SlideShare a Scribd company logo
3Vrydag 17 Februarie 2017 Hoërskool  Parel  Vallei
Riaan Gerber
I
n sy 31-jarige bestaan het die
Hoërskool Parel Vallei hom
vinnig gevestig as een van die
top- akademiese skole in die Wes-
Kaap.
Die 2016-matriekuitslae het dit
weer onderstreep.
David Schenck, Parel Vallei se
skoolhoof, sê ’n kerndoelwit van
die skool is om leerlinge toe te
rus met ’n sterk akademiese basis
asook die nodige vaardighede en
leierseienskappe sodat hulle baie
goed voorbereid sal wees vir die
eise wat die moderne lewe aan
jongmense stel.
Sport speel ’n belangrike rol in
die lewe van leerlinge by Parel
Vallei en dien veral om ’n gees
van trots en samehorigheid ste-
wiger onder die leerlinge te ves-
tig.
Parel Vallei het ’n duidelike
visie oor wat hy met rugby by
die skool wil bereik.
“Ons hokkie is baie sterk – al
vir verskeie jare. Die meisiespan
is 16de in die land en die seuns
28ste. Ook ons netbal en atletiek
is baie sterk, maar rugby was vir
jare die agteros by die skool.
“As Suid-Afrikaner weet ek wat-
ter groot plek rugby in die lewe
van talle Suid-Afrikaners het en
in my eie skoolloopbaan (by die
Hoër Seunskool Wynberg), asook
in my vorige onderwysposte het
ek gesien en beleef hoe ’n gewel-
dige krag rugby het om die gees
en trots by ’n skool te versterk.
“Vanaf my eerste dag as hoof
by Parel Vallei kon ek sien die ta-
lent is daar onder die leerlinge,
maar die ontginning van daardie
talent was nie in plek nie. Ook
was daar nie ’n duidelike visie
wat die skool wou bereik met
rugby nie.
“Somerset-Wes is ’n groeigebied
en al hoe meer mense vanaf die
noorde van die land kom vestig
hulle in die Helderberg-omge-
wing. Die afgelope jare was daar
ook nie juis een skool in die Hel-
derberg wat rugby in die gebied
oorheers het nie. Ons (ek en my
personeel) het besef hierdie rug-
bygaping moet ons vat om vir
Parel Vallei die toprugbyskool
van die Helderberg-omgewing te
maak.”
Hy glo hulle het die visie om
van Parel Vallei ’n krag in WP-
skolerugby te maak. “Die eerste
stap was om die leerlinge betrok-
ke te kry by die spel. Ons stand-
punt aan die kinders was duide-
lik: Parel Vallei se leerlinge moet
deelnemers wees. As jy nie rugby
beoefen nie, raak jy ’n trotse en ’n
betrokke ondersteuner.”
Hul visie vir die skool se rugby
het van die begin af hand-aan-
hand geloop met hul hoofdoelwit
by die skool, naamlik om die jong
leerlinge ten volle toe te rus vir
die lewe wat op hulle wag nadat
hul skoolloopbaan verby is.
“Dissipline is ’n groot bousteen
vir sukses in die lewe. Dit geld
natuurlik vir die akademie, maar
ook vir ’n sportsoort soos rugby.
Daarom is ons baie streng dat
spelers altyd oefeninge sal by-
woon. Ook oefen ons rugbyspe-
lers asook ander sportdeelnemers
altyd in die skool se kleure en dit
is werklik ’n see van wit en blou
wanneer ons sportspanne op die
skoolvelde oefen.”
Toe hy by die skool begin het,
is die o.19A-rugbytrui elke jaar
verander.
“Gevolglik was die eerstespan
se truie nie die simbool wat dit
behoort te wees nie. Jou skool se
spantrui is ’n simbool van trots
en dit moet iets wees waarna die
outjies van gr. 8 af streef om een-
dag oor die kop te trek. Ons het
’n pragtige eerstespantrui met die
skool se wapen daarop laat maak
en dit is vandag die simbool van
trots soos dit hoort.
“Ek glo dat as jy ’n skool as ’n
rugbykrag wil vestig, jy van on-
