SlideShare a Scribd company logo
1 of 4
Download to read offline
2 0 0 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9
{rr} l e e f s t y l
2 0 1
huis met ’n hartklop’n Neutrale kleurpalet, hope sagte en aardse teksture en ’n goeie skeut kreatiewe flair skep
karakter in ’n ekovriendelike, Kaapse gesinshuis. Deur Marian van Wyk. Foto’s Johan Wilke
Die leefvertrek en kombuis waar almal heerlik saamkuier, is die gesin se gunstelingplek. Hier is ’n mooi uitsig op die Bolandse berge, die
nabygeleë dam en hoë bome wat wemel van voëls. Rusbank en koffietafel op bestelling van Furno’s; rococo-strooikussings met blommo-
tief (R1 099 elk) Pezula Interiors. Die kombuistafel is van ’n ou houtdeur gemaak. Hanglampe van muurpapier, ontwerp deur titina interi-
ors en gemaak deur Decadence Boutique; soortgelyke staankandelare (R1 030) Imagenius.
2 0 2 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9
{rr} l e e f s t y l
N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 3
D
ie Mullers se Kaapse huis is ’n
vat-en-streel huis - die lae en
lae teksture, veral die herwinde
boustellasieplanke teen die
gangmuur by die groot houtvoordeur, val
jou dadelik op. Maar dan spoel die rustig-
heid en die dromerige atmosfeer oor jou.
Die vrou van die huis, Titina, is ’n binnever-
sierder wat glo elke huis het sy eie hartklop
en siel - die dekor gaan oor gevoel, nie net
oor hoe dit lyk nie. En of dit ’n kliënt se huis
of haar eie blyplek is, passie speel ’n groot
rol in haar werk. Iets ouds, iets moderns en
bykomstighede wat sorgsaam versamel is,
word intuïtief saam gebruik vir ’n stylvolle,
romantiese en individualistiese interieur.
Haar man, Naas, ’n bourekenaar, het op
sy beurt ’n oog gehou oor die projek- en
kostebestuur en die huis se eko-aspekte:
Hier is sonkrag, -geisers en -verhitting wat
in die winter die vloere en in die somer die
swembadwater verhit. Moderne skuifhor-
tjies hou die huis in die somermaande koel,
terwyl hoë vensters die lig laat instroom.
“Ek het presies geweet wat ek wil hê én
nie wil hê nie, en kon die eindproduk visuali-
seer nog voordat ons begin het. Ek was toe
al besig met die uitsoek van palette en tek-
sture,” vertel Titina . “Ons moes op ’n kol
net die streep trek met al die teksture en op
vyf besluit wat ons oral herhaal het.” Dié
aardse teksture – hout, bakstene, glas en
Bo Parmiggiana, gnocchi,
ravioli … die Mullers se
gunstelinggeregte, met
letterwerk deur Rich Art
Signs & Designs, op die
glasskuifdeur na die kom-
buis en leefvertrek.
Regs In die gang by
die voordeur skep her-
winde boustellasieplanke
warmte by die koel, wit
sementvloere. Die
swart-wit foto’s is van
Margaux en Simon.
Bo Feëliggies is oral in die huis op ’n romantie-
se, prettige manier gebruik. Toestelle soos die
ketel en broodrooster is slim agter ysglas ver-
steek. Middel “A meal without wine is like a day
without sunshine,” sê die woorde op die wynrak
wat deur Jamie Oliver se Londense restaurant
geïnspireer is. Letterwerk deur Rich Art Signs
& Designs. Onder Die kombuisrakke is vol
mooi goed wat Titina oor die jare en met
gesinsvakansies bymekaargemaak het. Die
stoof is van Eurogas.
staal – word afgewissel met sagter, roman-
tieser teksture soos fluweel, linne en kant.
“Ek het ’n natuurlike, neutrale palet
gekies. Dit skep ’n harmonieuse, rustige
atmosfeer en laat jou geanker voel,” sê sy en
wys na die muurpapier, die boustellasie-
planke en die ongepleisterde baksteenmure.
Die leefruimtes het ’n gemaklike oor-
gang na buite en die argitektuur komple-
menteer die huismense se leefstyl. Van die
teksture wat binne gebruik is, word buite
herhaal, soos hout en ongepleisterde bak-
stene. Die argitekspan, Jolanda Morkel en
Hermie Voulgarelis, albei dosente in die
argitektuurtegnologie aan die Kaapse
Universiteit van Tegnologie, laat al die stuk-
kies van dié tekstuurlegkaart in mekaar val.
“Ons het materiale met integriteit en na
hul aard gebruik; die hout en bakstene is nie
kunsmatig ‘mooigemaak’ nie,” sê Jolanda.
“Ontwerpbesluite hang af van die gewenste
leefervaring. Argitektuur gaan oor mense en
hul leefstyl, nie net oor geboue nie.”
Die gesinslewe speel ’n groot rol in die
Mullers se leefstyl. Hul dogter, Margaux, ’n
leerlingaankoper by ’n groot klerewinkel-
groep, woon nog by die huis. Haar ouer
broer, Simon, is ’n projek-en-ontwikkelings-
konsultant met sy eie blyplek, maar Titina
se lekker kos lok hom gereeld huis toe.
Hoewel Titina sonder ’n sweempie van
’n aksent Afrikaans praat, bruis die
Die span Argitekte Jolanda Morkel en Hermie
Voulgarelis Binnenshuise versiering titina interiors
Projekbestuur Muller Du Plessis Bourekenaars
Bouwerk Anton Bartel, Pulse Construction
Strukturele ingenieur Andre Ekermans, Ekcon
Hoewel die erf ’n steil helling het, wou Titina en
Naas op al die vlakke kontak hê met die grond. ’n
