SlideShare a Scribd company logo
1 of 43
Eksodus 20:10 maar die sewende dag is die
sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen
werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die
man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou
of die vreemdeling by jou nie.
Levitikus 20:10 “Iemand wat egbreuk pleeg met
die vrou van ’n medeburger, moet doodgemaak
word. Dit geld vir die man en ook vir die vrou wat
egbreuk pleeg.
Spreuke 6:26 Jy kan ’n prostituut kry vir ’n stuk
brood, maar owerspel kan jou lewe kos.
Spreuke 6:32 Maar ’n man wat owerspel pleeg,
moet van sy verstand af wees, iemand wat dit
doen, verwoes sy lewe.
Hosea 4:2 het vervloeking, valsheid, moord,
diefstal en egbreuk hand oor hand toegeneem en is
die vergieting van onskuldige bloed aan die orde
van die dag.
Matteus 5:27 “Julle het gehoor dat daar gesê is:
‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’Maar Ek sê vir julle:
Elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer, het
reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.
2 Petrus 2:14 Hulle oë is die ene wellus, en aan
sonde kry hulle net nie genoeg nie. Hulle verlei
onstandvastige mense en is bedrewe
Maleagi 2:14 – 16 jy was ontrou aan haar, ontrou
aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou
belowe het. 15 Die Here het man en vrou een
gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een?
Omdat Hy wil hê dat daar ’n nageslag moet wees,
wat Hom eer. Beheers julle, moenie ontrou wees
aan die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is
nie. 16 Die Here die God van Israel sê Hy haat
egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie,
sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie
ontrou wees nie
Owerspel vind plaas wanneer deur die loop
van ‘n gewone dag ek in enige persoon
liefde, aandag, vertroosting, vervulling en
bevrediging soek wat bedoel is om binne die
huwelik gevind te word.
Egbreuk is wanneer ek my liefde wegdraai
na iemand buite die huweliksverhouding.
ʼn Buite-egtelike verhouding begin gewoonlik met ʼn
vriendskap, en die deel van probleme en ʼn
besorgdheid van behoeftes wat nie deur jou
huweliksmaat vervul word nie.
Die aantrekking is gewoonlik nie net fisies nie,
maar bloot die moontlikheid dat ʼn onvervulde
begeerte vervul gaan word.
LET WEL: Geen tekortkoming van jou maat kan
owerspel regverdig nie!
1. Deel gemeenskaplike belange
"Ons het soveel gemeen gehad, dit was onwerklik."
"Ek en sy was al twee dol oor musiek en was aangetrokke tot mekaar.”
"Hy was so geestelik ingestel . . . ek het iemand gesoek met wie ek my
geestelike worstelinge kon deel."
"Ons was al twee mal oor perde en het saam begin ry."
"Ons het albei ’n begeerte gehad om vir die kerk te werk, en veral om met
kinders te werk."
"Sy was die eerste vrou wat ek ontmoet het wat van die buitelewe gehou het,
selfs van jag en visvang – ek was betower!"
2. Vergelyking met my maat; fokus op tekortkominge
"My man het nie baie in geestelike dinge belanggestel nie, maar hierdie man het
so baie van die Bybel geweet."
"Sy was slank, aantreklik en het pragtig aangetrek – heeltemal anders as my
vrou wat haarself op daardie stadium nie eintlik goed versorg het nie."
"Sy het soveel begrip gehad en het na my en my probleme geluister, anders as
my vrou wat altyd so besig en gejaagd was dat ons nie tyd gehad het om met
mekaar te praat nie."
"My man wou nooit kommunikeer nie – hy het van die werk af huis toe gekom
en gaan sit en TV kyk. Ek het later opgegee. Toe kom hierdie man wat totaal
van my man verskil het – hy was saggeaard, lief om te gesels en sou sommer
klein dingetjies in sy lewe met my deel."
3. Bevredig emosionele behoeftes
"Hy het verstaan hoe ek voel en my die empatie gebied waarna ek gesmag
het."
"Sy was daar toe ek haar nodig gehad het."
"My ego was so uitgehonger vir erkenning dat ek dit van enigiemand sou
aanvaar – ek dink dis waar die hele ding begin het."
"Niemand het regtig in my geglo nie, tot hy in my lewe gekom het. Hy het my
aangemoedig, geïnspireer en so ernstig geglo in dit wat ek kon bereik en wat ek
kon word."
"My vrou was besig met die kinders en was glad nie betrokke by my werk nie.
Hierdie meisie het my bewonder en my behandel asof ek regtig iemand was. Dit
het so goed gevoel."
4. Sien uit daarna om by mekaar te wees
"Ek het altyd daarteen opgesien om werk toe te gaan, maar nadat ons vriende
geword het, sou ek wakker word en dadelik daaraan dink dat ek hom later
daardie dag sou sien . . . dit het dit makliker gemaak om op te staan."
"Terwyl ek werk toe ry, sou ek heeltyd daaraan dink dat ek by haar gaan wees."
"Ek het myself betrap dat ek aan hom dink wanneer ek soggens aantrek. Ek sou
wonder of hy van ’n sekere uitrusting of parfuum sou hou."
"Ek het uitgesien na die weeklikse kooroefening, want ek het geweet hy sou
daar wees."
"Elke keer wanneer ek by haar huis verby gery het, het ek aan haar gedink en
dat ons mekaar daardie Sondag sal sien."
5. Begin oneerlik wees teenoor my maat
"As my vrou gevra het of sy ook by die groep was, sou ek maak of ek nie kan
onthou nie . . . en net daar het ek begin om ’n muur tussen ons op te rig."
"Ek sou voorgee dat ek saam met ons ensemble gaan oefen, maar in
werklikheid het ek ’n duet saam met hom geoefen."
"My vrou het my op ’n keer oor haar uitgevra, maar ek het alles ontken. Ons het
per slot van rekening nog niks verkeerds gedoen nie. Nou besef ek dat dit een
van daardie geleenthede was waar ek met die hele sak patats vorendag kon
kom en so die ramp waarheen ek op pad was, kon afweer."
"Elke keer wanneer ons as paartjies bymekaar gekom het, sou ek maak asof ek
niks van hom hou nie. Ek sou selfs na die tyd teenoor my man negatiewe goed
van hom sê. Ek dink ek het probeer om my ware gevoelens vir hom vir my man
weg te steek."
6. Flirtasie en speelse grappies
"Ek het geweet aan die manier waarop sy na my gekyk het. Sy sou my reguit in
die oë kyk, dan tersluiks na my lyf loer en dan weer in my oë kyk – ek het toe
geweet dat sy in meer as my vriendskap belangstel. Maar ek was so gevlei deur
haar belangstelling dat ek nie kon ontsnap nie."
"Toe het ons mekaar begin terg, en dikwels dubbelsinnige betekenisse aan
dinge geheg. Soms het ons mekaar geterg selfs wanneer ons huweliksmaats by
was. Dit het eers baie onskuldig gevoel, maar ons het al hoe meer tot die besef
gekom dat dit regtig vir ons iets beteken het."
"Ons sou dikwels lag en sê hoe dit lyk asof ons 'vir mekaar gemaak is'. Dan sou
ons mekaar terg oor watter soort man of vrou die ander een sou wees as ons
met mekaar getroud was."
"Hy het hierdie oë gehad! As hy op daardie 'spesiale' manier na my gekyk het,
het my knieë heeltemal lam geraak. Ek het verniet teen my begeerte na hom
baklei – ek was verlore."
7. Begin praat en deel oor persoonlike sake
"Ons sou oor dinge praat – nie belangrike dinge nie, net klein goedjies waaroor hy
besorg was, of waaroor ek bekommerd was."
"Ons sou voor kerk vir koffie ontmoet en sommer net gesels."
