalk oor die sypaadjie. (ry in die veld en kyk na diere, vb. van Shannon wat in ander persoon vasgery het). Hierdie selfde verskynsel vind ons gereeld in ons alledaagse lewe. Ons is kinders van die Here, het Hom lief, wil Hon behaag. Ek glo Hy het my sonde vergewe en sal vir my sorg. Nou gaan ons nie toe-oë deur die lewe nie. Ons sien en hoor wat om ons aangaan. Wat nou gebeur my oë hak vas by iets anders as die Here. Ek verloor fokus, met die gevolg dat ek ry waar ek kyk i.p.v. Kyk waar ek ry. My eindbestemming is nie die maandeinde, die jaarverlsag, die eksamen of die huidige seisoen of oes nie. Die ewige lewe is ons eindbestemming. Sommer in die 1ste 2 sinne van hierdie vers sê hy vir ons waar ons moet kyk, ons fokus moet wees en hy gee ook vir ons iemand wat dit reeds reggekry het en ons as voorbeeld kan gebruik
  3. #Heb 12:2 ..... Jesus se fokus was nooit die kruis en die gebeure wat dit vooraf sou gaan nie. Nie eers as kind was sy fokus dit wat ander kinders se fokus was nie. Toe sy ouers Hom by geleentheid gesoek het kry hulle Hom tussen die Skrifgeleerdes en Fariseers. Sy oë was op ’n ander plek. Hy het verby al die fokus diewe bly kyk en bly fokus op Sy eindbestemming. Hy het verby die kruis en alles wat daarmee saamgaan gekyk, Sy oë was op die feit dat die einde daarvan alles moet wees dat Hy so sal lewe dat Hy sal eindig op die troon aan die regterkant van Sy Vader. Dit wat om Hom gebeur het, het nie Sy lewe bepaal nie. Dit waarheen Hy op pad was, het sy lewe bepaal. Sy oë was op dit wat regtig NB is, dit wat ewigheidswaarde het. Hy het gekyk waarheen Hy op pad is, nie waar Hy nou was nie. #Algemene vooruitsigte vir 2016 As jy jou kop en oë so bietjie gaan ronddraai, sal jy gou sien dat die algemene vooruitsigte vir 2016 nie so rooskleurig is nie. Nasionaal en internasionaal is die slim ouens aan die stoei om te kyk wat se planne hulle kan maak om dinge te verbeter. Ek weet nie hoe lyk jou persoonlike vooruitsigte vir 2016 nie? My versoek is egter, #Moenie fokus verloor nie Moenie dat jou oë vassteek daarby wat van verbygaande aard is nie. Vra dat Hy jou sal help en leer om, soos Hy, verder te kyk as môre, die week, die maand en die jaar. Gaan ons Hom nie daarvoor vertrou nie, gaan ons ry waar ons kyk. Ons gaan menslik reageer op die uitdagings van die dag terwyl ons daarop moet reageer vanuit ’n Goddelike ewigheidsperspektief. Hebr. stel dit so duidelik en leer ons so mooi #Hou jou oog gevestig op Jesus Moenie dink wat Hy moes deurmaak was maklik en klein nie. Dit was nie. Kom ons vergeet nie dat die joodse en Romeisne leiers en die kruis nie die grootste of die einde van Sy stryd was nie. In die hele proses was Hy vir ’n tyd deur God self verlaat. Hy het neer gedaal in die hel self en die sleutels van die dood en die doderyk van die vyand gaan af vat. U sien, ons oë is nie bloot net op ’n ewige eindbestemming nie, ons oë is op die persoon Jesus. Hy is verantwoordelik om jou en my deur 2016 te dra sodat ons ongeskonde by Hom sal uitkom. Hy is meer as in staat om dit te doen