http://www.afrikanergeskiedenis.co.za/lesplanne/
Die woord GESKIEDENIS verduidelik die tyd wat verby is – die VERLEDE. “Ek het gister krieket gespeel.” GESKIEDENIS is dus iets wat alreeds plaasgevind het. Alles wat gebeur het voor hierdie oomblik. Die historiese gebeurtenisse, Nagwag van Rembrandt en die Oceanos het plaasgevind EN ek kan niks daaraan doen of verander nie al hou ek nie eers daarvan nie. Ons kan dit ook nie weer laat plaasvind nie. MAAR die manier oor hoe ons daarna kyk en daaroor praat, kan verander. Dit kan veroorsaak dat ons die verlede verskillend gaan INTERPRETEER .
4. WAT IS GESKIEDENIS?
Die woord GESKIEDENIS verduidelik die
tyd wat verby is – die VERLEDE. “Ek het
gister krieket gespeel.” GESKIEDENIS is dus
iets wat alreeds plaasgevind het. Alles wat
gebeur het voor hierdie oomblik. Die
historiese gebeurtenisse, Nagwag van
Rembrandt en die Oceanos het plaasgevind
EN ek kan niks daaraan doen of verander nie
al hou ek nie eers daarvan nie. Ons kan dit ook
nie weer laat plaasvind nie. MAAR die manier
oor hoe ons daarna kyk en daaroor praat, kan
verander. Dit kan veroorsaak dat ons die
verlede verskillend gaan INTERPRETEER .
5. WAT GEBEUR HET? Wat was die vorm van
die laer by die Slag
van Bloedrivier?
6. 1. Die woord
“Geskiedenis” is die
versamelnaam vir
alles wat in die
verlede gebeur het
2. Geskiedenis is dit
wat reeds
plaasgevind het.
Dit wil sê alles wat
gebeur het voordat
julle hier begin
lees het –
“voor nou”
7. ’n Historikus vra die volgende vrae as
hy/sy meer wil uitvind van ’n bron:
9. Dit is die aktiewe ondersoek, interpretasie,
verslaggewing en beoordeling van dit wat in die
verlede met die mense gebeur het.
10. Historiese bronne
’n BRON is ’n voorwerp of
’n plek waar historiese
getuienisse gevind kan
word.
Die versameling van historiese
getuienisse is baie soos om ’n
legkaart te pak of dit word ook soms
verduidelik aan die hand van die
werk van ’n speurder.
11. Vraag: Hoe het Jan van
Riebeeck gelyk?
Jy kan nie net die eerste
die beste boek/tydskrif
se inligting gebruik nie.
Wat van al die ander
inligting wat ook
beskikbaar is!!!!!
12. Primêre bronne
’n Primêre bron is ’n oorspronklike voorwerp of
dokument – dit is “onverwerkte” materiaal of
eerstehandse inligting .
* Primêre bronne sluit in historiese en wetlike
dokumente, ooggetuieverslae, resultate van
eksperimente, statistiese data, gedeeltes van
kreatiewe skryfwerk, asook kunsartefakte .
13. Elke bron lewer bewysstukke (getuienisse) oor die verlede op en soos ons
van een bron na die volgende beweeg, word die getuinenisse al hoe meer
volledig.
Daar is drie soorte getuienisse:
Foto’s, geboue,
standbeelde, kaarte,
monumente, grafstene,
werktuie, ens.
Vertellinge en mededelinge Amptelik, nie-amptelik en
privaat: Boeke, koerante,
dagboeke, briewe, plakkate,
ens.Iets verskrikliks
het met my
gebeur!
Wat het
gebeur ?
14. Soorte bronne wat gebruik
kan word:
1- Akademiese joernale
2- Populêre tydskrifte
3- Koerante
4- Regeringsdokumente
5- Musiek- en filmversameling
6- ’n CD/DVD-versameling
7- ’n Mikrofilm- en microfiche-versameling
8- Spesiale versamelings
15. Hiërargie van bronne
1. Algemene ensiklopedieë
2. Gespesialiseerde ensiklopedieë
3. Boeke en tydskrifte
4. Databasisse
5. Webwerwe
16. VIND PLEKKE
• Gelukkig is daar heelwat
bronne deur die verlede
agtergelaat.
Sommiges kan maklik opgespoor
word, ander is weer moeilik om te
vind.
• Daar kan egter nooit volkome sekerheid bestaan oor
presies hoe die verlede gelyk het nie omdat alle bronne nie
meer sal bestaan nie.
17. Om die verlede beter te verstaan, gebruik ons ’n paar spesiale
“lense”, soos kleurlense, om spesifieke aspekte te belig:
Partydigheid Kies jy kant?; Dink jy groep/persoon is
beter?
Belangrikheid Is die bron belangrik en is die persone
belangriker as ander?
Tyd en kronologie Verstaan die volgorde van hoe dinge
gebeur het
Kontinuïteit en
verandering
Party dinge verander aaneen terwyl
ander dieselfde bly en wat is die gevolge
daarvan
Oorsaak en gevolg Wat is die resultaat van dinge wat
plaasgevind het?
Ooreenkomste en
verskille
Watter dinge is altyd dieselfde en wat
verskil?
Mense Geskiedenis handel net oor mense
18.
19. NB Historiese Vaardighede
1. Kommunikeer alle inligting
2. Vra historiese vrae
3. Skryf inligting korrek neer wat d.m.v. navorsing
bekom is
4. Maak afleidings vanaf/vanuit historiese bronne
5. Bewus wees van meer as een siening i.v.m. die
verlede
6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak
te sien
7. Historiese empatie verstaan
8. Verstaan die korrekte historiese taal en konsepte
9. Plaas verhaal en artefakte in volgorde
10. Verskaf redes waarom ’n historiese gebeurtenis
plaasgevind het
11. Onderskei tussen verskille in verskillende tydperke