2. Liggies sit ek hier op jou skoot. Al twee my
3-jaar oue boudjies op jou een been. My dogtertjiebeentjies hang af tussen jou
mansbene. My voetjies rus op die bank, al het Ouma gesê my voete mag nie op die
bank nie.
Mmm, jou mansbeen is só ‘n lekker kleuterstoel vir my. Ek voel so veilig en warm
hier by jou, my pa. Ek is die gelukkigste dogtertjie in die hele wêreld! My hartjie klop
warm, soos gesmelte sjokolade, in my bors.
Geluksalig lê ek teen jou groot, warm lyf aan. Ek hoor jou stem dreun terwyl jy met
Oupa gesels. Ek glimlag tevrede. Ek sit kiertsregop en begin jou gesig streel.
Om die huisie, om die huisie . . .
Jou vel is growwer en dikker as Mamma s’n. Jou baard is grof en hard. Soms,
wanneer jy my laf in my keeltjie soen, krap jou baard my seer. Jy maak asof jy nie my
handjies op jou gesig voel nie.
Om die huisie, om die huisie . . .
Ek kielie jou ore en jy vryf my hande ru van jou ore af. Hou jy nie daarvan nie?
Saggies maak ek jou oë toe, maar jy koets, ontduik my vingertjies. Ek giggel saggies.
Tevrede leun ek teen jou sterk pa-lyf aan, luister hoe jou hart teen my oor klop. My
hartjie klop sjokolade-soet liefde.
Ek sit weer regop. Stadig bring ek my gesiggie nader na jou gesig toe. Nader, nader . .
. ek giggel omdat my oë skeel begin kyk. Jy druk my ongeduldig weg. Hou jy nie
daarvan nie? Ek streel weer met my vingers oor jou gesig, jou baard.
Om die huisie, om die huisie . . .
Ek is so gelukkig hier by jou! Ek lag heerlik hardop.
Skielik pomp die woede deur jou lyf. Jou lyf is hard en kwaad. Jou gesig is kwaad en
koud. Jy skree harde woorde op my. Ek skrik. Ek kan nie hoor wat jy sê nie. Jy skree
te hard en te vinnig! Ek is bang. Jy skree nog kwaai woorde. Jou oë frons en is koud
en hard. Ek huil en gly van jou skoot af. Jy gil nog rotse woorde op my. Ek hardloop
in die gang af, na Ouma toe.
Wat het ek verkeerd gedoen? Hoekom is jy kwaad vir my? Ek is bang en deurmekaar!
My hartjie klop beangs in my keel. Hoekom is jy nie lief vir my nie? My hartjie klop
VERTELLING: Stukkie mens « jouwêreld e-tydskrif http://www.jouwereld.co.za/?p=513
2 of 5 2010-11-16 22:34