SlideShare a Scribd company logo
1 of 7
Download to read offline
Merinda Van der Westhuizen 2016-07-04 10:28 (GMT)
My 4 Kwadrant Brein Profiel
L1 - 90
(161)
R1 - 71
(167) (133)
L2 - 77
(139)
R2 - 62
NBI Volwassene NBI®
Copyright © 2000
Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd
Neethling Brain Instruments ­ NBI ®
1 : 7
Merinda Van der Westhuizen
Verklaring Van Die Resultate
Die NBI Volwasse profiel kyk na die denkvoorkeure van die indiwidu. As ons meer weet oor hoe ons verkies om te dink, kan dit ons meer
bewus en sensitief maak teenoor die denkvoorkeure van ander.
Aangesien die fokus op voorkeure is, is dit belangrik om daarop te let dat daar nie slegte of verkeerde profiele is nie. Die NBI Volwasse
profiel is 'n beskrywende, onbevooroordeelde ontleding van die voorkeure, met geen profiel wat beter of slegter as 'n ander is nie. Die
verslag gee 'n beskrywing van 'n indiwidu se denkvoorkeure en doen aanbevelings wat daarop gebaseer is.
Die NBI Volwasse profiel meet denkvoorkeure en nie vaardighede of vermoëns om daardie voorkeure uit te voer nie. Dit kan dus gebeur
dat 'n individu 'n baie sterk voorkeur vir orde, beplanning en organisering het, maar nooit die geleentheid gehad het om te beplan en te
organiseer nie. Die aanbeveling in hierdie geval sal dus wees dat aangesien die begeerte daar is, die vaardighede wat die begeerte
ondersteun, ontwikkel behoort te word ten einde effektief te wees in 'n bepaalde beroep.
Andersyds is dit moontlik dat 'n persoon uitstekende vaardighede het om byvoorbeeld 'n bankbestuurder te wees, maar 'n baie lae
voorkeur het (wat kan lei tot verwerping) vir die prosesse wat met die werk geassosieer word. Die individu sal gevolglik nie in staat wees
om die geesdrif en energie vol te hou en om gelukkig en produktief te bly in die bankomgewing nie.
Hoewel daar nie 'n aanbevelingsresep is wat op alle mense betrekking sal hê nie, is die algemene aanbeveling dat 'n persoon sy/haar
sterkste voorkeure moet ontwikkel (die vaardighede van daardie kwadrant skerp moet hou). Dit is egter ook belangrik om bewus te bly
daarvan dat feitlik elke mens voortdurend met mense in aanraking kom wat ander denkvoorkeure kan hê. Daarom is dit van kritiese belang
om bedrewenheid ten opsigte van die ander kwadrante te ontwikkel - dit geld vir ouerskap, onderwys, leierskap, bestuur, verhoudings,
sport - vir feitlik enige terrein van die lewe.
Dit is ook moontlik om 'n hoë voorkeur in twee kontrasterende kwadrante, soos byvoorbeeld R1 en L2, te hê. Dit sal beteken dat jy sterk
voorkeure in die kontrasterende kwadrant, regs bo en links onder sal hê. Jy sal dus voorkeure toon vir verandering en avontuur aan die
een kant, en vir sekuriteit en tradisie aan die ander. Onthou egter dat 'n hoë voorkeur vir 'n spesifieke kwadrant nie noodwendig beteken
dat jou voorkeure ewe sterk sal wees vir al daardie kwadrant se prosesse nie.
Aangesien geen persoon in die geheel een­kwadrant dominant is nie, dui die profiel hoë gemiddelde en lae voorkeure aan. Dit is
belangrik om daarop te let dat die totaal in elke profiel 300 is. Die uitslae kan kortliks in die volgende kategorieë ingedeel word:
   95+    Baie hoë voorkeur
 80­94   Hoë voorkeur
65-79 Gemiddelde voorkeur
50-64 Lae voorkeur
50- Baie lae voorkeur
Let asseblief daarop dat 'n individu se voorkeure altyd beoordeel moet word volgens kategorieë en nie volgens presiese punte nie.
NBI Volwassene NBI®
Copyright © 2000
Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd
Neethling Brain Instruments ­ NBI ®
2 : 7
Merinda Van der Westhuizen
Algemene Inligting Oor Die Verskillende Kwadrante
L1 - Algemene Voorkeure
Akkuraatheid, Presiesheid, Noukeurigheid, Gefokusde benadering, Feitelike beredenering, Analitiese ingesteldheid, Objektiwiteit, Realiteit,
Konkrete inligting, Krities, Begeerte om foutloos te wees, Prestasie gedrewe, Outoriteit, Eksterne dissipline en min ruimte vir gevoel .
