SlideShare a Scribd company logo
1 of 10
Download to read offline
http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 
Oorspronklike Navorsing 
Nuwe bevindings oor die genetiese argitektuur van 
skisofrenie: Die bydrae van studies onder Afrikaners 
Authors: 
Johannes L. Roos1 
Affiliations: 
1Department of Psychiatry, 
University of Pretoria, 
South Africa 
Correspondence to: 
Johannes Roos 
Email: 
erna.fourie@up.ac.za 
Postal address: 
Private Bag X113, Pretoria 
0001, South Africa 
Dates: 
Received: 16 Jan. 2013 
Accepted: 15 Oct. 2013 
Published: 24 Feb. 2014 
How to cite this article: 
Roos, J.L., 2014, ’Nuwe 
bevindings oor die genetiese 
argitektuur van skisofrenie: 
Die bydrae van studies onder 
Afrikaners’, Suid-Afrikaanse 
Tydskrif vir Natuurwetenskap 
en Tegnologie 33(1), Art. 
#396, 9 pages. http://dx.doi. 
org/10.4102/satnt.v33i1.396 
Copyright: 
© 2014. The Authors. 
Licensee: AOSIS 
OpenJournals. This work 
is licensed under the 
Creative Commons 
Attribution License. 
Page 1 of 9 
Die genetiese komponent in die etiologie van skisofrenie word reeds ’n geruime tyd al 
aanvaar. Die onderliggende argitektuur van die genetiese risiko bly ’n punt van bespreking. 
Vroeë studies oor koppeling en kandidaatverbintenis het grootliks gelei tot onoortuigende 
of onbesliste resultate. Meer onlangs het kragtige tegnologieë beskikbaar geword. Dít, 
tesame met groot genoeg toetsgroepe en genoomwye panele van genetiese merkers, het dit 
moontlik gemaak om sistematiese en agnostiese skandering te doen regdeur die genoom. In 
agnostiese skandering word tegnologie aangewend om die probleem op te los, sonder enige 
voorveronderstelling oor waar die genoomrelevante allele gevind sal word. Daar word gesoek 
na algemene en unieke siektevariante met onderskeidelik klein of groot effek. Die soektog na 
variante wat nie ’n groot effek het nie, het beperkte sukses gehad. Aan die ander kant het die 
rol van unieke genetiese gebeure, soos kopienommervariasie (KNV) en uniekepunt-mutasies 
al hoe belangriker geraak by geenontdekking in geval van skisofrenie. Onlangse navorsing 
onder Afrikanerpasiënte met skisofrenie, wat bou op vroeëre bevindings van spontane KNV 
by die 22q11 lokus, het lig gewerp op die spontane mutasieparadigma as ’n groot komponent 
in die argitektuur van skisofrenie. ’n Oorsig oor onlangse bevindings van hierdie studies word 
gegee. 
Inleiding 
In ’n vorige artikel (Roos 2008) het die outeur ’n oorsig gegee oor bevindings in navorsing die 
voorafgaande 10 jaar oor die genetika van skisofrenie by die Afrikaner as ’n stigtersbevolking. Dit 
was in 2007 toe hierdie samewerkingooreenskoms betreffende die genetika van skisofrenie in ’n 
stigtersbevolking tien jaar aan die gang was. Nou, 15 jaar later, het dié samewerkingooreenkoms 
tussen die Columbia University in New York en die Departement van Psigiatrie aan die 
Universiteit van Pretoria (UP) interessante resultate begin oplewer. 
Waar aanvanklike resultate in dié studie baie klem gelê het op die stigtersbevolking en genealogie 
van die Afrikaner, het onlangse bevindings juis begin klem lê op die ander pool, naamlik 
sporadiese gevalle van skisofrenie, met ander woorde waar daar geen geskiedenis van skisofrenie 
by familielede in die eerste en tweede generasie teenwoordig is nie. In die slotopmerkings van 
die vorige artikel (Roos 2008) sluit die outeur af met: ‘Hopelik sal die ondersoek na die genetiese 
aspekte van skisofrenie in die Afrikaner ’n bydrae lewer tot beter begrip en behandeling van 
hierdie ernstige psigiatriese toestand.’ Moontlik is hierdie groep navorsers besig om in daardie 
rigting te begin beweeg. 
