SlideShare a Scribd company logo
To promote the preservation and protection of all
languages used by peoples of the world – 2016
Inclusive Education through and with Language -
Language Matters
Elke jaar op 21 FEBRUARIE word Internasionale Moedertaaldag
deur UNESCO gevier. Taalkundige en kulturele diversiteit en
meertaligheid word op dié dag gevier.
Tale is die mees kragtige
instrument om alle aspekte,
sigbaar en nie-sigbaar, van
kultuur te beskerm en te
ontwikkel. Dit is ’n
wonderlike geleentheid om
tale en kulture te bestudeer.
UNESCO het die dag as International Mother Language Day in 1999
aanvaar. Die dag herdenk “language martyr” toe vier studente in
1952 Bangladesh gedood is. Tans word die dag herdenk deur
multikulturele feeste waar ’n verskeidenheid van tale gebruik word.
Nelson Mandela het dit as volg opgesom: “If you talk to a man
in a language he understands, that goes to his head. If you talk
to him in his language, that goes to his heart.”
Vier studente is op 21 Februarie 1952 tydens studente-onluste in Bengali,
Bangladesh dood. Die studente het betoog dat die sesde grootste taal,
BENGAALS, erken moes word as ’n amptelike taal in Pakistan. Pakistan het toe
bestaan uit Oos- en Wes-Pakistan [die huidige Bangladesh]. Die regering het
slegs URDU erken as amptelike taal van Pakistan.
Die Verenigde Nasies [VN] se
Internasionale Moedertaaldag
word jaarliks gevier op 21
Februarie. Dit word herdenk op
21 Februarie aangesien vier
studente op daardie dag in 1952
te Bengali, Bangladesh dood is.
Hulle was deel van ’n betoging
dat hulle moedertaalonderrig
wou ontvang. Die dag gedenk
ook die mensreg wat mense
toekom dat hulle hul eie
moedertaal mag gebruik.
Suid-Afrika het 11 amptelike tale – dit bewys die groot diversiteit van ons mooi
land: Afrikaans, English, isiNdebele, isiXhosa, isiZulu, Sesotho sa Leboa, Sesotho,
Setswana, Siswati, Tshivenda en Xitsonga.
“Moedertaal” is ’n leenvertaling of ’n term wat in talle Romaanse tale
voorkom: lengua materna (Spaans), lingua madre (Itali)aans en langue
maternelle (Frans).
Meer as 50% van die geskatte 7000 tale wat in die wêreld gebruik word, sal in die volgende
paar geslagte uitsterf. 96% van die moontlike tale wat gaan uitsterf, word deur slegs 4% van
die wêreld se bevolking gebruik. Slegs ’n paar honderd van die tale het hul plek in die
opvoedkundige wêreld ingeneem en minder as ’n honderd tale het ’n plek in die digitale
wêreld gekry.
Die Moedertaaldag het juis in ’n tyd ontstaan waar die meeste tale al hoe meer bedreig
word. Taal is fundamenteel daar sodat ons as mense met mekaar kan kommunikeer, en dit
is kommunikasie wat verandering en ontwikkeling moontlik maak. Deur tale te gebruik, OF
dit nie te gebruik nie, kan deure dus gesluit of oopgemaak word vir spesifieke groepe
mense.
“If language is not only the
medium of communication,
but also a means of cultural
heritage transmission
between generations, how
are our children to know
who they are and what
heritage they bring to South
Africa’s diversity?”
Mamphele Ramphele
Wat soos ’n paal bo water staan, is dat die belangrikheid van
moedertaalonderrig vandag wêreldwyd beklemtoon word. Unesco het al
selfs aanbeveel dat die gebruik van die moedertaal tot so ’n laat
moontlike stadium in die onderrig moet voortduur.
Volgens ’n wêreldverslag van
UNESCO, het kulturele diversiteit
met die draai van die eeu as ’n
sleutelbegrip na vore getree.
Hiervolgens is taal een van die
belangrikste aspekte om gestalte
aan kulturele diversiteit te gee. Taal
is nie net ’n middel tot
kommunikasie is nie; dit