"Ek het probleme met my seun gehad en dit was asof sy die hele situasie net soveel
beter verstaan het as enigeen met wie ek toe al gepraat het. Ek sou haar vertel van
die mees onlangse rusie en sy sou dit so goed verstaan. Ons het regtig ’n hegte
vriendskap ontwikkel – ons was amper soos sielsgenote.
"My pa is oorlede net voor ons mekaar ontmoet het en sy ma ’n paar jaar tevore. Dit
het gevoel asof hy presies verstaan waardeur ek gaan en ons sou vir ure praat oor
hoe elkeen van ons voel."
"Ek was so alleen na my man se dood en uitgehonger vir iemand om my lewe mee
te deel. Toe het hy my begin bel net omdat hy omgee. Dit het my so gelukkig laat
voel om sy besorgde stem aan die anderkant van die lyn te hoor, al het ek geweet hy
is getroud."
"Ons het so baie tyd saam by die werk deurgebring dat ek oortuig was dat sy meer
van my weet as wat my vrou geweet het – of selfs wou weet."
8. Ligte aanrakings, drukkies, omhelsings met gevoel
"Hy het vir maande nie aan my geraak nie. Toe, een aand nadat ons laat gewerk het,
was ons op pad na die deur toe hy sê: 'Jy is so spesiaal. Dankie vir alles wat jy doen
. . .' Toe het hy omgedraai en my teer omhels, net vir ’n oomblik. Daardie oomblik het
my so goed laat voel dat ek dit oor en oor in my geheue laat afspeel het, amper soos
die kykweer van ’n DVD. Ek besef nou dat ek dit toe dadelik moes stop. Ek het nooit
bedoel om my gesin so te ruïneer nie."
"Sy het altyd by ons huis gekuier en was my vrou se beste vriendin. Sy het dikwels
tot laat gebly om TV te kyk, selfs al was my vrou al bed toe. Sy sou langs my op die
bank sit en ek was aangetrokke tot haar . . . soos die liedjie sê: '. . . soos ’n mot na ’n
kers'."
"Hy sou my dikwels op die skouer klop, jy weet, as goedkeuring vir goeie werk wat
ek gedoen het. Maar ek het geweet dit het meer as dit beteken."
"Die eerste keer wat sy aan my geraak het, was toe ons saam registrasies gedoen
het. Ons het langs mekaar gesit. Ek sou iets gevat of snaaks sê en sy sou giggel;
dan sou sy onder die tafel my bobeen met haar hand druk. Dit het my regtig
opgewonde gemaak."
9. Spesiale geskenke en boodskappe
"Hy sou hierdie bemoedigende boodskappies skryf en dit op my lessenaar of
dagboek los, of teen my rekenaar plak. Dit het niks bevat wat hom skuldig kon laat
lyk nie. As enigiemand anders dit gekry het, sou hulle niks vermoed nie. Maar ons
albei het geweet wat aangaan, maar ons wou dit nog nie stop nie."
"Soms sou ek hom bel en ’n kort boodskap op sy antwoordmasjien los. Hy sou
notatjies in my Bybel los."
"Hy sou vir my ’n klein geskenkie koop – niks duurs nie, maar ek kon altyd sien dat
hy baie moeite gedoen het om presies te kry waarvan ek hou. Natuurlik het almal
gedink hy is net ’n goeie werkgewer."
"Sy het begin om naamlose notatjies in my lessenaar te los waarin sy haar
gevoelens vir my duidelik maak. Eers was ek bang dat iemand op een sou afkom.
Maar na ’n tydjie het ek myself betrap dat ek uitsien na die volgende een, al het ek
geweet dat dit ’n risiko is."
9. Spesiale geskenke en boodskappe
"Hy sou hierdie bemoedigende boodskappies skryf en dit op my lessenaar of
dagboek los, of teen my rekenaar plak. Dit het niks bevat wat hom skuldig kon laat
lyk nie. As enigiemand anders dit gekry het, sou hulle niks vermoed nie. Maar ons
albei het geweet wat aangaan, maar ons wou dit nog nie stop nie."
"Soms sou ek hom bel en ’n kort boodskap op sy antwoordmasjien los. Hy sou
notatjies in my Bybel los."
"Hy sou vir my ’n klein geskenkie koop – niks duurs nie, maar ek kon altyd sien dat
hy baie moeite gedoen het om presies te kry waarvan ek hou. Natuurlik het almal
gedink hy is net ’n goeie werkgewer."
"Sy het begin om naamlose notatjies in my lessenaar te los waarin sy haar
gevoelens vir my duidelik maak. Eers was ek bang dat iemand op een sou afkom.
Maar na ’n tydjie het ek myself betrap dat ek uitsien na die volgende een, al het ek
geweet dat dit ’n risiko is."
10. Dink verskonings uit om mekaar te ontmoet
"Ek het begin planne maak om goed by haar huis te gaan aflaai wanneer ek weet
haar man is nie tuis nie. Ek en hy het mekaar geken en ek sou altyd gereedskap wat
ek by hom geleen het, terugneem op dié middae wat ek geweet het sy is alleen by
die huis."
"Ek sou wag tot aan die einde van ’n werksdag en hom dan net voor toemaaktyd bel
oor iets wat ek as ’n 'besigheidsvraag' uitgedink het, en dan het ons gesels."
"Hoe meer betrokke ons bymekaar geraak het, hoe meer het ek tye beplan waar ek
en hy saam kon oefen. Ons het begin om mekaar meer dikwels te ontmoet."
"Sy het begin om haar skedule so te beplan dat haar man haar by
komiteevergaderings aflaai. Ek sou dan daar rondstaan en aanbied – met so veel
ongeërgdheid as wat ek bymekaar kon skraap – om haar by die huis te gaan aflaai."
11. Beplan geheime ontmoetings
"Teen hierdie tyd het dinge al so ver gevorder dat ons mekaar in die geheim op die
winkelsentrum se parkeerterrein ontmoet het. Ek weet nou hoe dom dit was, maar
op daardie stadium is ek deur iets anders as gesonde verstand beheer."
"Ons het begin reëlings tref om op dieselfde aande laat te werk. Dan sou ons vroeg
ophou en mekaar in die donker parkeerterrein ontmoet."
"Ek het begin om seker te maak hy ken my reisplanne sodat ons dieselfde
konferensies kon bywoon. Op daardie stadium was daar nog niks fisies tussen ons
nie, maar daar was soveel opgewondenheid en romanse in die lug . . . dit was asof
selfs die geheimsinnigheid dinge meer opwindend gemaak het."
"Sy sou my soms net voor middagete bel en dan sou ons wegglip, iewers gaan eet
en dan die res van my etenstyd rustig met mekaar gesels."
12. Misleiding en verdoeseling
"Toe ons eers begin het om in die geheim te ontmoet, moes ek allerhande stories
uitdink oor waar ek was om my vrou tevrede te hou. Teen hierdie tyd het al ek ’n muur
van oneerlikheid tussen ons gebou."
"Sommer gou was my lewe vol leuens. Ek sou lieg oor waarheen ek gaan, waar ek
was en saam met wie ek was. Hoe meer agterdogtig my man geword het, hoe beter
het ek gelieg. Maar hy het geweet iets is verkeerd.”
"Ek het by verskeie verenigings aangesluit sodat ek ’n verskoning kon hê om saans
uit te gaan."
"Sy sou vra hoe laat ek ophou werk. Ek sou eenvoudig daaroor lieg en sy het geen
idee gehad wat haar getref het nie. Hoe kan ek ooit weer haar vertroue wen?"
"Ons het ooreengekom dat, as iemand ons saam sien ry, ons dieselfde storie sal
vertel: dat my motor nie wou vat nie, hy het gestop om te help en gesien dat ’n
smeltdraad uitgebrand het. Ons is op pad om ’n nuwe smeltdraad te gaan kry om die
stukkende een te vervang."
"Teen hierdie tyd was my lewe een groot leuen, so ek het gereeld gelieg om te keer
dat mense van ons geheime ontmoetings uitvind."
13. Soen en vashou en omhelsings
"Die hele ding was nou so opwindend. Ek was so ’n gek! Ons het in die geheim
ontmoet en ons albei was bang dat ons uitgevang gaan word. Maar dit het ons net
