SlideShare a Scribd company logo
1 of 12
Jesaja 43: 1- 21 (83 Vertaling)
1) Luister, so sê die Here
wat jou geskep het, Jakob,
wat jou gevorm het, Israel:
Moenie bang wees nie, Ek verlos jou,
Ek het jou op jou naam geroep,
jy is Myne.
2) As jy deur water moet gaan, is Ek by
jou,
deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel
nie;
as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou
nie skroei nie,
die vlamme sal jou nie brand nie,
3) want Ek is die Here jou God,
die Heilige van Israel, jou Redder.
Ek gee Egipte as losprys vir jou,
Kus en Seba in jou plek.
4) Omdat jy vir My kosbaar is,
omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet,
gee Ek mense in jou plek,
volke in ruil vir jou lewe.
5) Moenie bang wees nie,
Ek is by jou.
Ek bring jou kinders van die ooste af,
Ek maak hulle bymekaar van die weste
af,
6) Ek sê vir die noorde: Gee!
vir die suide: Moet hulle nie terughou
nie!
Bring my seuns van ver af,
my dogters van die uithoeke van die
aarde af,
7) elkeen wat na my Naam genoem
word,
elkeen wat Ek geskep het tot my eer,
wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak
het.
8) Laat my volk hierheen kom,
die volk wat blind is, al het hulle oë,
wat doof is, al het hulle ore.
9) Laat al die nasies bymekaarkom.
Al die volke moet teenwoordig wees.
Watter afgod kan hierdie dinge so
aankondig?
Wie kon vooraf sê wat gebeur het?
Laat hulle hulle getuies bring
dat dié hulle saak bewys,
en dié wat luister, kan sê: Dit is waar.
10) Israel, julle is my getuies, sê die
Here,
en ook my dienaar wat Ek uitverkies
het
sodat julle My kan ken en in My kan
glo
en kan besef dat Ek die Here is.
Voor My was daar geen god nie,
en na My sal daar ook nie een wees
nie,
11) Ek, Ek is die Here,
buiten My is daar geen redder nie.
12) Ék het die redding aangekondig,
Ék het gered en dit laat verkondig,
Ek, nie 'n ander god onder julle nie.
Julle is my getuies, sê die Here,
en Ek is God.
13) Ook hierná is Ek nog God.
Uit my mag kan niemand gered word
nie.
Wat Ek doen, kan niemand ongedaan
maak nie.
Kyk, Ek gaan iets nuuts doen
14) So sê die Here, julle Verlosser, die
Heilige van Israel:
Om julle ontwil stuur Ek iemand teen
Babel
en laat Ek al sy inwoners, die Galdeërs,
vlug
met dieselfde skepe waarop hulle
hulle vroeër beroem het.
15) Ek is die Here, julle heilige God,
die Skepper van Israel, julle Koning.
16) So sê die Here,
Hy wat 'n pad gemaak het deur die
see,
'n deurgang deur die magtige waters,
17) Hy wat strydwaens en perde laat
optrek het,
'n leër op volle sterkte na sy
ondergang toe.
Hulle kon nie weer opstaan nie,
dit was klaar met hulle,
hulle is soos 'n lamppit uitgedoof.
18) Maar moenie net aan die vroeëre
dinge dink
en by die verlede stilstaan nie.
19) Kyk, Ek gaan iets nuuts doen,
dit staan op die punt om te gebeur,
julle kan dit al sien kom;
Ek maak in die woestyn 'n pad,
Ek laat in die droë wêreld riviere
ontspring.
20) Die wilde diere sal My vereer,
die jakkalse en die volstruise,
omdat Ek water gee in die woestyn,
riviere in die droë wêreld
om my volk, my uitverkore volk, se
dors te les.
21) Dit is die volk wat Ek vir My geskep
het,
en wat my lof sal verkondig.
Tema - God sê

More Related Content

More from AGS Lofoord Upington

Tema: Daar is Hoop. God kan nie lieg nie.
Tema: Daar is Hoop. God kan nie lieg nie.Tema: Daar is Hoop. God kan nie lieg nie.
Tema: Daar is Hoop. God kan nie lieg nie.AGS Lofoord Upington
 
Tema: Soms is dit jou beste opsie...
Tema: Soms is dit jou beste opsie...Tema: Soms is dit jou beste opsie...
Tema: Soms is dit jou beste opsie...AGS Lofoord Upington
 
