SlideShare a Scribd company logo
1 of 118
Waarom weet ons
so min van die
verlede?“The farther backward you can look, the
farther forward you can see.”
Winston Churchill
1
Die woorde ken en verstaan ​​is nie sinoniem nie. ’n Student kan
’n akkurate en deeglike kennis van iets hê sonder om te
verstaan ​​waarom die kennis geregverdig is, wat die kennis
beteken, of wat kan gedoen word met die kennis?
2
Een van Suid-Afrika se mees
gerespekteerde historici. In die 33
jaar wat hy aan Unisa verbonde
was, het hy hom nie alleen
onderskei as ’n toegewyde dosent
en pligsgetroue administrateur nie,
maar ook sy naam gevestig as een
van ons voorste geskiedskrywers.
“Die vak GESKIEDENIS
word bestudeer met behulp
van ’n verskeidenheid van
prosesse, vaardighede en
konsepte, wat toelaat dat
die studente ’n breër en
dieper begrip van mense,
plekke en situasies kan
ontwikkel. Die toepassing
van sulke konsepte in
historiese kennis laat toe
dat indivudue krities kan
dink.” CFJ Muller
3
4
1. KINDERS moet meer skepties en
agterdogtig wees teenoor inligting wat
hulle aangebied word – Hulle moet leer
om dit te bevraagteken wat hulle hoor
en vertel word. (In ’n wêreld van
onbegrensde inligting en ’n
sensasiesoekende media) moet hulle
meer krities en/of skeptiese denke
ontwikkel om werklike verantwoordelike
burgers te word.
2. KINDERS moet geleer word om meer
verdraagsaam teenoor ander mense te
word en om te besef dat daar ’n diverse
en interessante wêreld rondom hulle is,
wat bestaan uit allerhande soorte
mense .
Wat is doel van hierdie lesplanne?
5
3. KINDERS moet aanvaar dat
daar verskille tussen mense
bestaan.
4. KINDERS moet ook besef dat
in ’n toenemend globale
wêreld, dit vir hulle belangrik is
om beter wêreldburgers te
wees.
5. KINDERS moet hul eie
[AFRIKANER] geskiedenis goed
ken, MAAR ook verstaan wat
die konteks daarvan is OM al
vier bogenoemde sake toe te
pas .
Wat is doel van hierdie lesplanne?
6
Metode wat gevolg word:
Leerlinge word hier betrek by die HISTORIESE
PROSES!!
1. Elke aksie/les sentreer rondom ’n sentrale historiese vraag wat gevra
word vanuit ’n spesifieke MAKRO-IDEE.
2. Historiese bronne word in die aksie gebruik.
3. Daar word aanvaar dat LEES baie belangrik is.
4. Die aksie is so ontwikkel dat leerlinge met verskillende leesvaardighede
/vlakke van lees saam kan werk en/of dat leerlinge alleen kan werk – indien
hy op die vlak van die dokumente kan lees.
7
5. Die webwerf help/ondersteun leerlinge HOE om historiese vrae te verstaan
deur gebruik te maak van strategieë soos Verkryging van basiese inligting /
kontekstualiseer / noukeurige lees, asook stawende lees.
6. In plaas van om HISTORIESE FEITE te memoriseer, moet leerlinge begin
om ’n verskeidenheid historiese perspektiewe te gebruik om dieselfde
gebeurtenis te beoordeel.
7. Leerlinge moet dus leer om historiese standpunte in te neem wat op
bewyse berus.
Leerlinge leer deur te doen. PIAGET , 1950
8
Die lesplanne se benadering is daarop gebaseer om getuienisse te
analiseer en te verstaan dat bestaande historiese kennis op die produk
van deeglike historiese navorsing berus.
Leerlinge word blootgestel aan ’n verskeidenheid van perspektiewe
en menings. .
Die korrekte metode is: Geskiedenisonderrig moet gebou word rondom
die dissipline se sentrale doel – BRONGEBASEERDE INTERPRETASIE.
Dit sal leerlinge help om die volgende oor die werk te vra:
“Hoe weet jy dit” – nadat die relevante bronne geraadpleeg is eerder as
om die volgende antwoord te kry – “Die handboek/onderwyser sê so.”
9
Leerlinge het die geleentheid om self bronne krities te lees
indien daar gedurig gefokus word op brongebaseerde onderrig.
Kennis van geskiedenis is van groot belang vir die leeswerk en
die ontwikkeling van historiese argumente. Leerlinge benodig
daarom agtergrondkennis van die inhoude, bronne om
sodoende die konteks van die bronne beter te interpreteer.
Die CAPS-dokument lê baie klem op geskrewe argumente,
MAAR swyg oor DIE PROSES waarin dit in die klaskamer moet
plaasvind. Die realiteit van die meeste klaskamers is dat daar
net EEN storielyn aangebied word deur die onderwysers en die
handboeke. Daar is nie plek vir kompeterende sienings nie en
die leerlinge MOET die eenogige storie as ’n gegewe aanvaar
en “leer”.
10
Hierdie lesplanne glo
NIE dat mense
geskiedenis leer deur
lang lyste van feite te
memoriseer nie, MAAR
dat daar:
1. krities na historiese
artifakte gekyk moet
word
2. asook om vrae
daaroor te vra –
Historiese denke word
daardeur ontwikkel.
11
“As jy leer
SONDER om te
dink, is jy
verlore.”
Die lesplanne se werkswyse berus op: die Historiese metode, om beter te kan
lees en om historiese inhoude en konsepte korrek te hanteer.
12
“Come on, Bart. History can be fun. It’s like an amusement park except
instead of rides, you get to memorize dates.”
-Marge Simpson in “Margical History Tour”, an episode of
The Simpsons that aired on December 22, 2004
DAARDIE “geskiedenis” is net om datums
te memoriseer – dit is stereotipiese
verkeerde geskiedenis!!!!
13
Die vak GESKIEDENIS word bestudeer met
behulp van ’n verskeidenheid van prosesse,
vaardighede en konsepte. Dit help leerlinge
om ’n breër en dieper begrip/insig oor
mense, plekke en situasies te ontwikkel.
14
Study the historian before
you begin to study the
facts. This is, after all, not
very abstruse.
E.H. Carr
15
Geskiedenis is ’n seleksie van die verlede en
WAT “lewendig gemaak” word deur die
interpretasie van alle beskikbare bronne.
Geskiedenis is dus iemand se poging om sin en
orde te maak uit die chaos van die allesheid [alle
beskikbare bronne].
16
Ontknoop die “ingewikkelde”
historiese begrippe.
* “The past is never dead. It’s not
even past.”
* Alles op aarde is die produk van
gister.
* Of ons bewus is van die verlede of
dat dit plaasgevind het of nie?
* Nie slegs die voorwerpe, geboue,
strate en stede waarin jy beweeg nie,
maar ook die sosiale, politieke en
kulturele wêrelde waarin jy jou
daagliks beleef, is ’n duidelike bewys
dat daar gebeurtenisse voor NOU
plaasgevind het.
17
Die verlede as ’n eenheid [volledige gebeurtenis]
is heeltemal weg... sommige oorblyfsels bly egter
agter amper soos die rommel van ’n piekniek.
Hierdie materiële oorblyfsels kan nooit vir hulself
praat nie. In werklikheid is dit slegs spore totdat
iemand ’n vraag vra daaroor. Die spore kan ook
uitgewis word – doelbewus of per ongeluk.
18
19
1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE
Historici is soos speurders wat getuienisse soek tussen ’n verskeidenheid van
beskikbare bronne.
* Hierdie beskikbare bronne word dan gebruik as getuienisse om gebeurtenisse te
ondersoek en te ontknoop of te probeer om dit te ontknoop.
Kan alle probleme altyd ontknoop word?
20
1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE
God het aan alle mense die
vermoë geskenk om te kan
dink. Mense kan emosies
beleef , redeneer, onderskei,
dink, verbeelding gebruik en
selfs om te kan bespiegel.
Ons kan inligting bymekaar
maak, dit sorteer, kategoriseer
en dit dan liasseer in die voue
van ons onderbewussyn.
Ons hele wese draai om ons
verstand en die korrekte
werking daarvan.
21
1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE
René Descartes het gesê:
“Cogito ergo sum – ‘Ek dink;
daarom is ek’.” Na my
mening is dit die fondament
van menswees.
Ons dink aan tienduisende
dinge per dag. Dit lei soms
kreatiewe mense om die
mooiste poësie, melodieë,
komedies en verhale te
skep.
22
1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE
• Geskiedenis is vir historici ’n argumentasie oor wat feite behoort te beteken
- al kan historici die basiese storie van die verlede bymekaar plaas gebeur dit
soms dat hulle nie saamstem oor wat die betekenis daarvan is nie of wat dit
veroorsaak het nie.
* Historici argumenteer verder oor die betekenis van die verlede en wat dit vir
ons vandag moet beteken.
23
1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE
Maar, kan jy vra, as die geskiedenis reeds plaasgevind het, wat is daar
om oor te argumenteer?
Oorvloed van redes.
bv. * Was die ANC daarop ingestel om PW Botha en sy regering te
ontsetel of was hulle besig om hulself te verryk?
* Was die Koue Oorlog werklik ’n konflik van demokrasie teenoor
kommunisme of ’n stryd tussen twee supermoondhede vir
oorheersing?
24
1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE
Uiteenlopende menings krul om hierdie vrae - opinies wat
leerlinge aan die praat kan kry, MAAR ook kan leer hoe om
krities te dink en te skryf. In geskiedenis is ’n oortuigende
mening een wat altyd gerugsteun word deur relevante bewyse.
25
Geskiedenis is ’n voorstelling van die verlede
gebaseer op interpretasies van beskikbare getuienisse
(primêre en sekondêre bronne). Daarom behoort die
geskiedenis gebou te wees op kennis.
26
1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE
“Historical knowledge is largely based on trustworthy
sources of information.” GM Theal
’n Algemene feit is dat wenners altyd die
geskiedenis skryf
Die wenners
skryf dan dat
hulle baie
heldhaftig was en
dat hulle altyd die
korrekte iets
gedoen het en
daarom ignoreer
hulle enige
negatiewe
aspekte van hul
optrede.
27
STEM JY SAAM ?
Verskaf redes vir jou antwoord
2. Ontwikkeling van
HISTORIESE WERKSWYSE
Jy voel miskien dat historici meer weet
as jy van historiese gebeure. Maar dit is
nie noodwendig die geval nie.
Nie eens op doktorale vlak kan historici
die feitelike kennis oor elke onderwerp
besit nie.
DIE VERSKIL: Historici/geskiedkundiges
gebruik die “historiese benadering” om
hul navorsing te doen. Hierdie
benadering KAN ’n NUWE wêreld vir
onopgeleide lesers/leerlinge oopsluit.
28
2. Ontwikkeling van
HISTORIESE
WERKSWYSE
* Voor ’n dokument bestudeer word,
begin die historikus om ’n aantal
vrae oor die dokument te
beantwoord – oor die skrywer,
konteks, tydperk. Met die
antwoorde gaan die historikus ’n
raamwerk probeer skep waardeur
die bron verder beoordeel gaan
word.
Die sleutel van hierdie lesplanne is
dus NIE die memorisering van feite
nie, MAAR die gebruik van die
historiese benadering. 29
 Wie het dit geskep?
 Waar is dit geskep?
 Wanneer is dit geskep?
 Waarom is dit geskep?
 Wat was die outeur se perspektief toe dit
geskep is?
 Is dit betroubaar?
2. Ontwikkeling van HISTORIESE WERKSWYSE
Indien jy met bronne/bewyse werk, moet jy altyd afleidings maak:
• Gebruik konteks
• Soek na meer en relevante bronne
• Die ontwikkeling van vrae vir verdere ondersoek
• Pas stawende/kruiskontrolering toe
Die volgende vrae moet beantwoord word oor
elke afsonderlike bron:
30
2. Ontwikkeling van HISTORIESE WERKSWYSE
Werk met historiese bronne - OEFENINGE
Oefening 1: WO 2
Oefening 2: Viëtnam-oorlog
Oefening 3: Apartheid
Oefening 4: Vrede na WO 1
Oefening 5: VOC
31
3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees
32
NB: Indien jy probleme
ondervind met jou lees is daar
twee spesiale programme wat
jy alleen of saam met ’n maat
/groep/fasiliteerder of ouers kan
deurwerk – klem is op
spoedlees en veral om begrip te
verbeter. DIT IS BAIE
BELANGRIK DAT JOU
LEESVERMOË en JOU
LEESBEGRIP GOED MOET
WEES.
EKSTRA MODULES 
1. Leesstrategieë: Help jouself
om beter te lees
2. Hulp-Leesprogram
3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees
Die rol van lees en skryf
Om primêre en sekondêre bronne effektief te hanteer, is lees en skryf die kern
daarvan. Werklike geletterdheid is die sleutelwoord, want in die onderrig van
geskiedenis is lees en skryf die kern van alles.
1. Skryf is ’n fundamentele intellektuele
aktiwiteit. Dit bevorder die ontdekking van nuwe
kennis, probleemoplossing en die organisasie van
die nuwe kennis.
2. Skryf help jou om die geskiedenis te leer.
Ons leer die beste as aktiewe leerders, want dit
verskaf betekenis vir ons as leerders.