der af moet begin – jy moet ’n
sterk kern van gr. 8-rugbyspelers
hê.”
Parel Vallei ervaar die afgelope
jare ’n rekordgetal aansoeke vir
plek in die skool. Verlede jaar
was daar 550 aansoeke vir 260
plekke in gr. 8. Ondanks die
groeiende gewildheid van die
skool is daar nog heelwat laer-
skole in die Helderberg-omgewing
se ouergemeenskappe wat nie
goed ingelig is oor wat Parel Val-
lei alles doen wat akademie en
sportgeleenthede betref nie.
“Verlede jaar het ons vir die
eerste keer werklike rugby-be-
marking onder die gr. 7-leerlinge
van die Helderberg-omgewing ge-
doen en ons is baie ingenome
met die talle jong gehaltespelers
wat vanjaar in gr. 8 is.”
Die aanstelling van Thinus Pie-
naar as rugby-organiseerder was
’n belangrike stap in die ontwik-
keling van Parel Vallei se rugby.
“Thinus se geesdrif, uitstekende
beplanning asook tegniese kennis
het ’n groot rol daarin gespeel
dat die skool se rugby die afgelo-
pe paar jaar met rasse skrede
verbeter het. Ons rugby het gou
gevorder tot ’n hoër liga in die
WP en ons doelwit is om hierdie
liga te oorheers voordat ons op-
skuif. Ons weet baie duidelik
waarheen ons mik met ons rugby
by Parel Vallei en glo dat ons die
status van ’n toprugbyskool gaan
bereik. Maar om dit te kan doen
moet ons seker wees die fonda-
mente is almal stewig gelê.
“Een van die fondamente wat
reg moet wees, is om ’n span
kundige rugbyafrigters te hê.
Daardie fondamentsteen is reeds
stewig ingemessel by Parel Vallei
se rugby.
“Kondisionering speel ook ’n
groot rol in rugbyspelers se suk-
ses. ’n Groot en belangrike doel-
wit van die skool is om so gou
moontlik ’n moderne gimnasium
op te rig waar die spelers onder
kundiges hul kondisionering sal
doen. Die gedagte is dat kantore
deel van die gimnasiumgebou sal
vorm en dat professionele sport-
wetenskaplikes soos fisioterapeu-
te uit hierdie kantore vir die leer-
linge sal kan help en behandel
ten opsigte van kondisionering en
die behandeling van beserings.
Schenck glo as ’n skool ’n krag
in rugby wil word, dit diepte in
rugby moet hê. “Dit beteken dat
elke span gehalteafrigting moet
ontvang en jy moet ’n breë basis
van spelers hê. Ons gaan voort-
aan baie beter kontak met laer-
skole van ons omgewing behou
en hulle so veel as moontlik kry
om ons skool te besoek en self te
sien wat ons alles vermag op
sport asook akademiese en kultu-
rele gebied. Ons het reeds vanaf
laerskole versoeke gekry om van
hul o.13A-wedstryde op ons hoof-
veld te speel (as voorwedstryde)
en dit met ope arms ontvang.”
Schenck sê Parel Vallei se ouer-
gemeenskap staan bankvas agter
die skool se rugbyvisie.
“Ons ouers is almal baie lief vir
rugby en weet wat rugby vir ’n
skool se gees en trots kan bete-
ken. Die ouerrugbykomitee onder
leiding van Hennie Groenewald
doen uitstekende werk en hulle is
baie ondersteunend vir Thinus en
sy span afrigters.
“Die ouers is ook altyd bereid
om belangrike projekte geldelik te
ondersteun en ons is baie trots
daarop dat ons verlede jaar die
paviljoen (’n projek van sowat
R1 miljoen) op die hoofveld kon
inwy. Toeskouers kan nou lekker
beskut onder die paviljoen na die
rugby kyk en alles het meege-
bring dat die rugbyervaring by
Parel Vallei vir spelers en toe-
skouers nog lekkerder geraak
het.”
SKOOLHOOF STIPPEL SY RUGBYVISIE UIT
Rugby-fondamentstene begin van onder
