Koors/Fotografie: Twee Versamelings Gedigte
Upcoming SlideShare
Loading in...5
×
 

Koors/Fotografie: Twee Versamelings Gedigte

on

  • 700 views

Amper twee dosyn gedigte uit die boek, “Koors/Fotografie: Twee Versamelings Gedigte”.

Amper twee dosyn gedigte uit die boek, “Koors/Fotografie: Twee Versamelings Gedigte”.

Statistics

Views

Total Views
700
Views on SlideShare
700
Embed Views
0

Actions

Likes
0
Downloads
1
Comments
0

0 Embeds 0

No embeds

Accessibility

Categories

Upload Details

Uploaded via as Adobe PDF

Usage Rights

© All Rights Reserved

Report content

Flagged as inappropriate Flag as inappropriate
Flag as inappropriate

Select your reason for flagging this presentation as inappropriate.

Cancel
  • Full Name Full Name Comment goes here.
    Are you sure you want to
    Your message goes here
    Processing…
Post Comment
Edit your comment

Koors/Fotografie: Twee Versamelings Gedigte Koors/Fotografie: Twee Versamelings Gedigte Document Transcript

  • KOORS/FOTOGRAFIE twee versamelings gedigte BRAND SMIT
  • © 2009 Barend J. L. SmitAlle regte voorbehouEerste uitgawe 2009
  • Hierdie dokument bevat enkele gedigte uit die boek,“Koors/Fotografie: Twee Versamelings Gedigte”. View slide
  • I. KOORSgedig, deel eennog naamloosruimtesbrommerkaarthuistransformasieonvermydelik, miskiendag vol beskawingpandhuistwee wat vry waszombiemoedsoldaatverwagtingedogmatiekhoopgeeskindmassapersoonlike getsémanévrou (i)toekomsvisioenvreesnuwe mens (i)as die drade deurmekaar raakons was al hier?skeidingniemand-landnagwagraat vir slegte slaapstille nagsondagbreeklig wat binnedringkoorsnuwe mens (ii) View slide
  • ’n ander soort eindeterapie vir die agtermanwaar op aarde?laaste een vir jouvrou (ii)piekniek teen skemergedig, deel tweevlugtelingtydreis***********II. FOTOGRAFIEAlbum, deel eenpersoonlike bevrydingsleëreen van drie wensefragmente van ’n toekomsfotografie, eenheld (of mitologie, twee)woestyn, eenlesseFeniks/Icarus (of mitologie, een)skoon lakensnotahandepornografie, eenhalwe gedigwoensdagskuinssirkelskinderwoestyn, tweebetree die dagversoening
  • Los foto’s uit ’n laai1985: seun in die somer1988: beter dae1991: suid1993: kunsmatige ongeloof1994: vaderfiguur1995: gedig vir heidi1996: ekspatriasie (vrydagaand in ’n vreemde land)1997: gedagtes op pad na ’n kroeg in suid-korea1998: serenade aan die man in die huis1999: ek vind myself2003: groepfoto by ’n teepartyAlbum, deel tweefotografie, tweesinkstormlyneslypgeografie(ongetiteld)skoene(nog ’n) naggedigplekmonoloogstammeling[gedig op kort kennisgewing]pornografie, tweetrooswetenskap, een & tweefotografie, drieengelstopdie kaal bednie vanaand nie
  • I. verskeie faktore wat aanleiding gee tot KOORS en die helderheid daarna
  • nog naamloosbuite:meesters blaf bevele aan die knegte uitdie marionette knikarms omhoog vir die eerste bewegingen die massas skarrel vir ’n beter posisieoor werketiek en wysheiddweep die lekeprekers voortwyl die soete vrugte vrot aan bome rypvir samaritaanse barmhartigheidpare lê fluks in deurnagfabriekestamp wysies uit vol geykte liriekefondasies lank begrawe, wagvir ’n toekoms vol ruïnesvertrek:’n swerwer, ekswerf skuif’lend tussen mure rondstop elke nou en dan om weer te kykna die feite van my eie sterflikheidek skryf-trek-dood, skryf-trek-doodaan tot nou toe titellose boekepreek half-waarhede steeds onwilligvir almal wat voorgee hulle kan verstaansoek in al die tyd steeds na my eie naamin die weerkaatsing van die werklikheid