Vak- en Loopbaanvoorkeure
E­pos Analis, Vlieënier, Feite­vakke, rekeningkunde, algebra, ekonomie, huishoudkunde, wetenskap, tegniese vakke, ambagsvakke.
Sekere regsvakke en bepaalde loopbane in die regte, sommige ingenieursrigtings, tegniese loopbane. Mediese loopbane (byvoorbeeld
tandartse, algemene praktisyns, mediese navorsing, ens.). Stelsel-ontleders, speurders, tiksters, meningspeilers en bemarkingsnavorsers,
natuurwetenskaplike kursusse.
L2 - Algemene Voorkeure
Planmatigheid, Praktiese benadering, Gaan oor in aksie, Organisering, Stiptelikheid, Dissipline, Toegewyd, Stap-vir-stap benadering,
Detail en volledigheid, Operasioneel, Netheid, Tradisioneel, Prosedures, Roetine, Reëls, Regulasies en Ordening .
Vak- en Loopbaanvoorkeure
Alle vakke en kursusse wat planmatige en stap-vir-stap inhoude en benaderings het. Boekhou, beplanners, spesifieke wetenskappe
(byvoorbeeld biologie), organisering. Bepaalde regsvakke, sekere aspekte van sekretariële werk en bepaalde tegniese­ en
ingenieursloopbane. Administrasiewerk, toesighousers, heelwat prosesse binne bestuur en onderwys. Bemarkingsbeplanning, polisie en
militêre loopbane, spesifieke aspekte van verpleging. Gestruktureerde apsekte van verkope.
R1 - Algemene Voorkeure
Soek na Alternatiewe, Verkies die groot prentjie, Idee intuisie, Strategie, eerder as prosedure, Kombineer idees, Integrasie, Risiko,
Rusteloos, Raak maklik verveeld, hou van eksperimenteer, Verskeidenheid, Gemaklik met Chaos, Fantasie, Verrassings en Assosiasie .
Vak- en Loopbaanvoorkeure
Drie-dimensionele vakrigtings, minder-geordende kursusse, ontwerp, reklame. Selfontdekkingsprogramme, entrepreneurskap, sekere
mediese rigtings (pediatrie, psigiatrie). Sekere besigheidskursusse, voorspellingsvakke, vorme van die kuns, strategiese beplanning.
Toerisme­ontwikkeling en opleiding (bepaalde kategorieë, veral die ontwerp van nuwe kursusse). Ontwikkelaars, leierskap /
bestuursontwikkeling, scenario-skeppers, advertensiewese.
R2 - Algemene Voorkeure
Gevoelsgeoriënteerdheid, Empatie, Sosiale skakeling, Mensomgewing, Interaksie, Mens­intuïtief, Soek samewerking, Gevoelsatmosfeer,
Lyftaal, Aanraking, Gevoelsuiting (in kontras met kille response), Mens-kommunikasie en Luisterfokus.
Vak- en Loopbaanvoorkeure
Sosiale wetenskappe, bepaalde sielkundekursusse, tale (sekere kategorieë). Bepaalde terapie­rigtings, joernalistiek, mens­gefokusde
bemarking. Sekere prosesse van onderwys en opleiding. Maatskaplike werk, kassiere en ander beroepe wat deurlopend menskontak het.
Pastorale diensberoepe, verpleging, mensaspekte van talle beroepe soos bv. medies, toerisme. Onderhandeling, konsultasie, direkte
verkope.
NBI Volwassene NBI®
Copyright © 2000
Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd
Neethling Brain Instruments ­ NBI ®
3 : 7
Merinda Van der Westhuizen
Persoonlike Verslag
Hoë Voorkeur Kwadrant : L1 ­ 90
Merinda se breinprofiel toon dat sy baie gemaklik is met feitlike, logiese, rasionele en kritiese denke.
Merinda verkies ‘n omgewing wat deur duidelike riglyne en verwagtings beheer word, om met feitlike, tegniese of wetenskaplike gegewens
te werk. Sy is heel waarskynlik presies en akkuraat in haar benadering, sterk gefokus op die taak wat op hande is. Objektief en feitlik, is
Merinda hoogs analities en laat min ruimte toe vir gevoelens of emosies. Sy het ‘n sterk voorkeur om met konkrete inligting te werk, soos
kwantitatiewe afmetings en finansiële data, en sy kan gefrustreerd raak wanneer sy nie al die feite beskikbaar het nie. Realisme is vir haar
baie belangrik, maar sy sal waarskynlik krities wees teenoor alles wat nie voldoen aan die hoë standaarde wat sy stel nie. Merinda is
prestasiegerig en kan soms outoritêr wees, terwyl sy eksterne dissipline gebruik om die verlangde resultaat te bereik. 