Die hoof van Hoërskool Parel Vallei, David Schenck (regs) se rugbyvisie vir die skool word baie doeltreffend gedryf deur die skool se rugbyhoof, Thinus Pienaar.
PV se borge vir 2017
EMS Futurefit – Eerstespanspelers se liggaamsontleding en fiksheidstoetse
AM Sekuriteit – Borg van o.19­span na Namibië se toersakke asook advertensiebord
Unifrutti SA – EncodePro Analise­borgskap
W. Bock and Associates – PV­rugbybemarking en advertensiebord
Tag Rugby lewer ’n belangrike
bydrae by Parel Vallei om ’n lief-
de en belangstelling vir rugby
onder die leerlinge aan te wak-
ker.
Die skool se rugbyhoof, Thi-
nus Pienaar, is die dryfveer ag-
ter hierdie projek.
“In 2015 het ons Tag Rugby
geloods toe ons vanaf Oktober
’n Tag Rugby-seisoen van sowat
agt weke gehad het. Meisies
wat vir die skool se hokkie- en
netbalspanne speel, het ook in-
geskryf om saam met die seuns
Tag Rugby te speel en dit was
van die begin af ’n groot suk-
ses.”
Die wedstryde is Vrydagmid-
dae by die skool gespeel en oud-
leerlinge van Parel Vallei is ook
aangemoedig om spanne in te
skryf.
Verlede jaar is ’n Tag Rugby-
toernooi aangebied wat oop was
vir alle ander skole. Dit is ook
Vrydae gehou en die gewildheid
van Parel Vallei se Tag Rugby
het so toegeneem dat buite-in-
stansies soos byvoorbeeld die
brandweer ook ’n span inge-
skryf het.
Na afloop van die rugbysei-
soen het Parel Vallei ook ’n bin-
nenshuise Tag Rugby-liga vir
spelers vanaf o.14 tot o.19 aange-
bied en die leerlinge het dit reg-
tig geniet.
Vanjaar se Tag Rugby-seisoen
het op 3 Februarie begin en
duur tot 18 Maart. Dit word ook
op Vrydagmiddae gespeel.
Op 18 Maart sal die Tag Rug-
by-seisoen ’n hoogtepunt beleef
wanneer al die verskillende ou-
derdomsgroepe teen mekaar sal
meeding om te kyk wie is die
kampioenspan.
Tag Rugby speel groot rol om rugby by PV te bevorder
Op die foto gesels Gerhard Scholtz, verteenwoordiger van die Wes­Kaapse Tag
Rugbyvereniging, met deelnemers tydens verlede jaar se somereindstryd.
In David Schenck het Parel Val-
lei nie net ’n skoolhoof wat oor
’n besondere rugbyvisie beskik
nie, maar hy is ook iemand wat
die sport op ’n baie hoë vlak
gespeel het.
Schenck was ’n leerling van
die Hoër Seunskool Wynberg
en was in 1985 lid van die WP
se Cravenweekspan (as loskop-
stut) wat op Witbank aan die
Cravenweek deelgeneem het.
Daarna is hy na Ikeys waar
hy vir die WP se o.20-span ge-
kies is. Hy het ook vir die Ikeys
se eerste rugbyspan gespeel.
Die bekende afrigter, Alan Solo-
mons, was Schenck se breier
toe hy op Ikeys was en hy het
baie oor rugby geleer van Solo-
mons.
As onderwyser by die Hoër
Seunskool Wynberg het hy die
o.19A-span afgerig. ’n Prestasie
waarop hy besonder trots is, is
die feit dat die Wynberg-span
wat hy afgerig het vir drie ag-
tereenvolgende jare onoorwon-
ne was teen Paul Roos Gimna-
sium. Toe hy by Queens College
asook Kingswood College skool-
gehou het, het hy soveel geleer
van skolerugby.
“Hierdie skole het ’n groot en
trotse rugbytradisie en ek het
gesien watter waardes is be-
langrik om in stand te hou so-
dat ’n skool kan voortbou op sy
rugbykrag en -trots.”
Rugbybloed bruis deur sy are
Die senior groep rugbyspelers van
Parel Vallei het tot dusver hard aan
hul kondisionering gewerk tydens
die voorseisoen. Van links op die fo­
to is Cayden Beadsworth, Ethan Bor­
cherds, Stefan Kruger en Angelo
Fritz (afrigters) en Minawa Gesha.
0.19’s oefen hard