laat voel dat ons nog meer gemeen het. Wanneer ons ontmoet het, sou ons
mekaar omhels asof ons mekaar in jare nie gesien het nie – soos in die flieks
wanneer een van die oorlog af terugkom."
"Toe ons eers begin het om in die geheim te ontmoet, het die einde vinnig gekom.
Ons het gesoen en mekaar omhels soos twee tieners wat die eerste keer op ’n stil
plek amoreus raak."
"Dit het net so goed gevoel om gedruk en gesoen te word deur iemand wat regtig
vir my omgee."
14. Seksuele voorspel en onbetaamlike gedrag
"Op hierdie stadium het my hormone oorgeneem! Ek het alle rede vergeet en was
gereed om alles te waag vir meer."
"Dit was asof ek weer ’n tiener was – om te ver te gaan, dan spyt te wees en my
voor te neem om dit nie weer te doen nie; maar net so vinnig het ek vol begeerte
na meer sonde gesoek."
"Toe ek en my man nog uitgegaan het, het ons geworstel met die vraag: 'Hoe ver
kan ons gaan?' Wel, nou het ek weer met dieselfde kwessie geworstel. Vriendskap
met hierdie ou het nie so verkeerd gelyk nie. Maar nou gaan ons verder as wat ek
ooit bedoel het om te gaan. Maar, op ’n vreemde manier het dit vir my reg gevoel
om presies so ver te gaan as met my man toe ons nog uitgegaan het. Ek dink, op
’n manier, het my gegriefdheid teen my man se voortdurende druk op my nou na
vore begin kom. Ek sê nie dit was nie verkeerd nie. Net dat ek op ’n manier
geregverdig gevoel het."
"Omtrent op hierdie stadium het ek myself begin bluf deur soos ’n held te voel
omdat ek nie 'voluit' gegaan het nie. Want dis wat ek wou doen. Maar deur alles te
doen, behalwe 'dit', het ek myself gebluf deur te dink ek is besig om die versoeking
met groot sukses te weerstaan. Wat ek nie besef het nie, was dat dit waarmee ek
wel besig was, verkeerd was, en dat ek uiteindelik wel die volgende stap ook sou
neem. Dis nie moontlik om ’n verhouding te 'vries' nie – óf jy gaan daarmee voort óf
jy verbreek dit heeltemal."
15. Seksuele omgang
"Sommer gou het ek nie meer weerstand gebied nie en oorgegaan tot owerspel in
die volle sin van die woord."
"Een ding het tot die volgende gelei en ons het saam in die bed beland."
"Alhoewel ons nooit bedoel het dat dit so ver moes gaan nie, het ons uiteindelik
voluit gegaan en seks gehad."
"Een aand kon ons onsself net nie keer nie (wel, ons wou nie), so ek het my reis
van ontrouheid teenoor my man voltooi – ek het seks gehad met hierdie man."
“my maat verdien iemand beter as ek…”
“ons huwelik is klaar tot niet…”
“my maat is in elk geval ongelukkig met my…”
“dis onskuldig en niks meer verkeerd nie, ons praat net…”
“ons is net vriende…”
“ek is ongelukkig, kan ek dan met niemand praat nie?”
“my man/vrou gaan tog nooit verander nie…?
“my man/vrou is tog nie leif vir my nie…”
“hoe kan iets wat so wonderlik voel verkeerd wees?
‘n Reeks van verkeerde besluite (Spr 7:8)
Voed ‘n onheilige attraksie (Spr 5:3)
Bedink die moontlikheid (Mar 7:21)
Brand van begeerte (Spr 6:25,27; Jak 1:12-16; Efe 2:3)
Rebelleer teen die stem van die Heilige Gees (Rom 2:15)
Glo die leuens en regverdig jou dade (1 Tim 4:2)
Misleiding van die hart (Jer 17:9-10)
Onvervulde, miskende en misplaaste begeertes. (Gal 5:24)
Lojaliteit, die rigting van jou hart!
Jy is nie lojaal as jy:
jou maat se naaktheid ontbloot nie.
jou maat se foute met iemand anders bespreek nie.
jou maat voor ander teregwys nie.
jou maat vloek en dreig nie.
jou jou maat spot en verneder nie.
jou maat 2de stel en eers ander help nie.
vir jou maat jok nie.
jou jou wangedra en so skande oor julle bring nie.
jouself van jou maat disassosieer en isoleer nie.
jou maat met iemand anders vergelyk nie.
Moenie kontak hou of vorige liefdes opsoek nie.
Moenie alleen sosiaal verkeer met iemand van die teenoorgestelde geslag nie.
Moenie alleen iemand beraad van die teenoorgestelde geslag nie.
Laat alle gedrag en dade bo alle verdenking geskied.
Moenie dink jy is sterk en dit sal nooit met jou gebeur nie.
Jy maat moet op enige gesprek, en kontak met iemand van die teenoorgestelde
geslag kan inloop en deel wees, sonder aarseling.
Daar moet geen geheime tussen jou en jou maat wees nie.
Moet vir geen rede jou hart draai nie!
Vlug by die eerste temptasie!!!
Leer die Bybelse standaard van die liefde in die huwelike. Dit begin deur ‘n
nuwe verbondstaal aan te leer.
Verseker mekaar gereeld van mekaar se liefde
Kyk in mekaar se oë en gesels met julle oë.
Glimlag vir mekaar
Vervul mekaar volkome seksueel. (1 Kor 7:1-9)
Doen lekker dinge saam.
Beplan romanse.
Deel met die verkeerde verwagtinge van die liefde.
Verstaan verbond.
Gereelde betekenisvolle aanraking.
The vier perde ruiters volgens Gottman, wat tekens is van ‘n huwelik wat in
gevaar is.
Defensiveness – verdedigend
Stonewalling – aangluur
Criticism – kritiek
Contempt – veragting
Kwessies wat nie opgelos word en waardeur julle as huweliksmaats nie groei
nie, word ‘n onsigbare kloof.
Leer goeie konflik hantering tegnieke aan, en oefen om sake deur te praat totdat
julle mekaar waaragtig hoor en verstaan.
Fokus eers altyd eerste jou hart na die Here en dan jou maat. (Mat 6:33)
Vergenoegdheid is in die Here.
Afwesigheid sonder bevredigende verduideliking
Verdedigend en ontrekking
Verandering in toegeneentheid en belangstelling
Kommunikasie probleme
Leuens
Onbillike kritiese gesindheid
Verlies aan spontaniteit
Beheptheid met selfoon, internet, rekenaar, werk of stokperdjie.
Geen toegang / toegang verbied tot selfoon/rekenaar/wagwoorde
Moet ek my maat terugneem of nie?
As ek my maat terugneem sal ek hom/haar kan vergewe?
As ek my maat vergewe het, hoe leer ek weer vertrou?
Hoe deel ek met die herinneringe?
Hoe vergewe ek myself?
Gaan ons verhouding ooit weer kan heel wees?
Deel en leef die volle waarheid en niks anders as die waarheid nie.
Breek alle kontak op alle vlakke. Fisies, emosioneel, geestelik.
Hou alle gedrag openlik”.
Eerlikheid met God, jouself, en jou maat.
Reckless abandonment of self.
Weerlê elke leuen met waarheid in jou gedagtes.
Wanneer ek die probleem ontken, deel ek nie met die oorsaak nie, en is daar ‘n
groot gevaar dat dit weer gaan gebeur.
Ontkenning :
kom ons vergeet dit net en gaan aan…
tyd sal die wonde genees…
ek wil dit net vergeet en aangaan…
hou op om aan my te torring…
los dit nou net uit… en sit dit agter ons…
Goddelike berou lyk so :
Erkenning van sonde.
Noem dit op die naam.
Bekeer en draai. (Mat 4:17)
Neem volle verantwoordelikheid.
Identifiseer met die man/vrou van sonde. (2 Tes 2:3)
Begrip oor my optrede se oorsaak en kern.
Vergewe self en ontvang vergifnis en genesing. (Jn 8:1–11 & 1 Joh 1:9)
Sien die skade en identifiseer met my maat se seer. Ware empatie sonder enige
verwyte, self-haat of selfbejammering.
Neem stappe van restitusie.
Sien, beleef en ervaar dat God se liefde jou genees.
Ontvang en neem die lewe wat God gee aan.
Hou aan om jou hart na jou maat te bly draai.
Hou aan om te bely en te vergewe.
Doen dade wat by liefde pas, al voel dit soos plig.
Sien jou maat in die gees, volgens die woord.
Sien jouself in die Woord.