Dié oorsig som aspekte van die genetiese navorsing oor die etiologie van skisofrenie op. Daar sal 
klem gelê word op bevindings in ’n stigtersbevolking van Afrikaners. Sleutelbesprekingspunte 
en uitdagings in die navorsing sal toegelig word. Toekomstige rigtingwysers in hierdie tipe 
Latest findings in the genetic architecture of schizophrenia: The contribution of genetic 
studies among Afrikaners. A genetic component of schizophrenia has been acknowledged for 
a long time. The underlying architecture of the genetic risk remains a contentious issue. Early 
linkage and candidate association studies led to largely inconclusive results. More recently 
powerful technologies became available. This aspect coupled with samples of sufficient 
sizes, and genome-wide panels of genetic markers facilitated systematic and agnostic scans 
throughout the genome for either common or rare disease risk variants of small or large effect 
size, respectively. Although the former had limited success, the role of rare genetic events, 
such as copy-number variants (CNVs) or rare point mutations, has become increasingly 
important in gene discovery for schizophrenia. Recent research done among Afrikaner patients 
with schizophrenia, building upon earlier findings of de novo recurrent CNVs at the 22q11.2 
locus, has highlighted a de novo mutational paradigm as a major component of the genetic 
architecture of schizophrenia. Recent progress in this regard will be reviewed. 
Scan this QR 
code with your 
smart phone or 
mobile device 
to read online. 
Read online:
http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 
Oorspronklike Navorsing 
navorsing word beklemtoon. Daar is min rigtingwysers 
beskikbaar oor die patogeniese meganismes wat skisofrenie 
onderlê. Skisofrenie word gedefinieer as ’n kliniese sindroom 
gebaseer op die teenwoordigheid van operasionele kriteria. 
Hierdie kriteria sluit in waanidees, hallusinasie, apatie en 
kognitiewe probleme wat lei tot disfunksie en progressiewe 
agteruitgang. (American Psychiatric Association 1994) 
Die prevalensie van skisofrenie in die algemene bevolking 
word geskat op ongeveer 1%. Klassieke studies van families, 
tweelinge en aangenome kinders, wat die herhalingsrisiko 
vir familielede bepaal, het regstreekse bewys gelewer vir 
’n genetiese etiologie. (Sullivan, Kendler & Neale 2003) Die 
risiko om die siekte te ontwikkel neem eksponensieel toe 
met die graad van genetiese verwantskap tot ’n individu wat 
aan die siekte ly. Dit bereik ’n punt van ongeveer 50% vir 
monosigotiese tweelinge. (Sullivan et al. 2003) 
’n Onlangse Sweedse studie wat ’n totaal van 9 009 202 
unieke individue insluit, wat afkomstig was van meer 
as 2 miljoen kernfamilies, het die risiko vir skisofrenie in 
biologiese en aanneemouers, afstammelinge, regstreekse 
sibbe en halfsibbe van individue met skisofrenie nagegaan. 
Inligting van ’n nasionale multigeneratiewe databasis is 
vergelyk met gegewens by hospitaalontslag. Bevindings van 
hierdie studie bevestig dat die oorerflikheid van skisofrenie 
hoog is. Bepalings dui op 64.3% (95.0% sekerheidsinterval = 
61.7% – 67.5%) (Lichtenstein et al. 2009). Ander risikofaktore 
sluit in ’n gedeelde familie-omgewing, manlike geslag, hoë 
ouderdom van vader by konsepsie, perinatale gebeure en 
substansmisbruik. Dit moet beklemtoon word dat hoewel 
’n groot genetiese komponent vir skisofrenie onomwonde 
aangetoon is, het slegs ’n klein proporsie van gevalle ’n 
familiegeskiedenis van skisofrenie. (Sullivan et al. 2003; 
Lichtenstein et al. 2009; Tandon, Keshaven & Nasrallah 2008.) 
Die resultate van hierdie artikel sal aantoon dat die grootliks 
geïgnoreerde aspek in vroeëre pogings om die siekterisiko 
te modelleer, moontlik ’n belangrike begrip kan wees in die 
opklaring van die genetiese argitektuur van skisofrenie. 
Die belangrike rol wat genetika in die etiologie van skisofrenie 
speel, word nie meer bevraagteken nie. Die fundamentele 
onsekerheid in die genetika van skisofrenie was nog altyd die 
aard van die onderliggende alleliese argitektuur. Histories 
kan probleme toegeskryf word aan ’n kombinasie van 
alleliese lokus en fenotipiese heterogenisiteit wat gelei het 
tot: waninterpretasie van of oorinterpretasie van negatiewe 
data, of nie oortuigende data. Ongeag hierdie uitdagings, is 
daar ’n oorvloed van onlangse bevindings, aangedryf deur 
tegnologiese vooruitgang wat die kragte wat die genetiese 
risiko vir skisofrenie vorm, begin ontsyfer. Dié bevindings 
lewer ’n lang verwagte kans op om hoogs betroubare 
resultate te produseer en kan groot praktiese implikasies 
inhou (Rodriguez-Murillo, Gogos & Karayiorgou 2012). 
