SlideShare a Scribd company logo
1 of 3
Download to read offline
74 | Landbouweekblad | www.Landbou.com 24 Julie 2015
FOKUSFOKUS WILDBEDRYF
Beleggingsopsies
maak bedryf toeganklik
Wildboerdery is
nes enige ander
boerdery ’n besig-
heid. Maar anders
as die meeste
boerderye is dit
baie algemeen dat
stedelinge met ’n
liefde vir die natuur
en ’n hunkering om
eendag self te boer
begin om in die
wildbedryf te belê.
W
ild is dikwels ’n
vertakking waar-
in best aande
boere belê om
byvoorbeeld mar-
ginale grond beter te benut of hul
boerderybelange te diversifiseer.
Landbouweekblad het met
adv. Albert Murphy, voorsitter
van die Gamevest-groep, gesels
oor die beleggingsmoontlikhede
wat die wildbedryf inhou en hoe
’n organisasie soos Gamevest
LINKS: Beleggerssewildword
veiliggehouopplasemetgoeie
sekuriteit.Elkedierwordgoed
bestuurdeur’nspankundiges.
ONDER: IndieGame-
vest-groepkrybeleggersook
toegangtotluukseverblyfge-
riewe.
FOTO’S:VERSKAF,GAMEVEST
saam met beleggers werk.
HOE WERK DIT?
LBW: Hoe kan mense in die
wildbedryf belê sonder dat
hulle op ’n daaglikse grondslag
regstreeks daarby betrokke is?
AM: Daar is verskeie beleg-
gingsgeleenthede in die wildbe-
dryf waarvan Gamevest een van
die voorlopers in die bedryf is.
Gamevest besit en beheer ver­
skeie wildplase in Limpopo,
Noordwes en die Karoo waar op
uiters gevorderde en wetenskap-
like grondslag met wild – veral
wildsoorte met kleurvariasies –
geboer en geteel word.
Die organisasie gebruik kamp-
stelsels met geëlektrifiseerde ho-
ësekuriteitomheinings waarin
geselekteerde teelgroepe geplaas
word by van die beste teelramme
en -bulle in Suid-Afrika.
Goedopgeleidepersoneelsien
om na die uiters waardevolle die-
re se welstand. Daar word ook
behoorlik rekord gehou van elke
dier, insluitende DNS-rekords.
Veeartsenydienste en gevorder-
de voedingsprogramme word
daagliks op die Gamevest-plase
verskaf.
Voornemende wildboere
wat by die bedryf betrokke wil
raak, kan dus wild by Game-
vest aankoop, in vennootskap
met Game­vest wat na die diere
omsien en op ’n wetenskaplike
grondslag daarmee boer.
Eienaarskap van die aan-
vanklike teelgroep wat deur die
wildeienaar by Gamevest aange-
koop word, bly dié van die wild-
eienaar. Alle aanteel (nageslag)
van so ’n teelgroep word daarna
besit deur die vennootskap tus-
sen Gamevest (60%) en die 
76 | Landbouweekblad | www.Landbou.com 24 Julie 2015
FOKUSFOKUS WILDBEDRYF
eienaar (40%).
Gamevest voorsien in hierdie
vennootskap die grond, infra­
struktuur, kundigheid (bestuur
en veeartsenydienste) en voer.
Die voornemende wildeienaar
se uitgawe is beperk tot die
aanvanklike kapitaaluitleg vir
die teelgroep, terwyl Gamevest
daarna alle lopende koste en
uitgawes dek.
Die resultate wat op hierdie
grondslag bereik word, is ver-
stommend en uiters lonend vir
albei partye.
Wildeienaarswordaangemoe-
dig om van tyd tot tyd na hul wild
op die plase te kom kyk en benut
dan die luukse verblyfgeriewe
wat op die plase beskikbaar is.
WIE BELÊ IN WILD?
LBW: Hoe groot is die belang-
stelling in sulke beleggings en
wat maak dit so aanloklik?
AM: Ons navorsing toon dat
daar reeds meer as 3 000 wild-
boere in Suid-Afrika is wat met
“eksotiese” wild teel (wild met
kleurvariasies). Bo en behalwe