More Related Content

Featured

2024 State of Marketing Report – by Hubspot
2024 State of Marketing Report – by Hubspot2024 State of Marketing Report – by Hubspot
2024 State of Marketing Report – by Hubspot
Marius Sescu
 
Everything You Need To Know About ChatGPT
Everything You Need To Know About ChatGPTEverything You Need To Know About ChatGPT
Everything You Need To Know About ChatGPT
Expeed Software
 
Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage EngineeringsProduct Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Pixeldarts
 
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental HealthHow Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
ThinkNow
 
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfAI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
marketingartwork
 
Skeleton Culture Code
Skeleton Culture CodeSkeleton Culture Code
Skeleton Culture Code
Skeleton Technologies
 
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
Neil Kimberley
 
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
contently
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
Albert Qian
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Kurio // The Social Media Age(ncy)
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Search Engine Journal
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
SpeakerHub
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next
Tessa Mero
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Lily Ray
 
How to have difficult conversations
How to have difficult conversations How to have difficult conversations
How to have difficult conversations
Rajiv Jayarajah, MAppComm, ACC
 
Introduction to Data Science
Introduction to Data ScienceIntroduction to Data Science
Introduction to Data Science
Christy Abraham Joy
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best Practices
Vit Horky
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project management
MindGenius
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
RachelPearson36
 
Featured (20)

