4. 3
Inleiding
Afro-Asiaties, ook bekend as Afrasies, is ‘n taalfamilie wat hoofsaaklik in die Midde-
Ooste, Noord- en Wes-Afrika en die Horing van Afrika gepraat word. Met die
uitsondering van Semities wat ook in die Midde-Ooste en Malta gepraat word, is die vyf
ander takke tot Afrika beperk.
Afro-Asiatiese tale het meer as 500 miljoen sprekers, en bestaan uit die volgende takke:
Berber, Egipties, Kusities, Semities, Tsjadies en Omoties, laasgenoemde waaroor
onsekerheid bestaan of dit ‘n onafhanklike tak of lid van Kusities is.
Benewens die hedendaagse tale, is historiese tale soos Egipties, Akkadies, Bybelse
Hebreeus en Ou Aramaïes van groot belang vir die historiese linguïstiek.
Die Afro-Asiatiese Prototaal het waarskynlik in die Natufiese kultuur in die Levant
ontstaan. Skattings van die tydperk waarin die prototaal gepraat is, wissel van 8,000 vC
tot 16,000 vC.
Die vroegste rekord van ‘n Afro-Asiatiese taal is ‘n Egiptiese inskripsie uit die jaar 3,400
vC. Die oudste rekord van ‘n Semitiese taal is Akkadies wat uit sowat 2,500 vC dateer.
5. 4
Top Tien Afro-Asiatiese tale volgens aantal sprekers
Arabies (Semities), meer as 300 miljoen moedertaalsprekers van die dialektebondel wat strek van
Morokko tot Iraq, en van Malta tot by Tsjaad.
Hausa (Tsjadies), meer as 50 miljoen moedertaalsprekers in Wes-Afrika.
Oromo (Kusities) in Ethiopiё en Kenya gepraat deur 34 miljoen mense.
Amharies (Semities) met 25 miljoen moedertaalsprekers en miljoene tweedetaalsprekersin Ethiopiё.
Tigrinya (Semities) met sowat 10 miljoen sprekers in Ethiopiё en Eritrea.
Afar (Kusities) 7.5 miljoen mense in Ethiopiё, Eritrea en Djibouti.
Shilha (Berber), sowat sewe miljoen sprekers in Marokko.
Kabyle (Berber) 5.6 miljoen sprekers in Algeriё.
Hebreeus (Semities) Ses miljoen as moedertaal in Israel, altesaam sowat nege miljoen mense.
Sentraal-Atlas Tamazight (Berber) 4.6 miljoen sprekers in Marokko.
6. 5
Afro-Asiatiese Eienskappe
Die volgende eienskappe word wyd onder die Afro-Asiatiese tale aangetref:
Werkwoord begin die sin/klousule. (VSO).
Emfatiese konsonante maak ‘n derde stel sluitklanke uit, meestal ejektief of glottaal.
Stelsel van twee geslagte met /-t/ as vroulike merker.
Fusionele morfologie met veranderinge in stamvokale, sowel as in-, pre- en suffikse.
Drie basiese vokale i, u, a.
Gebrek aan konsonant /p/ in baie tale.
Bi- en tri-konsonantale stamme.
Basiese naamvalle, gewoonlik ‘n maksimum van drie.
Komplekse meervoudsvorme waaronder die “gebroke meervoud”.
Afleidingswerkwoorde word deur affikse gevorm ten einde intensiewe, kousatiewe, refleksiewe of
wederkerige eienskappe uit te druk.
Proto-Afro-Asiaties
Allan Bomhard se rekonstruksie van Proto-Afro-Asiaties bevat meer as 40 konsonante en vyf kort en
lang vokale, tewyl John Huehnergard se Proto-Semities 29 konsonante en drie kort en lang vokale het.
Dit is vermeld dat Proto-Afro-Asiaties ‘n nominatiewe naamval-uitgang gehad het, sodat die onderwerp
as nominatief gemerk is terwyl die voorwerp ongemerk was. Die sintaks sou dan ‘n streng VSO-
woordorde gevolg het. Boriese stamme word sterk in PAA verteenwoordig, terwyl die taal se
lidmaatskap van Nostraties nie in twyfel getrek word nie..
7. 6
Akkadies
Akkadies is die vroegste Semitiese taal wat aan ons bekend is. Dis in Mesopotamiё gepraat van die
derde millennium vC tot sowat die 8ste eeu vC en in kuneivorm geskryf. Die eerste Akkadiese name
verskyn in Sumeriese tekste vd 25ste eeu vC.
Sumeries en Akkadies het mekaar oor meer as ‘n millennium beïnvloed, sodat Akkadies sy prototipiese
Semitiese vorm verloor het. Dis die eerste bekende voorbeeld van taalverandering weens kontak, wat
tot ooreenkomste in fonologie, morfologie, sintaks en leksikon gelei het.
