SlideShare a Scribd company logo
1 of 8
Download to read offline
Nuus
News
Indaba
Tel: 044 923 1004 Fax: 044 923 1122 www.baviaans.gov.za info@baviaans.gov.za
01
Desember 2015
LITTEKENS VAN DIE LEWE
Kersfees 2015 is voor die deur. My hoop aan al die
inwoners van Baviaans is dat die opofferende liefde van
Jesus almal sal vervul.
Na die kruisiging van Jesus het Hy aan sy dissipels
verskyn. Geen een van hulle het Hom herken nie en Hy
moes hulle vra om na Sy hande en voete te kyk en selfs
daaraan te voel. Wel, sekerlik was aan Jesus se hande en
voete die tekens van die kruisiging. Tekens van
opoffering vir ander. Tekens van
lyding om ander se onthalwe!
Maak nie saak wie jy is nie, die
vraag bly – wat kan jy wys dat jy
vir ander mense omgee of
opoffer?
Daar is vele “merke” in ons
gemeenskappe waar die tekens
van selfsug, self-verryking baie
duidelik is, maar kan ek en jy wys
dat ons in ons daaglikse lewe vir ander mense omgee, is
daar tekens daarvan? Jesus kon Sy hande en voete wys –
wat kan ek en jy wys?
Die volgende is baie belangrik vir rekeninghouers om
te weet.
Ÿ Hoewel rekeninge soms laat is as gevolg van
omstandighede moet elke rekeninghouer weet
dat hy teen die 15de van elke maand geld aan die
munisipaliteit verskuldig is vir dienste gebruik!
Ÿ As u dus u rekening
ontvang, maak dit oop
asseblief
Ÿ Betaal die verskuldigde
bedrag
Ÿ As u voel dat daar ‘n
probleem met u rekening is,
besoek asseblief die naaste
munisipale kantoor
Ÿ As u ‘n probleem met u finansies ervaar, besoek
asseblief die naaste munisipale kantoor en tref
reëlings. Daar is vele maniere waarmee die
munisipaliteit kliënte behulpsaam kan wees
As u rekening teen die 22ste nog nie betaal is nie, of
u nog nie ‘n reëling gemaak het nie, sal u elektrisiteit
geblokkeer word of daar sal teen u opgetree word.
Daar is vele huishoudings waar belastingrekeninge
afgelewer word terwyl die eienaar òf dood òf weg òf
onopspoorbaar is. Hierdie huishoudings moet asseblief
die munisipaliteit besoek sodat reëlings getref kan word
oor die belasting.
Baie dankie vir u samewerking. Om u rekening te betaal
is die regte ding om te doen.
Aan alle inwoners ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige
nuwe jaar!
Op 10 Julie 2015 is die Sonny Goullee Museum in
Willowmore amptelik geopen. Joseph Alfred Goullee
(Sonny) het in Kaapstad groot geword en sy BSc in
Landmeterkunde aan die Universiteit van Kaapstad
behaal. Tydens die Tweede Wêreldoorlog veg hy in
Noord-Afrika en ontvang ‘n medalje vir dapperheid,
daarna werk hy as landmeter in Kenia. In 1964 vestig
hy hom in Willowmore as vennoot in ‘n landme-
terskantoor en werk hoofsaaklik in die omgewing van
Baviaans en die Langkloof.
Sonny het vele belangstellings gehad en het met
verloop van tyd ‘n groot versameling van Steentydperk
artefakte, fossiele, skedels en kameras versamel. In 1992
sterf hy en bemaak sy versameling aan die Baviaans
Munisipaliteit, tot voordeel van die gemeenskap.
Vir meer as ‘n dekade word sy versameling in karton-
dose gestoor totdat die Willowmore Toerisme Vereni-
ging ‘n projek loods om die museum op die been te
bring. Asof gestuur, verhuis Hermi Baartman en haar
gesin terselfdertyd na Willowmore. Hermi was vanaf
1994 tot 2007 hoof van die Graaff-Reinet Museum.
Na haar aftrede dien sy op die trusteeraad en die
Erfenisbewaringsvereniging. In Januarie 2014 begin sy
om die versameling skoon te maak, te sorteer en etiket-
teer.
Die museum is wel nuut en klein, maar dit is vol
interessantestukke en prente uit ander eras. Dankie
aan almal se ywer om die projek suksesvol te voltooi.
Sonny Goullee Museum
Baviaans Toerisme het in die 2013/2014 finansiële
jaar aansoek gedoen by Sarah Baartman Munisipa-
liteit vir befondsing van die Steytlerville Crafters.
R250 000 is aan die crafters toegeken vir 2014/2015,
waarmee hulle verdere mosaïkopleiding, aankoop
van materiaal, bemarking en besigheidsopleiding
ontvang het.
Anthony Matroos van AMS in Port Elizabeth is
aangestel om die opleiding aan te bied. Die oplei-
ding het oor vier dae in Mei en Junie gestrek.
Matroos het begin met persoonlike ontwikkeling,
daarna besigheidsontwikkeling, die finansiële be-
stuur van jou besigheid en die beplanning en imple-
mentering van ‘n besigheidsplan.
Hierdie opleiding het die crafters presies geleer
hoe om in ‘n suksesvolle besigheid te bestuur, die
prys vir produkte te bepaal, wie die kliënte is en die
