Die gebruik van tabak is die enkele mees voorkombare oorsaak van siektes wat baie kankers en nie-oordraagbare siektes insluit, so waarom maak ons nie met die hulp en bystand van KANSA, elke dag ‘n Wêreld-Tabakvryedag nie?
Tabak bevat nikotien, ‘n gevaarlike en hoogs verslawende stof. Die meeste tabakprodukte verskaf nikotien baie effektief aan die brein wat die vinnige aanvang en voortdurende verslawing daaraan veroorsaak. Hierdie verslawing lei tot die ongelukkige situasie waarin ‘n andersins gemotiveerde en kundige persoon, wat die risiko en gevaar van tabak verstaan, voortgaan om dit te gebruik.
http://www.cansa.org.za/avoid-tobacco/