Wydverspreide tweetaligheid het eindelik die einde van Sumeries as spreektaal beteken tydens die
tweede millennium vC, maar dié taal het nog vir meer as ‘n millennium voortbestaan as literêre en
liturgiese taal.
Die Sumeriese invloed op Akkadies het die vyf gutturale klanke van Proto-Semities (*/!/, */h/, */hø/,
*/"/,en */ġ/) tot een met ‘n sagter uitspraak reduseer.
Akkadies se aanvanklike drie klinkers [a, i, u] is deur [e] aangevul en het aanleiding gegee tot
Babiloniese vokaalharmonie.
Die voornaamwoordstelsels van Sargoniese Akkadies en Babilonies toon ‘n toenemende aantal
naamvalle in vergelyking met Proto-Semities en die noordelike (Assiriese) vorm van Akkadies.
Akkadies het die interne meervoudsvorm verloor en net die suffiksmeervoud behou wat met die
Sumeriese vorm ooreenstem.
8. 7
Die Akkadiese en Sumeriese ‘tenses’ toon merkwaardige ooreenkomste, byvoorbeeld die Akkadiese
perfektum verledetydsvorm met -t-infiks weerspieёl die Sumeriese vorm met ba-prefiks.
Proto-Semities se VSO-woordorde het in Akkadies SOV geword onder invloed van Sumeries.
Benewens die Sumeriese leenwoorde in Akkadies, is daar idiome in die twee tale wat woord-vir-woord
ooreenstem.
Akkadies het mettertyd in Assiries en Babilonies ontwikkel:
Ou Akkadies, 2500–1950 vC
Ou Babilonies en Ou Assiries, 1950–1530 vC
Middel Babilonies en Middel Assiries, 1530–1000 vC
Neo-Babilonies en Neo-Assiries, 1000–600 vC
Laat Babilonies, 600 vC–100 AD
9. 8
K
Ku
us
si
it
ti
ie
es
s
Die Kusitiese tale word hoofsaaklik in die Horing van Afrika gepraat; Somaliё, Somaliland,
Puntland, Ethiopiё en Djibouti, met minderhede in Egipte, Soedan, Kenya en Tanzaniё.
Kusitiese tale met meer as een miljoen sprekers is Oromo, Somali, Beja, Afar, Hadiyya,
Kambaata, Saho, en Sidamo. Meeste sprekers: Oromo (37 miljoen), Somali (22 miljoen),
Beja (3.2 miljoen), Sidamo (3 miljoen) en Afar (2 miljoen).
Oromo is ‘n amptelik taal van Ethiopiё. Somali is ‘n amptelike taal in Somaliё, Somaliland
en Puntland, ‘n opvoedingstaal in Djibouti en ‘n erkende taal van die Somali-streek in
Ethiopiё. Beja, Afar, Blin en Saho is almal erkende tale in Eritrea. Afar is ‘n opleidingstaal
in Djibouti en ‘n erkende taal in die Afar-streek van Ethiopiё.
Die groep word as volg onderverdeel:
Noord-Kusities (Beja)
Sentrale Kusities (Agew)
Dahalo
Suid-Kusities
Oos-Kusities
Naamwoorde verskyn in manlik en vroulik, en word vir naamval en getal verbuig.
Meervoudvorming is baie uiteenlopend en gebruik ablaut, suffikse en reduplisering. Die
meeste tale het sewe persoons-/getalkategorieё. Suffikse word meestal gebruik hoewel
daar spore van vroeёre prefiksering is.
Proto-Kusities is waarskynlik in die Arabiese Skiereiland gepraat voordat Kusities oor die
Bab-el-Madeb na Afrika verskuif het, volgens plekname en oorlewering.
10. 9
Iraqw is die mees suidelike Kusitiese taal, en word in Tanzaniё in die Arusha- en Manyara-
distrikte deur meer as 600,000 mense gepraat. Die Gorowataal na die suide word deur
sommige as ‘n dialek van Iraqw beskou.
Djibouti was eens as “Die gebied van die Afar en die Issa” bekend, die Issa synde ‘n
Somali-clan. Afar word in Djibouti, Eritrea en Ethiopiё gepraat.
11. 10
T
Ts
sj
ja
ad
di
ie
es
s
Die Tsjadiese tale word in die Sahel gepraat, oor Noord-Nigeriё, suidelike Niger, suidelike
Tsjaad, die Sentraal Afrikaanse Republiek en noordelike Kameroen. Die Tsjadiese tak
was die eerste wat uit Afro-Asiaties weggebreek het. Die tale word verdeel in westelike,
oostelike, sentrale en Masa-groepe.