Die genetiese argitektuur van 
skisofrenie 
Vier faktore word betrek by die genetiese argitektuur van 
komplekse genetiese versteurings: 
Page 2 of 9 
• Die getal risiko-allele wat bydra tot die siekte in die 
bevolking. Dit kan veelvuldige risiko-allele in een of 
meer gene insluit. 
• Die frekwensie van elk van die risiko-allele in die 
bevolking. 
• Die grootte van die effek (penetrasie) van ’n risiko-alleel. 
• Die manier hoe risiko-allele saamwerk, byvoorbeeld op 
’n byvoegende of sinergistiese manier (Laursen & Munk- 
Olsen 2010). 
Pogings om die genetiese argitektuur van skisofrenie op te 
klaar moet ’n bevredigende beskrywing van al hierdie faktore 
gee. Verder moet dit ’n verklaring gee vir die hoë wêreldwye 
voorkoms, die voortbestaan van hierdie versteuring ondanks 
omgewingsfaktore wat voorkom, die verhoogde mortaliteit 
en die ernstig verminderde voortplantingspotensiaal van 
aangetaste individue (Laursen & Munk-Olsen 2010). 
In hierdie konteks word die genetiese argitektuur wat 
skisofreniese vatbaarheid onderlê, geformuleer deur 
twee groot hipoteses, wat fundamenteel verskil in hul 
konseptualisasie van die etiologie: 
Die hipotese van algemene siekte/algemene alleel (ASAA), 
en die hipotese van algemene siekte/unieke alleel (ASUA) 
(Goldstein 2009; Manolio et al. 2009). 
Twee hipotetiese modelle van 
skisofrenie: Algemene siekte/ 
algemene alleel versus algemene 
siekte/unieke alleel 
Die ASAA beklemtoon die samewerking tussen verskeie 
relatief algemeen oorgeërfde allele wat elk dui op ’n klein 
of matige risiko. Dit werk saam om die voortdurende hoë 
voorkoms van die siekte te verklaar. Hierdie hipotese neem 
aan dat daar verminderde sigbaarheid van elke kleineffek-alleel 
tot negatiewe seleksie is. Verder neem die hipotese 
aan dat hierdie allele by uitsondering in sporadiese gevalle 
herkombineer in hoërisiko-kombinasies (Yang, Visscher & 
Wray 2010). 
Algemene siekte/unieke alleel 
Algemene siekte/unieke alleel (ASUA) beklemtoon op sy 
beurt ‘individualiteit’ en hoë genetiese heterogenisiteit, 
veral die betrokkenheid van individueel unieke, maar hoogs 
deurdringende allele. Hier word elke geval veroorsaak deur 
’n enkele unieke variant, en hierdie variante kan voorkom 
in verskillende gene by verskillende individue. ’n Krities 
deurslaggewende aanname van die ASUA-model is dat nuwe 
(of spontane) mutasies in sporadiese gevalle voortdurend 
hoogs penetrerende allele genereer en aanvul. Hierdie allele 
word vinnig teengeselekteer in die bevolking (Goldstein 
2009; Manolio et al. 2009) 
Die bruikbaarheid van die splitsing lê primêr in die feit dat 
groot duidelik metodologiese benaderings gebruik word om
http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 
Page 3 of 9 Oorspronklike Navorsing 
siekte-assosiasie op te spoor met unieke of algemene variante. 
Gevolglik help dit om verskillende geen-opsporingstrategieë 
te evalueer. Vanuit ’n biologiese oogpunt, aan die ander kant, 
in die konteks van die komplekse neurale substraat wat die 
vatbaarheid van skisofrenie onderlê, is hierdie genetiese 
konstrukte moeiliker om te ontrafel. Pasiënte se genoom 
bevat allele oor ’n wye reeks van frekwensies. Sommige allele 
dryf en ander wysig die siekte-risiko en -uitdrukking. In hul 
samewerking beïnvloed hulle die struktuur en funksie van 
neurale netwerke. 
Oor die algemeen het die poligeniese ASAA-paradigma van 
skisofrenie baie aandag geniet. In kontras hiermee, is daar 
slegs ’n paar voorbeelde waar enkele hoogs penetrerende 
mutasies geïdentifiseer is wat iemand ontvanklik sou 
maak vir skisofrenie. Hierdie studies is beskou as op die 
buitegrens van bevindings en van beperkte belang in die 
genetiese argitektuur van die siekte. Onlangse empiriese 
data onderskryf die ASUA-model. Dit het veroorsaak dat 
daar ’n drastiese herwaardering van die teoretiese basis 
onderliggend aan die ASUA-model was (Sullivan et al. 2003). 
