2. HERSIENING
Drama Elemente Tegniese Hulpbronne Karakterisering
Tema Dekor/Stel Fisies:
Karakters Rekwisiete postuur, bewegings,
Dialoog en Taal Kostuums gesigsuitdrukking,
Struktuur Grimering mannerismes
Sosio-Politieke Agtergrond Klank
Beligting Vokaal:
toon, toonhoogte, ritme,
frasering, volume, tempo,
klem, artikulasie, aksent
3. TIPES MEDIA
• Media dra altyd boodskap oor
• Bewus van:
• Wie dra boodskap uit?
• Na wie?
• Wat kry hulle daaruit?
• Wat is ingesluit/ word uitgelos?
• Hoe beinvloed boodskap ontvanger?
• Media- positief en negatief
• Inliging oordra EN beinvloed/ manipuleer
• Bewus van invloed van media bevraagteken, nie net aanvaar
5. DIE UITWERKING WAT DIE MEDIA OP ONS
LEWENS HET
• Wat is die rol van die media?
• Die inligting word op TV, die internet of die radio uitgesaai,
of dit word in tydskrifte en koerante, op plakkate en
reklameborde, of in ’n ander gedrukte vorm gepubliseer.
• Mense gebruik die media om uit te vind oor die finansiële
markte, die weer, die jongste nuus, en die skindernuus op
die sosiale front.
6. BELANGRIKE TERME
• 1. Sensuur: die verwydering van ‘n artikel, of film of program wat
polities gevaarlik, of aanstootlik of immoreel is; of die verwydering van
dele sodat die leser of kyker nie die hele boodskap kry of die
geheelbeeld sien nie.
• 2. Ouderdomsbeperking: die beperking van die ouderdomsgroep wat na
’n program mag luister, ’n rolprent mag kyk, of ’n boek of artikel mag
lees.
• 3. Verberging van identifikasie: die identiteit van ’n persoon wat
betrokke was by ’n insident waaroor daar in die media verslag gedoen is,
word weggesteek. Moontlik iemand wat dood is, of daarvan verdink word
dat hulle ’n misdaad gepleeg het, of wat moontlik ’n ooggetuie was.
7. BELANGRIKE TERME
• 4. Helde en skurke: die media kan mense as ’n held of ’n skurk uitbeeld; dit
gee vir die media baie mag, want hulle kan beïnvloed hoe ons oor mense voel.
• 5. Sosiale verantwoordelikheid:die media het ’n belangrike plig om inligting en
nuus aan lede van die samelewing oor te dra; hulle moet betroubare bronne van
inligting wees.
• 6. Objektiwiteit: die inligting wat aangebied word, word nie deur persoonlike
gevoelens beïnvloed nie; dit word bloot op feite gebasseer.
• 7. Subjektiwiteit: die inligting waaroor verslag gedoen word, word beïnvloed
deur die verslaggewer se eie mening gevoelens en ervarings.
• 8. Propoganda: om inligting en idees aan te bied wat nie waar is nie, of wat
oordryf word ten einde ondersteuning vir ’n saak of politieke leier te wen.
• 9. Nuwe tegnologie: deur die ontwikkeling van nuwe vaardighede en toerusting
kan inligting van ’n beter gehalte aan meer mense, in ’n korter tyd as ooit te
vore aangebied word.
8. FILMTAAL
• Hoe word ‘n televisieprogram gemaak?
• Wanneer jy deur die lens van ’n kamera kyk, sal jy ’n raam of raster
sien.
• Dit is wat die filmmakers en fotograwe bedoel wanneer hulle sê hulle het
“’n raam geskiet”.
• Verskillende tipes “rame”
9. FILMTAAL
• Daar is verskillende tipes skote:
• Afstandskoot (L.S.)
• Mid- of Medium Skoot (M.S.)
• Nabyskoot (N.S. of, meer algemeen, “C.U.”= “Close Up”
• Uiterse Naby Skoot (“extreme close-up)