verteenwoordig ’n rykdom aan
kultuurgoedere, en is ’n draer van
identiteit en waardes. Taal fasiliteer
ons intellektuele en kulturele
interaksies met ander mense. Taal
is dus ’n belangrike instrument vir
nasiebou.
UNESCO definieer moedertaalonderrig as “education which uses as its medium of
instruction a person’s mother tongue, that is, the language which a person has acquired
in early years and which normally has become his natural instrument of thought and
communication”.
Dus behels moedertaalonderrig dat leerders die fundamentele konsepte van ’n
onderwerp in hulle moedertaal geleer word. Sodra hulle hierdie konsepte begryp, kan
hulle dit toepas tydens die aanleer van ’n tweede taal. Kinders verstaan konsepte
makliker in ’n taal wat aan hulle bekend is, maar in ’n tweede taal word dit dooie woorde
wat net gememoriseer, maar nie geïnternaliseer word nie.
Die probleem is dat baie min leerders moedertaalonderrig ontvang – wat ’n reuse-
uitwerking het op hulle vermoë om die kurrikulum baas te raak.
Internasionaal word aanvaar
dat moedertaalonderrig die
mees effektiewe vorm van
onderrig is, en in ’n land met
elf amptelike tale is die taal
waarin onderrig moet geskied
’n baie belangrike besluit wat
die betrokke
onderwysowerhede moet
neem. Nie net moet die
belange van die leerders in ag
geneem word nie, maar die
politieke implikasies van so ’n
besluit moet ook deeglik
oorweeg word. Die 1976-
onluste in Soweto, waar swart
leerders in opstand gekom het
teen die gebruik van Afrikaans
as taal van onderrig, is ’n
goeie voorbeeld van wat in
gedagte gehou moet word.
’n Rigtinggewende uitspraak oor hierdie kwessie is die UNESCO-verslag van 1953,
1968 en 1972, waarin aanbeveel word dat die leerder se moedertaal as
onderrigmedium gebruik moet word vanaf die aanvang van skoolopleiding en dat dit
vir so lank as moontlik volgehou moet word, indien prakties haalbaar.
Een van die belangrikste vaardighede wat die leerder in die
aanvangsonderwys moet bemeester, is dié van lees. Volgens
navorsers, is die aanleer van die leesproses gebou op gesproke
taal (moedertaal). By ’n leerder wat in die tweede taal leer lees,
kan verwarring dus ontstaan, aangesien die visuele simbool (lees)
verskil van die ouditiewe simbool (praat). Hierdie taalverwarring
kan tot leesagterstande aanleiding gee. Is dit die rede waarom so
BAIE kinders in ons skole sukkel met lees?
Baie taalnavorsers maak die bewering dat denke deur middel van taal geskied. Indien
daar dus taalverwarring by ’n kind ontstaan, het dit ’n invloed op sy denkvermoë.
Hierdie beginsel sal bespreek word by intelligensie en akademiese prestasie.
Navorsing het getoon dat leerders wat te gou in ’n ander taal as hul moedertaal
onderrig word, ’n groot agterstand het wanneer hulle vergelyk word met leerders wat
die voorreg van moedertaalonderrig geniet
Selfs die Nepi-verslag [Opgestel deur ’n
groot groep opvoedkundiges, maar
teenstanders van ou NP-bewind gedurende
die vroeë 1990’s] van 1993 onderskryf dié
argument: “The main argument for mother-
tongue instruction is that it facilitates better
early learning ... It will ... initially be more
costly for materials production, although
there should be significant efficiency pay-
offs, and it may turn out to be less costly in
the long run in terms of skills and
knowledge attained.”
Moedertaalonderrig is een van die primêre instrumente van
bemagtiging en opheffing van derduisende leerlinge wat tans
noustrop trek omdat hulle nie toegelaat word om deur hul eie
taal tot selfverwesenliking te kom nie.