  • dag vol beskawingdie elektroniese toestel langs my kop beginonverwags en ongeskik met sy meganiese geraasek kruip moeg, onwillig, brommend uit die bedom weereens te begin met my beskaafde ritueleelke haar noukeurig word van my wange afgeskeerdie nag se sweet en vuilheid weggeskropen dan noodwendig, want dit kan nie anders niemoet ek klere soos ’n masker oor myself drapeerkort voor nege is ek driftig aan die gangmy gesprek alreeds steriel, my reaksie kamoefleerstem-karikature klets my ore moegterwyl die sogenaamde “baas” my gedrag en woorde bly dikteerletters op plastiek in uniforme handskrifvel industriële prosa op die skerm voor my neerego’s word subtiel gepoets om te kan stygop die allesoorheersende ambisie-leerkort na ses is ek een met ’n eenton stuk metaalstop-ry-stop sukkel ek deur stad-na-voorstad spitsverkeeren elke honderd of so meter word ons almal deurflikkerende aan-af rooi-groen-geel gereguleeruiteindelik terug by wat ek noem my huisgaan ek meganies deur nog ’n aandroetineprobeer ek, soos gewoonlik, om my siel en vleesna ’n fraksie van normaal te rehabiliteermaar vanuit my murg en diepste wese kom’n kreet uit die kele van my verste voorgeslagte nader’n wekroep in ’n taal wat ek soms dink ek nie meer verstaan nieaan ’n mens in my wat ek soms vergeet, elke dag bestaan
  • en ek sien: ek worstel teen koue donker rots’n gyselaar in ’n geëlektrifiseerde neon grotek smeek pateties en vergeefs om uit te komen pleit daagliks verlossing van ’n oerou godhierdie mens, hierdie manifestasie van myself, wil vry weessy vlees nie onderworpe aan die modes van sy tydaan niemand, aan geen maatskappy wil hy behoortgeen koord wat smoor die smagting na sy vryheid nieso jaag ’n duisend reïnkarnasies deur my vlees en bloedmy ewolusie van oerheid na postmoderniteiten na die rewolusies van tyd en van masjienvan maatskappy en hoe slawe hulle meesters dienleef ek weerleef ek, maar onvry***en na sewe en ’n halwe ure val ek weeruit die koma-slaap van nog ’n nagsal ek van vooraf weer begin met my beskaafde ritueelsal ek weer ’n keer my voorgeskrewe rol moet speelsal ek nog ’n dag moet leef soos gedikteer wordsal ek weereens sê en doen soos dié wat oor my wil regeerof sal ek hierdie dag begin met die oortuigingdat verlossing uiteind’lik net in myself te vinde is.
  • soldaatin die dooie grasveld lê ’n soldaatsy moraal is hoog, sy sake agtermekaarsy kneukels wit om sy nuwe geweerpatrone wat blink in sy leer bandeliersy voorraad patrone klap vroegteen klip, rots en kamoefleringen die soldaat, met homself aan die praat, besefsy berekenings het hom in die steek gelaatkoesend vir koeëls en waarskuwingskretekruip hy verward met sy hoed in die handom pynlik verleë te bedel, ’n patroon of twee,’n bietjie koffie, en miskien ’n handvol twak(johannesburg, 1998)
  • kindwat doen die kindas die wêreld om hom werklik word?wat doen hy as die wolwe aanhou huilen hy versoening toenemend soos verstrikking vind?word die kind voortvlugtendof keer hy in homself?sal hy in elk geval verstaanas hulle hom skaam, of anargisties noem?en as hy die wolwe nie kan misleiof hulle van sy reuk ontspoor nie,sal dit werk as hy stukkies van sy siel wegsny?sal die wolwe se bloeddorstige aptyt gaan lê?kan hy dan gaan sit, kan hy eenkant wagtot die gefragmenteerde siel grys klippe vorm?mag hy glimlag as die wolwe dan waansinnigsoos besete varke by die krans afstorm?
