Sport 1523 Julie 2015
RAYNIQUE MEYER
O
p ’n middag so koud soos
net Potchefstroom kan
raak, ontmoet ek vir
Janneman Malan oor ’n koffie om
meer oor sy krieketloopbaan uit
te vind.
Vir ’n wankelende tafel wat
hinder beraam hy vinnig ’n
oplossing deur ’n paar pakkies
Hullets-suiker onder die
probleempoot te stop.
Malan het by vanjaar se KSA-
ontbytseremonie met die Coca-
Cola 0/19 Krieketspeler van die
Jaar-toekenning weggestap.
Weens ’n druk eksamenrooster
en persoonlike redes het Malan
eers sy fokus op akademie gerig
en het hy nie eerd die seremonie
in Johannesburg bygewoon nie.
“Ek is baie teleurgesteld
dat ek nie die geleentheid kon
bywoon nie, maar ek neem volle
verantwoordelikheid daarvoor,”
sê hy.	
“Ek het baie hard gewerk om
die toekenning te kry, daarom
beteken dit baie vir my.”
Dié kranige kolwer glo dat jy
eers aan jou korttermyn doelwitte
moet skaaf op pad na die groter
prentjie. Vra jy hom of hy al ooit
vir ’n golden duck uitgehaal is,
antwoord hy tong in die kies “te
veel”.
“Dit is hoekom krieket so wreed
is.
Jy teken die een dag maklikJanneman Malan in aksie. FOTO: Getty Images
Jannemankán’nkolfswaai
NWU-Puk is KSA se 0/19-speler van die jaar
Koshuisrugby-punteleer
lopies aan en die ander dag nie,
so jy moet dit op ’n goeie dag
waardeer,”meen hy.
Malan glo dat diversiteit as ’n
belangrike trap op die suksesleer
vir ’n krieketspeler gesien kan
word en dis ook voordelig vir
enige span.
“Een van my doelwitte is om
my bydrae tot die span te probeer
vergroot.
Op die oomblik is ek besig om
aan my draaiboul-vaardighede te
werk.”
Dit is hoekom krieket so
wreed is.
Jy teken die een dag
maklik lopies aan en die
anderdagnie,sojymoet
ditop'ngoeiedagwaar-
deer
Dit is duidelik dat sy liefde vir
krieket al kleintyd ontstaan het
en hy het ’n lekker storie ook
daaroor te vertel.
“My pa Johan het die nuus aan
my twee ouer broers oorgedra dat
hul nog ’n kleinboet bygekry het
en dit op video vasgevang.
Toe hul dit hoor was hul baie
bly, want nou het die Malan-span
’n wicket keeper bygekry.”
Malan meen omdat hy in
’n omgewing vol liefde en
ondersteuning grootgeword het,
dit bygedra het daartoe dat hy
vandag steeds sy liefde vir die
sport kan uitleef.
“Ouers plaas gewoonlik druk op
hul kinders en dan geniet hul dit
nie, daarom is ek baie dankbaar
vir myne.
Hul het nooit druk op my gesit
nie en dit is seker hoekom ek
aangehou het.”
Janneman oefen tans saam met
die Noordwes Krieket-akademie
wat binnekort teen verskeie
spanne in die land kragte gaan
meet.
Dié belowende speler is ook
by die NWU-Puk se oefengroep
betrokke ter voorbereiding van
die krieketliga wat in September
afskop.

BLAD15 4444

  • 1.
    Sport 1523 Julie2015 RAYNIQUE MEYER O p ’n middag so koud soos net Potchefstroom kan raak, ontmoet ek vir Janneman Malan oor ’n koffie om meer oor sy krieketloopbaan uit te vind. Vir ’n wankelende tafel wat hinder beraam hy vinnig ’n oplossing deur ’n paar pakkies Hullets-suiker onder die probleempoot te stop. Malan het by vanjaar se KSA- ontbytseremonie met die Coca- Cola 0/19 Krieketspeler van die Jaar-toekenning weggestap. Weens ’n druk eksamenrooster en persoonlike redes het Malan eers sy fokus op akademie gerig en het hy nie eerd die seremonie in Johannesburg bygewoon nie. “Ek is baie teleurgesteld dat ek nie die geleentheid kon bywoon nie, maar ek neem volle verantwoordelikheid daarvoor,” sê hy. “Ek het baie hard gewerk om die toekenning te kry, daarom beteken dit baie vir my.” Dié kranige kolwer glo dat jy eers aan jou korttermyn doelwitte moet skaaf op pad na die groter prentjie. Vra jy hom of hy al ooit vir ’n golden duck uitgehaal is, antwoord hy tong in die kies “te veel”. “Dit is hoekom krieket so wreed is. Jy teken die een dag maklikJanneman Malan in aksie. FOTO: Getty Images Jannemankán’nkolfswaai NWU-Puk is KSA se 0/19-speler van die jaar Koshuisrugby-punteleer lopies aan en die ander dag nie, so jy moet dit op ’n goeie dag waardeer,”meen hy. Malan glo dat diversiteit as ’n belangrike trap op die suksesleer vir ’n krieketspeler gesien kan word en dis ook voordelig vir enige span. “Een van my doelwitte is om my bydrae tot die span te probeer vergroot. Op die oomblik is ek besig om aan my draaiboul-vaardighede te werk.” Dit is hoekom krieket so wreed is. Jy teken die een dag maklik lopies aan en die anderdagnie,sojymoet ditop'ngoeiedagwaar- deer Dit is duidelik dat sy liefde vir krieket al kleintyd ontstaan het en hy het ’n lekker storie ook daaroor te vertel. “My pa Johan het die nuus aan my twee ouer broers oorgedra dat hul nog ’n kleinboet bygekry het en dit op video vasgevang. Toe hul dit hoor was hul baie bly, want nou het die Malan-span ’n wicket keeper bygekry.” Malan meen omdat hy in ’n omgewing vol liefde en ondersteuning grootgeword het, dit bygedra het daartoe dat hy vandag steeds sy liefde vir die sport kan uitleef. “Ouers plaas gewoonlik druk op hul kinders en dan geniet hul dit nie, daarom is ek baie dankbaar vir myne. Hul het nooit druk op my gesit nie en dit is seker hoekom ek aangehou het.” Janneman oefen tans saam met die Noordwes Krieket-akademie wat binnekort teen verskeie spanne in die land kragte gaan meet. Dié belowende speler is ook by die NWU-Puk se oefengroep betrokke ter voorbereiding van die krieketliga wat in September afskop.