Tema: Ontdek Moses - jou lewensdoel
Tema: Ontdek Moses -  jou lewensdoelTema: Ontdek Moses -  jou lewensdoel
Tema: Ontdek Moses - jou lewensdoelAGS Lofoord Upington
 
Tema: Die geheim om gou ryk te word
Tema: Die geheim om gou ryk te wordTema: Die geheim om gou ryk te word
Tema: Die geheim om gou ryk te wordAGS Lofoord Upington
 
Tema: Die uitdaging om te rus in god se voorsiening.
Tema: Die uitdaging om te rus in god se voorsiening. Tema: Die uitdaging om te rus in god se voorsiening.
Tema: Die uitdaging om te rus in god se voorsiening. AGS Lofoord Upington
 
Tema: Die uitdaging om te wag op die here
Tema: Die uitdaging om te wag op die hereTema: Die uitdaging om te wag op die here
Tema: Die uitdaging om te wag op die hereAGS Lofoord Upington
 

More from AGS Lofoord Upington (20)

Tema: Daar is Hoop. God kan nie lieg nie.
Tema: Daar is Hoop. God kan nie lieg nie.Tema: Daar is Hoop. God kan nie lieg nie.
Tema: Daar is Hoop. God kan nie lieg nie.
 
Tema: Van vrees na vrede.
Tema: Van vrees na vrede.Tema: Van vrees na vrede.
Tema: Van vrees na vrede.
 
Tema: Bring die Hoop weer terug!
Tema: Bring die Hoop weer terug!Tema: Bring die Hoop weer terug!
Tema: Bring die Hoop weer terug!
 
Tema: Soms is dit jou beste opsie...
Tema: Soms is dit jou beste opsie...Tema: Soms is dit jou beste opsie...
Tema: Soms is dit jou beste opsie...
 
Tema: Ontdek Moses- nooit alleen
Tema: Ontdek Moses- nooit alleenTema: Ontdek Moses- nooit alleen
Tema: Ontdek Moses- nooit alleen
 
Tema: Ontdek Moses - jou lewensdoel
Tema: Ontdek Moses -  jou lewensdoelTema: Ontdek Moses -  jou lewensdoel
Tema: Ontdek Moses - jou lewensdoel
 
Tema: Die geheim om gou ryk te word
Tema: Die geheim om gou ryk te wordTema: Die geheim om gou ryk te word
Tema: Die geheim om gou ryk te word
 
Tema: Die HOE is ook belangrik
Tema: Die HOE is ook belangrikTema: Die HOE is ook belangrik
Tema: Die HOE is ook belangrik
 
Tema: Ek voel leeg, wat nou?
 Tema: Ek voel leeg, wat nou? Tema: Ek voel leeg, wat nou?
Tema: Ek voel leeg, wat nou?
 
Tema: Die uitdaging om te rus in god se voorsiening.
Tema: Die uitdaging om te rus in god se voorsiening. Tema: Die uitdaging om te rus in god se voorsiening.
Tema: Die uitdaging om te rus in god se voorsiening.
 
Tema: Die uitdaging om te wag op die here
Tema: Die uitdaging om te wag op die hereTema: Die uitdaging om te wag op die here
Tema: Die uitdaging om te wag op die here
 
Tema: Adam waar is jy?
Tema: Adam waar is jy?Tema: Adam waar is jy?
Tema: Adam waar is jy?
 
Tema: Pinkster Woensdag
Tema: Pinkster WoensdagTema: Pinkster Woensdag
Tema: Pinkster Woensdag
 
Tema: Pinkster Dinsdag
Tema: Pinkster DinsdagTema: Pinkster Dinsdag
Tema: Pinkster Dinsdag
 
Tema: Pinkster Maandag
Tema: Pinkster MaandagTema: Pinkster Maandag
Tema: Pinkster Maandag
 
Tema: Pinkster Sondagaand Vuur
Tema: Pinkster Sondagaand VuurTema: Pinkster Sondagaand Vuur
Tema: Pinkster Sondagaand Vuur
 
Tema: Pinkster Sondagoggend Vuur
Tema: Pinkster Sondagoggend VuurTema: Pinkster Sondagoggend Vuur
Tema: Pinkster Sondagoggend Vuur
 
Tema: God grou vir jou.
Tema: God grou vir jou.Tema: God grou vir jou.
Tema: God grou vir jou.
 