  • as die drade deurmekaar raakopsie een:opsoek na plek of hawe, sekulêr of heiligwaar ek oor die see kan staaropsoek na ’n plek waar ek veilig … voelmy drade deurmekaar? dan kan ek daarmy vermoedens soos lanterns uit laat vaaren wag: vir rede, of ’n doelvir wat oneg is, en wat waarek veilig voelopsie twee:elke nag verbeel ek my ’n warm hoekiewaar ek my gedagtes kan verlooren wanneer mens en dier die roepstemvan nog ’n nuwe dag aanhoorsal iemand my daar vindsal iemand my gedagtes dan met warm handeweer aan my sinne vas kan bind
  • stille nagdie skemerblou gordyn val wulpssoos water val bedek dit skaarsdie grou woestyn van nog ’n nag(hoor ek reeds die oggend lag?)nagtegale sing sporadies voortdie nagtrein spot, ooreis die sielspeel spoor teen spoor steedsin malle stryd af, een teen tweedie oggendster lê intussen jags en wagom nog ’n dag met ywer te bevrugdie nag-demone, spoke, woorde sonder dromelê reeds in onveranderbare terme neergeveldis eenuur … drie-uur … vyfuurpleit die doodsuil op die dakdan steeds in bygeloof bekoring?maar ek bly prewel, skree half onbesonneek fluit besete, raas soos stormwindek vloek onwrikbaar steeds die donker inwant word hierdie nuwe dagten spyte van verwagtingedan nie te vroeg gebore?
  • lig wat binnedringgeraamte-vlees, atoom-vol-sielsal ek eerbiedig knielen instem dat dit ál kan wees?dan dink ek aan ’n kinddie onskuldige gelag;teerheid in die woordevan een wat jou bemin;hoop in dinge steeds onsigbaar;die angs wat nuwe liefde bring: idees wat aanhou springtot die geheel daarvan jou binnedring
  • vrou (ii)twee figure langs mekaarrustend, tussen lakens en ’n veerkombersambulanssirenes en ’n hond wat blafonder in die straat, alarms gons eentonig aan-en-afstaan halwe koppies koue teevergete langs haar bedsy word wakker, vind ’n sigaretkyk sonder gedagtes tot diep in die skemeroor die donker geboue skitter ’n enkele steren op die hoek flikker in neon, “Deurnagkafee”dan sien sy die halwe koppies teeen ’n glimlag skemer deur
  • vlugtelingek vlug weg van wat ander noem die lewemy oortuigings bly ’n potloodsketsmy redes vaag en meestal ongeskrewetog bly ek hoop dat die gode my onskuld sal vergewewant die dag, die uur, die maand, sal komdit weet ons van die eerste reël, die eerste strofewat ek terug sal wil kruip, dalk dié keer gereedagter woorde wat rym, dog vermom
  • II. FOTOGRAFIE
  • Album, deel een
  • fragmente van ’n toekomsioor die woestyn lê verstrooidrome, simbole, metafore van ’n toekomsnog bevrore jare – koud en sonder lewemaar in verstikkende hitte, hard aan die ontdooiiiuit juweel belaaide slote kom die dwasewat verslane helde sonder skaamte bly vereerook banggatte van weleer wat hulleself bekeertot ’n vars broeisel profete, priesters en baronne’n toekoms, sonder gelyke en ongekarteerd,of so word daar in elk geval, telkemaal beweer
  • lessekoudheid, liefdeskemerkelkies, reënwitgeverfde tandeknersende geweenblydskap, hartseersterre en prinsessespartaanse handeklapstoïese prosesselesse om te leerongeskikte mooiheidwoes en deurmekaarnoodsaaklike gevriesdheidbring ons bymekaarvriendskap, merkerstoetse, vraegeldetiek van werkerspeste wat bly pla
