SlideShare a Scribd company logo
joutaalgenotHERFS2016INLIGTERLUIM
HERFS 2016
R29 (BTW ingesluit)
TAALGENOOT
skerpskerts!
46VANVAKANSIE
Met Campworld kan jy
52 vakansies per jaar hê
GET UP AND GO
www.campworld.co.za
• WIZZ 24
@
R5990
• VOOR & SYKANT
MUURSTUKKE
2400(w) x 2000(d) x 2000(h)
• WIZZ 26 @
R6690
2600(w) x 2400(d) x 2000(h)
DIE STATIGE GEMSBOK!
DIE STATIGE GEMSBOK!
DIE STATIGE GEMSBOK!
DIE STATIGE GEMSBOK!
DIE STATIGE GEMSBOK!
DIE STATIGE GEMSBOK!
Striki
of the Ge
DIE STATIGE GEMSBOK!
Striking featu
of the Gemsbok!
DIE KGALAGADI
BOTSWANA | GPS KoÖrdinate: S 26º28’26”, O 20º36’48”
ONS BIED AAN DIE HOWLING MOON WIZZ TENT In
Beskikbaarheid van voorraad mag verskil
tussen Campworld handelaars.
HOOR MY BRUL!
HOOR MY BRUL!
HOOR MY BRUL!
HOOR MY BRUL!
4	 Taalgenoot | herfs 2016
VOORGROND
7	Redakteursbrief
	Ligtelik
8	 Penorent & OppiWEB
	 Bly op hoogte met die ATKV!
10	 Taalwag
	 Voertsek in Afrikaans!
11	 Hemelbesem
	 Laat dit juig
12	 Harry Kalmer
	 4x4’s en potgooie
13	 Oppirak
	 Die beste boeke en musiek vir
	 jou lees- en luistergenot!
28	 Luna Paige
	 Luna se nuwe deuntjie
30	 Shoki Mokgapa
	 Aktrise met ’n groot hart
34	 Crescendo
	Liedjiedrome
38	 Zac Yacoob
	 Hy kies hoop, jy sien...
42	 Humor
	 Humor in ’n smeltkroes
46	 Voorblad
	 Lank lewe die laggewer!
50	 Lig uit kuns
	 Laat daar lig wees
TAAL
58	 Resensies
	 As die resensent gemeet word
ONDERWYS
62	 Onderwys
	 Dís mos kinderspeletjies
66	 Storievertelklubs
	 Waar storievertellers en- luisteraars ontmoet
GEMEENSKAPPE
70	 Rieldans
	 Tien jaar van stoftrap!
74	 Sybokhaar
	 Wins in dié wolhaarstorie
78	 Fotostorie
	 Foto’s wat dieper kyk
84	 Woordpret
	Blokkiesraaisel
85	 Koos Kombuis
	 Afrikaners was plesierig
ATKV-NUUS
88	Standpunt
	 Hulle ken die resep
89	 Projekte
	 Jeugleiers kry koers
94	 Onderwys
	 Vooruitgang vir gemeenskappe
98	 Taal	
	 Junior olimpiade-wenners
100	 Oorde
	 Pad na Drakensville weer oop
102	 VVA
	 Ligte harte
104	 LAPA
	 Ons soek ’n ware ridder
106	 Taknuus
	 Ons takke woeker met Afrikaans
111	 Ledesake
	 Ontmoet Oom Andrew
114	 Siel
	 Terug na die tafel
	
Inhoud
4	 Taalgenoot | herfs 2016
VOORGROND
7	Redakteursbrief
	Ligtelik
8	 Penorent & OppiWEB
	 Bly op hoogte met die ATKV!
10	 Taalwag
	 Voertsek in Afrikaans!
11	 Hemelbesem
	 Laat dit juig
12	 Harry Kalmer
	 4x4’s en potgooie
13	 Oppirak
	 Die beste boeke en musiek vir
	 jou lees- en luistergenot!
28	 Luna Paige
	 Luna se nuwe deuntjie
30	 Shoki Mokgapa
	 Aktrise met ’n groot hart
34	 Crescendo
	Liedjiedrome
38	 Zac Yacoob
	 Hy kies hoop, jy sien...
42	 Humor
	 Humor in ’n smeltkroes
46	 Voorblad
	 Lank lewe die laggewer!
50	 Lig uit kuns
	 Laat daar lig wees
TAAL
58	 Resensies
	 As die resensent gemeet word
ONDERWYS
62	 Onderwys
	 Dís mos kinderspeletjies
66	 Storievertelklubs
	 Waar storievertellers en- luisteraars ontmoet
GEMEENSKAPPE
70	 Rieldans
	 Tien jaar van stoftrap!
74	 Sybokhaar
	 Wins in dié wolhaarstorie
78	 Fotostorie
	 Foto’s wat dieper kyk
84	 Woordpret
	Blokkiesraaisel
85	 Koos Kombuis
	 Afrikaners was plesierig
ATKV-NUUS
88	Standpunt
	 Hulle ken die resep
89	 Projekte
	 Jeugleiers kry koers
94	 Onderwys
	 Vooruitgang vir gemeenskappe
98	 Taal	
	 Junior olimpiade-wenners
100	 Oorde
	 Pad na Drakensville weer oop
102	 VVA
	 Ligte harte
104	 LAPA
	 Ons soek ’n ware ridder
106	 Taknuus
	 Ons takke woeker met Afrikaans
111	 Ledesake
	 Ontmoet Oom Andrew
111	 Siel
	 Terug na die tafel
	