More Related Content

Viewers also liked

What effect does your beliefs have on your life? Free or in bondage
What effect does your beliefs have on your life? Free or in bondageWhat effect does your beliefs have on your life? Free or in bondage
What effect does your beliefs have on your life? Free or in bondageJan Oosthuizen
 
TEDx Manchester: AI & The Future of Work
TEDx Manchester: AI & The Future of WorkTEDx Manchester: AI & The Future of Work
TEDx Manchester: AI & The Future of WorkVolker Hirsch
 

Viewers also liked (6)

What effect does your beliefs have on your life? Free or in bondage
What effect does your beliefs have on your life? Free or in bondageWhat effect does your beliefs have on your life? Free or in bondage
What effect does your beliefs have on your life? Free or in bondage
 
Gebed.pps
Gebed.ppsGebed.pps
Gebed.pps
 
Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47Handelinge 2:42 47
Handelinge 2:42 47
 
Hello, WatchKit
Hello, WatchKitHello, WatchKit
Hello, WatchKit
 
TEDx Manchester: AI & The Future of Work
TEDx Manchester: AI & The Future of WorkTEDx Manchester: AI & The Future of Work
TEDx Manchester: AI & The Future of Work
 
Build Features, Not Apps
Build Features, Not AppsBuild Features, Not Apps
Build Features, Not Apps
 

More from Jan Oosthuizen

PALS Witzenberg Land Reform Framework
PALS Witzenberg Land Reform Framework PALS Witzenberg Land Reform Framework
PALS Witzenberg Land Reform Framework Jan Oosthuizen
 
Mentorship in practice
Mentorship in practiceMentorship in practice
Mentorship in practiceJan Oosthuizen
 
Annelize crosby agri sa perspectives
Annelize crosby agri sa perspectivesAnnelize crosby agri sa perspectives
Annelize crosby agri sa perspectivesJan Oosthuizen
 
Future farmers presentation
Future farmers presentation Future farmers presentation
Future farmers presentation Jan Oosthuizen
 
The Business of Creating Wealth - Vito Rugani
The Business of Creating Wealth - Vito RuganiThe Business of Creating Wealth - Vito Rugani
The Business of Creating Wealth - Vito RuganiJan Oosthuizen
 
Socio economic transformation
Socio economic transformationSocio economic transformation
Socio economic transformationJan Oosthuizen
 
Cultivate christ's finished work
Cultivate christ's finished workCultivate christ's finished work
Cultivate christ's finished workJan Oosthuizen
 