  • handeijong mans en dames sien sy in die parkdeftig uitgevat, glinster hulle, soos kristal, of glasmaar sy self bly onsigbaar, onaanraakbaarsal sy voortgaan om haar eie hande vas te houstap sy deur die strate, pratend met haarselfwil amper roep vir iemand om te helpkyk sy honger rond vir slote of vir gatesy moet tog weet: die tyd kom al hoe naderluukse motor draai stadig om die hoekskyn sy ligte op ’n weelderige ou gebousy kyk weg, begin haar een hand uitsteek na die anderin haar verslete jas se uitgerekte regtermouiisy sien kaalvoet seuns en meisies in die parkmaar sy self is uitgevat, haar juwele glinster teen haar veltog wil niemand na aan haar begrip of deernis wys niesal sy noodwendig dan haar eie hande vas moet houry hul deur die strate, haar gedagtes hou sy vir haarselfsy kon uitroep, as sy wou, vir iemand om te helpselfs rond begin te soek vir pille of ’n hospitaalsy moet tog weet: die tyd kom al hoe naderhulle luukse motor draai stadig om ’n hoekskyn sy ligte op die weelderige ou gebousy kyk weg, begin haar een hand uitsteek na die anderin haar warm jas se ander mou
  • skuinsgeblinddoek soos ’n molhol sy deur ’n tonnelman kom angstig agternageboeide voete, bespring hy haarsagte woorde word geprewelwemel soos wurms oor haar rughy bekyk haar, half beneweld;stap hulle, sy met blomme, oor ’n brugsewe kinders later, ’n dekadesit hulle kruisbeen, peinsend op ’n stoepprobeer die smaak onthou van kos en waterhoor konstant, uit die strate, ’n geroep:“stap die ordinêre pad as die gewete plaantwoorde kom in elk geval eers jare na die vraefeite bind ons, verdoof, verblind ons –kinders, braaivleis, room en skons …”en aan die einde bid boemelaars vir huisebannelinge droom van huis toe gaanniks oortref die vrede van ’n eie tuistebeste dan vir eers, om nie te ver te gaan
  • betree die dagmy podium staan douvoordag op eie grondgedagtes vir die dag moet ek nog formuleerelkeen vir homself is dalk die normsoveel te meer moet ek myself dan transformeerso gee ek oor die leisels van die nagskraap bymekaar wat ander elke dag verwagbegin op ’n drafstap saam te stormtot ’n kommerfrons eerbiedig oor my voorkop vormek bestel vroegtydig my ontbytafgelees van ’n handgeskrewe spyskaartlaat my opinies wyd en suid dan klingellaat dit raas soos klokkies van my weekoue baardwant wat mense weet van neigings en van aardkan in stof geskryf word op ’n ongewaste ruitsou mense ooit wou vra na raadsal ek dit aanbied met genadelose nugterheid
  • Los foto’s uit ’n laai
  • (1996)ekspatriasie (vrydagaand in ’n vreemde land)iwaterige bier, amerikaanse sigarettegelowiges wat wierook opstuur na die maan endie veraf silhoeët van expat slette maakhierdie onmiskenbaar, nog ’n vrydagaandmarilyn monroe slaan haar arms om myhaar pienk bloes, haar soet parfuum is dalk te veel, maarhaar omhelsing aangenaam en op die regte tyd intiemen my kop begin alreeds te draairitualisties om halfeendruis Abba teen almal se beginsels inmaar op die vloer en op die tafelsdans almal soos net dronkes kanenkelinge kom en paartjies waaikort na twee is die vertrekke vol gelaaiteen drie praat almal gretig saamoor politiek, kultuur en die stygende prys van bieriivroegoggend vries my voete vasin ’n systraat drink ons koffiemy een hand soek koud na sigarettedie ander hand vou warm om die koppieiemand sê iets oor die lewesy aksent is duits, sy woorde oudek wou iets waag oor liefde of oor seksmaar selfs goed geformuleer, was die opinie steeds te rou