Tsjadiese tale bevat ‘n groot aantal Nilo-Sahariese leenwoorde uit die Songhay- en
Maban-takke, wat op vroeё kontak tussen Tsjadiese en Nilo-Sahariese sprekers dui.
Hausa is die bekendste Tsjadiese taal, en word deur minstens 50 miljoen
moedertaalsprekers gebruik sowel as minstens 30 miljoen tweedetaalsprekers.
Van twee (in Bata) tot sewe (in Dangla) klinkers kom in Tsjadiese tale voor, en die groep
beskik oor uitsonderlike konsonante soos ejektiewe en implosiewe sluitklanke (ɓ, ɗ),
prenasale sluitklanke (mb, nd) en labio-velare sluitklanke (kp, gb).
Die meeste tale het twee tot drie toonvalle wat morfologies-identiese woorde onderskei
of grammatiese eienskappe aandui.
Proto-Tsjadies was waarskynlik die eerste Afro-Asiatiese taal wat Afrika uit die Levant
binnegekom het.
12. 11
B
Be
er
rb
be
er
r ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ Amazigh
Die 40 Amazigh- of Berbertale het sowat 30 miljoen sprekers, wat strek van Siwa Oase in
Egipte tot by Marokko, en van die Middellandse See tot by die Sahel. Die meeste
sprekers woon in Marokko, waar Amazigh die huistaal van ongeveer 70% van die
bevolking is.
Die tale word deur die sprekers Tamazight,
Thamazight, Thamazighth, Tamasheq,
Tamajaq of Tamahaq genoem, en in die
Tifinagh-alfabet as ⵜⴰⵎⴰⵣⵉⵖⵜ of in Tuareg
as ⵜⵎⵣⵗⵜ geskryf. Die stam M-Z-Ɣ ⵎ-ⵣ-ⵖ
(Mazigh) beteken ‘vry man’ of ‘edelman’ of
‘beskermer.’ Amazigh is ‘n amptelike taal in
Algerië en Marokko en word ook in
Arabiese skrif en in die Berber-Latynse
alfabet geskryf.
Noordelike Amazigh wat Tarifit en Senhaja
insluit, word in die noorde van Marokko gepraat, Tamaziɣt van die Middel-Atlasberge in sentrale
Marokko, Figuig in die ooste van Marokko, Kabyle (Taqbaylit) en Tashawit in die noorde van Algerië, en
die tale van die oases Mzab en Wargla in die suide.
Suidelike Amazigh, soos Zenaga (Mauretanië), Tashelhit (suide van Marokko) en Tetserret en Tuareg in
Mali, Niger en Burkina Faso in die Sahara en die Sahel.
Oostelike Amazigh in Egipte sluit Siwi van die Siwa-oase in Egipte in sowel as Sokna en El-Fogaha in
sentrale Libië. Verder ook Awjili by die Awjila-oase, Yefren en Zuara in Tripolitanië, Ghadames in die
weste van Libië, en in Tunisië Jerba, Tamazret en Sened. Noord van Ghadames is die Nefusi-tale in die
Nefusaberge.
Die Tuareg-tak omvat:
Tamahaq / Tahaggart van die Kel Ahaggar
Tamasheq van die Kel Adrar in Mali
Aïr Tamajaq in Niger
Tawellemet van die Iwellemmeden-mense in Mali en Niger, sluit in Tayiṛt (Ingal, Gofat),
Tamesgrest (Azerori), Tafaghist en Ghat.
Die uitgestorwe taal van die Numidiese staat, en die taal van die Guanche (Ínsulo-amaziq) of
Wan Shen van die Kanariese Eilande wat ook tot Berber behoort, is tot die 17de eeu gepraat.
13. 12
E
Eg
gi
ip
pt
ti
ie
es
s
Die Egiptiese taal 𓂋𓏺𓈖 𓆎𓅓𓏏𓊖 is sedert die middel van die vierde millennium
gepraat, en sy laaste inkarnasie, Kopties, het as spreektaal in die 1700s stil geraak,
hoewel dit steeds as ‘n liturgiese taal in die Koptiese Kerk gebruik word.
Argaiese Egipties (voor 2600 vC)
Ou Egipties (c. 2600 – 2000 vC)
Middel Egipties (c. 2000 – 1350 vC)
Laat Egipties (c. 1350 – 700 vC)
Demoties (c. 700 BC – AD 400), die spreektaal van Ptolemaïese en
vroeё Romeinse Egipte
Kopties (na c. 200 AD)
14. 13
O
Om
mo
ot
ti
ie
es
s
Omoties is ‘n groep van sowat 30 tale wat deur ses miljoen mense gepraat word in die
suidweste van Ethiopiё, hoofsaaklik in die Streekstaat van die Suidelike Ethiopiese
Nasies, Nasionaliteite en Mense. Ander word in Oromiya, Amhara en Benishangul-Gumuz
gevind. Sommige linguïste plaas die Omotiese tale onder Wes-Kusities eerder as ‘n
onafhanklike tak van Afro-Asiaties.
