1. South Africa’s most important
wetland disappearing
Vleie en moerasse
Die brose habitats van plante en diere wat kwalik op ander plekke op
die aarde sal aard.
In Engels word dit wetlands genoem en die Nederlanders praat van ’n drasland, waar
dras die betekenis van “deur en deur nat” of “moerasagtig” het. Maar wat is vleilande
eintlik en waarom is dit so noodsaaklik om die aarde se kosbare vleilande sover as
moontlik te bewaar?
2. World Wetlands Day – 2 FEBRUARIE
World Wetlands Day word gevier as ’n internasionale geleentheid op 2 Februarie elke jaar. Dit herdenk die
ondertekening van die Konvensie van Vleie (Ramsar Convention) in Ramsar, Iran, in Februarie 1971.
World Wetlands Day is vir die eerste keer in 1997 herdenk.
World Wetlands Day 2016
Die internasionale tema van World Wetlands Day 2016 is Wetlands for our future: sustainable livelihoods.
Vleie speel ’n belangrike rol in die proses om die landskappe gesond en produktief te hou. Ongelukkig word die
landskappe baie keer beskou as “wasteland” en meer as 64% van alle vleie het alreeds sedert 1900 verdwyn.
3. Wetenskaplikes het in Julie 2008 ’n groot
konferensie bygewoon wat deur die
Verenigde Nasies in Cuiaba, Brasilië, gereël
is. Hulle het in ’n verklaring gewaarsku dat
die huidige vraag na voedsel en
biobrandstof die wêreld se vleilande
toenemend bedreig.
Al hoe meer van die habitats loop gevaar
om in landbougrond omgeskep te word, is
gesê, en ons huidige kennis van die omvang
van die aarde se vleilande is
“onaanvaarbaar”. Onder die bedrywighede
wat die habitats laat agteruitgaan, is
turfontginning en die oprigting van
damwalle vir die opwekking van
hidroëlektrisiteit.
“Dit is tyd om die onskatbare waarde van
vleilande vir alle spesies te erken –
insluitende ons eie,” het een van die
voorgangers van die konferensie gesê.
4. Bewaring van vleilande
Vleilande is een van die mees bedreigde ekosisteme in die wêreld.
Suid-Afrika het alreeds meer as die helfte van sy vleilande verloor.
’n Studie in 2004 het aangetoon dat minder as een persent van die seisoenale vleilande in Suid-Afrika beskerm is.
Weens die vinnige verlies en degradering van vleilande, het Suid-Afrika die Ramsar-konvensie, ’n internasionale
ooreenkoms vir die beskerming van vleilande, onderteken.
Dit is belangrik om vleilande te bewaar omdat mense en die natuur daarby baat:
• Vleilande verbeter die gehalte van water.
• Vleilande hou deurlopende watervoorsiening in stand.
• Vleilande voorsien ’n habitat vir plante en diere.
5. Suid-Afrika se Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) beskryf ’n
vleiland as “grond wat ’n oorgang vorm tussen land- en
watersisteme waar die watertafel gewoonlik by of naby die
bogrond is, of waar die grond periodiek met vlak water bedek is,
en welke grond onder normale omstandighede tipiese
plantegroei, wat tot deurdrenkte grond aangepas het,
ondersteun of kan ondersteun”.
6. VLEILANDE is plekke waar land en water bymekaarkom.
In Engels word dit wetlands genoem en die
Nederlanders praat van ’n drasland, waar dras die
betekenis het van “deur en deur nat” of “moerasagtig”.
Die omskrywing van vleilande word vervat in die
Ramsar-konvensie, oftewel die Internasionale
Konvensie oor die Beskerming van Vleilande, wat in
1971 onderteken is deur afgevaardigdes wat in Ramsar
byeengekom het, ’n dorp in Iran aan die kus van die
Kaspiese See.
Die Ramsar-konvensie bestempel vleilande as “gebiede
met vleie, moerasgrond, veengrond of water, hetsy
natuurlik of kunsmatig, permanent of tydelik, met
staande of lopende water, brak of sout, insluitende
gebiede met seewater wat met laagwater nie dieper as
ses meter is nie”.
Die Ramsar-konvensie, wat oorspronklik deur slegs
agttien lande onderteken is, is die enigste
internasionale verdrag wat ten doel het om habitat
eerder as lewende spesies te bewaar. Altesame 158
lande het reeds aangesluit en onderneem om hulle by
die bepalings van die Ramsar-ooreenkoms neer te lê.