Inhoud
5herfs 2016 | taalgenoot
37
71 78
90 112
42 48
7
Ligtelik
V
ra my vriende: ek’s geen
sonskynsuster nie.
Ek vertrou nie
mense wat heeldag en aldag
opgewek is nie. Ek’s meer
soos ’n grimmige grys
wolk wat so nou en dan
baie sleepvoetend ’n silwer
randjie laat deurskemer.
Dus verstaan ek Koos
Kombuis se dilemma (bl. 85)
wanneer dit kom by die skryf van ’n
rubriek wat wentel rondom “in ligter
luim”.
Gelukkig, dan, dat “lig” en “ligter” ook
iets heel anders as bloot net humor kan
beteken.
Dit is vroegherfs terwyl ek dié rubriek
sit en skryf. Die oggendlig het ’n vakerige
gevoel en syfer langsamerhand deur die
gordyne. En die kleur: swaar, goue
stroop… Dit pas by die eerste paar
herfsblare wat nou opduik. Dit maak ’n
mens maar min lus vir opstaan.
Sondagmiddae se laatmiddaglig en
-klanke voel weer ver weg, asof ek onder
water rondswem en net veraf voëls hoor
sing en skadu’s sien kronkel.
Die versengende middagson wat steeds
soms in die herfs ’n verskyning maak,
verander hadidas weer in Egiptiese gode:
as jy mooi kyk, is elke veer ’n reënboog.
My bedlampie straal ’n warm, gelerige
lig uit: binne die kring daarvan, met boek
in die hand en kat ingesnuffel langs my sy,
voel ek geborge op ’n manier wat ek nooit
êrens anders beleef nie.
Ek is gelukkig dat ek die voorreg het
om al dié dinge te kan sien. Daar is
mense, soos Zak Yacoob (bl 38), wat ’n
heel ander lewenservaring het as
diegene van ons wat so
gewoond is aan sien dat ons
eintlik maar blind kon
wees.
Lig is belangrik in die
werk van mense soos
fotograaf Samantha
Reinders (bl 54), regisseur
Jozua Malherbe (bl 56) en
kunstenaar Naomi van Niekerk
(bl. 50).
In Sink maak Shoki Mokgapa se
karakter sin van ’n baie donker situasie…
En die ontlonting daarvan vind in die dun
ligstraal van ’n motor plaas, in die middel
van ’n donker, stormagtige nag (bl 30).
Op sy beurt gebruik Louis Botha die lig
en donker van swart-en-wit fotografie om
die ontroerende menslikheid van die
mense van Noordeinde in Prins Albert vas
te vang (bl 78).
Ek verkies lig bo lag. En dalk is dit wat
ons deurmekaar land ook kort: ’n bietjie
lig om die donkerte te verdryf. Minder
haat, meer liefde. Die lig van luister na
mekaar, om sodoende verstaan – en
kennis – aan te moedig.
Ons gaan met oogklappe deur die
wêreld, vasgevang in ons eie stories. Dalk
moet ons daai bedlampie se ligkring effe
wyer gooi, kyk wie ons kan intrek,
beïnvloed, heelmaak, anders as net onsself.
Selfs wanneer dinge wanhopig daarna
uitsien, en die mense wat teenoor jou
staan onverbiddelik voorkom. Want, soos
Leonard Cohen dit het, “There is a crack
in everything. That’s how the light gets
in.”
Donnay
TG word uitgegee deur die ATKV, Posbus 4586, Randburg
2125. Die menings uitgespreek in TG weerspieël nie
noodwendig die amptelike standpunt van die ATKV nie.
Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van
die redakteur elders gebruik word nie. Alle medewerkers,
fotograwe en kunstenaars doen afstand van hul outeursreg
sodra ’n bydrae in TG gepubliseer is. TG neem nie
aanspreeklikheid vir die taalkorrektheid of voorkeur van die
taal van adverteerders of advertensies nie. Die menings en
standpunte uitgespreek deur lesers, skrywers en kunstenaars
in TG is nie noodwendig die standpunt van die ATKV nie.
REDAKTEUR Donnay Torr
ASSISTENT-REDAKTEUR Johan Jack Smith
PRODUKSIEREDAKTEUR Martie Swart
UITLEGKUNSTENAAR Marelise Scholtz
TAALVERSORGING Marli Swanepoel,
Jacques Liebenberg en Marietjie du Plessis
INTEKENARE Lillian Meyer 011 919 9112 of
LillianM@atkv.org.za of Taalgenoot@atkv.org.za
BEMARKING & ADVERTENSIES
Brink Olivier: 072 842 1159, BrinkO@atkv.org.za
Johann Raath: 082 896 7197, woes@mweb.co.za
DRUKKERS Paarl Media Cape
VERSENDING Prestige Bulk Mailers
LAPA UITGEWERS
Posbus 123, Pretoria 0001
Tel.: 012 401 0700 • Faks: 012 401 0734
E-pos: lapa@lapa.co.za
OORDE
Buffelspoort
Die Oordbestuurder, Privaatsak X222, Mooinooi 0325
Tel.: 014 572 1000 • Faks: 014 572 1010
E-pos: buffelspoort@atkv.org.za
Drakensville
Die Oordbestuurder, Posbus 53, Jagersrust 3354
Tel.: 036 438 6287 • Faks: 036 438 6524
E-pos: drakensville@atkv.org.za
Eiland Spa
Tel: 015 386 8000 • Faks: 015 386 8032
E-pos: eilandspa@atkv.org.za
Goudini Spa
Die Oordbestuurder, Posbus 47, Rawsonvile 6845
Tel.: 023 349 8100 • Faks: 023 344 3158
E-pos: goudini@atkv.org.za
Hartenbos
Die Oordbestuurder, Posbus 3, Hartenbos 6520
Tel.: 044 601 7200/19/21 • Faks: 044 695 0770
E-pos: hartenbos@atkv.org.za
Klein-Kariba
Die Oordbestuurder, Posbus 150, Warmbad 0480
Tel.: 014 736 9800 • Faks: 014 736 3457
E-pos: kariba@atkv.org.za
Natalia
Die Oordbestuurder, Posbus 11, Winkelspruit 4145
Tel: 031 916 4545/6 • Faks: 031 916 2212
E-pos: natalia@atkv.org.za
TAALGENOOT
Vir redaksionele of advertensienavrae
Posbus 4586, Randburg 2125
Tel.: 011 919 9000 • Faks: 011 919 0208
Vrybelnommer: 0800 00 2209
E-pos:atkv@atkv.org.za
Webwerf: www.atkv.org.za
ATKV-HOOFKANTOOR
Vir adresveranderings of ledenavrae
Posbus 4586, Randburg 2125
Tel.: 011 919 9000 • Faks: 011 919 0205
Vrybelnommer: 0800 00 2209
E-pos: atkv@atkv.org.za
Webwerf: www.atkv.org.za
“DARKNESS CANNOT DRIVE OUT DARKNESS: ONLY
LIGHT CAN DO THAT. HATE CANNOT DRIVE OUT HATE:
ONLY LOVE CAN DO THAT.”
– MARTIN LUTHER KING JR.
8 taalgenoot | winter 2015
Penorent
Hartenbos
is heerlik!
Die ATKV Hartenbos-woonwapark is ’n oord wat ons
weer en weer sal besoek. Ons kon teen die see staan en
elke oggend sesuur op die strand gaan stap, ons
strekoefeninge doen en by verskillende kampeerders
koffie en beskuit geniet.
Nou vra ons vriende vir ons wat is so lekker aan
kamp? Kyk, kampeerders is gesonde en spontane mense
en met elke besoek aan ’n kampoord word jou
vriendekring groter en groter. Ons verruil ons wielehuis
vir geen luukse lodge, hotel of ander verblyf nie. Kamp
sal ons kamp tot ons eendag die wêreld moet groet!
By Hartenbos is die ablusie- en opwasgeriewe in ’n
uiters goeie toestand, daar is genoeg storte en alles is
skitterblink. Die kantoorpersoneel, skoonmakers en
terreinwerkers is almal uitstekend opgelei. Verder is daar
wasmasjiene, tuimeldroërs en selfs strykplanke. Die
badkamers is ook baie vrou-vriendelik. Jy kan jou hare
droogblaas en jou gesig inkleur voor pragtige spieëls –
selfs die fynbesnaarde dames kon nie uitgepraat raak oor
die geriewe nie.
– Nols Schoeman
Brief verkort – Red.
MY TAAL
Van agter kaktus en boegoebessies vaar ek uit, “Blok jou!”
In my kinderkrakerige stemmetjie adresseer ek ieder en elk.
Wegkruipertjie in die bos het ons uit die moeilikheid gehou…
Tussen dale, struike en digte riete eggo gevoelens van
opgewondenheid.
Kleilatgevegte in die spruitjie het verwelk,
vervang deur Xbox, Playstation, selfoon en sosiale
netwerke.
Van waar ek staan, aanskou ek ons lyfies, besmeer met
modder.
Geen vrese was ons leuse!
Ons skole geïnfiltreer deur ’n uitheemse taal
Eers Engels... nou Mandaryn
Ons kon jubel in ’n taal, gepraat deur ons ouers en elke
kind in die kontrei.
Selfs die winkeleienaar was eens met jou bestelling.
Afrikaans is my taal... ’n Deel van my bestaan.
’n Mengelmoes van kleurvolle drome en idees kom tot
wording op blanko blad in hierdie taal.
My pragtige taal!
My Moedertaal!
In ’n vreemde land smag ek... is ek opsoek na iemand... in ’n
kroeg... in ’n winkelsentrum... selfs in ’n kerk of ’n park…
Net iemand wat my taal kan praat.
Ver weg van my Vaderland met haar eie probleme
Haar skoonheid... haar verskeidenheid van kulture...
Die braaivleisvure
Ja, dit en soveel meer.
My identiteit ly skade...
My taalvaardigheid kry nie genoeg oefening
Ek wil haar praat... ek wil haar nie verlaat!
My taal... hoe verlang ek jou... – Hilton John Wiltshire
IETS TE SÊ? SKRYF VIR ONS BY TAALGENOOT@ATKV.ORG.ZA OF
STUUR ’N BRIEF NA TAALGENOOT, POSBUS 4586, RANDBURG, 2125.
Hilton John Wiltshire ontvang ’n boekgeskenkpak ter
waarde van R875 van LAPA Uitgewers.
Praat Afrikaans
Ek onthou my oorlede pa se uitdrukking: “Uilspieël
het gesê, ‘Almal haat my, maar hoekom, ek maak
daarna’.”
Dit is presies wat ons Afrikaanssprekendes doen.
Ons maak die taal “dood” deur uitsluitlik Engels te
praat waar ons ook al kom, so asof ons skaam is.
Ontvang jy een van daardie onwelkome, irriterende
reklame-oproepe en die stem aan die anderkant vra
“How are you?” spring ons ook in Engels weg. Dit
terwyl daar by sulke agentskappe genoeg Afrikaans-
sprekende persone is met wie ons kan praat, maar nee!
Oor die “teevee”, veral oor die Afrikaanse kanale,
waar daar onderhoude met “celebrities” gevoer word, is
daar meer Engelse woorde as Afrikaans wat gedurende
die onderhoud uitgespreek word. Klink dit dalk
bekend: “Ons band se new song is great, ek is so excited.
Dit word eersdaags release. Dit was fabulous.”?
Afrikaanssprekendes, kom ons red ons taal van
ondergang – gebruik meer Afrikaanse woorde!
– Peet Visagie
Brief verkort – Red.
9winter 2015 | taalgenoot
Oppiweb
www.facebook.com/taalgenoot www.twitter.com/Taalgenoot www.youtube.com/ATKVBemarking
www.facebook.com/ATKVSA www.twitter.com/ATKVSA
KLETS SAAM Kom kuier saam met TG en die ATKV in die kuberruim! TG is ook nou op Twitter, so kom
neem deel aan die gekwetter. Gaan kuier sommer ook by die ATKV se amptelike Facebook-, Twitter- en YouTube-blaaie.
Hier is die skakels:
Teken in op Taalgenoot
Toe, jy weet jy wil! Teken in op TG en ontvang vier
keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die
volkleurwêreld van Afrikaans.
Jou opsies is:
Teken in op die digitale weergawe van Taalgenoot.
Laai dit op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of
slimfoon af:
www.mysubs.co.za/magazine/taalgenoot
Teken in op die drukweergawe van Taalgenoot.
Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of
011 919 9112 of volg dié skakel vir die doen-dit-self-
drukbare vorm en besonderhede:
www.atkv.org.za/files/tg_-_intekenvorm_2015.pdf.
ATKV-lede: Het jy geweet?
Jy kan nou kies om óf ’n digitale weergawe van Taalgenoot
óf ’n drukweergawe te ontvang! Gesels met Lillian Meyer vir
meer inligting: LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112.
Hoor dié geskerts!
’n Proesel van die sêgoed en gesprekke op ons Twitter- en Facebook-bladsye.
Dit was ’n energieke en opwindende Fiëstas-aand – ek
het sommer met ’n gees van blymoedigheid gaan slaap!
Baie geluk dit was welgedaan! – Antoinette Schoeman
T.T. en Anna Cloete was ons huisouers by Felsted-
universiteitskoshuis. Sy Anna is lank voor hom oorlede.
Hy was so lief vir haar. – Leona Marais
Gian Groen se “Vier seisoene kind” is een van my
gunstelinge! Mooiste mooi! – Alanda Vienings
“Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif” is een van
die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte! Breytenbach is ’n
woordsmid! – Kara Chelyn Geach
Johannes Kerkorrel se “Hoe ek voel” is beslis een van die
mooiste liefdesverklarings in ’n lied wat daar is. –
Magriet Rossouw
@KKNKfees Nostalgiese oomblik toe
ons op dié 2002 #KKNK advertensie in
die @Taalgenoot afkom. Gaan jy
#KKNK2016 bywoon?
@HEMEL_BESEM ’n geselsie met
Afrikaanse vroue hip-hop kunstenaar
@YOMA_Katalis wat vasgevang is in
nuutste @ATKVSA @Taalgenoot
@helenayp Heerlike verrassing in ’n
ou @Taalgenoot: @nakhanetoure
meets @AJOpperman. Pre-Piggy
Boy.
@YayaRSA Androgynous shoot in
the issue of Taalgenoot Magazine
this summer.
So funny I don’t understand a word in
Afrikaans. All in all, I would like
to be seen as a person, as Yaya
Mavundla, not beyond. –
#AfricanChild #SelfWorth
#Beauty #Taalgenoot
#TaalgenootMagazine
So funny I don’t understand a word in
10 taalgenoot | lente 2015
’n Kat-en-muis-speletjie
Deur Dorette Prinsloo
A
s daar nou iets is wat die oueres en
“taalagtiges” onder ons se bloeddruk
opjaag, is dit die wyse waarop ons taal so
effe deur die oningeligtes en sukkelendes getimmer
word. Vra jy sekere jongmense na hul woordeskat
en taalkennis staan jy verstom. Hoekom? Want soos
die Paashaas, die perfekte man of vrou of ’n sinvolle
dag by binnelandse sake bestaan dit gewoon nie.
Wanneer ’n mens egter jou hare spreekwoordelik
’n bietjie losmaak en terugsit, kan hierdie
woordeskat en uitdrukkings van groot waarde wees.
Buiten die feit dat dit hoogs vermaaklik is, bring dit
baie interessante inligting na vore.
Wetenskaplikes het satelliete, duur ekspedisies en
eksperimente, selfs ruimtetuie nodig om nuwe
kennis op te doen. Vir onderwysers is dit maklik:
Gaan merk net eindeksamenvraestelle! Só het die
2015-merksessie (in Gauteng) vir onderwysers die
skatkamers van “kennis” oopgesluit …
Behalwe dat woordsoorte transformeer van ’n
hulpwerkwoord na ’n “uitvoerende
voornaamwoord” is die jonger geslag se kennis van
die diereryk voorwaar verstommend. ’n Makou is
nie net “ ’n vool”, “ ’n tiepe papegaai” of “die geluid
wat ’n hen maak” nie, maar kan ook “die plek wees
waar ander gelowe aanbid”. As twee woorde dui
“mak ou” blykbaar op “ ’n ou wat nie sal byt of
krap nie” en “ ’n ou wat jy kan vryf”.
As jy ’n kind wil verwar en ’n onderwyser laat
skater, gooi ’n idioom by die taalbredie in. Só het
die voltooiing van die bekende idioom “As die muis
dik is ...” ’n see van nuwe moontlikhede laat ontvou.
Die meel of koring was op die agtergrond, maar
daar was darem diegene wat die kat êrens as
rolspeler kon onthou. As die muis dik is ... “kuier
die kat op die plaas”; “speel hy ver van die kat af”;
“glimlag die kat”; “is die kat op hol”; “wen die kat”;
“sukkel die kat om te sluk”; “is die kat lis”; en “is
die kat dood”.
Dan, in die lig van die moderne klem op die
liggaam, is die muis self ook onder die vergrootglas
geplaas. As die muis dik is … “is sy stert kort”;
“hang sy pens op die vloer”; “is sy gat te klein”
(watter gat?); “is die gat ook dik”; “hardloop hy
stadig”; “is die bene lam en sleep sy stert”. ’n
Interessante (en moontlik onbekende) wetenskaplike
feit is … “dan ontplof hy” of dan “is hy
verwagtend”. Een van die meer radikale opsies ...
“laat hom oefen”.
Dit is ook maklik om die muis wat dik is uit te
ken, want blykbaar loop hy “twee rye spore” of “hy
is vol van homself”!
Die uitwerking van hierdie liggaamlike toestand
op die spysvertering van die muis is ook deeglik
ondersoek. As die muis dik is, word voltooi as …
“dan ontlas hy aanhoudend” en “sit hy in die skuit”.
Ek glo die antwoorde “moet hy druk” en “is die hol
vol” (dalk hole?) het hier na die muisgaatjie verwys.
Buiten sy invloed op die kat blyk die muis ook
verbind aan die res van die diereryk te wees. As die
muis dik is ... “verloor hy sy stert” (akkedisfamilie?);
“is die slang groter”; “is die haas baas”; “is die
olifant maer”; en “is hy stadiger as ’n skilpad”. Dan
sekerlik die beste opsie: “As die muis dik is, is dit ’n
rot!”
Die hemelliggame het ook deurgeloop. Sterre,
wat opsigself nie ’n moeilike begrip is nie, is baie
vindingryk as ’n homoniem in sinne verklaar: “Haar
sterre is groter as die deur, al loop sy reguit in”;
“Die vrou se sterre hang lekker – sy sal moet oefen”;
“Die bobbejaan krap aanhoudend sy sterre, so asof
hy ’n stort nodig het.” Dan ook die meer gewaagde
een: “Het jy jou sterre afgevee na jy by die
badkamer was?”
So, dalk is jy ’n waterdraer (“iemand met ’n groot
nood wat moet piepie”), ’n “maleniejum-baba” of jy
hou van die KKNK (“Kom kuier ná kerk”). Lag
maar ’n slag, want wie laaste lag, is die stadigste!
DORETTE IS DEEL VAN DIE
ATKV-TAK KLANK-EN-KLEUR.
ILLUSTRASIE: RONEL VAN HEERDEN.
10
11winter 2015 | taalgenoot
Krap in my slaai
A
frikaans word eintlik net op twee maniere
in die media weerspieël. Diegene wat dit
anders gebruik, kan nie regtig hulself
daarin sien nie. Platweg is dit óf Pretoria óf
Kaapstad. Dis óf “ui” óf “y”. Vir die een groep
bring daai “ui” ’n heerlike klank en dié wat
ver-“skil”, stort trane oor daai uitspraak. Kaapse
Afrikaans word meesal gesien as kras en plat. Die
“jy” kry ’n lazer-skootgeluid vooraan en klink iets
soos “ddzzzzy”. As ’n mond hom só afvuur, is dit
gewoonlik ’n doodskoot vir puriste.
Neem niemand die plekkies tussenin in ag nie?
Behalwe vir Namakwaland, wat geredelik in humor
deurkom, hoor mens niks merkwaardigs van plekke
soos die Tuinroete, die Baai en byvoorbeeld die
Boland se mense nie. G’n wonder hulle raak Engels
as hulle die stede invaar nie.
Is dit dalk omdat niemand in die Afrikaanse
media hul weergawe van Afrikaans as ’n norm
uitlig nie? Jy sal nie sommer ander uitsprake hoor
by hoofstroomaanbieders of radio-omroepers nie.
En moenie laat ek uitbrei op die gevreesde bry
nie… Dis seker die einde van die wêreld vir
Afrikaanssprekendes as ’n nuusleser moet bry!
Toe ek in 2000 in Worcester land, het ’n ander
Afrikaanse wêreld vir my oopgegaan. Ek onthou
toe ’n meisie daar my vriend sy naam vra. Toe hy sê
“Rodney” toe smaak dit daar groei twee
voetpaadjies uit haar skoene uit! Watter pad sal sy
loop met sy naam? Gaan sy die Amerikaanse roete
met die “r”-klank gaan of gaan sy hom bry?
“Rodney” of “Godney”? Dis nie asof sy die “r”
misken of verontagsaam nie. Sy sien dit tog só en
hoor hom ook só, maar as sy dit sê, klink dit
anders…
Robin-Dean Fourie is ’n sielsgenoot van my en ’n
Worcesteriet in murg en been. Hy is die toonbeeld
van integriteit en wysheid. Ongelukkig, om by die
wysheid uit te kom, moet jy eers geduldig deur ’n
geweldige hakkelry sit en ’n sarsie “g”-geluide waar
’n “r” hoort. Maar glo my, as jy dít kan verdra,
verdwyn die las van bevooroordeeldheid met die lig
wat sy hart deur sy mond kan losmaak.
Behalwe vir goeie gesprekke kan sy pen sewe
hemels na jou oë bring, en as rymkletser kan sy
repetisies daarvan jou in elkeen van daai hemels
vestig.
As ek aan Robin dink, dink ek aan roomys. Hy
was die eerste persoon wat my saamgenooi het
McDonald’s toe om sy gunsteling, Caramel
McFlurry, saam met hom te geniet. Hoe amazing was
dit nie? Ek weet nie hoekom hulle destyds ’n
strooitjie daarin gesit het nie. Dit was selfs te moeilik
om met die lepel te eet, maar sjoe, was dit vir jou
lekker! Dit het Robin se geselse vir my opgesom:
Geniet dit net. Moenie dit probeer kanaliseer deur
een of ander bevooroordeeldheid nie. Los die hakkel,
los die aksent en los die gggggg’s…
Verlede jaar het ek Robin, wat deesdae optree as
Die Hooflig, genooi om deel van my produksie Die
Afrikaansvatter te wees. Sy besonderse stuk digkuns
was seker die room van al die optredes en meteens
het almal in daai Kunstekaap-teater my
McDonald’s-ervaring meegemaak. Elkeen daar kon
roomys saam met Robin geniet.
Sy song “Hoe ver moet ’n vers gaan voor dit
vervaardig word?” het geëindig in ’n crescendo van
applous. Of nee… dit wat mense laat regop sit het,
was: “Hoe veg moet ’n vegs gaan?” En: “Dis my
hart se taal wat my hand vertaal en in letters boks,”
het hy verder geantwoord.
Die applous was ’n teken dat elke luisteraar só sy
deel van Robin se room eis.
ILLUSTRASIE: RONEL VAN HEERDEN
Deur Hemelbesem
11
DIS SEKER DIE EINDE VAN DIE
WÊRELD VIR
AFRIKAANSSPREKENDES AS
’N NUUSLESER MOET BRY!
12 taalgenoot | lente 2015
4x4’s en potgooie
Deur Harry Kalmer
“W
anneer het julle Boere sulke
kermgatte geword?”
“Wat bedoel jy?”
Ek en Josh Berger eet, soos elke maal wat hy Jozi
besoek, in The Grillhouse in Rosebank.
Ek is geïrriteerd. Al ken ek hom baie jare word ek
steeds vies as hy Suid-Afrikaners kritiseer. Hy woon
immers al amper 20 jaar in Kanada.
“Stem jy nie saam nie?” sê hy onskuldig, al kan
hy goed sien dat ek moerig is.
“Dink jy nie ons het rede nie?”
“Kla met ’n witbrood onder die arm.” Josh
gebruik graag spreekwoorde wat ons jare tevore op
skool geleer het. “Ek lees elke dag die Afrikaanse
internetkoerante.”
“Hierdie regering maak dinge nie maklik vir ’n
mens nie.”
“Eers was dit misdaad, nou’s dit die regering.
Regerings is varke wêreldwyd. Oral… Israel…
Brasilië… Amerika…”
“Kanada?” sê ek.
“Kanada ook…” Josh vat nog ’n sluk wyn. “Alle
regerings is dieselfde.”
“Bou Trudeau vir homself huise met
belastinggeld?”
“Wat is fout met julle?” ignoreer Josh my vraag.
“Julle oumagrootjies is kaalvoet oor die
Drakensberge.”
Dit verstom my altyd hoe goed Josh Berger
Afrikaans praat ná soveel jare oorsee. Toe hy in st. 8
in ons skool kom, kon hy net Engels praat. Hy was
die enigste Jood in ’n skool met meer as duisend
leerlinge en een van slegs drie Souties.
“En ná 1994, toe almal gedink het julle gaan die
vlaktes invlug, was dit júlle wat ’n effort gemaak het.
Toe julle jobs verloor deur affirmative action het julle
jul eie besighede begin en moue opgerol.”
Ek wonder of Josh iewers ’n lys outydse
Afrikaanse spreekwoorde het.
“Dit word al hoe moeiliker om ‘moue op te rol’,”
sê ek sarkasties en dink aan my oortrokke
bankrekening en al die kliënte wat my besigheid
geld skuld. Mense met wie ek al jare sake doen,
maar wat al hoe langer vat om te betaal. Al die
ander wat hul deure moes sluit.
“Julle het strandhuise en four-wheel drives…”
“Ek het nog nooit ’n strandhuis of ’n viertrek besit
nie.”
“Wat de donner is ’n viertrek?”
“ ‘Viertrekvoertuig’ is Afrikaans vir four-wheel
drive.”
“ ‘Viertrekvoertuig’ vir four-wheel drive en potgooi
vir podcast. G’n wonder mense vlug Nieu-Seeland
toe nie,” lag Josh. Teen my sin lag ek saam.
Einde st. 9 was Josh se Afrikaans so goed soos ons
s’n. In matriek was hy onderhoofseun, lid van die
Afrikaans-debatvereniging, dux-leerling en kaptein
van die skaakspan. Vir die eerste maal in die
geskiedenis het ’n Afrikaanse hoërskool in
Johannesburg se interskole-skaaktoernooi gewen.
“Ek dink julle oordryf. Net soos oor misdaad. Ek
kom elke jaar terug en het nog nooit iets oorgekom
nie.”
“Dalk was jy net gelukkig.”
“Miskien. Maar julle klomp kla beslis baie meer as
in die ou dae.”
“En ’n roomys het ’n tiekie gekos.”
Iets in my stemtoon het Josh van onderwerp laat
verander. Ons het lekker verder gekuier. Teen die tyd
dat ek moes terug kantoor toe het ek weer besef
hoekom hy die enigste skoolmaat is wat ek gereeld
sien. Ons het by die restaurantdeur gegroet. Josh is
weg om biltong te koop om terug Kanada toe te vat.
Terug op kantoor het ek lank nuusberigte op
Afrikaanse webblaaie gelees. Ná ’n ruk het ek saam
met Josh gestem. Die Afrikaanse media en hul lesers
kla beslis baie.
Ek het ’n paar e-posse geskryf en toe ander werk
begin doen. Later daardie middag het Josh gebel.
Terwyl ons middagete geëet het, het iemand sy
gehuurde kar gesteel. Hy wou weet of ek hom by
die lughawe kon gaan aflaai.
ILLUSTRASIE: RONEL VAN HEERDEN
12
13herfs 2016 | taalgenoot
Oppirak
“Groot kuns is so irrasioneel soos groot musiek.
Dit is kranksinnig van sy eie skoonheid.”
– George J. Nathan
Kom kuier saam by die 2016 Nirox Winter Sculpture Fair (bl. 18).
Voorgrond | OPPIRAK
14 taalgenoot | herfs 2016
Christiaan Bakkes is bekend aan Afrikaanse
lesers wat lief is vir natuur- en reisverhale,
veral sy Stoffel Mathysen-karakter, wat
deurgaans op ware gebeure uit Bakkes se lewe
gebaseer is. In hierdie bundel verskyn stories
van Stoffel in die wildernis (2000), Stoffel by die
afdraaipad (2004), Stoffel se veldnotas (2007),
Stoffel in Afrika (2010), Stoffel op safari (2012) en
Krokodil aan my skouer (2014).
Stoffel-aanhangers sal nie teleurgestel wees
nie en dis ’n aangename kennismaking vir
Bakkes-groentjies. Die verhale handel oor sy avonture as
safarigids en wildbewaarder, jagter en avonturier.
Die verhaal “Dorpsbobbejaan” het my veral laat
glimlag – dit het weer gewys op Bakkes se deernis vir
diere en die natuur, asook vir mense. ’n Ander verhaal
wat baie plesier verskaf het, was “Toorsafari”, wat afspeel
gedurende sy werk as gids in die Ivoorkus. Hier vertel
Bakkes dat hy eendag vir ’n Britse kliënt gesê het: “I
come from a family with a proud history of
shooting Englishmen.” Gelukkig het die
safarimaatskappy se besturende direkteur
Bakkes verstaan en hy was darem nie in die
sop nie. Dis net ’n enkele voorbeeld van ’n
verhaal wat getuig van Bakkes se eiesoortige
sin vir humor en spitsvondigheid.
Daar is ook ’n kleurfoto-afdeling met foto’s
van onder meer sy geliefde honde Tier en
Stompie, asook foto’s van sy reis na Uganda.
Bakkes se skryfstyl lees maklik en dis amper
of hy bier in die hand met jou sit en gesels in ’n boskroeg
(en soos dit maar gaan in kroeë en in die bos is die taal
soms gekrui).
Beslis die lees werd, veral vir natuurliefhebbers wat
nog onbekend is met Bakkes se werk. Dis tyd dat dié wat
hom net ken as die ou wie se arm deur ’n krokodil
afgebyt is, bekend raak met Afrika se eie Indiana Jones.
– Johan Jack Smith
Stoffel: Die beste stories
CHRISTIAAN BAKKES (HUMAN & ROUSSEAU)
Cas Vos se nuutste digbundel, Voor-bode (2015),
is vol betekenisse met sewe (heilige getal)
afdelings waarvan die vooruitskouende titels
saam met die temas van die gedigte opklink.
Opvallend is die koppelteken: die engel,
sinoniem van bode, word as sleutelmotief
beklemtoon (Afdeling III). Die engelmotief
word ook versterk deur die titelwoord “bode”,
wat op die voorblad in vet letters verskyn saam
met ’n engelvlerk. Die koppelteken vestig
verder die aandag op die betekenis van “voor”
as die voortyd met opeenvolgende lewenstadiums: die
voorgeboortelike voortyd, die lewensloop met “peillose
lyding”, die “swart nag” van sterwe.
In “Voorlopers” verwys die voor-skrywers na gestorwe
woordkunstenaars met ’n satiries-ironiese heenwysing na
Peter Blum se gedigte. Die engele verskyn in die gedaante
van geliefdes, heiliges en die liefde, en bring nie
noodwendig slegte tyding nie. In die openingskwatryn,
“Voor-bode”, is die môrester, oog van die daeraad, ’n draer
van hoop. Die liefdesbriewe van Mozart en Keats is
delikaat verwerk tot volwaardige gedigte waarin die
liefdesbode intieme gedagtes oordra met sielvolle beelde
soos “sonder jou kraak drome” (bl. 54).
Hoewel baie gedigte ingebed is in sombere
onheil, pyn, vernietiging en broosheid is daar
ook die teenpole (soms ironies) wat as
teenoorgesteldes soos drade in die gedigte lê:
dood – stralende stad (bl. 18); verguising –
ontferming (bl. 30); karigheid – volheid
(bl. 65); kanker – ’n wonderwerkie (bl. 89).
Benewens die reismotief, spirituele gedigte, ars
poetica (“Oersprong”) en gedigte oor al die
liefdesgeledinge, aftakeling en die onontkombare
dood word die bundel tematies verryk deur
nuwe, aktuele onderwerpe. Armes en bedelaars verskyn en
hartverskeurende onthoofding kry meedoënloos konkrete
gestalte in geloofsgeteisterde lande. In “Marikana” is daar
“roubevange families” asook Madiba se vergete boodskap.
Tematies aansluitend is daar vertaalde gedigte van die
Griekse digters, Giorgos Seferis en Konstantinos Kavafis.
Laasgenoemde se “Ithaka”, wat die digter se reis na God
versinnebeeld, is meesleurend vertaal en ’n skat vir
Afrikaans. Klankrykheid, woordspelings en vindingryke
beelding is volop. In die slotgedig word die reis na God
met ’n grootse paradoks voltooi: Die mens, wat net ten
dele sien en hoor, word verras deur “die volheid”
(bl. 124). – Marietjie du Plessis
Voor-bode
CAS VOS (PROTEA BOEKHUIS)
15herfs 2016 | taalgenoot
Matisse in Johannesburg
15herfs 2016 | taalgenoot
Foto:Verskaf
S
tandard Bank, in samewerking met die Franse
Instituut in Suid-Afrika (Ifas), bring in Julie ’n
uitstalling na die Standard Bank-galery in
Johannesburg van werke deur Henri Matisse. Dié
uitstalling, Rhythm and Meaning, word moontlik
gemaak deur die samewerking van die Franse
ambassade in Suid-Afrika en die Musée Matisse in Le
Cateau Cambrésis in die noorde van Frankryk.
Die uitstalling sluit skilderye, tekeninge, collages
en grafiese drukwerk in wat dateer van Matisse
(1869-1954) se vroeë Fauvistiese dae tot die knipwerk
wat hy kort voor sy dood gemaak het. Die fokus van
die uitstalling is 20 kleurige collage-drukke wat
Matisse gebundel het as Jazz, ’n kunstenaarsboek in
beperkte oplaag. Dié portefeulje is in 1947 uitgegee
deur Tériade en bestaan uit poëtiese teks en bont
prente met die sirkus en teater as tema.
Die uitgelatenheid van dié werk staan in skrille
kontras met Matisse se omstandighede destyds. Nadat
kanker in 1941 by hom gediagnoseer is en ná
operasies wat hom bed- of rolstoelgebonde gelaat het,
het hy in 1943 uitgewyk na Nice in die suide van
Frankryk om moontlike lugaanvalle op Parys te
ontduik. In dieselfde jaar, op 74, het Matisse aan Jazz
begin werk. Hy kon nie meer verf of skilder nie en het
gekleurde papier gebruik wat hy as collages gerangskik
het – werk wat bekend staan as cut-outs. Met die hulp
van assistente het Matisse twee jaar bestee aan dié
werk, waarin kleur en lyn seëvier. Dit was ’n tyd wat
hy beskryf het as sy “tweede lewe”.
Tériade het “Jazz” as titel voorgestel en Matisse het
onmiddellik daarvan gehou, juis omdat dit kuns en
musikale improvisasie verbind. Aanvanklik was die
gedagte om die boek “Sirkus” te noem. Dit is immers
die sirkus- en teaterwêrelde wat die bepalende faktor is
in dié 20 drukke, almal min of meer 40 cm x 66 cm
groot. Matisse het daarna verwys as “die neerslag van
herinneringe van sirkusse, volksverhale en reise”.
Volgens Wilhelm van Rensburg, wat as
opvoedkundige kurator van Rhythm and Meaning die
geleentheid gehad het om ’n werkboek vir
laerskoolleerders oor die uitstalling saam te stel, is van
Matisse se ontwerpe, wat hy op linne gedruk het, ook
deel van die uitstalling. Die besonder mooi Oceania, the
Sky, wat van 1946 dateer, is immers in die versameling
van die Musée Matisse.
Anders as met vorige uitstallings toe net ’n
uitstallingshandleiding vir leerders beskikbaar was, is
daar ’n volledige opvoedkundige projek gekoppel aan
die Matisse-uitstalling. “Benewens die begeleide toere
Woensdae tydens die etensuur en Saterdagoggende vir
die duur van die uitstalling is daar ook werksessies met
leerders,” sê Wilhelm. “ ’n Nuutjie is dat ’n aantal skole
wat nie na die galery kan kom nie, besoek word met
visuele materiaal, wat ’n oorsig van die uitstalling gee.”
Boonop is die werkboek van só ’n aard dat dit ook
volwassenes sal bekoor.
Die kurators van Rhythm and Meaning is Patrice
Deparpe, direkteur van die Musée Matisse, en Federico
Freschi van die Universiteit van Johannesburg. Rhythm
and Meaning is van 13 Julie tot 17 September te sien in
die Standard Bank-galery, h.v. Simmonds- en
Frederickstraat in Johannesburg. Navrae: 011 631 4467.
– Johan Myburg
Icarus, die
sewende
drukwerk uit
Henri
Matisse se
Jazz-reeks.
Voorgrond | OPPIRAK
16 taalgenoot | herfs 2016
Irma Joubert het dit dalk nie so bedoel nie,
maar met die lees van Immer wes kon ek dit nie
verhelp om te dink aan die duisende
vlugtelinge uit lande soos Sirië, Irak, Iran en
Afganistan wat daagliks veilige heenkome in
Europa soek nie. Of aan die mense van ander
Afrika-lande wat na Suid-Afrika stroom, net
om weer verjaag te word deur xenofobiese
aanvalle.
Ons is almal vlugtelinge.
Immer wes – die eerste in ’n trilogie – vertel
die verhaal van Hildegard von Plötzke, ’n dogtertjie van
die Oos-Pruisiese adel wat deur oorloë, opstande en
armoede meegesleur en uiteindelik aan die suidpunt van
Afrika uitgespoel word. Hierdie bildungsroman gaan oor
die dapperwording van Hildegard. As rykmanskind
word sy eensaam groot; haar weelderige ouerhuis in
Königsberg is koud en liefdeloos, ’n tema wat herhaal
word wanneer sy met ’n ouer man in Berlyn trou om
haar pa se toekoms te verseker. Tog koester sy deur die
jare haar jongmeisiedrome oor Gustav, die jong man van
Deutsch-Südwestafrika met die mooi hande en die
spontane glimlag.
Joubert is nou maar eenmaal die koningin van die
historiese roman. Hildegard se storie speel af tydens die
Russies-Japanse Oorlog, die Groot Oorlog
(later bekend as die Eerste Wêreldoorlog) en
die Tweede Wêreldoorlog. As kind glo sy haar
pa se stories van hoe die ridders die evangelie
na die “wilde ooste” gebring het; as jong
meisie leer ken sy die futiliteit van oorlog; as
getroude vrou moet sy toekyk hoe haar man
en seuns vir Hitler veg en slaafs glo dat die
Joodse bevolking Duitsland se nederlaag in die
Groot Oorlog veroorsaak het. Sy word al hoe
meer skepties oor die mans se slimpraatjies en
besef dat terwyl die mans oorlog maak, dit die vroue en
kinders is wat die meeste ly.
Tydens die afloop van die Tweede Wêreldoorlog sien
ons hoe Hildegard verander van ’n gedienstige dogter en
vrou tot ’n tierwyfie, wat alles in haar vermoë sal doen
vir die welstand van haar dogter, Esther (’n Joodse naam
wat weer dui op Hildegard se verborge opstandigheid).
Daar’s ’n wonderlike toneel waar sy, ’n ware dame, tussen
mense se voete deur kruip vir twee blokkies botter.
Iets wat duidelik uitstaan, is die feit dat oorloë,
vervolging, onderdrukking en diskriminasie ten spyte
van die geskiedenis se lesse telkens weer herhaal word.
– AP van Wynegaard
WEN! Ons gee 3 kopieë weg. SMS TG + IMMER na 44131.
Immer wes
IRMA JOUBERT (LAPA UITGEWERS)
Just Jinjer - Everything since then
(ONAFHANKLIK)
Just Jinjer vlieg al vir lank onder die radar, sedert die groep se terugkeer van ’n
probeerslag in Amerika. ’n Mens kan dus tereg wonder wat ’n nuwe album ná sewe
stil jare gaan oplewer ...
Maak gereed om aangenaam verras te word: Everything since then is ’n opbeurende
album met heelwat treffers, goed beplan en goed vervaardig. Die ouens
eksperimenteer met hulle klank: hulle kombineer elektronika met rock en sorg vir die
musiek wat “hulle wil maak”. Hier en daar syfer ’n Coldplay-klank deur.
“Wonderful World” en “Walk It Off” is twee persoonlike gunstelinge.
As die swaar klavierklanke aan die begin van “Stand in your way” jou keel skoon laat
toetrek van die nostalgie, en jy steeds die kitaar-riff van “Shallow Waters” kan speel,
behoort die album jou gelukkig te maak. Maar dit is ook ’n baie luisterbare bekendstelling vir enigiemand wat nog
nooit van Just Jinjer gehoor het nie. - Donnay Torr
17herfs 2016 | taalgenoot
Piet van Rooyen se nuwe roman getuig weer
dat hy een van die mees gesoute
romanskrywers is in Afrikaans.
Hans-Joachim Kramer is ’n skatryk Duitse
swendelaar met ’n behoefte om ’n plaas in
Afrika te besit, spesifiek Namibië. Hy vlug
van die Duitse regering, wat warm op sy
spoor is, saam met sy vrou en twee jong
kinders en vestig hom op La Rochelle, ’n plaas
met baie jagpotensiaal. Hy stel vir Daantjie
Weerlig aan as voorman en later vir Vaalperd
Ses, ’n Herero van die Bosoorlog.
Van die begin is dit duidelik dat dié twee karakters
swaarde gaan kruis, met verreikende gevolge vir Kramer.
Aan die ander kant van die spektrum het ons vir Rachel
da Silva, ’n jong staatsaanklaer met haar eie intriges en
probleme, veral met haar pa van die Zambezi-distrik.
Die twee afsonderlike verhale word baie goed verweef;
met ’n hedendaagse Namibië as agtergrond.
Twee tonele was vir my besonders: Die
toneel langs die pad na La Rochelle waar
Daantjie Weerlig en Vaalperd Ses herontmoet
en die toneel waar die hoofkarakter ’n leeu
gaan jag noord van Kamanjab, langs die
Etosha-panne. Van Rooyen wys hier dat
Afrika beslis nie vir sissies is nie net voordat
die leser te gemaklik raak met mooi
sonsondergange en pragtige landskappe. Sy
kennis van Namibië se geskiedenis en
politieke bestel is noemenswaardig. Veral die
natuurtonele word pragtig uitgebeeld en die
leser kry die behoefte om self ’n draai te gaan maak. Van
Rooyen se karakterisering is ook goed – hy gee genoeg
aandag aan ál die karakters, wat hy treffend inkleur.
Die agterblad verklap wel bietjie te veel van die storie. En
die einde het my bietjie melancholies gelaat, maar ek dink
dis deel van Van Rooyen se vernuf. Hy vertel die storie
sonder om dit te veel te romantiseer. – Johan Jack Smith
Voëlvry
PIET VAN ROOYEN (PENGUIN UITGEWERS)
Die naaimasjien en ander stories deur Rachelle
Greeff is enersyds ’n boek wat ek graag vir
myself wil hou om met elke herlees nuwe idees
te ontdek; andersyds wil ek dit vir al my
vriende leen sodat ons met wyn in die hand
daaroor kan gesels.
Die titelverhaal is die sewende storie in die
bundel van tien kortverhale, het in 2008 die
eerste keer in Die Burger verskyn en is
sedertdien verwerk tot die suksesvolle eenvrou-
verhoogstuk met dieselfde titel.
Met die drumpelteks “Al wat ek sien” word
die leser medepligtig in die skeppingsproses – “die
storieverteller én die luisteraar onthou wat hulle wil” (bl.
10) – en dui die outeur op die onbetroubaarheid van die
verteller: “Was dit werklik Nan se woorde? ... die geheue
is niks meer nie as ’n toneelstuk, nie twee opvoerings is
eenders nie” (bl. 12).
Greeff se karakters bied verstommende insig tot die
menslike toestand: eensaamheid, verganklikheid,
verhoudings, die verbygaande passies van die lyf. Die
karakters lééf deur die skrywer se taalgebruik en fyn
waarnemingsvermoë en bied ’n blik op talle verborge
aspekte van die samelewing. Dis ook wonderlik hoe een
storie se newekarakter elders in haar eie storie
aan die woord kom.
Ironie span deur die stories soos ’n
silwerdraad: ’n Wit vrou probeer ’n bruin
vrou daarvan oortuig dat almal gelyk is – te
blind om die magsverhouding te sien wat die
bruin vrou forseer om stil te sit en na haar
dronkstories te luister. Ná jare sien ’n
bloemiste weer die minnaar wat haar
seergemaak het – nou ’n boemelaar op straat.
’n Britse vrou wonder hoekom ’n
Karoodorpsraad nie die werkloses inspan om
die strate skoon te maak nie en word vermoor omdat sy
’n man wegjaag wat werk soek.
Greeff skryf meesterlik subtiel oor rasverhoudings,
homoseksualiteit, armoede, geweld, geskiedenis en ons
verhouding met taal en tuisland. Tog, die stories dra
geensins swaar aan hul temas nie, en een van die
bekoorlikste verhale is dié van “Uil en Kaatjie”, ’n ouer
paartjie wat steeds mekaar se geselskap – en lyf –
verheerlik.
Taal is die gom wat alles bind. Greeff skryf óór en
déúr taal, met beskrywings wat lank ná die lees daarvan
steeds opklink. – AP van Wynegaard
Die naaimasjien en ander stories
RACHELLE GREEFF (TAFELBERG)
Voorgrond | OPPIRAK
18 taalgenoot | herfs 2016
Kuns in die buitelug
18 taalgenoot | herfs 2016
Foto’s:Verskaf
D
ie 2016 Winter Sculpture
Fair, die jaarlikse buitelug-
kunsuitstalling op die
Nirox-landgoed in die Wieg van die
Mensdom wat gepaardgaan met kos
en wyn van die Franschhoek-
omgewing, word op 7 en 8 Mei
aangebied.
Vanjaar span die Nirox-stigting
saam met die Britse Yorkshire
Sculpture Park (YSP) vir ’n
uitstalling van beeldhouwerk deur
meer as 40 Suid-Afrikaanse én
buitelandse kunstenaars. Die kurator
van vanjaar se beeldhouskou, A Place
in Time, is Helen Pheby, senior
kurator van die YSP. Sy werk saam
met Mary-Jane Darroll, wat
bygestaan word deur Naudia Yorke
en Danika Bester.
Onder die buitelandse kunstenaars
wie se werk ingesluit is, is die Britte
Richard Long en Tom Price, die
Egiptiese kunstenaar Moataz Nasr,
die Amerikaner Rachael Champion
en die Oekraïnse beeldhouer Anton
Burdakov, wat deesdae in Londen en
Berlyn woon en werk.
Die Suid-Afrikaanse kunstenaars
sluit in Willem Boshoff, Nandipha
Mntambo, Mikhael Subotsky, Angus
Taylor en Marco Cianfanelli, asook
die Burundiër Serge Alain Nitigeka,
wat deesdae in Johannesburg woon
en werk.
Die 2016 Winter Sculpture Fair is
op albei dae van 10:00 tot 17:00 oop
vir die publiek. Kaartjies kos R165
stuk slegs by webtickets.co.za.
Toegang vir kinders jonger as 12 is
gratis. Besoek wintersculpturefair.
co.za. – Johan Myburg
Kom verlustig en verdiep jou in kuns
en kultuur teen die agtergrond van
die natuur en die bekoring van die
buitelewe by die 2016 Winter
Sculpture Fair.
19herfs 2016 | taalgenoot
My leeswêreld het aansienlik verbreed vandat
ek in 2014 Chris Karsten se boeke ontdek het.
Met die hoogs intelligente reeksmoordenaar
Abel Lotz het Karsten bewys dat hy diep in die
psige van ’n monster kan kyk en die duisternis
van die afgrond kan oorvertel. Toe speel Ella
Neser klaar met Abel en los ons met ’n leemte
wat nie maklik weer gevul sal kan word nie.
Groot was my vreugde toe ek hoor Ella is
terug in Karsten se jongste misdaadroman,
maar ek het gewonder of sy ’n hele boek op
haar eie sal kan dra. Maar natuurlik kan sy!
Ná haar onderonsie in België is Ella se stem hees en sy
sukkel om haar bewende hande vir kol. Silas Sauls weg
te steek. Sy oplossing is om Ella in die diep kant in te
gooi en hy gee haar die raaisel van die vier linkervoete
wat in ’n winkelsak gevind is. Dis dán wanneer die
oud-speurder Lou Pepler sy opwagting maak; hy dink
die voete het iets te doen met sy onopgeloste saak van
1993 – die verdwyning van die rykmanskind Billy Katz.
Die verhaal speel af in die hede en verlede,
en Karsten weef ’n spannende storielyn vol
intrige wat draai om die binnelewe van ’n
enkele gesin, wat mans vermoor en hul
ledemate verkoop aan sangomas.
Die dialoog is soos altyd treffend en
vlymskerp. My gunstelingdeel is wanneer die
brigadier in 1993 Lou se stilte probeer koop
met ’n bevordering en sê: “Ek kan enigiets
doen; ek het ’n snor.”
Die verdwyning van Billy Katz is nie ’n
whodunit nie, maar eerder ’n whydunit, en ook
die storie van die enkeling se stryd teen ’n verrottende
sisteem. Tog het ek na Abel verlang en wens Karsten het
meer tyd in Mona, die matriarg van die Pottas-gesin,
se kop spandeer. Dan weer, dalk het sy hom nie vir baie
lank “toegelaat” nie. Die groot triomf is Mona se
aanneemkind Rakker, geïnspireer deur NP van Wyk
Louw se Raka, wat vir ’n paar verrassings sorg. – AP
van Wynegaard
Die verdwyning van Billy Katz
CHRIS KARSTEN (HUMAN & ROUSSEAU)
Hoewel Dolf van Niekerk as veelsydige
skrywer verskillende genres beoefen en
meermale literêre pryse ontvang het, is hy
steeds sedert sy debuut die “groot onbekende”
(Kannemeyer, 1998). Die sin-soekende aard
van die digbundel Portrette in my gang (2015) is
’n voortgesette kenmerk van Dolf se oeuvre.
In hierdie sesde bundel is die gang en
portrette simbole van herinneringe en
verlange; lewensoomblikke waarin na balans
gesoek word tussen aankoms en vertrek.
Die titel van die openingsgedig, “Vergange”,
is ’n vernuftige woordspeling met vergange tyd wat die
beeld van die gang as galery van herinneringe oopsluit
en versterk. Terselfdertyd word die tydsindeling opgehef
omdat verlede, hede en toekoms saamvloei. Die gang
verteenwoordig immers die hede.
Sentraalstaande is die portretgedig, “Mastos”, oor sy
vroeg oorlede, nooit gekende moeder op die omslagfoto.
Die afstandelike borsbeeld-portret word versag deur die
titel, die Grieks vir vrouebors, wat warmte suggereer.
Nog ’n intieme gedig handel oor die digter se
sterwende vader waarin albei se verlange na die moeder
oplaas “kruis” (bl. 28).
Benewens persoonlike beelde word name
van talle beroemdes met ’n filosofiese en
eksistensialistiese inslag opgeroep. Vergelyk
die beskouing oor die “hordemens”, wat bloot
draer is van Nietzche se “groot niks” (bl. 36).
Die tydsbelewenis van die digter verdig in
“Wiederkehr” met die besef van tydsiklusse en
dat alle “syn” herhaal word (bl. 16). Net so
herhalend is elke storie en gedig wat
teruggryp na “ou bewussyn” (bl. 34), terwyl
elke geslag “ ’n kopskuif maak” vir beter
begrip (bl. 50).
Van die treffende natuurgedigte is opvallend in hul
vervlegtheid met die peinsende mens. Die “huil” in
“huilboerboon” word ’n betekenisvolle toekomsblik oor
hoeveel lente daar vir die boom én digter oorbly (bl. 42).
Die portretgang eindig met ’n kritiese “Selfportret”,
waarin die misterie steeds huiwer – net soos die “Groot
Gees” in die vertaling van die Onse Vader (bl. 53).
Portrette in my gang is ’n bundel waarin die insigte,
herinneringe en emosionele pyn suiwer tot ryping kom.
– Marietjie du Plessis
Portrette in my gang
DOLF VAN NIEKERK (PROTEA BOEKHUIS)
Voorgrond | OPPIRAK
20 taalgenoot | herfs 2016
Die oeroue stryd tussen man en vrou. En die
vrou se soeke na haar eie plek in die
samelewing. Dít is van die temas in hierdie
uiters knap debuut deur Debbie Loots.
Die sentrale karakters is Lien, wat as kind
toekyk hoe haar ouers se huwelik verbrokkel;
haar ma, Vera, en dié se twee mans: Willem
en Hendrik. Op die agtergrond is Lien se tante
Brenda, wat lank voordat die leser haar
ontmoet reeds as ’n sterk karakter uitgebeeld
word.
Die verhaal speel in die jare 70 en 80 af en
lesers ouer as 40, sal veral kan identifiseer met die ure se
pret wat voorstedelike kinders destyds by die openbare
swembad gehad het. ’n Reis na ’n vervloë tyd.
Die apartheidskwessie word nie pertinent blootgelê
nie, maar die skrywer bring tog met amperse
weggooisinne die groot skeiding van destyds na vore. Op
bl. 22 besin Vera in Pietersburg – waarheen die gesin
trek om die ouerpaar se huwelik te red – oor haar nuwe
omstandighede. In Pietersburg is die lug te helder en te
skoon. Die uitspattigheid daarvan maak haar verergd.
“Dis soos ’n swart gesig wat ewe skielik in die dorp voor
jou opdoem, tussen al die wittes. Mens skrik jouself op
die plek kwaad. Jy voel amper beledig.”
Die leser is aanvanklik moedeloos oor Willem, wat nie
getrou kan bly aan een vrou nie. Wanneer Vera uit
meestal voorstedelike verveling ook haar gunste begin
deel, is jy aanvanklik dankbaar dat sy wel iets aan haar
situasie doen. Maar ’n mens wil haar later aan die skouers
gryp en skud wanneer sy skynbaar met niks
tevrede is nie – selfs wanneer sy met die
sorgsame Hendrik trou.
Loots slaag daarin om karakters te skep met
wie jy empatie het. Al hou jy nie van Willem
nie, kan jy nie anders nie as om met deernis
toe te kyk hoe hy sy groot liefde, die
pruikdraende Poppie met haar oordaad
grimering, probeer tevrede hou en uiteindelik
van haar moet afskeid neem.
Brenda, die vrou wat daarin geslaag het om
in ’n groot mate die knellende kettings te
vermy van dit wat van vroue verwag word, is dalk ’n
beter “ma” vir Lien as Vera. Sy gesels ure lank met ’n
jong Lien oor die telefoon en gee deurdagte raad. Dis
ook by haar waar Lien steun kry wanneer sy ’n
lewensveranderende keuse moet maak.
Met die lees van hierdie boek doen die leser
bestekopname. Jy onthou daardie jare en hoor weer die
sonbesies in die Hoëveldse lente. Jy onthou die
schädenfreude van die grootmense wanneer ’n jong
meisie skielik moet trou, want sy is “in die ander tyd”.
Hierdie is ’n boek oor verwagtinge, oor teleurstellings,
oor die sleur van die alledaagse. Hier is nie grootse helde
of heldinne nie. Ook nie werklike grootse persoonlike
rampe of tragedies nie. Net doodgewone mense wat
verwag dat daar méér aan die lewe moet wees, maar ook
nie die geleentheid of die begeerte het om werklik iets
dramaties aan hul lot te verander nie. – Stephanie
Nieuwoudt
Split
DEBBIE LOOTS (QUEILLERIE)
Drome
HEUNING (DAVID GRESHAM RECORDS)
Heuning bestaan uit Jeanette Rootman en Henk Dercksen en is besig om bekend te
word as Suid-Afrika se gunsteling- Afrikaanse country-duo. Die titelsnit en die vierde
snit, “Skree”, staan veral uit. Die musiek herinner soms aan Of Monsters and Men, of
selfs Mumford and Sons (veral die begin van die snitte vanweë die sterk banjo-
aanslag). Die verwerkings is goed en daar is nie veel gepeuter met hulle stemme
gedurende opnames nie. Heuning maak ligte musiek; luistermusiek vir diegene wat
nie wil hoor of hulle om elke “noot en draai” ’n slim liriek kan vind nie. Die tempo
en verwerkings is wel voorspelbaar, maar dit bly toeganklik vir ’n wye mark.
21herfs 2016 | taalgenoot
Dana Snyman se styl is soms bedrieglik
eenvoudig. Maar vandaar ook sy trefkrag.
In die blou kamp is ietwat anders as sy vorige
boeke. In die “soort voorwoord” skryf
Snyman daar is ’n soort voorlopigheid aan baie
van die dinge wat hy op Facebook skryf.