inkomste en uitgawes te bepaal om sodoende ‘n
winsgewende besigheid te bestuur.
Bestuur Só ‘n
Suksesvolle Besigheid
02
Na aanleiding van ‘n aansoek deur Baviaans Toerisme
het Sarah Baartman R40 000 in die 2014/15 finansiële
jaar aan Toerisme toegeken om die Baviaans area te
bemark. Fluid Films van Plettenbergbaai is aangestel om
videos van die area te maak. Die maatskappy was
ongeveer ‘n maand, gedurende Mei en Junie 2015, in
die area en het ‘n totaal van 19 bemarkingsvideos ge-
skiet, waarvan daar 6 x 3 minuut, 1 x 5 minuut en 12
x 30 sekonde videos gemaak is.
Gaan kyk gerus op die Baviaans Toerisme
Webtuiste, www.baviaans.co.za en die Baviaans
Toerisme Facebook bladsy.
Die area op video vasgelê
Die Baviaans Munisipale Raad het dit goedgekeur
om R10 000 aan elk van die onderskeie Toerisme
Verenigings in Willowmore, Steytlerville, Rietbron
en Baviaanskloof te bewillig.
Die verenigings gaan die fondse soos volg benut:
Ÿ Willowmore Toerisme – Die opknap en reg-
maak van die museum en mooi maak van die
dorp.
Ÿ Steytlerville Toerisme – Die opknap en regmaak
van die familiewapens.
Ÿ Rietbron Toerisme – Opsit van dromme in die
dorp.
Ÿ Baviaanskloof Toerisme – Bemarking van die
Kloof
Toerisme Verenigings
doen dit vir hul areas
03
Baviaans Munisipaliteit het boeke terwaarde van meer as
R80 000 vir die biblioteke aangekoop met die fokus op
Afrikaanse leesboeke vir kinders, die jeug en volwassenes.
Saaimanshoek se biblioteek het ‘n biblioteka-
resse ryker geword met die aanstelling van Gerda Janse
van Rensburg. Sy is op kontrakbasis deur die
Departement van Sport, Ontspanning, Kuns & Kul-
tuur aangestel. Die departement het ook die area
in Junie besoek om boekklubs te stig. Diegene wat
belangstel om deel te wees van ‘n boekklub in hul areas
kan gerus die biblioteek besoek vir meer inligting.
Bo-baas Biblioteke
04
Soos ons, het elke eiendom sy eie identiteitsdoku-
ment – kaart en transport (titelakte). Sodra
daaraan verander gaan word soos byvoorbeeld,
onderverdeling (kleiner maak), ander grondgebruik,
verandering van eienaar, so ook konsolidasie
(vergroting) met ‘n aangrensende eiendom, enso-
voorts word die volgende instansies of persone by die
proses betrek:
1. Plaaslike munisipaliteit: vir skriftelike goedkeur-
ing van enige iets wat die eienaar met sy eiendom
beoog.
2. Voltooiing van die standaard munisipale aan-
soekvorm. Konsolidasie van aangrensende eien-
dom is verpligtend sodra daar geboue oor meer as
een erf gebou is.
3. Prokureurs: hulle is die enigste groep mense wat
toegang en magtiging het om met die verander-
ing van aktes en die aktekantoor te werk. Dit be-
hels dalk nuwe erfnommers en aktes.
4. Landmeters: om nuwe kaarte op te stel, nuwe
bakens/erfpenne te bepaal, nuwe erfnommers te
bepaal en die wysigings daarvan by die landme-
tergeneraal te finaliseer.
5. Die finansiële instelling se goedkeuring indien
daar verbande met die eiendom as sekuriteit
geregistreer is.
6. Die plaaslike gemeenskap en aangrensende eien-
aars word deur middel van advertensies en skry-
wes deur die munisipaliteit van die voorgenome
konsolidasie in kennis gestel sodat die proses
deursigtig is en dat daar kanale bestaan vir per-
sone wat dalk daarteen gekant is. Enige besware
ontvang word aan die aansoeker voorgelê vir
kommentaar en die finale goedkeuring/afkeuring
van die aansoek berus by die Raad van die plaas-
like munisipaliteit. Vir die huidige finansiële jaar
beloop die munisipale koste ten opsigte van ‘n
aansoek vir konsolidasie R4040.00 (14% belasting
ingesluit) – en dit waarborg nie goedkeuring nie.
KONSOLIDASIE VAN EIENDOMME
IN 'N MUNISIPALE GEBIED
Baviaans, Camdeboo en Ikwezi munisipaliteite gaan ont-
bind en een nuwe munisipaliteit sal in die drie se plek gestig
word. Na die verkiesing in 2016 sal daar dus nie meer ‘n
Baviaans Munisipaliteit bestaan nie.
Die nuwe munisipaliteit sal 14 wyke hê met 27 raadslede,
hierdie nuwe wyke kan besigtig word op die munisipale
webtuiste www.baviaans.gov.za of by enige van die muni-
sipale kantore.
Die amalgamasieproses volg nadat die Minister van
Plaaslike Regering ‘n Artikel 22 kennisgewing van die
Munisipale Afbakeningsraad uitgereik het, wat voorstel dat
sommige munisipaliteite geamalgameer moet word om
sodoende hulle funksionaliteit, lewensvatbaarheid en vol-
houbaarheid aan te spreek.
Die proses sluit aan by die Regering se ‘Back to Basics’
program wat beoog om gemeenskappe beter te dien, ter-