7. Wat is ’n vleiland?
Vleilande is gebiede waar land- en water-ekosisteme bymekaarkom.
In ’n vleiland is die grondwatervlak by of naby die oppervlak van die
grond. Die land word, hetsy tydelik of permanent, met vlak water bedek.
Na gelang van hoeveel dit reën en hoeveel grondwater gebruik word (bv.
water wat deur plante geabsorbeer word of deur mense met boorgate en
putte gebruik word), wissel die stand van die watervlak van een jaar tot
die volgende en van een seisoen tot die volgende.
Die water in vleilande, soos in getyriviere, kan vars of brak wees.
Getyriviere word by riviermonde gevorm: vars water uit die rivier meng
met seewater wat in die getyrivier beland wanneer die gety inkom.
Rietvlei
8. Suid-Afrika se Nasionale Waterwet (Wet 36 van 1998) beskryf ’n vleiland as “grond wat ’n
oorgang vorm tussen land- en watersisteme waar die watertafel gewoonlik by of naby die
bogrond is, of waar die grond periodiek met vlak water bedek is, en welke grond onder
normale omstandighede tipiese plantegroei, wat tot deurdrenkte grond aangepas het,
ondersteun of kan ondersteun”.
Die Wet definieer vleilande dus in terme van drie aspekte:
● hidrologie (water en die beweging daarvan in en bo-oor grond)
● grondsoort (moet deurdrenk wees of die kenmerke van water-versadigde grond toon)
● plantegroeitipes (plante wat van water hou).
Daar is ook drie maatstawwe waaraan ’n stuk grond moet voldoen om dit as ’n vleiland te
klassifiseer:
● ’n Hoë watertafel wat nat grondtoestande tot gevolg het.
● Die grond moet vir lank genoeg versadig of deurdrenk wees sodat anaërobiese
toestande kan ontwikkel – m.a.w. daar moet geen of baie min suurstof in die grond wees.
● Hierdie toestand is ideaal vir waterplante (hidrofiete).
Hierdie definisie kan ons help om die omvang van ’n vleiland te bepaal, of vas te stel of ’n
vleiland tans kleiner as oorspronklik is.
9. Daar is nou 1755 vleilande op Ramsar
se Lys Vleilande van Internasionale
Belang (2008). Dié van Suid-Afrika is
(alfabeties):
Barberspan, Blesbokspruit, De
Hoopvlei, De Mond (Heuningnes-
estuarium), Drakensbergpark,
Kosibaai, Langebaan, Ndumo-wildtuin
(in Maputaland, KwaZulu-Natal),
Nylsvley-natuurtuin (naby
Naboomspruit), Oranjeriviermonding,
Seekoeivlei-natuurtuin, Sibhayi-meer
(in Maputaland, KwaZulu-Natal), St.
Lucia-sisteem, Seeskilpad-strande /
koraasriwwe van Tongaland,
Verlorenvallei-natuurtuin (naby
Dullstroom, Mpumalanga),
Verlorenvlei en die Wildernis-mere.
Die Sibhayi-meer in KwaZulu-Natal is
die grootste natuurlike varswatermeer
in Suid-Afrika met ’n oppervlakte van
77 vk. km. Dit is ’n deel van die Groter
St. Lucia-vleilandpark.
10. Dit is moeilik om die verskillende soorte vleilande op aarde te klassifiseer en te definieer, en in
Afrikaans word vlei en moeras boonop dikwels as volstrekte sinonieme aangebied – soos ’n
halfdosyn en ses. (Of vinkel en koljander, sal baie mense ook sê, die een is nes die ander!)
Maar dan is daar weer ’n ander klassifikasie wat nie minder nie as dertig soorte natuurlike vleilande
erken, plus nog nege mensgemaakte tipes. Daar is nietemin eenstemmigheid dat daar twee
hoofsoorte is: dié in die binneland met varswater en dié aan die kus met seewater of brakwater.
11. Volgens ’n verdere onderskeiding word die bekendste vorms van min of meer
stilstaande water – te wete vleie, moerasse, turfmoerasse en kusmere en lagunes – as
volg beskryf:
• VLEIE: ’n Vlei is ’n komvormige gebied met ’n geringe helling, waar die grond in die
reënseisoen met water versadig is. Biesies en so meer is onder die gewoonlik digte
plantegroei wat in vleie voorkom. Dit raak problematies waar mense hul huise oprig in
gebiede wat eintlik seisoenale vleie is. Een só ’n gebied, word vertel, is die Kaapse
Vlakte in die Kaap, waar die mense keer op keer in die wintermaande deur
oorstromings geteister word.
