1. Hoe en wanneer het die VOC die Kaap beset?
De Vereenigde Oostindische Compagnie of in hedendaagse spelling Verenigde Oost-Indische Compagnie,
afgekort tot VOC (1602 - 1798/1799), was een particuliere Nederlandse handelsonderneming met een
monopolie op de overzeese handel tussen de Republiek der Zeven Verenigde Nederlanden en het gebied
ten oosten van Kaap de Goede Hoop en ten westen van de Straat Magellaan.
De VOC werd in 1602 opgericht als de Generale Vereenichde
Geoctroyeerde Compagnie
Wie was die VOC?
4. Landing van Van Riebeeck aan die Kaap
Martiens van Bart
DIE bekende skildery van Charles Davidson Bell (1813–1882) wat die landing van
kmdr. Jan van Riebeeck en sy gevolg op Tafelberg se strand in April 1652 uitbeeld,
het in 1851 op die First Exhibition of the Fine Arts ’n goue medalje aan die skilder
besorg.
Bell was van Skotse herkoms en ’n kleinneef van die indertydse Britse
goewermentsekretaris aan die Kaap, sir John Bell, wat Charles as
goewermentslandmeter aangestel het.
Phillida Brooke Simons gee in haar onlangse verskene biografie The Life and Work
of Charles Bell, Fernwoord Press, die titel van hierdie skildery aan as The landing
of Van Riebeeck, 1652. 1850.
5. In sy sinopsis van Bell in die Standard Encyclopaedia of Southern Africa,
Nasou 1970, skryf Frank R. Bradlow: "A competent artist, he (Bell) won a
gold medal in the Fine Arts Exhibition of 1851 for the 'best original
historical painting in oil of the Cape' with his painting the Landing of Van
Riebeeck at the Cape of Good Hope, 1652." (vol. 2, p. 127).
Poskaarte
met ’n afbeelding van dié skildery word verkoop by die SA Biblioteek,
waar die oorspronklike werk ook bewaar word. ’n Byskrif op die poskaart
lui egter: Jan van Riebeeck ontmoet die Hottentotte/ Jan van Riebeeck
meets the Hottentots April 1952 deur/by Charles D. Bell 1860.
Aan die linkerkant van die groot skildery (75,9 cm x 92 cm) beeld Bell die
landing van ’n skuit uit met matrose wat swaar bagasie aan wal dra. Die
sentrale groep, vyf Hollanders in Europese kleredrag van die middel
sewentiende eeu, het die Nederlandse vaandel by hulle. Regs is vier
inboorlinge (twee mans en twee vroue) in hul eiesoortige kleredrag. Drie
sit en een man staan regop voor die Hollanders en beduie met sy
vingers.
6. Brooke Simons skryf hieroor (uit Engels vertaal): "Alhoewel hierdie prent
oor die jare telkemale as illustrasie in verskeie geskiedenisboeke gebruik
is, is dit natuurlik ’n geïdealiseerde samestelling van wat gebeur het, in die
besonder as uitbeelding van die kommunikasie tussen Van Riebeeck en sy
metgeselle en die Khoisan-inwoners van die Kaap.
"Die heroïese kwaliteit van die styl van die skildery – in die noue,
piramidale groepering van die Europeërs, gebaai in die lig van die sentrale
komposisie – is Bell se respons op die uitbeelding wat die
kunstentoonstelling gestel het ten opsigte van die akademiese skilderwerk
aan die Kaap," skryf sy.
’n Leser van Die Burger het onlangs in die meningskolomme beweer dit is
’n "mite" dat hierdie skildery Van Riebeeck se aankoms aan die Kaap
uitbeeld.
Volgens hom beeld dit "Van Riebeeck se eerste ontmoeting met die
'Hottentotte'" uit. Hy het egter nie sy besondere inligtingsbron aangegee
nie.
7. ’n Ander (wit, Afrikaanse) leser het telefonies beweer dat die skildery "gee
aanstoot aan die gekleurde Kapenaars omdat dit hul voorsate in ’n
minderwaardige posisie teenoor die Europeërs uitbeeld".
Ontleed ’n mens dié skildery objektief, blyk dit ’n getroue weergawe te wees
van die kleredrag van die mense van daardie tyd. Bell het graag die bruin
Kapenaars wat hy teengekom het (weliswaar twee eeue ná Van Riebeeck se
aankoms) geskilder. Dit is uit sy werk duidelik dat hy dit akkuraat en met
groot deernis gedoen het en dat hy hulle so kultureel getrou moontlik wou
uitbeeld.
Talle kunswerke deur ander kunstenaars, antropoloë en ontdekkingsreisigers
soos onder andere Robert Jacob Gordon, Charles D’Oyly, Samuel Daniel,
Thomas Bain, George Angas, Christian Latrobe en Frederick I’Ons bevestig
die noukeurigheid van Bell se waarneming en die uitbeelding van sy
onderwerpe.
By Bell is geen teken van rassisme te bespeur nie, eerder verwondering aan
die inheemse Kapenaars wat so wesenlik en verrassend anders is (as die
Skotte van Edinburgh, byvoorbeeld).