sulke gevestigde boere is daar
etlike duisende voornemende
wildeienaars wat tot die bedryf
toetree in verskillende projekte
en vennootskapsooreenkomste
wat met boere gesluit word.
Gamevest is self in vennoot­
skap met ’n aantal wildeienaars
en hierdie vennootskappe besit
reeds van die duurste en beste
aanteeldiere in Suid-Afrika.
Verlede jaar is die saalrugbles-
bok Topdeck gekoop vir wat
mense tóé gedink het ’n reusag-
tige bedrag van R7,8 miljoen
was. Sedertdien het mnr. Piet du
Toit ’n belang van 50% in ’n ram
soortgelyk aan Topdeck in Fe-
bruarie vir R15 miljoen verkoop.
Dit wys die verstommende
potensiaal wat deur sulke be-
leggings behaal kan word.
RISIKOBESTUUR
LBW: Wat is die risiko ver-
bonde aan ’n belegging in die
wildbedryf?
AM: Soos met enige bedryf is
daar risiko’s aan verbonde, maar
in die geval van wildboerdery is
dit risiko’s wat bestuur kan word.
Wildboerdery word byvoor-
beeld min geraak deur beurtkrag
danksy die gebruik van groten-
deels sonkrag vir geëlektrifiseer-
de, wildwerende heinings. Trop-
pe word in hoësekuriteitkampe
aangehou sodat roofdiere, soos
jakkalse en luiperds, van teeldie-
re af weggehou word.
Gamevest se teeldiere word
daagliks gemonitor deur opge-
leide wildmonitors op veldfietse
wat al die diere daagliks tel en
deurkyk as deel van die weten­
skaplike bestuur- en rekordhou-
dingstelsel.
Alle diere se DNS word ge-
neembywysevanbloedmonsters
sowel as haarmonsters. Elke dier
het ’n lêer met foto’s waarin vol-
ledige besonderhede van die dier
aangeteken word. Verder word
elke dier van ’n mikroskyfie en
genommerde oorplaatjies voor-
sien wat die identifikasie van
elke dier moontlik maak.
Danksy die individuele identi-
fisering van elke dier word alle
Gamevest-wildeienaars se diere
inafsonderliketeelkampeaange-
hou. Omdat DNS betrokke is, is
dit wetenskaplik moontlik om te
bewys wie die moer en vaar van
elke dier op Gamevest se plase is.
Danksy wetenskaplike en ge-
rekenariseerde bestuurstelsels,
ondersteun deur professionele,
opgeleide personeel, word ri-
siko’s op dié plase grotendeels
beperk.
GAAN DIE ‘BORREL’
BARS?
LBW: Wat is jul siening
rondom waarskuwings dat die
ekonomiese “borrel” gaan bars?
AM: Gamevest is baie bewus
van die doemprofete en ongeluk-
kig veral die media se “borrel”-
teorie. Selfs groot kokkedore,
soos dr. Johan Rupert, het ’n eier­
tjie daaroor te lê, maar ongeag
sy beswering het Rupert reeds sy
geld dubbel en dwars teruggekry
nadat hy en sy vennote R40 mil-
joen vir ’n buffel betaal het. Dit
is meer as wat ek kan sê van my
Richemont-aandele.
Die wildbedryf en veral die
“ekso­tiese” wildbedryf is besig
om wild wat op baie plekke in
Afrika uitgedelg is, te vervang
en te hervestig sodat die toeris-
mebedryf uiteindelik weer die
voordeel sal trek uit die teen-
woordigheid van hierdie diere.
Wat verder in gedagte gehou
moet word, is dat die teel van
topdiere tot gevolg het dat die
uitvaldiere weer op hul beurt
beskikbaar gestel word aan die
jagbedryf. Dit is ook hier
LINKS: Gesogtegrootwild,
soosbuffels,wordookopGa-
mevestseplaseaangehou.
ONDER:Beleggingsindieregte
wildhougrootwinspoten­siaalin
sooswatsaalrugblesbokkeindie
jongstetydbewyshet.
FOTO’S:VERSKAF,GAMEVEST