wyl die amalgamasie ‘n nuwe, lewensvatbare en finansieel
volhoubare munisipaliteit tot gevolg sal hê.
Een Nuwe Munisipaliteit
Baviaans Munisipaliteit het vier veldwerkers in
Willowmore, Steytlerville en Rietbron aangestel om
die behuisingsbehoeftes van inwoners van Baviaans te
bepaal.
Die Departement van Behuising het ter waardering
vir die munisipaliteit se poging om die
behuisingsregister op te dateer, vyf rekenaars aan die
munisipaliteit geskenk.
REKENAARS VIR VELDWERKERS
Rietbron Hoë Mas Lig SupergrassnyervirSaaimanshoek
Die instandhouding van die
Rugbyveld in Saaimanshoek
met betrekking tot gras sny is
iets van die verlede met
hierdie Turfmaster Kudu.
Die eerste wedstryd van die
seisoen is op 06 Julie daar
gespeel.
Pitch Perfect
Both cricket pitches in Wil-
lowmore and Steytlerville is
now complete. The plant-
ing of grass started in Au-
gust and the pitches will be
ready for play next season
Erasmuskloof Update
The Erasmuskloof project of the augmentation of cur-
rent bulk water supply to Steytlerville aims to increase
the capacity of the water supply and to provide a
water treatment works for the town of Steytlerville.
The progress on the project is as follows:
Ÿ Phase 1 (8.5 km pipelines): 100% completed
Ÿ Phase 2 (Eskom overhead power line): 100%
completed
Ÿ Phase 3 (13.4 km pipelines and pumping stations):
99% completed
Ÿ Phase 4/Part 1: New 1.5 million reinforced reser-
voir – 99% completed
Ÿ Phase 4/Part 2: New Waste Water Treatment
Works (WTW) and Water Mains – 82% completed
The total project value is more than R84 million and is
funded by the department of water affairs and the
Regional Regional Bulk Infrastructure Grant (RBIG)
allocated to Baviaans Municipality by the local govern-
ment.
05
R480 000 is in Rietbron
spandeer met die oprigting
van ‘n hoëmaslig in die
Vaalblok. Na ‘n verdere
spandering van R200 000 in
die huidige finansiële jaar, is
dit met Eskom gekoppel en
die lig is nou in werking.
06
Die Oostelike Provinsie Dorper Kampioenskappe het
op 17 en 18 September tydens die Steytlerville
Kleinvee Skou in dié dorp plaasgevind. Gedurende die
twee dae is meer as 200 Dorpers en Merino’s honderde
Boerbokke en 45 Angoras vertoon.
Daar was ook ‘n Jeugskou waarin 36 leerlinge van skole
in Steytlerville, Willowmore, Jansenville en Toorwater
deelgeneem het.
‘n Potjiekoskompetisie op die eerste dag is gevolg deur
‘n heerlike Marokkaanse ete en dans, aangebied deur
Steytlerville Toerisme en terwyl die mans twee dae lank
geskou het, kon die vroue hulself pamperlang met
masserings en gesigbehandelings.
Die hoofborge van die dag was ECASA (Eastern Cape
Agricultural Show Association), SAMGA (South
African Mohair Growers Association) en BKB.
Naas Barnard (Junior) & Francois Mattys (Senior)
OP Dorper Kampioenskappe
Alle huise wat deur die staat gratis aan bevoordeeldes
geskenk is, moet vir behuisingsdoeleindes gebruik
word. Dit is die wense van die Regering en byname
die Nasionale Behuisingsdepartement. Bevoordeeldes
het ook onder hierdie voorwaardes vir hul huise
geteken. Huise word nou misbruik vir ander
doeleindes en vir hierdie rede het die Raad twee
besluite geneem:
1. Geen hersoneringsaansoek om residensiële eiendom,
wat deur die staat gefinansier is, te omskep na
winkels of drinkplekke sal deur die Raad goedgekeur
word nie.
2. Onder sekere voorwaardes kan huiseienaars aansoek
vir vergunningsgebruik (consent use) doen. As
hierdie aansoek goedgekeur is, kan sodanige eienaar
‘n huiswinkel uit sy huis bedryf. Die voorwaardes
vir sodanige goedkeuring is:
Ÿ Persoon wat aansoek doen, moet ‘n Suid Afrikaanse
burger wees
Ÿ Aansoeker moet wettige eienaar van huis wees en
daarin woon
Ÿ Departement van Omgewingsgesondheid moet
klaring gee
Ÿ Die struktuur moet nog steeds as ‘n woonhuis
gebruik kan word.
Alle persele waar besighede onwettig beoefen word,
sal aan die Departement van Behuising gerapporteer
word vir verdere optrede deur die departement.
Vir Raadsdoeleindes sal sodanige besighede of
drinkplekke as onwettig beskou word en sal die
eienaars van sodanige eiendom volle
verantwoordelikheid daarvan moet neem.
Die plaaslike SAPD sal ook in kennis gestel word van
die onwettigheid van die aksies op sodanige persele.
KORREKTE HUISGEBRUIK
Die Munisipaliteit wil die publiek hiermee in kennis stel
dat die tydelike waterbeperkings opgehef word en die
inwoners van Willowmore hartlik bedank vir hulle
samewerking in hierdie verband
