3. Lees is ’n proses
Lees is ’n proses en daarom is daar spesifieke startegieë
beskikbaar om geïmplementeer te word voor, gedurende
en na lees om te verseker dat jy die historiese materiaal
kan verstaan.
1. Indien jy jou voorberei voordat jy lees, raak die leesproses makliker
en meer betekenisvol.
2. Jy kan beter verstaan wat jy lees as jy tydens lees meer effektiewer
strategieë kan gebruik.
3. Nadat jy gelees het, kan jy reflekteer oor jou lees deur daaroor te
praat, skryf of teken.
4. 1.1 VOORSPEL: ’n VOORLEES strategie
Voordat jy begin om te lees, voorspel
waaroor die inhoud gaan handel.
Die voorspelling oor die inhoud kan jou help
om die betekenis van die teks te vind.
As jy die historiese gedeelte/bron
gebruik, kry jy vooraf kennis
oor die spesifieke onderwerp.
Vra jouself: Wat gaan nou
plaasvind?
* Lees die hele hoofstuk/dokument asook alle
opskrifte
* Kyk na alle prente, byskrifte en aantekeninge
* Herroep wat jy alreeds weet oor die bron/onderwerp
Vraag oor "Die Stem" in Volksraad
KAAPST AD, 6 Oktober 1938. - DIE BURGER
Tydens die opening van die Sesde Sitting van die Sewende
Parlermnt op 11 Februarie bet die militêre orkes Die Stem van
Suid-Afrika naas God Save the King gespeel. Dit was die
eerste keer dat dit gebeur het, en op 18 Februarie het kol. C.F.
Stallard, leier van die Dominion Party, in die Volksraad die
vraag gestel: "Of die speel van Die Stem van Suid Afrika ter
geleentheid van die opening van die Parlement bedoel was om
daardeur DIE STEM as volkslied van Suid-Afrika te erken."
Genl. Hertzog bet ontkennend geantwoord en gesê dat dit
gespeel is met die bedoeling on tegemoet te kom aan die
sentiment van die Afrikaners wat Die Stem van Suid-Afrika,
aangeneem het "as hulle volkslied". Genl. Hertzog het later
verklaar dat daar geen sprake kan wees dat God Save the King
deur Die Stem vervang sal word nie.
5. VOORAFKENNIS
Op 30 en 31 Mei 1918 het CJ Langenhoven in sy woning, Arbeidsgenot op Oudtshoorn, die woorde van die eerste
drie verse van "Die Stem van Suid-Afrika" gedig en terselfdertyd ’n melodie vir die woorde gekomponeer. Albei is
kort hierna uitgegee, en het ook in Die Burger verskyn onder die skuilnaam KRN. Veral ná die publieke uitvoering
van die werk in die Groote Kerk, Kaapstad, in 1924, die gebruik van die melodie by die afsluiting van die daaglikse
radioprogramme en die Regering se keuse van hierdie toonsetting om by die eerste vlaghysing van die nuwe
Unievlag in Kaapstad op 31 Mei 1928 gesing te word, het die Afrikaner dit as iets van sy eie begin aanvaar en het
dit ’n nasionale simbool begin word. Met die opening van die Parlement in 1938, het genl. Hertzog hierdie
toonsetting van "Die Stem" tesame met "God save the King" laat speel.
In Julie 1938 besluit die Volksraad dat "...by alle formele geleenthede onder toesig van die Regering waar God save
the King, of Die Stem, gespeel word, albei gespeel sal word." Na ’n mislukte poging deur dr. DF Malan in 1939 om
"Die Stem" as die enigste Volkslied aanvaar te kry, breek die Tweede Wêreldoorlog uit en word die
Volksliedvraagstuk op die lange baan geskuif.
6. VOORAFKENNIS In 1938, die Eeufeesjaar van
die Voortrekkers, is slegs die Unievlag op hierdie
dag en daarna amptelik byvoorbeeld by militêre
parades gehys en nie die Union Jack nie. Premier
Hertzog het beweer dat die Britse vlag slegs op ons
statebond-verbintenis gedui het en net by sekere
sodanige geleenthede gehys hoef te word.
Soortgelyk is ook "Die Stem" alleen by amptelike
funksies gespeel, omdat "God save the King" bloot
’n gebed vir die Britse koning van Suid-Afrika was.
Heelwat politieke onrustigheid het hieruit gevolg.
In 1957 is daar egter deur eenparige parlementêre
wetgewing bepaal dat "Die Stem" en die Unievlag
die enigste nasionale simbole van hierdie aard is.
Van 31 Mei af het die gebruik gegeld en is "God
save the Queen" en die Union Jack nie meer
amptelik gebruik nie.
7. 1.2 Waarom lees ek ? ’n VOORLEES strategie
Oorweeg die doel om die teks te lees
Daar is ’n goeie rede waarom jy dit
lees.