78 | Landbouweekblad | www.Landbou.com 24 Julie 2015
FOKUSFOKUS WILDBEDRYF
waar daar ’n bietjie suur drui-
we is, veral vanuit die plaaslike
mark waar plaaslike jagters jare
lank bederf is deur belaglik lae
pryse in die wildbedryf. Die lae
jagpryse het boere genoop om
met beeste en ander vee te boer
wat op hul beurt groot probleme
in veral die Bosveld veroorsaak
het weens indringerplante en
oorbeweiding.
Ons is tans nog net by die punt
van die ysberg in die eksotiese
en normale wildbedryf. Afrika lê
braak vir die herlewing van wild
in talle oorde. Wildboere word
reeds vanuit verre oorde oorval
met navrae rondom die uitvoer
van wild en die werklike uitvoer
daarvan gebeur reeds onder al-
mal se neuse.
Ek stel dit onomwonde dat as
die wildbedryf in ’n ekonomiese
borrel is, dan sou ’n mens kon
redeneer dat die mynbedryf of
die tabakbedryf waarby Rupert
betrokke is, ook in ’n “borrel” is.
Die grondslag van daardie
bedrywe bestaan uit natuurlike
grondstowwe. Wild is iets wat
van die vasteland kom. Dit is ’n
wonderlike, opbouende bedryf
wat nie soveel verwoesting en
benadeling inhou soos die myn-
bedryf of die tabakbedryf nie.
Ek betaal veel eerder R1 mil-
joen vir ’n pragtige teeldier wat
miljoene mense plesier gaan
verskaf om na hierdie pragtige
diere en hul aanteel te kyk, as
wat ek R10 vir ’n pakkie sigarette
gaan betaal wat my dood of siek-
te gaan verseker. As daar nou
‘n “borrel” is wat ek persoonlik
hoop gaan bars, is dit beslis die
sigaretbedryf s’n.
Gamevest se bestuur was ver-
lede jaar betrokke by een van die
grootste private plaastransaksies
in die land se geskiedenis toe die
organisasie meer as 26 000 ha
top-wildplase ter waarde van so-
wat R500 miljoen aan een nuwe
buitelandse eienaar verkoop het.
Die spesifieke transaksie waar-
by Gamevest betrokke was, is
’n onbetwisbare aanduiding van
die beleggingsvertroue in die
wildbedryf.
Die Gamevest-groep is ook
betrokke by ’n verdere beleg-
gingstransaksie van meer as
R1 miljard in die wildbedryf. Dit
onderskryf net weer die vertroue
in die wildbedryf.
Doemprofete is vinnig om
die wildbedryf te bestempel as
’n “borrel” wat gaan bars.
As ’n organisasie verkies
Gamevest egter om die leiding
van suksesvolle sakemanne en
boere, soos mnre. Norman Ada-
mi (gewese voorsitter van SA
Brouerye), Pieter Bellingham,
Jacques Malan (eienaar van die
Malan & Seuns Groep), Piet
du Toit, adjunkpresident Cyril
Ramaphosa en honderde ander
vooraanstaande sakemanne en
suksesvolle boere te neem as ’n
beter maatstaf vir die toekoms
van die bedryf.
GEMAK VAN BELEGGING
LBW: Hoe maklik is dit om in
wild te belê en wat is die beleg-
ger se verantwoordelikhede?
AM: Met goed deurdagte en
deeglike huiswerk is dit moont-
BO: Skaarswildsoorte,
soosbastergemsbokke,
isgewildebeleggings,
maardiébokkevergdie
nodigeaanhoudings-
gerieweenbestuurom
suksesvolvoortteplant.
LINKS: Swartwitpense
isaanvandieboksoorte
waarmeebeleggers’n
goeieinkomsteverdien.
FOTO’S:VERSKAF,GAMEVEST
lik vir enige voornemende
wildeienaar om te belê in die
wildbedryf waar suksesvolle
vennootskappe gesluit kan word
tussen bekwame en ervare boere
en sulke voornemende eienaars.
Gamevest bied byvoorbeeld
verskeie pakkette aan vir voor-
nemende wildeienaars.
Daar is dus verskeie beleg-
gingsgeleenthede en opsies vir
wildeienaars om betrokke te
raak in die bedryf sonder om
grond, infrastruktuur en kun-
digheid ten duurste te bekom.
Die Gamevest-model beperk
die voornemende wildeienaar
se belegging tot kapitaal. Die
grond, infrastrutuur en kundig-
heid soos hierbo gemeld, word
deur Gamevest verskaf.
LEER BY SUKSESVOLLES
LBW: Is daar voorbeelde van
suksesvolle beleggings wat die
proses kan verduidelik?
AM: Daar is tientalle suk-