Gedurende die tydperk 01 Desember 2015 tot 15
Januarie 2015 kan tuine ongelukkig net gedurende die
volgende tye nat gemaak word:
Dinsdae, Donderdae en Saterdae tussen
04:00 – 08:00 en 17:00 – 20:00
Alle lekke moet asseblief. onmiddelik aangemeld word
Baie dankie vir u samewerking.
WATERBEPERKINGS
In terms of the Baviaans Municipality’s responsibility
towards Local Economic Development (LED), the
municipality must create an environment where
economic development can take place. This is done
by availing LED offices and computer training centres
with skilled employees to assist the community in
their developmental needs. No local municipality is
allowed to have a budget to fund projects. Instead,
support must be given to upcoming entrepreneurs in
terms of business plans and applications for funding.
During the past five years council focused on the
development of crafters in the area. We developed
business plans for craft training throughout the area
and were successful in obtaining a substantial amount
of funding. During the 2015/16 year, attention will
be given to the Rietbron Craft project. The Baviaans
Craft Shop in the Baviaanskloof area is one of the
outlet points of sale for products from local crafters.
Baviaans Municipality is also a co-partner in the
Path out of Poverty Programme in Rietbron and the
municipality facilitates job creation programmes.
Following a Council decision to develop a recycling
programme in Willowmore authorisation was obtained
from the Department of Economic Development and
Tourism (DEDEAT) to implement the project.
Baviaans Municipality covered the fencing costs and
a tender was awarded to Human & Snell contractors for
the building, sanitation and electrical installation,
which amounts to R 308 328.
After an application for funding submitted to the
Department of Rural Development and Land Reform
(DRDLR) the department made funds available for a
baler, which was delivered during the first week of
December.
A tender for the installation of three-phase
electricity to the site is currently underway.
More information around LED activities in the
Baviaans can be obtained from the Community
Services Department’s quarterly reports, which are
available at the libraries and information is available in
the Integrated Development Plan (IDP) of the
municipality.
RECYCLING PROGRAMME
DESEMBER KANTOORURE
Neem asseblief kennis dat die munisipale
kantore gedurende Desember op publieke
vakansiedae gesluit sal wees.
Kantore sal om 12:00 op die volgende dae
toe maak:
24 Desember (Donderdag)
31 Desember (Donderdag)
LOCAL ECONOMIC DEVELOPMENT
07
In Junie 2015 is ‘n tevredenheidsopname onder
inwoners van Baviaans gedoen.
Die doel hiervan is:
Ÿ Bewusmaking van dienste gelewer deur die
munisipaliteit
Ÿ Om die vlak van tevredenheid met die dienste
gelewer deur die munisipaliteit te bepaal
Ÿ Om voortdurende verbetering binne die
munisipaliteit te stimuleer, veral in areas waar daar
geen sigbare tekens van verbetering is nie
Ÿ Om die verwesenliking en bereiking van die
voorneme en strategiese doelwitte van die
munisipaliteit
Ÿ Om ‘n omgewing vir verbruikers te skep waarbinne
hulle hulself kan laat geld in die definiëring van hulle
behoeftes
TEVREDENHEID MET MUNISIPALE DIENSTE
Ÿ Om die verantwoordelikheid van die munisipaliteit
in terme van dienslewering te bevorder
Ÿ Om die bedreigings wat vloei uit die munisipaliteit
se onvermoë om sy funksies soos vervat in die
Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika te
verminder
Ÿ Om die prestasie van die munisipaliteit, in terme van
die Grondwetlike voorskrifte, te meet
Die volle verslag kan besigtig word op
www.baviaans.gov.za
The Spatial Planning and Land Use Management Act,
Act 16 of 2013 (SPLUMA) was approved by the
National Assembly on 5 August 2013.
The Act identifies Municipalities as the primary land
use regulators and requires district and local
municipalities to align their spatial development
frameworks and land use schemes as required by the
Municipal Systems Act.
Baviaans Council also adopted a ‘Policy on the
Requirements for Businesses to be Legal’ on 15 May
2014.
The Spatial Planning and Land Use Management
ACT (SPLUMA) along with the by-laws and the draft
policy on requirements for businesses to be legal is
available at all municipal offices and libraries.
For more information please contact the Municipal
Manager on 044 923 1004.
SPLUMA
08