Supplement-ADHOC117022017-003

  • 1. 3Vrydag 17 Februarie 2017 Hoërskool  Parel  Vallei Riaan Gerber I n sy 31-jarige bestaan het die Hoërskool Parel Vallei hom vinnig gevestig as een van die top- akademiese skole in die Wes- Kaap. Die 2016-matriekuitslae het dit weer onderstreep. David Schenck, Parel Vallei se skoolhoof, sê ’n kerndoelwit van die skool is om leerlinge toe te rus met ’n sterk akademiese basis asook die nodige vaardighede en leierseienskappe sodat hulle baie goed voorbereid sal wees vir die eise wat die moderne lewe aan jongmense stel. Sport speel ’n belangrike rol in die lewe van leerlinge by Parel Vallei en dien veral om ’n gees van trots en samehorigheid ste- wiger onder die leerlinge te ves- tig. Parel Vallei het ’n duidelike visie oor wat hy met rugby by die skool wil bereik. “Ons hokkie is baie sterk – al vir verskeie jare. Die meisiespan is 16de in die land en die seuns 28ste. Ook ons netbal en atletiek is baie sterk, maar rugby was vir jare die agteros by die skool. “As Suid-Afrikaner weet ek wat- ter groot plek rugby in die lewe van talle Suid-Afrikaners het en in my eie skoolloopbaan (by die Hoër Seunskool Wynberg), asook in my vorige onderwysposte het ek gesien en beleef hoe ’n gewel- dige krag rugby het om die gees en trots by ’n skool te versterk. “Vanaf my eerste dag as hoof by Parel Vallei kon ek sien die ta- lent is daar onder die leerlinge, maar die ontginning van daardie talent was nie in plek nie. Ook was daar nie ’n duidelike visie wat die skool wou bereik met rugby nie. “Somerset-Wes is ’n groeigebied en al hoe meer mense vanaf die noorde van die land kom vestig hulle in die Helderberg-omge- wing. Die afgelope jare was daar ook nie juis een skool in die Hel- derberg wat rugby in die gebied oorheers het nie. Ons (ek en my personeel) het besef hierdie rug- bygaping moet ons vat om vir Parel Vallei die toprugbyskool van die Helderberg-omgewing te maak.” Hy glo hulle het die visie om van Parel Vallei ’n krag in WP- skolerugby te maak. “Die eerste stap was om die leerlinge betrok- ke te kry by die spel. Ons stand- punt aan die kinders was duide- lik: Parel Vallei se leerlinge moet deelnemers wees. As jy nie rugby beoefen nie, raak jy ’n trotse en ’n betrokke ondersteuner.” Hul visie vir die skool se rugby het van die begin af hand-aan- hand geloop met hul hoofdoelwit by die skool, naamlik om die jong leerlinge ten volle toe te rus vir die lewe wat op hulle wag nadat hul skoolloopbaan verby is. “Dissipline is ’n groot bousteen vir sukses in die lewe. Dit geld natuurlik vir die akademie, maar ook vir ’n sportsoort soos rugby. Daarom is ons baie streng dat spelers altyd oefeninge sal by- woon. Ook oefen ons rugbyspe- lers asook ander sportdeelnemers altyd in die skool se kleure en dit is werklik ’n see van wit en blou wanneer ons sportspanne op die skoolvelde oefen.” Toe hy by die skool begin het, is die o.19A-rugbytrui elke jaar verander. “Gevolglik was die eerstespan se truie nie die simbool wat dit behoort te wees nie. Jou skool se spantrui is ’n simbool van trots en dit moet iets wees waarna die outjies van gr. 8 af streef om een- dag oor die kop te trek. Ons het ’n pragtige eerstespantrui met die skool se wapen daarop laat maak en dit is vandag die simbool van trots soos dit hoort. “Ek glo dat as jy ’n skool as ’n rugbykrag wil vestig, jy van on- der af moet begin – jy moet ’n sterk kern van gr. 8-rugbyspelers hê.” Parel Vallei ervaar die afgelope jare ’n rekordgetal aansoeke vir plek in die skool. Verlede jaar was daar 550 aansoeke vir 260 plekke in gr. 8. Ondanks die groeiende gewildheid van die skool is daar nog heelwat laer- skole in die Helderberg-omgewing se ouergemeenskappe wat nie goed ingelig is oor wat Parel Val- lei alles doen wat akademie en sportgeleenthede betref nie. “Verlede jaar het ons vir die eerste keer werklike rugby-be- marking onder die gr. 7-leerlinge van die Helderberg-omgewing ge- doen en ons is baie ingenome met die talle jong gehaltespelers wat vanjaar in gr. 8 is.” Die aanstelling van Thinus Pie- naar as rugby-organiseerder was ’n belangrike stap in die ontwik- keling van Parel Vallei se rugby. “Thinus se geesdrif, uitstekende beplanning asook tegniese kennis het ’n groot rol daarin gespeel dat die skool se rugby die afgelo- pe paar jaar met rasse skrede verbeter het. Ons rugby het gou gevorder tot ’n hoër liga in die WP en ons doelwit is om hierdie liga te oorheers voordat ons op- skuif. Ons weet baie duidelik waarheen ons mik met ons rugby by Parel Vallei en glo dat ons die status van ’n toprugbyskool gaan bereik. Maar om dit te kan doen moet ons seker wees die fonda- mente is almal stewig gelê. “Een van die fondamente wat reg moet wees, is om ’n span kundige rugbyafrigters te hê. Daardie fondamentsteen is reeds stewig ingemessel by Parel Vallei se rugby. “Kondisionering speel ook ’n groot rol in rugbyspelers se suk- ses. ’n Groot en belangrike doel- wit van die skool is om so gou moontlik ’n moderne gimnasium op te rig waar die spelers onder kundiges