Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
BLAD 14
1. Sport14 3 September 2015
Luiperds maak prooi van Arende
RAYNIQUE MEYER
Die Luiperds het die naweek
gewys hulle is ’n span om mee
rekening te hou toe hul die
SWD-Arende op Oliënpark in die
afskop van vanjaar se ABSA Cur-
riebeker se Eersteliga geklop het.
Dit was ’n naelskraap kragme-
ting wat die Luiperds uiteindelik
kon deurtrek met ’n finale telling
van 36-31.
Die Arende het vir die eerste
punte van die wedstryd gesorg
en Leighton Eksteen het ’n
strafskop suksesvol verdoel en
die telling 3-0 in die besoekers se
guns gemaak.
Die Luiperds se Rhyno Smit is
hierna met ’n geelkaart afge-
stuur weens ’n hoogvat op die
Arende se Martin du Toit.
’n Tweede strafskop is aan die
Arende toegestaan en Eksteen
kon die bal ’n tweede keer suk-
sesvol deur die pale laat trek om
die voorsprong na 6-0 te vergroot.
Die Potchefstromers se pak
voorspelers het hierna mo-
mentum gekry en met ’n goeie
dryfpoging kon die kaptein Juan
Language die bal agter die kalk-
lyn gaan druk.
Adriaan Engelbrecht kon egter
nie die pale vind nie en die Lui-
perds moes met ’n agterstand van
5-6 tevrede wees.
John-Roy Jenkinson het vir die
Luiperds se tweede drie van die
kragmeting gesorg en Engel-
brecht se skopskoen het die naat
van die rugbybal goed getref om
die telling 12-6 in die guns van
die Luiperds om te swaai.
Die Arende se Grant le Roux
het egter agter die doellyn gaan
kuier en Eksteen het die drie ver-
doel om die manne van George ’n
voorsprong van 13-12 te gee.
Smit het hierna ’n skitterende
skepskop deur die pale laat trek
en kon sodoende die Luiperds
weer met ’n telling van 15-13 laat
voorloop.
Kort daarna het Eksteen egter
weer ’n strafskop-geleentheid
gekry en dit suksesvol benut om
die halftydtelling weer 16-15 in
die guns van die besoekers om te
skakel.
Die Arende se flank Khan
Wayne het sy span ná halftyd
tydelik met 14 spelers op die veld
gelos toe hy met ’n geelkaart
afgestuur is.
Jenkinson het ’n tweede keer
vir die Luiperds oor die doellyn
geduik en Engelbrecht het die
drie suksesvol verdoel om die
telling 22-16 in die guns van die
Luiperds te maak.
Language en Engelbrecht
het die Luiperds se voorsprong
verder vergroot en met die
telbord op 29-16 het die Arende se
Eksteen weer ’n strafskop deur
die pale gejaag om sy sapn se
agterstand na 29-19 te vernou.
Language het sy derde drie vir
die Luiperds aangeteken, maar
die Arende het nie laat slaplê nie
en die kombinasie van die heel-
agter se spoed en afronding deur
Charles Radebe het vir ’n telling
van 36-26 gesorg.
Goeie, wye aanvallende spel
het Clinton Wagman oor die
doellyn laat gly en Wagman kon
die Arende se agterstand vernou,
maar dit was ongelukkig nie
genoeg om die besoekers te laat
seëvier nie.
Loftus Morrison (links) in aksie tydens Saterdag se wedstryd. FOTO: Indrépido Photography
Kasteel and Thaba-Jäh crowned as soccer champions
The victorious soccer team of Kasteel celebrate with their coaches. Themba Vana, captain of Thaba-Jäh, receives the winning trophy.
PHOTOS: Alta Grundlingh