sesvolle vennootskappe al ge-
sluit tussen Gamevest en nuwe
wildeienaars, soos die Top-
deck-transaksie.
’n Verdere voorbeeld is waar
’n gewese plaasbestuurder van
Game­vest ’n klein rooibokteel-
trop met gesplete gene gekoop
het. Dié teeltroppie het in min-
der as ’n jaar deurslaggewende
groei vir die bestuurder opgele-
wer deurdat die trop reeds die
eerste swart lammers gelewer
het.Diewaardedaarvanbeteken
’n suksesvolle belegging deur die
voormalige plaasbestuurder.
Gamevest skroom nie om sy
geouditeerde balansstate aan
voornemende wildeienaars be-
skikbaar te stel nie. Dit sal só ’n
eienaar gemoedsrus gee oor met
wie hy in vennootskap tree en
wat die werklike groei is wat
behaal kan word.
NAVRAE:Tel.012 3467931;
webwerf:www.gamevest.co.za.

More Related Content

Featured

Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Kurio // The Social Media Age(ncy)
 
Good Stuff Happens in 1:1 Meetings: Why you need them and how to do them well
Good Stuff Happens in 1:1 Meetings: Why you need them and how to do them wellGood Stuff Happens in 1:1 Meetings: Why you need them and how to do them well
Good Stuff Happens in 1:1 Meetings: Why you need them and how to do them well
Saba Software
 

Featured (20)

Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
 
How to have difficult conversations
How to have difficult conversations How to have difficult conversations
How to have difficult conversations
 
Introduction to Data Science
Introduction to Data ScienceIntroduction to Data Science
Introduction to Data Science
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best Practices
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project management
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
 
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
 
12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work
 
ChatGPT webinar slides
ChatGPT webinar slidesChatGPT webinar slides
ChatGPT webinar slides
 
More than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike Routes
More than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike RoutesMore than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike Routes
More than Just Lines on a Map: Best Practices for U.S Bike Routes
 
Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...
Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...
Ride the Storm: Navigating Through Unstable Periods / Katerina Rudko (Belka G...
 
Barbie - Brand Strategy Presentation
Barbie - Brand Strategy PresentationBarbie - Brand Strategy Presentation
Barbie - Brand Strategy Presentation
 
Good Stuff Happens in 1:1 Meetings: Why you need them and how to do them well
Good Stuff Happens in 1:1 Meetings: Why you need them and how to do them wellGood Stuff Happens in 1:1 Meetings: Why you need them and how to do them well
Good Stuff Happens in 1:1 Meetings: Why you need them and how to do them well
 