“Soms is dit ’n reaksie op iets wat ek gesien,
gehoor of gelees het. ’n Ander keer is dit ’n
optekening van ’n bynaterloopse ervaring,
selfs ’n aanhaling uit ’n dagboek, ’n langer
beskrywing van iets oor hoe ons hier en nou
lewe. Of in die verlede geleef het.”
Soos menige skrywer lyk dit of Snyman die
onmiddellikheid van Facebook bevredigend vind. Soos die
gewone Facebook-gebruiker plaas hy ook foto’s, maar in
Snyman se geval word die foto’s aangevul deur
pensketsjuwele. Uit hierdie versameling sketse is dit ook
duidelik Snyman se oog kyk nie minder skerp wanneer hy
iets waarneem wat uiteindelik op Facebook verskyn nie.
Met die lees van die verhaal “Wasdag” voel jy
magteloos: Om die T-hemp met Zuma se gesig op lees jy
’n hele wêreld van nie-verstaan raak. Jy lees oor die
egpaar wat vir Mandela stem, al is hy lankal nie meer ’n
kandidaat nie. Wat glo dat Zuma vir hulle ’n
huis verniet gee en lojaliteit verdien. Wat met
’n T-hemp omgekoop kan word om te stem.
Dis in die stemme van dié mense wat
daagliks op die periferie van jou bewussyn is
dat jy ’n Suid-Afrika buite jou
middelklasbestaan leer ken. Soos die
lorriedrywer Hannes en sy vrou, Daleen. Die
vragmotor waarmee hulle goedere vervoer en
in drie maande 42 000 km afgelê het, is hul
huis. Of soos Anneries, wat tydens padwerk
met sy rooi vlag voertuie laat stilhou. Maar
hy staan nie net en waai nie; hy “dink baie dinge, sien
dinge, voel dinge”.
In die skets “Kom in Gert, kom in” word die gebeure
weergegee in die poëtiese stem van Gert Vlok Nel. En ’n
mens ervaar dieselfde emosie as wanneer jy na Nel se
liedjie “Waarom ek roep na jou vanaand” luister.
Dis die vermoë om hierdie klein vinjette oor die
alledaagse neer te pen waarin humor, vernedering, patos,
woede, trots, verlange, politiek, hulpeloosheid en hoop
opgesluit lê wat van Snyman ’n goeie waarnemer en dus
ook ’n goeie storieverteller maak. – Stephanie Nieuwoudt
In die blou kamp
DANA SNYMAN (TAFELBERG)
Die titel van Emma Bekker se
2015-debuutdigbundel het die betekenis van
skuur (skrynwerker) en pyn. Al skrynende, dus
pynlik, word verskeie digsoorte in ses afdelings
losgeskaaf tot ’n bundel; ’n skryn (’n derde
betekenis) as houer van kosbare herinneringe
en ervarings.
Die reismotief word as sterk draad reeds in
die tweede gedig vasgeknoop met
geïmpliseerde nuuskierigheid as kenmerk van
’n vrouewaarnemer. Die fisieke reise in
“Stilbaai” en “Tweede wittebrood” word uitgebrei tot
verkenning van innerlike landskappe.
In “een nag op ’n trein na Pretoria” – intertekstueel ’n
terugflits na dié Briel-liedjie met ondertone van hartseer
en afskeid – bied die dogtertjie se krytblik vastigheid.
Die vrouespreker in hierdie bundel is verrassend
onkonvensioneel en nuuskierig ondersoekend, die
“curious girl” (bl. 12). Geensins skroomvallig verken en
ervaar sy haar lyflikheid, (in “lyfrede”), spiritualiteit,
kwesbaarheid en kreatiwiteit, laasgenoemde in
verse soos “Ars poetica”. Die lyf op die
voorblad verteenwoordig ’n altaar.
In dieselfde trant benader die spreker die
(dikwels onaangename) stadslewe saam met
die tuin en die veld. Die bundel open met ’n
waarskuwende stadstoneel, ’n kwatryn met
hoë heinings en ’n drankwinkel. Vir die digter
is dit egter ’n Nineve, waar sy met haar hande
moet gaan dien en moontlik ’n interpretasie
van haar rol as masseerterapeut.
Die spel met woorde, betekenisse en wêrelde word aan
die einde saamgevat met ’n slot en ’n sleutelbeeld as
uitnodiging om weer te besin oor die bundelinhoud.
Die musikaliteit en natuurlike ritme en rym met die
gemaklike rondbeweeg tussen versvorme, die ironie,
parodie en humor is meevoerend met interessante
invalshoeke, Oosterse ondertone en ongewone inhoud.
Maar myns insiens is dié ryke oes te veel vir een bundel.
– Marietjie du Plessis
Skryn
EMMA BEKKER (PROTEA BOEKHUIS)
Voorgrond | OPPIRAK
22 taalgenoot | herfs 2016
Nogtans sal ek sing
ANNELI VAN ROOYEN (WOW MUSIC DISTRIBUTION)
Ek kan nie Anneli van Rooyen se naam hoor sonder
om ’n bietjie nogstalgies te raak nie. My ma was mal
oor haar. Selfs my broer, wat lief was vir rockmusiek,
het “Ek lewe” tot vervelens toe kliphard oor sy
hoëtroustel gespeel. En dan praat ek nie eens van al
die skoolrevues nie.
Nogtans sal ek sing is Anneli se eerste album in bykans
12 jaar. Hoekom die lang wag? In Oktober 2007 is ’n
a-tipiese trigeminusneuralgie, ’n brandpyn in ’n
senuwee aan die regterkant van haar gesig, by haar
gediagnoseer.
Die afgelope agt jaar is geplunder met ingrypende
operasies, tallose pogings om permanente senuskade te
bestuur en slegte nagevolge. Soos sy dit self stel in die
CD-omslag: “Ek het weer leer praat, maar ophou
Hooglied
STEYN DE WET (VONK MUSIEK)
Een van my vriende, gewoonlik vol nonsens, het liries geraak oor Steyn de Wet. Dus
was ek nuuskierig om te sien waaroor gaan die bohaai. Die eerste snit van die album
Hooglied het my laat aarsel; die lirieke en Steyn se stem is ’n bietjie onduidelik – of sy
stem wegraak tussen ’n mengelmoes instrumente. Gelukkig was dit van korte duur.
In die algemeen is Steyn se rustige, stadige snitte vir my beter en dit sorg vir ’n
genotvolle gevoel van melancholie, met spesifieke verwysing na “Stoksielalleen” en
“Okavango”. “Songs van verliefde mense” getuig van Steyn se vermoë as
liriekskrywer:
Maar ek sing jou die songs van verliefde mense
In die sagste skadu van die helderblou berge
Wat kaassny en wynskink met handvat en oogknip
en lewe in oorvloed in eenvoud kan vind
Sy lirieke is eenvoudig, maar treffend. Geen soetsappige rymelary nie. Die titelsnit is ’n persoonlike hoogtepunt; die
klaviere werk uitstekend en sorg vir ’n “epiese” gevoel, met die refrein wat die snit lei tot ’n perfekte klimaks. Dit het
’n meer moderne inslag wat herinner aan The Killers. Ek het gehoop vir nog van dieselfde.
“Bolandse wyn” is ’n vertaling van Michael Kunze se “Come Share the Wine”. En dit is hier waar die album my
effens kwel. Dit wil soms voorkom of Afrikaanse kunstenaars die spasie vul met instrumentale snitte en covers. En dit
doen afbreuk aan die oorspronklike liedjies. Wag eerder totdat jy genoeg materiaal het en stel dán vry. Gelukkig is
daar net twee sulke snitte.
Behalwe vir dié kwelling is dit ’n sterk album en beslis die luister werd. Veral as jy regtig wil lúíster. Ek sien uit na
die kunstenaar se volgende vrystelling. - Johan Jack Smith
23herfs 2016 | taalgenoot
In ’n vorige uitgawe het ek Witwatersrand, die
Afrikaanse vertaling van Wilbur Smith se When
the Lion Feeds, onder oë gehad. Liefhebbers van
Smith se werk sal verheug wees dat The Sound of
Thunder, die vervolg van Smith se debuut wat in
1966 gepubliseer is, nou ook in Afrikaans
beskikbaar is met die titel Donderslag.
Die verhaal van Sean Courtney word hervat
jare ná die gebeure in Witwatersrand en die dood
van Sean se vrou. Daar is ’n oorlog aan die broei
tussen Boer en Brit en nadat die Boere Sean se
waens en goud buit, skaar hy hom by die
Engelse om die Boere op die slagveld aan te vat.
Om die oorlog vanuit Sean se invalshoek te beleef, is ’n
interessante ervaring vir lesers wat straks meer aan die
Boerekant van sake blootgestel was. Sean is in ’n stadium
die leier van ’n kommando wat poog om guerrilla-
taktiek teen die Boere in te span – ’n taktiek wat die
Boere met welslae gebruik het.
Maar die oorlog speel nie net in die veld af nie. Die
bitterheid tussen Sean en sy broer Garrick is ’n tema wat
sterk na vore kom in Donderslag – op die slagveld en veral
ook in die gebeure ná die oorlog.
Dan is daar ook Ruth, die vrou op wie Sean verlief
raak. Een aand tydens ’n donderstorm
(vandaar die dubbelsinnige titel) verwek Sean
en Ruth ’n dogter, Storm. Ruth is egter reeds
getroud en verlaat Sean om na haar man terug
te keer. En soos die noodlot dit wil hê,
bevriend Sean uiteindelik – ná vele veldslae en
beproewings – Ruth se man, Saul, in die
spreekwoordelike loopgrawe. Saul sneuwel
egter in die oorlog en Sean besluit om Ruth
weer te vind.
Die verhaal is sekerlik bekend aan
liefhebbers van Smith se werk. Die groot
vraag is dus hoe dit slaag gemeet aan hedendaagse
verwagtinge en of die vertaling daarvan reg laat geskied
aan die oorspronklike werk – nie net aan die verhaal self
nie, maar ook met betrekking tot die ideomatiese
aanpassing vir die moderne leser.
Die vertaler, Zirk van den Berg, kry dit reg om met
Donderslag ’n teks te bied wat gemaklik met moderne
Afrikaanse tekste vergelyk. Omdat dié boek ten tyde van
sy publikasie waarskynlik nie fatsoenlik genoeg was vir
Afrikaanse lesers nie, moet die geleentheid om Donderslag
uiteindelik in Afrikaans te lees beslis aangegryp word.
– Riaan Grobler
Donderslag
WILBUR SMITH – VERTALING: ZIRK VAN DEN BERG (NB UITGEWERS)
droom. Ernstige pyn dag in en dag uit verwoes selfs
eenvoudige vooruitsigte.”
Maar sy is daardeur.
Op die album is daar nege splinternuwe opnames en
agt bestaande liedjies. Dit is ’n baie persoonlike projek,
die aard van die lirieke (veral die nuwes s’n) getuig
daarvan – en die afhandeling daarvan was nie maklik
nie. Sy sê tog self: “Ek sing vir julle midde pynlike
beperkings en onvolmaak.”
Gedurende die luister van die album het ek telkemale
gedink aan Johnny Cash se American Recordings. Hoewel
die style en kunstenaars hemelsbreed verskil, is die
broosheid, die feilbaarheid, die wete van ’n loopbaan wat
op einde staan, in albei kunstenaars se stemme konstant
teenwoordig.
Ek kan dit nie verhelp om effens hartseer te voel ná die
luister van die album nie – dis of ’n goue era van
Afrikaanse musiek op ’n einde staan. Persoonlik twyfel
ek of Anneli nog ’n album gaan uitbring.
Maar dié “swanesang” is meer as voldoende. In snit no.
11 skryf sy:
Vaandel van my drome dra ek soos ’n blink-oog
arend deur die dag
In my reise na die son, sal ek eendag ooit daar
kom en sal iemand onthou
Sal iemand onthou…
- Johan Jack Smith
Voorgrond | OPPIRAK
24 taalgenoot | herfs 2016
Ontmoet Neil Nieuwoudt
N
eil Nieuwoudt, Johannesburgse kunstenaar,
kurator en medestigterslid van die Dead
Bunnies Society, is pas terug van ’n koue
New York ná ’n maand lange besoek. Hy was in die
Groot Appel as gas van die Ampersand-stigting en
sluit hom aan by Ampersand-genote soos Marco
Cianfanelli, Mbongeni Buthelezi, Johann Louw,
Bevan de Wet en Stephan Erasmus.
Die Ampersand-stigting, gestig deur die
kunsweldoener Jack Ginsberg, bied jaarliks ’n visuele
kunstenaar of kunsadministreerder die geleentheid
om vir ’n maand in Tribeca te gaan woon en as deel
van loopbaanontwikkeling blootstelling te kry aan
New York se kunswêreld. Neil het kort voor sy
vertrek met ons gesels.
Sien jy jou eerstens as kunstenaar of kurator?
Ek is albei. Ek het op skool kuns as vak geneem en
het sedertdien nog altyd kuns gemaak. Ek het Wayne
Barker in 2009 in die Kaap ontmoet en daar as sy
persoonlike assistent gewerk, wat wonderlike
ondervinding was. Toe ek in 2012 Johannesburg toe
kom, het ek as galerybestuurder van Nirox Projects
in Maboneng begin werk. Tot einde verlede jaar. Ek
het deurentyd self werk bly maak en gereeld aan
groepuitstallings deelgeneem.
Wat is die Dead Bunnies Society (DBS)?
Ek en Dirk Bahmann, Peter Mammes en Stephan
Erasmus het DBS in Maart verlede jaar begin met die
oogmerk om ons eie werk te bevorder, maar om
tegelyk ook medekunstenaars die geleentheid te gee
om werk te wys. Ons het nie ’n vaste galery nie en
ook nie kunstenaars “in ons stal” nie.
Tussen my en Stephan het ons genoeg galery-
ervaring om uitstallings te kan beplan en deur te
sien.
Julle het nie gras onder jul voete laat groei nie!
Ons was moeg om te wag dat goed moet gebeur.
Nou láát ons dit gebeur. Ons onderskeie loopbane het
die afgelope jaar soveel baat gevind by DBS. Ons het
uitstallings in Port Elizabeth, Johannesburg en
Pretoria gehad. Ons is eersdaags op die KKNK, ons
gaan Turbine Art Fair toe en dan het ons planne met
Ellis-huis in Doornfontein, waar ons ’n DBS-ruimte
wil inrig.
Die DBS-konsep herinner ’n bietjie aan die
Trinity Session of FIG van die 1980’s, of hoe?
Ja. DBS volg die patroon van groepe wat ook goed
aangepak het toe nie veel gebeur het nie. Soos die
Trinity Session (met Stephen Hobbs, Marcus
Neustetter en Kathryn Smith) en die Famous
International Gallery (FIG), wat Wayne Barker en
Morris la Mantia begin en waar kunstenaars soos
William Kentridge, Kendell Geers en Stephen Cohen
uitgestal het. Daar is net ’n sekere hoeveelheid
professionele galerye in Suid-Afrika wat net ’n sekere
getal kunstenaars se werk kan vertoon. Daar is soveel
kunstenaars wat deur die krake val.
Wat is jou oogmerk met jou besoek aan New
York?
Ek wil soveel moontlik ervaar. Dis ’n wonderlike
geleentheid. Ek wil met galerye kennis maak. En wie
weet, dalk kan DBS binnekort in New York gaan
uitstal!
Besoek ook www.neilnieuwoudt.blogspot.co.za.
– Johan Myburgh
24
Foto:Verskaf
Neil Nieuwoudt op die Brooklyn-brug in New York.
25herfs 2016 | taalgenoot
Afroboer & the GoldenGoose - Gerald Clark
(GC PRODUCTIONS)
Gerald Clark is al lank ’n gunsteling. As een van ’n handjievol Suid-Afrikaanse
kunstenaars wat bluesmusiek bemeester het, het Gerald beslis die genre sy eie gemaak.
Dit is veral sy optredes wat bekoor: hy het ’n amper skaam, seunsagtige kwaliteit
wanneer hy sy staaltjies vertel en kwinkslae deel, maar wanneer die man eers daai
kitaar vasvat en sy grinterige stem deur die mikrofoon laat dreun ... Stilsit gaan jy
beslis nie. Sy musiek is meesleurend heerlik.
Afroboer & the GoldenGoose is sy derde studio album, en vang die kern van bluesmusiek
netjies vas: oorlewing, hartseer, liefde en geloof. Die gebruik van vintage instrumente
soos ’n Gibson amp uit 1959, ’n 38-jaar-oue baskitaar en ou, retro tromstelle verleen
verder ’n outentiekheid aan die klank. Clark bring hulde aan ou meesters maar druk
terselftertyd ook sy stempel af. “Lights across the bay” is warm en romanties, en “How I met the GoldenGoose”
vertel op eg Suid-Afrikaanse manier die storie van sy ontmoeting met sy meisie. Die album verdien beslis meer as een
luistersessie! - Donnay Torr
As iemand wat diensplig net-net vrygespring
het, is die weermag en sy werkinge en die
Bosoorlog teoretiese gegewe – dinge waarvan
ek net tweedehands gehoor het. Ook van
Recces.
Op skool het een van my onderwysers
Donderdae, wanneer ons seuns met
kortbroekuniforms op die rugbyveld
gemarsjeer het, die maroen baret van dié
mitiese spesmagte gedra. En hoewel hy die
rang van korporaal gedra het, kon ’n mens
altyd die stille ontsag by die ander onderwysers aanvoel
wat offisiere was (danksy hul grade of diplomas).
Alexander Strachan se ’n Wêreld sonder grense (1984) het
’n fiktiewe geur aan die Recce-mite gegee, maar in Koos
Stadler se aangrypende Recce – kleinspanoperasies agter
vyandelike linies word daar uiteindelik eerstehands kennis
gemaak met dié operateurs en hul leefwêreld.
’n Literêre werk is Recce nie. Dit is ’n
eerstepersoonsvertelling gestroop van pretensie en
onnodige byvoeglike naamwoorde. Die leser maak
kennis met Stadler as kind en jong man, die seun van ’n
predikant wat heel “liberaal” grootword en anders as die
meeste wit, Afrikaanssprekende kinders van daardie tyd
eerstehands met swart gemeenskappe te doen gehad het
danksy sy pa se bediening.
Dié tyd is belangrik, want dit is waar Stadler reeds
besluit het hy wil ’n Recce word.
Stadler se militêre loopbaan, veral as
verkenner en operateur, is wat van Recce
verstommende leesstof maak. Met militêre
presisie en sonder om doekies om te draai
word die leser saamgeneem op talle operasies
deur ’n klein span militêre spesialiste. Daar is
tye dat die spanning onhoubaar is. Daar is
egter niks glansryks daaraan om ’n
kleinspanoperateur te wees nie.
Die deeglike beplanning, prosesse en
protokol herinner soms ironies genoeg aan die
rompslomp van ander burokratiese instellings – hoewel
dié dinge onontbeerlik is wanneer dit by oorlewing kom.
Dit is verstommend hoeveel fisieke uitdagings Stadler
en sy makkers moet oorkom. Die amper-bomenslike
word by tye vermag. Maar benewens die uitmergelende
fisieke las op dié jong mans is die psigologiese uitdagings
eweneens verstommend.
Die skrywer se vertellings is apolities en allermins ’n
nasionalistiese goedpratery van die destydse SAW se
bedrywighede. Hy slaag daarin om sy verhaal objektief
en sonder kantkiesery weer te gee.
Recce bevat boonop verskeie foto’s en sketse deur
Stadler self, vernaam kaarte en landskappe, wat sy boek
op ’n unieke wyse verryk.
Ná dese begryp ek die gravitas wat my Recce-
onderwyser se kollegas toendertyd by hom raakgesien
het. – Riaan Grobler
Recce – kleinspanoperasies agter vyandelike linies
KOOS STADLER (NB UITGEWERS)
Voorgrond | OPPIRAK
26 taalgenoot | herfs 2016
RB16.02
Oppad met Dana
Foto:VIATV
D
ie bekroonde skrywer en joernalis Dana
Snyman maak sy TV-buiging in Op pad met
Dana, ’n werklikheidsreeks wat Dana volg
terwyl hy deur Suid-Afrika reis en na die stories van ons
mense luister.
Ons het met Dana gesels oor die nuwe projek.
Hoe het jy die oorgang gemaak van skrywer na
aanbieder? En wat presies is jou rol?
Dit was gelukkig nie nodig om ’n oorgang te maak nie.
Ek kan myself glad nie as ’n aanbieder voorstel nie. Ek
het maar die langpad gevat en Niel van Deventer, die
vervaardiger van die reeks, het my afgeneem terwyl ek
my ding doen.
Gaan jy van die karakters en plekke in jou boeke
herbesoek?
Ja. Ek het selfs weer ’n draai op pres. Zuma se Nkandla
gemaak.
Daar is ’n sterk menslike element teenwoordig by
jou boekkarakters. Is dit moeilker om daardie
element vas te vang op kamera?
Dit is ’n moeilike vraag om te beantwoord. Ek weet nie.
Ek dink nog daaroor. Die TV-ervaring het my regtig
aan die dink gesit oor die egtheid van menslike gedrag.
Doen jy nie sekere goed net om ’n sekere beeld vir die
televisie voor te hou nie?
Watter verrassings hou die televisiereeks vir ons in?
Ek hoop in elke episode is daar minstens een oomblik, al
is dit hoe kort, wat mense sal aangryp. Ek kyk maar na
die klein dingetjies om my, en dit, glo ek, het Niel-hulle
probeer vasvat. Ek is nie ’n man vir skouspelagtige tonele
nie.
Het jy ooit die moontlikheid gesien van ’n
televisiereeks oor jou stories?
Nie regtig nie. Soos met die meeste dinge in my lewe het
dit net so, half, gebeur.
Waar het jou liefde vir storievertel begin?
By my pa en my ma, my oupa … Ag, eintlik weet ek
nie. Stories is vir my so ’n deel van menswees, ek dink
nie ’n liefde daarvoor ontstaan iewers nie. Jy het stories
in ’n sekere sin net so nodig soos kos en water.
Op pad met Dana, elke Maandag om 18:30
op VIA (DStv-kanaal 147).
“STORIES IS VIR
MY SO ’N DEEL
VAN MENSWEES,
EK DINK NIE ’N
LIEFDE DAARVOOR
ONTSTAAN IEWERS
NIE. JY HET
STORIES IN ’N
SEKERE SIN NET
SO NODIG SOOS
KOS EN WATER.”
27herfs 2016 | taalgenoot
RB16.02
www.rooibosltd.co.za
Kom geniet ‘n lekker koppie Rooibos saam met ons!
GROOT
VERSKEIDENHEID
PRODUKTE
2727
Besoektye: Maandag tot Donderdag 9:30, 11:30, 14:00 & 15:30
Vrydag 9:30, 11:30 &14:00
Groepbesprekings: 027 482 2155
‘n Reeks Rooibos produkte en geskenke is beskikbaar by die
promosiewinkel (Winkeltye: Maandag tot Donderdag
08:00 - 16:30 & Vrydag 08:00 - 15:15) in Clanwilliam.
GPS Koördinate: S32º 11.131’ EO 18º 53.291’
Daar is geen twyfel nie dat Breyten
Breytenbach die belangrikste digter is wat
Afrikaans al opgelewer het. Vir baie van ons
ook die beste. Bo en behalwe sy onbetwiste
talente as skrywer en skilder het hy ook die
simboliese gewete vir Afrikaans en sy
mengelmoes gebruikers geword.
Almal weet dat hy nie hierdie rol vir homself
gekies het nie. Jong Breyten is per slot van sake
Frankryk toe om sy skilderkuns te gaan vorm
en sy Bolandse aksent te gaan slyp in soveel
tonge moontlik. In 1973 maan hy egter sy
kollegas by die Sestiger-somerskool oor hul benadering
tot en betrokkenheid by sosiale onregte. Hierdie
toespraak is vir baie ’n duidelike grens en sou letterkunde
en politiek vir altyd bind.
Dit is net so ’n gegewe dat Breyten deesdae met ’n
mandaat praat vir ’n nuwe geslag, ’n mandaat wat slegs
aan iemand gegee sou word wat bo alle verdenking
staan. ’n Geslag Afrikaanssprekendes wat net een keer te
veel met Boerverneukery en Vryheidsknoeiery te doen
gekry het en graag luister na raad van hierdie ou vegter.
Hierdie unieke en nuwe posisie is gebore uit slegsê,
reguit praat, marteling, vernedering, verwerping en
persoonlike opoffering. Daarvoor het Breytenbach
bekend geword en dit is wat in hierdie bundel gevier
word. Die versamelde redevoerings wat hierin opgeneem
is, is op verskeie vlakke van historiese belang, maar kan
ook goed dien as padkaart deur moeilike kontemporêre
debatte oor taal, mag en identiteit. Kwessies wat ons
gemeenskap maar net aanhou skeur.
Met Parool/Parole, ’n keur van sy grootste en
aangrypendste toesprake, het die leser ’n
unieke geleentheid om Breyten se denke oor
die afgelope amper vyf dekades te herlees en
die temas wat daarin voorkom opnuut te
ondersoek. Sy unieke manier van
woordgebruik maak op sigself hierdie bundel
baie spesiaal. Breytenbach het sy vingers (ten
minste die duim en wysvinger) op die pols
van Suid-Afrika gehou, al het hy lang tye nie
hier gewoon nie. Hy het nooit opgehou
homself verbeel oor Suid-Afrika se potensiaal
en die land se unieke posisie nie. Die internasionale
gesprekke hier saamgevat, bewys dit.
Mens hoor onlangs sy klokhelder stem waar Breyten ’n
ewe roerende toespraak by die US-
konvokasievergadering te Stellenbosch lewer waarin hy
weer pleit vir die “saam-mekaar-anders-maak”-beginsel
waarvoor hy sy lewe lank veg en hierdie oproep eggo
oor en oor in die bundel.
Een van die mees ongemaklike en hartroerende
toesprake is “ ’n Belydenis, nie ’n geloofsbelydenis nie”,
waarin die 36-jarige skrywer homself weerloos in die
hof bevind besig om te veg vir sy lewe. Die eindresultaat
was dat hy aan terrorisme skuldig bevind is en sewe jaar
in die tronk deurgebring het. Hierdie dag, soos met die
Rivonia-verhoor, sal onthou word vir ’n staat wat sy eie
mense vervolg net omdat hulle hom nie onderskryf nie.
Die resultaat was ’n nuwe geslag Suid-Afrikaners gebore
en geïnspireer deur mense soos Breytenbach. – Natie
Botes
Parool
BREYTEN BREYTENBACH (PENGUIN)
Voorgrond | PROFIEL
28 taalgenoot | herfs 2016
Luna se nuwe deuntjie
DIE SANGERES EN LIEDJIESKRYWER LUNA PAIGE IS
DEURENTYD BESIG OM HAAR WERK TE VERNUWE.
Waarom het jy Iluminar Produksies begin? Werk
julle net aan jul eie musiek of ook saam met ander
kunstenaars?
Ná soveel jare van werskaf in die bedryf het ek besef
dit is tyd om al die projekte waarby ek betrokke was,
en steeds is, onder een sambreel te huisves en te
bemark. As musikante moet ons nie net gigs doen nie.
Ons het ook ’n verantwoordelikheid om innoverend
en vernuwend te wees. Daarom dat ek besluit het om
elke jaar nuwe produksies planke toe te bring wat ook
ander opkomende en gevestigde kunstenaars sal insluit.
Ek het die produksiemaatskappy saam met Denise
Barnes begin, want sy ken die bedryf en ek glo sy is
die beste kandidaat om saam met my te werk. Ons sal
later ons deure oopmaak vir samewerking met ander
vervaardigers.
Solosang is ’n konsert waarmee jy op Valentynsdag
gedebuteer het. Sal jy hierdie produksie
kunstefeeste toe vat?
As onafhanklike kunstenaar is my pad dikwels solo.
Hoewel dit by tye moeilik is, bly dit my pad. Solosang
is ’n sameflansing van al my Afrikaanse komposisies
– my stories en my inspirasie. Ek deel dit graag en ja,
ek glo dit sal vlerke kry en by kunstefeeste gaan draai.
29herfs 2016 | taalgenoot
Jy het al gesê jy wil meestal in Engels optree.
Waarom nou weer Afrikaans?
Danksy verskeie uitnodigings om aan Afrikaanse
produksies deel te neem, het ek begin eksperimenteer in
Afrikaans. Omdat dit my moedertaal is, was dit seker
onvermydelik dat ek dit sou geniet en ook my eie
stempel in Afrikaans wou afdruk. Dit bring ’n ander sy
van my kreatiwiteit na vore. Ek geniet dit om met die
taal te speel en iets tot die Afrikaanse musiekbedryf by
te voeg.
Korreltjie kantel is geskoei op die liefdesverhaal van
Ingrid Jonker en André P. Brink. Waarom het jy
hierdie opdragwerk aanvaar en wat was die
uitdagings?
Ek is lief vir letterkunde en ook vir nuwe uitdagings.
Toe die radiostasie RSG my met hierdie opdragwerk vir
hul kunstefees nader, was dit ’n eenvoudige en maklike
besluit. Die uitdaging lê beslis in die bindingsteks, die
uitlig van die onderliggende storielyn en die kies van ’n
tema, wat ’n sterk lyn deur die vertoning moet trek.
Dit was vir my belangrik om met respek met die
materiaal en ook met die geskiedenis van André P. Brink
en Ingrid Jonker om te gaan. Hul verhaal is ’n sensitiewe
een.
Ek het ook die opdrag aanvaar omdat ek glo die
Afrikaanse letterkunde moet behoue bly. Brink en
Jonker is albei dood en dis belangrik om hul nalatenskap
te beskerm.
Ek het die kunstenaars Hatchetman, Inge Beckmann,
Medicine Boy en Nick Turner gevra om iets nuuts te
doen met Jonker se gedigte. En daaruit het Korreltjie
kantel gegroei.
Hoe het die werk aan Korreltjie kantel jou verras en
verryk?
Dit is maar die tweede amptelike produksie wat ek
vervaardig. Ek stel hoë eise aan myself en die druk is
groot om iets van waarde op die planke te bring. Ook
omdat ek nie ’n teaterkundige is nie, is dit belangrik om
binne die musiekgenre te beweeg en daarteen te waak
om nie ’n teaterstuk te probeer skep nie. Die
samewerking met die sanger en liedjieskrywer Nick
Turner en die groep Hatchetman is ’n absolute plesier.
Hul toegewydheid en talent maak my baie gelukkig en
maak die kreatiewe proses makliker.
Waarom fassineer Jonker en Brink se verhaal
mense?
Almal van ons smag na ’n intense, diep liefde en
verbintenis met ’n ander individu. Wanneer hierdie liefde
bekendes tref en hul kuns so sterk
beïnvloed, wil ons meer daarvan weet,
wil ons dit verstaan. Ook sodat ons hul
kuns beter kan verstaan en in konteks
kan plaas.
Brink en Jonker het mekaar se werk
in die sestigerjare beïnvloed. Ons kan
vandag steeds raaklees hoe diep en
moeilik hul liefde was. Dit is
hartroerend.
Is hierdie produksie geskoei op die boek Vlam in die
sneeu?
Dit het begin as toonsettings van Jonker se gedigte. Dit
het uitgebrei na ’n sameflansing van musiek geskoei op
haar liefdesgedigte, Brink se roman Die ambassadeur, sy
vroeë pogings tot digkuns en hul liefdesverhaal – met
verwysing na Vlam in die sneeu, asook ’n Vurk in die pad,
Brink se memoir.
Wat motiveer jou as kunstenaar?
Ek kan niks anders doen as musiekmaak nie. Ek is heel
eerste ’n liedjieskrywer en dan ’n sangeres. Solank ek
liedjies kan skryf en hulle opvoer, is ek gelukkig. Dit
motiveer my.
Jy het lank as gekwalifiseerde maatskaplike werker
gewerk ...
Ek moes ongelukkig daardie tuig neerlê, want ek is
heeltyds met musiek besig. Ek is wel ’n ambassadeur vir
die Health Promoters (healthpromoters.co.za). Dit is ’n
organisasie sonder winsbejag wat ’n noodsaaklike diens
aan ons ekonomies benadeelde gemeenskappe lewer. Ons
bied deur die loop van die jaar ’n paar
fondsinsamelingsgeleenthede aan. Dit dien as bemarking
en ook om vriende vir die organisasie te werf. Ons eerste
konsert word op 1 April op die wynlandgoed Simonsig
gehou.
Watter lesse het jy as maatskaplike werker geleer
wat jy nou toepas?
Selfvertroue is belangrik. As jy nie in jouself glo nie, is
jou oortuigingskrag maar min. Professionaliteit kan
nooit bevraagteken word nie en skep ’n blywende
indruk. Menseverhoudinge in enige bedryf is belangrik
vir volhoubaarheid. Face your fears.
DEUR STEPHANIE NIEUWOUDT
“DIT WAS VIR MY BELANGRIK OM MET
RESPEK MET DIE MATERIAAL EN OOK
MET DIE GESKIEDENIS VAN ANDRÉ P. BRINK
EN INGRID JONKER OM TE GAAN. HUL
VERHAAL IS ’N SENSITIEWE EEN.”
FOTO:VERSKAF
Voorgrond | PROFIEL
30 taalgenoot | herfs 2016
Aktrise met ’n groot hart
DIT SIT NIE IN ENIGIEMAND SE BROEK NIE: OM IN NET JOU 30STE LEWENSJAAR
DIE ROL TE VERTOLK VAN ’N MA WAT HAAR KIND VERLOOR...
S
hoki Mokgapa speel die
hoofrol in die nuwe
Afrikaanse fliek Sink, gegrond
op Brett Michael Innes se roman
Rachel Weeping, en het verlede jaar
op die Silwerskermfees in Kaapstad
die prys as beste aktrise vir haar
vertolking ontvang.
Rachel is ’n Mosambiekse vrou
wat as huishulp by Chris en Michelle
Jordaan (Jacques Bessenger en Anel
Alexander) in Johannesburg werk.
Rachel se jong dogtertjie sterf
terwyl sy in die Jordaans se sorg is
en sy moet kies: Sy moet óf bly
werk vir die mense wat indirek
verantwoordelik is vir haar kind se
dood óf die risiko loop om haar
visum te verloor.
Geloofwaardig
“Wanneer dit kom by toneelspel
moet jy empatie hê,” verduidelik
Shoki. “Mense dink jy máák net of
jy iemand anders is, maar dit gaan
eerder daaroor om stukkies van
jouself in ander mense te vind. Jy
neem dinge wat jy in ander mense
sien, wat jy ervaar het, en sit dit in
jou karakter.”
Sy het nie self kinders nie, maar
moes steeds die pyn van Rachel se
verlies geloofwaardig uitbeeld.
“Jy lees (’n draaiboek) en vind die
raakpunte met die hartseer binne
jouself. Ek dink die menslike
ervaring is ongelooflik. Dis ’n
sielsding, dat ons almal so halfverbind
is aan mekaar. Wanneer jy connect met
daardie sielsdeel van jouself, kan jy
connect met alles om jou. Jy hoef nie
alles eerstehands te ervaar nie.”
Toneelspel is vir Shoki ’n spirituele
ervaring. “Dis heilig,” sê sy. “En dan
moet ek dit eenkant los. Dis ’n
vreemde plek waarheen jy gaan. Dis
soos ’n laaikas. Jy neem wat jy nodig
het uit ’n laai, en aan die einde van
die dag sit jy dit terug en maak die
laai toe en jy maak dat jy wegkom.”
Nadat sy die eerste, rowwe snit
van die fliek gesien het, het sy ’n
geweldige emosionele reaksie gehad.
Sy het gesê sy kan nie weer na die
fliek kyk nie. Shoki was róú. “Ek
moes daardie wond laat genees sodat
ek nie so ontbloot rondloop nie. So,
ek het weggehardloop. Ek kon
niemand sien nie. Ek het net in my
kar geklim en Kaap toe gery.”
Anderste skool
Maar sy het weer teruggekom. Sy
kán nie met die Kaap nie, spot
Shoki, sy mis die mense van
Gauteng. Mense-mense. Sy is ’n
derdegenerasie-Johannesburger “in
murg en been”.
Waar in Johannesburg het sy
grootgeword?
“Dis my aksent, nè? Ek weet. Ek
was in die Waldorf-skool.” Dié skole
volg die filosofie dat verbeelding
noodsaaklik is vir leer, en moedig
op ’n holistiese wyse die
ontwikkeling van die intellektuele,
kunstige en praktiese sye van
leerders aan.
Sy is in Hillbrow gebore en daarna
het hul gesin – pa, ma, ouboet en
Shoki – vir ’n paar jaar in Orlando-
Wes in Soweto gewoon, in ’n
woonstelgebou in die befaamde
Vilakazistraat. “Dit was ’n paar
huise weg van Nelson Mandela se
huis en oorkant Desmond Tutu s’n.
Ons het saam met Tutu se
kleinkinders gespeel.”
Toe sy skool toe is, trek hulle
Fourways toe. “Dit was toe nog net
plase, baie geïsoleerd. Daar was ’n
vulstasie en ’n vierrigtingstop.”
Die Waldorf-skool, sê sy, is “baie,
soos, out there”.
“Almal wat soontoe gaan, is ’n
bietjie weird. Daar was twee kinders
wat met mantels skool toe gekom
het, soos Dracula, en niemand het ’n
oog geknip nie.”
Omdat die skool klein was en die
gemeenskap betreklik geslote, het
Shoki en haar broer beskermd
grootgeword. Hulle was meestal
salig onbewus van die politieke
gebeure van die 1990’s.
“Op ’n manier is dit sleg, want dit
31herfs 2016 | taalgenoot
was so ’n ongelooflike en
verskriklike deel van ons
geskiedenis. Maar dit het my
toegelaat om net ’n kind te wees, en
ek is vreeslik dankbaar daarvoor en
vir hoe hard my ouers gewerk het
om dit vir ons te gee.”
Daarby het sy grootgeword saam
met kinders van regoor die wêreld
en veral die res van die kontinent.
“Weet jy hoe werk die skool? Die
hele filosofie gaan daaroor om sag te
wees in die wêreld.”
Shoki en Anel
Dit bring haar terug na toneelspel en
die empatie wat so belangrik is in
haar beroep.
“In plaas van mense oordeel, moet
jy dink: ‘Hoe sou ék voel as ek in
jou skoene was?’ Ek meen, ek
oordeel myself die hele tyd. Dit was
die eerste fliek wat ek nog ooit
gekyk het waarin ek gespeel het, en
ek het gedink: That’s it, ek’s klaar
met toneelspeel.”
Daar’s sekere vroue wat op hierdie
aarde gesit is om jou te laat sleg voel
oor jouself, skerts Shoki, en Anel
Alexander is een van hulle. “Sy’s een
van daardie vroue wat net so together
is. Sy’s so slim. En sy’s lieflik.”
Daar was aanvanklik ’n effense
emosionele afstand tussen hulle,
maar dit was belangrik vir hul
karakters se verhouding, meen sy.
“Dis vreemd om in Suid-Afrika
groot te word, want ek dink almal
word grootgemaak deur iemand
anders se ma. Jy het iemand in jou
huis wat vir jou werk, maar wat so
’n belangrike deel van jou lewe is.
Dis eintlik ongemaklik.
“So, ek vind dit interessant dat ek
en Anel eers teen die einde gekliek
het.”
Die keerpunt was ’n toneel in die
gietende reën. “Dit was twee-uur op
’n Woensdagoggend en vriesend
koud. Ons was kláár. Ons moes
eerder aanhou studeer en
rekenmeesters geword het!”
Die keuse wat Rachel in die fliek
moet maak, is die spilpunt van die
verhaal. “Werkers in hierdie land,
hul lewe maak nie regtig saak nie,”
sê Shoki. “Wat saak maak, is of jy
geld kan huis toe stuur. Ek huil
daaroor, vir die mense wat nie ’n
keuse het nie. ’n Duisend rand is
meer werd as jou menswees. Ek wou
“MENSE DINK JY
MÁÁK NET OF JY
IEMAND ANDERS IS,
MAAR DIT GAAN
EERDER DAAROOR
OM STUKKIES VAN
JOUSELF IN ANDER
MENSE TE VIND.”
Voorgrond | PROFIEL
32 taalgenoot | herfs 2016
Rachel waardigheid gee.”
In Suid-Afrikaanse stories, voeg sy
by, word dienswerkers nie werklik
as mense gesien nie. “Die mense wat
in jou huis woon, het jy enige idee
wie hulle is? Jy weet nie wat hul
drome en vrese is nie.”
Volgens Shoki kon sy heeltemal
identifiseer met haar rol as
buitelander wat in Suid-Afrika
werk. “Ek is nog nooit in hierdie
land ingesluit nie, nie deur my eie
mense nie. Ek verstaan dit.” Shoki is
as buitestaander (deur swartmense)
beskou omdat sy na ’n “vreemde
skool” is, en dus ’n ander aksent het;
en omdat sy swart is (deur
witmense).
Sy kan nie Afrikaans praat nie,
maar bars uit van die lag toe ek vra
hoe dit was om deel te wees van ’n
Afrikaanse produksie. “Ek het baie
Afrikaanse vriende! Dis soos om te
vra: Hoe was dit om saam met ’n
méns te werk? My strategie is om
almal met liefde oor te wen.”
Die Silwerskermfees was vir haar
’n emosionele ervaring. “Dit het my
nader gebring aan Afrikanerkultuur,
en dit het my laat besef dat
Afrikaanse mense en Zoeloemense
baie eenders is. Ons is dieselfde op die
vreemdste maniere! Ons kultuur, ons
gesinslewe, ons manier van bestaan.
“Ons is luid, nè, en julle dink julle
is nié, maar julle ís! Ek het heeltemal
tuis gevoel.”
Die prys was vir haar
oorweldigend. “Ek het gedink ek is
die swakste aktrise ooit, en toe sê
hulle basies: ‘You’re okay, kid.’ ”
Shoki word vanjaar 32. “Ek dink
jongmense se aanvanklike vrees vir
ouer word, is dat jou drome nie gaan
waar word nie. Maar dit val weg. Jy
besef almal volg hul eie pad.”
En haar werk, natuurlik, laat haar
toe om nog ’n bietjie kind te wees.
Dit laat haar toe om te speel.
DEUR LOUISE FERREIRA
“EK HET GEDINK EK IS DIE
SWAKSTE AKTRISE OOIT,
EN TOE SÊ HULLE BASIES:
‘YOU’RE OKAY, KID.’ ”
FOTO’S:VERSKAF
Voorgrond | CRESCENDO
34 taalgenoot | herfs 2016
Liedjiedrome
DIE GEHALTE VAN DIE 2015-FINALISTE SE WERK VIR DIE ATKV-LIEDJIESLYPSKOOL WAS
SO HOOG DAT DIT IN ’N VOLWAARDIGE KONSERT OMGESKEP IS…
D
ie doel is eenvoudig: Skep
’n platform waarop alle
Suid-Afrikaners hul sang-
en skryftalent kan uitleef. Daarby is
die oogmerk om ’n positiewe bydrae
tot die Suid-Afrikaanse
musiekbedryf te lewer deur nuwe
talent en nuwe materiaal bekend te
stel. Só sê Morné van Staden,
projekorganiseerder van die ATKV
se liedjieontwikkelingsprojek
Crescendo, Opskop – en die ATKV-
Liedjieslypskool.
Vanjaar is daar ’n nuwe dimensie
aan die Liedjieslypskool – ’n
volwaardige produksie, Die song wil
my nie los nie. Die foto’s by dié artikel
wys dan ook al die deelnemers vir
wat hulle is: ware sterre!
“Daphne Arends was ’n finalis in
2015 met haar liedjie ‘Die song wil
my nie los nie’ en dit is dan ook die
amptelike temalied van vanjaar se
ATKV-Liedjieslypskool,” sê Morné.
“Danksy die groot sukses wat met
die ATKV-Liedjieslypskool tydens
ons 2015-uitdunne en -finaal behaal
is, is daar besluit om Crescendo weer
te loods en die Liedjieslypskool ’n
aanvullende projek daarvan te maak.
Nog ’n natuurlike uitvloeisel van die
projek, as gevolg van die ongelooflike
mooi stories en die talent van die
groep finaliste, is ’n teaterproduksie
– ook Die song wil my nie los nie.”
Daphne het “Die song wil my nie
los nie” tydens ’n eendagwerksessie in
Atlantis, 40 km noord van Kaapstad,
geskryf en die liedjie is intussen deur
Daphne
Arends
35herfs 2016 | taalgenoot
die sangeres Anna Davel opgeneem.
Die lirieke beskryf presies waaroor
die Liedjieslypskool gaan:
En die song wil my nie los nie,
die stage wil nie laat gaan.
Die lirieke kry geen einde nie,
die melodie loop saam.
Die krag van die wysie raak aan my
soom,
Elke dag droom ek die droom.
Die Liedjieslypskool se kursusleier is
die komponis en sanger Pedro Kruger
en sy mede-aanbieders is Davel, die
rymkletser Hemelbesem en die
sanger Bouwer Bosch. Daar is ook
gemeenskapsmentors soos toonsetters
en produksieskrywers Olga Leonard
en Babette Viljoen, Danie du Toit
van die groep Spoegwolf en Herman
Kleinhans van die groep Twee.
HOE WORD
JY GEKIES?
“Ons was totaal onkant gevang met
die vlak waarop die finaliste reeds
was,” vertel Pedro.
“Die ATKV het verlede jaar ’n
besluit geneem om die slypskole oop
te maak vir meer genres. Daar was
rap, rock en hiphop en die groep
mentors is juis saamgestel om ook na
hierdie musiekstyle te kyk.
“Omdat die talent so ongelooflik
was, het ons besluit hulle moet meer
gekoester word. As’t ware dowwe
diamante wat gepoets moet word.
Dit is een van die redes hoekom die
ATKV verder ’n pad met hulle gaan
stap met onder meer die produksie.”
Hoe word daar te werk gegaan om
die finaliste te kies?
“Ons het jaarliks landswyd oudisies
in samewerking met gemeenskappe,
skole en feeste,” verduidelik Morné.
“Deelnemers kan kies om in te skryf
as liedjieskrywers of as sanger-
liedjieskrywers. Tydens die oudisies
kies die beoordelaars finaliste wat die
volgende dag ’n eendagwerksessie
bywoon.
“Tydens hierdie sessies word daar
intensief met die finaliste gewerk om
te kyk hoe vatbaar hulle vir
opleiding en kennis is. Die dag word
afgesluit met ’n konsert waar hulle
moet wys wat hulle deur die loop
van die dag geleer het. Die
beoordelaars maak ’n finale keuse en
hulle word dan genooi om die
ATKV-Liedjieslypskool se mentor-
en-ontwikkelingsprogram by te
woon. Die profiel van die mense wat
inskryf, is baie uiteenlopend. Van 16
tot 64 (jaar), rappers, soul en jazz,
pop, Rastas, huisvroue, studente,
pensioenarisse en matrikulante.”
Die afsnypunt vir 2016 se projek is
30 April. “Daar is egter deur die
loop van die jaar oudisies en enige
finaliste wat tydens hierdie oudisies
gekies word, sal deurgaan na 2017 se
projek.”
DIT OPEN
DEURE
Volgens Morné is elkeen van die
finaliste ’n suksesverhaal in eie reg.
“Ons plaas geweldige fokus daarop
om elke finalis goed te leer ken en
sover moontlik vir hulle geleenthede
te skep, selfs al het dit niks met
musiek te doen nie,” sê hy.
Vat maar vir Francis Brown (63)
van Atlantis. Sy skryf graag, maar
het dit nog altyd met die hand
gedoen. “Ons het LAPA Uitgewers
betrokke gekry om haar te mentor
en sy het ’n boek, wat met die hand
geskryf is, oorgeskryf op ’n rekenaar
wat die ATKV geborg het. Die boek
gaan deur LAPA gereedgemaak
word vir publikasie,” vertel Morné.
“Tannie Francis was Rina Hugo
of Shirley Bassey in haar vorige
lewe,” sê Pedro. “Sy skryf twee, drie
liedjies ’n dag. Haar hele lewe het
verander en dis stories soos hare wat
hierdie projek so ongelooflik maak.”
“Ek was ’n doodgewone
huisvroutjie,” beaam tannie Francis.
“Op ’n dag het ek na ’n skool hier
Carlyn Fransman
Whaden Johannes
Voorgrond | CRESCENDO
36 taalgenoot | herfs 2016
gegaan en gesien daar is ’n kompetisie
vir liedjieskrywers. Ek het ingeskryf
en van daardie dag tot nou is dit ’n
journey wat ek nooit sal vergeet nie, al
word ek ’n 100 jaar oud.”
Sy vertel dat sy tydens die week
lange slypskool by die ATKV-
Goudini Spa meer geleer het oor
musiek as in haar hele lewe. “Ek sal
enige mens aanraai om in te skryf.
As jy voel God het jou ’n talent
gegee om liedjies te skryf, is dit die
plek om te wees. Daardie week op
Goudini was ongelooflik. Dit was
nie eens vir my nodig om my eie
bed op te maak nie.”
Haar debuutroman, Max, is tussen
2000 en 2006 geskryf. “Ek het iets in
my gedagte gekry en het ’n pen
nodig gehad om daardie gedagte op
papier te sit,” sê sy. “Ek het
rondgevra vir penne en papier en dit
geskryf. Nooit sou ek kon droom dat
dit eendag ’n boek sou word nie!”
“Nog een van die finaliste,
Whaden Johannes, het reeds in
verskeie verhoogproduksies gespeel
en is vanjaar by die Suidoosterfees in
Ek missie Ses te sien,” sê Morné. “Hy
het sy eie produksiemaatskappy
begin en werk hard aan ’n toekoms
in drama en musiek.”
Daphne is intussen ’n studiebeurs
aangebied deur APICSA (Association
of Professional Image Consultants of
Southern Africa) en het haar
internasionale diploma voltooi. Dit
is alles te danke aan haar
betrokkenheid by die ATKV-
Liedjieslypskool.
“Ek het ’n tweede kans gekry om
my droom uit te leef,” sê sy. “Ek het
gesien dat drome waar kan word en
dat daar mense is wat hulle tyd en
energie sal gebruik om vir jou ’n pad
oop te maak.”
Vir haar is dit “asemrowend” dat
haar liedjie as die titel van die
produksie gebruik word.
“Ek kan nie wag om jong kinders uit
gemeenskappe soos Atlantis te inspireer
nie,” sê sy. “Hulle moet na my kyk en
dink: ‘As sy kan, kan ek ook.’ ”
“Mense is dalk al moeg vir die
woord, maar as daar een woord is
wat by my opkom wanneer ek aan
die ATKV-Liedjieslypskool dink, is
dit ‘nasiebou’. Die finaliste het een
ding gemeen: Om liedjies te skryf
en te perform,” sê Pedro.
“Musiek is ’n universele taal,”
voeg Morné by. “Wanneer ons
“OMDAT DIE TALENT SO ONGELOOFLIK
WAS, HET ONS BESLUIT HULLE MOET MEER
GEKOESTER WORD. AS’T WARE DOWWE
DIAMANTE WAT GEPOETS MOET WORD. DIT
IS EEN VAN DIE REDES HOEKOM ONS
VERDER ’N PAD MET HULLE GAAN STAP...”
Oswald
Johannes
Sumarie
Uys
Remy Alard
37herfs 2016 | taalgenoot
mense van elke liewe uithoek van
die land en met verskillende
verwysingsraamwerke se drome laat
waar word, dan is die waarde van
die ATKV-Liedjieslypskole
onmeetbaar, vir beide die
gemeenskappe waaruit hulle kom,
asook die ATKV. Meer belangrik is
egter die waarde wat ons tot elke
individu se lewe voeg.”
Vir die produksie Die song wil my nie
los nie is die regisseur en dramaturg
Hennie van Greunen se hulp ingeroep.
“Hy het met elkeen van die finaliste
gesit en hulle storie gehoor,” vertel
Pedro. “Hy het daarna ’n teks geskryf
en hierdie stories en elke finalis se
liedjie word gebruik.”
Die produksie is op die US
Woordfees opgevoer en sal op
vanjaar se Suidoosterfees, op 27
April in Kunstekaap, te sien wees.
“Hierdie projek gaan oor drome;
nie net een mens s’n nie, maar vir
almal wat besluit om ’n kans te vat,”
sê Morné.
DEUR ILZA ROGGEBAND
FOTOGRAAF: ANTONIA STEYN
KREATIEWE REGIE: JUANITA KOTZÉ,
KØ PRODUCTIONS
GRIMERING: MICHELLE LEE COLLINS
HARE: DALE TITUS VAN ONE LEAGUE
POST-PRODUKSIE: ZAK BASSON
BELIGTING: ALISTAIR BLAIRE
“EK SAL ENIGE MENS AANRAAI
OM IN TE SKRYF. AS JY VOEL
GOD HET JOU ’N TALENT
GEGEE OM LIEDJIES TE SKRYF, IS
DIT DIE PLEK OM TE WEES.”
Francis Brown
Voorgrond | PROFIEL
38 taalgenoot | herfs 2016
Hy kies hoop, jy sien...
OUDREGTER ZAK YACOOB HET NOG NOOIT SY BLINDHEID
AS VERSKONING GEBRUIK NIE.
T
oeval en geluk. Dít is wat hom die man gemaak
het wat hy vandag is, sê oudregter Zak Yacoob,
Suid-Afrika se eerste gesiggestremde regter in die
konstitusionele hof. Yacoob, wat verlede jaar sy groen
toga opgehang het, woon deesdae in Durban, waar hy
soms gaslesings aanbied by die Universiteit van
KwaZulu-Natal en dien in die direksie van verskeie
organisasies.
Hy het diep spore getrap – van studente-aktivis wat
destyds help steun werf het vir die toe nog verbanne
ANC tot die konstitusionele hof, waar hy veral ’n bydrae
gelewer het om die regering se sosio-ekonomiese
verantwoordelikheid te belig. Die bykans 65-jarige lyf
hou deesdae dalk moeiliker by by die aansteeklike
jeugdigheid in sy stem – hy het immers nou afgetree –
maar stilsit en rus? “Nee wat, daar is nog baie tyd om dit
te doen en te veel wat gedoen moet word,” sê hy.
JY SIEN!
So in die gesels eindig die man, wat as 16 maande oue
baba weens meningitis blind geword het, dikwels sy
sinne met “jy sien”. Hy was gelukkig, sê hy. Teen die
tyd dat hy in 1955 met skool moes begin, is die eerste
skool vir gesiggestremde Indiër-leerders, die Arthur
Blaxall-skool vir blindes in Pietermaritzburg, net gebou.
“Dit het gevoel asof hulle die skool net vir my gebou
het,” skerts hy. “Maar dit is ’n moeilike ding om te besef
dat sou die skool tien jaar later eers gebou gewees het, ek
nooit soos ander kinders sou kon skoolgaan nie. Ek was
gelukkig, jy sien.”
Hy sê die eerste spesiale skool vir wit gesiggestremdes
is in die 1880’s geopen, vir bruin mense in die 1930’s en
vir swart mense eers in die 1960’s. “Die aakligste van
alles is dat indien die skool (vir Indiërs) nie gestig was
nie, sou ek nooit skool toe kon gaan nie. Ook
gesiggestremdes was dus nie die afgryse van apartheid
gespaar nie. Die afgryse het ons almal geraak.”
Yacoob vertel graag van die “goeie tye” by die skool.
“Ons was sowat 20 kinders – almal met ’n
konserwatiewe Moslem-agtergrond. Ons was maar stout
– net soos alle kinders maar is. Ek onthou veral die
onderwysers en hoe hardwerkend hulle was. Daar was
toe nie enige braille-handboeke nie. Ek sou nie sê ons
ontwikkeling is hierdeur gestriem nie. Dit het ons
immers gehelp om goed te memoriseer en te onthou.”
Hy was vier jaar oud toe sy pa hom die Koran uit sy
kop laat leer het. “Elke dag moes ek sit en memoriseer.
So, toe masels by my broer gediagnoseer is en hy net in
die bed kon bly, het ek begin uitsien na masels.” Hy lag.
“Dit het vir my soos ’n lekker vakansie gelyk.”
Yacoob meen blindheid was goed vir sy geheue. Hy
onthou alles. Dié vaardigheid sou hom later veral op
universiteit (die Universiteit van Durban-Westville)
handig te pas kom. Om regte te studeer, wat uiteindelik
die weg sou baan tot ’n plek in die land se hoogste hof,
was pure toeval, sê hy. “Ek was deel van die eerste groep
kinders wat gr. 8 geslaag het. Dit was ’n geskiedkundige
oomblik vir ons skool. Ek onthou die koerant Golden
City Post was daar en een van my onderwysers het in ’n
onderhoud ewe trots gesê sy dink ek sal ’n goeie
regsgeleerde maak. So, dit is toe wat ek geword het.”
KAALVUIS
Nadat hy op skool uitgeblink en ’n paar grade oorgeslaan
het, kon hy in 1967 met universiteit begin. Dit is tóé dat
sy politieke bewussyn saad geskiet het. “Tot dan was ek
maar ’n groot rassis,” vertel hy. “Ek is nou nie meer
skaam om dit te sê nie. Ek het grootgeword in ’n tyd toe
mens totaal afhanklik was van inligting deur ander
mense – wat hulle vir jou uit koerante voorlees en wat jy
op die radio hoor.”
Sy eerlikheid oor sy vooroordele sal talle mense
waarskynlik onkant betrap. “By ons skool was al die
skoolinspekteurs wit. Ek het geglo as Indiërs so goed
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs
tgherfs