Konvensionele dubbelverdieping-ontwerp was dus
uit. Die argitekspan se oplossing was om die huis
op drie vlakke te ontwerp, sodat die erf ten volle
benut word. Van dieselfde teksture is binne en
buite gebruik om ’n samehorige gevoel te verkry
tussen die vertrekke binne en die buitewêreld.
Italiaanse bloed sterk deur haar are. Sy was
drie jaar oud toe haar ouers na Suid-Afrika
geïmmigreer het. Tipies van die Italianers se
warm geselligheid, wentel alles om die leef-
vertrek en kombuis wat met ’n groot, raam-
lose glasvoudeur op die kuierstoep uitloop.
“Hierdie hele ruimte is vir my absoluut
wónderlik,” sê Titina en gooi haar arms wyd
oop na die kombuis se kant toe. “Ek is mal
daaroor om ’n groot ete vir die hele familie te
kook. Die kombuis se eiland-eenheid het ’n
spesiale oorhangplek vir my pastamasjien.
“My ma is al tagtig, maar sy dra steeds
sulke yslike bakke lasagne aan. Sy bly ’n
absolute inspirasie vir ons almal en Margaux
en Simon geniet dit nog om by Nonna te
gaan kuier … en weg te lê aan haar heerlike,
Italiaanse kos. Hulle sê altyd my pasta
smaak nie heeltemal soos hul nonna s’n nie
… ” vertel sy laggend.
En dan op ’n ernstiger noot: “As ek na
my ma kyk, besef ek jy is ryk wanneer jou
kleinkinders jou bel en vra of hulle vir aan-
dete kan oorkom, soos Margaux en Simon
gereeld met haar doen. Dít is wat belangrik
is in die lewe. Ja, ek hou van mooi goed en
mooi dekor, maar dit moet daar wees om
geniet te word - en om die huis se hart te
laat aanhou klop.”
Dié stelling is die laaste stukkie van die
legkaart: Die hart van die huis is op die ou
end sy mense en hul stories.
FotoWernerBoshoff
N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 5
{rr} l e e f s t y l
2 0 4 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9
Bo Die muur wat die bed in die
hoofslaapkamer van die stort skei,
is met Earthcote se Wallpaper-
produk afgewerk. Skuifhortjies
hou die hoofslaapkamer koel in
die warm somermaande.
Traliewerk (sowat R1 500 per vk.
m.) Mila Company, lampskerm
van herwinde melkbottels
(R1 425) Heath Nash. Regs
’n Skuifdeur skei die hoofslaap-
kamer van die badkamer.
Traliewerk voor venster (sowat
R1 500 per vk. m.) Mila Company;
spieël (R1 669) Loads of Living;
Paradyne Colombe Stone-bad
(R9 164), boogvormige waterspuit
(R2 820) en Elisse Slimline-was-
bak (R935) alles Flush Bathroom
Interiors; olyfolieseep met roos-
knoppies (R45) in keramiekbakkie
(R49) Rain; soortgelyke lang, wit
kershouers is by Loads of Living te
kry; wit, blomvormige teekersie-
houers (R60 elk) Woolworths.
FotografieseassistentSergioKirkwood
Links en regs bo Verskillende
muurteksture is oral in die huis
gebruik. Aan die bopunt van die
trap skep herwinde hout ’n mooi
fokusmuur. Silwer Tord Boontje-
versiering (R1 500) op gloeilamp
Imagenius.Titina het die ruimte op
die trap se oorgang as ’n biblioteek
ingerig. Hanglamp met kant en
kristal ontwerp deur titina interiors
en gemaak deur Decadence
Boutique, Joy-woord (R120) Garden
Bleu, foto-afdruk deur Smart Art,
stoel (vanaf R670) Chair Crazy
(ook te kry by Boardmans), letter-
werk op muur DewaalArt. Links “In
my slaapkamer is ek omring deur
alles waarvoor ek lief is,” sê
Margaux oor haar gunstelingver-
trek. Die woorde op die muur ver-
klap iets van haar positiewe
lewensuitkyk. Strooikussings (vanaf
R198) Tutta Bella. Die baksteen-
muur is met die saksmeertegniek
afgewerk en die letterwerk is deur
DewaalArt.
2 0 6 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9
{rr} l e e f s t y l
inspirasie
Werk só met ’n neutrale palet
Titina glo die geheim van ’n neutrale palet
is om dit interessant te maak. l Dit is die
lae en lae tekstuur van ’n neutrale palet wat
jou aandag trek en warmte skep, ongeag
wat jou styl is. l Gebruik kontrasterende
teksture soos glas, herwinde hout, onge-
pleisterde mure. Herhaal dit buite as jy kan.
l Kombineer dié harde teksture met sagtes
soos linne, fluweel en kant - en herhaal dit
in die meeste vertrekke.
l Met soveel teksture het jy nie baie kleur
nodig nie; net ’n spatsel hier en daar.
Tiger Eye-goiingmat (R1 995) Weylandts.
Rottangstoel (R1 995) Weylandts.
Clarissa-kandelaar (R8 595)
Weylandts. Links: Stoel (vanaf R670)
Chair Crazy (ook by Boardmans),
letterwerk op muur DewaalArt.
Traliewerk van Supa-
wood met CNC-snywerk
(sowat R1 500 per vk.m.)
Mila Company.
Silwer versiering
om gloeilamp (R1 500)
Tord Boontje
by Imagenius.
Paradyne Colombe Stone-bad (R9 164), water-
spuit (R2 820) Flush Bathroom Interiors; olyf-
olieseep (R45) in keramiekbakkie (R49) Rain;
wit teekersiehouers (R60 elk) Woolworths.
Kanttafel
(R2 990) JVB
Furniture
Collection.
Lampskerm
met kantdetail
(R1 500) @home.
Slaaibak (R99)
@home.
Heel links: Lamp-
skerm van her-
winde melkbottels
(R1 425) Heath
Nash.
N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 7