3. Skriftelike verduideliking van die onderwerp
gee begrip daarvan. Skryf neer wat jy weet, want
dit help jou om te hersien, te organiseer en te
onthou. Deur jou vrae op papier te stel, of te
verduidelik waaroor jy verward is, begin jyself sien
waar die probleem lê.
33
3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan
lees
BASIESE REDES WAAROM LEES DEEL VAN
GESKIEDENIS BEHOORT TE WEES:
Daar is drie konsepte wat die basis vorm van
die integrering van lees en geskiedenis.
1. Historiese interpretasie of argumentasie is die sentrale
doel om geskiedenis te bestudeer.
2. Analisering van bronne en historiese vraagstelling van
die bronne is krities om geskiedenis te bestudeer en te
verstaan.
3. In die studie van geskiedenis is lees, denke en skryf
geïntegreerd.
Elkeen van hierdie konsepte versterk kerninhoude van
die kurrikulum, asook die MAKRO-IDEES.
34
LEES, DINK en SKRYF is
verweef met mekaar
Lees, dink, en skryf is
aktiwiteite met een
doel wat dieselfde is:
Die bevordering van
leerinhoud. Lees, skryf
en dink is almal met
mekaar verbind om
geskiedenis te
bestudeer. 35
3. Om beter te verstaan,
MOET jy beter kan lees
* Resente navorsing toon duidelik dat LEES baie
belangrik in die studie van geskiedenis is.
* MAAR die integrering van lees, met aspekte soos
interpretasie, kan vir sommige leerlinge moeilik en
uitdagend wees. Die volgende aspekte moet
daarom toegepas word:
1. Verskaf sentrale/kern historiese vrae wat
beantwoord moet word.
2. Verskaf self die historiese bronne wat deur die
leerlinge ondersoek moet word om die vrae te
beantwoord.
3. Ontwikkel leerlinge se agtergrondkennis om hulle
te ondersteun in hul historiese denke.
4. Pas gereeld die kurrikulum by die leerlinge se
behoeftes aan.
5. Hou aan om op ’n deurlopende wyse dissiplinêre
denke te onderstreep.
36
3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees
Wenke vir die Historiese Skryf
1. Aanvaar jou gehoor weet niks van die
historiese onderwerp af nie.
2. Geskiedskrywing is gebaseer op feite.
3. Chronologie en volgorde is belangrik vir die
organisering van geskiedskrywing.
4. Historiese feite moet deur verklarings of
redes ondersteun word.
5. Gebruik die toepaslike historiese tyd.
6. Maak geskiedskrywing interessant.
7. Organiseer historiese inligting duidelik
sodat dit ’n impak op die gehoor kan hê.
8. Gebruik die eerste persoon as jy oor ’n
historiese figuur skryf.
37
3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees
BRONanalisering: VRAE
1. Watter van hierdie bronne het die grootste invloed op die
gebeurtenis gehad? Verskaf redes vir jou antwoord.
2. Identifiseer elkeen van die verskillende bronmateriaal [oor
elke onderwerp]. Wat is dit? Van watter soort getuienisse is dit
voorbeelde?
3. Watter feite kan jy vanuit elke bron leer – nadat jy die bron
beoordeel het?
4. Hoe verskil enige twee bronne van mekaar [oor dieselfde
onderwerp] in hul doel en in benadering?
5. Wat is die hoofgevoel van elke bron?
6. Watter ander kontak bestaan daar tussen die vier bronne
[dieselfde onderwerp] as dieselfde onderwerp?
7. Kies ’n bron en toon die partydigheid aan wat in die bron
voorkom.
8. Kies enige bron en verduidelik waarom dit belangrik is.
9. Kies twee bronne en toon aan waar hulle mekaar weerspreek.
10. Kies een bron en verduidelik waarom dit betroubaar is.
38
3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees
Gebruik die volgende om die bronne beter te verstaan .
a. Gebruik agtergrondkennis:
Gebruik historiese inligting en kennis
om die dokument te verstaan:
* Wat weet ek alreeds oor hierdie
onderwerp?
* Watter kennis het ek nog nodig om die
werk beter te verstaan?
b. Lees die stiltes:
Identifiseer wat is uitgelaat of ontbreek
uit die dokument deur vrae te vra.
Na die dokument gelees is, vra studente
om te dink oor wat hulle nie gehoor het
nie.
39
3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees
Oorweeg om studente aan
verskeie spesifieke strategieë vir
die lees van historiese dokumente
bloot te stel:
1. Verkryging van basiese inligting
2. Kontekstualiseer
3. Noukeurige lees
4. Stawende lees
40
1. Verkryging van basiese inligting
* Waarom het die skrywer die bron
geskep/geskryf?
* Maak ’n opsomming oor die basiese
inhoud van die boek.
* Begin doelbewus vrae vra waarmee die
inhoud bevraagteken word:
Wie het hierdie dokument geskryf?
Wanneer?
Vir watter doel?
Hoe betroubaar kan hierdie bron wees?
Hoekom?
41
2. Kontekstualiseer
Kyk na die groter prentjie
* Wat was anders as nou toe die primêre bron
geskep is?
* Wat was dieselfde as nou toe dit geskep is?
* Hoe kan die omstandighede waarin die
primêre bron geskep is, die inhoud daarvan
raak?
* Watter gebeure, tyd, plek en persone het ’n
invloed op die boek of dokument?
* Watter konteks is nodig om die boek/bron te
verstaan?
42
3. Noukeurige lees
Leer ken jou primêre bron
* Wat beweer die skepper van die
bron was belangrik toe die bron
geskep is?
* Watter bewyse gebruik die skepper
om die konteks te verstaan?
* Watter soort taal probeer die
skepper gebruik om jou as leser tot
sy standpunt oor te haal?
43
3. Noukeurige lees
* Skryf al jou gedagtes neer terwyl jy
die boek/bron lees. Lees die
gedagtes en kyk of dit jou kan help
om jou siening oor die boek te
verwoord. Byvoorbeeld, kan jy
interessante woorde of frases
identifiseer ("Ek het nog nooit gehoor
dat die uitdrukking gebruik word
nie"), oorweeg kontekstuele leidrade
oor tyd, plek of mense ("Waarna
word hier verwys") of bevraagteken
feite, menings en perspektiewe ("Ek
wonder of dit is wat regtig gebeur
het?") .
44
4. Stawende lees
* Wat sê ander bronne hiervan?
* Wat is ander moontlike primêre bronne?
* Wat is die mees betroubare bronne? *
Vra vrae oor belangrike besonderhede van elkeen van
die bronne om die punte van ooreenkomste en verskille
te bepaal.
* Watter vrae het nou ontstaan, na deeglike lees en
interpretasie van die dokument?
* Watter ander primêre bronne kan die sieninge staaf of
weerlê?
45
3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees
OEFENINGE
Oefening 1: WO 2
Oefening 2: Viëtnam-oorlog
Oefening 3: Apartheid
Oefening 4: Vrede na WO 1
Oefening 5: VOC
46
4. Hantering van
historiese inhoude en
konsepte
47
48
4. Hantering van historiese inhoude en konsepte
4. Hantering van historiese inhoude en konsepte
Van die magdom of ontelbare geleenthede
wat al ooit plaasgevind het of die mense
wat ooit geleef het, en hoe ons kan besluit
wat leerlinge moet leer? IS BAIE
BELANGRIKE VRAE.
Die volgende soort vraag moet beantwoord
word: Wat maak ’n gebeurtenis wat twee
eeue gelede plaasgevind het of ’n
persoon wat drie eeue gelede geleef het
histories betekenisvol?
Hierdie vraag het nie ’n eenvoudige antwoord
nie. Nietemin, geskiedkundiges
probeer om dit te beantwoord deur die
aanvaarding van die verantwoordelikheid om te
besluit wat is beduidend genoeg om na te vors
EN opvoeders MOET KEUSES maak oor wat is
belangrik genoeg om te leer.
49
Daar is net te veel geskiedenis om dit alles te onthou. Hoe kan ons
’n keuse maak oor watter geskiedenis moet ons leer?
Een belangrike kriteria kan wees: Watter belangrike gebeure het
glei tot ’n groot verandering, oor ’n lang tyd en vir groot getalle
mense? Die Tweede Wêreldoorlog is verby die toets vir
geskiedkundige belang in hierdie sin. Betekenis hang af van ’n
mens se eie perspektief en doel.
50
4. Hantering van historiese inhoude en konsepte
51
Wat is “MAKRO-IDEES?”
52
4. Hantering van historiese inhoude en konsepte
“A person who understands something is
capable of going beyond the information
given.”
Jerome Bruner, 1973
53
Wat is Makro-idees ?
Volgens Jay McTighe en Grant Wiggins is dit waarmee leerlinge
gehelp word om “binne die onderwerp te kom” en hulle verder
help om later dit reg te kry om sonder al die feite effektief te
onthou.
54
• ’n “MAKRO-IDEE” bied ’n konseptuele raamwerk
waarbinne ’n leerling toegelaat word om vrae te
beantwoord wat nodig is om belangrike vrae te
beantwoord.
• Vrae soos …
– Waarom is dit belangrik ?
– Wat sou ons nie kon doen indien ons dit nie verstaan
het nie …?
– Wat sal ek kan verstaan wat ek oor 5 jaar nog sal kan
verstaan?
MAKRO-IDEES
55
* is ’n deurlopende begrip
* kan vir altyd gebruik word om te onthou
* vra vrae soos: “Waarom leer ek dit” of “Wat is die
punt eintlik”?
* help ons om kreatief te wees en daardeur begrip
vir onsself te skep
* kan op verskillende vakke toegepas word, maar
selfs in die lewe self gebruik word
’n “MAKRO-IDEE” …
56
* is breed gebaseerde idees wat rondom die
kurrikulum georganiseer word
* verskaf ’n konseptuele lens van wat gestudeer
word of waardeur die onderwerp bekyk word
* is verstandelik konstrukte
* is tydloos en universeel
* is breed en abstrak
* het min woorde
* gaan baie verder as onderwerpe
* gaan verder as dissiplines – MAKRO KONSEPTE
MAKRO-IDEES …
57
Waarom is dit belangrik?
• Kurrikulumontwikkeling vereis van ons om
keuses te maak oor wat NOU belangrik is om
ons leerlinge in die TOEKOMS te help.
• Leer WAT NIE gekoppel is aan regtig-wêreld-
ondervindinge nie, word vinnig vergeet.
58
NAVORSING – Dit is belangrik
Die nuutste breinnavorsing toon duidelik dat inhoude
georganiseer moet word binne konseptuele raamwerke en
nie afsonderlik nie, want groter oordrag word daardeur
verseker. Hierdie RAAMWERKE laat toe dat leerlinge baie
meer inligting kan herroep en ook baie beter en meer
nuwe kennis “op die korrekte plek in jou brein kan plaas”.
59
Dink hieroor
Navorsing wat die afgelope 20-30 jaar gedoen is, is oorweldigend:
Leerlinge verstaan nie regtig die inhoude wat hulle moet leer nie.
Hulle besit dus nie oor die kapasiteit om kennis wat hulle geleer het
in ’n ander of verskillende opset toe te pas nie.
60
KERNVRAE help ons om die MAKRO-IDEES te
ontsluit …
Die beste vrae vir die stimulering van denke van leerlinge is dié wat nie maklik
beantwoord kan word nie. Trouens, die beste vrae het dikwels geen antwoord
nie – ten minste geen voor die handliggende "regte" antwoord nie. Sulke vrae
word kernvrae genoem, en hulle is in die hart van Geskiedenis.
Maar wat presies is kernvrae? Hoe verskil hulle van die vrae wat dikwels in die
klas gevra word? Hier is ’n paar eienskappe daarvan:
1. Aspekte/konsepte wat onseker en ook belangrik is om oor te argumenteer
2. Dit is in die hart van die onderwerp
3. Aspekte/konsepte wat gereeld herhaal moet word
4. Aspekte waarop gefokus moet word - uitdagende aspekte van die onderwerp
5. Dikwels verhoog belangrikste konseptuele of filosofiese kwessies die vlak
van die gesprek/ondersoek
6. Veroorsaak betekenisvolle leer
61
LEER
62
1. Jy moet leer en verstaan dat SA
baie stories het en dat elkeen
belangrik is en deeglik bestudeer en
beoordeel moet word.
2. Jy moet ’n wyse van denke
ontwikkel waardeur jy die konsepte
van historiese denke kan ontwikkel en
dit ook verstaan.
3. Jy sal ook leer hoe om historiese
ondersoek te kan toepas, inligting te
versamel, interpretasie en ontleding
van historiese bewyse en inligting uit ’n
verskeidenheid van primêre en
sekondêre bronne te ondersoek,
oordele te maak oor kwessies en
​​gebeure van historiese belang.
Die taak
van die
gebruiker
van hierdie
lesplan
JOU TAAK
63
NB
* Leerders beskik oor verskillende
vermoëns en belangstellings,
daarom moet onderrig so beplan
word dat hierdie behoeftes van die
leerders op ’n deurlopende basis
aangespreek word.
* Om bostaande te laat plaasvind –
makliker en meer effektief te laat
plaasvind – gebruik ons die
taksonomie van BLOOM.
