1. jourubrieke
hoofinhoud
terug na jourubrieke
volgende artikel
vorige artikel
deur Lorraine
Joubert
Die prins wat van tempels gehou het
Die volk is tevrede en gelukkig met hul prins. Die prins is
gelukkig met sy volk. Hy is tevrede om 'n prins te wees.
Die prins het wel 'n ou swakplekkie (op die hak).
Ek skryf van 'n prins. Dié prins is nou nie juis 'n aantreklike prins met blou oë en blonde hare
nie – maar dit maak ook nie rêrig saak nie. Die prins is wel 'n baie goeie prins.
Ek weet nie of die prins in oorloë geveg en gewen het nie. Hy ry nie op 'n wit perd nie. Hy is
wel baie intelligent. Hy is ook 'n belese en berese prins. Hy is 'n goeie mens. Dit is aangenaam
om in sy geselskap te wees. Die prins is 'n gawe prins om as 'n prins te hê.
Hierdie prins is nie 'n wrede prins nie. Hy is nie 'n onaardige mens nie. Maar die prins is nie 'n
heilige nie. Hy doen wel sy hofdiens met 'n glimlag. Niemand het nodig om by die koning te
kla oor die prins nie. Sy naam is nie elke week in die poniekoerante nie. Niemand het ooit 'n
vote of non-confidence teen hom ingestel nie. Die volk is tevrede en gelukkig met hul prins.
Die prins is gelukkig met sy volk. Hy is tevrede om 'n prins te wees.
Die prins het wel 'n ou swakplekkie (op die hak).
Die prins is mal oor tempels. Enige tempels. Joodse tempels, Moslem tempels, Hindu tempels,
Oosterse tempels, heidense tempels, moderne tempels, antieke tempels – enige tempel. Die
prins besoek graag tempels. Hy loop om dit en bewonder die argitektuur. Hy neem foto’s van
die loodglasvensters. Hy waardeer die beligting, die akoestiek en die dekor in die tempels. Hy
koester die atmosfeer, die stilte, die afgesonderheid van die tempels. Waar die prins ookal
gereis het, stop hy altyd om die tempels te besoek.
Hierdie slim prins begryp egter nie dat tempels heilige plekke is nie. Hy het geen respek vir
die gebruike van die aanbidders nie. Hy het net nie die geduld om te wag vir die heilige dae
nie. Wanneer die prins reis en 'n tempel sien, wil hy die binnekant van die tempel sien. Hy is
uiters teleurgesteld wanneer hy vertel word die tempel word slegs op heilige dae besoek. Hy is
weemoedig wanneer die tempel gesluit is vir besoekers.
Hierdie ordentlike prins wil nie geduldig in die dorp wag tot die tempel oopgesluit word nie.
Hierdie gawe prins wil nie terugkeer op 'n heilige dag nie. Ai, die prins terg dan die aanbidders
en spot die heiliges!
Wanneer die heiliges en die aanbidders nie ag slaan op die prins se gehoon nie, word die prins
uiters mismoedig. In sy frustrasie onderneem hy dan om self die tempel oop te maak – hy is
immers 'n prins!
Die prins loop homself dan te pletter teen die deure van die tempel. Die aanbidders rig hoë
mure op om die tempels! Die priesters kry hofinterdikte teen die prins! Hy word verbied om
foto’s te neem! Hy word verban van die tempelgronde!
Die prins van my storie is nou seergemaak, gefrustreerd en woedend! Wat staan hom nou te
doen?
jouwêreld e-tydskrif - Die prins wat van tempels gehou het deur Lorrain... http://www.jouwereld.co.za/jr_die_prins.html#close=1
1 of 2 2010/04/09 12:32 PM
2. Leser, ek weet nie wat is die uiteinde van hierdie storie nie. Ek is net 'n skrywer en kan nie vir
'n prins vertel wat om te doen nie. Die prins moet nou self sy storie verder skryf. Ek sal duim
vashou dat hy 'n storie met 'n gelukkige einde skryf . . .
Sê jou sê oor dié of enige ander onderwerp (lees kommentaar op die brieweblad)
e-pos dié artikel
druk hierdie bladsy uit
het jy al vir ons nuusbrief ingeteken?
terug na jourubrieke
volgende artikel
vorige artikel
Boekmerk dié bladsy, of deel met 'n vriend
Hosted By Afrihost.com - The Best Web Hosting Ever!
jouwêreld e-tydskrif - Die prins wat van tempels gehou het deur Lorrain... http://www.jouwereld.co.za/jr_die_prins.html#close=1
2 of 2 2010/04/09 12:32 PM