More Related Content

Viewers also liked

Presentatie Lobby & Advocacy
Presentatie Lobby & AdvocacyPresentatie Lobby & Advocacy
Presentatie Lobby & Advocacy
guest15308f
 
SK-KD Agama Katolik SMPLB – A(Tuna Netra)
SK-KD Agama Katolik SMPLB – A(Tuna Netra)SK-KD Agama Katolik SMPLB – A(Tuna Netra)
SK-KD Agama Katolik SMPLB – A(Tuna Netra)
SMA Negeri 9 KERINCI
 
Dreamworld
DreamworldDreamworld
Dreamworldbillyman
 
Misericor di ae vultus
Misericor di ae vultusMisericor di ae vultus
Misericor di ae vultus
LAURA ALEJANDRA ARTEAGA MENESES
 
Modul 5 dian haryanto 1407123394
Modul 5 dian haryanto  1407123394Modul 5 dian haryanto  1407123394
Modul 5 dian haryanto 1407123394
dian haryanto
 
Zaman batu, satu pembohongan sejarah. bahasa melayu
Zaman batu, satu pembohongan sejarah. bahasa melayuZaman batu, satu pembohongan sejarah. bahasa melayu
Zaman batu, satu pembohongan sejarah. bahasa melayu
HarunyahyaBahasaMelayu
 
Hair Ka Punchnama By Shalimar
Hair Ka Punchnama By ShalimarHair Ka Punchnama By Shalimar
Hair Ka Punchnama By Shalimar
ShalimarIndia
 
Java Thread
Java ThreadJava Thread
Java Thread
Ozay TUNCTAN
 
The Impacts of Missed Requirements in Agile Delivery
The Impacts of Missed Requirements in Agile DeliveryThe Impacts of Missed Requirements in Agile Delivery
The Impacts of Missed Requirements in Agile Delivery
Blueprint Software Systems
 
20160218 sociale media in de kinderopvang
20160218 sociale media in de kinderopvang20160218 sociale media in de kinderopvang
20160218 sociale media in de kinderopvang
I Like Media
 
[CN] 5 Things you may not know about bitcoin - Brian Armstrong
[CN] 5 Things you may not know about bitcoin - Brian Armstrong[CN] 5 Things you may not know about bitcoin - Brian Armstrong
[CN] 5 Things you may not know about bitcoin - Brian Armstrong
nextblast
 
Why is Vocational Training Important for Informal Sector
Why is Vocational Training Important for Informal SectorWhy is Vocational Training Important for Informal Sector
Why is Vocational Training Important for Informal Sector
Just.Jobs
 
Cenni su SSL/TLS Heartbleed
Cenni su SSL/TLS HeartbleedCenni su SSL/TLS Heartbleed
Cenni su SSL/TLS Heartbleed
Salvatore Lentini
 
Ruby on Rails와 함께 하는 애자일 웹 개발
Ruby on Rails와 함께 하는 애자일 웹 개발Ruby on Rails와 함께 하는 애자일 웹 개발
Ruby on Rails와 함께 하는 애자일 웹 개발
Sukjoon Kim
 
BIG BUZZ #2016
BIG BUZZ #2016 BIG BUZZ #2016
BIG BUZZ #2016
HERMANN DJOUMESSI, MA
 

Viewers also liked (17)

Presentatie Lobby & Advocacy
Presentatie Lobby & AdvocacyPresentatie Lobby & Advocacy
Presentatie Lobby & Advocacy
 
SK-KD Agama Katolik SMPLB – A(Tuna Netra)
SK-KD Agama Katolik SMPLB – A(Tuna Netra)SK-KD Agama Katolik SMPLB – A(Tuna Netra)
SK-KD Agama Katolik SMPLB – A(Tuna Netra)
 
E
EE
E
 
Dreamworld
DreamworldDreamworld
Dreamworld
 
Misericor di ae vultus
Misericor di ae vultusMisericor di ae vultus
Misericor di ae vultus
 
Kottayam apcc2013
Kottayam apcc2013Kottayam apcc2013
Kottayam apcc2013
 
Modul 5 dian haryanto 1407123394
Modul 5 dian haryanto  1407123394Modul 5 dian haryanto  1407123394
Modul 5 dian haryanto 1407123394
 