Merinda sal op haar gemak wees met analitiese probleemoplossing, data-analise, statistieke, begrotings en logiese denke.
Gemiddelde Voorkeur Kwadrant : L2 - 77
Merinda is op haar gemak met prosesse wat aandag aan detail, organisasie en ‘n metodiese benadering verg. Sy kan toegewyd en
gedissiplineerd wees en heg waarde aan tradisie en roetine.
Merinda sal gemaklik wees in ‘n meer gestruktureerde, beheerde en georganiseerde omgewing. Wanneer nodig sal sy roetinesake
hanteer en instruksies volg. Sy sal toesien dat besluite geimplimenteer word en dat die noodsaaklike administratiewe take nie agterweë bly
nie.
Gemiddelde Voorkeur Kwadrant : R1 - 71
Merinda is op haar gemak in situasies wat prosesse soos die soek na alternatiewe, integrasie en strategie vereis. Sy sal verkies dat
verandering beplan en te wagte sal wees. Sy sal die geheelbeeld sien en sal nuwe idees integreer met haar bestaande
verwysingsraamwerk.
Lae Voorkeur Kwadrant : R2 - 62
Dit is onwaarskynlik dat Merinda gereelde interaksie met ander sal geniet, aangesien sy verkies om op haar eie te werk, of as deel van ‘n
klein span. Sy sal heel waarskynlik nie op haar gemak wees in ‘n omgewing wat vereis dat sy emosioneel sensitief moet wees en empatie
en ondersteuning op ‘n deurlopende grondslag bied nie.
NBI Volwassene NBI®
Copyright © 2000
Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd
Neethling Brain Instruments ­ NBI ®
4 : 7
Merinda Van der Westhuizen
Vrae
Vraag 1: Wanneer ek studeer, verkies ek om : die feite te onthou
Vraag 4: Ek verkies om 'n opdrag af te handel : sodat dit akkuraat is
Vraag 5: Ek hou daarvan om met mense te werk wat : altyd korrekte feite en inligting kan voorsien
Vraag 8: Ek verkies om inligting te hanteer deur dit : te ontleed
Vraag 9: Ek verkies om 'n opdrag sò te ontvang : "Maak seker al die feite is korrek"
Vraag 10: Wanneer ek gaan stap wil ek graag : presies weet hoe ver ek gaan stap
Vraag 14: Wanneer ek ‘n plek besoek waar ek nog nooit vantevore was nie, verkies ek om : vooraf 'n deeglike studie van die
roete na my bestemming te maak
Vraag 15: As ek 'n groot som geld sou wen, sou ek : die beleggingsmoontlikhede ondersoek
Vraag 16: Wanneer ek na 'n spreker luister verkies ek : dat die spreker nie afdwaal nie maar by die onderwerp bly
Vraag 18: As ek oor 'n gebeurtenis lees, verkies ek : 'n objektiewe en feitelike verslag
Vraag 20: Ek verkies dat idees : deeglik deurdink moet word
Vraag 21: As ek dink aan aktiwiteite wat ek nog vandag kan doen, verkies ek om : om my prioriteite vir die week te
identifiseer
Vraag 29: Ek verkies 'n tydskrif wat : relevante feite verskaf oor onderwerpe waarin ek belangstel
Vraag 30: As ek oor my toekoms nadink, verkies ek om : realisties en verstandig daaroor te besin
NBI Volwassene NBI®
Copyright © 2000
Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd
Neethling Brain Instruments ­ NBI ®
5 : 7
Merinda Van der Westhuizen
My 8 Dimensie Brein Profiel
L1-90
Realis 50%
Analis 50% (161)
R1-71
Strateeg 50%
Verbeeldingryke 50%
(167) (133)
Staatmaker / Bewaarder 25%
Organiseerder 75%
L2-77
(139) Sosialiseerder 19%
Empatiseerder 81%
R2-62
Die bo-staande 8-Dimensie resultate dui die persentasies van elke kwadrant aan. As jy byvoorbeeld in die L1 denkwyse inbeweeg, sal
80% Realis en 20% Analis beteken dat jy 80% van die tyd realisties dink en 20% analities.
NBI Volwassene NBI®
Copyright © 2000
Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd
Neethling Brain Instruments ­ NBI ®
6 : 7
Merinda Van der Westhuizen
8 Dimensie Inligting Oor Die Verskillende Kwadrante
L1 - Realis
Jy verkies helderheid van denke en tasbare inligting. Jy verkies om op ‘n spesifieke doel of resultaat te fokus sonder dat jou aandag
afgetrek word. Hierdie resultaat moet duidelik gedefinieer word, moet verkieslik bereikbaar wees, en aanduidings en riglyne na die doel
moet helder en sonder verwarring wees. Jy verkies om voor- en nadele teen mekaar op te weeg en om duidelik te verstaan wat die
gevolge sal wees.