More Related Content

More from STADIO Higher Education

much more than a mooc: celebrating a breakthrough in architecture education
much more than a mooc: celebrating a breakthrough in architecture educationmuch more than a mooc: celebrating a breakthrough in architecture education
much more than a mooc: celebrating a breakthrough in architecture education STADIO Higher Education
 
Learning design Workshop at #elearnigupdate 2015
Learning design Workshop at #elearnigupdate 2015Learning design Workshop at #elearnigupdate 2015
Learning design Workshop at #elearnigupdate 2015STADIO Higher Education
 
Using Diagramming for Ideation in Architecture
Using Diagramming for Ideation in ArchitectureUsing Diagramming for Ideation in Architecture
Using Diagramming for Ideation in ArchitectureSTADIO Higher Education
 
Integrating Social Media in your classrooms_Unisa, 4 July 2015
Integrating Social Media in your classrooms_Unisa, 4 July 2015Integrating Social Media in your classrooms_Unisa, 4 July 2015
Integrating Social Media in your classrooms_Unisa, 4 July 2015STADIO Higher Education
 
The use of ICTs to facilitate work integrated learning in engineering educati...
The use of ICTs to facilitate work integrated learning in engineering educati...The use of ICTs to facilitate work integrated learning in engineering educati...
The use of ICTs to facilitate work integrated learning in engineering educati...STADIO Higher Education
 