More Related Content

Viewers also liked

Ford kuga pre launch video
Ford kuga pre launch videoFord kuga pre launch video
Ford kuga pre launch videoToon Coenen
 
Features and functions of statitics
Features and functions of statiticsFeatures and functions of statitics
Features and functions of statiticsbhupinder kaur
 
Erp tema10-unidad iii
Erp tema10-unidad iiiErp tema10-unidad iii
Erp tema10-unidad iiiUDO Monagas
 
Esoft Metro Campus - Certificate in c / c++ programming
Esoft Metro Campus - Certificate in c / c++ programmingEsoft Metro Campus - Certificate in c / c++ programming
Esoft Metro Campus - Certificate in c / c++ programmingRasan Samarasinghe
 
DISE - Introduction to Project Management
DISE - Introduction to Project ManagementDISE - Introduction to Project Management
DISE - Introduction to Project ManagementRasan Samarasinghe
 

Viewers also liked (6)

Ford kuga pre launch video
Ford kuga pre launch videoFord kuga pre launch video
Ford kuga pre launch video
 
Features and functions of statitics
Features and functions of statiticsFeatures and functions of statitics
Features and functions of statitics
 
Erp tema10-unidad iii
Erp tema10-unidad iiiErp tema10-unidad iii
Erp tema10-unidad iii
 
Esoft Metro Campus - Certificate in c / c++ programming
Esoft Metro Campus - Certificate in c / c++ programmingEsoft Metro Campus - Certificate in c / c++ programming
Esoft Metro Campus - Certificate in c / c++ programming
 
P3
P3P3
P3
 
DISE - Introduction to Project Management
DISE - Introduction to Project ManagementDISE - Introduction to Project Management
DISE - Introduction to Project Management
 