* Die oorspronklike taksonomie is
die afgelope 20 jaar aangepas by
die onderrig van Geskiedenis en
verdeel in VIER verskillende
vlakke. 64
RS Bloom het in 1956 die voortou geneem in die proses van formulering van ’n
klassifikasie van opvoedkundige aktiwiteite en doelstellings. Bloom en sy span het
’n hiërargie van opvoedkundige doelstellings geformuleer, maar ook die
kognitiewe doelstellings in onderafdelings verdeel, wat wissel van die
eenvoudigste optrede tot en met die ingewikkeldste. Drie domeine van
opvoedkundige aktiwiteite is deur hom en sy span geïdentifiseer, nl.:
KOGNITIEF – Sluit kennis en die ontwikkeling van intellektuele gesindhede en
vaardighede in.
AFFEKTIEF – Waardes, moreel en emosies.
PSIGOMOTORIES – Fisiese ontwikkeling, fyn en groot motoriese vaardighede.
.
65
Die vier vlakke is
ontwikkel vanuit die ses
vlakke van BLOOM:
1. SOEK, NOEM EN
LEER
2. BESKRYF EN DRA
OOR
3. VERDUIDELIK
4. EIE OORDEEL
Alle beginsels wat deur
Bloom ontwikkel is, pas
daarby aan.
66
SOEK, NOEM, LEER 1. Leerder kry ’n spesifieke opdrag om uit te voer.
2. Leerder soek spesifieke voorbeelde in
getuienisse/bronne.
3. Leerder soek meer as een voorbeeld.
4. Dit wat die leerder vind, moet dan
mondelings/skriftelik verslag oor gedoen word.
BESKRYF
EN DRA OOR
1. Leerder moet dit wat gevind word, presies beskryf.
2. Alle gevraagde detail moet weergegee word.
3. Die aksie kan skriftelik/mondelings of beeldend wees.
VERDUIDELIK 1. Leerder moet die gebeurtenis in die korrekte konteks
plaas.
2. Relevante oorsake en gevolge moet gegee word.
3. Skriftelik/mondeling kan gebruik word.
EIE OORDEEL 1. Onderskei tussen feite en menings.
2. Spreek ’n oordeel uit.
3. Verskaf redes vir jou antwoord.
67
LEERUITKOMSTE MAKRO-IDEES wat in die
verstaan van die verlede
gebruik kan word
Historiese vaardighede
HISTORIESE ONDERSOEK
Kennis en begrip kan slegs
bestaan/geskep word indien die
gebeure van die verlede deeglik en
effektief nagevors word.
A. Bepaal historiese belangrikheid 1. Kommunikeer alle inligting
2. Vra historiese vrae
3. Skryf inligting korrek neer wat d.m.v.
navorsing bekom is
HISTORIESE INTERPRETASIE
Indien daar korrek en effektief
tydens die ondersoek van bronne
gesoek en beoordeel word, kan die
gebeure verstaanbaar gemaak
word.
B. Gebruik primêre bronne as getuienisse
C. Verstaan historiese perspektief
D. Verstaan etiese dimensies van historiese
interpretasie
4. Maak afleidings vanaf/vanuit historiese
bronne
5. Bewus wees van meer as een siening
i.v.m. die verlede
6. Verskil tussen fiktiewe en historiese
karakters raak te sien
7. Historiese empatie verstaan
HISTORIESE KENNIS + BEGRIP
Sonder Kennis is daar geen Begrip
nie.
E. Identifiseer aaneenlopendheid en
verandering
F. Analiseer oorsaak en gevolge
8. Verstaan die korrekte historiese taal en
konsepte
9. Plaas verhaal en artefakte/
verhaal/gebeurtenis in volgorde
10. Verskaf redes waarom ’n historiese
gebeurtenis plaasgevind het
11. Onderskei tussen verskille in verskillende
tydperke
68
MAKRO-IDEES WAT IN DIE LESPLANNE GEBRUIK
WORD
In geskiedenis is dit krities dat leerlinge nie net ’n
klomp feite moet leer nie, MAAR ook die vermoë
ontwikkel om histories te dink en om die inhoude
so te verpak dat dit begrip van die inhoude kan
verbeter.
69
Waarom is BEGRIP van belang?
Kennis vermeerder teen ’n ontstellende spoed.
Leerlinge moet daarom die vaardighede aanleer wat
hulle sal help om massas databronne te kan
beoordeel, asook hul vaardighede inspan om bronne
kreatief, krities te gebruik, en hul geïntegreerde
denke te gebruik om data te assimileer, te sorteer en
inligtingspatrone te skep.
70
In geskiedenisonderrig
moet ons werk in die
rigting van …
* ’n Kurrikulum van idees en konsepte
en denke, en
* Nie van ’n kurrikulum van
onderwerpe, vaardighede, feite en
kennis nie.
Dit is ’n paradoks in ons
onderwysstelsel dat ’n leerling ’n A
kan behaal, MAAR nie ’n beginsel,
konsep of ’n idee kan verstaan nie.
“A person who understands something
is capable of going beyond the
information given.” Jerome Bruner,
1973
71
Die onderstaande verduideliking daarvan kan met
vrug gebruik word: “Die raamwerk van begrip werk
amper soos VELCRO – feite word daaraan
vasgesit of weer losgemaak. Die feite word
makliker onthou omdat die doel en konteks beter
verstaan word.” Carol Ann Tomlinson
72
In die onderrig van BEGRIP, verskaf feite
* ’n kritiese basis vir inhoud en kennis
* die werktuig om insig te verwerf deur die konseptuele
idees daarvoor te gebruik
* die ondersteuning vir elke MAKRO-IDEE se fokus
* die voertuig vir die leerlinge om nuwe kennis wat hulle
bekom, te kan integreer by reeds verwerfde kennis
73
Verduideliking van MAKRO-
IDEES wat op die webwerf
gebruik word.
74
1. Bepaal historiese belangrikheid
2. Gebruik primêre en sekondêre bronne as
getuienisse
3. Verstaan historiese perspektief
4. Verstaan etiese dimensies van historiese
interpretasie
5. Identifiseer aaneenlopendheid en verandering
6. Analiseer oorsaak en gevolge
75
Rigtingwysers
1. Gebeure, mense en
ontwikkelinge wat uitloop op
verandering
2. Gebeure, mense en
ontwikkelinge is belangrik indien
hulle onthullings veroorsaak –
werp lig op belangrike of
opkomende onderwerpe
3. Historiese belangrikheid is
gekonstrueer; pas goed in ’n
storie
4. Historiese belangrikheid
verskil met verloop van tyd en
van groep tot groep
76
1. Bepaal historiese belangrikheid
Die konsep van
BELANGRIKHEID hou
verband en kan
toegeskryf word aan
spesifieke aspekte van
die verlede soos:
gebeurtenisse,
ontwikkelinge,
ontdekkings,
bewegings,
mense en
historiese plekke.
77
1. Bepaal historiese belangrikheid
Wat kan beskou word as histories belangrik?
78
Gebeurtenis * Shaka word koning
* Jan van Riebeeck land in die Kaap
Mense * CR de Wet
* Mantatisha
* Autosmatho
Ontwikkelings * Gariepdam word gebou
* Goudmyne word by Welkom gebou
Oorsake * VOC-skepe het baie hout nodig
gehad
* Groepsgebiedewet word aanvaar
Probleemareas * Swak onderwysstelsel
* Malaria is ’n probleem
* VIGS is ’n gevaar
Veranderinge * PW Botha skaf apartheidswette af
* ANC aan bewind
1. Bepaal historiese belangrikheid
79
PROBLEME
EEN: Geskiedkundiges
maak gebruik van
verskillende stelle kriteria
waarmee hulle bepaal of die
historiese konsepte/gebeure,
mense belangrik is of nie.
TWEE: Onderwysers/politici
hou daarvan om vir leerlinge
te sê wat hulle dink belangrik
is, eerder as om die leerlinge
te vra wat hulle dink
belangrik is.
Hoe belangrik is die foto?
1. Bepaal historiese belangrikheid
80
Wat maak ’n onderwerp werklik
waardig dat ons aandag daaraan
moet gee?
* Waarom is een onderwerp
deel van die kurrikulum en
ander nie?
* Wat is die basis van hierdie
seleksie van inhoude wat
aangebied moet word?
* Wie neem hierdie besluite en
wat is hulle werklike doel om
die keuse te maak?
* Hoeveel kennis besit hulle om
die reuse keuse te maak?
1. Bepaal historiese belangrikheid
81
Hoe belangrik was dit vir die mense wat daardie tyd geleef het?
Geskiedenis is volgepak met belangrike gebeurtenisse, invloedryke mense en werklike
interessante plekke sodat ons net nie alles kan bestudeer nie.
In plaas daarvan moet ons ingeligte besluite/oordele maak oor wat belangrik genoeg is om
bestudeer te word. Om te bepaal of ’n gebeurtenis, ontwikkeling, ontdekking, beweging,
persoon of plek historiese belangrikheid besit, kan ons die volgende vrae gebruik:
* Hoe het dit die mense se lewens beïnvloed?
* Hoeveel mense se lewens is daardeur beïnvloed?
* Hoe wydverspreid en hoe lank het dit ’n effek op die mense gehad?
* Kan die effek vandag nog gevoel of beleef word?
* Jou eie ouderdom, geslag, etniese agtergrond, godsdienstige
geloof, nasionale en familieverbintenis, verskillende gebeurtenisse en
mense vanuit die verlede, sal belangrik wees in ’n groter of kleiner
mate .
1. Bepaal historiese belangrikheid
82
Die beoordeling van historiese belangrikheid is ’n
belangrike uitdaging. Ons kan dit gebruik om
verskillende gebeurtenisse vanuit die verlede,
sleutelpersone, asook ontdekkings te meet en te
vergelyk. Dit kan verder gebruik word om die
belangrikheid van individue of selfs verskillende
standpunte oor die verlede te meet en te
vergelyk.
Die volgende DRIE KERNAREAS moet ontwikkel
word:
1. Die vermoë om te identifiseer, toe te pas en
om sy eie kriteria te skep waarmee historiese
belangrikheid gemeet kan word.
2. Die vermoë om te analiseer, evalueer en die
belangrikheid van ontwikkelinge, gebeure en
mense te vergelyk.
3. Die vermoë om historiese belangrikheid te
beoordeel binne die konteks van waarbinne dit
plaasgevind het.
Meting en evaluering van HISTORIESE BELANGRIKHEID
Kan jy die belangrikheid bepaal?
Geoffrey Partington
stel voor dat die
volgende kruis-
kurrikulêre kriteria
gebruik word om al
die vrae te probeer
beantwoord. Dit kan
jou help om self die
vrae oor belangrik-
heid te beantwoord
en te verstaan .
83
1. Bepaal historiese belangrikheid
84
1. Bepaal historiese belangrikheid
85
Keerpunte
Alle gebeure het gevolge, MAAR ’n belangrike historiese
gebeurtenis het ’n geweldige invloed oor ’n lang tydperk wat baie
keer ’n abstrakte invloed en nie ’n konkrete invloed is nie. Dit
beïnvloed oor ’n lang tydperk en die gebeurtenis word dan baie
keer gesien as baie belangrik, lank nadat dit plaasgevind het.
1. Bepaal historiese belangrikheid
86
Spesiale fokus: Vroue se rol in die geskiedenis?
Die geskiedenis van die vrou in Suid-Afrika, tot die sowat laaste 50 jaar, het een
sentrale leuse gehad: vryheid of die dood. Haar bereidwilligheid om alles op te
offer vir hierdie ideaal het vir 300 jaar geslagte besiel. Haar innerlike krag,
trots, dapperheid, geduld en die beskawingsfaktor wat sy hoog gehou het ten
tye van nood en lyding, het haar oor die wêreld hoog aangeskrewe gemaak, en
in ons vroeëre letterkunde, is haar ontbering en liefde vir volk en vryheid
vereer. Dit kan gestel word dat vanaf Jan van Riebeeck se tyd, dwarsdeur die
Groot Trek, die Vryheidsoorloë, armoede, depressie en Rebellie, dit hierdie
beskawingsfaktor van die vrou was wat ’n groot rol in die proses van
volkswording gespeel het.
1. Bepaal historiese belangrikheid
87
* As dit die waarheid is, WAAROM word daar baie min of glad nie na die vrou
se rol in ons geskiedenis verwys nie?
* Fokus daarom daarop om belangrike vroue se bydraes in ons eie
geskiedenis te identifiseer en dan na te vors en dit bekend te stel.
1. Bepaal historiese belangrikheid
88
1. Waarom is hierdie monument opgerig ?
2. Is dit ’n waardevolle monument ?
Die ontwikkeling en verspreiding van SHAKA se ryk was
belangrik aangesien dit die grootste dele van die binneland
van Suidelike Afrika beïnvloed het, asook die inwoners en
die leefwyse. Sommige aspekte is vandag nog sigbaar
soos die ZULU-koningryk en hul koning.
89
2. Gebruik primêre bronne as getuienisse
Geskiedkundiges gebruik primêre bronne vir
bewyse. Uiteindelik is die grondslag vir alle
bewyse in bronne – dit is die spore wat
oorgebly het – vanuit alle tye waarin
gebeure plaasgevind het. As ons staatmaak
op die werk van die vorige geskiedkundiges,
moet ons weet dat hierdie geskiedkundiges
ook moes staatgemaak het op primêre
bronne.