  • dae verander, oggendson begindie koue skemer breekek drentel na die naaste hoeken waai ’n taxi nader wat klandisie soekek mompel in ’n vreemde taaliets wat sê dat ek wil huis toe gaanen ek sluit my oë vir nog ’n nag se beeldewat oorverdowend in my kop bly maal
  • Album, deel twee
  • sinkalmal hardloop weg, die rotte vlughy is … soos sy skip wat sinkmet plegtige respek kom die salutasiemiddelvinger in die lugtrek ’n blokfluit uit sy gatsakspeel ’n doodspsalm, keerdie golwe met sy voorkopkalm spoel die diepteslewe die fontein van oorvloedmanna, kwartels, eilandstiltesin wysheid byt hy, met vlymskerp tandein die soet vlees van tweede leweso kom maar aan verraaiers!kruip maar nader spotter-skare!een vir een sal julle voor die werklikheid moet staanen as julle oë dit nie kan sien, en julle ore nie kan hoor nielaat ek dit dan uitskree om dit in te sink:DAAR SAL ALTYD LEWE WEES!selfs vir die enkele oorlewende.
  • geografienuwe behuising treklyne skuins oor my plannemy oë op skrefies tuur ekdeur ander vensters na bure se mureveronderstel ek weet van meeras net lewe en dood en pype vol muisesou ek die preke van ouds kon memoriseerhet ek te veel geleer van oumenstehuiseek loer soms te diep in die bottel van tydskryf notas op vloere met potlood en krytbyt soms ’n knippie te veelaf van geel-verouderde reëlsna nuwe behuising moet mens soms trekdie werk van ’n man soos ’n vrou mos nooit klaarmaar ek skryf maar my lyne en hou maar my bektrek my oë op skrefies tot volgende jaar(Sondag, 14 September 2003)
  • plekiontstuimig brand die vormlaat die inhoud vars, onaangetasklere van ’n ander eeuhang onderstebo in my antieke klerekaskyk aandagtig na die strate, marktevroetel bietjie rond in hawestedesluip kaalvoet snags deur halfverligte stegiesvou jou toe in ’n boemelaarskomberste veel preek graag oor spreuke lank vergetesing vals psalms oor verdoemde ou ideesrym dogma in met nuwe wetenskapsteel slinks oornag, woorde uit ’n kerker-biblioteekiidosyne agterkinders, groter ouers voorportrette teen verlepte mure, skyn halfhartig voortboeke vol museums en ou gebouesketse in ’n duisend gange vol gedagtesherinner slegs, sing melodies sonder stoppriesters dans met ou karosse gedrapeeroor skouers hangend onder die gewigvyftigduisend jaar se soeke na ’n waarheidhou in dreungesang aan om te dikteer:dat plek en wetenie net is waar jy behoortmaar waar, aan die eindedie siel behoort te wees
  • troosek kalligrafeer jou naamoor die landskap van my sieltatoeëer jou sonskyn en jou stormsoor die beend’re van my hartjou naam weergalm oor die vlaktessoos ’n duisend kore in die nagdring diep in donker grottetot by wesens skugter vir die dagek hoor jou naam gefluisterdeur die skares in die strateherken jou naam en wese elke slagin my gedagtes en die woorde wat ek uiterdus, aan die einde moet ek dit beken:al stel ek soms myself verwaand bo hierdie sakedat jóú bestaan my eie naam bevestigen jou teenwoordigheid so na aan mymy die vertroosting bied wat ek benodig