Des 2015 FINAL

  • 1. Nuus News Indaba Tel: 044 923 1004 Fax: 044 923 1122 www.baviaans.gov.za info@baviaans.gov.za 01 Desember 2015 LITTEKENS VAN DIE LEWE Kersfees 2015 is voor die deur. My hoop aan al die inwoners van Baviaans is dat die opofferende liefde van Jesus almal sal vervul. Na die kruisiging van Jesus het Hy aan sy dissipels verskyn. Geen een van hulle het Hom herken nie en Hy moes hulle vra om na Sy hande en voete te kyk en selfs daaraan te voel. Wel, sekerlik was aan Jesus se hande en voete die tekens van die kruisiging. Tekens van opoffering vir ander. Tekens van lyding om ander se onthalwe! Maak nie saak wie jy is nie, die vraag bly – wat kan jy wys dat jy vir ander mense omgee of opoffer? Daar is vele “merke” in ons gemeenskappe waar die tekens van selfsug, self-verryking baie duidelik is, maar kan ek en jy wys dat ons in ons daaglikse lewe vir ander mense omgee, is daar tekens daarvan? Jesus kon Sy hande en voete wys – wat kan ek en jy wys? Die volgende is baie belangrik vir rekeninghouers om te weet. Ÿ Hoewel rekeninge soms laat is as gevolg van omstandighede moet elke rekeninghouer weet dat hy teen die 15de van elke maand geld aan die munisipaliteit verskuldig is vir dienste gebruik! Ÿ As u dus u rekening ontvang, maak dit oop asseblief Ÿ Betaal die verskuldigde bedrag Ÿ As u voel dat daar ‘n probleem met u rekening is, besoek asseblief die naaste munisipale kantoor Ÿ As u ‘n probleem met u finansies ervaar, besoek asseblief die naaste munisipale kantoor en tref reëlings. Daar is vele maniere waarmee die munisipaliteit kliënte behulpsaam kan wees As u rekening teen die 22ste nog nie betaal is nie, of u nog nie ‘n reëling gemaak het nie, sal u elektrisiteit geblokkeer word of daar sal teen u opgetree word. Daar is vele huishoudings waar belastingrekeninge afgelewer word terwyl die eienaar òf dood òf weg òf onopspoorbaar is. Hierdie huishoudings moet asseblief die munisipaliteit besoek sodat reëlings getref kan word oor die belasting. Baie dankie vir u samewerking. Om u rekening te betaal is die regte ding om te doen. Aan alle inwoners ‘n geseënde Kersfees en voorspoedige nuwe jaar!
  • 2. Op 10 Julie 2015 is die Sonny Goullee Museum in Willowmore amptelik geopen. Joseph Alfred Goullee (Sonny) het in Kaapstad groot geword en sy BSc in Landmeterkunde aan die Universiteit van Kaapstad behaal. Tydens die Tweede Wêreldoorlog veg hy in Noord-Afrika en ontvang ‘n medalje vir dapperheid, daarna werk hy as landmeter in Kenia. In 1964 vestig hy hom in Willowmore as vennoot in ‘n landme- terskantoor en werk hoofsaaklik in die omgewing van Baviaans en die Langkloof. Sonny het vele belangstellings gehad en het met verloop van tyd ‘n groot versameling van Steentydperk artefakte, fossiele, skedels en kameras versamel. In 1992 sterf hy en bemaak sy versameling aan die Baviaans Munisipaliteit, tot voordeel van die gemeenskap. Vir meer as ‘n dekade word sy versameling in karton- dose gestoor totdat die Willowmore Toerisme Vereni- ging ‘n projek loods om die museum op die been te bring. Asof gestuur, verhuis Hermi Baartman en haar gesin terselfdertyd na Willowmore. Hermi was vanaf 1994 tot 2007 hoof van die Graaff-Reinet Museum. Na haar aftrede dien sy op die trusteeraad en die Erfenisbewaringsvereniging. In Januarie 2014 begin sy om die versameling skoon te maak, te sorteer en etiket- teer. Die museum is wel nuut en klein, maar dit is vol interessantestukke en prente uit ander eras. Dankie aan almal se ywer om die projek suksesvol te voltooi. Sonny Goullee Museum Baviaans Toerisme het in die 2013/2014 finansiële jaar aansoek gedoen by Sarah Baartman Munisipa- liteit vir befondsing van die Steytlerville Crafters. R250 000 is aan die crafters toegeken vir 2014/2015, waarmee hulle verdere mosaïkopleiding, aankoop van materiaal, bemarking en besigheidsopleiding ontvang het. Anthony Matroos van AMS in Port Elizabeth is aangestel om die opleiding aan te bied. Die oplei- ding het oor vier dae in Mei en Junie gestrek. Matroos het begin met persoonlike ontwikkeling, daarna besigheidsontwikkeling, die finansiële be- stuur van jou besigheid en die beplanning en imple- mentering van ‘n besigheidsplan. Hierdie opleiding het die crafters presies geleer hoe om in ‘n suksesvolle besigheid te bestuur, die prys vir produkte te bepaal, wie die kliënte is en die inkomste en uitgawes te bepaal om sodoende ‘n winsgewende besigheid te bestuur. Bestuur Só ‘n Suksesvolle Besigheid 02
  • 3. Na aanleiding van ‘n aansoek deur Baviaans Toerisme het Sarah Baartman R40 000 in die 2014/15 finansiële jaar aan Toerisme toegeken om die Baviaans area te bemark. Fluid Films van Plettenbergbaai is aangestel om videos van die area te maak. Die maatskappy was ongeveer ‘n maand, gedurende Mei en Junie 2015, in die area en het ‘n totaal van 19 bemarkingsvideos ge- skiet, waarvan daar 6 x 3 minuut, 1 x 5 minuut en 12 x 30 sekonde videos gemaak is. Gaan kyk gerus op die Baviaans Toerisme Webtuiste, www.baviaans.co.za en die Baviaans Toerisme Facebook bladsy. Die area op video vasgelê Die Baviaans Munisipale Raad het dit goedgekeur om R10 000 aan elk van die onderskeie Toerisme Verenigings in Willowmore, Steytlerville, Rietbron en Baviaanskloof te bewillig. Die verenigings gaan die fondse soos volg benut: Ÿ Willowmore Toerisme – Die opknap en reg- maak van die museum en mooi maak van die dorp. Ÿ Steytlerville Toerisme – Die opknap en regmaak van die familiewapens. Ÿ Rietbron Toerisme – Opsit van dromme in die dorp. Ÿ Baviaanskloof Toerisme – Bemarking van die Kloof Toerisme Verenigings doen dit vir hul areas 03 Baviaans Munisipaliteit het boeke terwaarde van meer as R80 000 vir die biblioteke aangekoop met die fokus op Afrikaanse leesboeke vir kinders, die jeug en volwassenes. Saaimanshoek se biblioteek het ‘n biblioteka- resse ryker geword met die aanstelling van Gerda Janse van Rensburg. Sy is op kontrakbasis deur die Departement van Sport, Ontspanning, Kuns & Kul- tuur aangestel. Die departement het ook die area in Junie besoek om boekklubs te stig. Diegene wat belangstel om deel te wees van ‘n boekklub in hul areas kan gerus die biblioteek besoek vir meer inligting. Bo-baas Biblioteke