Artikel in Landbouweekblad oor Wildbedryf belegging

  • 1. 74 | Landbouweekblad | www.Landbou.com 24 Julie 2015 FOKUSFOKUS WILDBEDRYF Beleggingsopsies maak bedryf toeganklik Wildboerdery is nes enige ander boerdery ’n besig- heid. Maar anders as die meeste boerderye is dit baie algemeen dat stedelinge met ’n liefde vir die natuur en ’n hunkering om eendag self te boer begin om in die wildbedryf te belê. W ild is dikwels ’n vertakking waar- in best aande boere belê om byvoorbeeld mar- ginale grond beter te benut of hul boerderybelange te diversifiseer. Landbouweekblad het met adv. Albert Murphy, voorsitter van die Gamevest-groep, gesels oor die beleggingsmoontlikhede wat die wildbedryf inhou en hoe ’n organisasie soos Gamevest LINKS: Beleggerssewildword veiliggehouopplasemetgoeie sekuriteit.Elkedierwordgoed bestuurdeur’nspankundiges. ONDER: IndieGame- vest-groepkrybeleggersook toegangtotluukseverblyfge- riewe. FOTO’S:VERSKAF,GAMEVEST saam met beleggers werk. HOE WERK DIT? LBW: Hoe kan mense in die wildbedryf belê sonder dat hulle op ’n daaglikse grondslag regstreeks daarby betrokke is? AM: Daar is verskeie beleg- gingsgeleenthede in die wildbe- dryf waarvan Gamevest een van die voorlopers in die bedryf is. Gamevest besit en beheer ver­ skeie wildplase in Limpopo, Noordwes en die Karoo waar op uiters gevorderde en wetenskap- like grondslag met wild – veral wildsoorte met kleurvariasies – geboer en geteel word. Die organisasie gebruik kamp- stelsels met geëlektrifiseerde ho- ësekuriteitomheinings waarin geselekteerde teelgroepe geplaas word by van die beste teelramme en -bulle in Suid-Afrika. Goedopgeleidepersoneelsien om na die uiters waardevolle die- re se welstand. Daar word ook behoorlik rekord gehou van elke dier, insluitende DNS-rekords. Veeartsenydienste en gevorder- de voedingsprogramme word daagliks op die Gamevest-plase verskaf. Voornemende wildboere wat by die bedryf betrokke wil raak, kan dus wild by Game- vest aankoop, in vennootskap met Game­vest wat na die diere omsien en op ’n wetenskaplike grondslag daarmee boer. Eienaarskap van die aan- vanklike teelgroep wat deur die wildeienaar by Gamevest aange- koop word, bly dié van die wild- eienaar. Alle aanteel (nageslag) van so ’n teelgroep word daarna besit deur die vennootskap tus- sen Gamevest (60%) en die 
  • 2. 76 | Landbouweekblad | www.Landbou.com 24 Julie 2015 FOKUSFOKUS WILDBEDRYF eienaar (40%). Gamevest voorsien in hierdie vennootskap die grond, infra­ struktuur, kundigheid (bestuur en veeartsenydienste) en voer. Die voornemende wildeienaar se uitgawe is beperk tot die aanvanklike kapitaaluitleg vir die teelgroep, terwyl Gamevest daarna alle lopende koste en uitgawes dek. Die resultate wat op hierdie grondslag bereik word, is ver- stommend en uiters lonend vir albei partye. Wildeienaarswordaangemoe- dig om van tyd tot tyd na hul wild op die plase te kom kyk en benut dan die luukse verblyfgeriewe wat op die plase beskikbaar is. WIE BELÊ IN WILD? LBW: Hoe groot is die belang- stelling in sulke beleggings en wat maak dit so aanloklik? AM: Ons navorsing toon dat daar reeds meer as 3 000 wild- boere in Suid-Afrika is wat met “eksotiese” wild teel (wild met kleurvariasies). Bo en behalwe sulke gevestigde boere is daar etlike duisende voornemende wildeienaars wat tot die bedryf toetree in verskillende projekte en vennootskapsooreenkomste wat met boere gesluit word. Gamevest is self in vennoot­ skap met ’n aantal wildeienaars en hierdie vennootskappe besit reeds van die duurste en beste aanteeldiere in Suid-Afrika. Verlede jaar is die saalrugbles- bok Topdeck gekoop vir wat mense