Storytime: using digital stories for learning
Storytime: using digital stories for learningStorytime: using digital stories for learning
Storytime: using digital stories for learningSTADIO Higher Education
 
SASEE ICT Workshop Port Elizabeth, South Africa, 11 November 2014
SASEE ICT Workshop Port Elizabeth, South Africa, 11 November 2014 SASEE ICT Workshop Port Elizabeth, South Africa, 11 November 2014
SASEE ICT Workshop Port Elizabeth, South Africa, 11 November 2014 STADIO Higher Education
 
Jolanda Morkel's SLAM a the 2014 CPUT Teaching and Technology Day
Jolanda Morkel's SLAM a the 2014 CPUT Teaching and Technology DayJolanda Morkel's SLAM a the 2014 CPUT Teaching and Technology Day
Jolanda Morkel's SLAM a the 2014 CPUT Teaching and Technology DaySTADIO Higher Education
 
Modern Interpretation of the Cape Vernacular: Oude Libertas, Stellenbosch, So...
Modern Interpretation of the Cape Vernacular: Oude Libertas, Stellenbosch, So...Modern Interpretation of the Cape Vernacular: Oude Libertas, Stellenbosch, So...
Modern Interpretation of the Cape Vernacular: Oude Libertas, Stellenbosch, So...STADIO Higher Education
 
A part-time blended architectural programme: OpenArchitecture as case study
A part-time blended architectural programme: OpenArchitecture as case studyA part-time blended architectural programme: OpenArchitecture as case study
A part-time blended architectural programme: OpenArchitecture as case studySTADIO Higher Education
 
Scanning, Tagging, Telling and Prompting: Using technology to mediate enquiry...
Scanning, Tagging, Telling and Prompting: Using technology to mediate enquiry...Scanning, Tagging, Telling and Prompting: Using technology to mediate enquiry...
Scanning, Tagging, Telling and Prompting: Using technology to mediate enquiry...STADIO Higher Education
 
Using facebook to support informal and social enquiry-based learning
Using facebook to support informal and social enquiry-based learningUsing facebook to support informal and social enquiry-based learning
Using facebook to support informal and social enquiry-based learningSTADIO Higher Education
 
Using QR codes to guide learning through discovery
Using QR codes to guide learning through discoveryUsing QR codes to guide learning through discovery
Using QR codes to guide learning through discoverySTADIO Higher Education
 

More from STADIO Higher Education (16)

much more than a mooc: celebrating a breakthrough in architecture education
much more than a mooc: celebrating a breakthrough in architecture educationmuch more than a mooc: celebrating a breakthrough in architecture education
much more than a mooc: celebrating a breakthrough in architecture education
 
Learning design Workshop at #elearnigupdate 2015
Learning design Workshop at #elearnigupdate 2015Learning design Workshop at #elearnigupdate 2015
Learning design Workshop at #elearnigupdate 2015
 
Using Diagramming for Ideation in Architecture
Using Diagramming for Ideation in ArchitectureUsing Diagramming for Ideation in Architecture
Using Diagramming for Ideation in Architecture
 
Integrating Social Media in your classrooms_Unisa, 4 July 2015
Integrating Social Media in your classrooms_Unisa, 4 July 2015Integrating Social Media in your classrooms_Unisa, 4 July 2015
Integrating Social Media in your classrooms_Unisa, 4 July 2015
 
The use of ICTs to facilitate work integrated learning in engineering educati...
The use of ICTs to facilitate work integrated learning in engineering educati...The use of ICTs to facilitate work integrated learning in engineering educati...
The use of ICTs to facilitate work integrated learning in engineering educati...
 
STAND 29 May_JMorkel
STAND 29 May_JMorkelSTAND 29 May_JMorkel
STAND 29 May_JMorkel
 
Storytime: using digital stories for learning
Storytime: using digital stories for learningStorytime: using digital stories for learning
Storytime: using digital stories for learning
 
SASEE ICT Workshop Port Elizabeth, South Africa, 11 November 2014
SASEE ICT Workshop Port Elizabeth, South Africa, 11 November 2014 SASEE ICT Workshop Port Elizabeth, South Africa, 11 November 2014
SASEE ICT Workshop Port Elizabeth, South Africa, 11 November 2014
 
Jolanda Morkel's SLAM a the 2014 CPUT Teaching and Technology Day
Jolanda Morkel's SLAM a the 2014 CPUT Teaching and Technology DayJolanda Morkel's SLAM a the 2014 CPUT Teaching and Technology Day
Jolanda Morkel's SLAM a the 2014 CPUT Teaching and Technology Day
 
Modern Interpretation of the Cape Vernacular: Oude Libertas, Stellenbosch, So...
Modern Interpretation of the Cape Vernacular: Oude Libertas, Stellenbosch, So...Modern Interpretation of the Cape Vernacular: Oude Libertas, Stellenbosch, So...
Modern Interpretation of the Cape Vernacular: Oude Libertas, Stellenbosch, So...
 