90
2. Gebruik primêre en sekondêre bronne as getuienisse
Getuienisse is die inligting wat ingesamel word vanuit historiese bronne. Die konsep
van getuienisse is ’n baie belangrike deel van historiese ondersoek. Getuienisse kan
vanuit verskillende bronne verkry word soos: onderhoude, menslike beskrywings van
gebeurtenisse, briewe, dagboeke, films, kaarte, koerante, artefakte, voorwerpe,
geboue, skilderye, foto’s, liedlirieke, kleure en spotprente. MAAR hoe moet ons dit
gebruik om die bronne stuk vir stuk bymekaar te sit om die verhaal van die verlede te
skryf. Ons kan natuurlik ’n ingeligte raaiskoot [hipotese] waag en dan inligting soek
om dit te ondersteun.
Inligting kan basies vanuit twee soorte bronne bekom word.
91
Rigtingwysers
1. Geskiedenis is interpretasie-gebaseerd
wat afleidings vanuit primêre en sekondêre
bronne maak.
2. Om goeie vrae oor ’n bron te vra, kan dit
in getuienisse verander.
3. Bronbeoordeling begin baie keer al voor
dit gelees word met vrae oor wie en
wanneer dit geskep is, sieninge van die
outeur – baie keer bewustelik of selfs
onbewustelik.
4. Enige bron behoort geanaliseer te word
in verhouding met die konteks van die bron
se omgewing en tyd.
5. Afleidings vanuit ’n bron kan nooit alleen
staan nie – dit moet altyd beoordeel word
teenoor ander beskikbare bronne.
92
Die “oorblyfsels” van geskiedenis – briewe,
dokumente, dagboeke, tekeninge, koerante
en ander dele en stukkies van wat mense
agtergelaat het en nie meer op aarde is nie
– is skatte vir die historikus. Dit is primêre
bronne en hulle verraai die geheime van
die verlede. Historici leer om die bronne
te vind, te lees en te interpreteer.
93
Primêre bronne – Voorwerpe wat gemaak of geskryf is tydens die
tydperk wat ondersoek word; VOORBEELD: amptelike dokumente,
soos wette en ooreenkomste, persoonlike dokumente soos dagboeke
en briewe, foto’s en films. Hierdie oorpronklike eerstehandse
beskrywings word deur historici geanaliseer om hulle te help om hul
vrae oor die verlede te beantwoord.
94
Sekondêre bronne – Dokumente oor die verlede wat lank daarna
geskep is en wat gewoonlik die primêre bronne gebruik en wat ’n
spesifieke interpretasie van die verlede verskaf. VOORBEELD:
beskrywings van historici, ensiklopedieë, dokumentêre programme,
geskiedenishandboeke en webwerwe. Historici kom nie altyd ooreen
oor bronne en die interpretasie daarvan nie. Hulle het dikwels
verskillende menings of standpunte oor dieselfde bron. Dit is die rede
waarom historici gedurig besig is om na nuwe bronne te soek. Hulle wil
’n hele verskeidenheid van bronne raadpleeg, van verskillende aard,
om ’n volledige prent van die verlede te bekom.
95
3. Verstaan historiese perspektief
Die konsep van perspektief is ’n
belangrike deel van historiese
ondersoek. Perspektief is ’n
gesigspunt – die posisie van waar
mense dinge sien en verstaan hoe
dinge in die wêreld plaasvind. Mense
sal verskillende sieninge
[perspektief] van dieselfde
gebeurtenis, persoon, gemeenskap,
artefak hê, maar sal deur hul eie
ouderdom, geslag, sosiale posisie,
godsdienstige geloof en
waardestelsel beïnvloed word. Net
soos alle ander mense, het historici
hul eie menings wat hul sieninge kan
beïnvloed oor dit wat hulle skryf .
Ongeag van hul eie perspektiewe
moet historici poog om nie hul eie
waardes en geloof te gebruik om oor
ander mense te skryf nie.
96
Rigtingwysers
1. ’n Oseaan van verskille kan tussen die huidige wêreldbeskouings (oortuigings,
waardes en motiverings) en dié van vroeëre tydperke van die geskiedenis lê.
2. Dit is belangrik om te weet dat indien vandag se perspektief gebruik word om
die verlede te beoordeel, die oplegging van die huidige idees oor mense in die
verlede vermy moet word. Nietemin, kan versigtige verwysing na universele
menslike ervarings ons help om verband te hou met die ervarings van historiese
akteurs.
3. Die perspektiewe van geskiedkundige akteurs kan die beste verstaan ​​word
deur die oorweging van hul historiese kontekste.
4. Die perspektief van historiese akteurs beteken dat afleidings van hoe mense
gevoel en gedink het in die verlede in ag geneem moet word. Dit beteken nie dat
die historikus wat dit ondersoek homself met dié mense moet identifiseer nie.
Geldige afleidings is dié wat op bewyse gebaseer is.
5. Verskillende historiese akteurs met diverse perspektiewe op die gebeure
waarin hulle betrokke is moet altyd in ag geneem word. Verken hierdie is die
sleutel tot die verstaan ​​van historiese gebeure.
97
3. Verstaan historiese perspektief
Dit is belangrik dat jy die volgende vra:
* Hoe kan ons die kompleksiteit van die verlede
verstaan en dit ook ontrafel?
Geskiedenis word dikwels gedefinieer as die verhaal
van verandering oor tyd. Maar die geskiedenis is meer
kompleks:
ONTHOU – sekere dinge verander nooit; ander
verander aaneenlopend; ander dinge verander vinnig;
en ander baie stadig en verander glad nie; ’n paar dinge
verander vinnig en dan stadig; terwyl ander dieselfde
bly.
98
3. Verstaan historiese perspektief
Geskiedkundiges gebruik historiese perspektiewe. “Die
verlede is ’n vreemde land.”
Wat het mense se lewens gevorm en aksies laat
plaasvind? Ons moet probeer om hulle deur die oë van die
mense van daardie tyd te sien en “beoordeel”.
Ons moet nie lense van ons tyd gebruik om die mense en
gebeure te beoordeel nie .
Historiese perspektief beteken: ’n poging om
gebeurtenisse deur die oë van die mense wat dit beleef, te
sien – WAT soms ver verwyder is van ons hedendaagse
lewe.
99
4. Verstaan etiese dimensies van historiese
interpretasie
Empatie help ons om die impak van gebeure in die verlede op ’n spesifieke
individu of groep, insluitend ’n waardering van die omstandighede wat hulle in
die gesig gestaar en die motiverings, waardes en houdings agter hul optrede
verstaan. Op ’n ander manier gestel, empatie is die vermoë om te “loop in
iemand anders se skoene” – om bewus te wees van en sensitief vir hul
gevoelens, gedagtes en ervarings.
Empatie bring die geskiedenis tot lewe. Dit verbind ons as mense, ongeag
van hoeveel tyd is verby.
100
Rigtingwysers
1. Skrywers/skeppers van bronne maak
implisiete of eksplisiete etiese uitsprake in
hul bronne.
2. Beredeneerde etiese uitsprake van die
verlede, maar neem nie historiese konteks
van die skrywers in ag nie.
3. Wanneer ons etiese oordeel wil
uitspreek, is dit belangrik om versigtig te
wees oor die hedendaagse standaarde van
reg en verkeerd en om dit op die verlede
toe te pas.
4. Billike evaluering van die etiese
implikasies van die geskiedenis kan ons
help om ons verantwoordelikhede na te
kom om te onthou, te reageer op die
bydraes, opofferings en ​​ongeregtighede
van die verlede.
5. Ons begrip van die geskiedenis kan ons
help om ingeligte besluite oor
kontemporêre kwessies te neem.
101
Die konsep van empatie het
betrekking op verduidelikings of
interpretasies van gebeure in die
verlede. Geskiedkundiges regoor
die wêreld het dikwels toegang
tot baie verskillende bronne.
Geskrewe rekords kan foute
bevat, of kon verander of vervals
wees nadat hulle geskryf is. Dit
kan lei dat verskillende
geskiedskrywers verskillende
gevolgtrekkings het oor dieselfde
saak.
102
Een van die
opwindende DINGE
in geskiedenis is dat
dit oop vir ’n debat
is. Daar is dikwels
geen regte
antwoord nie, en
geskiedkundiges is
altyd op soek na ’n
meer volledige
begrip van die
verlede.
103
5. Identifiseer aaneenlopendheid en verandering
Geskiedkundiges erken dat sekere dinge kan verander terwyl ander
weer dieselfde kan bly. Hierdie konsep verwys na kontinuïteit en
verandering. Voorbeelde van kontinuïteit en verandering kan gesien
word in elke beskawing en enige gegewe periode van tyd.
Historici verwys na aspekte van die verlede wat dieselfde oor tyd
bly. Aspekte van die verlede wat nie dieselfde bly nie, staan ​​bekend
as veranderinge.
104
Rigtingwysers
1. Kontinuïteit en verandering is
verweef; albei kan saam bestaan​​.
Chronologie – die volgorde van gebeure
– kan ’n goeie beginpunt wees.
2. Verandering is ’n proses, met
wisselende treë en patrone. Draaipunte
is oomblikke wanneer die proses van
verandering verskuif in die rigting of
tempo.
3. Vordering en afname is breë
evaluering van verandering oor tyd.
Afhangende van die impak van
verandering, kan dit vordering vir een
volk wees, maar daling vir ’n ander.
4. Periodisering help ons om ons denke
oor kontinuïteit en verandering te
organiseer. Dit is ’n proses van
interpretasie, deur wat ons besluit
watter gebeure of ontwikkelings vorm ’n
tydperk van die geskiedenis.
105
5. Identifiseer aaneenlopendheid en verandering
Leerlinge het soms ’n verkeerde begrip van
geskiedenis deur te dink dat dit ’n lys van
datums is. Die oomblik as leerlinge verstaan
dat geskiedenis ’n komplekse mengsel van
aaneenlopendheid en verandering is,
ontwikkel hulle ’n fundamentele gevoel vir
die verlede.
Daar is baie dinge wat op enige tyd en plek
in die verlede plaasgevind het. Sommige
dinge verander dadelik terwyl ander weer
oor ’n lang tyd verander. 106
107
Historiese kontinuïteit
beïnvloed hoe ons optree en
vandag LEEF. Jy sal
onmiddellik in staat wees om
te vertel wat hierdie man
doen. Diskus gooi, is ’n ou
sport wat terugdateer na die
5de eeu v.C. Die sport het sy
oorsprong in antieke
Griekeland, maar is nou ’n
roetinedeel van elke
moderne baan- en veld-
kompetisie, om nie te praat
van ’n gewilde geleentheid
by die Olimpiese Spele nie.
Diskus gooi is ’n goeie
voorbeeld van ’n historiese
kontinuïteit.
108
Bestudeer beide foto’s saam en
probeer om ’n paar van die
verskille tussen hulle te
identifiseer:
• een is ’n man, die ander is ’n
vrou
• een naak, die ander dra klere
• die antieke diskus is groter as
die moderne diskus.
Hierdie verskille is historiese
veranderinge. In die antieke tyd
in Griekeland was net mans
toegelaat om te kompeteer, het
hulle vereis om naak mee te
ding, en die tegniek en
toerusting (die diskusse) wat
hulle gebruik het, was nie so
gesofistikeerd as dié van vandag
nie.
109
6. Analiseer oorsaak en gevolge
Die konsep van oorsaak en gevolg word deur geskiedkundiges as
kettings van gebeure en ontwikkelings geïdentifiseer, beide in die
kort en in die lang termyn. Oorsaak en gevolg het ten doel om die
redes waarom die gebeure plaasgevind het en die gevolglike gevolge
of uitkomste te identifiseer, te ondersoek en te ontleed. Dit help om
te dink aan oorsaak en effek as die 'hoekom' en 'wat' van die
geskiedenis.
110
Rigtingwysers
1. Verandering word gedryf deur verskeie oorsake en
kan verskeie gevolge veroorsaak. Hierdie skep ’n
komplekse web van onderlinge korttermyn- en
langtermynoorsake en -gevolge.
2. Die oorsake wat lei tot ’n bepaalde historiese
gebeurtenis verskil in hul invloed, want party is
belangriker as ander.
3. Gebeurtenisse word veroorsaak deur die
wisselwerking van twee tipes akteurs/mense:
(1) die historiese akteurs (individue of groepe), wat
aksies wat historiese gebeure veroorsaak neem, en
(2) die sosiale, politieke, ekonomiese en kulturele
omstandighede waarbinne die akteurs werk.
4. Historiese akteurs kan nie altyd voorspel wat die
effek van die toestande op opponerende aksies kan
wees nie, en wat die onvoorsiene reaksies gaan wees
nie.
5. Die gebeure van die geskiedenis is nie altyd
onvermydelik nie. Dit is so dat indien ’n enkele aksie of
toestand, en ’n gebeurtenis anders was, kon die
gebeure anders verloop het.
111
Soms is die skakel tussen
oorsaak en gevolg baie
duidelik. Byvoorbeeld: swaar
reën oor ’n paar weke
(oorsaak) lei tot vloede en die
vernietiging van gewasse
(effek). Dikwels is hierdie
skakel nie heeltemal so voor
die hand liggend nie. Oor die
algemeen is daar baie oorsake
(redes) wat lei tot ’n
gebeurtenis of aksie. Daar kan
ook baie effekte (uitkomste)
wees. Soms is die uitwerking
maklik om te identifiseer, terwyl
hulle in ander gevalle moeiliker
is om te voorspel, en kan selfs
nie waargeneem word tot lank
na die gebeurtenis nie.
