Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
12
1. Kontak: Raynique Meyer
083 875 3801
Sport
18 Februarie 2016
D
ie NWU-Pukke moes die
Fanie du Toit-sportgronde
Maandagaand met ’n bitter
smaak in hulle monde verlaat. Dít
na die buiteperd, die Universiteit
van Johannesburg (UJ), hulle met ’n
telling van 31 – 36 geklop het voor
die tuisspan se skare.
Die tuisspan kon voordeel trek
toe hulle vyf meter voor UJ se
doellyn ’n goeie dryfpoging aan die
gang gesit het. Met vinnige en wye
spel kon die NWU-Pukke se bos-
siekop, Lucian Cupido, eerste oor
die doellyn gly om die telling 7 – 0
in hulle voorsprong te maak. Rhyno
Smith se skopskoen het suksesvol
die vyfpunt-drie verdoel.
UJ se Divan Nel kon eers ná die
tweede poging pale toe die regte
naat vind om hulle agterstand na
7 – 3 te vernou.
Dié agterstand is deur die UJ-
kombinasie van Bradley Moolman
en Aphiwe Dyantyi gebreek toe
Dyantyi vir ’n negepunt-drie by
die Noordwesters se doellyn gaan
kuier het. Nel se skopskoen kon dit
verbreed deur nog twee punte by
te sit en 7 – 14 op die telbord te laat
verskyn.
’n UJ-speler is na dié skitterver-
toning koelkas toe gestuur om te
rus.
Smith het ’n geleentheid vir die
NWU-Pukke geskep toe sy skop-
skoen die bal tot vyf meter voor
die besoekers se doellyn gedryf
het. Ongelukkig het die tele-
visieskeidsregter dié poging nie
goedgekeur nie.
UJ en die NWU-Pukke het die
aggressie op die veld gehou toe
Ronald Brown ’n vuishou geswaai
Oranjemasjien oorrompel NWU-Puk
het. Hy is afgestuur en het gesorg
vir UJ se tweede geelkaart.
Die tuisspan se kaptein, Jeandre
Rudolph, kon kruip-kruip oor die
doellyn beweeg om die bal vir vyf
punte neer te sit. Smith kon nie die
skop verdoel nie en die NWU-Pukke
moes met ’n tweepunt-agterstand
van 12 – 14 tevrede wees.
Die besoekers het wéér by die
NWU-Pukke se vyfmeter-doellyn
gaan kuier, maar goeie verdediging
en Rhyno Smith se verligtingskop
kon die tuisspan uit hul gebied
help.
Die NWU-Pukke is kort daarna
gestraf en Nel kon nog ’n poging na
die pale suksesvol deurtrek om die
telling 12 – 17 te maak.
Dit het ná halftyd geblyk dat
die tuisspan ’n sterk lafenis en
spanpraatjie gehad het: Sylvian
Mahuza het vir die eerste keer in
die geskiedenis ’n negepunt-drie in
Potchefstroom gedruk. Hy het ook
die voortou geneem deur 17 – 23 op
die telbord te laat flikker.
Rudolph is kort daarna afgestuur
om die wedstryd vir 10 minute
vanaf die kantlyn te bekyk.
UJ kon het die 14-talgeleentheid
tot hul voordeel gebruik: Die NWU-
Pukke is nog ’n keer gestraf toe vyf
punte aan die besoekers gegee is.
RAYNIQUE MEYER
@RayniqueM
UJ was goed gewees
en het hulle kanse
beter gebruik en hulle
verdien krediet daar-
voor
UJ het die voortou met dié ekstra
punte geneem toe hulle ’n telling
van 23 – 24 behaal het.
Dyantyi het vir oulaas agter die
tuisspan se doellyn gaan kuier voor
hulle die pad terug na Johannes-
burg aangedurf het. Boonop kon
Nel se skopskoen die naat weer
suksesvol tref om die voorsprong na
23 – 33 te verbreed.
Dit was ná halftyd omtrent ’n
wipplank-speletjie, maar gelukkig
kon die NWU-Pukke se Wilmar Ar-
noldi vir nog ’n kliniese drie sorg en
die telbord na 28 – 33 laat oorslaan.
Smith se skopskoen het die tuis-
span aangehelp om ’n telling van 31
– 33 op die bord te verseker.
Die besoekers kon in die laaste
nege minute vir oulaas nog drie
punte by hulle oorwinning byvoeg
om met ’n eindtelling van 31 – 36
die pad terug aan te durf.
Rudolph het na afloop van die
kragmeting gesê: “Verloor is nooit
lekker nie en veral nie voor jou
tuisskare nie.
“UJ was goed gewees en het hulle
kanse beter gebruik en hulle ver-
dien krediet daarvoor,” het hy gesê.
Jonathan Mokuena, NWU-Pukke
se afrigter, het gesê dié span “het te
veel goed afgeforseer toe UJ hulle
onder druk geplaas het.
“Ons sal definitief meer gedul-
dig moet bly wanneer spanne ons
onder druk plaas,” het Mokuena
gesê.
Die NWU-Pukke het komende
Maandag die kans om terug te veg
wanneer hulle in die Moederstad
teen UK-Ikeys te staan kom.
FOTO: MARIO VAN DE WALL (SASPA)
FOTO: MARIO VAN DE WALL (SASPA)Jeandre Rudolph, kaptein van die NWU-Pukrugbyspan kruip oor die doellyn teen UJ.
UJ hou ’n oog oor NWU-Pukke.