Doping met die heilige gees
Doping met die heilige geesDoping met die heilige gees
Doping met die heilige geesJan Oosthuizen
 
Apostoliese Ingesteldheid
Apostoliese Ingesteldheid Apostoliese Ingesteldheid
Apostoliese Ingesteldheid Jan Oosthuizen
 
God’s blueprint for church
God’s blueprint for churchGod’s blueprint for church
God’s blueprint for churchJan Oosthuizen
 

More from Jan Oosthuizen (11)

PALS Witzenberg Land Reform Framework
PALS Witzenberg Land Reform Framework PALS Witzenberg Land Reform Framework
PALS Witzenberg Land Reform Framework
 
Mentorship in practice
Mentorship in practiceMentorship in practice
Mentorship in practice
 
Annelize crosby agri sa perspectives
Annelize crosby agri sa perspectivesAnnelize crosby agri sa perspectives
Annelize crosby agri sa perspectives
 
Future farmers presentation
Future farmers presentation Future farmers presentation
Future farmers presentation
 
The Business of Creating Wealth - Vito Rugani
The Business of Creating Wealth - Vito RuganiThe Business of Creating Wealth - Vito Rugani
The Business of Creating Wealth - Vito Rugani
 
Socio economic transformation
Socio economic transformationSocio economic transformation
Socio economic transformation
 
Cultivate christ's finished work
Cultivate christ's finished workCultivate christ's finished work
Cultivate christ's finished work
 
Doping met die heilige gees
Doping met die heilige geesDoping met die heilige gees
Doping met die heilige gees
 
Apostoliese Ingesteldheid
Apostoliese Ingesteldheid Apostoliese Ingesteldheid
Apostoliese Ingesteldheid
 
God’s blueprint for church
God’s blueprint for churchGod’s blueprint for church
God’s blueprint for church
 