A part-time blended architectural programme: OpenArchitecture as case study
A part-time blended architectural programme: OpenArchitecture as case studyA part-time blended architectural programme: OpenArchitecture as case study
A part-time blended architectural programme: OpenArchitecture as case study
 
Scanning, Tagging, Telling and Prompting: Using technology to mediate enquiry...
Scanning, Tagging, Telling and Prompting: Using technology to mediate enquiry...Scanning, Tagging, Telling and Prompting: Using technology to mediate enquiry...
Scanning, Tagging, Telling and Prompting: Using technology to mediate enquiry...
 
Orientation programme: Walkabout photos
Orientation programme: Walkabout photosOrientation programme: Walkabout photos
Orientation programme: Walkabout photos
 
Using facebook to support informal and social enquiry-based learning
Using facebook to support informal and social enquiry-based learningUsing facebook to support informal and social enquiry-based learning
Using facebook to support informal and social enquiry-based learning
 
Using QR codes to guide learning through discovery
Using QR codes to guide learning through discoveryUsing QR codes to guide learning through discovery
Using QR codes to guide learning through discovery
 
Tdp
TdpTdp
Tdp
 

House Muller, Kanonberg, Western Cape, South Africa, architecture, design

  • 1. 2 0 0 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9 {rr} l e e f s t y l 2 0 1 huis met ’n hartklop’n Neutrale kleurpalet, hope sagte en aardse teksture en ’n goeie skeut kreatiewe flair skep karakter in ’n ekovriendelike, Kaapse gesinshuis. Deur Marian van Wyk. Foto’s Johan Wilke Die leefvertrek en kombuis waar almal heerlik saamkuier, is die gesin se gunstelingplek. Hier is ’n mooi uitsig op die Bolandse berge, die nabygeleë dam en hoë bome wat wemel van voëls. Rusbank en koffietafel op bestelling van Furno’s; rococo-strooikussings met blommo- tief (R1 099 elk) Pezula Interiors. Die kombuistafel is van ’n ou houtdeur gemaak. Hanglampe van muurpapier, ontwerp deur titina interi- ors en gemaak deur Decadence Boutique; soortgelyke staankandelare (R1 030) Imagenius.
  • 2. 2 0 2 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9 {rr} l e e f s t y l N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 3 D ie Mullers se Kaapse huis is ’n vat-en-streel huis - die lae en lae teksture, veral die herwinde boustellasieplanke teen die gangmuur by die groot houtvoordeur, val jou dadelik op. Maar dan spoel die rustig- heid en die dromerige atmosfeer oor jou. Die vrou van die huis, Titina, is ’n binnever- sierder wat glo elke huis het sy eie hartklop en siel - die dekor gaan oor gevoel, nie net oor hoe dit lyk nie. En of dit ’n kliënt se huis of haar eie blyplek is, passie speel ’n groot rol in haar werk. Iets ouds, iets moderns en bykomstighede wat sorgsaam versamel is, word intuïtief saam gebruik vir ’n stylvolle, romantiese en individualistiese interieur. Haar man, Naas, ’n bourekenaar, het op sy beurt ’n oog gehou oor die projek- en kostebestuur en die huis se eko-aspekte: Hier is sonkrag, -geisers en -verhitting wat in die winter die vloere en in die somer die swembadwater verhit. Moderne skuifhor- tjies hou die huis in die somermaande koel, terwyl hoë vensters die lig laat instroom. “Ek het presies geweet wat ek wil hê én nie wil hê nie, en kon die eindproduk visuali- seer nog voordat ons begin het. Ek was toe al besig met die uitsoek van palette en tek- sture,” vertel Titina . “Ons moes op ’n kol net die streep trek met al die teksture en op vyf besluit wat ons oral herhaal het.” Dié aardse teksture – hout, bakstene, glas en Bo Parmiggiana, gnocchi, ravioli … die Mullers se gunstelinggeregte, met letterwerk deur Rich Art Signs & Designs, op die glasskuifdeur na die kom- buis en leefvertrek. Regs In die gang by die voordeur skep her- winde boustellasieplanke warmte by die koel, wit sementvloere. Die swart-wit foto’s is van Margaux en Simon. Bo Feëliggies is oral in die huis op ’n romantie- se, prettige manier gebruik. Toestelle soos die ketel en broodrooster is slim agter ysglas ver- steek. Middel “A meal without wine is like a day without sunshine,” sê die woorde op die wynrak wat deur Jamie Oliver se Londense restaurant geïnspireer is. Letterwerk deur Rich Art Signs & Designs. Onder Die kombuisrakke is vol mooi goed wat Titina oor die jare en met gesinsvakansies bymekaargemaak het. Die stoof is van Eurogas. staal – word afgewissel met sagter, roman- tieser teksture soos fluweel, linne en kant. “Ek het ’n natuurlike, neutrale palet gekies. Dit skep ’n harmonieuse, rustige atmosfeer en laat jou geanker voel,” sê sy en wys na die muurpapier, die boustellasie- planke en die ongepleisterde baksteenmure. Die leefruimtes het ’n gemaklike oor- gang na buite en die argitektuur komple- menteer die huismense se leefstyl. Van die teksture wat binne gebruik is, word buite herhaal, soos hout en ongepleisterde bak- stene. Die argitekspan, Jolanda Morkel en Hermie Voulgarelis, albei dosente in die argitektuurtegnologie aan die Kaapse Universiteit van Tegnologie, laat al die stuk- kies van dié tekstuurlegkaart in mekaar val. “Ons het materiale met integriteit en na hul aard gebruik; die hout en bakstene is nie kunsmatig ‘mooigemaak’ nie,” sê Jolanda. “Ontwerpbesluite hang af van die gewenste leefervaring. Argitektuur gaan oor mense en hul leefstyl, nie net oor geboue nie.” Die gesinslewe speel ’n groot rol in die Mullers se leefstyl. Hul dogter, Margaux, ’n leerlingaankoper by ’n groot klerewinkel- groep, woon nog by die huis. Haar ouer broer, Simon, is ’n projek-en-ontwikkelings- konsultant met sy eie blyplek, maar Titina se lekker kos lok hom gereeld huis toe. Hoewel Titina sonder ’n sweempie van ’n aksent Afrikaans praat, bruis die Die span Argitekte Jolanda Morkel en Hermie Voulgarelis Binnenshuise versiering titina interiors Projekbestuur Muller Du Plessis Bourekenaars Bouwerk Anton Bartel, Pulse Construction Strukturele ingenieur Andre Ekermans, Ekcon Hoewel die erf ’n steil helling het, wou Titina en Naas op al die vlakke kontak hê met die grond. ’n Konvensionele dubbelverdieping-ontwerp was dus uit. Die argitekspan se oplossing was om die huis op drie vlakke te ontwerp, sodat die erf ten volle benut word. Van dieselfde teksture is binne en buite gebruik om ’n samehorige gevoel te verkry tussen die vertrekke binne en die buitewêreld. Italiaanse bloed sterk deur haar are. Sy was drie jaar oud toe haar ouers na Suid-Afrika geïmmigreer het. Tipies van die Italianers se warm geselligheid, wentel alles om die leef- vertrek en kombuis wat met ’n groot, raam- lose glasvoudeur op die kuierstoep uitloop. “Hierdie hele ruimte is vir my absoluut wónderlik,” sê Titina en gooi haar arms wyd oop na die kombuis se kant toe. “Ek is mal daaroor om ’n groot ete vir die hele familie te kook. Die kombuis se eiland-eenheid het ’n spesiale oorhangplek vir my pastamasjien. “My ma is al tagtig, maar sy dra steeds sulke yslike bakke lasagne aan. Sy bly ’n absolute inspirasie vir ons almal en Margaux en Simon geniet dit nog om by Nonna te gaan kuier … en weg te lê aan haar heerlike, Italiaanse kos. Hulle sê altyd my pasta smaak nie heeltemal soos hul nonna s’n nie … ” vertel sy laggend. En dan op ’n ernstiger noot: “As ek na my ma kyk, besef ek jy is ryk wanneer jou kleinkinders jou bel en vra of hulle vir aan- dete kan oorkom, soos Margaux en Simon gereeld met haar doen. Dít is wat belangrik is in die lewe. Ja, ek hou van mooi goed en mooi dekor, maar dit moet daar wees om geniet te word - en om die huis se hart te laat aanhou klop.” Dié stelling is die laaste stukkie van die legkaart: Die hart van die huis is op die ou end sy mense en hul stories. FotoWernerBoshoff