L1 - Analis
Jy verkies om by die kern van dinge waarin jy betrokke is te kom en daarom verlang jy om dieper te delf om resultate te behaal. Jy verkies
om ‘n syfer of afmeting aan dinge te heg. Jy verkies sekerheid en sal daarom bereken, deurvors, navors en toestande en omstandighede
ondersoek voor jy voortgaan. Jy hou van konkrete bewyse en daarom verkies jy om te bevraagteken, in twyfel te trek en navraag te doen
voor jy begin.
L2 - Staatmaker / Bewaarder
Jy verkies omstandighede waar tradisies en beproefde metodes gevolg en gerespekteer word. Jy verkies ook omstandighede waar reëls
en regulasies gevestig is en waar jy op ‘n metodiese en versigtige manier kan werk. Jy verkies ‘n omgewing wat netjies, seker en stabiel is
en om met vaardige, lojale en betroubare mense te werk.
L2 - Organiseerder
Jy verkies om te beplan, te organiseer en dinge te rangskik. Jou benadering is ordelik, breedvoerig en sistematies. Jy is ‘n
implementeerder en hou daarvan om dinge in aksie te sit en daarby betrokke te wees. Jy hou ook daarvan om volgens ‘n skedule of ‘n “te
doen”­lys te werk, om te administreer en om oorsig oor sake te hê. Volharding, effektiwiteit en bruikbaarheid is hoë prioriteite.
R2 - Sosialiseerder
Jy is ‘n mens­persoon en hou daarvan om in groepe te werk met ander of om jou vrye tyd in die geselskap van ander deur te bring. Jy
verkies om deur mense omring te word en om deel van byeenkomste en skares te wees. Jy gaan ook uit jou pad om in jou werk en by die
huis, mense bymekaar te bring en te onthaal. Jy verkies om inligting te deel, om konsensus te bereik en om ander aan te moedig om deel
te neem deur hulle ideës te deel. Jy hou van wisselwerking, en kan uitgaande en energiek in die geselskap van ander wees. 
R2 - Empatiseerder
Jy verkies om bystand te verleen, te help en uit te reik na ander. Jy verkies om ander te dien deur om te gee deur ‘n sensitiewe en
onopsigtelike manier en deur op jou intuïsie staat te maak. Jy hou ook daarvan om ander aan te moedig om dinge te bereik. Jy plaas ‘n
hoë prioriteit op ‘n positiewe, hoopvolle en versorgende omgewing. Jy het dalk nie baie vriende nie, maar waardeer die kameraadskap van
‘n paar vriende en familie en is geneig om hulle behoeftes bo jou eie te plaas.
R1 - Strateeg
Jy verkies om die verlede en toekoms saam te bind en die visie voor oë te hou, selfs om vooruitbepalings en voorspellings oor die toekoms
te maak. Terwyl jy jou toekoms beplan en skep, hou jy daarvan om bestaande benaderings uit te daag en vra jy die Waarom? vrae. Jy
sien onbekende terreine, nuwe ondervindings en onsekerhede as ‘n uitdaging. Jy verkies om ‘n verskeidenheid moontlikhede te oorweeg
en sal nie risiko’s vermy wanneer jy betrokke is om toekomstige planne te ontwerp nie. Jy hou daarvan om die gapings tussen huidige en
toekomstige moontlikhede te vul.
R1 - Verbeeldingryke
Jy verkies om in prentjies te dink en om metafore en beelde te gebruik om ondervindings te beskryf. Jy teken ook prentjies en krabbel
wanneer jy luister as iemand praat. Jy speel dikwels met onmoontlike ideës en hou daarvan om te dagdroom, te fantaseer en verby die
gewone te dink. Jy is ook nadenkend en peinsend, dikwels onsistematies (miskien selfs chaoties) en hou daarvan om dinge op jou eie
manier te doen. Jy ontdek dikwels nuwe insigte op ‘n onverwagte wyse en hou daarvan om “snaakse” ideës te troetel.