tóé gedink het ’n reusag- tige bedrag van R7,8 miljoen was. Sedertdien het mnr. Piet du Toit ’n belang van 50% in ’n ram soortgelyk aan Topdeck in Fe- bruarie vir R15 miljoen verkoop. Dit wys die verstommende potensiaal wat deur sulke be- leggings behaal kan word. RISIKOBESTUUR LBW: Wat is die risiko ver- bonde aan ’n belegging in die wildbedryf? AM: Soos met enige bedryf is daar risiko’s aan verbonde, maar in die geval van wildboerdery is dit risiko’s wat bestuur kan word. Wildboerdery word byvoor- beeld min geraak deur beurtkrag danksy die gebruik van groten- deels sonkrag vir geëlektrifiseer- de, wildwerende heinings. Trop- pe word in hoësekuriteitkampe aangehou sodat roofdiere, soos jakkalse en luiperds, van teeldie- re af weggehou word. Gamevest se teeldiere word daagliks gemonitor deur opge- leide wildmonitors op veldfietse wat al die diere daagliks tel en deurkyk as deel van die weten­ skaplike bestuur- en rekordhou- dingstelsel. Alle diere se DNS word ge- neembywysevanbloedmonsters sowel as haarmonsters. Elke dier het ’n lêer met foto’s waarin vol- ledige besonderhede van die dier aangeteken word. Verder word elke dier van ’n mikroskyfie en genommerde oorplaatjies voor- sien wat die identifikasie van elke dier moontlik maak. Danksy die individuele identi- fisering van elke dier word alle Gamevest-wildeienaars se diere inafsonderliketeelkampeaange- hou. Omdat DNS betrokke is, is dit wetenskaplik moontlik om te bewys wie die moer en vaar van elke dier op Gamevest se plase is. Danksy wetenskaplike en ge- rekenariseerde bestuurstelsels, ondersteun deur professionele, opgeleide personeel, word ri- siko’s op dié plase grotendeels beperk. GAAN DIE ‘BORREL’ BARS? LBW: Wat is jul siening rondom waarskuwings dat die ekonomiese “borrel” gaan bars? AM: Gamevest is baie bewus van die doemprofete en ongeluk- kig veral die media se “borrel”- teorie. Selfs groot kokkedore, soos dr. Johan Rupert, het ’n eier­ tjie daaroor te lê, maar ongeag sy beswering het Rupert reeds sy geld dubbel en dwars teruggekry nadat hy en sy vennote R40 mil- joen vir ’n buffel betaal het. Dit is meer as wat ek kan sê van my Richemont-aandele. Die wildbedryf en veral die “ekso­tiese” wildbedryf is besig om wild wat op baie plekke in Afrika uitgedelg is, te vervang en te hervestig sodat die toeris- mebedryf uiteindelik weer die voordeel sal trek uit die teen- woordigheid van hierdie diere. Wat verder in gedagte gehou moet word, is dat die teel van topdiere tot gevolg het dat die uitvaldiere weer op hul beurt beskikbaar gestel word aan die jagbedryf. Dit is ook hier LINKS: Gesogtegrootwild, soosbuffels,wordookopGa- mevestseplaseaangehou. ONDER:Beleggingsindieregte wildhougrootwinspoten­siaalin sooswatsaalrugblesbokkeindie jongstetydbewyshet. FOTO’S:VERSKAF,GAMEVEST  
  • 3. 78 | Landbouweekblad | www.Landbou.com 24 Julie 2015 FOKUSFOKUS WILDBEDRYF waar daar ’n bietjie suur drui- we is, veral vanuit die plaaslike mark waar plaaslike jagters jare lank bederf is deur belaglik lae pryse in die wildbedryf. Die lae jagpryse het boere genoop om met beeste en ander vee te boer wat op hul beurt groot probleme in veral die Bosveld veroorsaak het weens indringerplante en oorbeweiding. Ons is tans nog net by die punt van die ysberg in die eksotiese en normale wildbedryf. Afrika lê braak vir die herlewing van wild in talle oorde. Wildboere word reeds vanuit verre oorde oorval met navrae rondom die uitvoer van wild en die werklike uitvoer daarvan gebeur reeds onder al- mal se neuse. Ek stel dit onomwonde dat as die wildbedryf in ’n ekonomiese borrel is, dan sou ’n mens kon redeneer dat die