Profesie en profete
Profesie en profeteProfesie en profete
Profesie en profete
 

Beantwoord jou vrae oor Ontrouheid in die Huwelik

  • 1.
  • 2.
  • 3.
  • 4. Eksodus 20:10 maar die sewende dag is die sabbat van die Here jou God. Dan mag jy geen werk doen nie, nie jy of jou seun of jou dogter of die man of vrou wat vir jou werk, of enige dier van jou of die vreemdeling by jou nie. Levitikus 20:10 “Iemand wat egbreuk pleeg met die vrou van ’n medeburger, moet doodgemaak word. Dit geld vir die man en ook vir die vrou wat egbreuk pleeg.
  • 5. Spreuke 6:26 Jy kan ’n prostituut kry vir ’n stuk brood, maar owerspel kan jou lewe kos. Spreuke 6:32 Maar ’n man wat owerspel pleeg, moet van sy verstand af wees, iemand wat dit doen, verwoes sy lewe. Hosea 4:2 het vervloeking, valsheid, moord, diefstal en egbreuk hand oor hand toegeneem en is die vergieting van onskuldige bloed aan die orde van die dag.
  • 6. Matteus 5:27 “Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ’n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg. 2 Petrus 2:14 Hulle oë is die ene wellus, en aan sonde kry hulle net nie genoeg nie. Hulle verlei onstandvastige mense en is bedrewe
  • 7. Maleagi 2:14 – 16 jy was ontrou aan haar, ontrou aan jou eie vrou, die vrou aan wie jy plegtig trou belowe het. 15 Die Here het man en vrou een gemaak, een in liggaam en gees. En waarom een? Omdat Hy wil hê dat daar ’n nageslag moet wees, wat Hom eer. Beheers julle, moenie ontrou wees aan die vrou met wie jy van jou jeug af getroud is nie. 16 Die Here die God van Israel sê Hy haat egskeiding. Egskeiding is niks anders as geweld nie, sê die Here die Almagtige. Beheers julle, moenie ontrou wees nie
  • 8. Owerspel vind plaas wanneer deur die loop van ‘n gewone dag ek in enige persoon liefde, aandag, vertroosting, vervulling en bevrediging soek wat bedoel is om binne die huwelik gevind te word. Egbreuk is wanneer ek my liefde wegdraai na iemand buite die huweliksverhouding.
  • 9.
  • 10.
  • 11. ʼn Buite-egtelike verhouding begin gewoonlik met ʼn vriendskap, en die deel van probleme en ʼn besorgdheid van behoeftes wat nie deur jou huweliksmaat vervul word nie. Die aantrekking is gewoonlik nie net fisies nie, maar bloot die moontlikheid dat ʼn onvervulde begeerte vervul gaan word. LET WEL: Geen tekortkoming van jou maat kan owerspel regverdig nie!
  • 12. 1. Deel gemeenskaplike belange "Ons het soveel gemeen gehad, dit was onwerklik." "Ek en sy was al twee dol oor musiek en was aangetrokke tot mekaar.” "Hy was so geestelik ingestel . . . ek het iemand gesoek met wie ek my geestelike worstelinge kon deel." "Ons was al twee mal oor perde en het saam begin ry." "Ons het albei ’n begeerte gehad om vir die kerk te werk, en veral om met kinders te werk." "Sy was die eerste vrou wat ek ontmoet het wat van die buitelewe gehou het, selfs van jag en visvang – ek was betower!"
  • 13. 2. Vergelyking met my maat; fokus op tekortkominge "My man het nie baie in geestelike dinge belanggestel nie, maar hierdie man het so baie van die Bybel geweet." "Sy was slank, aantreklik en het pragtig aangetrek – heeltemal anders as my vrou wat haarself op daardie stadium nie eintlik goed versorg het nie." "Sy het soveel begrip gehad en het na my en my probleme geluister, anders as my vrou wat altyd so besig en gejaagd was dat ons nie tyd gehad het om met mekaar te praat nie." "My man wou nooit kommunikeer nie – hy het van die werk af huis toe gekom en gaan sit en TV kyk. Ek het later opgegee. Toe kom hierdie man wat totaal van my man verskil het – hy was saggeaard, lief om te gesels en sou sommer klein dingetjies in sy lewe met my deel."
  • 14. 3. Bevredig emosionele behoeftes "Hy het verstaan hoe ek voel en my die empatie gebied waarna ek gesmag het." "Sy was daar toe ek haar nodig gehad het." "My ego was so uitgehonger vir erkenning dat ek dit van enigiemand sou aanvaar – ek dink dis waar die hele ding begin het." "Niemand het regtig in my geglo nie, tot hy in my lewe gekom het. Hy het my aangemoedig, geïnspireer en so ernstig geglo in dit wat ek kon bereik en wat ek kon word." "My vrou was besig met die kinders en was glad nie betrokke by my werk nie. Hierdie meisie het my bewonder en my behandel asof ek regtig iemand was. Dit het so goed gevoel."
  • 15. 4. Sien uit daarna om by mekaar te wees "Ek het altyd daarteen opgesien om werk toe te gaan, maar nadat ons vriende geword het, sou ek wakker word en dadelik daaraan dink dat ek hom later daardie dag sou sien . . . dit het dit makliker gemaak om op te staan." "Terwyl ek werk toe ry, sou ek heeltyd daaraan dink dat ek by haar gaan wees." "Ek het myself betrap dat ek aan hom dink wanneer ek soggens aantrek. Ek sou wonder of hy van ’n sekere uitrusting of parfuum sou hou." "Ek het uitgesien na die weeklikse kooroefening, want ek het geweet hy sou daar wees." "Elke keer wanneer ek by haar huis verby gery het, het ek aan haar gedink en dat ons mekaar daardie Sondag sal sien."
  • 16. 5. Begin oneerlik wees teenoor my maat "As my vrou gevra het of sy ook by die groep was, sou ek maak of ek nie kan onthou nie . . . en net daar het ek begin om ’n muur tussen ons op te rig." "Ek sou voorgee dat ek saam met ons ensemble gaan oefen, maar in werklikheid het ek ’n duet saam met hom geoefen." "My vrou het my op ’n keer oor haar uitgevra, maar ek het alles ontken. Ons het per slot van rekening nog niks verkeerds gedoen nie. Nou besef ek dat dit een van daardie geleenthede was waar ek met die hele sak patats vorendag kon kom en so die ramp waarheen ek op pad was, kon afweer." "Elke keer wanneer ons as paartjies bymekaar gekom het, sou ek maak asof ek niks van hom hou nie. Ek sou selfs na die tyd teenoor my man negatiewe goed van hom sê. Ek dink ek het probeer om my ware gevoelens vir hom vir my man weg te steek."
  • 17. 6. Flirtasie en speelse grappies "Ek het geweet aan die manier waarop sy na my gekyk het. Sy sou my reguit in die oë kyk, dan tersluiks na my lyf loer en dan weer in my oë kyk – ek het toe geweet dat sy in meer as my vriendskap belangstel. Maar ek was so gevlei deur haar belangstelling dat ek nie kon ontsnap nie." "Toe het ons mekaar begin terg, en dikwels dubbelsinnige betekenisse aan dinge geheg. Soms het ons mekaar geterg selfs wanneer ons huweliksmaats by was. Dit het eers baie onskuldig gevoel, maar ons het al hoe meer tot die besef gekom dat dit regtig vir ons iets beteken het." "Ons sou dikwels lag en sê hoe dit lyk asof ons 'vir mekaar gemaak is'. Dan sou ons mekaar terg oor watter soort man of vrou die ander een sou wees as ons met mekaar getroud was." "Hy het hierdie oë gehad! As hy op daardie 'spesiale' manier na my gekyk het, het my knieë heeltemal lam geraak. Ek het verniet teen my begeerte na hom baklei – ek was verlore."