112
113
114
115
116
117
118

More Related Content

More from DonovanHeunis

More from DonovanHeunis (7)

Historiese proses oefening vier
Historiese proses oefening vierHistoriese proses oefening vier
Historiese proses oefening vier
 
Historiese proses oefening een
Historiese proses oefening eenHistoriese proses oefening een
Historiese proses oefening een
 
Lees 7 8 9
Lees 7 8 9Lees 7 8 9
Lees 7 8 9
 
Historiese proses oefening twee
Historiese proses oefening tweeHistoriese proses oefening twee
Historiese proses oefening twee
 
Vleiedag
Vleiedag Vleiedag
Vleiedag
 
Moedertaal
MoedertaalMoedertaal
Moedertaal
 
4 holocaust
4 holocaust4 holocaust
4 holocaust
 

Makro idees 2016.2 cn

  • 1. Waarom weet ons so min van die verlede?“The farther backward you can look, the farther forward you can see.” Winston Churchill 1
  • 2. Die woorde ken en verstaan ​​is nie sinoniem nie. ’n Student kan ’n akkurate en deeglike kennis van iets hê sonder om te verstaan ​​waarom die kennis geregverdig is, wat die kennis beteken, of wat kan gedoen word met die kennis? 2
  • 3. Een van Suid-Afrika se mees gerespekteerde historici. In die 33 jaar wat hy aan Unisa verbonde was, het hy hom nie alleen onderskei as ’n toegewyde dosent en pligsgetroue administrateur nie, maar ook sy naam gevestig as een van ons voorste geskiedskrywers. “Die vak GESKIEDENIS word bestudeer met behulp van ’n verskeidenheid van prosesse, vaardighede en konsepte, wat toelaat dat die studente ’n breër en dieper begrip van mense, plekke en situasies kan ontwikkel. Die toepassing van sulke konsepte in historiese kennis laat toe dat indivudue krities kan dink.” CFJ Muller 3
  • 4. 4
  • 5. 1. KINDERS moet meer skepties en agterdogtig wees teenoor inligting wat hulle aangebied word – Hulle moet leer om dit te bevraagteken wat hulle hoor en vertel word. (In ’n wêreld van onbegrensde inligting en ’n sensasiesoekende media) moet hulle meer krities en/of skeptiese denke ontwikkel om werklike verantwoordelike burgers te word. 2. KINDERS moet geleer word om meer verdraagsaam teenoor ander mense te word en om te besef dat daar ’n diverse en interessante wêreld rondom hulle is, wat bestaan uit allerhande soorte mense . Wat is doel van hierdie lesplanne? 5
  • 6. 3. KINDERS moet aanvaar dat daar verskille tussen mense bestaan. 4. KINDERS moet ook besef dat in ’n toenemend globale wêreld, dit vir hulle belangrik is om beter wêreldburgers te wees. 5. KINDERS moet hul eie [AFRIKANER] geskiedenis goed ken, MAAR ook verstaan wat die konteks daarvan is OM al vier bogenoemde sake toe te pas . Wat is doel van hierdie lesplanne? 6
  • 7. Metode wat gevolg word: Leerlinge word hier betrek by die HISTORIESE PROSES!! 1. Elke aksie/les sentreer rondom ’n sentrale historiese vraag wat gevra word vanuit ’n spesifieke MAKRO-IDEE. 2. Historiese bronne word in die aksie gebruik. 3. Daar word aanvaar dat LEES baie belangrik is. 4. Die aksie is so ontwikkel dat leerlinge met verskillende leesvaardighede /vlakke van lees saam kan werk en/of dat leerlinge alleen kan werk – indien hy op die vlak van die dokumente kan lees. 7
  • 8. 5. Die webwerf help/ondersteun leerlinge HOE om historiese vrae te verstaan deur gebruik te maak van strategieë soos Verkryging van basiese inligting / kontekstualiseer / noukeurige lees, asook stawende lees. 6. In plaas van om HISTORIESE FEITE te memoriseer, moet leerlinge begin om ’n verskeidenheid historiese perspektiewe te gebruik om dieselfde gebeurtenis te beoordeel. 7. Leerlinge moet dus leer om historiese standpunte in te neem wat op bewyse berus. Leerlinge leer deur te doen. PIAGET , 1950 8
  • 9. Die lesplanne se benadering is daarop gebaseer om getuienisse te analiseer en te verstaan dat bestaande historiese kennis op die produk van deeglike historiese navorsing berus. Leerlinge word blootgestel aan ’n verskeidenheid van perspektiewe en menings. . Die korrekte metode is: Geskiedenisonderrig moet gebou word rondom die dissipline se sentrale doel – BRONGEBASEERDE INTERPRETASIE. Dit sal leerlinge help om die volgende oor die werk te vra: “Hoe weet jy dit” – nadat die relevante bronne geraadpleeg is eerder as om die volgende antwoord te kry – “Die handboek/onderwyser sê so.” 9
  • 10. Leerlinge het die geleentheid om self bronne krities te lees indien daar gedurig gefokus word op brongebaseerde onderrig. Kennis van geskiedenis is van groot belang vir die leeswerk en die ontwikkeling van historiese argumente. Leerlinge benodig daarom agtergrondkennis van die inhoude, bronne om sodoende die konteks van die bronne beter te interpreteer. Die CAPS-dokument lê baie klem op geskrewe argumente, MAAR swyg oor DIE PROSES waarin dit in die klaskamer moet plaasvind. Die realiteit van die meeste klaskamers is dat daar net EEN storielyn aangebied word deur die onderwysers en die handboeke. Daar is nie plek vir kompeterende sienings nie en die leerlinge MOET die eenogige storie as ’n gegewe aanvaar en “leer”. 10
  • 11. Hierdie lesplanne glo NIE dat mense geskiedenis leer deur lang lyste van feite te memoriseer nie, MAAR dat daar: 1. krities na historiese artifakte gekyk moet word 2. asook om vrae daaroor te vra – Historiese denke word daardeur ontwikkel. 11 “As jy leer SONDER om te dink, is jy verlore.”
  • 12. Die lesplanne se werkswyse berus op: die Historiese metode, om beter te kan lees en om historiese inhoude en konsepte korrek te hanteer. 12
  • 13. “Come on, Bart. History can be fun. It’s like an amusement park except instead of rides, you get to memorize dates.” -Marge Simpson in “Margical History Tour”, an episode of The Simpsons that aired on December 22, 2004 DAARDIE “geskiedenis” is net om datums te memoriseer – dit is stereotipiese verkeerde geskiedenis!!!! 13
  • 14. Die vak GESKIEDENIS word bestudeer met behulp van ’n verskeidenheid van prosesse, vaardighede en konsepte. Dit help leerlinge om ’n breër en dieper begrip/insig oor mense, plekke en situasies te ontwikkel. 14
  • 15. Study the historian before you begin to study the facts. This is, after all, not very abstruse. E.H. Carr 15
  • 16. Geskiedenis is ’n seleksie van die verlede en WAT “lewendig gemaak” word deur die interpretasie van alle beskikbare bronne. Geskiedenis is dus iemand se poging om sin en orde te maak uit die chaos van die allesheid [alle beskikbare bronne]. 16
  • 17. Ontknoop die “ingewikkelde” historiese begrippe. * “The past is never dead. It’s not even past.” * Alles op aarde is die produk van gister. * Of ons bewus is van die verlede of dat dit plaasgevind het of nie? * Nie slegs die voorwerpe, geboue, strate en stede waarin jy beweeg nie, maar ook die sosiale, politieke en kulturele wêrelde waarin jy jou daagliks beleef, is ’n duidelike bewys dat daar gebeurtenisse voor NOU plaasgevind het. 17
  • 18. Die verlede as ’n eenheid [volledige gebeurtenis] is heeltemal weg... sommige oorblyfsels bly egter agter amper soos die rommel van ’n piekniek. Hierdie materiële oorblyfsels kan nooit vir hulself praat nie. In werklikheid is dit slegs spore totdat iemand ’n vraag vra daaroor. Die spore kan ook uitgewis word – doelbewus of per ongeluk. 18
  • 19. 19
  • 20. 1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE Historici is soos speurders wat getuienisse soek tussen ’n verskeidenheid van beskikbare bronne. * Hierdie beskikbare bronne word dan gebruik as getuienisse om gebeurtenisse te ondersoek en te ontknoop of te probeer om dit te ontknoop. Kan alle probleme altyd ontknoop word? 20
  • 21. 1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE God het aan alle mense die vermoë geskenk om te kan dink. Mense kan emosies beleef , redeneer, onderskei, dink, verbeelding gebruik en selfs om te kan bespiegel. Ons kan inligting bymekaar maak, dit sorteer, kategoriseer en dit dan liasseer in die voue van ons onderbewussyn. Ons hele wese draai om ons verstand en die korrekte werking daarvan. 21
  • 22. 1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE René Descartes het gesê: “Cogito ergo sum – ‘Ek dink; daarom is ek’.” Na my mening is dit die fondament van menswees. Ons dink aan tienduisende dinge per dag. Dit lei soms kreatiewe mense om die mooiste poësie, melodieë, komedies en verhale te skep. 22
  • 23. 1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE • Geskiedenis is vir historici ’n argumentasie oor wat feite behoort te beteken - al kan historici die basiese storie van die verlede bymekaar plaas gebeur dit soms dat hulle nie saamstem oor wat die betekenis daarvan is nie of wat dit veroorsaak het nie. * Historici argumenteer verder oor die betekenis van die verlede en wat dit vir ons vandag moet beteken. 23
  • 24. 1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE Maar, kan jy vra, as die geskiedenis reeds plaasgevind het, wat is daar om oor te argumenteer? Oorvloed van redes. bv. * Was die ANC daarop ingestel om PW Botha en sy regering te ontsetel of was hulle besig om hulself te verryk? * Was die Koue Oorlog werklik ’n konflik van demokrasie teenoor kommunisme of ’n stryd tussen twee supermoondhede vir oorheersing? 24
  • 25. 1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE Uiteenlopende menings krul om hierdie vrae - opinies wat leerlinge aan die praat kan kry, MAAR ook kan leer hoe om krities te dink en te skryf. In geskiedenis is ’n oortuigende mening een wat altyd gerugsteun word deur relevante bewyse. 25
  • 26. Geskiedenis is ’n voorstelling van die verlede gebaseer op interpretasies van beskikbare getuienisse (primêre en sekondêre bronne). Daarom behoort die geskiedenis gebou te wees op kennis. 26 1. ONTWIKKELING van HISTORIESE DENKE “Historical knowledge is largely based on trustworthy sources of information.” GM Theal
  • 27. ’n Algemene feit is dat wenners altyd die geskiedenis skryf Die wenners skryf dan dat hulle baie heldhaftig was en dat hulle altyd die korrekte iets gedoen het en daarom ignoreer hulle enige negatiewe aspekte van hul optrede. 27 STEM JY SAAM ? Verskaf redes vir jou antwoord
  • 28. 2. Ontwikkeling van HISTORIESE WERKSWYSE Jy voel miskien dat historici meer weet as jy van historiese gebeure. Maar dit is nie noodwendig die geval nie. Nie eens op doktorale vlak kan historici die feitelike kennis oor elke onderwerp besit nie. DIE VERSKIL: Historici/geskiedkundiges gebruik die “historiese benadering” om hul navorsing te doen. Hierdie benadering KAN ’n NUWE wêreld vir onopgeleide lesers/leerlinge oopsluit. 28
  • 29. 2. Ontwikkeling van HISTORIESE WERKSWYSE * Voor ’n dokument bestudeer word, begin die historikus om ’n aantal vrae oor die dokument te beantwoord – oor die skrywer, konteks, tydperk. Met die antwoorde gaan die historikus ’n raamwerk probeer skep waardeur die bron verder beoordeel gaan word. Die sleutel van hierdie lesplanne is dus NIE die memorisering van feite nie, MAAR die gebruik van die historiese benadering. 29
  • 30.  Wie het dit geskep?  Waar is dit geskep?  Wanneer is dit geskep?  Waarom is dit geskep?  Wat was die outeur se perspektief toe dit geskep is?  Is dit betroubaar? 2. Ontwikkeling van HISTORIESE WERKSWYSE Indien jy met bronne/bewyse werk, moet jy altyd afleidings maak: • Gebruik konteks • Soek na meer en relevante bronne • Die ontwikkeling van vrae vir verdere ondersoek • Pas stawende/kruiskontrolering toe Die volgende vrae moet beantwoord word oor elke afsonderlike bron: 30
  • 31. 2. Ontwikkeling van HISTORIESE WERKSWYSE Werk met historiese bronne - OEFENINGE Oefening 1: WO 2 Oefening 2: Viëtnam-oorlog Oefening 3: Apartheid Oefening 4: Vrede na WO 1 Oefening 5: VOC 31