More Related Content

Viewers also liked

Engagement in Web 2.0
Engagement in Web 2.0Engagement in Web 2.0
Engagement in Web 2.0
René van den Bos
 
HARDENING IN APACHE WEB SERVER
HARDENING IN APACHE WEB SERVERHARDENING IN APACHE WEB SERVER
HARDENING IN APACHE WEB SERVER
Utah Networxs Consultoria e Treinamento
 
Post-Free: Life After Free Monads
Post-Free: Life After Free MonadsPost-Free: Life After Free Monads
Post-Free: Life After Free Monads
John De Goes
 
Monads in Clojure
Monads in ClojureMonads in Clojure
Monads in Clojure
Leonardo Borges
 
HTT May 2015 Issue
HTT May 2015 IssueHTT May 2015 Issue
HTT May 2015 Issue
Chris Schultz
 
Crompton Greaves
Crompton Greaves Crompton Greaves
Crompton Greaves
Kanishka Bansal
 
Monads in python
Monads in pythonMonads in python
Monads in pythoneldariof
 
Los minibikinis de las japonesas
Los minibikinis de las japonesasLos minibikinis de las japonesas
Los minibikinis de las japonesas
daniadmin
 
Monadologie
MonadologieMonadologie
Monadologie
league
 
Van graan tot brood
Van graan tot broodVan graan tot brood
Van graan tot broodMarc3a
 
DRYing to Monad in Java8
DRYing to Monad in Java8DRYing to Monad in Java8
DRYing to Monad in Java8
Dhaval Dalal
 
Monitoring Containers at Scale - September Webinar Series
Monitoring Containers at Scale - September Webinar SeriesMonitoring Containers at Scale - September Webinar Series
Monitoring Containers at Scale - September Webinar Series
Amazon Web Services
 
Anglo-American Literature
Anglo-American LiteratureAnglo-American Literature
Anglo-American Literature
Ignatius Joseph Estroga
 
Zara Final Presentation
Zara Final PresentationZara Final Presentation
Zara Final Presentation
JPWhelly
 

Viewers also liked (18)

Engagement in Web 2.0
Engagement in Web 2.0Engagement in Web 2.0
Engagement in Web 2.0
 
HARDENING IN APACHE WEB SERVER
HARDENING IN APACHE WEB SERVERHARDENING IN APACHE WEB SERVER
HARDENING IN APACHE WEB SERVER
 
Us history #8
Us history #8Us history #8
Us history #8
 
Post-Free: Life After Free Monads
Post-Free: Life After Free MonadsPost-Free: Life After Free Monads
Post-Free: Life After Free Monads
 
Monads
MonadsMonads
Monads
 
Monads in Clojure
Monads in ClojureMonads in Clojure
Monads in Clojure
 
HTT May 2015 Issue
HTT May 2015 IssueHTT May 2015 Issue
HTT May 2015 Issue
 
Crompton Greaves
Crompton Greaves Crompton Greaves
Crompton Greaves
 
Monads in python
Monads in pythonMonads in python
Monads in python
 
Becoming a person of influence
Becoming a person of influenceBecoming a person of influence
Becoming a person of influence
 
