Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Gansbaai Courant - VFR Relaunched at Gansbaai SAPS
1. Klein– en groothandel
verkope van vars vis,
vis produkte, kreef,
perlemoen, aas en
droë vis.
Tel No: 028 384 0704
Na ure: 082 7800 986
You’re Welcome
Tel:
(028) 384 0001
View our specials at
www.gansbaai.com/ok-foods
Maan - Do 08:00 - 19:00
Vrydag 08:00 - 20:00
Saterdag 08:00 - 19:00
Sondag 08:00 - 15:00
Winkel ure
BOLANDM A K EL A A R S /B R O K ER S
Hoofstraat 25 Gansbaai
GESTIG 1985
KORTTERMYN
VERSEKERING
028-3840800
028-3840468
Sel: 083 3100 888
Sel: 082 897 0116
Gemagtigde Diensverskaffer nr 14524
028-384 0800
072 6366 328
Foto links: Trauma slagoffers, Elisha Wessels (links) en Eleanore Baartman steek kersies aan vir slagoffers van geweld.
Foto regs: Vlnr: Lucille Mangiagalli, Kapt Danie Rautenbach (Gansbaai Stasiebevelvoerder), Shawn Koen ("Business Against
Crime"), Morkel van Niekerk (Superspar), Kol P Cetyana (Hermanus Streek Bevelvoerder) en Lt Kol Paulse (Provinsiale SAPS
Slagoffer Bemagtigings Program Koördineerder).
2. (Van bl. 1)
Die trauma fasiliteit by die SAPD is Dinsdag herloods as
die Slagoffer Vriendelike Fasiliteit ("Victim Friendly
Facility").
Al die trauma fasiliteite in die Overberg is uniform
gehermeubileer en word op dieselfde wyse geadministreer.
Die Spar-groep is landswyd as borg saam met "Business
Against Crime" betrokke. Tydens die geleentheid het Morkel
van Niekerk van Gansbaai Superspar gesê dat die Spar-groep
met die opgradering en inrig van traumakamers by die
polisiestasies in Suid-Afrika hul toewyding bevestig om Suid-
Afrika 'n beter plek vir almal te maak. "Ons as Spar voel veral
sterk oor geweld teen kinders en vroue wat die meeste geraak
word deur geweld in en om ons wonings. Hulle is ook die
kwesbaarste en kan hulself nie altyd verdedig nie. Daarom
moet ons almal saamstaan om vrouens en kinders te
beskerm," het Van Niekerk gesê.
Lucille Mangiagalli, voorsitter van die Overberg
Gemeenskaps Polisiërings Forum, is reeds die afgelope 10
jaar aan die spits van die projek.
"'n Wendyhuis is in 2003 hier afgelaai met die opdrag dat dit
binne 4 weke in gebruik moes wees. Ek en Adj Off Wynand
le Roux was hande in die hare, maar Chris Basson het na vore
getree en binne 'n paar dae die wendyhuis uitgepaneel, geverf
en verder ingerig. Toe ons op aanvraag die faktuur vir sy werk
ontvang, was daar geen bedrag nie, net die woorde: "Met
liefde," het Lucille gesê.
Die Hermanus Streekbevelvoerder, Kol P Cetyana, het daarop
gewys dat die projek nie moontlik sou wees sonder Spar se
reuse bydrae nie. "Ons het vennote nodig en kan glad nie die
diens lewer sonder toegewyde vrywilligers nie. Hulle
kundigheid, wat sielkundiges insluit, is van kardinale belang
en hul waarde moet nooit onderskat word nie. Dit is ook baie
belangrik dat gemeenskappe betrokke raak," het Cetyana gesê.
Tydens die geleentheid het twee vroue wat in Gansbaai
trauma ondersteuning gekry het hul ervaring met die
vergadering gedeel. Elisha Wessels, wat 'n aantal jare gelede
deur inbrekers verkrag is terwyl sy haar dogtertjie teen haar
bors vasgedruk het, het haar dankbaarheid uitgespreek oor die
hulp wat sy daarna ontvang het. "Die vrywilligers het dadelik
gekom om my te ondersteun en ek weet God het hulle oor my
pad gestuur. Ek is deur 'n lang pad van trauma en het myself
verwyt en sekere dinge nie reg hanteer nie. Ek kon myself nie
kry om respek vir myself te kry nie en het selfs vir God
verwyt. Daar was 'n groot leemte in my. Tydens een nag van
wroeging het ek egter 'n boodskap van my sussie gekry: 'Die
Here het daardie aand elke traan saam met jou gehuil.' Dit het
vir my genesing gebring en die volgende Sondag is ek saam
met 'n vriend kerk toe," het Elisha gesê.
Eleanore Baartman, wat tydens 'n gewapende rooftog by die
Engen Garage by die petrolpompe aan diens was, het vertel
hoe sy ervaar het dat haar menswees en beheer oor haar eie
lewe van haar ontneem is. Die ondersteuning wat sy egter
daarna ontvang het, het haar gehelp om dit te verwerk.
Die verrigtinge is geopen deur Ds Dennis Naidoo wat namens
die Gansbaai Fraternal die kerke se steun aan die projek en die
bewusmaking van die probleem van geweld teenoor vroue en
kinders in hul gemeentes beloof het.
Francois de Jongh
2 Gansbaai Courant - Eerste met die nuus! 28 November 2013
Verhuring van:
Soliede Scaffolding & hoë-
kwaliteit bouers-masjiene
soos konkreetmengers,
kompakteermasjien,
kragopwekkers, "grinders",
"jackhammers", poker, ens.
Industriesingel, Industriële Gebied. Gansbaai
Fanie Bothma Tel/Faks; (028) 384 0189 / Sel: 083 296 2676
Hoëdruk
spuit
Vir skoonmaak
van dakke en
mure
Kersete 25 Desember
Volwassenes : R130 pp
Kinders onder 12 jaar : R65 pp
Besprekings is noodsaaklik
MENU
Lamsvleispastei + Gammon
Oondgebraaide Hoender
Gebakte Aartappels
Soet Patats + Rys
Roerbraai Groente
Nagereg : Koekstruif
31 Desember
Oujaarsete: Spitbraai (skaapboude) + Brood + 3 Slaaie
Volwassenes : R130 pp Besprekings noodsaaklik
KONTAK SARIKIE:071 554 1234
www.panoramafarm.co.za
Kom luister gerus na
die gospel sanger,
Piet Smit
in die NGK Gansbaai
ten bate van die
Pearly Beach NGK
se stoepfonds.
Vrydag 13 Desember
om 19:30
Volwassenes R80
Kinders -16 R40
Kaartjies: OK Foods,
Kerkkantoor, Gansbaai
Apteek of skakel Petrus
by 0825645259