  • 32. 3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees 32 NB: Indien jy probleme ondervind met jou lees is daar twee spesiale programme wat jy alleen of saam met ’n maat /groep/fasiliteerder of ouers kan deurwerk – klem is op spoedlees en veral om begrip te verbeter. DIT IS BAIE BELANGRIK DAT JOU LEESVERMOË en JOU LEESBEGRIP GOED MOET WEES. EKSTRA MODULES  1. Leesstrategieë: Help jouself om beter te lees 2. Hulp-Leesprogram
  • 33. 3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees Die rol van lees en skryf Om primêre en sekondêre bronne effektief te hanteer, is lees en skryf die kern daarvan. Werklike geletterdheid is die sleutelwoord, want in die onderrig van geskiedenis is lees en skryf die kern van alles. 1. Skryf is ’n fundamentele intellektuele aktiwiteit. Dit bevorder die ontdekking van nuwe kennis, probleemoplossing en die organisasie van die nuwe kennis. 2. Skryf help jou om die geskiedenis te leer. Ons leer die beste as aktiewe leerders, want dit verskaf betekenis vir ons as leerders. 3. Skriftelike verduideliking van die onderwerp gee begrip daarvan. Skryf neer wat jy weet, want dit help jou om te hersien, te organiseer en te onthou. Deur jou vrae op papier te stel, of te verduidelik waaroor jy verward is, begin jyself sien waar die probleem lê. 33
  • 34. 3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees BASIESE REDES WAAROM LEES DEEL VAN GESKIEDENIS BEHOORT TE WEES: Daar is drie konsepte wat die basis vorm van die integrering van lees en geskiedenis. 1. Historiese interpretasie of argumentasie is die sentrale doel om geskiedenis te bestudeer. 2. Analisering van bronne en historiese vraagstelling van die bronne is krities om geskiedenis te bestudeer en te verstaan. 3. In die studie van geskiedenis is lees, denke en skryf geïntegreerd. Elkeen van hierdie konsepte versterk kerninhoude van die kurrikulum, asook die MAKRO-IDEES. 34
  • 35. LEES, DINK en SKRYF is verweef met mekaar Lees, dink, en skryf is aktiwiteite met een doel wat dieselfde is: Die bevordering van leerinhoud. Lees, skryf en dink is almal met mekaar verbind om geskiedenis te bestudeer. 35 3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees
  • 36. * Resente navorsing toon duidelik dat LEES baie belangrik in die studie van geskiedenis is. * MAAR die integrering van lees, met aspekte soos interpretasie, kan vir sommige leerlinge moeilik en uitdagend wees. Die volgende aspekte moet daarom toegepas word: 1. Verskaf sentrale/kern historiese vrae wat beantwoord moet word. 2. Verskaf self die historiese bronne wat deur die leerlinge ondersoek moet word om die vrae te beantwoord. 3. Ontwikkel leerlinge se agtergrondkennis om hulle te ondersteun in hul historiese denke. 4. Pas gereeld die kurrikulum by die leerlinge se behoeftes aan. 5. Hou aan om op ’n deurlopende wyse dissiplinêre denke te onderstreep. 36 3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees
  • 37. Wenke vir die Historiese Skryf 1. Aanvaar jou gehoor weet niks van die historiese onderwerp af nie. 2. Geskiedskrywing is gebaseer op feite. 3. Chronologie en volgorde is belangrik vir die organisering van geskiedskrywing. 4. Historiese feite moet deur verklarings of redes ondersteun word. 5. Gebruik die toepaslike historiese tyd. 6. Maak geskiedskrywing interessant. 7. Organiseer historiese inligting duidelik sodat dit ’n impak op die gehoor kan hê. 8. Gebruik die eerste persoon as jy oor ’n historiese figuur skryf. 37 3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees
  • 38. BRONanalisering: VRAE 1. Watter van hierdie bronne het die grootste invloed op die gebeurtenis gehad? Verskaf redes vir jou antwoord. 2. Identifiseer elkeen van die verskillende bronmateriaal [oor elke onderwerp]. Wat is dit? Van watter soort getuienisse is dit voorbeelde? 3. Watter feite kan jy vanuit elke bron leer – nadat jy die bron beoordeel het? 4. Hoe verskil enige twee bronne van mekaar [oor dieselfde onderwerp] in hul doel en in benadering? 5. Wat is die hoofgevoel van elke bron? 6. Watter ander kontak bestaan daar tussen die vier bronne [dieselfde onderwerp] as dieselfde onderwerp? 7. Kies ’n bron en toon die partydigheid aan wat in die bron voorkom. 8. Kies enige bron en verduidelik waarom dit belangrik is. 9. Kies twee bronne en toon aan waar hulle mekaar weerspreek. 10. Kies een bron en verduidelik waarom dit betroubaar is. 38 3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees
  • 39. Gebruik die volgende om die bronne beter te verstaan . a. Gebruik agtergrondkennis: Gebruik historiese inligting en kennis om die dokument te verstaan: * Wat weet ek alreeds oor hierdie onderwerp? * Watter kennis het ek nog nodig om die werk beter te verstaan? b. Lees die stiltes: Identifiseer wat is uitgelaat of ontbreek uit die dokument deur vrae te vra. Na die dokument gelees is, vra studente om te dink oor wat hulle nie gehoor het nie. 39 3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees
  • 40. Oorweeg om studente aan verskeie spesifieke strategieë vir die lees van historiese dokumente bloot te stel: 1. Verkryging van basiese inligting 2. Kontekstualiseer 3. Noukeurige lees 4. Stawende lees 40
  • 41. 1. Verkryging van basiese inligting * Waarom het die skrywer die bron geskep/geskryf? * Maak ’n opsomming oor die basiese inhoud van die boek. * Begin doelbewus vrae vra waarmee die inhoud bevraagteken word: Wie het hierdie dokument geskryf? Wanneer? Vir watter doel? Hoe betroubaar kan hierdie bron wees? Hoekom? 41
  • 42. 2. Kontekstualiseer Kyk na die groter prentjie * Wat was anders as nou toe die primêre bron geskep is? * Wat was dieselfde as nou toe dit geskep is? * Hoe kan die omstandighede waarin die primêre bron geskep is, die inhoud daarvan raak? * Watter gebeure, tyd, plek en persone het ’n invloed op die boek of dokument? * Watter konteks is nodig om die boek/bron te verstaan? 42
  • 43. 3. Noukeurige lees Leer ken jou primêre bron * Wat beweer die skepper van die bron was belangrik toe die bron geskep is? * Watter bewyse gebruik die skepper om die konteks te verstaan? * Watter soort taal probeer die skepper gebruik om jou as leser tot sy standpunt oor te haal? 43
  • 44. 3. Noukeurige lees * Skryf al jou gedagtes neer terwyl jy die boek/bron lees. Lees die gedagtes en kyk of dit jou kan help om jou siening oor die boek te verwoord. Byvoorbeeld, kan jy interessante woorde of frases identifiseer ("Ek het nog nooit gehoor dat die uitdrukking gebruik word nie"), oorweeg kontekstuele leidrade oor tyd, plek of mense ("Waarna word hier verwys") of bevraagteken feite, menings en perspektiewe ("Ek wonder of dit is wat regtig gebeur het?") . 44
  • 45. 4. Stawende lees * Wat sê ander bronne hiervan? * Wat is ander moontlike primêre bronne? * Wat is die mees betroubare bronne? * Vra vrae oor belangrike besonderhede van elkeen van die bronne om die punte van ooreenkomste en verskille te bepaal. * Watter vrae het nou ontstaan, na deeglike lees en interpretasie van die dokument? * Watter ander primêre bronne kan die sieninge staaf of weerlê? 45
  • 46. 3. Om beter te verstaan, MOET jy beter kan lees OEFENINGE Oefening 1: WO 2 Oefening 2: Viëtnam-oorlog Oefening 3: Apartheid Oefening 4: Vrede na WO 1 Oefening 5: VOC 46
  • 47. 4. Hantering van historiese inhoude en konsepte 47
  • 48. 48 4. Hantering van historiese inhoude en konsepte
  • 49. 4. Hantering van historiese inhoude en konsepte Van die magdom of ontelbare geleenthede wat al ooit plaasgevind het of die mense wat ooit geleef het, en hoe ons kan besluit wat leerlinge moet leer? IS BAIE BELANGRIKE VRAE. Die volgende soort vraag moet beantwoord word: Wat maak ’n gebeurtenis wat twee eeue gelede plaasgevind het of ’n persoon wat drie eeue gelede geleef het histories betekenisvol? Hierdie vraag het nie ’n eenvoudige antwoord nie. Nietemin, geskiedkundiges probeer om dit te beantwoord deur die aanvaarding van die verantwoordelikheid om te besluit wat is beduidend genoeg om na te vors EN opvoeders MOET KEUSES maak oor wat is belangrik genoeg om te leer. 49
  • 50. Daar is net te veel geskiedenis om dit alles te onthou. Hoe kan ons ’n keuse maak oor watter geskiedenis moet ons leer? Een belangrike kriteria kan wees: Watter belangrike gebeure het glei tot ’n groot verandering, oor ’n lang tyd en vir groot getalle mense? Die Tweede Wêreldoorlog is verby die toets vir geskiedkundige belang in hierdie sin. Betekenis hang af van ’n mens se eie perspektief en doel. 50 4. Hantering van historiese inhoude en konsepte
  • 51. 51
  • 52. Wat is “MAKRO-IDEES?” 52 4. Hantering van historiese inhoude en konsepte
  • 53. “A person who understands something is capable of going beyond the information given.” Jerome Bruner, 1973 53
  • 54. Wat is Makro-idees ? Volgens Jay McTighe en Grant Wiggins is dit waarmee leerlinge gehelp word om “binne die onderwerp te kom” en hulle verder help om later dit reg te kry om sonder al die feite effektief te onthou. 54
  • 55. • ’n “MAKRO-IDEE” bied ’n konseptuele raamwerk waarbinne ’n leerling toegelaat word om vrae te beantwoord wat nodig is om belangrike vrae te beantwoord. • Vrae soos … – Waarom is dit belangrik ? – Wat sou ons nie kon doen indien ons dit nie verstaan het nie …? – Wat sal ek kan verstaan wat ek oor 5 jaar nog sal kan verstaan? MAKRO-IDEES 55
  • 56. * is ’n deurlopende begrip * kan vir altyd gebruik word om te onthou * vra vrae soos: “Waarom leer ek dit” of “Wat is die punt eintlik”? * help ons om kreatief te wees en daardeur begrip vir onsself te skep * kan op verskillende vakke toegepas word, maar selfs in die lewe self gebruik word ’n “MAKRO-IDEE” … 56
  • 57. * is breed gebaseerde idees wat rondom die kurrikulum georganiseer word * verskaf ’n konseptuele lens van wat gestudeer word of waardeur die onderwerp bekyk word * is verstandelik konstrukte * is tydloos en universeel * is breed en abstrak * het min woorde * gaan baie verder as onderwerpe * gaan verder as dissiplines – MAKRO KONSEPTE MAKRO-IDEES … 57
  • 58. Waarom is dit belangrik? • Kurrikulumontwikkeling vereis van ons om keuses te maak oor wat NOU belangrik is om ons leerlinge in die TOEKOMS te help. • Leer WAT NIE gekoppel is aan regtig-wêreld- ondervindinge nie, word vinnig vergeet. 58
  • 59. NAVORSING – Dit is belangrik Die nuutste breinnavorsing toon duidelik dat inhoude georganiseer moet word binne konseptuele raamwerke en nie afsonderlik nie, want groter oordrag word daardeur verseker. Hierdie RAAMWERKE laat toe dat leerlinge baie meer inligting kan herroep en ook baie beter en meer nuwe kennis “op die korrekte plek in jou brein kan plaas”. 59
  • 60. Dink hieroor Navorsing wat die afgelope 20-30 jaar gedoen is, is oorweldigend: Leerlinge verstaan nie regtig die inhoude wat hulle moet leer nie. Hulle besit dus nie oor die kapasiteit om kennis wat hulle geleer het in ’n ander of verskillende opset toe te pas nie. 60
  • 61. KERNVRAE help ons om die MAKRO-IDEES te ontsluit … Die beste vrae vir die stimulering van denke van leerlinge is dié wat nie maklik beantwoord kan word nie. Trouens, die beste vrae het dikwels geen antwoord nie – ten minste geen voor die handliggende "regte" antwoord nie. Sulke vrae word kernvrae genoem, en hulle is in die hart van Geskiedenis. Maar wat presies is kernvrae? Hoe verskil hulle van die vrae wat dikwels in die klas gevra word? Hier is ’n paar eienskappe daarvan: 1. Aspekte/konsepte wat onseker en ook belangrik is om oor te argumenteer 2. Dit is in die hart van die onderwerp 3. Aspekte/konsepte wat gereeld herhaal moet word 4. Aspekte waarop gefokus moet word - uitdagende aspekte van die onderwerp 5. Dikwels verhoog belangrikste konseptuele of filosofiese kwessies die vlak van die gesprek/ondersoek 6. Veroorsaak betekenisvolle leer 61