NBI Volwassene NBI®
Copyright © 2000
Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd
Neethling Brain Instruments ­ NBI ®
7 : 7

More Related Content

Viewers also liked (6)

viona cv
viona cvviona cv
viona cv
 
Los sistemas operativos
Los sistemas operativosLos sistemas operativos
Los sistemas operativos
 
Modulo 3
Modulo 3Modulo 3
Modulo 3
 
Lesly amanda-ruiz-chauca-proyecto-de-vida-1
Lesly amanda-ruiz-chauca-proyecto-de-vida-1Lesly amanda-ruiz-chauca-proyecto-de-vida-1
Lesly amanda-ruiz-chauca-proyecto-de-vida-1
 
Proyecto de-vida-de-jason rosero
Proyecto de-vida-de-jason roseroProyecto de-vida-de-jason rosero
Proyecto de-vida-de-jason rosero
 
Programa de biossegurança
Programa de biossegurançaPrograma de biossegurança
Programa de biossegurança
 

Merinda_Van der Westhuizen_NBI_Adult_113644

  • 1. Merinda Van der Westhuizen 2016-07-04 10:28 (GMT) My 4 Kwadrant Brein Profiel L1 - 90 (161) R1 - 71 (167) (133) L2 - 77 (139) R2 - 62 NBI Volwassene NBI® Copyright © 2000 Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd Neethling Brain Instruments ­ NBI ® 1 : 7
  • 2. Merinda Van der Westhuizen Verklaring Van Die Resultate Die NBI Volwasse profiel kyk na die denkvoorkeure van die indiwidu. As ons meer weet oor hoe ons verkies om te dink, kan dit ons meer bewus en sensitief maak teenoor die denkvoorkeure van ander. Aangesien die fokus op voorkeure is, is dit belangrik om daarop te let dat daar nie slegte of verkeerde profiele is nie. Die NBI Volwasse profiel is 'n beskrywende, onbevooroordeelde ontleding van die voorkeure, met geen profiel wat beter of slegter as 'n ander is nie. Die verslag gee 'n beskrywing van 'n indiwidu se denkvoorkeure en doen aanbevelings wat daarop gebaseer is. Die NBI Volwasse profiel meet denkvoorkeure en nie vaardighede of vermoëns om daardie voorkeure uit te voer nie. Dit kan dus gebeur dat 'n individu 'n baie sterk voorkeur vir orde, beplanning en organisering het, maar nooit die geleentheid gehad het om te beplan en te organiseer nie. Die aanbeveling in hierdie geval sal dus wees dat aangesien die begeerte daar is, die vaardighede wat die begeerte ondersteun, ontwikkel behoort te word ten einde effektief te wees in 'n bepaalde beroep. Andersyds is dit moontlik dat 'n persoon uitstekende vaardighede het om byvoorbeeld 'n bankbestuurder te wees, maar 'n baie lae voorkeur het (wat kan lei tot verwerping) vir die prosesse wat met die werk geassosieer word. Die individu sal gevolglik nie in staat wees om die geesdrif en energie vol te hou en om gelukkig en produktief te bly in die bankomgewing nie. Hoewel daar nie 'n aanbevelingsresep is wat op alle mense betrekking sal hê nie, is die algemene aanbeveling dat 'n persoon sy/haar sterkste voorkeure moet ontwikkel (die vaardighede van daardie kwadrant skerp moet hou). Dit is egter ook belangrik om bewus te bly daarvan dat feitlik elke mens voortdurend met mense in aanraking kom wat ander denkvoorkeure kan hê. Daarom is dit van kritiese belang om bedrewenheid ten opsigte van die ander kwadrante te ontwikkel - dit geld vir ouerskap, onderwys, leierskap, bestuur, verhoudings, sport - vir feitlik enige terrein van die lewe. Dit is ook moontlik om 'n hoë voorkeur in twee kontrasterende kwadrante, soos byvoorbeeld R1 en L2, te hê. Dit sal beteken dat jy sterk voorkeure in die kontrasterende kwadrant, regs bo en links onder sal hê. Jy sal dus voorkeure toon vir verandering en avontuur aan die een kant, en vir sekuriteit en tradisie aan die ander. Onthou egter dat 'n hoë voorkeur vir 'n spesifieke kwadrant nie noodwendig beteken dat jou voorkeure ewe sterk sal wees vir al daardie kwadrant se prosesse nie. Aangesien geen persoon in die geheel een­kwadrant dominant is nie, dui die profiel hoë gemiddelde en lae voorkeure aan. Dit is belangrik om daarop te let dat die totaal in elke profiel 300 is. Die uitslae kan kortliks in die volgende kategorieë ingedeel word:    95+    Baie hoë voorkeur  80­94   Hoë voorkeur 65-79 Gemiddelde voorkeur 50-64 Lae voorkeur 50- Baie lae voorkeur Let asseblief daarop dat 'n individu se voorkeure altyd beoordeel moet word volgens kategorieë en nie volgens presiese punte nie. NBI Volwassene NBI® Copyright © 2000 Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd Neethling Brain Instruments ­ NBI ® 2 : 7