Tema: Step up - aanbidding
Tema: Step up - aanbiddingTema: Step up - aanbidding
Tema: Step up - aanbidding
 
Tema: Heilige ontevredenheid
Tema: Heilige ontevredenheidTema: Heilige ontevredenheid
Tema: Heilige ontevredenheid
 

Tema - God sê

  • 1.
  • 2. Jesaja 43: 1- 21 (83 Vertaling) 1) Luister, so sê die Here wat jou geskep het, Jakob, wat jou gevorm het, Israel: Moenie bang wees nie, Ek verlos jou, Ek het jou op jou naam geroep, jy is Myne. 2) As jy deur water moet gaan, is Ek by jou, deur riviere, hulle sal jou nie wegspoel nie;
  • 3. as jy deur vuur moet gaan, sal dit jou nie skroei nie, die vlamme sal jou nie brand nie, 3) want Ek is die Here jou God, die Heilige van Israel, jou Redder. Ek gee Egipte as losprys vir jou, Kus en Seba in jou plek. 4) Omdat jy vir My kosbaar is, omdat Ek jou hoog ag en jou liefhet, gee Ek mense in jou plek, volke in ruil vir jou lewe.
  • 4. 5) Moenie bang wees nie, Ek is by jou. Ek bring jou kinders van die ooste af, Ek maak hulle bymekaar van die weste af, 6) Ek sê vir die noorde: Gee! vir die suide: Moet hulle nie terughou nie! Bring my seuns van ver af, my dogters van die uithoeke van die aarde af,
  • 5. 7) elkeen wat na my Naam genoem word, elkeen wat Ek geskep het tot my eer, wat Ek gevorm het, wat Ek gemaak het. 8) Laat my volk hierheen kom, die volk wat blind is, al het hulle oë, wat doof is, al het hulle ore. 9) Laat al die nasies bymekaarkom. Al die volke moet teenwoordig wees.
  • 6. Watter afgod kan hierdie dinge so aankondig? Wie kon vooraf sê wat gebeur het? Laat hulle hulle getuies bring dat dié hulle saak bewys, en dié wat luister, kan sê: Dit is waar. 10) Israel, julle is my getuies, sê die Here, en ook my dienaar wat Ek uitverkies het sodat julle My kan ken en in My kan glo
  • 7. en kan besef dat Ek die Here is. Voor My was daar geen god nie, en na My sal daar ook nie een wees nie, 11) Ek, Ek is die Here, buiten My is daar geen redder nie. 12) Ék het die redding aangekondig, Ék het gered en dit laat verkondig, Ek, nie 'n ander god onder julle nie. Julle is my getuies, sê die Here, en Ek is God.
  • 8. 13) Ook hierná is Ek nog God. Uit my mag kan niemand gered word nie. Wat Ek doen, kan niemand ongedaan maak nie. Kyk, Ek gaan iets nuuts doen 14) So sê die Here, julle Verlosser, die Heilige van Israel: Om julle ontwil stuur Ek iemand teen Babel en laat Ek al sy inwoners, die Galdeërs, vlug
  • 9. met dieselfde skepe waarop hulle hulle vroeër beroem het. 15) Ek is die Here, julle heilige God, die Skepper van Israel, julle Koning. 16) So sê die Here, Hy wat 'n pad gemaak het deur die see, 'n deurgang deur die magtige waters, 17) Hy wat strydwaens en perde laat optrek het, 'n leër op volle sterkte na sy ondergang toe.
  • 10. Hulle kon nie weer opstaan nie, dit was klaar met hulle, hulle is soos 'n lamppit uitgedoof. 18) Maar moenie net aan die vroeëre dinge dink en by die verlede stilstaan nie. 19) Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, dit staan op die punt om te gebeur, julle kan dit al sien kom; Ek maak in die woestyn 'n pad,
  • 11. Ek laat in die droë wêreld riviere ontspring. 20) Die wilde diere sal My vereer, die jakkalse en die volstruise, omdat Ek water gee in die woestyn, riviere in die droë wêreld om my volk, my uitverkore volk, se dors te les. 21) Dit is die volk wat Ek vir My geskep het, en wat my lof sal verkondig.