12. • MOERASSE: ’n Moeras is
uiters plat en die grootste
gedeelte lê onder water, maar
die water is in die reël bra vlak.
Talle klein moddereilandjies,
soms begroei met gras, is tipies
van moerasse. In gebiede met
duidelike reënseisoene, soos in
Suid-Afrika, is vleie tydens die
reënseisoen algemeen, maar
moerasse is skaars. Trouens, in
meer ontwikkelde streke is daar
vandag selde moerasse,
aangesien streng beheer deur
middel van kanale en
afvoerpype juis die vorming van
moerasse voorkom.
13. TURFMOERASSE: In ’n turfmoeras vind ’n mens meestal plantemateriaal wat aan die verrot
is, soseer dat die moeras sponsagtig voorkom. Die dreinering van die water is baie swak,
sowel in die breedte as in die diepte.
14. • KUSMERE: Die eroderende aanslag van die see se branders en ’n rivier wat op sy beurt
ook baie erosiemateriaal dra, kan meewerk om ’n langstrandse wal voor ’n baai te laat
vorm, waardeur die baai van die see afgesny word. Voorbeelde hiervan is in Suid-Afrika te
sien by die vleie van George en Knysna. Kusmere is in die reël sout en kan selfs souter as
seewater wees as gevolg van verdamping. Aanvullings uit riviere, syferwater uit die see en
bykomende seewater tydens springgetye sorg vir ’n nagenoeg konstante watervoorraad in
die kusmeer.
15. LAGUNES: ’n Lagune of strandmeer is eweneens ’n stuk water aan die kus – ’n vlak meer wat
deur ’n smal strokie land heeltemal of deels van die see afgesny word. Waar ’n rivier geweldig baie
erosiemateriaal by sy monding neerlaat, kan dit mettertyd gebeur dat die land seewaarts verplaas word. Die
rivier sny deur talle kanale in die gevormde delta en wanneer ’n kanaal deur die afsetting van
erosiemateriaal versper word, word ’n lagune gevorm. Só ’n lagune kan aanvanklik nog met die see verbind
wees, maar namate die see al hoe verder “terugdeins” om vir die land plek te maak, “beweeg” die lagune al
hoe verder van die see af. Die lagune se water word ook ál varser, totdat dit naderhand toeslik om eers ’n
moeras en dan ’n vlei te vorm. Die sogenaamde alluviale vlakte wat deur die seewaartse beweging van ’n
riviervlakte ontstaan, is baie gesog as landbougrond en dan is die rivier ook nog daar vir besproeiing. Nie
verniet dat baie van die ou beskawings, soos dié in die Nyl-delta in Egipte, juis op alluviale vlaktes verrys het
nie.
16. “ MORE THAN A BILLION PEOPLE MAKE A
LIVING FROM WETLANDS . . .
Livelihoods from fishing, rice farming,
travel, tourism, and water provision all
depend on wetlands. And wetlands are vital
to us in many other ways. They host a huge
variety of life, protect our coastlines,
provide natural sponges against river
flooding, and store carbon dioxide to
regulate climate change.
Unfortunately, wetlands are often viewed as
wasteland, and more than 64% of our
wetlands have disappeared since 1900.
Enabling people to make a decent living,
and at the same time ensuring that
wetlands can still provide their essential
benefits, do not have to be conflicting
goals!
Help us spread awareness about the
importance of wetlands. Join us for World
Wetlands Day 2016 – and beyond! Here's
how you can get involved “ Ramsar
17. Suid Afrika se Ramsar landskappe :
Barberspan
Blesbokspruit Natuuurreservaat
De Hoopvlei
De Mond (Heuningnes-estuarium)
Kosibaai
Langebaan
Ndumo-wildtuin
Ntsikeni-natuurreservaat
Nylsvley-natuurreservaat
Oranjeriviermonding Wetland
Seekoeivlei-natuurtuin
St Lucia-sisteem
Tongaland
Ukhahlamba-Drakensbergpark
Verlorenvlei-natuurreservaat
Wilderness-mere