*Jy leer ’n kosbare vaardigheid aan –
want jy gaan dit vir altyd kan
gebruik.
* Jy lees ook vir die genot daarvan.
* Jy volg instruksies om jou opdrag
te voltooi en om ’n besluit te neem.
* Jy bekom baie belangrike inligting.
Hoe is die teks belangrik vir my eie lewe?
Konnekteer die doel, waarom jy dit moet lees, met die
inligting wat jy in die teks vind.
Vraag in die parlement
Jy het die artikel in ’n baie oue
koerant in jou oupa se huis
gevind. Jy wil nou meer uitvind oor
die twee liedere en die polemiek.
Neem die doel waarom jy dit lees
in ag en ignoreer onnodige sinne.
Wat wil jy weet oor die twee
liedere? Fokus altyd op die doel
waaroor jy dit lees.
8. 1.3 Aktiveer voorafkennis: ’n VOORLEES strategie
Vra jouself: Wat weet ek alreeds oor die onderwerp?
Om voorafkennis
te aktiveer:
Groepbesprekings
dinkskrum
Konsep kartering
Visuele bronne
Grafiese
organiseerders
Wat jy “saambring” om die teks te lees, SAL jou begrip van die teks beïnvloed.
Leerondervindinge met jou klasmaats help
jou om nuwe agtergrondinligting van hul eie
ondervindings te bekom.
Neem deel aan alle
moontlike aktiwiteite
waartydens jy jou eie en
ander leerlinge se kennis
oor die ondewerp met
mekaar kan deel. Aktiveer
jou eie voorafkennis voor
jy begin lees, want dit sal
jou help om die
onderwerp deeglik onder
die knie te kry.
9. Deur jou woordeskat-
vaardighede te
ontwikkel, sal natuurlik
ook help om meer
vloeiend te lees en om
jou begrip te verbeter.
1.4 Woordeskat hersiening: ’n VOORLEES strategie
’n Werktuig vir voorlees woordeskat-
hersiening: semantiese kaart
’n Semantiese kaart is ’n visuele
verteenwoordiging van jou woordeskat
wat jou help om die verhoudings tussen
nuwe en ou woorde te skep. Semantiese
kaarte help om inligting in een onderwerp
te organiseer.
Maak seker dat jy alle ongewone/moeilike woorde hersien sodat jy die
teks makliker kan verstaan.
Leer nuwe
woorde wat jy in
die teks vind
VOORDAT jy die
teks lees. Dit sal
jou baie help om
die teks in
totaliteit te
verstaan.
10. 1.5 KWL-kaart : ‘n VOORLEES strategie
Wat jy KEN, WAT jy wil weet en wat jy geLEER het.
KWL-kaarte is baie spesiaal wanneer jy
met nie-fiksie-teks werk. Dit help jou om
jou sone van gemak aan te skuif sodat jy
meer kan leer.
Voor jy oor die
VOLKSLIED lees, moet jy
eers die KWL-kaart invul
oor wat jy “Ken”, “Weet”
en “Wat jy wil weet”-dele
van die KWL-kaart. Lees
dan die drie dele oor die
onderwerp. Het jy alles
geleer wat wou leer?
Indien nie, doen verdere
navorsing oor die
onderwerp.
Navorsing toon dat ’n KWL-kaart
’n baie effektiewe kombinasie is
van verskillende werktuie wat
baie goed funksioneer vir
leerlinge wat op verskillende
vlakke funksioneer. Aangesien jy
die teks kan kontroleer wat in die
grafiese model geplaas word,
gaan die model jou veral
bevoordeel as jy ’n visuele
leerder is.
11. 2.1 Visualisering: gedurende die leessessie
Gebruik die beskrywende detail van die teks om vir jouself geestelike prentjies
in jou kop te skep.
Geestelike film
Voeg van jou eie
ondervindings by die
ondervindinge waaroor
jy lees en sien dit
dan in 3D. Dit help
jou om jou eie
leeswerk baie lewendig
te maak. Soos jy
voortgaan met jou
leeswerk, pas jou
visuele konsepte
daarby aan.
Navorsing toon dat effektiewe lesers doelbewus en
spontaan geestelike beelde skep. Dit help hulle om
detail te herroep en om daarmee afleidings oor
leeswerk te kan maak.
12. 2.2 Vraagstelling: gedurende die leessessie
Skep jou eie vrae oor die teks terwyl jy dit lees.
Vra jouself: Wat is dit
wat die outeur ons nie
vertel nie? Wat meer wil
ek weet?
Deur vrae oor
die teks te vra
terwyl jy dit
lees, ontwikkel
jy ’n dieper
begrip oor die
onderwerp.
Fokus op die
vrae wat
alreeds
beskikbaar is –
dit is baie
belangrik.
