Kyk in mense se oë.
Sien hoe donker dit is in sommige mense se oë. Pikdonker.
Lees verder by http://fraga.co.za/store/products/jesus-en-jy/
Geen stromende lewende water nie. Nie van daardie tipe oë wat jou blymaak om dit weer te sien nie.
Ander oë hang weer op die grond van verdriet.
Ander oë is verslae deur die emosionele aftakeling van hulle vrouens. Ander oë is verslae deur die verbale mishandeling van hulle mans. Vraende oë. Beskuldigende oë wat jou vra: “ Doen jy dit ook aan andere?”
En oë wat as hulle nie dieselfde vernietigende eienskappe by jou waarneem nie, steeds ongelowig en sonder hoop bly, en dink : “Jy doen dit seker maar waar niemand jou sien nie.”
Ander oë wat smeek : “Help my!”
As jy iemand is met verdrietige oë, of as jy iemand is wat andere wil help met die verdriet in hul oë, is die stuk werk vir jou bedoel.
Hieronder volg ‘n klomp goed wat jou vertel hoe lief Jesus jou het. Dit vertel vir jou hoe noukeurig jy aanmekaar gesit was nog voordat enige iets in die skepping deur Hom geskep was.
Die doel daarvan is jou te laat verstaan hoe lief die God van die heelal vir jou het. En dan miskien, net miskien, sit ek en Jesus ‘n glimlag jou gesig; en daarmee saam die lig wat die hele aarde verlig; terug in jou oë.
Ek hou daarvan om op my lewenspad die gode van die plato’s weer en weer te sien en mee te gesels. Dit is daardie mense wat deur Jesus as Sy beelddraers opgerig is, en uitstaan bo die landskap soos gode.
Dit is daardie mense wat die lewensberge oorwin het, en uitgeklim het saam met Jesus, en nou bo-op die berge se gelyk deel sonder struikelblokke sit in noue gemeenskap met Jesus.
Dit is daardie mense wat soos sterre skitter van vêr af, en by wie almal wat daar verbykom, voel en beleef : hièr is iemand wat my liefhet soos Jesus.
Dit is daardie mense waar daar ‘n oorweldigende lig uit hul oë en wese skyn.
Ek hoop Jesus doen dit ook vir jou: Rig jou op as ‘n platogod.
As jy eers weet hoe noukeurig Hy jou aanmekaar gesit het, en hoeveel goddelike eienskappe Hy in jou ingebou het, sal jy nie anders kan as om jouself anders te sien nie, en ook te begin skitter.
Skitter van binne af.
1. This book is available from – www.neo-genocide.com
2. Jesus en Jy
Menige kere sien ‘n mens ‘n ander persoon met sulke troostelose en hartseer oë, dat die pyn
tot diep n jou eie siel indring.
En dan wonder jy, is daar niks of niemand wat hierdie persoon kan troos nie?
Is daar niks of niemand wat hierdie persoon kan vertel hy of sy is oulik, of pragtig, of spesiaal
nie?
Is daar niks of niemand wat vir hierdie mensie kan vertel hoe spesiaal God hom of haar
aanmekaar gesit het nie?
En op so n kerkkamp, by Wallmansthal, genaamd Eksderde Kamp, het die stukkende en
hartseer verhale my so getref, dat ek besluit het om al die mooi dinge en name wat Jesus ons
noem, in n boekvorm beskikbaar te stel.
Die doel hiervan is, dat as jy dit lees, jy sal sien hoe sorgvuldig God jou aanmekaar gesit het;
hoe Hy jou sien, hoe spesiaal jy is, dat God jou selfs die kroonjuweel noem wat Hy dra as
Skepper.
God noem selfs dat die wat in Hom glo, nie deur die wil van ‘n man, of deur die normale gang
van die lewe tot stand gekom het, en gebore is nie, maar deur die wil van God.
This book is available from – www.neo-genocide.com
3. Verder reken God dat jy uit dieselfde saad, (spermah in Grieks) as Jesus afkomstig is, waarvan
Jesus Christus die eerste was.
Die boek is geskryf, sodat nadat jy dit gelees het, in die spieël moet kyk en vir altyd besef hoe
spesiaal jy vir God is. Jy moet net die mooi dinge weer n keer lees as jou selfbeeld n bietjie af is,
of as jy nie goed voel oor jouself nie.