  • die kaal beddie kaal bed vries die sielmaar voor asemrowend skone beeldestaan die liggaam steeds geknielresiterend aan goed geformuleerde eergebederede kneus die voorgeskrewe doelmaar wys ook deur die dag en lange nag die padsluit oop die deure nawat geslagte reeds begrawe lêdie dobbelsteen in stof geweeksal respek by sekere groepe nooit kan kweekwie nie waag nie bly steeds lêwant die lewe is ’n weddenskap, word daar steeds gesêtot stof en alles en nog watop my kosmiese getuigskrif bly die kladdraai die blaaie, tel jou somme opson en sterre, sewe hemels bo my kopop ’n kaler bed kom slaapna diep bepeinsing oor die mure en plafonkon sy een maal bly tot donker urekon ek selfs voorgee dat dit saak sou maakhaar trane vlek die kussings van satynmerk die pad wat ons sou stapkrap wonde tot die rouste vleesnet in ’n ander wêreld, sal ons vry kan weesseine op die bed, flits bewussyn wakkerdansende gesigte, lywe kruipendsmee hul bande met my enkelheidword die toneel met elke oomblik sagter
  • platoniese seks met geblinddoekte minnaresseontbloot my rug vir die onvermyd’like messerowe en littekens as kommoditeit weer uitgeruiluiteindelik sal ook dit ’n nuwe tyd ontketensal die kaal bed uiteindelik iets meer betekenas die verdowende alleenheid van ’n enkel-lewesal my mees gevreesde oomblik arriveersal ek geboorte gee aan ’n emosielose wesetog bly die kamer leeg, word die lakens valer by die dagwaag sy kanse, meer as enige tyd in die onlangse verledebly die kas gesluit, my ongesproke woorde steeds haar buitskryf ek steeds dieselfde strofes oor en oorskryf, tot die eentonigheid daarvan my kop deurboormaar al wat ek deur die geweeklaag hooris die rymende psalms oor verlore liefdetot die kalmte van slaap weer oor my spoelgesprekke soos serenades by my vensterof wakkerword-gebede voor my deurlewer af die dag soos ongekraakte oggendbladdie swart en wit, die kleur van nugter waarheidek stoot teësinnig al die minnaresse grond toemompel jammer-sinne in dieselfde rigtingwil vuilgesmeerde note uit ’n hempsak trekonthou dan die omgekeerde rolle van die laaste nag’n mens sou die uitspraak dalk kon lewerdat een wat situasies kompliseer, soos hyeen wat moontlikhede systap, of bloot ignoreer’n bed soos dié ontvang as sy verdiende loon, dan nie?maar genade val soos ’n gordyn vol stofaanvanklik bitter op die tong en longelaat strepe maanlig val soos valse hoopoor die bed van lakens en pretensie weer gestroop
  • geloof in liefde, en in die waarde van vermaakwant hierdie bed sal eersdaags weer ’n nuwe rol betreeverhoudings in die pyplyn wat weer sin sal maakwat nuwe rigting en waarde aan ’n mens se lewe geesal die bed, simbolies van die liggaam en die sielweer albei oproep uit die dieptes waar mens knielsal jy op die punt waar jy glo jy kan nie verderjou blind staar aan die gesig van ’n asemrowend skone beeld
  • ***********Meer inligting oor Koors/Fotografie: Twee Versamelings Gedigte isbeskikbaar op hierdie blad :http://brandsmit.net/koors-fotografie-beskikbare-formate/Vir enige navrae, kontak my asseblief per email:mail@brandsmit.net***********
  • Brand Smit:Gebore op ’n wintersnag in Pretoria in 1971. Reis saam metsy familie deur Suid-Afrika vir die grootste deel van dievolgende 15 jaar. Eindig weer op in Pretoria, waar hymatrikuleer in ’89.Na matriek betree hy die Universiteit van Pretoria. Gaanvoort met die nodige opleiding om sy lewe te kan slyt as ’nproduktiewe volwasse. ’n Jaar later vertrek hy Kaap toe.Na vyf jaar van leer om te dink volg hy die enigste pad watredelik blyk te wees na hy daaraan gedink het. Twee jaar inSuid-Korea maak hom gretig om die res van sy lewe in dieland van sy geboorte te spandeer. Ses maande inJohannesburg volg. Hy verlaat weer sy geboorteland – diékeer vir ’n stad in die suide van ’n eiland in Noordoos Asië.Lees meer: BRANDSMIT.NET