Metakognitiewe vrae
Waaraan dink jy terwyl jy die gedeeltes lees?
Was daar enige gedeeltes wat moeilik is om te
verstaan?
Was daar enige moeilike woorde om te
verstaan?
Wat dink jy gaan volgende gebeur en waarom
dink jy so?
Wat wil die outeur hê moet ons weet?
13. Paul Kruger is gebore op 10 Oktober 1825, in die distrik Cradock van die Kaapkolonie, die seun van Casper en Elsie Steyn Kruger. In
1836 het die Krugers aangesluit by 'n groep van die Voortrekkers onder leiding van Hendrik Potgieter. Kort daarna het Paulus
deelgeneem aan die Slag van Vegkop, waar 'n handvol van die Voortrekkers 'n aanval deur Matabele afgeweer het. Februarie 1838 het
hy hom gevind in Natal, waar hy ooggetuie van die slagting van die laers deur Zoeloe-krygers was. Sy familie het hierna begin boer in
die distrik Rustenburg van Transvaal.
Tydens die eerste fase van die oorlog bly Kruger in Pretoria, bied advies en aanmoediging aan vir die Boeremagte per telegram.
Wanneer die Britse troepe vorder tot by Pretoria, val hy terug na die Oos-Transvaal. In 1900 het die Uitvoerende toegestaan dat hy
voortgaan na Europa om die oorsaak van die Republiek te bevorder. Dit was 'n selfgekose vertrek in oorleg met en byna in opdrag van
die wettige Boereregering van die land asook ná onderhandelings met Boere-voormanne soos president MT Steyn en andere van die
Vrystaat. Hy moes eenvoudig nie in die hande van die aanrukkende Britse vyand val nie omdat dit 'n sielkundige neerlaag vir hom en 'n
terugslag vir die volksgevoel sou beteken.
Danksy MT Steyn en CR de Wet se bemoedigende houding en hulle weiering om op enige wyse met lord Roberts te onderhandel, het
ook Louis Botha en Kruger moed geskep.
Verder moes hy in die buiteland gaan hulp soek: geld en begrip, goedere en steun aan die Boeresaak teenoor Brittanje deur die Europese
regerings en nie langer net deur die Europese publiek nie.
Voorts moes Kruger dringend mediese aandag aan sy pynlike, chroniese ontsteekte oë gee en dit kon hy alleenlik in Nederland laat
doen.
Hoewel hy simpatie gevind het, veral in Frankryk en Nederland, sou geen buitelandse krag inmeng namens die Boere nie. As 'n balling
het Kruger gehoor van die oorgawe van die Boeremagte in 1902. Hy sterf op 14 Julie 1904 in Clarens, Switserland.
14. 2.3 Afleidings:gedurende die leessessie
Lees tussen die reëls
Maak afleidings wat gebaseer is
op getuienisse vanuit die storie
en jou eie kennis. Maak gebruik
van konteksuele feite, prente
ens. Soos jy verder lees, hersien
jou afleidings.
* Maak afleidings
* Neem besluite dra
* Vind begrip vir
onbekende woorde
15.
16. 2.4 Bepaal belangrikheid: gedurende die leessessie
Jy word daagliks gebombardeer met
nuwe inligting. Daarvoor moet jy terwyl
jy teks lees, besluit watter inligting is
belangrik en watter inligting is nie
belangrik nie. Jou doel waarom jy die
teks lees, kan jou natuurlik daarmee
help.
Vra jouself: Wat in die teks is die belangrikste
vir jou?
Wat is belangrik vir my?
Een iets wat ek moet waarneem …
Ek wil dit onthou …
Dit interesseer my …
!
17. In die Skiereiland het Van Riebeeck by sy aankoms in 1652 allereers kennis gemaak met die permanente
bewoners van Tafelbaai, die Goringhaikonas (Watermans of Strandlopers). Hulle het egter oor geen vee
beskik nie en moes as die uitgeworpenes uit die Skiereilandse Khoikhoi-gemeenskap hoofsaaklik van
mossels en seeafval lewe. Ofskoon geïsoleerde gevalle van botsings voorgekom het tussen die
veebesittende groepies in die Skiereiland en die Goringhaikonas, met wie moeilik huis gehou is, het
bloedverwantskap meegebring dat hulle soms saamgewoon het.
Die Goringhaikonas is egter 'n voorbeeld van 'n eertydse veebesittende Khoikhoi-groep wat
deur interne stryd (en soms eksterne rampe) tot 'n sukkelbestaan van raap en skraap gedaal het. Die leier
van die stam, Autshumao (Harry), het by die eerste die beste geleentheid wat die Hollanders hom gebied
het, weer vee versamel – hierdie keer op 'n oneerlike wyse. Op grond van sy bedrywighede voor 1652 het
Van Riebeeck hom as tolk en tussenganger met die veebesittende stamme gebruik. Die beskerming wat
die Hollandse teenwoordigheid hom gebied het, moet ongetwyfeld sy aansien onder inheemse vriend en
vyand laat styg het.