  • 3. N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 5 {rr} l e e f s t y l 2 0 4 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9 Bo Die muur wat die bed in die hoofslaapkamer van die stort skei, is met Earthcote se Wallpaper- produk afgewerk. Skuifhortjies hou die hoofslaapkamer koel in die warm somermaande. Traliewerk (sowat R1 500 per vk. m.) Mila Company, lampskerm van herwinde melkbottels (R1 425) Heath Nash. Regs ’n Skuifdeur skei die hoofslaap- kamer van die badkamer. Traliewerk voor venster (sowat R1 500 per vk. m.) Mila Company; spieël (R1 669) Loads of Living; Paradyne Colombe Stone-bad (R9 164), boogvormige waterspuit (R2 820) en Elisse Slimline-was- bak (R935) alles Flush Bathroom Interiors; olyfolieseep met roos- knoppies (R45) in keramiekbakkie (R49) Rain; soortgelyke lang, wit kershouers is by Loads of Living te kry; wit, blomvormige teekersie- houers (R60 elk) Woolworths. FotografieseassistentSergioKirkwood Links en regs bo Verskillende muurteksture is oral in die huis gebruik. Aan die bopunt van die trap skep herwinde hout ’n mooi fokusmuur. Silwer Tord Boontje- versiering (R1 500) op gloeilamp Imagenius.Titina het die ruimte op die trap se oorgang as ’n biblioteek ingerig. Hanglamp met kant en kristal ontwerp deur titina interiors en gemaak deur Decadence Boutique, Joy-woord (R120) Garden Bleu, foto-afdruk deur Smart Art, stoel (vanaf R670) Chair Crazy (ook te kry by Boardmans), letter- werk op muur DewaalArt. Links “In my slaapkamer is ek omring deur alles waarvoor ek lief is,” sê Margaux oor haar gunstelingver- trek. Die woorde op die muur ver- klap iets van haar positiewe lewensuitkyk. Strooikussings (vanaf R198) Tutta Bella. Die baksteen- muur is met die saksmeertegniek afgewerk en die letterwerk is deur DewaalArt.
  • 4. 2 0 6 r o o i r o s e N o v e m b e r 2 0 0 9 {rr} l e e f s t y l inspirasie Werk só met ’n neutrale palet Titina glo die geheim van ’n neutrale palet is om dit interessant te maak. l Dit is die lae en lae tekstuur van ’n neutrale palet wat jou aandag trek en warmte skep, ongeag wat jou styl is. l Gebruik kontrasterende teksture soos glas, herwinde hout, onge- pleisterde mure. Herhaal dit buite as jy kan. l Kombineer dié harde teksture met sagtes soos linne, fluweel en kant - en herhaal dit in die meeste vertrekke. l Met soveel teksture het jy nie baie kleur nodig nie; net ’n spatsel hier en daar. Tiger Eye-goiingmat (R1 995) Weylandts. Rottangstoel (R1 995) Weylandts. Clarissa-kandelaar (R8 595) Weylandts. Links: Stoel (vanaf R670) Chair Crazy (ook by Boardmans), letterwerk op muur DewaalArt. Traliewerk van Supa- wood met CNC-snywerk (sowat R1 500 per vk.m.) Mila Company. Silwer versiering om gloeilamp (R1 500) Tord Boontje by Imagenius. Paradyne Colombe Stone-bad (R9 164), water- spuit (R2 820) Flush Bathroom Interiors; olyf- olieseep (R45) in keramiekbakkie (R49) Rain; wit teekersiehouers (R60 elk) Woolworths. Kanttafel (R2 990) JVB Furniture Collection. Lampskerm met kantdetail (R1 500) @home. Slaaibak (R99) @home. Heel links: Lamp- skerm van her- winde melkbottels (R1 425) Heath Nash. N o v e m b e r 2 0 0 9 r o o i r o s e 2 0 7