1. 126 GAME & HUNT January 2015
Buffelskraal, Albertinia
E-pos: lasarusgamefarm@gmail.com
Web: www.lasarusgamefarm.co.za
Nico, Sonette en Hertie Lerm
082 443 1147 / 082 448 3975
Nico en Sonette Lerm
Afslaer: Deon Klopper tel no – 082 802 8483
Veilingslokaal
Skool 01
Promosie-artikel
Ons breek die ys!
1ste
Produksie-wildsveiling in die Wes-Kaap
Nico en Sonette Lerm is al vir meer as 25 jaar
in die wildbedryf vanaf Limpopo tot in die Suid-
Kaap en het oorspronklik onder Lasarus Wilds-
plaas net op die jagmark gefokus. Vanaf 2009 het
ons begin wild teel onder die naam 777 Game
Breeders. Verskeie spesies is regoor die land
aangekoop om die genepoel besonders te maak.
Ons eerste produksieveiling vind plaas op 28
Maart 2015 by Lasarus-wildplaas, Albertinia, en
beloof om ’n groot geleentheid te wees aangesien
dit ’n eerste veiling van sy soort in die Wes-Kaap
sal wees.
Dit sal wildboere of persone wat tot die bedryf
wil toetree die geleentheid bied om diere van uit-
sonderlike en hoogstaande gehalte aan te koop.
Die diere is in puik kondisie en is geteel om in alle
omstandighede aan te pas.
WAT MAAK 777 GAME BREEDERS
SE DIERE SO SPESIAAL?
• Hulle kan geskuif word reg oor die land
aangesien hulle op hartwaterveld loop.
• Hulle is in kampe geteel en is semi-mak.
• Hulle eet wildspille!
• Hulle word grotendeels passief gevang om
vangstres en verliese te vermy.
• Die diere se eienaars dra die risiko van die
diere tot en met die diere afgeklim het op
die koper se eiendom.
• Die diere is ASEMROWEND.
Tydens die produksieveiling sal jy onder meer op
roomkleurige, swart-, wit-, koper- en gewone
springbokke, mak springbokke, wit-, gekolde/bont-
en geel blesbokke, swartwitpense, buffels, bos-
bokke, njalas, vaalribbokke, duikers, roans, poue,
bloukraanvoëls, takbokke, elande, rooibokke, koe-
does, gemsbokke, swartwildebees, sebra en
ander wildspesies kan bie.
BOMA- EN KATALOGUSVEILING:
’n Eerste is ook dat op alle diere wat op
KATALOGUS verkoop word, die koper slegs
50% van die koopprys betaal ná afloop van die
veiling en die balans ná vangs voor lewering.