Op meesterlike wyse het hy egter die rol van tussenganger tot eie voordeel aangewend sodat
hy teen die einde van 1656 oor 'n veestapel van 200 beeste en 200 skape beskik het. Sy verdagte optrede,
soos sy skielike verdwyning na die moord op die wagtertjie, sy beweerde aandeel in veediefstal, die
veeblokkade van die nedersetting, en sy uitgesprokenheid teen permanente blanke besetting en
gebiedsuitbreiding in die Skiereiland het hom al hoe meer in onguns by die kommandeur gebring. Ten
einde die guns van die Skiereilandse Khoikhoi te wen, het Van Riebeeck in 1658 Doman en Gogosoa
(Dicke Kapiteijn van die "Kaapmans") se advies gevolg, en Autshumao se vee gebuit en hom as
gevangene aangehou totdat hy op 10 Julie 1658 saam met twee van sy volgelinge na Robbeneiland
verban is. H.C. Bredenkamp: Van Verskaffers tot Veewagters
18. 2.5 Maak konnotasies: gedurende die leessessie
Soos jy lees, moet jy konnotasies maak tussen idees, konsepte en die karakters in
die teks.
Maak persoonlike
konneksies met vooraf
kennis
Maak konneksies tussen
verskillende tekste .
Maak konneksies tussen
die teks en jou eie
omgewing/land
Soos jy konnotasies maak, is jy besig om te dink, wat jou natuurlik meer betrokke maak by hierdie
leesondervinding.
Vra jouself die volgende:
Waaraan laat die teks my
herinner?
Kan ek betrokke raak by die
karakters?
Laat dit my dink aan ander
tekste wat ek al gelees het?
Hoe is die teks anders as
ander tekste wat ek al gelees
het?
Hoe is die gebeure in die teks
anders as gebeure in die
omgewing rondom ons ?
19. 3.1 Opsomming:na leesstrategie
Om niefiksie op te som:
Herroep die
Hoofgedagte ,
ondersteunende inligting,
konkrete gebeure in volgorde,
verduideliking van gebeure,
herhalings
Opsomming: ’n kort gedeelte wat die belangrikste punte vervat
Nadat jy gelees het, maak ’n
opsomming van die teks. Dit sal help
om die inligting in jou lang geheue te
stoor, asook dat jy die fasiliteerders
kan laat verstaan dat jy verstaan wat
jy gelees het.
“Die opstel is oor …”
“Die outeur skryf oor …”
“Dit is die storie van …”
20.
21. 3.2 Hersien: na leesstrategie
Dink waaroor jy gelees en hersien jou vrae en voorspellings
Bespreek wat jy gelees het. Vra vrae. Herlees dit as dit nodig is.
22. 3.3 Grafiese organiseerder: na leesstrategie
Skep ’n grafiese skepping van idees om daarmee inligting oor die teks te
visualiseer.
Konnekteer
hoofgedagtes met
onderliggende
idees deur ’n
sistematiese
skepping van lyne,
vorms en pyle.
Grafiese
organiseerders laat
jou toe om te
visualiseer oor hoe
die verskillende
idees bymekaar
pas. .
23. 3.4 Hervertel: na leesstrategie
Deur jou storie te hervertel kan jy moniteer oor hoeveel jy kan onthou.
Probeer om die storie in jou woorde te onthou. Verskaf detail inligting oor die karakters,
omstandighede, dialoog en/of inligting.
INGESLUIT
Wanneer en waar het die storie
plaasgevind
Karaktername en probleme
Hoe word ander karakters verbind met
mekaar
Belangrike gebeure
Opeenvolgende gebeure
Oplossings vir probleme
Jou eie gevoelens en reaksie
24.
25.
26.
27. 3.5 Aanbieding: na leesstrategie
Vertel iemand of skryf wat in die storie gebeur het. Vertel van die
karakters, omstandighede en verloop van gebeure.
Dit kan ook gesien
word as ’n soort
van evaluering oor
die kennis wat jy
opgedoen het.
Skryf oor
wat jy
gelees het,
verduidelik
dit wat jy
dink wat jy
geleer het.
Bespreek, in ’n
groep die
hoofgebeure en
karakters in die
teks. Wie was
jou gunsteling
karakter en
verskaf redes
waarom jy so
dink.
Voltooi ’n kaart
waarin die agter-
eenvolgende
gebeure aangebied
word om daardeur
te verduidelik dat jy
die teks verstaan.
Teken ’n illustrasie
van die belangrikste
gebeurtenisse.