Taalname sluit die volgende in: Anfillo, Aari,
Basketo, Bench, Boro (Shinasha), Ch’aara, Dime,
Dizi (Maji), Gamo, Ganza, Gofa, Hamar, Haro
(Gidicho), Hozo-Sezo, Kafa, Koorete (Kore, Koyra,
Amaro), Kullo (Dawro), Ma¨ le-Ganta, Maale, Malo,
Mocha, Nayi, Oyda, Sheko, Wolaitta (Welamo),
Yemsa (Janjero, Yem), Zayse en Zargulla.
Noord-Omoties sluit sowat 24 tale in, en Suid-
Omoties vier. Sprekerstalle wissel van miljoene, bv
Hozo en Seze wat elk meer as drie miljoen het
terwyl Karo net 600 het.
Die konsonant-inventaris wissel van 20 tot 28, en ‘n
tien-vokaal-stelsel is vir Proto-Oromies
gerekonstrueer (kort en lang i, u, e, o en a).
Sommige tale het tot ses fonemiese tone wat
beide leksikale kontras en grammatiese informasie
kan oordra. Sommige Omotiese tale het sibilant-harmonie. Die meeste Omotiese tale gebruik net
suffikse maar etlikes gebruik prefikse en infikse.
Geslag is Manlik en Vroulik wat in die derdepersoon enkelvoud aangedui word. Die meeste tale het agt
voornaamwoordvorme (drie persone, enkelvoud en meervoud) en ‘n spesiale derdepersoon
refleksiewe voornaamwoord. Die Omotiese tale is SOV; byvoeglike naamwoorde verskyn voor die
hoofnaamwoorde.
Volgens die glottochronologiese metode van Sergei Starostin sou die noordelike en suidelike takke van
Omoties teen die vyfde millennium verdeel het.
15. 14
S
Se
em
mi
it
ti
ie
es
s
Moderne Hebreeus met ses miljoen sprekers, ‘n wonderwerk van ‘n taal wat
herleef het.
Arabies wat regoor Noord-Afrika en die Midde-Ooste gepraat word, sowel as die
Ethiosemitiese tale Tigre, Tigrinya, Amharies, Harari en die liturgiese taal Ge'ez.
Maltees van Malta en Gozo is ook ‘n Arabiese dialek. Maltees het ‘n sterk klap
Romaanse woordeskat weg, uit Italiaans en Sicilies.
Aramees wat nog verspreid voortbestaan in die Midde-Ooste.
Tussen die jare 200 en 400 van die huidige
era, het Hebreeus ophou bestaan as ‘n
elkedagse spreektaal maar oorleef as ‘n
medium van rabbynse literatuur, liturgie en
poёsie.
In 1881 het Eliezer Ben Yehuda uit
Belarus na die Britse Mandaatgebied
migreer. Hy het sy seun Ben-Zion
(gebore 1882) die eerste spreker van
Israeli Hebreeus gemaak, deur net
Hebreeus met hom te praat. Vandag is
daar sowat nege miljoen sprekers.
Israeli Hebreeus het minder foneme as
Bybelse Hebreeus, maar steeds minstens 25
konsonante en 5 klinkers. Die faringeale [ħ]
vir chet ()ח het saamgesmelt met chaf ()כ in
die [χ] klank. Ayin ()ע het met aleph ()א
saamgesmelt wat as [ʔ] of [∅] kan verskyn,
en die vav ()ו word as Engels [v] eerder as
die Engelse [w] uitgespreek. Die
letter resh ()ר kan as ‘n uvulare [ʀ] of
approksimant [ʁ] of velare frikatief [ɣ] uitgespreek word.
Die morfologie van Israeli Hebreeus is soos Bybelse Hebreeus. Die woordorde van
Bybelse Hebreeus was aanvanklik VSO maar het al na SVO begin beweeg. Israeli
Hebreeus is hoofsaaklik SVO. Die totale leksikon, wat bybelse, rabbynse en middeleeuse
woorde insluit, is meer as 60,000 en die taal blink uit op alle terreine, insluitende die
wetenskap en tegnologie.
16. 15
Aramees
Aramese tale en dialekte word steeds
gepraat in dele van Siriё, Irak, Iran,
Turkye, Lebanon en Jordaniё, maar dis
nie maklik om akkurate syfers te kry nie.
Voorheen was dit bekend dat die taal in
drie Siriese dorpies – Malula, Jabaadin en
Bakhaa – gepraat word. Aramees word
ook as liturgiese taal deur verskeie
denominasies soos Assiriёrs en Mandeёrs
gebruik.