Zaman batu, satu pembohongan sejarah. bahasa melayu
Zaman batu, satu pembohongan sejarah. bahasa melayuZaman batu, satu pembohongan sejarah. bahasa melayu
Zaman batu, satu pembohongan sejarah. bahasa melayu
 
Hair Ka Punchnama By Shalimar
Hair Ka Punchnama By ShalimarHair Ka Punchnama By Shalimar
Hair Ka Punchnama By Shalimar
 
Java Thread
Java ThreadJava Thread
Java Thread
 
The Impacts of Missed Requirements in Agile Delivery
The Impacts of Missed Requirements in Agile DeliveryThe Impacts of Missed Requirements in Agile Delivery
The Impacts of Missed Requirements in Agile Delivery
 
20160218 sociale media in de kinderopvang
20160218 sociale media in de kinderopvang20160218 sociale media in de kinderopvang
20160218 sociale media in de kinderopvang
 
[CN] 5 Things you may not know about bitcoin - Brian Armstrong
[CN] 5 Things you may not know about bitcoin - Brian Armstrong[CN] 5 Things you may not know about bitcoin - Brian Armstrong
[CN] 5 Things you may not know about bitcoin - Brian Armstrong
 
Why is Vocational Training Important for Informal Sector
Why is Vocational Training Important for Informal SectorWhy is Vocational Training Important for Informal Sector
Why is Vocational Training Important for Informal Sector
 
Cenni su SSL/TLS Heartbleed
Cenni su SSL/TLS HeartbleedCenni su SSL/TLS Heartbleed
Cenni su SSL/TLS Heartbleed
 
Ruby on Rails와 함께 하는 애자일 웹 개발
Ruby on Rails와 함께 하는 애자일 웹 개발Ruby on Rails와 함께 하는 애자일 웹 개발
Ruby on Rails와 함께 하는 애자일 웹 개발
 
BIG BUZZ #2016
BIG BUZZ #2016 BIG BUZZ #2016
BIG BUZZ #2016
 

More from DonovanHeunis

Makro idees 2016.2 cn
Makro idees 2016.2 cnMakro idees 2016.2 cn
Makro idees 2016.2 cn
DonovanHeunis
 
Lees 10 11 12
Lees 10 11 12Lees 10 11 12
Lees 10 11 12
DonovanHeunis
 
Historiese proses oefening vyf
Historiese proses oefening vyfHistoriese proses oefening vyf
Historiese proses oefening vyf
DonovanHeunis
 
Historiese proses oefening vier
Historiese proses oefening vierHistoriese proses oefening vier
Historiese proses oefening vier
DonovanHeunis
 
Historiese proses oefening een
Historiese proses oefening eenHistoriese proses oefening een
Historiese proses oefening een
DonovanHeunis
 
Lees 7 8 9
Lees 7 8 9Lees 7 8 9
Lees 7 8 9
DonovanHeunis
 
Historiese proses oefening twee
Historiese proses oefening tweeHistoriese proses oefening twee
Historiese proses oefening twee
DonovanHeunis
 
Vleiedag
Vleiedag Vleiedag
Vleiedag
DonovanHeunis
 
4 holocaust
4 holocaust4 holocaust
4 holocaust
DonovanHeunis
 

More from DonovanHeunis (9)

Makro idees 2016.2 cn
Makro idees 2016.2 cnMakro idees 2016.2 cn
Makro idees 2016.2 cn
 
Lees 10 11 12
Lees 10 11 12Lees 10 11 12
Lees 10 11 12
 
Historiese proses oefening vyf
Historiese proses oefening vyfHistoriese proses oefening vyf
Historiese proses oefening vyf
 
Historiese proses oefening vier
Historiese proses oefening vierHistoriese proses oefening vier
Historiese proses oefening vier
 
Historiese proses oefening een
Historiese proses oefening eenHistoriese proses oefening een
Historiese proses oefening een
 
Lees 7 8 9
Lees 7 8 9Lees 7 8 9
Lees 7 8 9
 
Historiese proses oefening twee
Historiese proses oefening tweeHistoriese proses oefening twee
Historiese proses oefening twee
 