  • 4. 04 Soos ons, het elke eiendom sy eie identiteitsdoku- ment – kaart en transport (titelakte). Sodra daaraan verander gaan word soos byvoorbeeld, onderverdeling (kleiner maak), ander grondgebruik, verandering van eienaar, so ook konsolidasie (vergroting) met ‘n aangrensende eiendom, enso- voorts word die volgende instansies of persone by die proses betrek: 1. Plaaslike munisipaliteit: vir skriftelike goedkeur- ing van enige iets wat die eienaar met sy eiendom beoog. 2. Voltooiing van die standaard munisipale aan- soekvorm. Konsolidasie van aangrensende eien- dom is verpligtend sodra daar geboue oor meer as een erf gebou is. 3. Prokureurs: hulle is die enigste groep mense wat toegang en magtiging het om met die verander- ing van aktes en die aktekantoor te werk. Dit be- hels dalk nuwe erfnommers en aktes. 4. Landmeters: om nuwe kaarte op te stel, nuwe bakens/erfpenne te bepaal, nuwe erfnommers te bepaal en die wysigings daarvan by die landme- tergeneraal te finaliseer. 5. Die finansiële instelling se goedkeuring indien daar verbande met die eiendom as sekuriteit geregistreer is. 6. Die plaaslike gemeenskap en aangrensende eien- aars word deur middel van advertensies en skry- wes deur die munisipaliteit van die voorgenome konsolidasie in kennis gestel sodat die proses deursigtig is en dat daar kanale bestaan vir per- sone wat dalk daarteen gekant is. Enige besware ontvang word aan die aansoeker voorgelê vir kommentaar en die finale goedkeuring/afkeuring van die aansoek berus by die Raad van die plaas- like munisipaliteit. Vir die huidige finansiële jaar beloop die munisipale koste ten opsigte van ‘n aansoek vir konsolidasie R4040.00 (14% belasting ingesluit) – en dit waarborg nie goedkeuring nie. KONSOLIDASIE VAN EIENDOMME IN 'N MUNISIPALE GEBIED Baviaans, Camdeboo en Ikwezi munisipaliteite gaan ont- bind en een nuwe munisipaliteit sal in die drie se plek gestig word. Na die verkiesing in 2016 sal daar dus nie meer ‘n Baviaans Munisipaliteit bestaan nie. Die nuwe munisipaliteit sal 14 wyke hê met 27 raadslede, hierdie nuwe wyke kan besigtig word op die munisipale webtuiste www.baviaans.gov.za of by enige van die muni- sipale kantore. Die amalgamasieproses volg nadat die Minister van Plaaslike Regering ‘n Artikel 22 kennisgewing van die Munisipale Afbakeningsraad uitgereik het, wat voorstel dat sommige munisipaliteite geamalgameer moet word om sodoende hulle funksionaliteit, lewensvatbaarheid en vol- houbaarheid aan te spreek. Die proses sluit aan by die Regering se ‘Back to Basics’ program wat beoog om gemeenskappe beter te dien, ter- wyl die amalgamasie ‘n nuwe, lewensvatbare en finansieel volhoubare munisipaliteit tot gevolg sal hê. Een Nuwe Munisipaliteit Baviaans Munisipaliteit het vier veldwerkers in Willowmore, Steytlerville en Rietbron aangestel om die behuisingsbehoeftes van inwoners van Baviaans te bepaal. Die Departement van Behuising het ter waardering vir die munisipaliteit se poging om die behuisingsregister op te dateer, vyf rekenaars aan die munisipaliteit geskenk. REKENAARS VIR VELDWERKERS
  • 5. Rietbron Hoë Mas Lig SupergrassnyervirSaaimanshoek Die instandhouding van die Rugbyveld in Saaimanshoek met betrekking tot gras sny is iets van die verlede met hierdie Turfmaster Kudu. Die eerste wedstryd van die seisoen is op 06 Julie daar gespeel. Pitch Perfect Both cricket pitches in Wil- lowmore and Steytlerville is now complete. The plant- ing of grass started in Au- gust and the pitches will be ready for play next season Erasmuskloof Update The Erasmuskloof project of the augmentation of cur- rent bulk water supply to Steytlerville aims to increase the capacity of the water supply and to provide a water treatment works for the town of Steytlerville. The progress on the project is as follows: Ÿ Phase 1 (8.5 km pipelines): 100% completed Ÿ Phase 2 (Eskom overhead power line): 100% completed Ÿ Phase 3 (13.4 km pipelines and pumping stations): 99% completed Ÿ Phase 4/Part 1: New 1.5 million reinforced reser- voir – 99% completed Ÿ Phase 4/Part 2: New Waste Water Treatment Works (WTW) and Water Mains – 82% completed The total project value is more than R84 million and is funded by the department of water affairs and the Regional Regional Bulk Infrastructure Grant (RBIG) allocated to Baviaans Municipality by the local govern- ment. 05 R480 000 is in Rietbron spandeer met die oprigting van ‘n hoëmaslig in die Vaalblok. Na ‘n verdere spandering van R200 000 in die huidige finansiële jaar, is dit met Eskom gekoppel en die lig is nou in werking.
  • 6. 06 Die Oostelike Provinsie Dorper Kampioenskappe het op 17 en 18 September tydens die Steytlerville Kleinvee Skou in dié dorp plaasgevind. Gedurende die twee dae is meer as 200 Dorpers en Merino’s honderde Boerbokke en 45 Angoras vertoon. Daar was ook ‘n Jeugskou waarin 36 leerlinge van skole in Steytlerville, Willowmore, Jansenville en Toorwater deelgeneem het. ‘n Potjiekoskompetisie op die eerste dag is gevolg deur ‘n heerlike Marokkaanse ete en dans, aangebied deur Steytlerville Toerisme en terwyl die mans twee dae lank geskou het, kon die vroue hulself pamperlang met masserings en gesigbehandelings. Die hoofborge van die dag was ECASA (Eastern Cape Agricultural Show Association), SAMGA (South African Mohair Growers Association) en BKB. Naas Barnard (Junior) & Francois Mattys (Senior) OP Dorper Kampioenskappe Alle huise wat deur die staat gratis aan bevoordeeldes geskenk is, moet vir behuisingsdoeleindes gebruik word. Dit is die wense van die Regering en byname die Nasionale