Ethio-Semities
Amharies is die grootste Semitiese taal van Ethiopiё met sowat 25 miljoen moedertaal-
sprekers. Tigrinya en Tigre word in Eritrea en Ethiopiё gepraat en daar’s ook ‘n reeks
kleiner Semitiese tale soos Argobba, Dahalik, Soddo en die Gurage-tale.
17. 16
Arabies
moet op drie maniere verstaan word:
Klassieke Arabies: Die teks van die Qur’aan.
Moderne Standaard Arabies (eenvoudiger vorm van Klassieke Arabies vir formele
media en internasionale politiek, koerante, boeke, politiek).
Spreektaaldialekte wat in die alledaagse lewe gebruik word.
Arabiese dialekte in die Midde-Ooste sluit in Mesopotamiese, Levantynse en
Skiereiland-Arabies.
18. 17
Nylvallei-Arabies
Die woord Egipte kom van Latyn Aegyptus, via Grieks Aigyptos, uit die Ou Egiptiese E-Ka-Ptah “die huis
van die gees van Ptah”. Egiptiese Arabies, Masri (صرىَم) is die eerste taal van sowat 68 miljoen
Egiptenare. Dis eintlik die dialek van Kaïro, en word regoor die Nyldelta gepraat in verskeie subdialekte.
Die ander dialekgroep is Ṣaʽīdi ()صعيدى wat van Giza tot by Nubiё gepraat word. Masri (صرىَم) word oor
die hele Arabiese wêreld verstaan danksy die Egiptiese media en die uitsaaibedryf. Boonop woon
studente uit die Arabiese wêreld Egiptiese universiteite en kolleges by.
Die Arabiese dialekte van Egipte is deur Kopties – die laaste fase van Egipties – beïnvloed, in die
leksikon, fonologie en sintaks. Kopties is nog tot die 17de eeu gepraat toe dit eindelik deur Arabies
vervang is.
Fonologies verskil Masri van die skryftaal, Klassieke Arabies, as volg:
Vyf vokale /a, e, i, o, u/ teenoor die drie van Klassieke Arabies /a, u, i/
Die [q] – ‘n k wat agter in die keel artikuleer word, word as stembandklapper uitgespreek
Die Klassieke [dž] van Jamal word ‘n [g] in Masri
Die interdentale konsonante /θ ð ðˤ/ word /t d dˤ/ of /s z zˤ/ in Egiptiese Arabies.
Opper Egiptiese of Ṣaʽīdi Arabies (صعيدى) is ‘n vorm van gesproke Arabies met sowat 25 miljoen
sprekers wat van Nubiё in die suide tot naby die begin van die Nyldelta gepraat word. Ṣaʽīdi se
onderskeidende kenmerk is dat die bovermelde [q] as [g] en die bovermelde [dž] soos in Klassieke
Arabies uitgespreek word.
Soedanese Arabies van die Nylvallei is verwant aan Egiptiese Ṣaʽīdi Arabies, en is beïnvloed deur
Dongolawi Nobiin. Die /q/ word as ‘n [ɢ] uitgespreek, en die [u] van Klassieke Arabies word as [o]
uitgespreek.
19. 18
Landbou- en boerderyterme is by Nobiin geleen. Plekname soos die name van eilande in die Nyl eindig
dikwels met die suffiks -arti soos om bv abdallanarti – ‘n eiland naby Dongola – te vorm.
Ashrafinarti – eiland twaalf myl suid van Dongola
Bashanarti – eiland sewe myl noord van Dongola
Artigasha – eiland noord van Argo
Sellenarti – die middel-eiland
Marawarti – klein eiland wes van Argo.
Maghrebi-Arabies
Tunisiese Arabies
‘n Stel Maghrebi-dialekte deur 11 miljoen mense gepraat. تونس.
Marokkaanse Arabies word ook Darija genoem.
As ‘n moedertaal word dit deur 50% tot 75% van die Marokkaanse bevolking gepraat. Dis ver verwyder
van die Midde-Oosterse dialekte van gesproke Arabies. Marokkane kan die Midde-Oosterse dialekte
verstaan maar dit werk nie andersom nie.
20. 19
Libiese Arabies (ليبي, Lībī) bestaan uit ‘n oosterse en westerse dialek en word in Libiё, Egipte en
Algeriё gepraat.
Algeriese Arabies (Darja) is deel van die Maghrebi taalkontinuum, en die huistaal van 75% to 80% van
Algeryne.
Ander
Tsjadiese Arabies (Shuwa/Shua/Suwa) لهجة تشادية, en Baggara, word in Tsjaad, Soedan, Nigerё en
Niger gepraat.