Los minibikinis de las japonesas
Los minibikinis de las japonesasLos minibikinis de las japonesas
Los minibikinis de las japonesas
 
Monadologie
MonadologieMonadologie
Monadologie
 
Van graan tot brood
Van graan tot broodVan graan tot brood
Van graan tot brood
 
DRYing to Monad in Java8
DRYing to Monad in Java8DRYing to Monad in Java8
DRYing to Monad in Java8
 
Monitoring Containers at Scale - September Webinar Series
Monitoring Containers at Scale - September Webinar SeriesMonitoring Containers at Scale - September Webinar Series
Monitoring Containers at Scale - September Webinar Series
 
Jarabes
JarabesJarabes
Jarabes
 
Anglo-American Literature
Anglo-American LiteratureAnglo-American Literature
Anglo-American Literature
 
Zara Final Presentation
Zara Final PresentationZara Final Presentation
Zara Final Presentation
 

More from Donnay Torr

Afrikaans HL P1 Nov 2015
Afrikaans HL P1 Nov 2015Afrikaans HL P1 Nov 2015
Afrikaans HL P1 Nov 2015Donnay Torr
 
KRIT 5 APRIL 2011
KRIT 5 APRIL 2011KRIT 5 APRIL 2011
KRIT 5 APRIL 2011Donnay Torr
 
KRIT 4 APRIL 2011
KRIT 4 APRIL 2011KRIT 4 APRIL 2011
KRIT 4 APRIL 2011Donnay Torr
 
KRIT 6 APRIL 2010
KRIT 6 APRIL 2010KRIT 6 APRIL 2010
KRIT 6 APRIL 2010Donnay Torr
 
KRIT 8 APRIL 2010-1
KRIT 8 APRIL 2010-1KRIT 8 APRIL 2010-1
KRIT 8 APRIL 2010-1Donnay Torr
 
KRIT 2 APRIL 2010
KRIT 2 APRIL 2010KRIT 2 APRIL 2010
KRIT 2 APRIL 2010Donnay Torr
 
OFF LIMITS NOVEMBER DECEMBER 2007
OFF LIMITS NOVEMBER DECEMBER 2007OFF LIMITS NOVEMBER DECEMBER 2007
OFF LIMITS NOVEMBER DECEMBER 2007Donnay Torr
 
OFF LIMITS MARCH APRIL 2008
OFF LIMITS MARCH APRIL 2008OFF LIMITS MARCH APRIL 2008
OFF LIMITS MARCH APRIL 2008Donnay Torr
 
OFF LIMITS JULY AUGUST 2007
OFF LIMITS JULY AUGUST 2007OFF LIMITS JULY AUGUST 2007
OFF LIMITS JULY AUGUST 2007Donnay Torr
 
OFF LIMITS JANUARY FEBRUARY 2008
OFF LIMITS JANUARY FEBRUARY 2008OFF LIMITS JANUARY FEBRUARY 2008
OFF LIMITS JANUARY FEBRUARY 2008Donnay Torr
 
OFF LIMITS SEPTEMBER OCTOBER 2007
OFF LIMITS SEPTEMBER OCTOBER 2007OFF LIMITS SEPTEMBER OCTOBER 2007
OFF LIMITS SEPTEMBER OCTOBER 2007Donnay Torr
 
JIP 29 MAART 2004
JIP 29 MAART 2004JIP 29 MAART 2004
JIP 29 MAART 2004Donnay Torr
 
JIP 30 OKTOBER 2006
JIP 30 OKTOBER 2006JIP 30 OKTOBER 2006
JIP 30 OKTOBER 2006Donnay Torr
 
JIP 6 FEBRUARIE 2006
JIP 6 FEBRUARIE 2006JIP 6 FEBRUARIE 2006
JIP 6 FEBRUARIE 2006Donnay Torr
 
JIP 5 FEBRUARIE 2007
JIP 5 FEBRUARIE 2007JIP 5 FEBRUARIE 2007
JIP 5 FEBRUARIE 2007Donnay Torr
 
JIP 2 APRIL 2007
JIP 2 APRIL 2007JIP 2 APRIL 2007
JIP 2 APRIL 2007Donnay Torr
 
MARKETING MIX VOL 24 ISSUE NO 11-12
MARKETING MIX VOL 24 ISSUE NO 11-12MARKETING MIX VOL 24 ISSUE NO 11-12
MARKETING MIX VOL 24 ISSUE NO 11-12Donnay Torr
 
HEAT 5-11 MARCH 2011
HEAT 5-11 MARCH 2011HEAT 5-11 MARCH 2011
HEAT 5-11 MARCH 2011Donnay Torr
 

More from Donnay Torr (20)

Afrikaans HL P1 Nov 2015
Afrikaans HL P1 Nov 2015Afrikaans HL P1 Nov 2015
Afrikaans HL P1 Nov 2015
 
accolades
accoladesaccolades
accolades
 
KRIT 5 APRIL 2011
KRIT 5 APRIL 2011KRIT 5 APRIL 2011
KRIT 5 APRIL 2011
 
KRIT 4 APRIL 2011
KRIT 4 APRIL 2011KRIT 4 APRIL 2011
KRIT 4 APRIL 2011
 
KRIT 6 APRIL 2010
KRIT 6 APRIL 2010KRIT 6 APRIL 2010
KRIT 6 APRIL 2010
 
KRIT 8 APRIL 2010-1
KRIT 8 APRIL 2010-1KRIT 8 APRIL 2010-1
KRIT 8 APRIL 2010-1
 
KRIT 2 APRIL 2010
KRIT 2 APRIL 2010KRIT 2 APRIL 2010
KRIT 2 APRIL 2010
 
OFF LIMITS NOVEMBER DECEMBER 2007
OFF LIMITS NOVEMBER DECEMBER 2007OFF LIMITS NOVEMBER DECEMBER 2007
OFF LIMITS NOVEMBER DECEMBER 2007
 
OFF LIMITS MARCH APRIL 2008
OFF LIMITS MARCH APRIL 2008OFF LIMITS MARCH APRIL 2008
OFF LIMITS MARCH APRIL 2008
 
OFF LIMITS JULY AUGUST 2007
OFF LIMITS JULY AUGUST 2007OFF LIMITS JULY AUGUST 2007
OFF LIMITS JULY AUGUST 2007
 
OFF LIMITS JANUARY FEBRUARY 2008
OFF LIMITS JANUARY FEBRUARY 2008OFF LIMITS JANUARY FEBRUARY 2008
OFF LIMITS JANUARY FEBRUARY 2008
 
OFF LIMITS SEPTEMBER OCTOBER 2007
OFF LIMITS SEPTEMBER OCTOBER 2007OFF LIMITS SEPTEMBER OCTOBER 2007
OFF LIMITS SEPTEMBER OCTOBER 2007
 
JIP 29 MAART 2004
JIP 29 MAART 2004JIP 29 MAART 2004
JIP 29 MAART 2004
 
JIP 30 OKTOBER 2006
JIP 30 OKTOBER 2006JIP 30 OKTOBER 2006
JIP 30 OKTOBER 2006
 
JIP 6 FEBRUARIE 2006
JIP 6 FEBRUARIE 2006JIP 6 FEBRUARIE 2006
JIP 6 FEBRUARIE 2006
 
JIP 2 MEI 2005
JIP 2 MEI 2005JIP 2 MEI 2005
JIP 2 MEI 2005
 
JIP 5 FEBRUARIE 2007
JIP 5 FEBRUARIE 2007JIP 5 FEBRUARIE 2007
JIP 5 FEBRUARIE 2007
 
JIP 2 APRIL 2007
JIP 2 APRIL 2007JIP 2 APRIL 2007
JIP 2 APRIL 2007
 
MARKETING MIX VOL 24 ISSUE NO 11-12
MARKETING MIX VOL 24 ISSUE NO 11-12MARKETING MIX VOL 24 ISSUE NO 11-12
MARKETING MIX VOL 24 ISSUE NO 11-12
 