Behuisingsdepartement. Bevoordeeldes het ook onder hierdie voorwaardes vir hul huise geteken. Huise word nou misbruik vir ander doeleindes en vir hierdie rede het die Raad twee besluite geneem: 1. Geen hersoneringsaansoek om residensiële eiendom, wat deur die staat gefinansier is, te omskep na winkels of drinkplekke sal deur die Raad goedgekeur word nie. 2. Onder sekere voorwaardes kan huiseienaars aansoek vir vergunningsgebruik (consent use) doen. As hierdie aansoek goedgekeur is, kan sodanige eienaar ‘n huiswinkel uit sy huis bedryf. Die voorwaardes vir sodanige goedkeuring is: Ÿ Persoon wat aansoek doen, moet ‘n Suid Afrikaanse burger wees Ÿ Aansoeker moet wettige eienaar van huis wees en daarin woon Ÿ Departement van Omgewingsgesondheid moet klaring gee Ÿ Die struktuur moet nog steeds as ‘n woonhuis gebruik kan word. Alle persele waar besighede onwettig beoefen word, sal aan die Departement van Behuising gerapporteer word vir verdere optrede deur die departement. Vir Raadsdoeleindes sal sodanige besighede of drinkplekke as onwettig beskou word en sal die eienaars van sodanige eiendom volle verantwoordelikheid daarvan moet neem. Die plaaslike SAPD sal ook in kennis gestel word van die onwettigheid van die aksies op sodanige persele. KORREKTE HUISGEBRUIK
  • 7. Die Munisipaliteit wil die publiek hiermee in kennis stel dat die tydelike waterbeperkings opgehef word en die inwoners van Willowmore hartlik bedank vir hulle samewerking in hierdie verband Gedurende die tydperk 01 Desember 2015 tot 15 Januarie 2015 kan tuine ongelukkig net gedurende die volgende tye nat gemaak word: Dinsdae, Donderdae en Saterdae tussen 04:00 – 08:00 en 17:00 – 20:00 Alle lekke moet asseblief. onmiddelik aangemeld word Baie dankie vir u samewerking. WATERBEPERKINGS In terms of the Baviaans Municipality’s responsibility towards Local Economic Development (LED), the municipality must create an environment where economic development can take place. This is done by availing LED offices and computer training centres with skilled employees to assist the community in their developmental needs. No local municipality is allowed to have a budget to fund projects. Instead, support must be given to upcoming entrepreneurs in terms of business plans and applications for funding. During the past five years council focused on the development of crafters in the area. We developed business plans for craft training throughout the area and were successful in obtaining a substantial amount of funding. During the 2015/16 year, attention will be given to the Rietbron Craft project. The Baviaans Craft Shop in the Baviaanskloof area is one of the outlet points of sale for products from local crafters. Baviaans Municipality is also a co-partner in the Path out of Poverty Programme in Rietbron and the municipality facilitates job creation programmes. Following a Council decision to develop a recycling programme in Willowmore authorisation was obtained from the Department of Economic Development and Tourism (DEDEAT) to implement the project. Baviaans Municipality covered the fencing costs and a tender was awarded to Human & Snell contractors for the building, sanitation and electrical installation, which amounts to R 308 328. After an application for funding submitted to the Department of Rural Development and Land Reform (DRDLR) the department made funds available for a baler, which was delivered during the first week of December. A tender for the installation of three-phase electricity to the site is currently underway. More information around LED activities in the Baviaans can be obtained from the Community Services Department’s quarterly reports, which are available at the libraries and information is available in the Integrated Development Plan (IDP) of the municipality. RECYCLING PROGRAMME DESEMBER KANTOORURE Neem asseblief kennis dat die munisipale kantore gedurende Desember op publieke vakansiedae gesluit sal wees. Kantore sal om 12:00 op die volgende dae toe maak: 24 Desember (Donderdag) 31 Desember (Donderdag) LOCAL ECONOMIC DEVELOPMENT 07
  • 8. In Junie 2015 is ‘n tevredenheidsopname onder inwoners van Baviaans gedoen. Die doel hiervan is: Ÿ Bewusmaking van dienste gelewer deur die munisipaliteit Ÿ Om die vlak van tevredenheid met die dienste gelewer deur die munisipaliteit te bepaal Ÿ Om voortdurende verbetering binne die munisipaliteit te stimuleer, veral in areas waar daar geen sigbare tekens van verbetering is nie Ÿ Om die verwesenliking en bereiking van die voorneme en strategiese doelwitte van die munisipaliteit Ÿ Om ‘n omgewing vir verbruikers te skep waarbinne hulle hulself kan laat geld in die definiëring van hulle behoeftes TEVREDENHEID MET MUNISIPALE DIENSTE Ÿ Om die verantwoordelikheid van die munisipaliteit in terme van dienslewering te bevorder Ÿ Om die bedreigings wat vloei uit die munisipaliteit se onvermoë om sy funksies soos vervat in die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika te verminder Ÿ Om die prestasie van die munisipaliteit, in terme van die Grondwetlike voorskrifte, te meet Die volle verslag kan besigtig word op www.baviaans.gov.za The Spatial Planning and Land Use Management Act, Act 16 of 2013 (SPLUMA) was approved by the National Assembly on 5 August 2013. The Act identifies Municipalities as the primary land use regulators and requires district and local municipalities to align their spatial development frameworks and land use schemes as required by the Municipal Systems Act. Baviaans Council also adopted a ‘Policy on the Requirements for Businesses to be Legal’ on 15 May 2014. The Spatial Planning and Land Use Management ACT (SPLUMA) along with the by-laws and the draft policy on requirements for businesses to be legal is available at all municipal offices and libraries. For more information please contact the Municipal Manager on 044 923 1004. SPLUMA 08