Gr9 drama

7,023 views

Published on

0 Comments
0 Likes
Statistics
Notes
• Be the first to comment

• Be the first to like this

No Downloads
Views
Total views
7,023
On SlideShare
0
From Embeds
0
Number of Embeds
58
Actions
Shares
0
Downloads
79
Comments
0
Likes
0
Embeds 0
No embeds

No notes for slide

Gr9 drama

1. 1. Drama Graad 9
2. 2. Kommunikeer deur Drama

’ n Toneelstuk bestaan uit talle elemente

Struktuur van ‘n toneelstuk/drama

Kan jul dit beskryf?

Die storie word met ’n begin, ’n klimaks en ’n einde vertel.

3. 4. Openingstoneel

Vertel van die spesifieke omstandighede en redes vir die karakters se latere optrede.

4. 5. Dialoog

Wat is die doel van dialoog?

Die dialoog, oftewel die gesproke woord, sê vir ons meer oor die karakters se situasie.

Die karakters kan byvoorbeeld in ’n spesifieke dialek of op ’n spesifieke manier praat, soos sleng.

5. 6. Genres

Wat beteken dit?

Kan jul die verskillende Genres identifiseer?

6. 11. Verskillende Genres

Byvoorbeeld, ’n tragedie, ’n komedie, ’n melodrama en talle meer.

7. 12. Die gebruik van die elemente van drama om te kommunikeer

Akteurs dra ’n boodskap aan die gehoor oor

Dit kan ’n storie van geweld, mishandeling en tragedie wees.

Akteurs het goeie kommunikasie vaardighede nodig

liggame en stemme manipuleer om die karakters uit te beeld

VOORBEELD?

8. 13. Die gebruik van die elemente van drama om te kommunikeer

Mense vra dikwels, “Hoe gaan dit met jou?”. Dit maak nie saak hoe dit met ons gaan nie, ons sê gewoonlik, “Dit gaan goed, dankie”. Ons glimlag vriendelik, terwyl ons harte dalk siek of baie opgewonde voel, of iemand mis vir wie ons lief is. Maar ons kommunikeer nie ons ware gevoelens nie.

9. 14. Hoe het dit betrekking op drama?

Akteurs moet hul karakters se gedagtes en emosies uitdruk, dit maak nie saak of die karakter bang, alleen, verlief of verward is nie.

Twee vorme van kommunikasie

Kan jul hulle noem?

Verbaal & nie-verbaal

10. 15. Elemente van drama

Wanneer ons ’n verbale taal gebruik om te kommunikeer, gebruik ons woorde en frases. Akteurs kommunikeer ook met taal, maar daarby gebruik hulle die elemente van drama.

toonhoogte/stembuiging, toon, beklemtoning, pas, gebare/ beweging en postuur.

11. 16. Elemente van drama

Voorbeelde

12. 17. Belangrike definisies NB!

Karakter

‘ n Persoon in ‘n verhaal, toneelspel of film wat deur ’n akteur vertolk word.

Toonhoogte/stembuiging

’ n Verandering in hoe hoog of laag jou stem is wanneer jy praat.

Toon

die gehalte van jou stem, hoe jy met jou stem aan emosie uitdrukking gee.

13. 18. Belangrike definisies NB!

Beklemtoning

deur sekere woorde uit te lig deur die toonhoogte of toon van jou stem te verander.

Pas

die spoed waarteen jy praat.

Gebare

bewegings wat jy met jou hande, kop of gesig maak om betekenis oor te dra.

Postuur

die posisie waarin jy jou liggaam hou wanneer jy ’n aksie uitvoer.

14. 19. Hoe lyk ’n dramateks nou weer?

Titel

1. Lys van karakters met beskrywing van karakters.

2. Kort oorsig van die storie.

3. Toneel indeling.

Naam van die karakter dui die karakter se spreekbeurt aan.

Als in hakkies dui verhoogaanwysings en dekor aan.

15. 20. Ontspanning en postuur

Strek opwaarts en ontspan dan van die middellyf af. Laat jou kop tussen jou arms hang terwyl jou hande liggies op die grond raak. Kom stadig regop en ontspan jou skouers en kop. Herhaal ’n paar keer.

Staan met jou rug teen ’n muur en buig jou knieë. Kom stadig regop en voel hoe jou rug teen die muur druk. Gee ’n tree weg van die muur terwyl jy jou rug regop hou. Hierdie is die korrekte postuur om te hê.

16. 21. Asemhaling

Haal diep asem en herhaal die volgende:

Een en een is twee

(Haal weer asem)

Twee en twee is vier

Vier en vier is agt

(Haal weer asem)

Agt en agt is sestien

Sestien en sestien is twee-en-dertig.

17. 22. Toon

Gaap op ‘n “AH” klank en voel hoe jou sagte verhemelte opwaarts buig. Herhaal drie keer.

Gaap op elke van die volgende vokale- OO AH EE. Herhaal dit drie keer op elke vokaal.

18. 23. Oefening vir toonhoogte

Sê die volgende terwyl jou stem geleidelik hoër word met elke woord:

Ek kan my stem hoër en hoër laat gaan.

