Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Lge1.2 les2
1. Leergedeelte 1.2
Les 2
Die basis model van die ekonomie
en die rol van die owerheid
2. Materiaal
Hoofstuk 2 in Black, Calitz, Steenekamp
& Associates is die studiemateriaal vir
leergedeelte 1.2.
Hierdie leergedeelte gaan oor die volmaak
mededingende model van die ekonomie.
Wanneer jy eers weet hoe die ekonomie
veronderstel is om te werk volgens die
teorie, kan die mislukking van die mark en
die rol van die owerheid in die ekonomie
teen daardie agtergrond bespreek word.
3. Uitkomste
Na voltooiing van hierdie leergedeelte
behoort jy instaat te wees om:
Die aannames van die volmaak mededingende model te noem.
Ekonomiese effektiwiteit te omskryf.
Die voorwaardes vir effektiewe allokasie (algemene ewewig) in
die twee-sektor model te verduidelik, ook met behulp van
grafieke.
Te verduidelik wat is tegniese effektiwiteit en dit grafies voorstel.
Verduidelik waarom die mark misluk wanneer daar ‘n tekort aan
inligting, sloerings, onvolledige markte, nie-mededingende
markte of makro-onstabiliteit in die ekonomie voorkom.
Die drie breë funksies van die owerheid in die ekonomie te
onderskei.
Te onderskei tussen direkte en indirekte owerheidsinmenging in
die ekonomie.
4. Die volmaak-mededingende model
Effektiewe allokasie:
Wat is dit…
Daar is 3 vereistes / voorwaardes vir effektiewe
allokasie om plaas te vind in die basiese model.
1. Pareto-optimale produksie:
Wanneer is produksie Pareto-optimaal?
In terme van die model…
MRTSXLK = w/r = MRTSYLK
Verduidelik met figure: die
produksiemoontlikheidskromme.
MRTXY = MCX/MCY = PX/PY
5. Die volmaak-mededingende model
2. Pareto-optimale verbruik
Wanneer is verbruik Pareto-optimaal?
In terme van die model…
MRSaXY = PX/PY = MRSbXY
Verduidelik met figure: weer die
produksiemoontlikheidskromme.
3. Produsente en verbruikers moet gelyktydig in
ewewig wees
Dit beteken dat MRTXY = MCX/MCY = PX/PY = MRSaXY =
MRSbXY
6. Tegniese effektiwiteit
Wat is tegniese effektiwiteit?
Figuur 2.5: produksie is tegnies effektief by punt
S.
Dit kan wees dat produksie nie tegnies effektief
is nie:
Soos by punt R.
Moontlike redes daarvoor…
7. Ekonomiese groei
Ekonomiese effektiwiteit word dinamies
gedefinieer i.t.v. toenames in die hoeveelheid of
produktiwiteit van produksiefaktore.
Dit is ekonomiese groei.
Dit word geïllustreer met ‘n regswaartse
verskuiwing van die
produksiemoontlikheidskromme.
Bronne van groei…
8. Markmislukking
Wanneer “misluk” die mark?
Gevalle van markmislukking:
Tekort aan inligting.
Sloerings.
Onvolledige markte.
Nie-mededingende markte.
Makro-ekonomiese onstabiliteit.
Ongelyke inkomsteverdeling
9. Allokasiefunksie van die owerheid
Wanneer markmislukking die allokasie van
hulpbronne versteur gee dit aan die
owerheid ‘n rol:
Die geval van onvolledige markte:
Suiwer openbare goedere…
Gemengde goedere…
Eksternaliteite…
Die geval van nie-mededingende markte:
Kunsmatige monopolie…
Natuurlike monopolie…
10. Verdelingsfunksie van die owerheid
As die gemeenskap ‘n meer gelyke verdeling
verkies moet die owerheid ingryp.
Wat die owerheid kan doen…
Die (her-)verdelingsrol is problematies…
11. Stabilisasie funksie van die owerheid
Markmislukking op ‘n makro-vlak…
Stabilisasiefunksie omvat die owerheid se
makro-ekonomiese doelwitte:
ekonomiese groei,
volle indiensname,
prysstabiliteit, en
‘n volhoubare betalingsbalans.
12. Direkte en indirekte inmenging
Direkte inmenging:
Belasting,
Lenings in finansiële markte,
Besteding…
Indirekte inmenging:
Reguleringsfunksie…
Waarom die onderskeid belangrik is…
13. Owerheidsmislukking
Die owerheid kan ook misluk om effektiewe en
gelyke hulpbron allokasie te verseker.
Uit die aard van markmislukking...
Uit die aard van die owerheid…
14. Toets jou kennis
Verduidelik of die mark in die volgende gevalle
die gemeenskap se skaars hulpbronne effektief
sal toedeel of nie. Indien jy aanvoer dat die
mark sal misluk, stel watter vorm van
owerheidsinmenging toepaslik sal wees.
2) ‘n Nuwe reeks ontwerpersklere vir stylvolle studente.
3) ‘n Nuwe beleidskursus in die Skool vir Ekonomie.
4) Slaap oor joolnaweek - vir mense wat in die Heilige
Akker buurt bly.
5) Inligting oor hoeveel kalorieë daar in SS chips is.