SlideShare a Scribd company logo
1 of 2
Download to read offline
VAN WYK’S SE NUUS Maart 2016
Radical DTS Outreach
Van Wyk’s
se nuus
Maart 2016
Epos: aavanwyk@gmail.com
IN HIERDIE NUUSBRIEF
Die Radical DTS 2015/2016
sê totsiens
Die afgelope week was die einde
van ‘n wonderlike 6 maande, nie net
vir die studente, maar ook vir ons as
personeel.
Verlede week het ons ‘n tydjie
afgestaan aan ‘n terugblik op beide
die “lecture phase”, maar ook die
“outreach”. Die terugvoer was
wonderlik en vir ons as personeel net
‘n wonderlike motivering. Ons weet
dat ons in die jongmense se lewens
ingesaai het en dat waar ook God
hulle gaan “plant” in die toekoms
dat hulle ‘n impak en verskil sal
maak.
Soms staar mense hulself blind teen
die gedagte dat YWAM sendelinge
oplei, maar in der waarheid is dit
veel groter. Die hart van DTS is, om
jongmense te “champion” om
gemeenskappe te verander waar
ook al God hulle wil gebruik. So vir
die wat teruggaan om te studeer of
te werk weet ons dit met ‘n nuwe
bybelse beskouing van dinge is.
Hulle waarde stelsel is anders, nie
gebou wêreldse dinge nie, maar op
dit wat werklik van waarde is.
(Kol 3:1)
In die volgende foto oorhandig ek
Pascal ( Van Switzerland) se
sertifikaat aan hom tydens ons
afsluitings funksie. Hy het soos ‘n
seun vir my geword en dit was vir
my wonderlik om deel van sy lewe
te kon wees.
Die Radical DTS sê totsiens
Die einde van amper 6 maande het
aangebreek. Ons dank Jesus vir die tyd
wat ons saam met het die jongmense
gehad het en die geleentheid om hulle
lewens te belê.
YWAM
Worcester’s se span in Duitsland
en verdere beplanning
Annemarie en die Engelse Taalskool.
YWAM Worcester
Gateway to Africa and the World.
Die afsluitingfunksie was soos ‘n groot
familie ete. Die aand het die basis vir
die span gebid en uitgestuur soos
Jesus sy dissipels uitgestuur het.
Natuurlik was die finale groet maar
moeilik en nie sonder trane nie.
Dankie vir elkeen van julle wat ook
saam met ons gebid het tydens
hierdie reis. Weet dat jou gebede
die wêreld verander het en die
impak strek ver buite die grense
van ons land.
Engelse Taalskool (ELS)
Ek het in die vorige nuusbrief vertel
van Annemarie se huidige “level 1”
klas in die Engelse Taalskool . Hier
is ‘n foto van die klas. Met baie
handgebare en stadig praat leer
almal goed saam.
Die hele groep het ook so twee
weke terug ‘n uitstappie gehad en
hulself by die rivier geniet.
YWAM Worcester help met vlugtelinge in Duitsland.
Soos ek in die vorige nuusbrief genoem het, het die Here die afgelope tyd
nie net met my en Annemarie begin praat oor Duitsland en Berlin nie, maar
ook met die base. Daar was alreeds in die afgelope maand van ons
personeel in Duitsland om ook die YWAM Berlin basis te gaan help en
ondersteun. Soos ek voorheen genoem het was dit net ongelooflik om te
sien hoe die Here met verskillende persone op ons basis oor Duitsland
gepraat het sonder dat ons dit geweet het of met mekaar gedeel het. ‘n
Persoon uit Duitsland het ‘n paar weke gelede kom gesels op die basis en
versoek dat ons met kort uitreike sou kon kom help met die vlugtelinge in
Duitsland en hulle ook so by te staan met die groot druk van vlugtelinge wat
instroom. Ek beplan om self ook‘n paar weke te gaan help. Ons weet die
Here het Duitsland op hart gelê, maar op die stadium weet ons nie presies
hoe dit moet lyk nie. Die basis hoop om later die jaar nog spanne te stuur en
dalk meer in die toekoms YWAM Duitsland te ondersteun.
Ons het ook besluit om vir ons as gesin persoonlik ‘n fonds op die been te
bring om ook so uitreik moontlik te kan maak. Al is dit aanvanklik net vir my
om dalk saam met een van ons spanne Berlin te besoek en so te help met
die groot uitdaging. Duitsland voorsien goed vir die mense op ‘n fisiese vlak,
maar daar is ‘n groot geestelike en emosionele nood. Behalwe vir ons
gebedsondersteuning het ons ook ‘n gemeente in Duitsland wat saam met
ons as gesin bid. Bid asseblief saam met ons as gesin hiervoor en as die
Here op jou hart lê om ook meer by hierdie projek betrokke te raak, dan is jy
baie welkom om met my te skakel. Bid ook vir die basis om te weet hoe die
Here wil hê ons betrokkenheid moet lyk in die toekoms.
Die twee persone voor
is deel van YWAM
Worcester. Marvin
(regs agter) bly saam
met sy vrou (‘n
Duitser) in Duitsland.
Hulle kom ook van ons
basis af en albei is nou
voltyds in Berlin.
Baie gesinne moes
met bykans niks uit
lande soos Sirie vlug.
Vir meer inligting ten opsigte van YWAM Worcester se ongeveer 20 plaaslike bedieninge en die basis se
internationale betrokkenheid is jy welkom om die webblad www.ywamworcester.com te besoek.