HEAT 5-11 MARCH 2011
HEAT 5-11 MARCH 2011HEAT 5-11 MARCH 2011
HEAT 5-11 MARCH 2011
 

tgherfs

  • 1. joutaalgenotHERFS2016INLIGTERLUIM HERFS 2016 R29 (BTW ingesluit) TAALGENOOT skerpskerts!
  • 2.
  • 3.
  • 4. 46VANVAKANSIE Met Campworld kan jy 52 vakansies per jaar hê GET UP AND GO www.campworld.co.za • WIZZ 24 @ R5990 • VOOR & SYKANT MUURSTUKKE 2400(w) x 2000(d) x 2000(h) • WIZZ 26 @ R6690 2600(w) x 2400(d) x 2000(h) DIE STATIGE GEMSBOK! DIE STATIGE GEMSBOK! DIE STATIGE GEMSBOK! DIE STATIGE GEMSBOK! DIE STATIGE GEMSBOK! DIE STATIGE GEMSBOK! Striki of the Ge DIE STATIGE GEMSBOK! Striking featu of the Gemsbok! DIE KGALAGADI BOTSWANA | GPS KoÖrdinate: S 26º28’26”, O 20º36’48” ONS BIED AAN DIE HOWLING MOON WIZZ TENT In Beskikbaarheid van voorraad mag verskil tussen Campworld handelaars. HOOR MY BRUL! HOOR MY BRUL! HOOR MY BRUL! HOOR MY BRUL!
  • 5.
  • 6. 4 Taalgenoot | herfs 2016 VOORGROND 7 Redakteursbrief Ligtelik 8 Penorent & OppiWEB Bly op hoogte met die ATKV! 10 Taalwag Voertsek in Afrikaans! 11 Hemelbesem Laat dit juig 12 Harry Kalmer 4x4’s en potgooie 13 Oppirak Die beste boeke en musiek vir jou lees- en luistergenot! 28 Luna Paige Luna se nuwe deuntjie 30 Shoki Mokgapa Aktrise met ’n groot hart 34 Crescendo Liedjiedrome 38 Zac Yacoob Hy kies hoop, jy sien... 42 Humor Humor in ’n smeltkroes 46 Voorblad Lank lewe die laggewer! 50 Lig uit kuns Laat daar lig wees TAAL 58 Resensies As die resensent gemeet word ONDERWYS 62 Onderwys Dís mos kinderspeletjies 66 Storievertelklubs Waar storievertellers en- luisteraars ontmoet GEMEENSKAPPE 70 Rieldans Tien jaar van stoftrap! 74 Sybokhaar Wins in dié wolhaarstorie 78 Fotostorie Foto’s wat dieper kyk 84 Woordpret Blokkiesraaisel 85 Koos Kombuis Afrikaners was plesierig ATKV-NUUS 88 Standpunt Hulle ken die resep 89 Projekte Jeugleiers kry koers 94 Onderwys Vooruitgang vir gemeenskappe 98 Taal Junior olimpiade-wenners 100 Oorde Pad na Drakensville weer oop 102 VVA Ligte harte 104 LAPA Ons soek ’n ware ridder 106 Taknuus Ons takke woeker met Afrikaans 111 Ledesake Ontmoet Oom Andrew 114 Siel Terug na die tafel Inhoud
  • 7. 4 Taalgenoot | herfs 2016 VOORGROND 7 Redakteursbrief Ligtelik 8 Penorent & OppiWEB Bly op hoogte met die ATKV! 10 Taalwag Voertsek in Afrikaans! 11 Hemelbesem Laat dit juig 12 Harry Kalmer 4x4’s en potgooie 13 Oppirak Die beste boeke en musiek vir jou lees- en luistergenot! 28 Luna Paige Luna se nuwe deuntjie 30 Shoki Mokgapa Aktrise met ’n groot hart 34 Crescendo Liedjiedrome 38 Zac Yacoob Hy kies hoop, jy sien... 42 Humor Humor in ’n smeltkroes 46 Voorblad Lank lewe die laggewer! 50 Lig uit kuns Laat daar lig wees TAAL 58 Resensies As die resensent gemeet word ONDERWYS 62 Onderwys Dís mos kinderspeletjies 66 Storievertelklubs Waar storievertellers en- luisteraars ontmoet GEMEENSKAPPE 70 Rieldans Tien jaar van stoftrap! 74 Sybokhaar Wins in dié wolhaarstorie 78 Fotostorie Foto’s wat dieper kyk 84 Woordpret Blokkiesraaisel 85 Koos Kombuis Afrikaners was plesierig ATKV-NUUS 88 Standpunt Hulle ken die resep 89 Projekte Jeugleiers kry koers 94 Onderwys Vooruitgang vir gemeenskappe 98 Taal Junior olimpiade-wenners 100 Oorde Pad na Drakensville weer oop 102 VVA Ligte harte 104 LAPA Ons soek ’n ware ridder 106 Taknuus Ons takke woeker met Afrikaans 111 Ledesake Ontmoet Oom Andrew 111 Siel Terug na die tafel Inhoud
  • 8. 5herfs 2016 | taalgenoot 37 71 78 90 112 42 48
  • 9.
  • 10. 7 Ligtelik V ra my vriende: ek’s geen sonskynsuster nie. Ek vertrou nie mense wat heeldag en aldag opgewek is nie. Ek’s meer soos ’n grimmige grys wolk wat so nou en dan baie sleepvoetend ’n silwer randjie laat deurskemer. Dus verstaan ek Koos Kombuis se dilemma (bl. 85) wanneer dit kom by die skryf van ’n rubriek wat wentel rondom “in ligter luim”. Gelukkig, dan, dat “lig” en “ligter” ook iets heel anders as bloot net humor kan beteken. Dit is vroegherfs terwyl ek dié rubriek sit en skryf. Die oggendlig het ’n vakerige gevoel en syfer langsamerhand deur die gordyne. En die kleur: swaar, goue stroop… Dit pas by die eerste paar herfsblare wat nou opduik. Dit maak ’n mens maar min lus vir opstaan. Sondagmiddae se laatmiddaglig en -klanke voel weer ver weg, asof ek onder water rondswem en net veraf voëls hoor sing en skadu’s sien kronkel. Die versengende middagson wat steeds soms in die herfs ’n verskyning maak, verander hadidas weer in Egiptiese gode: as jy mooi kyk, is elke veer ’n reënboog. My bedlampie straal ’n warm, gelerige lig uit: binne die kring daarvan, met boek in die hand en kat ingesnuffel langs my sy, voel ek geborge op ’n manier wat ek nooit êrens anders beleef nie. Ek is gelukkig dat ek die voorreg het om al dié dinge te kan sien. Daar is mense, soos Zak Yacoob (bl 38), wat ’n heel ander lewenservaring het as diegene van ons wat so gewoond is aan sien dat ons eintlik maar blind kon wees. Lig is belangrik in die werk van mense soos fotograaf Samantha Reinders (bl 54), regisseur Jozua Malherbe (bl 56) en kunstenaar Naomi van Niekerk (bl. 50). In Sink maak Shoki Mokgapa se karakter sin van ’n baie donker situasie… En die ontlonting daarvan vind in die dun ligstraal van ’n motor plaas, in die middel van ’n donker, stormagtige nag (bl 30). Op sy beurt gebruik Louis Botha die lig en donker van swart-en-wit fotografie om die ontroerende menslikheid van die mense van Noordeinde in Prins Albert vas te vang (bl 78). Ek verkies lig bo lag. En dalk is dit wat ons deurmekaar land ook kort: ’n bietjie lig om die donkerte te verdryf. Minder haat, meer liefde. Die lig van luister na mekaar, om sodoende verstaan – en kennis – aan te moedig. Ons gaan met oogklappe deur die wêreld, vasgevang in ons eie stories. Dalk moet ons daai bedlampie se ligkring effe wyer gooi, kyk wie ons kan intrek, beïnvloed, heelmaak, anders as net onsself. Selfs wanneer dinge wanhopig daarna uitsien, en die mense wat teenoor jou staan onverbiddelik voorkom. Want, soos Leonard Cohen dit het, “There is a crack in everything. That’s how the light gets in.” Donnay TG word uitgegee deur die ATKV, Posbus 4586, Randburg 2125. Die menings uitgespreek in TG weerspieël nie noodwendig die amptelike standpunt van die ATKV nie. Geen deel van die inhoud mag sonder die toestemming van die redakteur elders gebruik word nie. Alle medewerkers, fotograwe en kunstenaars doen afstand van hul outeursreg sodra ’n bydrae in TG gepubliseer is. TG neem nie aanspreeklikheid vir die taalkorrektheid of voorkeur van die taal van adverteerders of advertensies nie. Die menings en standpunte uitgespreek deur lesers, skrywers en kunstenaars in TG is nie noodwendig die standpunt van die ATKV nie. REDAKTEUR Donnay Torr ASSISTENT-REDAKTEUR Johan Jack Smith PRODUKSIEREDAKTEUR Martie Swart UITLEGKUNSTENAAR Marelise Scholtz TAALVERSORGING Marli Swanepoel, Jacques Liebenberg en Marietjie du Plessis INTEKENARE Lillian Meyer 011 919 9112 of LillianM@atkv.org.za of Taalgenoot@atkv.org.za BEMARKING & ADVERTENSIES Brink Olivier: 072 842 1159, BrinkO@atkv.org.za Johann Raath: 082 896 7197, woes@mweb.co.za DRUKKERS Paarl Media Cape VERSENDING Prestige Bulk Mailers LAPA UITGEWERS Posbus 123, Pretoria 0001 Tel.: 012 401 0700 • Faks: 012 401 0734 E-pos: lapa@lapa.co.za OORDE Buffelspoort Die Oordbestuurder, Privaatsak X222, Mooinooi 0325 Tel.: 014 572 1000 • Faks: 014 572 1010 E-pos: buffelspoort@atkv.org.za Drakensville Die Oordbestuurder, Posbus 53, Jagersrust 3354 Tel.: 036 438 6287 • Faks: 036 438 6524 E-pos: drakensville@atkv.org.za Eiland Spa Tel: 015 386 8000 • Faks: 015 386 8032 E-pos: eilandspa@atkv.org.za Goudini Spa Die Oordbestuurder, Posbus 47, Rawsonvile 6845 Tel.: 023 349 8100 • Faks: 023 344 3158 E-pos: goudini@atkv.org.za Hartenbos Die Oordbestuurder, Posbus 3, Hartenbos 6520 Tel.: 044 601 7200/19/21 • Faks: 044 695 0770 E-pos: hartenbos@atkv.org.za Klein-Kariba Die Oordbestuurder, Posbus 150, Warmbad 0480 Tel.: 014 736 9800 • Faks: 014 736 3457 E-pos: kariba@atkv.org.za Natalia Die Oordbestuurder, Posbus 11, Winkelspruit 4145 Tel: 031 916 4545/6 • Faks: 031 916 2212 E-pos: natalia@atkv.org.za TAALGENOOT Vir redaksionele of advertensienavrae Posbus 4586, Randburg 2125 Tel.: 011 919 9000 • Faks: 011 919 0208 Vrybelnommer: 0800 00 2209 E-pos:atkv@atkv.org.za Webwerf: www.atkv.org.za ATKV-HOOFKANTOOR Vir adresveranderings of ledenavrae Posbus 4586, Randburg 2125 Tel.: 011 919 9000 • Faks: 011 919 0205 Vrybelnommer: 0800 00 2209 E-pos: atkv@atkv.org.za Webwerf: www.atkv.org.za “DARKNESS CANNOT DRIVE OUT DARKNESS: ONLY LIGHT CAN DO THAT. HATE CANNOT DRIVE OUT HATE: ONLY LOVE CAN DO THAT.” – MARTIN LUTHER KING JR.
  • 11. 8 taalgenoot | winter 2015 Penorent Hartenbos is heerlik! Die ATKV Hartenbos-woonwapark is ’n oord wat ons weer en weer sal besoek. Ons kon teen die see staan en elke oggend sesuur op die strand gaan stap, ons strekoefeninge doen en by verskillende kampeerders koffie en beskuit geniet. Nou vra ons vriende vir ons wat is so lekker aan kamp? Kyk, kampeerders is gesonde en spontane mense en met elke besoek aan ’n kampoord word jou vriendekring groter en groter. Ons verruil ons wielehuis vir geen luukse lodge, hotel of ander verblyf nie. Kamp sal ons kamp tot ons eendag die wêreld moet groet! By Hartenbos is die ablusie- en opwasgeriewe in ’n uiters goeie toestand, daar is genoeg storte en alles is skitterblink. Die kantoorpersoneel, skoonmakers en terreinwerkers is almal uitstekend opgelei. Verder is daar wasmasjiene, tuimeldroërs en selfs strykplanke. Die badkamers is ook baie vrou-vriendelik. Jy kan jou hare droogblaas en jou gesig inkleur voor pragtige spieëls – selfs die fynbesnaarde dames kon nie uitgepraat raak oor die geriewe nie. – Nols Schoeman Brief verkort – Red. MY TAAL Van agter kaktus en boegoebessies vaar ek uit, “Blok jou!” In my kinderkrakerige stemmetjie adresseer ek ieder en elk. Wegkruipertjie in die bos het ons uit die moeilikheid gehou… Tussen dale, struike en digte riete eggo gevoelens van opgewondenheid. Kleilatgevegte in die spruitjie het verwelk, vervang deur Xbox, Playstation, selfoon en sosiale netwerke. Van waar ek staan, aanskou ek ons lyfies, besmeer met modder. Geen vrese was ons leuse! Ons skole geïnfiltreer deur ’n uitheemse taal Eers Engels... nou Mandaryn Ons kon jubel in ’n taal, gepraat deur ons ouers en elke kind in die kontrei. Selfs die winkeleienaar was eens met jou bestelling. Afrikaans is my taal... ’n Deel van my bestaan. ’n Mengelmoes van kleurvolle drome en idees kom tot wording op blanko blad in hierdie taal. My pragtige taal! My Moedertaal! In ’n vreemde land smag ek... is ek opsoek na iemand... in ’n kroeg... in ’n winkelsentrum... selfs in ’n kerk of ’n park… Net iemand wat my taal kan praat. Ver weg van my Vaderland met haar eie probleme Haar skoonheid... haar verskeidenheid van kulture... Die braaivleisvure Ja, dit en soveel meer. My identiteit ly skade... My taalvaardigheid kry nie genoeg oefening Ek wil haar praat... ek wil haar nie verlaat! My taal... hoe verlang ek jou... – Hilton John Wiltshire IETS TE SÊ? SKRYF VIR ONS BY TAALGENOOT@ATKV.ORG.ZA OF STUUR ’N BRIEF NA TAALGENOOT, POSBUS 4586, RANDBURG, 2125. Hilton John Wiltshire ontvang ’n boekgeskenkpak ter waarde van R875 van LAPA Uitgewers. Praat Afrikaans Ek onthou my oorlede pa se uitdrukking: “Uilspieël het gesê, ‘Almal haat my, maar hoekom, ek maak daarna’.” Dit is presies wat ons Afrikaanssprekendes doen. Ons maak die taal “dood” deur uitsluitlik Engels te praat waar ons ook al kom, so asof ons skaam is. Ontvang jy een van daardie onwelkome, irriterende reklame-oproepe en die stem aan die anderkant vra “How are you?” spring ons ook in Engels weg. Dit terwyl daar by sulke agentskappe genoeg Afrikaans- sprekende persone is met wie ons kan praat, maar nee! Oor die “teevee”, veral oor die Afrikaanse kanale, waar daar onderhoude met “celebrities” gevoer word, is daar meer Engelse woorde as Afrikaans wat gedurende die onderhoud uitgespreek word. Klink dit dalk bekend: “Ons band se new song is great, ek is so excited. Dit word eersdaags release. Dit was fabulous.”? Afrikaanssprekendes, kom ons red ons taal van ondergang – gebruik meer Afrikaanse woorde! – Peet Visagie Brief verkort – Red.
  • 12. 9winter 2015 | taalgenoot Oppiweb www.facebook.com/taalgenoot www.twitter.com/Taalgenoot www.youtube.com/ATKVBemarking www.facebook.com/ATKVSA www.twitter.com/ATKVSA KLETS SAAM Kom kuier saam met TG en die ATKV in die kuberruim! TG is ook nou op Twitter, so kom neem deel aan die gekwetter. Gaan kuier sommer ook by die ATKV se amptelike Facebook-, Twitter- en YouTube-blaaie. Hier is die skakels: Teken in op Taalgenoot Toe, jy weet jy wil! Teken in op TG en ontvang vier keer per jaar ’n tydskrif propvol interessanthede uit die volkleurwêreld van Afrikaans. Jou opsies is: Teken in op die digitale weergawe van Taalgenoot. Laai dit op jou rekenaar, skootrekenaar, tablet of slimfoon af: www.mysubs.co.za/magazine/taalgenoot Teken in op die drukweergawe van Taalgenoot. Kontak Lillian Meyer by LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112 of volg dié skakel vir die doen-dit-self- drukbare vorm en besonderhede: www.atkv.org.za/files/tg_-_intekenvorm_2015.pdf. ATKV-lede: Het jy geweet? Jy kan nou kies om óf ’n digitale weergawe van Taalgenoot óf ’n drukweergawe te ontvang! Gesels met Lillian Meyer vir meer inligting: LillianM@atkv.org.za of 011 919 9112. Hoor dié geskerts! ’n Proesel van die sêgoed en gesprekke op ons Twitter- en Facebook-bladsye. Dit was ’n energieke en opwindende Fiëstas-aand – ek het sommer met ’n gees van blymoedigheid gaan slaap! Baie geluk dit was welgedaan! – Antoinette Schoeman T.T. en Anna Cloete was ons huisouers by Felsted- universiteitskoshuis. Sy Anna is lank voor hom oorlede. Hy was so lief vir haar. – Leona Marais Gian Groen se “Vier seisoene kind” is een van my gunstelinge! Mooiste mooi! – Alanda Vienings “Allerliefste, ek stuur vir jou ’n rooiborsduif” is een van die mooiste Afrikaanse liefdesgedigte! Breytenbach is ’n woordsmid! – Kara Chelyn Geach Johannes Kerkorrel se “Hoe ek voel” is beslis een van die mooiste liefdesverklarings in ’n lied wat daar is. – Magriet Rossouw @KKNKfees Nostalgiese oomblik toe ons op dié 2002 #KKNK advertensie in die @Taalgenoot afkom. Gaan jy #KKNK2016 bywoon? @HEMEL_BESEM ’n geselsie met Afrikaanse vroue hip-hop kunstenaar @YOMA_Katalis wat vasgevang is in nuutste @ATKVSA @Taalgenoot @helenayp Heerlike verrassing in ’n ou @Taalgenoot: @nakhanetoure meets @AJOpperman. Pre-Piggy Boy. @YayaRSA Androgynous shoot in the issue of Taalgenoot Magazine this summer. So funny I don’t understand a word in Afrikaans. All in all, I would like to be seen as a person, as Yaya Mavundla, not beyond. – #AfricanChild #SelfWorth #Beauty #Taalgenoot #TaalgenootMagazine So funny I don’t understand a word in
  • 13. 10 taalgenoot | lente 2015 ’n Kat-en-muis-speletjie Deur Dorette Prinsloo A s daar nou iets is wat die oueres en “taalagtiges” onder ons se bloeddruk opjaag, is dit die wyse waarop ons taal so effe deur die oningeligtes en sukkelendes getimmer word. Vra jy sekere jongmense na hul woordeskat en taalkennis staan jy verstom. Hoekom? Want soos die Paashaas, die perfekte man of vrou of ’n sinvolle dag by binnelandse sake bestaan dit gewoon nie. Wanneer ’n mens egter jou hare spreekwoordelik ’n bietjie losmaak en terugsit, kan hierdie woordeskat en uitdrukkings van groot waarde wees. Buiten die feit dat dit hoogs vermaaklik is, bring dit baie interessante inligting na vore. Wetenskaplikes het satelliete, duur ekspedisies en eksperimente, selfs ruimtetuie nodig om nuwe kennis op te doen. Vir onderwysers is dit maklik: Gaan merk net eindeksamenvraestelle! Só het die 2015-merksessie (in Gauteng) vir onderwysers die skatkamers van “kennis” oopgesluit … Behalwe dat woordsoorte transformeer van ’n hulpwerkwoord na ’n “uitvoerende voornaamwoord” is die jonger geslag se kennis van die diereryk voorwaar verstommend. ’n Makou is nie net “ ’n vool”, “ ’n tiepe papegaai” of “die geluid wat ’n hen maak” nie, maar kan ook “die plek wees waar ander gelowe aanbid”. As twee woorde dui “mak ou” blykbaar op “ ’n ou wat nie sal byt of krap nie” en “ ’n ou wat jy kan vryf”. As jy ’n kind wil verwar en ’n onderwyser laat skater, gooi ’n idioom by die taalbredie in. Só het die voltooiing van die bekende idioom “As die muis dik is ...” ’n see van nuwe moontlikhede laat ontvou. Die meel of koring was op die agtergrond, maar daar was darem diegene wat die kat êrens as rolspeler kon onthou. As die muis dik is ... “kuier die kat op die plaas”; “speel hy ver van die kat af”; “glimlag die kat”; “is die kat op hol”; “wen die kat”; “sukkel die kat om te sluk”; “is die kat lis”; en “is die kat dood”. Dan, in die lig van die moderne klem op die liggaam, is die muis self ook onder die vergrootglas geplaas. As die muis dik is … “is sy stert kort”; “hang sy pens op die vloer”; “is sy gat te klein” (watter gat?); “is die gat ook dik”; “hardloop hy stadig”; “is die bene lam en sleep sy stert”. ’n Interessante (en moontlik onbekende) wetenskaplike feit is … “dan ontplof hy” of dan “is hy verwagtend”. Een van die meer radikale opsies ... “laat hom oefen”. Dit is ook maklik om die muis wat dik is uit te ken, want blykbaar loop hy “twee rye spore” of “hy is vol van homself”! Die uitwerking van hierdie liggaamlike toestand op die spysvertering van die muis is ook deeglik ondersoek. As die muis dik is, word voltooi as … “dan ontlas hy aanhoudend” en “sit hy in die skuit”. Ek glo die antwoorde “moet hy druk” en “is die hol vol” (dalk hole?) het hier na die muisgaatjie verwys. Buiten sy invloed op die kat blyk die muis ook verbind aan die res van die diereryk te wees. As die muis dik is ... “verloor hy sy stert” (akkedisfamilie?); “is die slang groter”; “is die haas baas”; “is die olifant maer”; en “is hy stadiger as ’n skilpad”. Dan sekerlik die beste opsie: “As die muis dik is, is dit ’n rot!” Die hemelliggame het ook deurgeloop. Sterre, wat opsigself nie ’n moeilike begrip is nie, is baie vindingryk as ’n homoniem in sinne verklaar: “Haar sterre is groter as die deur, al loop sy reguit in”; “Die vrou se sterre hang lekker – sy sal moet oefen”; “Die bobbejaan krap aanhoudend sy sterre, so asof hy ’n stort nodig het.” Dan ook die meer gewaagde een: “Het jy jou sterre afgevee na jy by die badkamer was?” So, dalk is jy ’n waterdraer (“iemand met ’n groot nood wat moet piepie”), ’n “maleniejum-baba” of jy hou van die KKNK (“Kom kuier ná kerk”). Lag maar ’n slag, want wie laaste lag, is die stadigste! DORETTE IS DEEL VAN DIE ATKV-TAK KLANK-EN-KLEUR. ILLUSTRASIE: RONEL VAN HEERDEN. 10
  • 14. 11winter 2015 | taalgenoot Krap in my slaai A frikaans word eintlik net op twee maniere in die media weerspieël. Diegene wat dit anders gebruik, kan nie regtig hulself daarin sien nie. Platweg is dit óf Pretoria óf Kaapstad. Dis óf “ui” óf “y”. Vir die een groep bring daai “ui” ’n heerlike klank en dié wat ver-“skil”, stort trane oor daai uitspraak. Kaapse Afrikaans word meesal gesien as kras en plat. Die “jy” kry ’n lazer-skootgeluid vooraan en klink iets soos “ddzzzzy”. As ’n mond hom só afvuur, is dit gewoonlik ’n doodskoot vir puriste. Neem niemand die plekkies tussenin in ag nie? Behalwe vir Namakwaland, wat geredelik in humor deurkom, hoor mens niks merkwaardigs van plekke soos die Tuinroete, die Baai en byvoorbeeld die Boland se mense nie. G’n wonder hulle raak Engels as hulle die stede invaar nie. Is dit dalk omdat niemand in die Afrikaanse media hul weergawe van Afrikaans as ’n norm uitlig nie? Jy sal nie sommer ander uitsprake hoor by hoofstroomaanbieders of radio-omroepers nie. En moenie laat ek uitbrei op die gevreesde bry nie… Dis seker die einde van die wêreld vir Afrikaanssprekendes as ’n nuusleser moet bry! Toe ek in 2000 in Worcester land, het ’n ander Afrikaanse wêreld vir my oopgegaan. Ek onthou toe ’n meisie daar my vriend sy naam vra. Toe hy sê “Rodney” toe smaak dit daar groei twee voetpaadjies uit haar skoene uit! Watter pad sal sy loop met sy naam? Gaan sy die Amerikaanse roete met die “r”-klank gaan of gaan sy hom bry? “Rodney” of “Godney”? Dis nie asof sy die “r” misken of verontagsaam nie. Sy sien dit tog só en hoor hom ook só, maar as sy dit sê, klink dit anders… Robin-Dean Fourie is ’n sielsgenoot van my en ’n Worcesteriet in murg en been. Hy is die toonbeeld van integriteit en wysheid. Ongelukkig, om by die wysheid uit te kom, moet jy eers geduldig deur ’n geweldige hakkelry sit en ’n sarsie “g”-geluide waar ’n “r” hoort. Maar glo my, as jy dít kan verdra, verdwyn die las van bevooroordeeldheid met die lig wat sy hart deur sy mond kan losmaak. Behalwe vir goeie gesprekke kan sy pen sewe hemels na jou oë bring, en as rymkletser kan sy repetisies daarvan jou in elkeen van daai hemels vestig. As ek aan Robin dink, dink ek aan roomys. Hy was die eerste persoon wat my saamgenooi het McDonald’s toe om sy gunsteling, Caramel McFlurry, saam met hom te geniet. Hoe amazing was dit nie? Ek weet nie hoekom hulle destyds ’n strooitjie daarin gesit het nie. Dit was selfs te moeilik om met die lepel te eet, maar sjoe, was dit vir jou lekker! Dit het Robin se geselse vir my opgesom: Geniet dit net. Moenie dit probeer kanaliseer deur een of ander bevooroordeeldheid nie. Los die hakkel, los die aksent en los die gggggg’s… Verlede jaar het ek Robin, wat deesdae optree as Die Hooflig, genooi om deel van my produksie Die Afrikaansvatter te wees. Sy besonderse stuk digkuns was seker die room van al die optredes en meteens het almal in daai Kunstekaap-teater my McDonald’s-ervaring meegemaak. Elkeen daar kon roomys saam met Robin geniet. Sy song “Hoe ver moet ’n vers gaan voor dit vervaardig word?” het geëindig in ’n crescendo van applous. Of nee… dit wat mense laat regop sit het, was: “Hoe veg moet ’n vegs gaan?” En: “Dis my hart se taal wat my hand vertaal en in letters boks,” het hy verder geantwoord. Die applous was ’n teken dat elke luisteraar só sy deel van Robin se room eis. ILLUSTRASIE: RONEL VAN HEERDEN Deur Hemelbesem 11 DIS SEKER DIE EINDE VAN DIE WÊRELD VIR AFRIKAANSSPREKENDES AS ’N NUUSLESER MOET BRY!
  • 15. 12 taalgenoot | lente 2015 4x4’s en potgooie Deur Harry Kalmer “W anneer het julle Boere sulke kermgatte geword?” “Wat bedoel jy?” Ek en Josh Berger eet, soos elke maal wat hy Jozi besoek, in The Grillhouse in Rosebank. Ek is geïrriteerd. Al ken ek hom baie jare word ek steeds vies as hy Suid-Afrikaners kritiseer. Hy woon immers al amper 20 jaar in Kanada. “Stem jy nie saam nie?” sê hy onskuldig, al kan hy goed sien dat ek moerig is. “Dink jy nie ons het rede nie?” “Kla met ’n witbrood onder die arm.” Josh gebruik graag spreekwoorde wat ons jare tevore op skool geleer het. “Ek lees elke dag die Afrikaanse internetkoerante.” “Hierdie regering maak dinge nie maklik vir ’n mens nie.” “Eers was dit misdaad, nou’s dit die regering. Regerings is varke wêreldwyd. Oral… Israel… Brasilië… Amerika…” “Kanada?” sê ek. “Kanada ook…” Josh vat nog ’n sluk wyn. “Alle regerings is dieselfde.” “Bou Trudeau vir homself huise met belastinggeld?” “Wat is fout met julle?” ignoreer Josh my vraag. “Julle oumagrootjies is kaalvoet oor die Drakensberge.” Dit verstom my altyd hoe goed Josh Berger Afrikaans praat ná soveel jare oorsee. Toe hy in st. 8 in ons skool kom, kon hy net Engels praat. Hy was die enigste Jood in ’n skool met meer as duisend leerlinge en een van slegs drie Souties. “En ná 1994, toe almal gedink het julle gaan die vlaktes invlug, was dit júlle wat ’n effort gemaak het. Toe julle jobs verloor deur affirmative action het julle jul eie besighede begin en moue opgerol.” Ek wonder of Josh iewers ’n lys outydse Afrikaanse spreekwoorde het. “Dit word al hoe moeiliker om ‘moue op te rol’,” sê ek sarkasties en dink aan my oortrokke bankrekening en al die kliënte wat my besigheid geld skuld. Mense met wie ek al jare sake doen, maar wat al hoe langer vat om te betaal. Al die ander wat hul deure moes sluit. “Julle het strandhuise en four-wheel drives…” “Ek het nog nooit ’n strandhuis of ’n viertrek besit nie.” “Wat de donner is ’n viertrek?” “ ‘Viertrekvoertuig’ is Afrikaans vir four-wheel drive.” “ ‘Viertrekvoertuig’ vir four-wheel drive en potgooi vir podcast. G’n wonder mense vlug Nieu-Seeland toe nie,” lag Josh. Teen my sin lag ek saam. Einde st. 9 was Josh se Afrikaans so goed soos ons s’n. In matriek was hy onderhoofseun, lid van die Afrikaans-debatvereniging, dux-leerling en kaptein van die skaakspan. Vir die eerste maal in die geskiedenis het ’n Afrikaanse hoërskool in Johannesburg se interskole-skaaktoernooi gewen. “Ek dink julle oordryf. Net soos oor misdaad. Ek kom elke jaar terug en het nog nooit iets oorgekom nie.” “Dalk was jy net gelukkig.” “Miskien. Maar julle klomp kla beslis baie meer as in die ou dae.” “En ’n roomys het ’n tiekie gekos.” Iets in my stemtoon het Josh van onderwerp laat verander. Ons het lekker verder gekuier. Teen die tyd dat ek moes terug kantoor toe het ek weer besef hoekom hy die enigste skoolmaat is wat ek gereeld sien. Ons het by die restaurantdeur gegroet. Josh is weg om biltong te koop om terug Kanada toe te vat. Terug op kantoor het ek lank nuusberigte op Afrikaanse webblaaie gelees. Ná ’n ruk het ek saam met Josh gestem. Die Afrikaanse media en hul lesers kla beslis baie. Ek het ’n paar e-posse geskryf en toe ander werk begin doen. Later daardie middag het Josh gebel. Terwyl ons middagete geëet het, het iemand sy gehuurde kar gesteel. Hy wou weet of ek hom by die lughawe kon gaan aflaai. ILLUSTRASIE: RONEL VAN HEERDEN 12
  • 16. 13herfs 2016 | taalgenoot Oppirak “Groot kuns is so irrasioneel soos groot musiek. Dit is kranksinnig van sy eie skoonheid.” – George J. Nathan Kom kuier saam by die 2016 Nirox Winter Sculpture Fair (bl. 18).
  • 17. Voorgrond | OPPIRAK 14 taalgenoot | herfs 2016 Christiaan Bakkes is bekend aan Afrikaanse lesers wat lief is vir natuur- en reisverhale, veral sy Stoffel Mathysen-karakter, wat deurgaans op ware gebeure uit Bakkes se lewe gebaseer is. In hierdie bundel verskyn stories van Stoffel in die wildernis (2000), Stoffel by die afdraaipad (2004), Stoffel se veldnotas (2007), Stoffel in Afrika (2010), Stoffel op safari (2012) en Krokodil aan my skouer (2014). Stoffel-aanhangers sal nie teleurgestel wees nie en dis ’n aangename kennismaking vir Bakkes-groentjies. Die verhale handel oor sy avonture as safarigids en wildbewaarder, jagter en avonturier. Die verhaal “Dorpsbobbejaan” het my veral laat glimlag – dit het weer gewys op Bakkes se deernis vir diere en die natuur, asook vir mense. ’n Ander verhaal wat baie plesier verskaf het, was “Toorsafari”, wat afspeel gedurende sy werk as gids in die Ivoorkus. Hier vertel Bakkes dat hy eendag vir ’n Britse kliënt gesê het: “I come from a family with a proud history of shooting Englishmen.” Gelukkig het die safarimaatskappy se besturende direkteur Bakkes verstaan en hy was darem nie in die sop nie. Dis net ’n enkele voorbeeld van ’n verhaal wat getuig van Bakkes se eiesoortige sin vir humor en spitsvondigheid. Daar is ook ’n kleurfoto-afdeling met foto’s van onder meer sy geliefde honde Tier en Stompie, asook foto’s van sy reis na Uganda. Bakkes se skryfstyl lees maklik en dis amper of hy bier in die hand met jou sit en gesels in ’n boskroeg (en soos dit maar gaan in kroeë en in die bos is die taal soms gekrui). Beslis die lees werd, veral vir natuurliefhebbers wat nog onbekend is met Bakkes se werk. Dis tyd dat dié wat hom net ken as die ou wie se arm deur ’n krokodil afgebyt is, bekend raak met Afrika se eie Indiana Jones. – Johan Jack Smith Stoffel: Die beste stories CHRISTIAAN BAKKES (HUMAN & ROUSSEAU) Cas Vos se nuutste digbundel, Voor-bode (2015), is vol betekenisse met sewe (heilige getal) afdelings waarvan die vooruitskouende titels saam met die temas van die gedigte opklink. Opvallend is die koppelteken: die engel, sinoniem van bode, word as sleutelmotief beklemtoon (Afdeling III). Die engelmotief word ook versterk deur die titelwoord “bode”, wat op die voorblad in vet letters verskyn saam met ’n engelvlerk. Die koppelteken vestig verder die aandag op die betekenis van “voor” as die voortyd met opeenvolgende lewenstadiums: die voorgeboortelike voortyd, die lewensloop met “peillose lyding”, die “swart nag” van sterwe. In “Voorlopers” verwys die voor-skrywers na gestorwe woordkunstenaars met ’n satiries-ironiese heenwysing na Peter Blum se gedigte. Die engele verskyn in die gedaante van geliefdes, heiliges en die liefde, en bring nie noodwendig slegte tyding nie. In die openingskwatryn, “Voor-bode”, is die môrester, oog van die daeraad, ’n draer van hoop. Die liefdesbriewe van Mozart en Keats is delikaat verwerk tot volwaardige gedigte waarin die liefdesbode intieme gedagtes oordra met sielvolle beelde soos “sonder jou kraak drome” (bl. 54). Hoewel baie gedigte ingebed is in sombere onheil, pyn, vernietiging en broosheid is daar ook die teenpole (soms ironies) wat as teenoorgesteldes soos drade in die gedigte lê: dood – stralende stad (bl. 18); verguising – ontferming (bl. 30); karigheid – volheid (bl. 65); kanker – ’n wonderwerkie (bl. 89). Benewens die reismotief, spirituele gedigte, ars poetica (“Oersprong”) en gedigte oor al die liefdesgeledinge, aftakeling en die onontkombare dood word die bundel tematies verryk deur nuwe, aktuele onderwerpe. Armes en bedelaars verskyn en hartverskeurende onthoofding kry meedoënloos konkrete gestalte in geloofsgeteisterde lande. In “Marikana” is daar “roubevange families” asook Madiba se vergete boodskap. Tematies aansluitend is daar vertaalde gedigte van die Griekse digters, Giorgos Seferis en Konstantinos Kavafis. Laasgenoemde se “Ithaka”, wat die digter se reis na God versinnebeeld, is meesleurend vertaal en ’n skat vir Afrikaans. Klankrykheid, woordspelings en vindingryke beelding is volop. In die slotgedig word die reis na God met ’n grootse paradoks voltooi: Die mens, wat net ten dele sien en hoor, word verras deur “die volheid” (bl. 124). – Marietjie du Plessis Voor-bode CAS VOS (PROTEA BOEKHUIS)
  • 18. 15herfs 2016 | taalgenoot Matisse in Johannesburg 15herfs 2016 | taalgenoot Foto:Verskaf S tandard Bank, in samewerking met die Franse Instituut in Suid-Afrika (Ifas), bring in Julie ’n uitstalling na die Standard Bank-galery in Johannesburg van werke deur Henri Matisse. Dié uitstalling, Rhythm and Meaning, word moontlik gemaak deur die samewerking van die Franse ambassade in Suid-Afrika en die Musée Matisse in Le Cateau Cambrésis in die noorde van Frankryk. Die uitstalling sluit skilderye, tekeninge, collages en grafiese drukwerk in wat dateer van Matisse (1869-1954) se vroeë Fauvistiese dae tot die knipwerk wat hy kort voor sy dood gemaak het. Die fokus van die uitstalling is 20 kleurige collage-drukke wat Matisse gebundel het as Jazz, ’n kunstenaarsboek in beperkte oplaag. Dié portefeulje is in 1947 uitgegee deur Tériade en bestaan uit poëtiese teks en bont prente met die sirkus en teater as tema. Die uitgelatenheid van dié werk staan in skrille kontras met Matisse se omstandighede destyds. Nadat kanker in 1941 by hom gediagnoseer is en ná operasies wat hom bed- of rolstoelgebonde gelaat het, het hy in 1943 uitgewyk na Nice in die suide van Frankryk om moontlike lugaanvalle op Parys te ontduik. In dieselfde jaar, op 74, het Matisse aan Jazz begin werk. Hy kon nie meer verf of skilder nie en het gekleurde papier gebruik wat hy as collages gerangskik het – werk wat bekend staan as cut-outs. Met die hulp van assistente het Matisse twee jaar bestee aan dié werk, waarin kleur en lyn seëvier. Dit was ’n tyd wat hy beskryf het as sy “tweede lewe”. Tériade het “Jazz” as titel voorgestel en Matisse het onmiddellik daarvan gehou, juis omdat dit kuns en musikale improvisasie verbind. Aanvanklik was die gedagte om die boek “Sirkus” te noem. Dit is immers die sirkus- en teaterwêrelde wat die bepalende faktor is in dié 20 drukke, almal min of meer 40 cm x 66 cm groot. Matisse het daarna verwys as “die neerslag van herinneringe van sirkusse, volksverhale en reise”. Volgens Wilhelm van Rensburg, wat as opvoedkundige kurator van Rhythm and Meaning die geleentheid gehad het om ’n werkboek vir laerskoolleerders oor die uitstalling saam te stel, is van Matisse se ontwerpe, wat hy op linne gedruk het, ook deel van die uitstalling. Die besonder mooi Oceania, the Sky, wat van 1946 dateer, is immers in die versameling van die Musée Matisse. Anders as met vorige uitstallings toe net ’n uitstallingshandleiding vir leerders beskikbaar was, is daar ’n volledige opvoedkundige projek gekoppel aan die Matisse-uitstalling. “Benewens die begeleide toere Woensdae tydens die etensuur en Saterdagoggende vir die duur van die uitstalling is daar ook werksessies met leerders,” sê Wilhelm. “ ’n Nuutjie is dat ’n aantal skole wat nie na die galery kan kom nie, besoek word met visuele materiaal, wat ’n oorsig van die uitstalling gee.” Boonop is die werkboek van só ’n aard dat dit ook volwassenes sal bekoor. Die kurators van Rhythm and Meaning is Patrice Deparpe, direkteur van die Musée Matisse, en Federico Freschi van die Universiteit van Johannesburg. Rhythm and Meaning is van 13 Julie tot 17 September te sien in die Standard Bank-galery, h.v. Simmonds- en Frederickstraat in Johannesburg. Navrae: 011 631 4467. – Johan Myburg Icarus, die sewende drukwerk uit Henri Matisse se Jazz-reeks.