Bronne:
Al-Amin Abu-Manga, 2009. Sudan (Arabic). Encyclopedia of Arabic Language and Linguistics.
Holt, Meredith. 1999. The Afro-Asiatic Language Family. Linguistics 450
21. 20
Die Moderne Suid-Arabiese tale
Hulle is aan die Semitiese tale van Ethiopiё en Eritrea verwant, en word in Yemen, Oman,
Hadramaut, Dhofar en op Sokotra-eiland gepraat.
Mehri: 165,000 in Oman en Yemen.
Soqotri: rondom 70,000 moedertaalsprekers op Sokotra.
Shehri: (Jibbali), met ‘n geraamde 25,000 sprekers.
Bathari: suidooskus van Oman, regoor die Khuriya Muriya Eilande. 100 sprekers.
Harsusi: 600 sprekers in Oman.
Hobyót: 100 sprekers in Oman en Yemen.
23. 22
Ou Suid-Arabies
Faifi (Fifi) is ‘n Ou-Suid-Arabiese taal wat deur sowat 50,000 mense in die omgewing van
Jebel Fayfa in die suidwestelike hoek van Saudi-Arabiё gepraat word. Saam met Razihi is
dit die enigste oorlewende afstammeling van die Ou-Suid-Arabiese tale.
Razihi word op Jabal Razih in Noordwes-Yemen gepraat, ‘n berg wes van die dorp
Sa'dah, waarvan die hoogste piek, Jabal Hurum, 2,790 m (9,150 vt) hoog is. Die sprekers
van Razihi word op meer as 60,000 geraam.
Beide Faifi en Razihi was vir ‘n lang tyd totaal afgesonder, en is nog nie deeglik
bestudeer of opgeteken nie.
24. 23
Die Akkadiese digteres Enheduanna
Die Akkadiese/Sumeriese digteres Enheduanna (2285-2250 voor die huidige era) is die heel
eerste skrywer in die geskiedenis wat by name bekend is. Sy was the dogter van koning Sargon
van Akkad (Sargon die Grote). Haar moeder se naam was Tashlultum.
Enheduanna is welbekend uit argeologiese en skriftelike bronne. Sy was hoëpriesteres van die
maangod Nanna in the Sumeriese stad Ur.
Twee seëls waarop haar naam verskyn, is in die koninklike begraafplaas van Ur gevind. ’n
Albasterdisk waarop haar naam en afbeelding verskyn, is ook in Ur gevind, in die Jipar-seksie
wat die woonplek van die En-priesteresse was. Dié disk is op die Isin-Larsa-vlak van die
uitgrawing aangetref wat op die jare 2000 – 1800 VHE dui.
Enheduanna het ’n ryke literêre korpus nagelaat, waaronder ’n versameling wat as die
Sumeriese Tempelhimnes bekend staan en deur sommige geleerdes as die vroegste vorm van
sistematiese teologie beskou word. Haar werk is steeds honderde jare later op kleitablette
gekopieer en in stede soos Lagash, Nippur en Ur bewaar.
Onder haar bekendste werke tel Inninşagurra (Die Ruimhartige Meesteres), Ninmeşarra (Die
Verheerliking van Inanna) en Inninmehuşa (Godin van Skrikwekkende Magte). Enheduanna het
42 gewyde liedere gekomponeer wat opgedra is aan tempels regdeur Sumer en Akkad,
waaronder die tempels van Eridu, Sippar en Esnunna. Die lirieke verskyn op 37 tablette wat by
Ur en Nippur gevind is, en wat gedateer word tot die Ur III en Ou Babiloniese tydperke.
Sargon se ryk het die grootste deel van die teenswoordige Irak en dele van Iran, Libanon, Sirië
en Turkye ingesluit. Sy dynastie het vir ongeveer 150 jaar geduur. Hy is deur sy seun Rimush
opgevolg en daarna deur sy ander seun Manishtushu.
25. 24
Die ruïnes van Akkad / Agade is nog nie opgespoor nie. Die naam is Sumeries, met die betekenis
“Kroon van Vuur” (Aga-de).
Sargon (Sharrikun) het vir byna twee millennia daarna as ’n rolmodel vir latere Mesopotamiese
heersers gedien. Die Assiriese en Babiloniese vorste het hulself as erfgename van Sargon
beskou.
Konings soos Nabonidus / Nabû-naʾid (regeertyd 556–539 VHE) het groot belangstelling getoon
in die geskiedenis van die Sargoniese dinastie en het selfs argeologiese opgrawings van Sargon
se paleise laat uitvoer.
In die tempelhimnes verklaar Enheduanna: “My koning, daar is iets geskep wat nooit voorheen
bestaan het nie.” Die kopiëring van die tempelhimnes is bewys daarvan dat dit honderde jare
na die dood van Enheduanna steeds in gebruik was.