  • 3. Merinda Van der Westhuizen Algemene Inligting Oor Die Verskillende Kwadrante L1 - Algemene Voorkeure Akkuraatheid, Presiesheid, Noukeurigheid, Gefokusde benadering, Feitelike beredenering, Analitiese ingesteldheid, Objektiwiteit, Realiteit, Konkrete inligting, Krities, Begeerte om foutloos te wees, Prestasie gedrewe, Outoriteit, Eksterne dissipline en min ruimte vir gevoel . Vak- en Loopbaanvoorkeure E­pos Analis, Vlieënier, Feite­vakke, rekeningkunde, algebra, ekonomie, huishoudkunde, wetenskap, tegniese vakke, ambagsvakke. Sekere regsvakke en bepaalde loopbane in die regte, sommige ingenieursrigtings, tegniese loopbane. Mediese loopbane (byvoorbeeld tandartse, algemene praktisyns, mediese navorsing, ens.). Stelsel-ontleders, speurders, tiksters, meningspeilers en bemarkingsnavorsers, natuurwetenskaplike kursusse. L2 - Algemene Voorkeure Planmatigheid, Praktiese benadering, Gaan oor in aksie, Organisering, Stiptelikheid, Dissipline, Toegewyd, Stap-vir-stap benadering, Detail en volledigheid, Operasioneel, Netheid, Tradisioneel, Prosedures, Roetine, Reëls, Regulasies en Ordening . Vak- en Loopbaanvoorkeure Alle vakke en kursusse wat planmatige en stap-vir-stap inhoude en benaderings het. Boekhou, beplanners, spesifieke wetenskappe (byvoorbeeld biologie), organisering. Bepaalde regsvakke, sekere aspekte van sekretariële werk en bepaalde tegniese­ en ingenieursloopbane. Administrasiewerk, toesighousers, heelwat prosesse binne bestuur en onderwys. Bemarkingsbeplanning, polisie en militêre loopbane, spesifieke aspekte van verpleging. Gestruktureerde apsekte van verkope. R1 - Algemene Voorkeure Soek na Alternatiewe, Verkies die groot prentjie, Idee intuisie, Strategie, eerder as prosedure, Kombineer idees, Integrasie, Risiko, Rusteloos, Raak maklik verveeld, hou van eksperimenteer, Verskeidenheid, Gemaklik met Chaos, Fantasie, Verrassings en Assosiasie . Vak- en Loopbaanvoorkeure Drie-dimensionele vakrigtings, minder-geordende kursusse, ontwerp, reklame. Selfontdekkingsprogramme, entrepreneurskap, sekere mediese rigtings (pediatrie, psigiatrie). Sekere besigheidskursusse, voorspellingsvakke, vorme van die kuns, strategiese beplanning. Toerisme­ontwikkeling en opleiding (bepaalde kategorieë, veral die ontwerp van nuwe kursusse). Ontwikkelaars, leierskap / bestuursontwikkeling, scenario-skeppers, advertensiewese. R2 - Algemene Voorkeure Gevoelsgeoriënteerdheid, Empatie, Sosiale skakeling, Mensomgewing, Interaksie, Mens­intuïtief, Soek samewerking, Gevoelsatmosfeer, Lyftaal, Aanraking, Gevoelsuiting (in kontras met kille response), Mens-kommunikasie en Luisterfokus. Vak- en Loopbaanvoorkeure Sosiale wetenskappe, bepaalde sielkundekursusse, tale (sekere kategorieë). Bepaalde terapie­rigtings, joernalistiek, mens­gefokusde bemarking. Sekere prosesse van onderwys en opleiding. Maatskaplike werk, kassiere en ander beroepe wat deurlopend menskontak het. Pastorale diensberoepe, verpleging, mensaspekte van talle beroepe soos bv. medies, toerisme. Onderhandeling, konsultasie, direkte verkope. NBI Volwassene NBI® Copyright © 2000 Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd Neethling Brain Instruments ­ NBI ® 3 : 7