  • 19. Voorgrond | OPPIRAK 16 taalgenoot | herfs 2016 Irma Joubert het dit dalk nie so bedoel nie, maar met die lees van Immer wes kon ek dit nie verhelp om te dink aan die duisende vlugtelinge uit lande soos Sirië, Irak, Iran en Afganistan wat daagliks veilige heenkome in Europa soek nie. Of aan die mense van ander Afrika-lande wat na Suid-Afrika stroom, net om weer verjaag te word deur xenofobiese aanvalle. Ons is almal vlugtelinge. Immer wes – die eerste in ’n trilogie – vertel die verhaal van Hildegard von Plötzke, ’n dogtertjie van die Oos-Pruisiese adel wat deur oorloë, opstande en armoede meegesleur en uiteindelik aan die suidpunt van Afrika uitgespoel word. Hierdie bildungsroman gaan oor die dapperwording van Hildegard. As rykmanskind word sy eensaam groot; haar weelderige ouerhuis in Königsberg is koud en liefdeloos, ’n tema wat herhaal word wanneer sy met ’n ouer man in Berlyn trou om haar pa se toekoms te verseker. Tog koester sy deur die jare haar jongmeisiedrome oor Gustav, die jong man van Deutsch-Südwestafrika met die mooi hande en die spontane glimlag. Joubert is nou maar eenmaal die koningin van die historiese roman. Hildegard se storie speel af tydens die Russies-Japanse Oorlog, die Groot Oorlog (later bekend as die Eerste Wêreldoorlog) en die Tweede Wêreldoorlog. As kind glo sy haar pa se stories van hoe die ridders die evangelie na die “wilde ooste” gebring het; as jong meisie leer ken sy die futiliteit van oorlog; as getroude vrou moet sy toekyk hoe haar man en seuns vir Hitler veg en slaafs glo dat die Joodse bevolking Duitsland se nederlaag in die Groot Oorlog veroorsaak het. Sy word al hoe meer skepties oor die mans se slimpraatjies en besef dat terwyl die mans oorlog maak, dit die vroue en kinders is wat die meeste ly. Tydens die afloop van die Tweede Wêreldoorlog sien ons hoe Hildegard verander van ’n gedienstige dogter en vrou tot ’n tierwyfie, wat alles in haar vermoë sal doen vir die welstand van haar dogter, Esther (’n Joodse naam wat weer dui op Hildegard se verborge opstandigheid). Daar’s ’n wonderlike toneel waar sy, ’n ware dame, tussen mense se voete deur kruip vir twee blokkies botter. Iets wat duidelik uitstaan, is die feit dat oorloë, vervolging, onderdrukking en diskriminasie ten spyte van die geskiedenis se lesse telkens weer herhaal word. – AP van Wynegaard WEN! Ons gee 3 kopieë weg. SMS TG + IMMER na 44131. Immer wes IRMA JOUBERT (LAPA UITGEWERS) Just Jinjer - Everything since then (ONAFHANKLIK) Just Jinjer vlieg al vir lank onder die radar, sedert die groep se terugkeer van ’n probeerslag in Amerika. ’n Mens kan dus tereg wonder wat ’n nuwe album ná sewe stil jare gaan oplewer ... Maak gereed om aangenaam verras te word: Everything since then is ’n opbeurende album met heelwat treffers, goed beplan en goed vervaardig. Die ouens eksperimenteer met hulle klank: hulle kombineer elektronika met rock en sorg vir die musiek wat “hulle wil maak”. Hier en daar syfer ’n Coldplay-klank deur. “Wonderful World” en “Walk It Off” is twee persoonlike gunstelinge. As die swaar klavierklanke aan die begin van “Stand in your way” jou keel skoon laat toetrek van die nostalgie, en jy steeds die kitaar-riff van “Shallow Waters” kan speel, behoort die album jou gelukkig te maak. Maar dit is ook ’n baie luisterbare bekendstelling vir enigiemand wat nog nooit van Just Jinjer gehoor het nie. - Donnay Torr
  • 20. 17herfs 2016 | taalgenoot Piet van Rooyen se nuwe roman getuig weer dat hy een van die mees gesoute romanskrywers is in Afrikaans. Hans-Joachim Kramer is ’n skatryk Duitse swendelaar met ’n behoefte om ’n plaas in Afrika te besit, spesifiek Namibië. Hy vlug van die Duitse regering, wat warm op sy spoor is, saam met sy vrou en twee jong kinders en vestig hom op La Rochelle, ’n plaas met baie jagpotensiaal. Hy stel vir Daantjie Weerlig aan as voorman en later vir Vaalperd Ses, ’n Herero van die Bosoorlog. Van die begin is dit duidelik dat dié twee karakters swaarde gaan kruis, met verreikende gevolge vir Kramer. Aan die ander kant van die spektrum het ons vir Rachel da Silva, ’n jong staatsaanklaer met haar eie intriges en probleme, veral met haar pa van die Zambezi-distrik. Die twee afsonderlike verhale word baie goed verweef; met ’n hedendaagse Namibië as agtergrond. Twee tonele was vir my besonders: Die toneel langs die pad na La Rochelle waar Daantjie Weerlig en Vaalperd Ses herontmoet en die toneel waar die hoofkarakter ’n leeu gaan jag noord van Kamanjab, langs die Etosha-panne. Van Rooyen wys hier dat Afrika beslis nie vir sissies is nie net voordat die leser te gemaklik raak met mooi sonsondergange en pragtige landskappe. Sy kennis van Namibië se geskiedenis en politieke bestel is noemenswaardig. Veral die natuurtonele word pragtig uitgebeeld en die leser kry die behoefte om self ’n draai te gaan maak. Van Rooyen se karakterisering is ook goed – hy gee genoeg aandag aan ál die karakters, wat hy treffend inkleur. Die agterblad verklap wel bietjie te veel van die storie. En die einde het my bietjie melancholies gelaat, maar ek dink dis deel van Van Rooyen se vernuf. Hy vertel die storie sonder om dit te veel te romantiseer. – Johan Jack Smith Voëlvry PIET VAN ROOYEN (PENGUIN UITGEWERS) Die naaimasjien en ander stories deur Rachelle Greeff is enersyds ’n boek wat ek graag vir myself wil hou om met elke herlees nuwe idees te ontdek; andersyds wil ek dit vir al my vriende leen sodat ons met wyn in die hand daaroor kan gesels. Die titelverhaal is die sewende storie in die bundel van tien kortverhale, het in 2008 die eerste keer in Die Burger verskyn en is sedertdien verwerk tot die suksesvolle eenvrou- verhoogstuk met dieselfde titel. Met die drumpelteks “Al wat ek sien” word die leser medepligtig in die skeppingsproses – “die storieverteller én die luisteraar onthou wat hulle wil” (bl. 10) – en dui die outeur op die onbetroubaarheid van die verteller: “Was dit werklik Nan se woorde? ... die geheue is niks meer nie as ’n toneelstuk, nie twee opvoerings is eenders nie” (bl. 12). Greeff se karakters bied verstommende insig tot die menslike toestand: eensaamheid, verganklikheid, verhoudings, die verbygaande passies van die lyf. Die karakters lééf deur die skrywer se taalgebruik en fyn waarnemingsvermoë en bied ’n blik op talle verborge aspekte van die samelewing. Dis ook wonderlik hoe een storie se newekarakter elders in haar eie storie aan die woord kom. Ironie span deur die stories soos ’n silwerdraad: ’n Wit vrou probeer ’n bruin vrou daarvan oortuig dat almal gelyk is – te blind om die magsverhouding te sien wat die bruin vrou forseer om stil te sit en na haar dronkstories te luister. Ná jare sien ’n bloemiste weer die minnaar wat haar seergemaak het – nou ’n boemelaar op straat. ’n Britse vrou wonder hoekom ’n Karoodorpsraad nie die werkloses inspan om die strate skoon te maak nie en word vermoor omdat sy ’n man wegjaag wat werk soek. Greeff skryf meesterlik subtiel oor rasverhoudings, homoseksualiteit, armoede, geweld, geskiedenis en ons verhouding met taal en tuisland. Tog, die stories dra geensins swaar aan hul temas nie, en een van die bekoorlikste verhale is dié van “Uil en Kaatjie”, ’n ouer paartjie wat steeds mekaar se geselskap – en lyf – verheerlik. Taal is die gom wat alles bind. Greeff skryf óór en déúr taal, met beskrywings wat lank ná die lees daarvan steeds opklink. – AP van Wynegaard Die naaimasjien en ander stories RACHELLE GREEFF (TAFELBERG)
  • 21. Voorgrond | OPPIRAK 18 taalgenoot | herfs 2016 Kuns in die buitelug 18 taalgenoot | herfs 2016 Foto’s:Verskaf D ie 2016 Winter Sculpture Fair, die jaarlikse buitelug- kunsuitstalling op die Nirox-landgoed in die Wieg van die Mensdom wat gepaardgaan met kos en wyn van die Franschhoek- omgewing, word op 7 en 8 Mei aangebied. Vanjaar span die Nirox-stigting saam met die Britse Yorkshire Sculpture Park (YSP) vir ’n uitstalling van beeldhouwerk deur meer as 40 Suid-Afrikaanse én buitelandse kunstenaars. Die kurator van vanjaar se beeldhouskou, A Place in Time, is Helen Pheby, senior kurator van die YSP. Sy werk saam met Mary-Jane Darroll, wat bygestaan word deur Naudia Yorke en Danika Bester. Onder die buitelandse kunstenaars wie se werk ingesluit is, is die Britte Richard Long en Tom Price, die Egiptiese kunstenaar Moataz Nasr, die Amerikaner Rachael Champion en die Oekraïnse beeldhouer Anton Burdakov, wat deesdae in Londen en Berlyn woon en werk. Die Suid-Afrikaanse kunstenaars sluit in Willem Boshoff, Nandipha Mntambo, Mikhael Subotsky, Angus Taylor en Marco Cianfanelli, asook die Burundiër Serge Alain Nitigeka, wat deesdae in Johannesburg woon en werk. Die 2016 Winter Sculpture Fair is op albei dae van 10:00 tot 17:00 oop vir die publiek. Kaartjies kos R165 stuk slegs by webtickets.co.za. Toegang vir kinders jonger as 12 is gratis. Besoek wintersculpturefair. co.za. – Johan Myburg Kom verlustig en verdiep jou in kuns en kultuur teen die agtergrond van die natuur en die bekoring van die buitelewe by die 2016 Winter Sculpture Fair.
  • 22. 19herfs 2016 | taalgenoot My leeswêreld het aansienlik verbreed vandat ek in 2014 Chris Karsten se boeke ontdek het. Met die hoogs intelligente reeksmoordenaar Abel Lotz het Karsten bewys dat hy diep in die psige van ’n monster kan kyk en die duisternis van die afgrond kan oorvertel. Toe speel Ella Neser klaar met Abel en los ons met ’n leemte wat nie maklik weer gevul sal kan word nie. Groot was my vreugde toe ek hoor Ella is terug in Karsten se jongste misdaadroman, maar ek het gewonder of sy ’n hele boek op haar eie sal kan dra. Maar natuurlik kan sy! Ná haar onderonsie in België is Ella se stem hees en sy sukkel om haar bewende hande vir kol. Silas Sauls weg te steek. Sy oplossing is om Ella in die diep kant in te gooi en hy gee haar die raaisel van die vier linkervoete wat in ’n winkelsak gevind is. Dis dán wanneer die oud-speurder Lou Pepler sy opwagting maak; hy dink die voete het iets te doen met sy onopgeloste saak van 1993 – die verdwyning van die rykmanskind Billy Katz. Die verhaal speel af in die hede en verlede, en Karsten weef ’n spannende storielyn vol intrige wat draai om die binnelewe van ’n enkele gesin, wat mans vermoor en hul ledemate verkoop aan sangomas. Die dialoog is soos altyd treffend en vlymskerp. My gunstelingdeel is wanneer die brigadier in 1993 Lou se stilte probeer koop met ’n bevordering en sê: “Ek kan enigiets doen; ek het ’n snor.” Die verdwyning van Billy Katz is nie ’n whodunit nie, maar eerder ’n whydunit, en ook die storie van die enkeling se stryd teen ’n verrottende sisteem. Tog het ek na Abel verlang en wens Karsten het meer tyd in Mona, die matriarg van die Pottas-gesin, se kop spandeer. Dan weer, dalk het sy hom nie vir baie lank “toegelaat” nie. Die groot triomf is Mona se aanneemkind Rakker, geïnspireer deur NP van Wyk Louw se Raka, wat vir ’n paar verrassings sorg. – AP van Wynegaard Die verdwyning van Billy Katz CHRIS KARSTEN (HUMAN & ROUSSEAU) Hoewel Dolf van Niekerk as veelsydige skrywer verskillende genres beoefen en meermale literêre pryse ontvang het, is hy steeds sedert sy debuut die “groot onbekende” (Kannemeyer, 1998). Die sin-soekende aard van die digbundel Portrette in my gang (2015) is ’n voortgesette kenmerk van Dolf se oeuvre. In hierdie sesde bundel is die gang en portrette simbole van herinneringe en verlange; lewensoomblikke waarin na balans gesoek word tussen aankoms en vertrek. Die titel van die openingsgedig, “Vergange”, is ’n vernuftige woordspeling met vergange tyd wat die beeld van die gang as galery van herinneringe oopsluit en versterk. Terselfdertyd word die tydsindeling opgehef omdat verlede, hede en toekoms saamvloei. Die gang verteenwoordig immers die hede. Sentraalstaande is die portretgedig, “Mastos”, oor sy vroeg oorlede, nooit gekende moeder op die omslagfoto. Die afstandelike borsbeeld-portret word versag deur die titel, die Grieks vir vrouebors, wat warmte suggereer. Nog ’n intieme gedig handel oor die digter se sterwende vader waarin albei se verlange na die moeder oplaas “kruis” (bl. 28). Benewens persoonlike beelde word name van talle beroemdes met ’n filosofiese en eksistensialistiese inslag opgeroep. Vergelyk die beskouing oor die “hordemens”, wat bloot draer is van Nietzche se “groot niks” (bl. 36). Die tydsbelewenis van die digter verdig in “Wiederkehr” met die besef van tydsiklusse en dat alle “syn” herhaal word (bl. 16). Net so herhalend is elke storie en gedig wat teruggryp na “ou bewussyn” (bl. 34), terwyl elke geslag “ ’n kopskuif maak” vir beter begrip (bl. 50). Van die treffende natuurgedigte is opvallend in hul vervlegtheid met die peinsende mens. Die “huil” in “huilboerboon” word ’n betekenisvolle toekomsblik oor hoeveel lente daar vir die boom én digter oorbly (bl. 42). Die portretgang eindig met ’n kritiese “Selfportret”, waarin die misterie steeds huiwer – net soos die “Groot Gees” in die vertaling van die Onse Vader (bl. 53). Portrette in my gang is ’n bundel waarin die insigte, herinneringe en emosionele pyn suiwer tot ryping kom. – Marietjie du Plessis Portrette in my gang DOLF VAN NIEKERK (PROTEA BOEKHUIS)
  • 23. Voorgrond | OPPIRAK 20 taalgenoot | herfs 2016 Die oeroue stryd tussen man en vrou. En die vrou se soeke na haar eie plek in die samelewing. Dít is van die temas in hierdie uiters knap debuut deur Debbie Loots. Die sentrale karakters is Lien, wat as kind toekyk hoe haar ouers se huwelik verbrokkel; haar ma, Vera, en dié se twee mans: Willem en Hendrik. Op die agtergrond is Lien se tante Brenda, wat lank voordat die leser haar ontmoet reeds as ’n sterk karakter uitgebeeld word. Die verhaal speel in die jare 70 en 80 af en lesers ouer as 40, sal veral kan identifiseer met die ure se pret wat voorstedelike kinders destyds by die openbare swembad gehad het. ’n Reis na ’n vervloë tyd. Die apartheidskwessie word nie pertinent blootgelê nie, maar die skrywer bring tog met amperse weggooisinne die groot skeiding van destyds na vore. Op bl. 22 besin Vera in Pietersburg – waarheen die gesin trek om die ouerpaar se huwelik te red – oor haar nuwe omstandighede. In Pietersburg is die lug te helder en te skoon. Die uitspattigheid daarvan maak haar verergd. “Dis soos ’n swart gesig wat ewe skielik in die dorp voor jou opdoem, tussen al die wittes. Mens skrik jouself op die plek kwaad. Jy voel amper beledig.” Die leser is aanvanklik moedeloos oor Willem, wat nie getrou kan bly aan een vrou nie. Wanneer Vera uit meestal voorstedelike verveling ook haar gunste begin deel, is jy aanvanklik dankbaar dat sy wel iets aan haar situasie doen. Maar ’n mens wil haar later aan die skouers gryp en skud wanneer sy skynbaar met niks tevrede is nie – selfs wanneer sy met die sorgsame Hendrik trou. Loots slaag daarin om karakters te skep met wie jy empatie het. Al hou jy nie van Willem nie, kan jy nie anders nie as om met deernis toe te kyk hoe hy sy groot liefde, die pruikdraende Poppie met haar oordaad grimering, probeer tevrede hou en uiteindelik van haar moet afskeid neem. Brenda, die vrou wat daarin geslaag het om in ’n groot mate die knellende kettings te vermy van dit wat van vroue verwag word, is dalk ’n beter “ma” vir Lien as Vera. Sy gesels ure lank met ’n jong Lien oor die telefoon en gee deurdagte raad. Dis ook by haar waar Lien steun kry wanneer sy ’n lewensveranderende keuse moet maak. Met die lees van hierdie boek doen die leser bestekopname. Jy onthou daardie jare en hoor weer die sonbesies in die Hoëveldse lente. Jy onthou die schädenfreude van die grootmense wanneer ’n jong meisie skielik moet trou, want sy is “in die ander tyd”. Hierdie is ’n boek oor verwagtinge, oor teleurstellings, oor die sleur van die alledaagse. Hier is nie grootse helde of heldinne nie. Ook nie werklike grootse persoonlike rampe of tragedies nie. Net doodgewone mense wat verwag dat daar méér aan die lewe moet wees, maar ook nie die geleentheid of die begeerte het om werklik iets dramaties aan hul lot te verander nie. – Stephanie Nieuwoudt Split DEBBIE LOOTS (QUEILLERIE) Drome HEUNING (DAVID GRESHAM RECORDS) Heuning bestaan uit Jeanette Rootman en Henk Dercksen en is besig om bekend te word as Suid-Afrika se gunsteling- Afrikaanse country-duo. Die titelsnit en die vierde snit, “Skree”, staan veral uit. Die musiek herinner soms aan Of Monsters and Men, of selfs Mumford and Sons (veral die begin van die snitte vanweë die sterk banjo- aanslag). Die verwerkings is goed en daar is nie veel gepeuter met hulle stemme gedurende opnames nie. Heuning maak ligte musiek; luistermusiek vir diegene wat nie wil hoor of hulle om elke “noot en draai” ’n slim liriek kan vind nie. Die tempo en verwerkings is wel voorspelbaar, maar dit bly toeganklik vir ’n wye mark.
  • 24. 21herfs 2016 | taalgenoot Dana Snyman se styl is soms bedrieglik eenvoudig. Maar vandaar ook sy trefkrag. In die blou kamp is ietwat anders as sy vorige boeke. In die “soort voorwoord” skryf Snyman daar is ’n soort voorlopigheid aan baie van die dinge wat hy op Facebook skryf. “Soms is dit ’n reaksie op iets wat ek gesien, gehoor of gelees het. ’n Ander keer is dit ’n optekening van ’n bynaterloopse ervaring, selfs ’n aanhaling uit ’n dagboek, ’n langer beskrywing van iets oor hoe ons hier en nou lewe. Of in die verlede geleef het.” Soos menige skrywer lyk dit of Snyman die onmiddellikheid van Facebook bevredigend vind. Soos die gewone Facebook-gebruiker plaas hy ook foto’s, maar in Snyman se geval word die foto’s aangevul deur pensketsjuwele. Uit hierdie versameling sketse is dit ook duidelik Snyman se oog kyk nie minder skerp wanneer hy iets waarneem wat uiteindelik op Facebook verskyn nie. Met die lees van die verhaal “Wasdag” voel jy magteloos: Om die T-hemp met Zuma se gesig op lees jy ’n hele wêreld van nie-verstaan raak. Jy lees oor die egpaar wat vir Mandela stem, al is hy lankal nie meer ’n kandidaat nie. Wat glo dat Zuma vir hulle ’n huis verniet gee en lojaliteit verdien. Wat met ’n T-hemp omgekoop kan word om te stem. Dis in die stemme van dié mense wat daagliks op die periferie van jou bewussyn is dat jy ’n Suid-Afrika buite jou middelklasbestaan leer ken. Soos die lorriedrywer Hannes en sy vrou, Daleen. Die vragmotor waarmee hulle goedere vervoer en in drie maande 42 000 km afgelê het, is hul huis. Of soos Anneries, wat tydens padwerk met sy rooi vlag voertuie laat stilhou. Maar hy staan nie net en waai nie; hy “dink baie dinge, sien dinge, voel dinge”. In die skets “Kom in Gert, kom in” word die gebeure weergegee in die poëtiese stem van Gert Vlok Nel. En ’n mens ervaar dieselfde emosie as wanneer jy na Nel se liedjie “Waarom ek roep na jou vanaand” luister. Dis die vermoë om hierdie klein vinjette oor die alledaagse neer te pen waarin humor, vernedering, patos, woede, trots, verlange, politiek, hulpeloosheid en hoop opgesluit lê wat van Snyman ’n goeie waarnemer en dus ook ’n goeie storieverteller maak. – Stephanie Nieuwoudt In die blou kamp DANA SNYMAN (TAFELBERG) Die titel van Emma Bekker se 2015-debuutdigbundel het die betekenis van skuur (skrynwerker) en pyn. Al skrynende, dus pynlik, word verskeie digsoorte in ses afdelings losgeskaaf tot ’n bundel; ’n skryn (’n derde betekenis) as houer van kosbare herinneringe en ervarings. Die reismotief word as sterk draad reeds in die tweede gedig vasgeknoop met geïmpliseerde nuuskierigheid as kenmerk van ’n vrouewaarnemer. Die fisieke reise in “Stilbaai” en “Tweede wittebrood” word uitgebrei tot verkenning van innerlike landskappe. In “een nag op ’n trein na Pretoria” – intertekstueel ’n terugflits na dié Briel-liedjie met ondertone van hartseer en afskeid – bied die dogtertjie se krytblik vastigheid. Die vrouespreker in hierdie bundel is verrassend onkonvensioneel en nuuskierig ondersoekend, die “curious girl” (bl. 12). Geensins skroomvallig verken en ervaar sy haar lyflikheid, (in “lyfrede”), spiritualiteit, kwesbaarheid en kreatiwiteit, laasgenoemde in verse soos “Ars poetica”. Die lyf op die voorblad verteenwoordig ’n altaar. In dieselfde trant benader die spreker die (dikwels onaangename) stadslewe saam met die tuin en die veld. Die bundel open met ’n waarskuwende stadstoneel, ’n kwatryn met hoë heinings en ’n drankwinkel. Vir die digter is dit egter ’n Nineve, waar sy met haar hande moet gaan dien en moontlik ’n interpretasie van haar rol as masseerterapeut. Die spel met woorde, betekenisse en wêrelde word aan die einde saamgevat met ’n slot en ’n sleutelbeeld as uitnodiging om weer te besin oor die bundelinhoud. Die musikaliteit en natuurlike ritme en rym met die gemaklike rondbeweeg tussen versvorme, die ironie, parodie en humor is meevoerend met interessante invalshoeke, Oosterse ondertone en ongewone inhoud. Maar myns insiens is dié ryke oes te veel vir een bundel. – Marietjie du Plessis Skryn EMMA BEKKER (PROTEA BOEKHUIS)
  • 25. Voorgrond | OPPIRAK 22 taalgenoot | herfs 2016 Nogtans sal ek sing ANNELI VAN ROOYEN (WOW MUSIC DISTRIBUTION) Ek kan nie Anneli van Rooyen se naam hoor sonder om ’n bietjie nogstalgies te raak nie. My ma was mal oor haar. Selfs my broer, wat lief was vir rockmusiek, het “Ek lewe” tot vervelens toe kliphard oor sy hoëtroustel gespeel. En dan praat ek nie eens van al die skoolrevues nie. Nogtans sal ek sing is Anneli se eerste album in bykans 12 jaar. Hoekom die lang wag? In Oktober 2007 is ’n a-tipiese trigeminusneuralgie, ’n brandpyn in ’n senuwee aan die regterkant van haar gesig, by haar gediagnoseer. Die afgelope agt jaar is geplunder met ingrypende operasies, tallose pogings om permanente senuskade te bestuur en slegte nagevolge. Soos sy dit self stel in die CD-omslag: “Ek het weer leer praat, maar ophou Hooglied STEYN DE WET (VONK MUSIEK) Een van my vriende, gewoonlik vol nonsens, het liries geraak oor Steyn de Wet. Dus was ek nuuskierig om te sien waaroor gaan die bohaai. Die eerste snit van die album Hooglied het my laat aarsel; die lirieke en Steyn se stem is ’n bietjie onduidelik – of sy stem wegraak tussen ’n mengelmoes instrumente. Gelukkig was dit van korte duur. In die algemeen is Steyn se rustige, stadige snitte vir my beter en dit sorg vir ’n genotvolle gevoel van melancholie, met spesifieke verwysing na “Stoksielalleen” en “Okavango”. “Songs van verliefde mense” getuig van Steyn se vermoë as liriekskrywer: Maar ek sing jou die songs van verliefde mense In die sagste skadu van die helderblou berge Wat kaassny en wynskink met handvat en oogknip en lewe in oorvloed in eenvoud kan vind Sy lirieke is eenvoudig, maar treffend. Geen soetsappige rymelary nie. Die titelsnit is ’n persoonlike hoogtepunt; die klaviere werk uitstekend en sorg vir ’n “epiese” gevoel, met die refrein wat die snit lei tot ’n perfekte klimaks. Dit het ’n meer moderne inslag wat herinner aan The Killers. Ek het gehoop vir nog van dieselfde. “Bolandse wyn” is ’n vertaling van Michael Kunze se “Come Share the Wine”. En dit is hier waar die album my effens kwel. Dit wil soms voorkom of Afrikaanse kunstenaars die spasie vul met instrumentale snitte en covers. En dit doen afbreuk aan die oorspronklike liedjies. Wag eerder totdat jy genoeg materiaal het en stel dán vry. Gelukkig is daar net twee sulke snitte. Behalwe vir dié kwelling is dit ’n sterk album en beslis die luister werd. Veral as jy regtig wil lúíster. Ek sien uit na die kunstenaar se volgende vrystelling. - Johan Jack Smith
  • 26. 23herfs 2016 | taalgenoot In ’n vorige uitgawe het ek Witwatersrand, die Afrikaanse vertaling van Wilbur Smith se When the Lion Feeds, onder oë gehad. Liefhebbers van Smith se werk sal verheug wees dat The Sound of Thunder, die vervolg van Smith se debuut wat in 1966 gepubliseer is, nou ook in Afrikaans beskikbaar is met die titel Donderslag. Die verhaal van Sean Courtney word hervat jare ná die gebeure in Witwatersrand en die dood van Sean se vrou. Daar is ’n oorlog aan die broei tussen Boer en Brit en nadat die Boere Sean se waens en goud buit, skaar hy hom by die Engelse om die Boere op die slagveld aan te vat. Om die oorlog vanuit Sean se invalshoek te beleef, is ’n interessante ervaring vir lesers wat straks meer aan die Boerekant van sake blootgestel was. Sean is in ’n stadium die leier van ’n kommando wat poog om guerrilla- taktiek teen die Boere in te span – ’n taktiek wat die Boere met welslae gebruik het. Maar die oorlog speel nie net in die veld af nie. Die bitterheid tussen Sean en sy broer Garrick is ’n tema wat sterk na vore kom in Donderslag – op die slagveld en veral ook in die gebeure ná die oorlog. Dan is daar ook Ruth, die vrou op wie Sean verlief raak. Een aand tydens ’n donderstorm (vandaar die dubbelsinnige titel) verwek Sean en Ruth ’n dogter, Storm. Ruth is egter reeds getroud en verlaat Sean om na haar man terug te keer. En soos die noodlot dit wil hê, bevriend Sean uiteindelik – ná vele veldslae en beproewings – Ruth se man, Saul, in die spreekwoordelike loopgrawe. Saul sneuwel egter in die oorlog en Sean besluit om Ruth weer te vind. Die verhaal is sekerlik bekend aan liefhebbers van Smith se werk. Die groot vraag is dus hoe dit slaag gemeet aan hedendaagse verwagtinge en of die vertaling daarvan reg laat geskied aan die oorspronklike werk – nie net aan die verhaal self nie, maar ook met betrekking tot die ideomatiese aanpassing vir die moderne leser. Die vertaler, Zirk van den Berg, kry dit reg om met Donderslag ’n teks te bied wat gemaklik met moderne Afrikaanse tekste vergelyk. Omdat dié boek ten tyde van sy publikasie waarskynlik nie fatsoenlik genoeg was vir Afrikaanse lesers nie, moet die geleentheid om Donderslag uiteindelik in Afrikaans te lees beslis aangegryp word. – Riaan Grobler Donderslag WILBUR SMITH – VERTALING: ZIRK VAN DEN BERG (NB UITGEWERS) droom. Ernstige pyn dag in en dag uit verwoes selfs eenvoudige vooruitsigte.” Maar sy is daardeur. Op die album is daar nege splinternuwe opnames en agt bestaande liedjies. Dit is ’n baie persoonlike projek, die aard van die lirieke (veral die nuwes s’n) getuig daarvan – en die afhandeling daarvan was nie maklik nie. Sy sê tog self: “Ek sing vir julle midde pynlike beperkings en onvolmaak.” Gedurende die luister van die album het ek telkemale gedink aan Johnny Cash se American Recordings. Hoewel die style en kunstenaars hemelsbreed verskil, is die broosheid, die feilbaarheid, die wete van ’n loopbaan wat op einde staan, in albei kunstenaars se stemme konstant teenwoordig. Ek kan dit nie verhelp om effens hartseer te voel ná die luister van die album nie – dis of ’n goue era van Afrikaanse musiek op ’n einde staan. Persoonlik twyfel ek of Anneli nog ’n album gaan uitbring. Maar dié “swanesang” is meer as voldoende. In snit no. 11 skryf sy: Vaandel van my drome dra ek soos ’n blink-oog arend deur die dag In my reise na die son, sal ek eendag ooit daar kom en sal iemand onthou Sal iemand onthou… - Johan Jack Smith
  • 27. Voorgrond | OPPIRAK 24 taalgenoot | herfs 2016 Ontmoet Neil Nieuwoudt N eil Nieuwoudt, Johannesburgse kunstenaar, kurator en medestigterslid van die Dead Bunnies Society, is pas terug van ’n koue New York ná ’n maand lange besoek. Hy was in die Groot Appel as gas van die Ampersand-stigting en sluit hom aan by Ampersand-genote soos Marco Cianfanelli, Mbongeni Buthelezi, Johann Louw, Bevan de Wet en Stephan Erasmus. Die Ampersand-stigting, gestig deur die kunsweldoener Jack Ginsberg, bied jaarliks ’n visuele kunstenaar of kunsadministreerder die geleentheid om vir ’n maand in Tribeca te gaan woon en as deel van loopbaanontwikkeling blootstelling te kry aan New York se kunswêreld. Neil het kort voor sy vertrek met ons gesels. Sien jy jou eerstens as kunstenaar of kurator? Ek is albei. Ek het op skool kuns as vak geneem en het sedertdien nog altyd kuns gemaak. Ek het Wayne Barker in 2009 in die Kaap ontmoet en daar as sy persoonlike assistent gewerk, wat wonderlike ondervinding was. Toe ek in 2012 Johannesburg toe kom, het ek as galerybestuurder van Nirox Projects in Maboneng begin werk. Tot einde verlede jaar. Ek het deurentyd self werk bly maak en gereeld aan groepuitstallings deelgeneem. Wat is die Dead Bunnies Society (DBS)? Ek en Dirk Bahmann, Peter Mammes en Stephan Erasmus het DBS in Maart verlede jaar begin met die oogmerk om ons eie werk te bevorder, maar om tegelyk ook medekunstenaars die geleentheid te gee om werk te wys. Ons het nie ’n vaste galery nie en ook nie kunstenaars “in ons stal” nie. Tussen my en Stephan het ons genoeg galery- ervaring om uitstallings te kan beplan en deur te sien. Julle het nie gras onder jul voete laat groei nie! Ons was moeg om te wag dat goed moet gebeur. Nou láát ons dit gebeur. Ons onderskeie loopbane het die afgelope jaar soveel baat gevind by DBS. Ons het uitstallings in Port Elizabeth, Johannesburg en Pretoria gehad. Ons is eersdaags op die KKNK, ons gaan Turbine Art Fair toe en dan het ons planne met Ellis-huis in Doornfontein, waar ons ’n DBS-ruimte wil inrig. Die DBS-konsep herinner ’n bietjie aan die Trinity Session of FIG van die 1980’s, of hoe? Ja. DBS volg die patroon van groepe wat ook goed aangepak het toe nie veel gebeur het nie. Soos die Trinity Session (met Stephen Hobbs, Marcus Neustetter en Kathryn Smith) en die Famous International Gallery (FIG), wat Wayne Barker en Morris la Mantia begin en waar kunstenaars soos William Kentridge, Kendell Geers en Stephen Cohen uitgestal het. Daar is net ’n sekere hoeveelheid professionele galerye in Suid-Afrika wat net ’n sekere getal kunstenaars se werk kan vertoon. Daar is soveel kunstenaars wat deur die krake val. Wat is jou oogmerk met jou besoek aan New York? Ek wil soveel moontlik ervaar. Dis ’n wonderlike geleentheid. Ek wil met galerye kennis maak. En wie weet, dalk kan DBS binnekort in New York gaan uitstal! Besoek ook www.neilnieuwoudt.blogspot.co.za. – Johan Myburgh 24 Foto:Verskaf Neil Nieuwoudt op die Brooklyn-brug in New York.