Vleiedag
Vleiedag Vleiedag
Vleiedag
 
4 holocaust
4 holocaust4 holocaust
4 holocaust
 

Moedertaal

  • 1. To promote the preservation and protection of all languages used by peoples of the world – 2016 Inclusive Education through and with Language - Language Matters
  • 2. Elke jaar op 21 FEBRUARIE word Internasionale Moedertaaldag deur UNESCO gevier. Taalkundige en kulturele diversiteit en meertaligheid word op dié dag gevier.
  • 3. Tale is die mees kragtige instrument om alle aspekte, sigbaar en nie-sigbaar, van kultuur te beskerm en te ontwikkel. Dit is ’n wonderlike geleentheid om tale en kulture te bestudeer.
  • 4. UNESCO het die dag as International Mother Language Day in 1999 aanvaar. Die dag herdenk “language martyr” toe vier studente in 1952 Bangladesh gedood is. Tans word die dag herdenk deur multikulturele feeste waar ’n verskeidenheid van tale gebruik word. Nelson Mandela het dit as volg opgesom: “If you talk to a man in a language he understands, that goes to his head. If you talk to him in his language, that goes to his heart.”
  • 5. Vier studente is op 21 Februarie 1952 tydens studente-onluste in Bengali, Bangladesh dood. Die studente het betoog dat die sesde grootste taal, BENGAALS, erken moes word as ’n amptelike taal in Pakistan. Pakistan het toe bestaan uit Oos- en Wes-Pakistan [die huidige Bangladesh]. Die regering het slegs URDU erken as amptelike taal van Pakistan.
  • 6. Die Verenigde Nasies [VN] se Internasionale Moedertaaldag word jaarliks gevier op 21 Februarie. Dit word herdenk op 21 Februarie aangesien vier studente op daardie dag in 1952 te Bengali, Bangladesh dood is. Hulle was deel van ’n betoging dat hulle moedertaalonderrig wou ontvang. Die dag gedenk ook die mensreg wat mense toekom dat hulle hul eie moedertaal mag gebruik.
  • 7. Suid-Afrika het 11 amptelike tale – dit bewys die groot diversiteit van ons mooi land: Afrikaans, English, isiNdebele, isiXhosa, isiZulu, Sesotho sa Leboa, Sesotho, Setswana, Siswati, Tshivenda en Xitsonga.
  • 8. “Moedertaal” is ’n leenvertaling of ’n term wat in talle Romaanse tale voorkom: lengua materna (Spaans), lingua madre (Itali)aans en langue maternelle (Frans).
  • 9. Meer as 50% van die geskatte 7000 tale wat in die wêreld gebruik word, sal in die volgende paar geslagte uitsterf. 96% van die moontlike tale wat gaan uitsterf, word deur slegs 4% van die wêreld se bevolking gebruik. Slegs ’n paar honderd van die tale het hul plek in die opvoedkundige wêreld ingeneem en minder as ’n honderd tale het ’n plek in die digitale wêreld gekry. Die Moedertaaldag het juis in ’n tyd ontstaan waar die meeste tale al hoe meer bedreig word. Taal is fundamenteel daar sodat ons as mense met mekaar kan kommunikeer, en dit is kommunikasie wat verandering en ontwikkeling moontlik maak. Deur tale te gebruik, OF dit nie te gebruik nie, kan deure dus gesluit of oopgemaak word vir spesifieke groepe mense.
  • 10. “If language is not only the medium of communication, but also a means of cultural heritage transmission between generations, how are our children to know who they are and what heritage they bring to South Africa’s diversity?” Mamphele Ramphele
  • 11. Wat soos ’n paal bo water staan, is dat die belangrikheid van moedertaalonderrig vandag wêreldwyd beklemtoon word. Unesco het al selfs aanbeveel dat die gebruik van die moedertaal tot so ’n laat moontlike stadium in die onderrig moet voortduur.