  • 63. 1. Jy moet leer en verstaan dat SA baie stories het en dat elkeen belangrik is en deeglik bestudeer en beoordeel moet word. 2. Jy moet ’n wyse van denke ontwikkel waardeur jy die konsepte van historiese denke kan ontwikkel en dit ook verstaan. 3. Jy sal ook leer hoe om historiese ondersoek te kan toepas, inligting te versamel, interpretasie en ontleding van historiese bewyse en inligting uit ’n verskeidenheid van primêre en sekondêre bronne te ondersoek, oordele te maak oor kwessies en ​​gebeure van historiese belang. Die taak van die gebruiker van hierdie lesplan JOU TAAK 63
  • 64. NB * Leerders beskik oor verskillende vermoëns en belangstellings, daarom moet onderrig so beplan word dat hierdie behoeftes van die leerders op ’n deurlopende basis aangespreek word. * Om bostaande te laat plaasvind – makliker en meer effektief te laat plaasvind – gebruik ons die taksonomie van BLOOM. * Die oorspronklike taksonomie is die afgelope 20 jaar aangepas by die onderrig van Geskiedenis en verdeel in VIER verskillende vlakke. 64
  • 65. RS Bloom het in 1956 die voortou geneem in die proses van formulering van ’n klassifikasie van opvoedkundige aktiwiteite en doelstellings. Bloom en sy span het ’n hiërargie van opvoedkundige doelstellings geformuleer, maar ook die kognitiewe doelstellings in onderafdelings verdeel, wat wissel van die eenvoudigste optrede tot en met die ingewikkeldste. Drie domeine van opvoedkundige aktiwiteite is deur hom en sy span geïdentifiseer, nl.: KOGNITIEF – Sluit kennis en die ontwikkeling van intellektuele gesindhede en vaardighede in. AFFEKTIEF – Waardes, moreel en emosies. PSIGOMOTORIES – Fisiese ontwikkeling, fyn en groot motoriese vaardighede. . 65
  • 66. Die vier vlakke is ontwikkel vanuit die ses vlakke van BLOOM: 1. SOEK, NOEM EN LEER 2. BESKRYF EN DRA OOR 3. VERDUIDELIK 4. EIE OORDEEL Alle beginsels wat deur Bloom ontwikkel is, pas daarby aan. 66
  • 67. SOEK, NOEM, LEER 1. Leerder kry ’n spesifieke opdrag om uit te voer. 2. Leerder soek spesifieke voorbeelde in getuienisse/bronne. 3. Leerder soek meer as een voorbeeld. 4. Dit wat die leerder vind, moet dan mondelings/skriftelik verslag oor gedoen word. BESKRYF EN DRA OOR 1. Leerder moet dit wat gevind word, presies beskryf. 2. Alle gevraagde detail moet weergegee word. 3. Die aksie kan skriftelik/mondelings of beeldend wees. VERDUIDELIK 1. Leerder moet die gebeurtenis in die korrekte konteks plaas. 2. Relevante oorsake en gevolge moet gegee word. 3. Skriftelik/mondeling kan gebruik word. EIE OORDEEL 1. Onderskei tussen feite en menings. 2. Spreek ’n oordeel uit. 3. Verskaf redes vir jou antwoord. 67
  • 68. LEERUITKOMSTE MAKRO-IDEES wat in die verstaan van die verlede gebruik kan word Historiese vaardighede HISTORIESE ONDERSOEK Kennis en begrip kan slegs bestaan/geskep word indien die gebeure van die verlede deeglik en effektief nagevors word. A. Bepaal historiese belangrikheid 1. Kommunikeer alle inligting 2. Vra historiese vrae 3. Skryf inligting korrek neer wat d.m.v. navorsing bekom is HISTORIESE INTERPRETASIE Indien daar korrek en effektief tydens die ondersoek van bronne gesoek en beoordeel word, kan die gebeure verstaanbaar gemaak word. B. Gebruik primêre bronne as getuienisse C. Verstaan historiese perspektief D. Verstaan etiese dimensies van historiese interpretasie 4. Maak afleidings vanaf/vanuit historiese bronne 5. Bewus wees van meer as een siening i.v.m. die verlede 6. Verskil tussen fiktiewe en historiese karakters raak te sien 7. Historiese empatie verstaan HISTORIESE KENNIS + BEGRIP Sonder Kennis is daar geen Begrip nie. E. Identifiseer aaneenlopendheid en verandering F. Analiseer oorsaak en gevolge 8. Verstaan die korrekte historiese taal en konsepte 9. Plaas verhaal en artefakte/ verhaal/gebeurtenis in volgorde 10. Verskaf redes waarom ’n historiese gebeurtenis plaasgevind het 11. Onderskei tussen verskille in verskillende tydperke 68
  • 69. MAKRO-IDEES WAT IN DIE LESPLANNE GEBRUIK WORD In geskiedenis is dit krities dat leerlinge nie net ’n klomp feite moet leer nie, MAAR ook die vermoë ontwikkel om histories te dink en om die inhoude so te verpak dat dit begrip van die inhoude kan verbeter. 69
  • 70. Waarom is BEGRIP van belang? Kennis vermeerder teen ’n ontstellende spoed. Leerlinge moet daarom die vaardighede aanleer wat hulle sal help om massas databronne te kan beoordeel, asook hul vaardighede inspan om bronne kreatief, krities te gebruik, en hul geïntegreerde denke te gebruik om data te assimileer, te sorteer en inligtingspatrone te skep. 70
  • 71. In geskiedenisonderrig moet ons werk in die rigting van … * ’n Kurrikulum van idees en konsepte en denke, en * Nie van ’n kurrikulum van onderwerpe, vaardighede, feite en kennis nie. Dit is ’n paradoks in ons onderwysstelsel dat ’n leerling ’n A kan behaal, MAAR nie ’n beginsel, konsep of ’n idee kan verstaan nie. “A person who understands something is capable of going beyond the information given.” Jerome Bruner, 1973 71
  • 72. Die onderstaande verduideliking daarvan kan met vrug gebruik word: “Die raamwerk van begrip werk amper soos VELCRO – feite word daaraan vasgesit of weer losgemaak. Die feite word makliker onthou omdat die doel en konteks beter verstaan word.” Carol Ann Tomlinson 72
  • 73. In die onderrig van BEGRIP, verskaf feite * ’n kritiese basis vir inhoud en kennis * die werktuig om insig te verwerf deur die konseptuele idees daarvoor te gebruik * die ondersteuning vir elke MAKRO-IDEE se fokus * die voertuig vir die leerlinge om nuwe kennis wat hulle bekom, te kan integreer by reeds verwerfde kennis 73
  • 74. Verduideliking van MAKRO- IDEES wat op die webwerf gebruik word. 74
  • 75. 1. Bepaal historiese belangrikheid 2. Gebruik primêre en sekondêre bronne as getuienisse 3. Verstaan historiese perspektief 4. Verstaan etiese dimensies van historiese interpretasie 5. Identifiseer aaneenlopendheid en verandering 6. Analiseer oorsaak en gevolge 75
  • 76. Rigtingwysers 1. Gebeure, mense en ontwikkelinge wat uitloop op verandering 2. Gebeure, mense en ontwikkelinge is belangrik indien hulle onthullings veroorsaak – werp lig op belangrike of opkomende onderwerpe 3. Historiese belangrikheid is gekonstrueer; pas goed in ’n storie 4. Historiese belangrikheid verskil met verloop van tyd en van groep tot groep 76
  • 77. 1. Bepaal historiese belangrikheid Die konsep van BELANGRIKHEID hou verband en kan toegeskryf word aan spesifieke aspekte van die verlede soos: gebeurtenisse, ontwikkelinge, ontdekkings, bewegings, mense en historiese plekke. 77
  • 78. 1. Bepaal historiese belangrikheid Wat kan beskou word as histories belangrik? 78 Gebeurtenis * Shaka word koning * Jan van Riebeeck land in die Kaap Mense * CR de Wet * Mantatisha * Autosmatho Ontwikkelings * Gariepdam word gebou * Goudmyne word by Welkom gebou Oorsake * VOC-skepe het baie hout nodig gehad * Groepsgebiedewet word aanvaar Probleemareas * Swak onderwysstelsel * Malaria is ’n probleem * VIGS is ’n gevaar Veranderinge * PW Botha skaf apartheidswette af * ANC aan bewind
  • 79. 1. Bepaal historiese belangrikheid 79 PROBLEME EEN: Geskiedkundiges maak gebruik van verskillende stelle kriteria waarmee hulle bepaal of die historiese konsepte/gebeure, mense belangrik is of nie. TWEE: Onderwysers/politici hou daarvan om vir leerlinge te sê wat hulle dink belangrik is, eerder as om die leerlinge te vra wat hulle dink belangrik is. Hoe belangrik is die foto?
  • 80. 1. Bepaal historiese belangrikheid 80 Wat maak ’n onderwerp werklik waardig dat ons aandag daaraan moet gee? * Waarom is een onderwerp deel van die kurrikulum en ander nie? * Wat is die basis van hierdie seleksie van inhoude wat aangebied moet word? * Wie neem hierdie besluite en wat is hulle werklike doel om die keuse te maak? * Hoeveel kennis besit hulle om die reuse keuse te maak?
  • 81. 1. Bepaal historiese belangrikheid 81 Hoe belangrik was dit vir die mense wat daardie tyd geleef het? Geskiedenis is volgepak met belangrike gebeurtenisse, invloedryke mense en werklike interessante plekke sodat ons net nie alles kan bestudeer nie. In plaas daarvan moet ons ingeligte besluite/oordele maak oor wat belangrik genoeg is om bestudeer te word. Om te bepaal of ’n gebeurtenis, ontwikkeling, ontdekking, beweging, persoon of plek historiese belangrikheid besit, kan ons die volgende vrae gebruik: * Hoe het dit die mense se lewens beïnvloed? * Hoeveel mense se lewens is daardeur beïnvloed? * Hoe wydverspreid en hoe lank het dit ’n effek op die mense gehad? * Kan die effek vandag nog gevoel of beleef word? * Jou eie ouderdom, geslag, etniese agtergrond, godsdienstige geloof, nasionale en familieverbintenis, verskillende gebeurtenisse en mense vanuit die verlede, sal belangrik wees in ’n groter of kleiner mate .
  • 82. 1. Bepaal historiese belangrikheid 82 Die beoordeling van historiese belangrikheid is ’n belangrike uitdaging. Ons kan dit gebruik om verskillende gebeurtenisse vanuit die verlede, sleutelpersone, asook ontdekkings te meet en te vergelyk. Dit kan verder gebruik word om die belangrikheid van individue of selfs verskillende standpunte oor die verlede te meet en te vergelyk. Die volgende DRIE KERNAREAS moet ontwikkel word: 1. Die vermoë om te identifiseer, toe te pas en om sy eie kriteria te skep waarmee historiese belangrikheid gemeet kan word. 2. Die vermoë om te analiseer, evalueer en die belangrikheid van ontwikkelinge, gebeure en mense te vergelyk. 3. Die vermoë om historiese belangrikheid te beoordeel binne die konteks van waarbinne dit plaasgevind het. Meting en evaluering van HISTORIESE BELANGRIKHEID
  • 83. Kan jy die belangrikheid bepaal? Geoffrey Partington stel voor dat die volgende kruis- kurrikulêre kriteria gebruik word om al die vrae te probeer beantwoord. Dit kan jou help om self die vrae oor belangrik- heid te beantwoord en te verstaan . 83
  • 84. 1. Bepaal historiese belangrikheid 84
  • 85. 1. Bepaal historiese belangrikheid 85 Keerpunte Alle gebeure het gevolge, MAAR ’n belangrike historiese gebeurtenis het ’n geweldige invloed oor ’n lang tydperk wat baie keer ’n abstrakte invloed en nie ’n konkrete invloed is nie. Dit beïnvloed oor ’n lang tydperk en die gebeurtenis word dan baie keer gesien as baie belangrik, lank nadat dit plaasgevind het.
  • 86. 1. Bepaal historiese belangrikheid 86 Spesiale fokus: Vroue se rol in die geskiedenis? Die geskiedenis van die vrou in Suid-Afrika, tot die sowat laaste 50 jaar, het een sentrale leuse gehad: vryheid of die dood. Haar bereidwilligheid om alles op te offer vir hierdie ideaal het vir 300 jaar geslagte besiel. Haar innerlike krag, trots, dapperheid, geduld en die beskawingsfaktor wat sy hoog gehou het ten tye van nood en lyding, het haar oor die wêreld hoog aangeskrewe gemaak, en in ons vroeëre letterkunde, is haar ontbering en liefde vir volk en vryheid vereer. Dit kan gestel word dat vanaf Jan van Riebeeck se tyd, dwarsdeur die Groot Trek, die Vryheidsoorloë, armoede, depressie en Rebellie, dit hierdie beskawingsfaktor van die vrou was wat ’n groot rol in die proses van volkswording gespeel het.
  • 87. 1. Bepaal historiese belangrikheid 87 * As dit die waarheid is, WAAROM word daar baie min of glad nie na die vrou se rol in ons geskiedenis verwys nie? * Fokus daarom daarop om belangrike vroue se bydraes in ons eie geskiedenis te identifiseer en dan na te vors en dit bekend te stel.
  • 88. 1. Bepaal historiese belangrikheid 88 1. Waarom is hierdie monument opgerig ? 2. Is dit ’n waardevolle monument ?