mynbedryf of die tabakbedryf waarby Rupert betrokke is, ook in ’n “borrel” is. Die grondslag van daardie bedrywe bestaan uit natuurlike grondstowwe. Wild is iets wat van die vasteland kom. Dit is ’n wonderlike, opbouende bedryf wat nie soveel verwoesting en benadeling inhou soos die myn- bedryf of die tabakbedryf nie. Ek betaal veel eerder R1 mil- joen vir ’n pragtige teeldier wat miljoene mense plesier gaan verskaf om na hierdie pragtige diere en hul aanteel te kyk, as wat ek R10 vir ’n pakkie sigarette gaan betaal wat my dood of siek- te gaan verseker. As daar nou ‘n “borrel” is wat ek persoonlik hoop gaan bars, is dit beslis die sigaretbedryf s’n. Gamevest se bestuur was ver- lede jaar betrokke by een van die grootste private plaastransaksies in die land se geskiedenis toe die organisasie meer as 26 000 ha top-wildplase ter waarde van so- wat R500 miljoen aan een nuwe buitelandse eienaar verkoop het. Die spesifieke transaksie waar- by Gamevest betrokke was, is ’n onbetwisbare aanduiding van die beleggingsvertroue in die wildbedryf. Die Gamevest-groep is ook betrokke by ’n verdere beleg- gingstransaksie van meer as R1 miljard in die wildbedryf. Dit onderskryf net weer die vertroue in die wildbedryf. Doemprofete is vinnig om die wildbedryf te bestempel as ’n “borrel” wat gaan bars. As ’n organisasie verkies Gamevest egter om die leiding van suksesvolle sakemanne en boere, soos mnre. Norman Ada- mi (gewese voorsitter van SA Brouerye), Pieter Bellingham, Jacques Malan (eienaar van die Malan & Seuns Groep), Piet du Toit, adjunkpresident Cyril Ramaphosa en honderde ander vooraanstaande sakemanne en suksesvolle boere te neem as ’n beter maatstaf vir die toekoms van die bedryf. GEMAK VAN BELEGGING LBW: Hoe maklik is dit om in wild te belê en wat is die beleg- ger se verantwoordelikhede? AM: Met goed deurdagte en deeglike huiswerk is dit moont- BO: Skaarswildsoorte, soosbastergemsbokke, isgewildebeleggings, maardiébokkevergdie nodigeaanhoudings- gerieweenbestuurom suksesvolvoortteplant. LINKS: Swartwitpense isaanvandieboksoorte waarmeebeleggers’n goeieinkomsteverdien. FOTO’S:VERSKAF,GAMEVEST lik vir enige voornemende wildeienaar om te belê in die wildbedryf waar suksesvolle vennootskappe gesluit kan word tussen bekwame en ervare boere en sulke voornemende eienaars. Gamevest bied byvoorbeeld verskeie pakkette aan vir voor- nemende wildeienaars. Daar is dus verskeie beleg- gingsgeleenthede en opsies vir wildeienaars om betrokke te raak in die bedryf sonder om grond, infrastruktuur en kun- digheid ten duurste te bekom. Die Gamevest-model beperk die voornemende wildeienaar se belegging tot kapitaal. Die grond, infrastrutuur en kundig- heid soos hierbo gemeld, word deur Gamevest verskaf. LEER BY SUKSESVOLLES LBW: Is daar voorbeelde van suksesvolle beleggings wat die proses kan verduidelik? AM: Daar is tientalle suk-  sesvolle vennootskappe al ge- sluit tussen Gamevest en nuwe wildeienaars, soos die Top- deck-transaksie. ’n Verdere voorbeeld is waar ’n gewese plaasbestuurder van Game­vest ’n klein rooibokteel- trop met gesplete gene gekoop het. Dié teeltroppie het in min- der as ’n jaar deurslaggewende groei vir die bestuurder opgele- wer deurdat die trop reeds die eerste swart lammers gelewer het.Diewaardedaarvanbeteken ’n suksesvolle belegging deur die voormalige plaasbestuurder. Gamevest skroom nie om sy geouditeerde balansstate aan voornemende wildeienaars be- skikbaar te stel nie. Dit sal só ’n eienaar gemoedsrus gee oor met wie hy in vennootskap tree en wat die werklike groei is wat behaal kan word. NAVRAE:Tel.012 3467931; webwerf:www.gamevest.co.za.