8. ’n Besonderse veelsydige mens was Charles Bell (1813-1882) – ’n
Skot wat in 1833 as landmeter-tekenaar na die Kaap gekom het. Hy
was ook ’n baie goeie tekenaar van verskillende onderwerpe. Sy
olieverfskilderye het sterk romantiese elemente in. Om ’n "groot"
gebeurtenis wat twee eeue te vore plaasgevind het geheel en al uit
die fantasie te skilder, is op sigself al iets besonders vir sy tyd. In ’n
grotendeels monochromiese bruinerige omgewing staan die
kommandeur Jan van Riebeeck en sy geselskap in kleurryke en
smetlose kleding, trots en waardig op ’n effense hoogtetjie en deur
’n sonstraal beskyn teenoor die nederige verteenwoordigers van die
Strandlopers.
BRON: Kuns in SA, 1981
9. Vanaand (5/4/1652) het Jan van Riebeeck
aan die skipper David Connick opdrag
gegee om die volgende dag teen
dagbreek te land. Hy moes met ses
soldate gaan soek of daar briewe onder
die gebruiklike klippe gelaat is. Dan moet
hulle visvang in die Verse rivier en groente
saambring vir die bemanning.
BRON: Nuusbode, A.J. Boeseken, 1952, p. 4.
10.
11.
12.
13.
14.
15. In die meegaande
spotprent deur T.O.
Honiball (1905–1990)
gebruik hy juis die
bekendheid van Bell se
skildery vir advertensie-
doeleindes (’n
wynpromosie). Vandag
sal hierdie spotprent nie
dieselfde impak hê nie.
Maar soos die Suidoos,
die Kaapse Dokter
skadelike dinge
wegwaai, só sal
veranderende tye ook in
hierdie geval straks ’n
genesende amnesie
bring.
16. Maar met die winde van veranderinge het dit skynbaar daar afgewaai en dié wat
oorleef het, “skuil” nou in pakkamers, vergete. Die emosies wat dit by baie
hedendaagse aanskouers ontlok, is die vernaamste rede. Soos die geval is met baie
skilderye van weleer is dit die inhoud – die tema en die spesifieke manier waarop
dit aangebied word – wat kwetsend mag wees.
Wanneer ’n objek soos Tafelberg komieklik verbeeld is, lag ons en merk op dat die
kunstenaar seker nooit self die berg gesien het nie. En dit was inderdaad soms die
geval. Ook het herhaalde kopiëring van swakkerige oorspronklikes soms bygedra tot
nóg belagliker weergawes.
17. Riebeeck as die hoogste figuur in die komposisie geplaas, asook die enigste een
wat ’n blou gewaad aan het. Interessant dat hy die ander Nederlanders, behalwe
die swartgeklede prediker (sieketrooster), in rooi getooi het. Gewoonlik sal die
sentrale persoon of fokuspunt in ’n opvallender kleur uitgebeeld word.
Ook interessant dat die Khoi-mense wel eenvoudig voorkom, maar tog nie so
grotesk soos in sekere ander uitbeeldings nie. Met die eerste oogopslag lyk hulle
baie soos bedelaars (bergies?), maar dan merk mens dat hulle relatief eenvoudig.
maar nie armoedig geklee is nie. Hulle kniel ook nie – vry mense dié, nie slawe
nie! Die man (Autshumao/Herrie?) wat met Van Riebeeck praat, word byna op
dieselfde hoogte as hy geposisioneer.
Die feit dat die res van die Khoi-Khoi sit, beteken nie noodwendig dat hulle dit
doen om onderdanigheid te betoon nie – altans nie spesifiek aan die
aankomelinge van oorsee nie. Bell het skynbaar moeite gedoen om die kleredrag
en gelaatstrekke van die betrokke mense te bestudeer, oftewel verteenwoordigers
van die twee groepe.
18. Die onderhandelinge het duidelik reeds begin, want ’n kis is oopgemaak en dit
lyk asof die Khoi-leierfiguur besig is om te met sy vingers ’n getal aandui; dus sy
voorwaardes te stel, met sy mense wat aandagtig toekyk. Met hierdie skildery
het Bell ’n goue medalje gewen by die Eerste Uitstalling van die Skone Kunste
in 1851 (aan die Kaap), vir die beste historiese skildery – ’n heroïese,
geïdealiseerde voorstelling van die gebeure wat 16 April so ’n betekenisvolle
dag gemaak het.
Die Europeërs staan in ’n sonkol te midde van heelwat wolkbedekking – dalk
nie net asof ’n lig op hulle skyn soos op ’n verhoog nie, maar asof die son oor
Afrika opgekom het of deur onweerswolke gebreek het. Miskien ’n aanduiding
dat die Westerse beskawing dinge sou verbeter, soos toe deur kolonialiste en
Empaaierbouers soos Bell geglo is.
Vandag is dít ’n aanvegbare standpunt. Tafelberg en omstreke wat die
agtergrond uitmaak, is heel goed geskilder en die groene en bruine is tipies van
die klassieke akademiese tradisie. Só ook is die kleredrag en wapentuig
gedetailleerd en op die oog af korrek. Uiteindelik is dit die simboliek wat kwets.