  • 89. Die ontwikkeling en verspreiding van SHAKA se ryk was belangrik aangesien dit die grootste dele van die binneland van Suidelike Afrika beïnvloed het, asook die inwoners en die leefwyse. Sommige aspekte is vandag nog sigbaar soos die ZULU-koningryk en hul koning. 89
  • 90. 2. Gebruik primêre bronne as getuienisse Geskiedkundiges gebruik primêre bronne vir bewyse. Uiteindelik is die grondslag vir alle bewyse in bronne – dit is die spore wat oorgebly het – vanuit alle tye waarin gebeure plaasgevind het. As ons staatmaak op die werk van die vorige geskiedkundiges, moet ons weet dat hierdie geskiedkundiges ook moes staatgemaak het op primêre bronne. 90
  • 91. 2. Gebruik primêre en sekondêre bronne as getuienisse Getuienisse is die inligting wat ingesamel word vanuit historiese bronne. Die konsep van getuienisse is ’n baie belangrike deel van historiese ondersoek. Getuienisse kan vanuit verskillende bronne verkry word soos: onderhoude, menslike beskrywings van gebeurtenisse, briewe, dagboeke, films, kaarte, koerante, artefakte, voorwerpe, geboue, skilderye, foto’s, liedlirieke, kleure en spotprente. MAAR hoe moet ons dit gebruik om die bronne stuk vir stuk bymekaar te sit om die verhaal van die verlede te skryf. Ons kan natuurlik ’n ingeligte raaiskoot [hipotese] waag en dan inligting soek om dit te ondersteun. Inligting kan basies vanuit twee soorte bronne bekom word. 91
  • 92. Rigtingwysers 1. Geskiedenis is interpretasie-gebaseerd wat afleidings vanuit primêre en sekondêre bronne maak. 2. Om goeie vrae oor ’n bron te vra, kan dit in getuienisse verander. 3. Bronbeoordeling begin baie keer al voor dit gelees word met vrae oor wie en wanneer dit geskep is, sieninge van die outeur – baie keer bewustelik of selfs onbewustelik. 4. Enige bron behoort geanaliseer te word in verhouding met die konteks van die bron se omgewing en tyd. 5. Afleidings vanuit ’n bron kan nooit alleen staan nie – dit moet altyd beoordeel word teenoor ander beskikbare bronne. 92
  • 93. Die “oorblyfsels” van geskiedenis – briewe, dokumente, dagboeke, tekeninge, koerante en ander dele en stukkies van wat mense agtergelaat het en nie meer op aarde is nie – is skatte vir die historikus. Dit is primêre bronne en hulle verraai die geheime van die verlede. Historici leer om die bronne te vind, te lees en te interpreteer. 93
  • 94. Primêre bronne – Voorwerpe wat gemaak of geskryf is tydens die tydperk wat ondersoek word; VOORBEELD: amptelike dokumente, soos wette en ooreenkomste, persoonlike dokumente soos dagboeke en briewe, foto’s en films. Hierdie oorpronklike eerstehandse beskrywings word deur historici geanaliseer om hulle te help om hul vrae oor die verlede te beantwoord. 94
  • 95. Sekondêre bronne – Dokumente oor die verlede wat lank daarna geskep is en wat gewoonlik die primêre bronne gebruik en wat ’n spesifieke interpretasie van die verlede verskaf. VOORBEELD: beskrywings van historici, ensiklopedieë, dokumentêre programme, geskiedenishandboeke en webwerwe. Historici kom nie altyd ooreen oor bronne en die interpretasie daarvan nie. Hulle het dikwels verskillende menings of standpunte oor dieselfde bron. Dit is die rede waarom historici gedurig besig is om na nuwe bronne te soek. Hulle wil ’n hele verskeidenheid van bronne raadpleeg, van verskillende aard, om ’n volledige prent van die verlede te bekom. 95
  • 96. 3. Verstaan historiese perspektief Die konsep van perspektief is ’n belangrike deel van historiese ondersoek. Perspektief is ’n gesigspunt – die posisie van waar mense dinge sien en verstaan hoe dinge in die wêreld plaasvind. Mense sal verskillende sieninge [perspektief] van dieselfde gebeurtenis, persoon, gemeenskap, artefak hê, maar sal deur hul eie ouderdom, geslag, sosiale posisie, godsdienstige geloof en waardestelsel beïnvloed word. Net soos alle ander mense, het historici hul eie menings wat hul sieninge kan beïnvloed oor dit wat hulle skryf . Ongeag van hul eie perspektiewe moet historici poog om nie hul eie waardes en geloof te gebruik om oor ander mense te skryf nie. 96
  • 97. Rigtingwysers 1. ’n Oseaan van verskille kan tussen die huidige wêreldbeskouings (oortuigings, waardes en motiverings) en dié van vroeëre tydperke van die geskiedenis lê. 2. Dit is belangrik om te weet dat indien vandag se perspektief gebruik word om die verlede te beoordeel, die oplegging van die huidige idees oor mense in die verlede vermy moet word. Nietemin, kan versigtige verwysing na universele menslike ervarings ons help om verband te hou met die ervarings van historiese akteurs. 3. Die perspektiewe van geskiedkundige akteurs kan die beste verstaan ​​word deur die oorweging van hul historiese kontekste. 4. Die perspektief van historiese akteurs beteken dat afleidings van hoe mense gevoel en gedink het in die verlede in ag geneem moet word. Dit beteken nie dat die historikus wat dit ondersoek homself met dié mense moet identifiseer nie. Geldige afleidings is dié wat op bewyse gebaseer is. 5. Verskillende historiese akteurs met diverse perspektiewe op die gebeure waarin hulle betrokke is moet altyd in ag geneem word. Verken hierdie is die sleutel tot die verstaan ​​van historiese gebeure. 97
  • 98. 3. Verstaan historiese perspektief Dit is belangrik dat jy die volgende vra: * Hoe kan ons die kompleksiteit van die verlede verstaan en dit ook ontrafel? Geskiedenis word dikwels gedefinieer as die verhaal van verandering oor tyd. Maar die geskiedenis is meer kompleks: ONTHOU – sekere dinge verander nooit; ander verander aaneenlopend; ander dinge verander vinnig; en ander baie stadig en verander glad nie; ’n paar dinge verander vinnig en dan stadig; terwyl ander dieselfde bly. 98
  • 99. 3. Verstaan historiese perspektief Geskiedkundiges gebruik historiese perspektiewe. “Die verlede is ’n vreemde land.” Wat het mense se lewens gevorm en aksies laat plaasvind? Ons moet probeer om hulle deur die oë van die mense van daardie tyd te sien en “beoordeel”. Ons moet nie lense van ons tyd gebruik om die mense en gebeure te beoordeel nie . Historiese perspektief beteken: ’n poging om gebeurtenisse deur die oë van die mense wat dit beleef, te sien – WAT soms ver verwyder is van ons hedendaagse lewe. 99
  • 100. 4. Verstaan etiese dimensies van historiese interpretasie Empatie help ons om die impak van gebeure in die verlede op ’n spesifieke individu of groep, insluitend ’n waardering van die omstandighede wat hulle in die gesig gestaar en die motiverings, waardes en houdings agter hul optrede verstaan. Op ’n ander manier gestel, empatie is die vermoë om te “loop in iemand anders se skoene” – om bewus te wees van en sensitief vir hul gevoelens, gedagtes en ervarings. Empatie bring die geskiedenis tot lewe. Dit verbind ons as mense, ongeag van hoeveel tyd is verby. 100
  • 101. Rigtingwysers 1. Skrywers/skeppers van bronne maak implisiete of eksplisiete etiese uitsprake in hul bronne. 2. Beredeneerde etiese uitsprake van die verlede, maar neem nie historiese konteks van die skrywers in ag nie. 3. Wanneer ons etiese oordeel wil uitspreek, is dit belangrik om versigtig te wees oor die hedendaagse standaarde van reg en verkeerd en om dit op die verlede toe te pas. 4. Billike evaluering van die etiese implikasies van die geskiedenis kan ons help om ons verantwoordelikhede na te kom om te onthou, te reageer op die bydraes, opofferings en ​​ongeregtighede van die verlede. 5. Ons begrip van die geskiedenis kan ons help om ingeligte besluite oor kontemporêre kwessies te neem. 101
  • 102. Die konsep van empatie het betrekking op verduidelikings of interpretasies van gebeure in die verlede. Geskiedkundiges regoor die wêreld het dikwels toegang tot baie verskillende bronne. Geskrewe rekords kan foute bevat, of kon verander of vervals wees nadat hulle geskryf is. Dit kan lei dat verskillende geskiedskrywers verskillende gevolgtrekkings het oor dieselfde saak. 102
  • 103. Een van die opwindende DINGE in geskiedenis is dat dit oop vir ’n debat is. Daar is dikwels geen regte antwoord nie, en geskiedkundiges is altyd op soek na ’n meer volledige begrip van die verlede. 103
  • 104. 5. Identifiseer aaneenlopendheid en verandering Geskiedkundiges erken dat sekere dinge kan verander terwyl ander weer dieselfde kan bly. Hierdie konsep verwys na kontinuïteit en verandering. Voorbeelde van kontinuïteit en verandering kan gesien word in elke beskawing en enige gegewe periode van tyd. Historici verwys na aspekte van die verlede wat dieselfde oor tyd bly. Aspekte van die verlede wat nie dieselfde bly nie, staan ​​bekend as veranderinge. 104
  • 105. Rigtingwysers 1. Kontinuïteit en verandering is verweef; albei kan saam bestaan​​. Chronologie – die volgorde van gebeure – kan ’n goeie beginpunt wees. 2. Verandering is ’n proses, met wisselende treë en patrone. Draaipunte is oomblikke wanneer die proses van verandering verskuif in die rigting of tempo. 3. Vordering en afname is breë evaluering van verandering oor tyd. Afhangende van die impak van verandering, kan dit vordering vir een volk wees, maar daling vir ’n ander. 4. Periodisering help ons om ons denke oor kontinuïteit en verandering te organiseer. Dit is ’n proses van interpretasie, deur wat ons besluit watter gebeure of ontwikkelings vorm ’n tydperk van die geskiedenis. 105
  • 106. 5. Identifiseer aaneenlopendheid en verandering Leerlinge het soms ’n verkeerde begrip van geskiedenis deur te dink dat dit ’n lys van datums is. Die oomblik as leerlinge verstaan dat geskiedenis ’n komplekse mengsel van aaneenlopendheid en verandering is, ontwikkel hulle ’n fundamentele gevoel vir die verlede. Daar is baie dinge wat op enige tyd en plek in die verlede plaasgevind het. Sommige dinge verander dadelik terwyl ander weer oor ’n lang tyd verander. 106
  • 107. 107
  • 108. Historiese kontinuïteit beïnvloed hoe ons optree en vandag LEEF. Jy sal onmiddellik in staat wees om te vertel wat hierdie man doen. Diskus gooi, is ’n ou sport wat terugdateer na die 5de eeu v.C. Die sport het sy oorsprong in antieke Griekeland, maar is nou ’n roetinedeel van elke moderne baan- en veld- kompetisie, om nie te praat van ’n gewilde geleentheid by die Olimpiese Spele nie. Diskus gooi is ’n goeie voorbeeld van ’n historiese kontinuïteit. 108
  • 109. Bestudeer beide foto’s saam en probeer om ’n paar van die verskille tussen hulle te identifiseer: • een is ’n man, die ander is ’n vrou • een naak, die ander dra klere • die antieke diskus is groter as die moderne diskus. Hierdie verskille is historiese veranderinge. In die antieke tyd in Griekeland was net mans toegelaat om te kompeteer, het hulle vereis om naak mee te ding, en die tegniek en toerusting (die diskusse) wat hulle gebruik het, was nie so gesofistikeerd as dié van vandag nie. 109
  • 110. 6. Analiseer oorsaak en gevolge Die konsep van oorsaak en gevolg word deur geskiedkundiges as kettings van gebeure en ontwikkelings geïdentifiseer, beide in die kort en in die lang termyn. Oorsaak en gevolg het ten doel om die redes waarom die gebeure plaasgevind het en die gevolglike gevolge of uitkomste te identifiseer, te ondersoek en te ontleed. Dit help om te dink aan oorsaak en effek as die 'hoekom' en 'wat' van die geskiedenis. 110
  • 111. Rigtingwysers 1. Verandering word gedryf deur verskeie oorsake en kan verskeie gevolge veroorsaak. Hierdie skep ’n komplekse web van onderlinge korttermyn- en langtermynoorsake en -gevolge. 2. Die oorsake wat lei tot ’n bepaalde historiese gebeurtenis verskil in hul invloed, want party is belangriker as ander. 3. Gebeurtenisse word veroorsaak deur die wisselwerking van twee tipes akteurs/mense: (1) die historiese akteurs (individue of groepe), wat aksies wat historiese gebeure veroorsaak neem, en (2) die sosiale, politieke, ekonomiese en kulturele omstandighede waarbinne die akteurs werk. 4. Historiese akteurs kan nie altyd voorspel wat die effek van die toestande op opponerende aksies kan wees nie, en wat die onvoorsiene reaksies gaan wees nie. 5. Die gebeure van die geskiedenis is nie altyd onvermydelik nie. Dit is so dat indien ’n enkele aksie of toestand, en ’n gebeurtenis anders was, kon die gebeure anders verloop het. 111
  • 112. Soms is die skakel tussen oorsaak en gevolg baie duidelik. Byvoorbeeld: swaar reën oor ’n paar weke (oorsaak) lei tot vloede en die vernietiging van gewasse (effek). Dikwels is hierdie skakel nie heeltemal so voor die hand liggend nie. Oor die algemeen is daar baie oorsake (redes) wat lei tot ’n gebeurtenis of aksie. Daar kan ook baie effekte (uitkomste) wees. Soms is die uitwerking maklik om te identifiseer, terwyl hulle in ander gevalle moeiliker is om te voorspel, en kan selfs nie waargeneem word tot lank na die gebeurtenis nie. 112
  • 113. 113
  • 114. 114
  • 115. 115
  • 116. 116
  • 117. 117
  • 118. 118