  • 28. 25herfs 2016 | taalgenoot Afroboer & the GoldenGoose - Gerald Clark (GC PRODUCTIONS) Gerald Clark is al lank ’n gunsteling. As een van ’n handjievol Suid-Afrikaanse kunstenaars wat bluesmusiek bemeester het, het Gerald beslis die genre sy eie gemaak. Dit is veral sy optredes wat bekoor: hy het ’n amper skaam, seunsagtige kwaliteit wanneer hy sy staaltjies vertel en kwinkslae deel, maar wanneer die man eers daai kitaar vasvat en sy grinterige stem deur die mikrofoon laat dreun ... Stilsit gaan jy beslis nie. Sy musiek is meesleurend heerlik. Afroboer & the GoldenGoose is sy derde studio album, en vang die kern van bluesmusiek netjies vas: oorlewing, hartseer, liefde en geloof. Die gebruik van vintage instrumente soos ’n Gibson amp uit 1959, ’n 38-jaar-oue baskitaar en ou, retro tromstelle verleen verder ’n outentiekheid aan die klank. Clark bring hulde aan ou meesters maar druk terselftertyd ook sy stempel af. “Lights across the bay” is warm en romanties, en “How I met the GoldenGoose” vertel op eg Suid-Afrikaanse manier die storie van sy ontmoeting met sy meisie. Die album verdien beslis meer as een luistersessie! - Donnay Torr As iemand wat diensplig net-net vrygespring het, is die weermag en sy werkinge en die Bosoorlog teoretiese gegewe – dinge waarvan ek net tweedehands gehoor het. Ook van Recces. Op skool het een van my onderwysers Donderdae, wanneer ons seuns met kortbroekuniforms op die rugbyveld gemarsjeer het, die maroen baret van dié mitiese spesmagte gedra. En hoewel hy die rang van korporaal gedra het, kon ’n mens altyd die stille ontsag by die ander onderwysers aanvoel wat offisiere was (danksy hul grade of diplomas). Alexander Strachan se ’n Wêreld sonder grense (1984) het ’n fiktiewe geur aan die Recce-mite gegee, maar in Koos Stadler se aangrypende Recce – kleinspanoperasies agter vyandelike linies word daar uiteindelik eerstehands kennis gemaak met dié operateurs en hul leefwêreld. ’n Literêre werk is Recce nie. Dit is ’n eerstepersoonsvertelling gestroop van pretensie en onnodige byvoeglike naamwoorde. Die leser maak kennis met Stadler as kind en jong man, die seun van ’n predikant wat heel “liberaal” grootword en anders as die meeste wit, Afrikaanssprekende kinders van daardie tyd eerstehands met swart gemeenskappe te doen gehad het danksy sy pa se bediening. Dié tyd is belangrik, want dit is waar Stadler reeds besluit het hy wil ’n Recce word. Stadler se militêre loopbaan, veral as verkenner en operateur, is wat van Recce verstommende leesstof maak. Met militêre presisie en sonder om doekies om te draai word die leser saamgeneem op talle operasies deur ’n klein span militêre spesialiste. Daar is tye dat die spanning onhoubaar is. Daar is egter niks glansryks daaraan om ’n kleinspanoperateur te wees nie. Die deeglike beplanning, prosesse en protokol herinner soms ironies genoeg aan die rompslomp van ander burokratiese instellings – hoewel dié dinge onontbeerlik is wanneer dit by oorlewing kom. Dit is verstommend hoeveel fisieke uitdagings Stadler en sy makkers moet oorkom. Die amper-bomenslike word by tye vermag. Maar benewens die uitmergelende fisieke las op dié jong mans is die psigologiese uitdagings eweneens verstommend. Die skrywer se vertellings is apolities en allermins ’n nasionalistiese goedpratery van die destydse SAW se bedrywighede. Hy slaag daarin om sy verhaal objektief en sonder kantkiesery weer te gee. Recce bevat boonop verskeie foto’s en sketse deur Stadler self, vernaam kaarte en landskappe, wat sy boek op ’n unieke wyse verryk. Ná dese begryp ek die gravitas wat my Recce- onderwyser se kollegas toendertyd by hom raakgesien het. – Riaan Grobler Recce – kleinspanoperasies agter vyandelike linies KOOS STADLER (NB UITGEWERS)
  • 29. Voorgrond | OPPIRAK 26 taalgenoot | herfs 2016 RB16.02 Oppad met Dana Foto:VIATV D ie bekroonde skrywer en joernalis Dana Snyman maak sy TV-buiging in Op pad met Dana, ’n werklikheidsreeks wat Dana volg terwyl hy deur Suid-Afrika reis en na die stories van ons mense luister. Ons het met Dana gesels oor die nuwe projek. Hoe het jy die oorgang gemaak van skrywer na aanbieder? En wat presies is jou rol? Dit was gelukkig nie nodig om ’n oorgang te maak nie. Ek kan myself glad nie as ’n aanbieder voorstel nie. Ek het maar die langpad gevat en Niel van Deventer, die vervaardiger van die reeks, het my afgeneem terwyl ek my ding doen. Gaan jy van die karakters en plekke in jou boeke herbesoek? Ja. Ek het selfs weer ’n draai op pres. Zuma se Nkandla gemaak. Daar is ’n sterk menslike element teenwoordig by jou boekkarakters. Is dit moeilker om daardie element vas te vang op kamera? Dit is ’n moeilike vraag om te beantwoord. Ek weet nie. Ek dink nog daaroor. Die TV-ervaring het my regtig aan die dink gesit oor die egtheid van menslike gedrag. Doen jy nie sekere goed net om ’n sekere beeld vir die televisie voor te hou nie? Watter verrassings hou die televisiereeks vir ons in? Ek hoop in elke episode is daar minstens een oomblik, al is dit hoe kort, wat mense sal aangryp. Ek kyk maar na die klein dingetjies om my, en dit, glo ek, het Niel-hulle probeer vasvat. Ek is nie ’n man vir skouspelagtige tonele nie. Het jy ooit die moontlikheid gesien van ’n televisiereeks oor jou stories? Nie regtig nie. Soos met die meeste dinge in my lewe het dit net so, half, gebeur. Waar het jou liefde vir storievertel begin? By my pa en my ma, my oupa … Ag, eintlik weet ek nie. Stories is vir my so ’n deel van menswees, ek dink nie ’n liefde daarvoor ontstaan iewers nie. Jy het stories in ’n sekere sin net so nodig soos kos en water. Op pad met Dana, elke Maandag om 18:30 op VIA (DStv-kanaal 147). “STORIES IS VIR MY SO ’N DEEL VAN MENSWEES, EK DINK NIE ’N LIEFDE DAARVOOR ONTSTAAN IEWERS NIE. JY HET STORIES IN ’N SEKERE SIN NET SO NODIG SOOS KOS EN WATER.”
  • 30. 27herfs 2016 | taalgenoot RB16.02 www.rooibosltd.co.za Kom geniet ‘n lekker koppie Rooibos saam met ons! GROOT VERSKEIDENHEID PRODUKTE 2727 Besoektye: Maandag tot Donderdag 9:30, 11:30, 14:00 & 15:30 Vrydag 9:30, 11:30 &14:00 Groepbesprekings: 027 482 2155 ‘n Reeks Rooibos produkte en geskenke is beskikbaar by die promosiewinkel (Winkeltye: Maandag tot Donderdag 08:00 - 16:30 & Vrydag 08:00 - 15:15) in Clanwilliam. GPS Koördinate: S32º 11.131’ EO 18º 53.291’ Daar is geen twyfel nie dat Breyten Breytenbach die belangrikste digter is wat Afrikaans al opgelewer het. Vir baie van ons ook die beste. Bo en behalwe sy onbetwiste talente as skrywer en skilder het hy ook die simboliese gewete vir Afrikaans en sy mengelmoes gebruikers geword. Almal weet dat hy nie hierdie rol vir homself gekies het nie. Jong Breyten is per slot van sake Frankryk toe om sy skilderkuns te gaan vorm en sy Bolandse aksent te gaan slyp in soveel tonge moontlik. In 1973 maan hy egter sy kollegas by die Sestiger-somerskool oor hul benadering tot en betrokkenheid by sosiale onregte. Hierdie toespraak is vir baie ’n duidelike grens en sou letterkunde en politiek vir altyd bind. Dit is net so ’n gegewe dat Breyten deesdae met ’n mandaat praat vir ’n nuwe geslag, ’n mandaat wat slegs aan iemand gegee sou word wat bo alle verdenking staan. ’n Geslag Afrikaanssprekendes wat net een keer te veel met Boerverneukery en Vryheidsknoeiery te doen gekry het en graag luister na raad van hierdie ou vegter. Hierdie unieke en nuwe posisie is gebore uit slegsê, reguit praat, marteling, vernedering, verwerping en persoonlike opoffering. Daarvoor het Breytenbach bekend geword en dit is wat in hierdie bundel gevier word. Die versamelde redevoerings wat hierin opgeneem is, is op verskeie vlakke van historiese belang, maar kan ook goed dien as padkaart deur moeilike kontemporêre debatte oor taal, mag en identiteit. Kwessies wat ons gemeenskap maar net aanhou skeur. Met Parool/Parole, ’n keur van sy grootste en aangrypendste toesprake, het die leser ’n unieke geleentheid om Breyten se denke oor die afgelope amper vyf dekades te herlees en die temas wat daarin voorkom opnuut te ondersoek. Sy unieke manier van woordgebruik maak op sigself hierdie bundel baie spesiaal. Breytenbach het sy vingers (ten minste die duim en wysvinger) op die pols van Suid-Afrika gehou, al het hy lang tye nie hier gewoon nie. Hy het nooit opgehou homself verbeel oor Suid-Afrika se potensiaal en die land se unieke posisie nie. Die internasionale gesprekke hier saamgevat, bewys dit. Mens hoor onlangs sy klokhelder stem waar Breyten ’n ewe roerende toespraak by die US- konvokasievergadering te Stellenbosch lewer waarin hy weer pleit vir die “saam-mekaar-anders-maak”-beginsel waarvoor hy sy lewe lank veg en hierdie oproep eggo oor en oor in die bundel. Een van die mees ongemaklike en hartroerende toesprake is “ ’n Belydenis, nie ’n geloofsbelydenis nie”, waarin die 36-jarige skrywer homself weerloos in die hof bevind besig om te veg vir sy lewe. Die eindresultaat was dat hy aan terrorisme skuldig bevind is en sewe jaar in die tronk deurgebring het. Hierdie dag, soos met die Rivonia-verhoor, sal onthou word vir ’n staat wat sy eie mense vervolg net omdat hulle hom nie onderskryf nie. Die resultaat was ’n nuwe geslag Suid-Afrikaners gebore en geïnspireer deur mense soos Breytenbach. – Natie Botes Parool BREYTEN BREYTENBACH (PENGUIN)
  • 31. Voorgrond | PROFIEL 28 taalgenoot | herfs 2016 Luna se nuwe deuntjie DIE SANGERES EN LIEDJIESKRYWER LUNA PAIGE IS DEURENTYD BESIG OM HAAR WERK TE VERNUWE. Waarom het jy Iluminar Produksies begin? Werk julle net aan jul eie musiek of ook saam met ander kunstenaars? Ná soveel jare van werskaf in die bedryf het ek besef dit is tyd om al die projekte waarby ek betrokke was, en steeds is, onder een sambreel te huisves en te bemark. As musikante moet ons nie net gigs doen nie. Ons het ook ’n verantwoordelikheid om innoverend en vernuwend te wees. Daarom dat ek besluit het om elke jaar nuwe produksies planke toe te bring wat ook ander opkomende en gevestigde kunstenaars sal insluit. Ek het die produksiemaatskappy saam met Denise Barnes begin, want sy ken die bedryf en ek glo sy is die beste kandidaat om saam met my te werk. Ons sal later ons deure oopmaak vir samewerking met ander vervaardigers. Solosang is ’n konsert waarmee jy op Valentynsdag gedebuteer het. Sal jy hierdie produksie kunstefeeste toe vat? As onafhanklike kunstenaar is my pad dikwels solo. Hoewel dit by tye moeilik is, bly dit my pad. Solosang is ’n sameflansing van al my Afrikaanse komposisies – my stories en my inspirasie. Ek deel dit graag en ja, ek glo dit sal vlerke kry en by kunstefeeste gaan draai.
  • 32. 29herfs 2016 | taalgenoot Jy het al gesê jy wil meestal in Engels optree. Waarom nou weer Afrikaans? Danksy verskeie uitnodigings om aan Afrikaanse produksies deel te neem, het ek begin eksperimenteer in Afrikaans. Omdat dit my moedertaal is, was dit seker onvermydelik dat ek dit sou geniet en ook my eie stempel in Afrikaans wou afdruk. Dit bring ’n ander sy van my kreatiwiteit na vore. Ek geniet dit om met die taal te speel en iets tot die Afrikaanse musiekbedryf by te voeg. Korreltjie kantel is geskoei op die liefdesverhaal van Ingrid Jonker en André P. Brink. Waarom het jy hierdie opdragwerk aanvaar en wat was die uitdagings? Ek is lief vir letterkunde en ook vir nuwe uitdagings. Toe die radiostasie RSG my met hierdie opdragwerk vir hul kunstefees nader, was dit ’n eenvoudige en maklike besluit. Die uitdaging lê beslis in die bindingsteks, die uitlig van die onderliggende storielyn en die kies van ’n tema, wat ’n sterk lyn deur die vertoning moet trek. Dit was vir my belangrik om met respek met die materiaal en ook met die geskiedenis van André P. Brink en Ingrid Jonker om te gaan. Hul verhaal is ’n sensitiewe een. Ek het ook die opdrag aanvaar omdat ek glo die Afrikaanse letterkunde moet behoue bly. Brink en Jonker is albei dood en dis belangrik om hul nalatenskap te beskerm. Ek het die kunstenaars Hatchetman, Inge Beckmann, Medicine Boy en Nick Turner gevra om iets nuuts te doen met Jonker se gedigte. En daaruit het Korreltjie kantel gegroei. Hoe het die werk aan Korreltjie kantel jou verras en verryk? Dit is maar die tweede amptelike produksie wat ek vervaardig. Ek stel hoë eise aan myself en die druk is groot om iets van waarde op die planke te bring. Ook omdat ek nie ’n teaterkundige is nie, is dit belangrik om binne die musiekgenre te beweeg en daarteen te waak om nie ’n teaterstuk te probeer skep nie. Die samewerking met die sanger en liedjieskrywer Nick Turner en die groep Hatchetman is ’n absolute plesier. Hul toegewydheid en talent maak my baie gelukkig en maak die kreatiewe proses makliker. Waarom fassineer Jonker en Brink se verhaal mense? Almal van ons smag na ’n intense, diep liefde en verbintenis met ’n ander individu. Wanneer hierdie liefde bekendes tref en hul kuns so sterk beïnvloed, wil ons meer daarvan weet, wil ons dit verstaan. Ook sodat ons hul kuns beter kan verstaan en in konteks kan plaas. Brink en Jonker het mekaar se werk in die sestigerjare beïnvloed. Ons kan vandag steeds raaklees hoe diep en moeilik hul liefde was. Dit is hartroerend. Is hierdie produksie geskoei op die boek Vlam in die sneeu? Dit het begin as toonsettings van Jonker se gedigte. Dit het uitgebrei na ’n sameflansing van musiek geskoei op haar liefdesgedigte, Brink se roman Die ambassadeur, sy vroeë pogings tot digkuns en hul liefdesverhaal – met verwysing na Vlam in die sneeu, asook ’n Vurk in die pad, Brink se memoir. Wat motiveer jou as kunstenaar? Ek kan niks anders doen as musiekmaak nie. Ek is heel eerste ’n liedjieskrywer en dan ’n sangeres. Solank ek liedjies kan skryf en hulle opvoer, is ek gelukkig. Dit motiveer my. Jy het lank as gekwalifiseerde maatskaplike werker gewerk ... Ek moes ongelukkig daardie tuig neerlê, want ek is heeltyds met musiek besig. Ek is wel ’n ambassadeur vir die Health Promoters (healthpromoters.co.za). Dit is ’n organisasie sonder winsbejag wat ’n noodsaaklike diens aan ons ekonomies benadeelde gemeenskappe lewer. Ons bied deur die loop van die jaar ’n paar fondsinsamelingsgeleenthede aan. Dit dien as bemarking en ook om vriende vir die organisasie te werf. Ons eerste konsert word op 1 April op die wynlandgoed Simonsig gehou. Watter lesse het jy as maatskaplike werker geleer wat jy nou toepas? Selfvertroue is belangrik. As jy nie in jouself glo nie, is jou oortuigingskrag maar min. Professionaliteit kan nooit bevraagteken word nie en skep ’n blywende indruk. Menseverhoudinge in enige bedryf is belangrik vir volhoubaarheid. Face your fears. DEUR STEPHANIE NIEUWOUDT “DIT WAS VIR MY BELANGRIK OM MET RESPEK MET DIE MATERIAAL EN OOK MET DIE GESKIEDENIS VAN ANDRÉ P. BRINK EN INGRID JONKER OM TE GAAN. HUL VERHAAL IS ’N SENSITIEWE EEN.” FOTO:VERSKAF
  • 33. Voorgrond | PROFIEL 30 taalgenoot | herfs 2016 Aktrise met ’n groot hart DIT SIT NIE IN ENIGIEMAND SE BROEK NIE: OM IN NET JOU 30STE LEWENSJAAR DIE ROL TE VERTOLK VAN ’N MA WAT HAAR KIND VERLOOR... S hoki Mokgapa speel die hoofrol in die nuwe Afrikaanse fliek Sink, gegrond op Brett Michael Innes se roman Rachel Weeping, en het verlede jaar op die Silwerskermfees in Kaapstad die prys as beste aktrise vir haar vertolking ontvang. Rachel is ’n Mosambiekse vrou wat as huishulp by Chris en Michelle Jordaan (Jacques Bessenger en Anel Alexander) in Johannesburg werk. Rachel se jong dogtertjie sterf terwyl sy in die Jordaans se sorg is en sy moet kies: Sy moet óf bly werk vir die mense wat indirek verantwoordelik is vir haar kind se dood óf die risiko loop om haar visum te verloor. Geloofwaardig “Wanneer dit kom by toneelspel moet jy empatie hê,” verduidelik Shoki. “Mense dink jy máák net of jy iemand anders is, maar dit gaan eerder daaroor om stukkies van jouself in ander mense te vind. Jy neem dinge wat jy in ander mense sien, wat jy ervaar het, en sit dit in jou karakter.” Sy het nie self kinders nie, maar moes steeds die pyn van Rachel se verlies geloofwaardig uitbeeld. “Jy lees (’n draaiboek) en vind die raakpunte met die hartseer binne jouself. Ek dink die menslike ervaring is ongelooflik. Dis ’n sielsding, dat ons almal so halfverbind is aan mekaar. Wanneer jy connect met daardie sielsdeel van jouself, kan jy connect met alles om jou. Jy hoef nie alles eerstehands te ervaar nie.” Toneelspel is vir Shoki ’n spirituele ervaring. “Dis heilig,” sê sy. “En dan moet ek dit eenkant los. Dis ’n vreemde plek waarheen jy gaan. Dis soos ’n laaikas. Jy neem wat jy nodig het uit ’n laai, en aan die einde van die dag sit jy dit terug en maak die laai toe en jy maak dat jy wegkom.” Nadat sy die eerste, rowwe snit van die fliek gesien het, het sy ’n geweldige emosionele reaksie gehad. Sy het gesê sy kan nie weer na die fliek kyk nie. Shoki was róú. “Ek moes daardie wond laat genees sodat ek nie so ontbloot rondloop nie. So, ek het weggehardloop. Ek kon niemand sien nie. Ek het net in my kar geklim en Kaap toe gery.” Anderste skool Maar sy het weer teruggekom. Sy kán nie met die Kaap nie, spot Shoki, sy mis die mense van Gauteng. Mense-mense. Sy is ’n derdegenerasie-Johannesburger “in murg en been”. Waar in Johannesburg het sy grootgeword? “Dis my aksent, nè? Ek weet. Ek was in die Waldorf-skool.” Dié skole volg die filosofie dat verbeelding noodsaaklik is vir leer, en moedig op ’n holistiese wyse die ontwikkeling van die intellektuele, kunstige en praktiese sye van leerders aan. Sy is in Hillbrow gebore en daarna het hul gesin – pa, ma, ouboet en Shoki – vir ’n paar jaar in Orlando- Wes in Soweto gewoon, in ’n woonstelgebou in die befaamde Vilakazistraat. “Dit was ’n paar huise weg van Nelson Mandela se huis en oorkant Desmond Tutu s’n. Ons het saam met Tutu se kleinkinders gespeel.” Toe sy skool toe is, trek hulle Fourways toe. “Dit was toe nog net plase, baie geïsoleerd. Daar was ’n vulstasie en ’n vierrigtingstop.” Die Waldorf-skool, sê sy, is “baie, soos, out there”. “Almal wat soontoe gaan, is ’n bietjie weird. Daar was twee kinders wat met mantels skool toe gekom het, soos Dracula, en niemand het ’n oog geknip nie.” Omdat die skool klein was en die gemeenskap betreklik geslote, het Shoki en haar broer beskermd grootgeword. Hulle was meestal salig onbewus van die politieke gebeure van die 1990’s. “Op ’n manier is dit sleg, want dit
  • 34. 31herfs 2016 | taalgenoot was so ’n ongelooflike en verskriklike deel van ons geskiedenis. Maar dit het my toegelaat om net ’n kind te wees, en ek is vreeslik dankbaar daarvoor en vir hoe hard my ouers gewerk het om dit vir ons te gee.” Daarby het sy grootgeword saam met kinders van regoor die wêreld en veral die res van die kontinent. “Weet jy hoe werk die skool? Die hele filosofie gaan daaroor om sag te wees in die wêreld.” Shoki en Anel Dit bring haar terug na toneelspel en die empatie wat so belangrik is in haar beroep. “In plaas van mense oordeel, moet jy dink: ‘Hoe sou ék voel as ek in jou skoene was?’ Ek meen, ek oordeel myself die hele tyd. Dit was die eerste fliek wat ek nog ooit gekyk het waarin ek gespeel het, en ek het gedink: That’s it, ek’s klaar met toneelspeel.” Daar’s sekere vroue wat op hierdie aarde gesit is om jou te laat sleg voel oor jouself, skerts Shoki, en Anel Alexander is een van hulle. “Sy’s een van daardie vroue wat net so together is. Sy’s so slim. En sy’s lieflik.” Daar was aanvanklik ’n effense emosionele afstand tussen hulle, maar dit was belangrik vir hul karakters se verhouding, meen sy. “Dis vreemd om in Suid-Afrika groot te word, want ek dink almal word grootgemaak deur iemand anders se ma. Jy het iemand in jou huis wat vir jou werk, maar wat so ’n belangrike deel van jou lewe is. Dis eintlik ongemaklik. “So, ek vind dit interessant dat ek en Anel eers teen die einde gekliek het.” Die keerpunt was ’n toneel in die gietende reën. “Dit was twee-uur op ’n Woensdagoggend en vriesend koud. Ons was kláár. Ons moes eerder aanhou studeer en rekenmeesters geword het!” Die keuse wat Rachel in die fliek moet maak, is die spilpunt van die verhaal. “Werkers in hierdie land, hul lewe maak nie regtig saak nie,” sê Shoki. “Wat saak maak, is of jy geld kan huis toe stuur. Ek huil daaroor, vir die mense wat nie ’n keuse het nie. ’n Duisend rand is meer werd as jou menswees. Ek wou “MENSE DINK JY MÁÁK NET OF JY IEMAND ANDERS IS, MAAR DIT GAAN EERDER DAAROOR OM STUKKIES VAN JOUSELF IN ANDER MENSE TE VIND.”
  • 35. Voorgrond | PROFIEL 32 taalgenoot | herfs 2016 Rachel waardigheid gee.” In Suid-Afrikaanse stories, voeg sy by, word dienswerkers nie werklik as mense gesien nie. “Die mense wat in jou huis woon, het jy enige idee wie hulle is? Jy weet nie wat hul drome en vrese is nie.” Volgens Shoki kon sy heeltemal identifiseer met haar rol as buitelander wat in Suid-Afrika werk. “Ek is nog nooit in hierdie land ingesluit nie, nie deur my eie mense nie. Ek verstaan dit.” Shoki is as buitestaander (deur swartmense) beskou omdat sy na ’n “vreemde skool” is, en dus ’n ander aksent het; en omdat sy swart is (deur witmense). Sy kan nie Afrikaans praat nie, maar bars uit van die lag toe ek vra hoe dit was om deel te wees van ’n Afrikaanse produksie. “Ek het baie Afrikaanse vriende! Dis soos om te vra: Hoe was dit om saam met ’n méns te werk? My strategie is om almal met liefde oor te wen.” Die Silwerskermfees was vir haar ’n emosionele ervaring. “Dit het my nader gebring aan Afrikanerkultuur, en dit het my laat besef dat Afrikaanse mense en Zoeloemense baie eenders is. Ons is dieselfde op die vreemdste maniere! Ons kultuur, ons gesinslewe, ons manier van bestaan. “Ons is luid, nè, en julle dink julle is nié, maar julle ís! Ek het heeltemal tuis gevoel.” Die prys was vir haar oorweldigend. “Ek het gedink ek is die swakste aktrise ooit, en toe sê hulle basies: ‘You’re okay, kid.’ ” Shoki word vanjaar 32. “Ek dink jongmense se aanvanklike vrees vir ouer word, is dat jou drome nie gaan waar word nie. Maar dit val weg. Jy besef almal volg hul eie pad.” En haar werk, natuurlik, laat haar toe om nog ’n bietjie kind te wees. Dit laat haar toe om te speel. DEUR LOUISE FERREIRA “EK HET GEDINK EK IS DIE SWAKSTE AKTRISE OOIT, EN TOE SÊ HULLE BASIES: ‘YOU’RE OKAY, KID.’ ” FOTO’S:VERSKAF
  • 36.
  • 37. Voorgrond | CRESCENDO 34 taalgenoot | herfs 2016 Liedjiedrome DIE GEHALTE VAN DIE 2015-FINALISTE SE WERK VIR DIE ATKV-LIEDJIESLYPSKOOL WAS SO HOOG DAT DIT IN ’N VOLWAARDIGE KONSERT OMGESKEP IS… D ie doel is eenvoudig: Skep ’n platform waarop alle Suid-Afrikaners hul sang- en skryftalent kan uitleef. Daarby is die oogmerk om ’n positiewe bydrae tot die Suid-Afrikaanse musiekbedryf te lewer deur nuwe talent en nuwe materiaal bekend te stel. Só sê Morné van Staden, projekorganiseerder van die ATKV se liedjieontwikkelingsprojek Crescendo, Opskop – en die ATKV- Liedjieslypskool. Vanjaar is daar ’n nuwe dimensie aan die Liedjieslypskool – ’n volwaardige produksie, Die song wil my nie los nie. Die foto’s by dié artikel wys dan ook al die deelnemers vir wat hulle is: ware sterre! “Daphne Arends was ’n finalis in 2015 met haar liedjie ‘Die song wil my nie los nie’ en dit is dan ook die amptelike temalied van vanjaar se ATKV-Liedjieslypskool,” sê Morné. “Danksy die groot sukses wat met die ATKV-Liedjieslypskool tydens ons 2015-uitdunne en -finaal behaal is, is daar besluit om Crescendo weer te loods en die Liedjieslypskool ’n aanvullende projek daarvan te maak. Nog ’n natuurlike uitvloeisel van die projek, as gevolg van die ongelooflike mooi stories en die talent van die groep finaliste, is ’n teaterproduksie – ook Die song wil my nie los nie.” Daphne het “Die song wil my nie los nie” tydens ’n eendagwerksessie in Atlantis, 40 km noord van Kaapstad, geskryf en die liedjie is intussen deur Daphne Arends
  • 38. 35herfs 2016 | taalgenoot die sangeres Anna Davel opgeneem. Die lirieke beskryf presies waaroor die Liedjieslypskool gaan: En die song wil my nie los nie, die stage wil nie laat gaan. Die lirieke kry geen einde nie, die melodie loop saam. Die krag van die wysie raak aan my soom, Elke dag droom ek die droom. Die Liedjieslypskool se kursusleier is die komponis en sanger Pedro Kruger en sy mede-aanbieders is Davel, die rymkletser Hemelbesem en die sanger Bouwer Bosch. Daar is ook gemeenskapsmentors soos toonsetters en produksieskrywers Olga Leonard en Babette Viljoen, Danie du Toit van die groep Spoegwolf en Herman Kleinhans van die groep Twee. HOE WORD JY GEKIES? “Ons was totaal onkant gevang met die vlak waarop die finaliste reeds was,” vertel Pedro. “Die ATKV het verlede jaar ’n besluit geneem om die slypskole oop te maak vir meer genres. Daar was rap, rock en hiphop en die groep mentors is juis saamgestel om ook na hierdie musiekstyle te kyk. “Omdat die talent so ongelooflik was, het ons besluit hulle moet meer gekoester word. As’t ware dowwe diamante wat gepoets moet word. Dit is een van die redes hoekom die ATKV verder ’n pad met hulle gaan stap met onder meer die produksie.” Hoe word daar te werk gegaan om die finaliste te kies? “Ons het jaarliks landswyd oudisies in samewerking met gemeenskappe, skole en feeste,” verduidelik Morné. “Deelnemers kan kies om in te skryf as liedjieskrywers of as sanger- liedjieskrywers. Tydens die oudisies kies die beoordelaars finaliste wat die volgende dag ’n eendagwerksessie bywoon. “Tydens hierdie sessies word daar intensief met die finaliste gewerk om te kyk hoe vatbaar hulle vir opleiding en kennis is. Die dag word afgesluit met ’n konsert waar hulle moet wys wat hulle deur die loop van die dag geleer het. Die beoordelaars maak ’n finale keuse en hulle word dan genooi om die ATKV-Liedjieslypskool se mentor- en-ontwikkelingsprogram by te woon. Die profiel van die mense wat inskryf, is baie uiteenlopend. Van 16 tot 64 (jaar), rappers, soul en jazz, pop, Rastas, huisvroue, studente, pensioenarisse en matrikulante.” Die afsnypunt vir 2016 se projek is 30 April. “Daar is egter deur die loop van die jaar oudisies en enige finaliste wat tydens hierdie oudisies gekies word, sal deurgaan na 2017 se projek.” DIT OPEN DEURE Volgens Morné is elkeen van die finaliste ’n suksesverhaal in eie reg. “Ons plaas geweldige fokus daarop om elke finalis goed te leer ken en sover moontlik vir hulle geleenthede te skep, selfs al het dit niks met musiek te doen nie,” sê hy. Vat maar vir Francis Brown (63) van Atlantis. Sy skryf graag, maar het dit nog altyd met die hand gedoen. “Ons het LAPA Uitgewers betrokke gekry om haar te mentor en sy het ’n boek, wat met die hand geskryf is, oorgeskryf op ’n rekenaar wat die ATKV geborg het. Die boek gaan deur LAPA gereedgemaak word vir publikasie,” vertel Morné. “Tannie Francis was Rina Hugo of Shirley Bassey in haar vorige lewe,” sê Pedro. “Sy skryf twee, drie liedjies ’n dag. Haar hele lewe het verander en dis stories soos hare wat hierdie projek so ongelooflik maak.” “Ek was ’n doodgewone huisvroutjie,” beaam tannie Francis. “Op ’n dag het ek na ’n skool hier Carlyn Fransman Whaden Johannes
  • 39. Voorgrond | CRESCENDO 36 taalgenoot | herfs 2016 gegaan en gesien daar is ’n kompetisie vir liedjieskrywers. Ek het ingeskryf en van daardie dag tot nou is dit ’n journey wat ek nooit sal vergeet nie, al word ek ’n 100 jaar oud.” Sy vertel dat sy tydens die week lange slypskool by die ATKV- Goudini Spa meer geleer het oor musiek as in haar hele lewe. “Ek sal enige mens aanraai om in te skryf. As jy voel God het jou ’n talent gegee om liedjies te skryf, is dit die plek om te wees. Daardie week op Goudini was ongelooflik. Dit was nie eens vir my nodig om my eie bed op te maak nie.” Haar debuutroman, Max, is tussen 2000 en 2006 geskryf. “Ek het iets in my gedagte gekry en het ’n pen nodig gehad om daardie gedagte op papier te sit,” sê sy. “Ek het rondgevra vir penne en papier en dit geskryf. Nooit sou ek kon droom dat dit eendag ’n boek sou word nie!” “Nog een van die finaliste, Whaden Johannes, het reeds in verskeie verhoogproduksies gespeel en is vanjaar by die Suidoosterfees in Ek missie Ses te sien,” sê Morné. “Hy het sy eie produksiemaatskappy begin en werk hard aan ’n toekoms in drama en musiek.” Daphne is intussen ’n studiebeurs aangebied deur APICSA (Association of Professional Image Consultants of Southern Africa) en het haar internasionale diploma voltooi. Dit is alles te danke aan haar betrokkenheid by die ATKV- Liedjieslypskool. “Ek het ’n tweede kans gekry om my droom uit te leef,” sê sy. “Ek het gesien dat drome waar kan word en dat daar mense is wat hulle tyd en energie sal gebruik om vir jou ’n pad oop te maak.” Vir haar is dit “asemrowend” dat haar liedjie as die titel van die produksie gebruik word. “Ek kan nie wag om jong kinders uit gemeenskappe soos Atlantis te inspireer nie,” sê sy. “Hulle moet na my kyk en dink: ‘As sy kan, kan ek ook.’ ” “Mense is dalk al moeg vir die woord, maar as daar een woord is wat by my opkom wanneer ek aan die ATKV-Liedjieslypskool dink, is dit ‘nasiebou’. Die finaliste het een ding gemeen: Om liedjies te skryf en te perform,” sê Pedro. “Musiek is ’n universele taal,” voeg Morné by. “Wanneer ons “OMDAT DIE TALENT SO ONGELOOFLIK WAS, HET ONS BESLUIT HULLE MOET MEER GEKOESTER WORD. AS’T WARE DOWWE DIAMANTE WAT GEPOETS MOET WORD. DIT IS EEN VAN DIE REDES HOEKOM ONS VERDER ’N PAD MET HULLE GAAN STAP...” Oswald Johannes Sumarie Uys Remy Alard
  • 40. 37herfs 2016 | taalgenoot mense van elke liewe uithoek van die land en met verskillende verwysingsraamwerke se drome laat waar word, dan is die waarde van die ATKV-Liedjieslypskole onmeetbaar, vir beide die gemeenskappe waaruit hulle kom, asook die ATKV. Meer belangrik is egter die waarde wat ons tot elke individu se lewe voeg.” Vir die produksie Die song wil my nie los nie is die regisseur en dramaturg Hennie van Greunen se hulp ingeroep. “Hy het met elkeen van die finaliste gesit en hulle storie gehoor,” vertel Pedro. “Hy het daarna ’n teks geskryf en hierdie stories en elke finalis se liedjie word gebruik.” Die produksie is op die US Woordfees opgevoer en sal op vanjaar se Suidoosterfees, op 27 April in Kunstekaap, te sien wees. “Hierdie projek gaan oor drome; nie net een mens s’n nie, maar vir almal wat besluit om ’n kans te vat,” sê Morné. DEUR ILZA ROGGEBAND FOTOGRAAF: ANTONIA STEYN KREATIEWE REGIE: JUANITA KOTZÉ, KØ PRODUCTIONS GRIMERING: MICHELLE LEE COLLINS HARE: DALE TITUS VAN ONE LEAGUE POST-PRODUKSIE: ZAK BASSON BELIGTING: ALISTAIR BLAIRE “EK SAL ENIGE MENS AANRAAI OM IN TE SKRYF. AS JY VOEL GOD HET JOU ’N TALENT GEGEE OM LIEDJIES TE SKRYF, IS DIT DIE PLEK OM TE WEES.” Francis Brown
  • 41. Voorgrond | PROFIEL 38 taalgenoot | herfs 2016 Hy kies hoop, jy sien... OUDREGTER ZAK YACOOB HET NOG NOOIT SY BLINDHEID AS VERSKONING GEBRUIK NIE. T oeval en geluk. Dít is wat hom die man gemaak het wat hy vandag is, sê oudregter Zak Yacoob, Suid-Afrika se eerste gesiggestremde regter in die konstitusionele hof. Yacoob, wat verlede jaar sy groen toga opgehang het, woon deesdae in Durban, waar hy soms gaslesings aanbied by die Universiteit van KwaZulu-Natal en dien in die direksie van verskeie organisasies. Hy het diep spore getrap – van studente-aktivis wat destyds help steun werf het vir die toe nog verbanne ANC tot die konstitusionele hof, waar hy veral ’n bydrae gelewer het om die regering se sosio-ekonomiese verantwoordelikheid te belig. Die bykans 65-jarige lyf hou deesdae dalk moeiliker by by die aansteeklike jeugdigheid in sy stem – hy het immers nou afgetree – maar stilsit en rus? “Nee wat, daar is nog baie tyd om dit te doen en te veel wat gedoen moet word,” sê hy. JY SIEN! So in die gesels eindig die man, wat as 16 maande oue baba weens meningitis blind geword het, dikwels sy sinne met “jy sien”. Hy was gelukkig, sê hy. Teen die tyd dat hy in 1955 met skool moes begin, is die eerste skool vir gesiggestremde Indiër-leerders, die Arthur Blaxall-skool vir blindes in Pietermaritzburg, net gebou. “Dit het gevoel asof hulle die skool net vir my gebou het,” skerts hy. “Maar dit is ’n moeilike ding om te besef dat sou die skool tien jaar later eers gebou gewees het, ek nooit soos ander kinders sou kon skoolgaan nie. Ek was gelukkig, jy sien.” Hy sê die eerste spesiale skool vir wit gesiggestremdes is in die 1880’s geopen, vir bruin mense in die 1930’s en vir swart mense eers in die 1960’s. “Die aakligste van alles is dat indien die skool (vir Indiërs) nie gestig was nie, sou ek nooit skool toe kon gaan nie. Ook gesiggestremdes was dus nie die afgryse van apartheid gespaar nie. Die afgryse het ons almal geraak.” Yacoob vertel graag van die “goeie tye” by die skool. “Ons was sowat 20 kinders – almal met ’n konserwatiewe Moslem-agtergrond. Ons was maar stout – net soos alle kinders maar is. Ek onthou veral die onderwysers en hoe hardwerkend hulle was. Daar was toe nie enige braille-handboeke nie. Ek sou nie sê ons ontwikkeling is hierdeur gestriem nie. Dit het ons immers gehelp om goed te memoriseer en te onthou.” Hy was vier jaar oud toe sy pa hom die Koran uit sy kop laat leer het. “Elke dag moes ek sit en memoriseer. So, toe masels by my broer gediagnoseer is en hy net in die bed kon bly, het ek begin uitsien na masels.” Hy lag. “Dit het vir my soos ’n lekker vakansie gelyk.” Yacoob meen blindheid was goed vir sy geheue. Hy onthou alles. Dié vaardigheid sou hom later veral op universiteit (die Universiteit van Durban-Westville) handig te pas kom. Om regte te studeer, wat uiteindelik die weg sou baan tot ’n plek in die land se hoogste hof, was pure toeval, sê hy. “Ek was deel van die eerste groep kinders wat gr. 8 geslaag het. Dit was ’n geskiedkundige oomblik vir ons skool. Ek onthou die koerant Golden City Post was daar en een van my onderwysers het in ’n onderhoud ewe trots gesê sy dink ek sal ’n goeie regsgeleerde maak. So, dit is toe wat ek geword het.” KAALVUIS Nadat hy op skool uitgeblink en ’n paar grade oorgeslaan het, kon hy in 1967 met universiteit begin. Dit is tóé dat sy politieke bewussyn saad geskiet het. “Tot dan was ek maar ’n groot rassis,” vertel hy. “Ek is nou nie meer skaam om dit te sê nie. Ek het grootgeword in ’n tyd toe mens totaal afhanklik was van inligting deur ander mense – wat hulle vir jou uit koerante voorlees en wat jy op die radio hoor.” Sy eerlikheid oor sy vooroordele sal talle mense waarskynlik onkant betrap. “By ons skool was al die skoolinspekteurs wit. Ek het geglo as Indiërs so goed