More Related Content

Viewers also liked

Cn柴狗的惡夢
Cn柴狗的惡夢Cn柴狗的惡夢
Cn柴狗的惡夢
ICEO
 
Hitguj Marathi Bestseller On Superliving Dr. Shriniwas Kashalikar
Hitguj Marathi Bestseller On Superliving Dr. Shriniwas KashalikarHitguj Marathi Bestseller On Superliving Dr. Shriniwas Kashalikar
Hitguj Marathi Bestseller On Superliving Dr. Shriniwas Kashalikar
jogaikar
 

Viewers also liked (10)

Cn柴狗的惡夢
Cn柴狗的惡夢Cn柴狗的惡夢
Cn柴狗的惡夢
 
Lou's Projects
Lou's ProjectsLou's Projects
Lou's Projects
 
Estrategia empresarial
Estrategia empresarialEstrategia empresarial
Estrategia empresarial
 
Tarea 1
Tarea 1Tarea 1
Tarea 1
 
Rachel Wolfe Photography Features
Rachel Wolfe Photography FeaturesRachel Wolfe Photography Features
Rachel Wolfe Photography Features
 
Hitguj Marathi Bestseller On Superliving Dr. Shriniwas Kashalikar
Hitguj Marathi Bestseller On Superliving Dr. Shriniwas KashalikarHitguj Marathi Bestseller On Superliving Dr. Shriniwas Kashalikar
Hitguj Marathi Bestseller On Superliving Dr. Shriniwas Kashalikar
 
테스트3
테스트3테스트3
테스트3
 
Carl Sandburg / Discovery Community School going GREEN
Carl Sandburg / Discovery Community School going GREENCarl Sandburg / Discovery Community School going GREEN
Carl Sandburg / Discovery Community School going GREEN
 
Fashion central international april issue 2016
Fashion central international april issue 2016Fashion central international april issue 2016
Fashion central international april issue 2016
 
Sales PowerPoint PPT Content Modern Sample
Sales PowerPoint PPT Content Modern SampleSales PowerPoint PPT Content Modern Sample
Sales PowerPoint PPT Content Modern Sample
 