Daarna kan jy as berader, of as vriend ook die kennis in die boek vat, en dit vir ander mense met
donker in hulle oë, en seer in die harte gaan meedeel.
Hoop jy geniet dit net soveel soos ek, om te weet hoe spesiaal God jou beskou !
Kom ons kyk net hoe God een van die menige eienskappe in jou beskryf, naamlik die lig wat in
jou oë is en die lig wat uit jou skyn :
Die lig in jou
Die wêreld was donker in die begin. Daar het toe ‘n lig ingekom wat die hele wêreld en al die
duisternis verlig het. Die lig staan bekend in Grieks as die ‘fosay’. Dit is ‘n allesverhelderende lig
wat alle duisternis verlig. Daardie lig was Jesus. Dit is ‘n lig wat van binne af skyn en alles
verhelder. Dit is ook die lig wat in mense is wat die Heilige Gees het.
As jy ‘n kind van God is, en jy het Jesus in jou, skyn daar ‘n verblindende onoortreflike lig uit jou
uit. Toe die Wet van Moses, wat doodmaak, na die mense toe gekom het, het dit met soveel
This book is available from – www.neo-genocide.com
4. heerlikheid gekom dat Moses sy gesig vir Israeliete moes verberg. Met hoeveel heerlikheid en
lig kom iemand nie wat met die lewemakende Gees na die mensdom toe kom nie ?
Dit is lig wat met soveel intensiteit skyn dat dit die persoon wat onverwags daarop afkom, sal
doodmaak.
Dit is diè lig wat in jou is.
G5457
φῶς
phōs
foce
(From an obsoleteφάω phaō (to shine or make manifest, especially by rays; compare G5316 and
G5346); luminousness (in the widest application, natural or artificial, abstract or concrete, literal
or figurative): - fire, light.)
Die lig in jou word van gepraat as van die lig self, soos in Matt 17:2 wat lees : “Daar het sy
voorkoms voor hulle oë verander : sy gesig het begin straal soos die son, en sy klere het wit
geword soos die lig.”
Daar word ook van die lig gepraat as die lig wat uit ‘n liggewende voorwerp uitkom soos die
lampe, en die son en ook daglig.(Matt 10 : 27)
Daar word ook van die lig gepraat as die ontoeganklike lig wat die troon van God omring
waarbinne Hy bly. (2 Tim 6 : 16) Dit is ook die lig wat Jesus omring in Sy verskynings na Sy
hemelvaart. (Hand 9 : 3) Dit is ook die lig wat engele omring. (Hand 12:7) Verder is die lig wat
vir gelowiges wag in die ryk van die lig (Kol 1 : 12 )
This book is available from – www.neo-genocide.com
5. Dit is ook ‘n skitterende lig, ‘n lamp of ‘n vuur.
Dit is ook die lig van die hemelliggame soos die son, maan en sterre waarvan God figuurlik die
vader genoem word.
Verder is dit figuurlik die morele en geestelike lig en kennis wat die verstand, siel en gewete
verlig, en sluit in die idee van morele goedheid, morele suiwerheid en heiligheid en die
gevolglike beloning en geluk.
Algemeen word gepraat van die foce as die ware kennis van God en geestelike dinge en
Christelike piëteit soos in (Matt 4 : 16; Joh 3 : 19; Joh 8 :12; Hand 26 : 18, 23; Rom 13 : 12; 2 Kor
6 : 14; Ef 5 : 8; 1 Pet 2 : 9; 1Joh 1 : 7; 1Joh2:8 )
Daarom word daar van die kinders van God gepraat as die kinders van die lig, of die seuns van
die lig (Luk 16:8; Joh12:36; Ef5:8; 1Tes5:5)
Daar word van die lig gepraat as dit in die lewe en die leer van iemand teenwoordig is soos in
Matt 5:14 -16.
Jesus sê vir ons dat ons is die lig vir die wêreld, en ons moet ons lig so laat skyn dat die wêreld
ons goeie werke kan sien en dat Hy ons Vader wat in die hemel, verheerlik.
Hierdie lig in jou is dus die ware kennis van God en geestelike dinge, en is die lig wat jou
verstand, jou gewete en jou siel verlig.
Dit is die lig wat die sluier van jou verstand af lig !
Pieter Oosthuizen.
This book is available from – www.neo-genocide.com