  • 18. 7. Begin praat en deel oor persoonlike sake "Ons sou oor dinge praat – nie belangrike dinge nie, net klein goedjies waaroor hy besorg was, of waaroor ek bekommerd was." "Ons sou voor kerk vir koffie ontmoet en sommer net gesels." "Ek het probleme met my seun gehad en dit was asof sy die hele situasie net soveel beter verstaan het as enigeen met wie ek toe al gepraat het. Ek sou haar vertel van die mees onlangse rusie en sy sou dit so goed verstaan. Ons het regtig ’n hegte vriendskap ontwikkel – ons was amper soos sielsgenote. "My pa is oorlede net voor ons mekaar ontmoet het en sy ma ’n paar jaar tevore. Dit het gevoel asof hy presies verstaan waardeur ek gaan en ons sou vir ure praat oor hoe elkeen van ons voel." "Ek was so alleen na my man se dood en uitgehonger vir iemand om my lewe mee te deel. Toe het hy my begin bel net omdat hy omgee. Dit het my so gelukkig laat voel om sy besorgde stem aan die anderkant van die lyn te hoor, al het ek geweet hy is getroud." "Ons het so baie tyd saam by die werk deurgebring dat ek oortuig was dat sy meer van my weet as wat my vrou geweet het – of selfs wou weet."
  • 19. 8. Ligte aanrakings, drukkies, omhelsings met gevoel "Hy het vir maande nie aan my geraak nie. Toe, een aand nadat ons laat gewerk het, was ons op pad na die deur toe hy sê: 'Jy is so spesiaal. Dankie vir alles wat jy doen . . .' Toe het hy omgedraai en my teer omhels, net vir ’n oomblik. Daardie oomblik het my so goed laat voel dat ek dit oor en oor in my geheue laat afspeel het, amper soos die kykweer van ’n DVD. Ek besef nou dat ek dit toe dadelik moes stop. Ek het nooit bedoel om my gesin so te ruïneer nie." "Sy het altyd by ons huis gekuier en was my vrou se beste vriendin. Sy het dikwels tot laat gebly om TV te kyk, selfs al was my vrou al bed toe. Sy sou langs my op die bank sit en ek was aangetrokke tot haar . . . soos die liedjie sê: '. . . soos ’n mot na ’n kers'." "Hy sou my dikwels op die skouer klop, jy weet, as goedkeuring vir goeie werk wat ek gedoen het. Maar ek het geweet dit het meer as dit beteken." "Die eerste keer wat sy aan my geraak het, was toe ons saam registrasies gedoen het. Ons het langs mekaar gesit. Ek sou iets gevat of snaaks sê en sy sou giggel; dan sou sy onder die tafel my bobeen met haar hand druk. Dit het my regtig opgewonde gemaak."
  • 20. 9. Spesiale geskenke en boodskappe "Hy sou hierdie bemoedigende boodskappies skryf en dit op my lessenaar of dagboek los, of teen my rekenaar plak. Dit het niks bevat wat hom skuldig kon laat lyk nie. As enigiemand anders dit gekry het, sou hulle niks vermoed nie. Maar ons albei het geweet wat aangaan, maar ons wou dit nog nie stop nie." "Soms sou ek hom bel en ’n kort boodskap op sy antwoordmasjien los. Hy sou notatjies in my Bybel los." "Hy sou vir my ’n klein geskenkie koop – niks duurs nie, maar ek kon altyd sien dat hy baie moeite gedoen het om presies te kry waarvan ek hou. Natuurlik het almal gedink hy is net ’n goeie werkgewer." "Sy het begin om naamlose notatjies in my lessenaar te los waarin sy haar gevoelens vir my duidelik maak. Eers was ek bang dat iemand op een sou afkom. Maar na ’n tydjie het ek myself betrap dat ek uitsien na die volgende een, al het ek geweet dat dit ’n risiko is."
  • 21. 9. Spesiale geskenke en boodskappe "Hy sou hierdie bemoedigende boodskappies skryf en dit op my lessenaar of dagboek los, of teen my rekenaar plak. Dit het niks bevat wat hom skuldig kon laat lyk nie. As enigiemand anders dit gekry het, sou hulle niks vermoed nie. Maar ons albei het geweet wat aangaan, maar ons wou dit nog nie stop nie." "Soms sou ek hom bel en ’n kort boodskap op sy antwoordmasjien los. Hy sou notatjies in my Bybel los." "Hy sou vir my ’n klein geskenkie koop – niks duurs nie, maar ek kon altyd sien dat hy baie moeite gedoen het om presies te kry waarvan ek hou. Natuurlik het almal gedink hy is net ’n goeie werkgewer." "Sy het begin om naamlose notatjies in my lessenaar te los waarin sy haar gevoelens vir my duidelik maak. Eers was ek bang dat iemand op een sou afkom. Maar na ’n tydjie het ek myself betrap dat ek uitsien na die volgende een, al het ek geweet dat dit ’n risiko is."
  • 22. 10. Dink verskonings uit om mekaar te ontmoet "Ek het begin planne maak om goed by haar huis te gaan aflaai wanneer ek weet haar man is nie tuis nie. Ek en hy het mekaar geken en ek sou altyd gereedskap wat ek by hom geleen het, terugneem op dié middae wat ek geweet het sy is alleen by die huis." "Ek sou wag tot aan die einde van ’n werksdag en hom dan net voor toemaaktyd bel oor iets wat ek as ’n 'besigheidsvraag' uitgedink het, en dan het ons gesels." "Hoe meer betrokke ons bymekaar geraak het, hoe meer het ek tye beplan waar ek en hy saam kon oefen. Ons het begin om mekaar meer dikwels te ontmoet." "Sy het begin om haar skedule so te beplan dat haar man haar by komiteevergaderings aflaai. Ek sou dan daar rondstaan en aanbied – met so veel ongeërgdheid as wat ek bymekaar kon skraap – om haar by die huis te gaan aflaai."
  • 23. 11. Beplan geheime ontmoetings "Teen hierdie tyd het dinge al so ver gevorder dat ons mekaar in die geheim op die winkelsentrum se parkeerterrein ontmoet het. Ek weet nou hoe dom dit was, maar op daardie stadium is ek deur iets anders as gesonde verstand beheer." "Ons het begin reëlings tref om op dieselfde aande laat te werk. Dan sou ons vroeg ophou en mekaar in die donker parkeerterrein ontmoet." "Ek het begin om seker te maak hy ken my reisplanne sodat ons dieselfde konferensies kon bywoon. Op daardie stadium was daar nog niks fisies tussen ons nie, maar daar was soveel opgewondenheid en romanse in die lug . . . dit was asof selfs die geheimsinnigheid dinge meer opwindend gemaak het." "Sy sou my soms net voor middagete bel en dan sou ons wegglip, iewers gaan eet en dan die res van my etenstyd rustig met mekaar gesels."
  • 24. 12. Misleiding en verdoeseling "Toe ons eers begin het om in die geheim te ontmoet, moes ek allerhande stories uitdink oor waar ek was om my vrou tevrede te hou. Teen hierdie tyd het al ek ’n muur van oneerlikheid tussen ons gebou." "Sommer gou was my lewe vol leuens. Ek sou lieg oor waarheen ek gaan, waar ek was en saam met wie ek was. Hoe meer agterdogtig my man geword het, hoe beter het ek gelieg. Maar hy het geweet iets is verkeerd.” "Ek het by verskeie verenigings aangesluit sodat ek ’n verskoning kon hê om saans uit te gaan." "Sy sou vra hoe laat ek ophou werk. Ek sou eenvoudig daaroor lieg en sy het geen idee gehad wat haar getref het nie. Hoe kan ek ooit weer haar vertroue wen?" "Ons het ooreengekom dat, as iemand ons saam sien ry, ons dieselfde storie sal vertel: dat my motor nie wou vat nie, hy het gestop om te help en gesien dat ’n smeltdraad uitgebrand het. Ons is op pad om ’n nuwe smeltdraad te gaan kry om die stukkende een te vervang." "Teen hierdie tyd was my lewe een groot leuen, so ek het gereeld gelieg om te keer dat mense van ons geheime ontmoetings uitvind."
  • 25. 13. Soen en vashou en omhelsings "Die hele ding was nou so opwindend. Ek was so ’n gek! Ons het in die geheim ontmoet en ons albei was bang dat ons uitgevang gaan word. Maar dit het ons net laat voel dat ons nog meer gemeen het. Wanneer ons ontmoet het, sou ons mekaar omhels asof ons mekaar in jare nie gesien het nie – soos in die flieks wanneer een van die oorlog af terugkom." "Toe ons eers begin het om in die geheim te ontmoet, het die einde vinnig gekom. Ons het gesoen en mekaar omhels soos twee tieners wat die eerste keer op ’n stil plek amoreus raak." "Dit het net so goed gevoel om gedruk en gesoen te word deur iemand wat regtig vir my omgee."