In 1927 het die argeoloog Sir Leonard Wooley die Enheduanna disk in die uitgrawings by Ur
gevind. Drie tekste daarop identifiseer die vier figure wat daarop verskyn: Enheduanna, twee
hofbeamptes en haar skrywer. Die inskripsie lees: "Enheduanna, zirru-priesteres, vrou van
Nanna, dogter van Sargon, koning van die wêreld, in die tempel van Innana.” Die afbeelding
van Enheduanna verskyn in ’n prominente posisie teenoor die ander drie. Die inskripsie agterop
beskryf Enheduanna as ‘Vrou van Nanna, dogter van Sargon.’
26. 25
𒂗𒃶𒌌𒀭𒈾 is die heel eerste digter wie se naam opgeteken is.
Nin-me-shara, "Die Verheerliking van Inanna", is eerste deur Hallo en van Dijk in 1968 vertaal, en
in 1997 deur Annette Zgoll in Duits. Die eerste deel verheerlik Inanna met ’n lang lys eienskappe.
Daarna praat Enheduanna in die eerste persoon en bekla haar lot – haar verbanning uit die
tempel en uit die stede Ur en Uruk. Sy doen 'n beroep op Inanna om vir haar in die bresse te
tree.
Na die dood van Sargon het daar politieke onrus uitgebreek waartydens sy uit Ur verban is. Die
himne Nin-me-sara is ’n beskrywing van haar verbanning en eindelike herstel in die amp van
hoëpriesteres.
Sy was die eerste vrou wat die titel EN gedra het, ‘n rol van gewigtige politieke belang in Sumer
en Akkad. Sy was klaarblyklik Akkadies van geboorte maar volkome tweetalig in Sumeries, soos
haar lirieke / gedigte getuig.
27. 26
Enɧeduanna Bibliografie
Dalglish, Cass (2008). Humming The Blues: Inspired by Nin-Me-Sar-Ra, Enheduanna's Song to Inanna.
Oregon: CALYX Books. ISBN 978-0-934971-92-8
De Shong Meador, Betty (2001). Inanna, Lady of Largest Heart: Poems of the Sumerian High Priestess
Enheduanna, University of Texas ISBN 0-292-75242-3
De Shong Meador, Betty(2009). Princess, priestess, poet: the Sumerian temple hymns of Enheduanna,
University of Texas Press, ISBN 978-0-292-71932-3
Hallo, William W. and Van Dijk, J.J.A. (1986). The Exaltation of Inanna, Yale University Press.
Roberts, Janet (2004). Enheduanna, Daughter of King Sargon: Princess, Poet, Priestess (2300 B.C.),
Transoxiana 8 [2]
Sjoberg, Ake and E. Bermann, E. (1969). The Collection of the Sumerian Temple Hymns, Locust Valley, J.J.
Augustin.
Sjoberg, Ake (1975). In-nin sa-gur-ra: A Hymn to the Goddess Inanna by the en-Priestess Enheduanna,
Zeitschrift für Assyriologie und Vorderasiatische Archaeologie 65: 161–253.
Zgoll, Annette (1997). Der Rechtsfall der En-hedu-Ana im Lied Nin-me-sarra, (En-hedu-Ana's legal case in
the hymn Nin-me-sara) [Ugarit-Verlag, Muenster], 1997
28. 27
Afro-Asiaties Bibliografie
Amha, Azeb. 2018. The Omotic Language family. https://www.researchgate.net/publication/323150246
Bender, M. L. 1975. Omotic: a new Afroasiatic language family. (University Museum Series, 3.) Carbondale, IL:
Southern Illinois University.
Bengtson, John D. (ed). 2008. In Hot Pursuit of Language in Prehistory: Essays in the Four Fields of
Anthropology - in Honor of Harold Crane Fleming.
Blažek, Václav. Afroasiatic migrations. In Ness, Immanuel; Bellwood, Peter. The Encyclopedia of Global Human
Migration I. Oxford: Wiley-Blackwell, 2013. s. 125-132. ISBN 978-1-4443-3489-0.
Blažek, Václav. A lexicostatistical comparison of Omotic languages. Masaryk University (Brno) &
Western Bohemian University (Plzen)
Blench, Roger. 2006. Archaeology, Language, and the African Past. AltaMira Press
Blench, Roger. 2014. Language Isolates in Africa. (Draft).