Herhaal dit vyf keer. Begin elke keer op ’n hoër noot, maar maak seker dat jy elke woord duidelik sê en dit nie sing nie.

Sê nou die volgende deur jou stem op elke woord geleidelik laer te maak.

Ek kan my stem laer en laer laat gaan

Herhaal ’n paar keer en maak seker dat jy dit nie sing nie.

19. 24. Artikulasie

Herhaal die volgende drie keer. Begin stadig en praat dan geleidelik al hoe vinniger. Maak seker dat jy elke klank duidelik uitspreek:

Rooi lorrie, blou lorrie.

Rooi ribbokram, rooi ribbokram.

20. 25. Die uitwerking wat die media op ons lewens het

Wat is die rol van die media?

Die inligting word op TV, die internet of die radio uitgesaai, of dit word in tydskrifte en koerante, op plakkate en reklameborde, of in ’n ander gedrukte vorm gepubliseer.

Mense gebruik die media om uit te vind oor die finansiële markte, die weer, die jongste nuus, en die skindernuus op die sosiale front.

21. 26. Belangrike terme

1. Sensuur: die verwydering van ‘n artikel, of film of program wat polities gevaarlik, of aanstootlik of immoreel is; of die verwydering van dele sodat die leser of kyker nie die hele boodskap kry of die geheelbeeld sien nie.

2. Ouderdomsbeperking: die beperking van die ouderdomsgroep wat na ’n program mag luister, ’n rolprent mag kyk, of ’n boek of artikel mag lees.

3. Verberging van identifikasie: die identiteit van ’n persoon wat betrokke was by ’n insident waaroor daar in die media verslag gedoen is, word weggesteek. Moontlik iemand wat dood is, of daarvan verdink word dat hulle ’n misdaad gepleeg het, of wat moontlik ’n ooggetuie was.

22. 27. Belangrike terme

4. Helde en skurke: die media kan mense as ’n held of ’n skurk uitbeeld; dit gee vir die media baie mag, want hulle kan beïnvloed hoe ons oor mense voel.

5. Sosiale verantwoordelikheid: die media het ’n belangrike plig om inligting en nuus aan lede van die samelewing oor te dra; hulle moet betroubare bronne van inligting wees.

6. Objektiwiteit: die inligting wat aangebied word, word nie deur persoonlike gevoelens beïnvloed nie; dit word bloot op feite gebasseer.

7. Subjektiwiteit: die inligting waaroor verslag gedoen word, word beïnvloed deur die verslaggewer se eie mening gevoelens en ervarings.

8. Propoganda: om inligting en idees aan te bied wat nie waar is nie, of wat oordryf word ten einde ondersteuning vir ’n saak of politieke leier te wen.

9. Nuwe tegnologie : deur die ontwikkeling van nuwe vaardighede en toerusting kan inligting van ’n beter gehalte aan meer mense, in ’n korter tyd as ooit te vore aangebied word.

23. 30. Van stilfotografie tot bewegende prente

Lees die onderhoud en beantwoord die vrae in jou skrif.

24. 33. Demonstreer nabeeldwerking

Kyk ’n paar sekondes na iets helders en maak dan jou oë toe. Jy sal ’n nabeeld sien van die helder voorwerp waarna jy gekyk het.

Swaai ’n aangeskakelde flitslig in ’n donker kamer rond. Jy behoort ’n ligsirkel waar te neem. (Die lig kan natuurlik op ’n gegewe oomblik net op een plek wees, maar jy behoort steeds ’n indruk van ’n ligsirkel te kry.

25. 34. Nabeeldwerking

Wat jy pas ervaar het, vorm die grondslag van “bewegende prente” of “rol prente”- film en televisie.

Dit gebeur omdat die oog die vermoë het om ’n beeld van ’n gedeelte van ’n sekonde “vas te hou” nadat dit nie meer gesien kan word nie- m.a.w. ’n beeld van wat ons gesien het, bly vir ’n paar oomblike agter, hoewel ons nie meer die werklike voorwerp kan sien nie. Sonder nabeeldwerking sou ons nie bewegende beelde kon sien nie.

26. 35. Filmtaal

Hoe word ‘n televisieprogram gemaak?

Wanneer jy deur die lens van ’n kamera kyk, sal jy ’n raam of raster sien.

Dit is wat die filmmakers en fotograwe bedoel wanneer hulle sê hulle het “’n raam geskiet”.

Verskillende tipes “rame”

27. 36. Filmtaal

Daar is verskillende tipes skote:

Afstandskoot (L.S.)

Mid- of Medium Skoot (M.S.)

Nabyskoot (N.S. of, meer algemeen, “C.U.”= “Close Up”

Uiterse Naby Skoot

28. 39. Kan jul die skote identifiseer?
29. 41. http://www.youtube.com/watch?v=LQuxuujTfUE
30. 42. Toets Kwartaal3

Invul vraestel

50 punte

60 minute

Leer Drama notas

Belangrike Definisies NB!

Struktuur van ‘n Drama visueel uit te beeld.

Verskillende Genres identifiseer

31. 43. Toets Kwartaal3

Elemente van Drama

Hoe die elemente toegepas sal word

Invloed van die media

Terme bl.4 & 5

Nabeeldwerking

Identifiseer verskillende skote