  • 4. Merinda Van der Westhuizen Persoonlike Verslag Hoë Voorkeur Kwadrant : L1 ­ 90 Merinda se breinprofiel toon dat sy baie gemaklik is met feitlike, logiese, rasionele en kritiese denke. Merinda verkies ‘n omgewing wat deur duidelike riglyne en verwagtings beheer word, om met feitlike, tegniese of wetenskaplike gegewens te werk. Sy is heel waarskynlik presies en akkuraat in haar benadering, sterk gefokus op die taak wat op hande is. Objektief en feitlik, is Merinda hoogs analities en laat min ruimte toe vir gevoelens of emosies. Sy het ‘n sterk voorkeur om met konkrete inligting te werk, soos kwantitatiewe afmetings en finansiële data, en sy kan gefrustreerd raak wanneer sy nie al die feite beskikbaar het nie. Realisme is vir haar baie belangrik, maar sy sal waarskynlik krities wees teenoor alles wat nie voldoen aan die hoë standaarde wat sy stel nie. Merinda is prestasiegerig en kan soms outoritêr wees, terwyl sy eksterne dissipline gebruik om die verlangde resultaat te bereik.  Merinda sal op haar gemak wees met analitiese probleemoplossing, data-analise, statistieke, begrotings en logiese denke. Gemiddelde Voorkeur Kwadrant : L2 - 77 Merinda is op haar gemak met prosesse wat aandag aan detail, organisasie en ‘n metodiese benadering verg. Sy kan toegewyd en gedissiplineerd wees en heg waarde aan tradisie en roetine. Merinda sal gemaklik wees in ‘n meer gestruktureerde, beheerde en georganiseerde omgewing. Wanneer nodig sal sy roetinesake hanteer en instruksies volg. Sy sal toesien dat besluite geimplimenteer word en dat die noodsaaklike administratiewe take nie agterweë bly nie. Gemiddelde Voorkeur Kwadrant : R1 - 71 Merinda is op haar gemak in situasies wat prosesse soos die soek na alternatiewe, integrasie en strategie vereis. Sy sal verkies dat verandering beplan en te wagte sal wees. Sy sal die geheelbeeld sien en sal nuwe idees integreer met haar bestaande verwysingsraamwerk. Lae Voorkeur Kwadrant : R2 - 62 Dit is onwaarskynlik dat Merinda gereelde interaksie met ander sal geniet, aangesien sy verkies om op haar eie te werk, of as deel van ‘n klein span. Sy sal heel waarskynlik nie op haar gemak wees in ‘n omgewing wat vereis dat sy emosioneel sensitief moet wees en empatie en ondersteuning op ‘n deurlopende grondslag bied nie. NBI Volwassene NBI® Copyright © 2000 Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd Neethling Brain Instruments ­ NBI ® 4 : 7
  • 5. Merinda Van der Westhuizen Vrae Vraag 1: Wanneer ek studeer, verkies ek om : die feite te onthou Vraag 4: Ek verkies om 'n opdrag af te handel : sodat dit akkuraat is Vraag 5: Ek hou daarvan om met mense te werk wat : altyd korrekte feite en inligting kan voorsien Vraag 8: Ek verkies om inligting te hanteer deur dit : te ontleed Vraag 9: Ek verkies om 'n opdrag sò te ontvang : "Maak seker al die feite is korrek" Vraag 10: Wanneer ek gaan stap wil ek graag : presies weet hoe ver ek gaan stap Vraag 14: Wanneer ek ‘n plek besoek waar ek nog nooit vantevore was nie, verkies ek om : vooraf 'n deeglike studie van die roete na my bestemming te maak Vraag 15: As ek 'n groot som geld sou wen, sou ek : die beleggingsmoontlikhede ondersoek Vraag 16: Wanneer ek na 'n spreker luister verkies ek : dat die spreker nie afdwaal nie maar by die onderwerp bly Vraag 18: As ek oor 'n gebeurtenis lees, verkies ek : 'n objektiewe en feitelike verslag Vraag 20: Ek verkies dat idees : deeglik deurdink moet word Vraag 21: As ek dink aan aktiwiteite wat ek nog vandag kan doen, verkies ek om : om my prioriteite vir die week te identifiseer Vraag 29: Ek verkies 'n tydskrif wat : relevante feite verskaf oor onderwerpe waarin ek belangstel Vraag 30: As ek oor my toekoms nadink, verkies ek om : realisties en verstandig daaroor te besin NBI Volwassene NBI® Copyright © 2000 Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd Neethling Brain Instruments ­ NBI ® 5 : 7
  • 6. Merinda Van der Westhuizen My 8 Dimensie Brein Profiel L1-90 Realis 50% Analis 50% (161) R1-71 Strateeg 50% Verbeeldingryke 50% (167) (133) Staatmaker / Bewaarder 25% Organiseerder 75% L2-77 (139) Sosialiseerder 19% Empatiseerder 81% R2-62 Die bo-staande 8-Dimensie resultate dui die persentasies van elke kwadrant aan. As jy byvoorbeeld in die L1 denkwyse inbeweeg, sal 80% Realis en 20% Analis beteken dat jy 80% van die tyd realisties dink en 20% analities. NBI Volwassene NBI® Copyright © 2000 Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd Neethling Brain Instruments ­ NBI ® 6 : 7