Nuusbrief Maart 2016

  • 1. VAN WYK’S SE NUUS Maart 2016 Radical DTS Outreach Van Wyk’s se nuus Maart 2016 Epos: aavanwyk@gmail.com IN HIERDIE NUUSBRIEF Die Radical DTS 2015/2016 sê totsiens Die afgelope week was die einde van ‘n wonderlike 6 maande, nie net vir die studente, maar ook vir ons as personeel. Verlede week het ons ‘n tydjie afgestaan aan ‘n terugblik op beide die “lecture phase”, maar ook die “outreach”. Die terugvoer was wonderlik en vir ons as personeel net ‘n wonderlike motivering. Ons weet dat ons in die jongmense se lewens ingesaai het en dat waar ook God hulle gaan “plant” in die toekoms dat hulle ‘n impak en verskil sal maak. Soms staar mense hulself blind teen die gedagte dat YWAM sendelinge oplei, maar in der waarheid is dit veel groter. Die hart van DTS is, om jongmense te “champion” om gemeenskappe te verander waar ook al God hulle wil gebruik. So vir die wat teruggaan om te studeer of te werk weet ons dit met ‘n nuwe bybelse beskouing van dinge is. Hulle waarde stelsel is anders, nie gebou wêreldse dinge nie, maar op dit wat werklik van waarde is. (Kol 3:1) In die volgende foto oorhandig ek Pascal ( Van Switzerland) se sertifikaat aan hom tydens ons afsluitings funksie. Hy het soos ‘n seun vir my geword en dit was vir my wonderlik om deel van sy lewe te kon wees. Die Radical DTS sê totsiens Die einde van amper 6 maande het aangebreek. Ons dank Jesus vir die tyd wat ons saam met het die jongmense gehad het en die geleentheid om hulle lewens te belê. YWAM Worcester’s se span in Duitsland en verdere beplanning Annemarie en die Engelse Taalskool. YWAM Worcester Gateway to Africa and the World. Die afsluitingfunksie was soos ‘n groot familie ete. Die aand het die basis vir die span gebid en uitgestuur soos Jesus sy dissipels uitgestuur het. Natuurlik was die finale groet maar moeilik en nie sonder trane nie. Dankie vir elkeen van julle wat ook saam met ons gebid het tydens hierdie reis. Weet dat jou gebede die wêreld verander het en die impak strek ver buite die grense van ons land.
  • 2. Engelse Taalskool (ELS) Ek het in die vorige nuusbrief vertel van Annemarie se huidige “level 1” klas in die Engelse Taalskool . Hier is ‘n foto van die klas. Met baie handgebare en stadig praat leer almal goed saam. Die hele groep het ook so twee weke terug ‘n uitstappie gehad en hulself by die rivier geniet. YWAM Worcester help met vlugtelinge in Duitsland. Soos ek in die vorige nuusbrief genoem het, het die Here die afgelope tyd nie net met my en Annemarie begin praat oor Duitsland en Berlin nie, maar ook met die base. Daar was alreeds in die afgelope maand van ons personeel in Duitsland om ook die YWAM Berlin basis te gaan help en ondersteun. Soos ek voorheen genoem het was dit net ongelooflik om te sien hoe die Here met verskillende persone op ons basis oor Duitsland gepraat het sonder dat ons dit geweet het of met mekaar gedeel het. ‘n Persoon uit Duitsland het ‘n paar weke gelede kom gesels op die basis en versoek dat ons met kort uitreike sou kon kom help met die vlugtelinge in Duitsland en hulle ook so by te staan met die groot druk van vlugtelinge wat instroom. Ek beplan om self ook‘n paar weke te gaan help. Ons weet die Here het Duitsland op hart gelê, maar op die stadium weet ons nie presies hoe dit moet lyk nie. Die basis hoop om later die jaar nog spanne te stuur en dalk meer in die toekoms YWAM Duitsland te ondersteun. Ons het ook besluit om vir ons as gesin persoonlik ‘n fonds op die been te bring om ook so uitreik moontlik te kan maak. Al is dit aanvanklik net vir my om dalk saam met een van ons spanne Berlin te besoek en so te help met die groot uitdaging. Duitsland voorsien goed vir die mense op ‘n fisiese vlak, maar daar is ‘n groot geestelike en emosionele nood. Behalwe vir ons gebedsondersteuning het ons ook ‘n gemeente in Duitsland wat saam met ons as gesin bid. Bid asseblief saam met ons as gesin hiervoor en as die Here op jou hart lê om ook meer by hierdie projek betrokke te raak, dan is jy baie welkom om met my te skakel. Bid ook vir die basis om te weet hoe die Here wil hê ons betrokkenheid moet lyk in die toekoms. Die twee persone voor is deel van YWAM Worcester. Marvin (regs agter) bly saam met sy vrou (‘n Duitser) in Duitsland. Hulle kom ook van ons basis af en albei is nou voltyds in Berlin. Baie gesinne moes met bykans niks uit lande soos Sirie vlug. Vir meer inligting ten opsigte van YWAM Worcester se ongeveer 20 plaaslike bedieninge en die basis se internationale betrokkenheid is jy welkom om die webblad www.ywamworcester.com te besoek.