Blench, Roger. 2006. The Niger-Saharan Macrophylum. http://www.rogerblench.info/RBOP.htm
Blench, Roger. New developments in the classification of Bantu languages and their historical implications.
https://horizon.documentation.ird.fr/exl-doc/pleins_textes/pleins_textes_6/colloques2/38088.pdf
Bomhard, Allan R. A Sketch of Proto-Afrasian Phonology.
http://docenti.unimc.it/marco.lauri/teaching/2014/13543/files/materiali-di-approfondimento/Bomhard_-
_A_Sketch_of_Proto-Afrasian_Phonology-libre.pdf
Creissels, Denis. Morphology in Niger-Congo languages.
https://doi.org/10.1093/acrefore/9780199384655.013.535
29. 28
Dimmendaal, Gerrit J. A typological perspective on the morphology of Nilo-Saharan languages. In: Oxford
Research Encyclopedia of Linguistics.
Dimmendaal, Gerrit J. (2017). Areal Contact in Nilo-Saharan. In R. Hickey (Ed.), The Cambridge Handbook of
Areal Linguistics (Cambridge Handbooks in Language and Linguistics, pp. 446-470). Cambridge:
Cambridge University Press. doi:10.1017/9781107279872.017
Greenberg, Joseph H. (1966) The Languages of Africa (2nd ed. with additions and corrections). Bloomington:
Indiana University.
Hallen, Cynthia L. 1999. A Description of the Afro-Asiatic (Hamito-Semitic) Language Family
Hayward, Richard J., ed. 1990. Omotic Language Studies. London: School of Oriental and African Studies.
Hayward, Richard J. 2003. Omotic: the "empty quarter" of Afroasiatic linguistics. In Research in Afroasiatic
Grammar II: selected papers from the fifth conference on Afroasiatic languages, Paris 2000, ed. by
Jacqueline Lecarme, pp. 241–261. Amsterdam: John Benjamins.
Heine, Bernd & Derek Nurse (eds.), A linguistic geography of Africa (Cambridge Approaches to Language
Contact). Cambridge: Cambridge University Press, 2008. Pp. xviii+371.
Kitchen, Andrew, Ehret Christopher, Assefa Shiferaw and Mulligan Connie J. 2009. Bayesian phylogenetic
analysis of Semitic languages identifies an Early Bronze Age origin of Semitic in the Near East. Proc. R.
Soc. B.2762703–2710
Lamberti, Marcello. 1991. Cushitic and its classification. Anthropos 86(4/6):552-561.
McWhorter, John. How are the Various Proto-World Families linked? The Great Courses Daily.
Rilly, Claude. 2008. The Linguistic Position of Meroitic. Text of the Kirwan Memorial Lecture in British
Museum, London, September 11th, 2007.
Rilly, Claude. 2021. Languages of Ancient Nubia. Dietrich Raue, Handbook of Ancient Nubia, De Gruyter, 2019,
978-3-11-042038-8. ⟨halshs-01482741⟩ DOI: 10.1093/oxfordhb/9780190496272.013.30
30. 29
Rilly, Claude. 2011. Recent Research on Meroitic, the Ancient Language of Sudan. In: ITYOP̣IS vol. 1
(2011) 2.
Ruhlen, Merritt. 1987. A Guide to the World’s Languages. Vol. 1: Classification. Stanford, Calif.Stanford University
Press.
Ruhlen, Merritt. 1994a. On the Origin of Languages. Stanford, Calif.: Stanford University Press.
Schadeberg, Thilo C. 2003. Historical linguistics. In: The Bantu languages, ed. By Derek Nurse and Gérard
Philippson, pp. 143-163. London: Routledge.
Shevoroskin, Vitaly. Deep reconstruction of languages and semantics In: Approaches to Semiotics [AS], 116.
Edited by: Winfried Nöth. De Gruyter Mouton | 1994 https://doi.org/10.1515/9783110877502
Uys, Pieter. 2014. Eurasiaties en Nostraties.
Uys, Pieter. 2021. Taal in die Oertyd.
Vossen, Rainer and Gerrit J. Dimmendaal (eds.). 2020. The Oxford Handbook of African Languages. Oxford:
Oxford University Press.
Zaborski, Andrzej. 1986. Can Omotic be reclassified as West Cushitic? In Gideon Goldenberg, ed., Ethiopian
Studies: Proceedings of the 6th International Conference pp. 525–530. Rotterdam: Balkema
Afro-Asiatic languages Semitic languages Omotic Chadic Kushitic Hebrew Arabic Maltese Coptic
historical linguistics genetic linguistics Old South Arabian Modern South Arabian Socotra Oman Yemen
Natufian African languages Proto-Afro-Asiatic Proto-Semitic Protolanguages Egyptian language Afrasian
language Sahel Sahara Nile Valley Tsjadies Kusities Semities Omoties Genetiese taalkunde
historiese taalkunde language contact Israeli Hebrew Biblical Hebrew Taalfamilies Oertale Sumerian
Akkadian Enheduanna Sargon Sharrukin Sumer and Akkad Pharao Taharqa Chad Sudan Niger