  • 7. Merinda Van der Westhuizen 8 Dimensie Inligting Oor Die Verskillende Kwadrante L1 - Realis Jy verkies helderheid van denke en tasbare inligting. Jy verkies om op ‘n spesifieke doel of resultaat te fokus sonder dat jou aandag afgetrek word. Hierdie resultaat moet duidelik gedefinieer word, moet verkieslik bereikbaar wees, en aanduidings en riglyne na die doel moet helder en sonder verwarring wees. Jy verkies om voor- en nadele teen mekaar op te weeg en om duidelik te verstaan wat die gevolge sal wees. L1 - Analis Jy verkies om by die kern van dinge waarin jy betrokke is te kom en daarom verlang jy om dieper te delf om resultate te behaal. Jy verkies om ‘n syfer of afmeting aan dinge te heg. Jy verkies sekerheid en sal daarom bereken, deurvors, navors en toestande en omstandighede ondersoek voor jy voortgaan. Jy hou van konkrete bewyse en daarom verkies jy om te bevraagteken, in twyfel te trek en navraag te doen voor jy begin. L2 - Staatmaker / Bewaarder Jy verkies omstandighede waar tradisies en beproefde metodes gevolg en gerespekteer word. Jy verkies ook omstandighede waar reëls en regulasies gevestig is en waar jy op ‘n metodiese en versigtige manier kan werk. Jy verkies ‘n omgewing wat netjies, seker en stabiel is en om met vaardige, lojale en betroubare mense te werk. L2 - Organiseerder Jy verkies om te beplan, te organiseer en dinge te rangskik. Jou benadering is ordelik, breedvoerig en sistematies. Jy is ‘n implementeerder en hou daarvan om dinge in aksie te sit en daarby betrokke te wees. Jy hou ook daarvan om volgens ‘n skedule of ‘n “te doen”­lys te werk, om te administreer en om oorsig oor sake te hê. Volharding, effektiwiteit en bruikbaarheid is hoë prioriteite. R2 - Sosialiseerder Jy is ‘n mens­persoon en hou daarvan om in groepe te werk met ander of om jou vrye tyd in die geselskap van ander deur te bring. Jy verkies om deur mense omring te word en om deel van byeenkomste en skares te wees. Jy gaan ook uit jou pad om in jou werk en by die huis, mense bymekaar te bring en te onthaal. Jy verkies om inligting te deel, om konsensus te bereik en om ander aan te moedig om deel te neem deur hulle ideës te deel. Jy hou van wisselwerking, en kan uitgaande en energiek in die geselskap van ander wees.  R2 - Empatiseerder Jy verkies om bystand te verleen, te help en uit te reik na ander. Jy verkies om ander te dien deur om te gee deur ‘n sensitiewe en onopsigtelike manier en deur op jou intuïsie staat te maak. Jy hou ook daarvan om ander aan te moedig om dinge te bereik. Jy plaas ‘n hoë prioriteit op ‘n positiewe, hoopvolle en versorgende omgewing. Jy het dalk nie baie vriende nie, maar waardeer die kameraadskap van ‘n paar vriende en familie en is geneig om hulle behoeftes bo jou eie te plaas. R1 - Strateeg Jy verkies om die verlede en toekoms saam te bind en die visie voor oë te hou, selfs om vooruitbepalings en voorspellings oor die toekoms te maak. Terwyl jy jou toekoms beplan en skep, hou jy daarvan om bestaande benaderings uit te daag en vra jy die Waarom? vrae. Jy sien onbekende terreine, nuwe ondervindings en onsekerhede as ‘n uitdaging. Jy verkies om ‘n verskeidenheid moontlikhede te oorweeg en sal nie risiko’s vermy wanneer jy betrokke is om toekomstige planne te ontwerp nie. Jy hou daarvan om die gapings tussen huidige en toekomstige moontlikhede te vul. R1 - Verbeeldingryke Jy verkies om in prentjies te dink en om metafore en beelde te gebruik om ondervindings te beskryf. Jy teken ook prentjies en krabbel wanneer jy luister as iemand praat. Jy speel dikwels met onmoontlike ideës en hou daarvan om te dagdroom, te fantaseer en verby die gewone te dink. Jy is ook nadenkend en peinsend, dikwels onsistematies (miskien selfs chaoties) en hou daarvan om dinge op jou eie manier te doen. Jy ontdek dikwels nuwe insigte op ‘n onverwagte wyse en hou daarvan om “snaakse” ideës te troetel. NBI Volwassene NBI® Copyright © 2000 Kobus Neethling & Solutionsfinding (Pty) Ltd Neethling Brain Instruments ­ NBI ® 7 : 7