hul kondisionering sal doen. Die gedagte is dat kantore deel van die gimnasiumgebou sal vorm en dat professionele sport- wetenskaplikes soos fisioterapeu- te uit hierdie kantore vir die leer- linge sal kan help en behandel ten opsigte van kondisionering en die behandeling van beserings. Schenck glo as ’n skool ’n krag in rugby wil word, dit diepte in rugby moet hê. “Dit beteken dat elke span gehalteafrigting moet ontvang en jy moet ’n breë basis van spelers hê. Ons gaan voort- aan baie beter kontak met laer- skole van ons omgewing behou en hulle so veel as moontlik kry om ons skool te besoek en self te sien wat ons alles vermag op sport asook akademiese en kultu- rele gebied. Ons het reeds vanaf laerskole versoeke gekry om van hul o.13A-wedstryde op ons hoof- veld te speel (as voorwedstryde) en dit met ope arms ontvang.” Schenck sê Parel Vallei se ouer- gemeenskap staan bankvas agter die skool se rugbyvisie. “Ons ouers is almal baie lief vir rugby en weet wat rugby vir ’n skool se gees en trots kan bete- ken. Die ouerrugbykomitee onder leiding van Hennie Groenewald doen uitstekende werk en hulle is baie ondersteunend vir Thinus en sy span afrigters. “Die ouers is ook altyd bereid om belangrike projekte geldelik te ondersteun en ons is baie trots daarop dat ons verlede jaar die paviljoen (’n projek van sowat R1 miljoen) op die hoofveld kon inwy. Toeskouers kan nou lekker beskut onder die paviljoen na die rugby kyk en alles het meege- bring dat die rugbyervaring by Parel Vallei vir spelers en toe- skouers nog lekkerder geraak het.” SKOOLHOOF STIPPEL SY RUGBYVISIE UIT Rugby-fondamentstene begin van onder Die hoof van Hoërskool Parel Vallei, David Schenck (regs) se rugbyvisie vir die skool word baie doeltreffend gedryf deur die skool se rugbyhoof, Thinus Pienaar. PV se borge vir 2017 EMS Futurefit – Eerstespanspelers se liggaamsontleding en fiksheidstoetse AM Sekuriteit – Borg van o.19­span na Namibië se toersakke asook advertensiebord Unifrutti SA – EncodePro Analise­borgskap W. Bock and Associates – PV­rugbybemarking en advertensiebord Tag Rugby lewer ’n belangrike bydrae by Parel Vallei om ’n lief- de en belangstelling vir rugby onder die leerlinge aan te wak- ker. Die skool se rugbyhoof, Thi- nus Pienaar, is die dryfveer ag- ter hierdie projek. “In 2015 het ons Tag Rugby geloods toe ons vanaf Oktober ’n Tag Rugby-seisoen van sowat agt weke gehad het. Meisies wat vir die skool se hokkie- en netbalspanne speel, het ook in- geskryf om saam met die seuns Tag Rugby te speel en dit was van die begin af ’n groot suk- ses.” Die wedstryde is Vrydagmid- dae by die skool gespeel en oud- leerlinge van Parel Vallei is ook aangemoedig om spanne in te skryf. Verlede jaar is ’n Tag Rugby- toernooi aangebied wat oop was vir alle ander skole. Dit is ook Vrydae gehou en die gewildheid van Parel Vallei se Tag Rugby het so toegeneem dat buite-in- stansies soos byvoorbeeld die brandweer ook ’n span inge- skryf het. Na afloop van die rugbysei- soen het Parel Vallei ook ’n bin- nenshuise Tag Rugby-liga vir spelers vanaf o.14 tot o.19 aange- bied en die leerlinge het dit reg- tig geniet. Vanjaar se Tag Rugby-seisoen het op 3 Februarie begin en duur tot 18 Maart. Dit word ook op Vrydagmiddae gespeel. Op 18 Maart sal die Tag Rug- by-seisoen ’n hoogtepunt beleef wanneer al die verskillende ou- derdomsgroepe teen mekaar sal meeding om te kyk wie is die kampioenspan. Tag Rugby speel groot rol om rugby by PV te bevorder Op die foto gesels Gerhard Scholtz, verteenwoordiger van die Wes­Kaapse Tag Rugbyvereniging, met deelnemers tydens verlede jaar se somereindstryd. In David Schenck het Parel Val- lei nie net ’n skoolhoof wat oor ’n besondere rugbyvisie beskik nie, maar hy is ook iemand wat die sport op ’n baie hoë vlak gespeel het. Schenck was ’n leerling van die Hoër Seunskool Wynberg en was in 1985 lid van die WP se Cravenweekspan (as loskop- stut) wat op Witbank aan die Cravenweek deelgeneem het. Daarna is hy na Ikeys waar hy vir die WP se o.20-span ge- kies is. Hy het ook vir die Ikeys se eerste rugbyspan gespeel. Die bekende afrigter, Alan Solo- mons, was Schenck se breier toe hy op Ikeys was en hy het baie oor rugby geleer van Solo- mons. As onderwyser by die Hoër Seunskool Wynberg het hy die o.19A-span afgerig. ’n Prestasie waarop hy besonder trots is, is die feit dat die Wynberg-span wat hy afgerig het vir drie ag- tereenvolgende jare onoorwon- ne was teen Paul Roos Gimna- sium. Toe hy by Queens College asook Kingswood College skool- gehou het, het hy soveel geleer van skolerugby. “Hierdie skole het ’n groot en trotse rugbytradisie en ek het gesien watter waardes is be- langrik om in stand te hou so- dat ’n skool kan voortbou op sy rugbykrag en -trots.” Rugbybloed bruis deur sy are Die senior groep rugbyspelers van Parel Vallei het tot dusver hard aan hul kondisionering gewerk tydens die voorseisoen. Van links op die fo­ to is Cayden Beadsworth, Ethan Bor­ cherds, Stefan Kruger en Angelo Fritz (afrigters) en Minawa Gesha. 0.19’s oefen hard