  • 26. 14. Seksuele voorspel en onbetaamlike gedrag "Op hierdie stadium het my hormone oorgeneem! Ek het alle rede vergeet en was gereed om alles te waag vir meer." "Dit was asof ek weer ’n tiener was – om te ver te gaan, dan spyt te wees en my voor te neem om dit nie weer te doen nie; maar net so vinnig het ek vol begeerte na meer sonde gesoek." "Toe ek en my man nog uitgegaan het, het ons geworstel met die vraag: 'Hoe ver kan ons gaan?' Wel, nou het ek weer met dieselfde kwessie geworstel. Vriendskap met hierdie ou het nie so verkeerd gelyk nie. Maar nou gaan ons verder as wat ek ooit bedoel het om te gaan. Maar, op ’n vreemde manier het dit vir my reg gevoel om presies so ver te gaan as met my man toe ons nog uitgegaan het. Ek dink, op ’n manier, het my gegriefdheid teen my man se voortdurende druk op my nou na vore begin kom. Ek sê nie dit was nie verkeerd nie. Net dat ek op ’n manier geregverdig gevoel het."
  • 27. "Omtrent op hierdie stadium het ek myself begin bluf deur soos ’n held te voel omdat ek nie 'voluit' gegaan het nie. Want dis wat ek wou doen. Maar deur alles te doen, behalwe 'dit', het ek myself gebluf deur te dink ek is besig om die versoeking met groot sukses te weerstaan. Wat ek nie besef het nie, was dat dit waarmee ek wel besig was, verkeerd was, en dat ek uiteindelik wel die volgende stap ook sou neem. Dis nie moontlik om ’n verhouding te 'vries' nie – óf jy gaan daarmee voort óf jy verbreek dit heeltemal."
  • 28. 15. Seksuele omgang "Sommer gou het ek nie meer weerstand gebied nie en oorgegaan tot owerspel in die volle sin van die woord." "Een ding het tot die volgende gelei en ons het saam in die bed beland." "Alhoewel ons nooit bedoel het dat dit so ver moes gaan nie, het ons uiteindelik voluit gegaan en seks gehad." "Een aand kon ons onsself net nie keer nie (wel, ons wou nie), so ek het my reis van ontrouheid teenoor my man voltooi – ek het seks gehad met hierdie man."
  • 29. “my maat verdien iemand beter as ek…” “ons huwelik is klaar tot niet…” “my maat is in elk geval ongelukkig met my…” “dis onskuldig en niks meer verkeerd nie, ons praat net…” “ons is net vriende…” “ek is ongelukkig, kan ek dan met niemand praat nie?” “my man/vrou gaan tog nooit verander nie…? “my man/vrou is tog nie leif vir my nie…” “hoe kan iets wat so wonderlik voel verkeerd wees?
  • 30.
  • 31. ‘n Reeks van verkeerde besluite (Spr 7:8) Voed ‘n onheilige attraksie (Spr 5:3) Bedink die moontlikheid (Mar 7:21) Brand van begeerte (Spr 6:25,27; Jak 1:12-16; Efe 2:3) Rebelleer teen die stem van die Heilige Gees (Rom 2:15) Glo die leuens en regverdig jou dade (1 Tim 4:2) Misleiding van die hart (Jer 17:9-10) Onvervulde, miskende en misplaaste begeertes. (Gal 5:24)
  • 32. Lojaliteit, die rigting van jou hart! Jy is nie lojaal as jy: jou maat se naaktheid ontbloot nie. jou maat se foute met iemand anders bespreek nie. jou maat voor ander teregwys nie. jou maat vloek en dreig nie. jou jou maat spot en verneder nie. jou maat 2de stel en eers ander help nie. vir jou maat jok nie. jou jou wangedra en so skande oor julle bring nie. jouself van jou maat disassosieer en isoleer nie. jou maat met iemand anders vergelyk nie.
  • 33. Moenie kontak hou of vorige liefdes opsoek nie. Moenie alleen sosiaal verkeer met iemand van die teenoorgestelde geslag nie. Moenie alleen iemand beraad van die teenoorgestelde geslag nie. Laat alle gedrag en dade bo alle verdenking geskied. Moenie dink jy is sterk en dit sal nooit met jou gebeur nie. Jy maat moet op enige gesprek, en kontak met iemand van die teenoorgestelde geslag kan inloop en deel wees, sonder aarseling. Daar moet geen geheime tussen jou en jou maat wees nie. Moet vir geen rede jou hart draai nie! Vlug by die eerste temptasie!!!
  • 34. Leer die Bybelse standaard van die liefde in die huwelike. Dit begin deur ‘n nuwe verbondstaal aan te leer. Verseker mekaar gereeld van mekaar se liefde Kyk in mekaar se oë en gesels met julle oë. Glimlag vir mekaar Vervul mekaar volkome seksueel. (1 Kor 7:1-9) Doen lekker dinge saam. Beplan romanse. Deel met die verkeerde verwagtinge van die liefde. Verstaan verbond. Gereelde betekenisvolle aanraking.
  • 35.
  • 36. The vier perde ruiters volgens Gottman, wat tekens is van ‘n huwelik wat in gevaar is. Defensiveness – verdedigend Stonewalling – aangluur Criticism – kritiek Contempt – veragting Kwessies wat nie opgelos word en waardeur julle as huweliksmaats nie groei nie, word ‘n onsigbare kloof. Leer goeie konflik hantering tegnieke aan, en oefen om sake deur te praat totdat julle mekaar waaragtig hoor en verstaan. Fokus eers altyd eerste jou hart na die Here en dan jou maat. (Mat 6:33) Vergenoegdheid is in die Here.
  • 37.
  • 38. Afwesigheid sonder bevredigende verduideliking Verdedigend en ontrekking Verandering in toegeneentheid en belangstelling Kommunikasie probleme Leuens Onbillike kritiese gesindheid Verlies aan spontaniteit Beheptheid met selfoon, internet, rekenaar, werk of stokperdjie. Geen toegang / toegang verbied tot selfoon/rekenaar/wagwoorde
  • 39. Moet ek my maat terugneem of nie? As ek my maat terugneem sal ek hom/haar kan vergewe? As ek my maat vergewe het, hoe leer ek weer vertrou? Hoe deel ek met die herinneringe? Hoe vergewe ek myself? Gaan ons verhouding ooit weer kan heel wees?
  • 40. Deel en leef die volle waarheid en niks anders as die waarheid nie. Breek alle kontak op alle vlakke. Fisies, emosioneel, geestelik. Hou alle gedrag openlik”. Eerlikheid met God, jouself, en jou maat. Reckless abandonment of self. Weerlê elke leuen met waarheid in jou gedagtes.
  • 41. Wanneer ek die probleem ontken, deel ek nie met die oorsaak nie, en is daar ‘n groot gevaar dat dit weer gaan gebeur. Ontkenning : kom ons vergeet dit net en gaan aan… tyd sal die wonde genees… ek wil dit net vergeet en aangaan… hou op om aan my te torring… los dit nou net uit… en sit dit agter ons…
  • 42. Goddelike berou lyk so : Erkenning van sonde. Noem dit op die naam. Bekeer en draai. (Mat 4:17) Neem volle verantwoordelikheid. Identifiseer met die man/vrou van sonde. (2 Tes 2:3) Begrip oor my optrede se oorsaak en kern. Vergewe self en ontvang vergifnis en genesing. (Jn 8:1–11 & 1 Joh 1:9) Sien die skade en identifiseer met my maat se seer. Ware empatie sonder enige verwyte, self-haat of selfbejammering. Neem stappe van restitusie.
  • 43. Sien, beleef en ervaar dat God se liefde jou genees. Ontvang en neem die lewe wat God gee aan. Hou aan om jou hart na jou maat te bly draai. Hou aan om te bely en te vergewe. Doen dade wat by liefde pas, al voel dit soos plig. Sien jou maat in die gees, volgens die woord. Sien jouself in die Woord.

Editor's Notes

  1. The adulterer may want to forget the whole thing & move on, but the scripture admonishes us to look in the mirror, and consider what we did, lest we move on and forget what manner of person we are, or were. James 1:23-24 For if anyone only listens to the word without obeying it and being a doer of it, he is like a man who looks carefully at his own natural face in a mirror; 24 for he thoughtfully observes himself, and then goes off and promptly forgets what he was like.  AMP
  2. Lees pg 128 Desire: the journey we must take to find the life that God offers. John Eldridge