  • 12. Volgens ’n wêreldverslag van UNESCO, het kulturele diversiteit met die draai van die eeu as ’n sleutelbegrip na vore getree. Hiervolgens is taal een van die belangrikste aspekte om gestalte aan kulturele diversiteit te gee. Taal is nie net ’n middel tot kommunikasie is nie; dit verteenwoordig ’n rykdom aan kultuurgoedere, en is ’n draer van identiteit en waardes. Taal fasiliteer ons intellektuele en kulturele interaksies met ander mense. Taal is dus ’n belangrike instrument vir nasiebou.
  • 13. UNESCO definieer moedertaalonderrig as “education which uses as its medium of instruction a person’s mother tongue, that is, the language which a person has acquired in early years and which normally has become his natural instrument of thought and communication”. Dus behels moedertaalonderrig dat leerders die fundamentele konsepte van ’n onderwerp in hulle moedertaal geleer word. Sodra hulle hierdie konsepte begryp, kan hulle dit toepas tydens die aanleer van ’n tweede taal. Kinders verstaan konsepte makliker in ’n taal wat aan hulle bekend is, maar in ’n tweede taal word dit dooie woorde wat net gememoriseer, maar nie geïnternaliseer word nie. Die probleem is dat baie min leerders moedertaalonderrig ontvang – wat ’n reuse- uitwerking het op hulle vermoë om die kurrikulum baas te raak.
  • 14. Internasionaal word aanvaar dat moedertaalonderrig die mees effektiewe vorm van onderrig is, en in ’n land met elf amptelike tale is die taal waarin onderrig moet geskied ’n baie belangrike besluit wat die betrokke onderwysowerhede moet neem. Nie net moet die belange van die leerders in ag geneem word nie, maar die politieke implikasies van so ’n besluit moet ook deeglik oorweeg word. Die 1976- onluste in Soweto, waar swart leerders in opstand gekom het teen die gebruik van Afrikaans as taal van onderrig, is ’n goeie voorbeeld van wat in gedagte gehou moet word.
  • 15. ’n Rigtinggewende uitspraak oor hierdie kwessie is die UNESCO-verslag van 1953, 1968 en 1972, waarin aanbeveel word dat die leerder se moedertaal as onderrigmedium gebruik moet word vanaf die aanvang van skoolopleiding en dat dit vir so lank as moontlik volgehou moet word, indien prakties haalbaar.
  • 16. Een van die belangrikste vaardighede wat die leerder in die aanvangsonderwys moet bemeester, is dié van lees. Volgens navorsers, is die aanleer van die leesproses gebou op gesproke taal (moedertaal). By ’n leerder wat in die tweede taal leer lees, kan verwarring dus ontstaan, aangesien die visuele simbool (lees) verskil van die ouditiewe simbool (praat). Hierdie taalverwarring kan tot leesagterstande aanleiding gee. Is dit die rede waarom so BAIE kinders in ons skole sukkel met lees?
  • 17. Baie taalnavorsers maak die bewering dat denke deur middel van taal geskied. Indien daar dus taalverwarring by ’n kind ontstaan, het dit ’n invloed op sy denkvermoë. Hierdie beginsel sal bespreek word by intelligensie en akademiese prestasie. Navorsing het getoon dat leerders wat te gou in ’n ander taal as hul moedertaal onderrig word, ’n groot agterstand het wanneer hulle vergelyk word met leerders wat die voorreg van moedertaalonderrig geniet
  • 18. Selfs die Nepi-verslag [Opgestel deur ’n groot groep opvoedkundiges, maar teenstanders van ou NP-bewind gedurende die vroeë 1990’s] van 1993 onderskryf dié argument: “The main argument for mother- tongue instruction is that it facilitates better early learning ... It will ... initially be more costly for materials production, although there should be significant efficiency pay- offs, and it may turn out to be less costly in the long run in terms of skills and knowledge attained.”
  • 19. Moedertaalonderrig is een van die primêre instrumente van bemagtiging en opheffing van derduisende leerlinge wat tans noustrop trek omdat hulle nie toegelaat word om deur hul eie taal tot selfverwesenliking te kom nie.