Oorweging van die algemene 
siekte/unieke alleel-model 
Die sterkste formulering van die ASUA-model stel voor 
dat die meeste, indien nie alle, gevalle van skisofrenie die 
gevolg is van die teenwoordigheid van sommige unieke 
maar penetrerende mutasies. Unieke variante (0.5% tot 
5.0% frekwensies) oorskadu algemene variante by verre 
(The 100 Genomes Project Consortium 2010). Dit is dus nie 
verbasend dat hulle moontlik beduidend kan bydra tot die 
genetiese argitektuur van komplekse siektes nie. Relevante 
bewys is eers gelewer deur studies wat gesoek het na ’n 
unieke variant in die ekstreem fenotipiese distribusie van 
komplekse kenmerke (Cohen et al. 2004). Hierdie unieke 
mutasies is meer geneig om proteïenfunksie te affekteer en 
veroorsaak dan ook skadelike fenotipes, wat ’n impak het 
op voortplantingsfiksheid (Flanagan, Patch & Ellard 2010; 
Valdmanis, Verlaan & Rouleau 2009). As sodanig, is hulle 
meer geneig om ’n faktor te wees wat seleksie suiwer, met 
’n kort halflewe in geselekteerde stambome en is hulle 
beperk tot lae alleliese frekwensie. In dié konteks, sou die 
hoë voorkoms van die versteuring ten minste ’n hoë genoeg 
verhouding van spontane mutasies vereis. Die tempo van 
spontane plaasvervanger-mutasies op kiemlynbasis is 
relatief hoog en is bepaal op ~10-8 per basispaar per generasie 
(Crow 2000). Dit sou 0.5–1.0 spontane eksoniese mutasies per 
nuut gebore baba voorspel (The 100 Genomes Project 2010). 
Vanweë tegniese beperkings was dit nie moontlik om die 
wêreldwye bydrae van unieke variante tot psigiatriese 
versteurings op ’n sistematiese manier na te gaan nie. Dit het 
slegs ’n paar jaar tevore moontlik geword, danksy tegniese 
vooruitgang, om kopienommer-analise met hoë resolusie by 
individuele genome na te gaan. Dit was dan ook die eerste 
kans om onbevooroordeelde, genoomwye opnames van 
unieke variante in psigiatriese versteurings te doen. Onlangs 
is ’n groot hoeveelheid variasies in die menslike genoom 
aangetoon. Een van die mees belangwekkende tipes van 
variasie is kopienommervariasie (KNV), die weglating of 
dupliserings wat tipies groter as 1 kb is (Iafrate et al. 2004; 
Sebat et al. 2004). KNV’e is óf uniek óf algemeen en kollektief 
sou dit ~12% van die genoom in die algemene bevolking dek 
(Redon et al. 2006). Dit het gelei tot die voorstel dat addisioneel 
tot hul bekende rol in ’n getal ongewone sindrome, KNV’e 
ook dalk kan bydra tot meer algemene siektefenomene. In 
der waarheid het uniek oorgeërfde en spontane KNV’e na 
vore gekom as ’n belangrike genomiese oorsaak van siekte. 
Heel onlangs het die wyd verspreide beskikbaarheid van 
volgendegenerasie-tegnologie vir geenreeksbepalings dit 
moontlik gemaak dat individuele genome se volgorde bepaal 
kon word. Gevolglik kan daar sifting gedoen word van 
unieke variante op die hoogste vlak van genetiese resolusie 
(The 100 Genomes Project 2010). Dit het die gaping gevul wat 
deur KNV-studies gelaat is. 
Mikro-uitwissing by 22q11.2 en die 
spontane paradigma 
’n Mikro-uitwissing by die 22q11.2-lokus was die eerste 
spontane KNV beskryf in skisofrenie deur Karayiorgou 
(Karayiorgou et al. 1995). Karayiorgou is die studieleier van die 
navorsingsprojek oor skisofrenie in die Afrikaner. Sedert die 
ontdekking is daar ’n sterk en spesifieke tweerigtingverband 
vasgestel tussen die teenwoordigheid van 22q11.2-mikro-uitwissing 
en psigose. Tot ’n derde van alle laat adolessente of 
vroeë volwassenes wat die mikro-uitwissings het, ontwikkel 
skisofrenie of skiso-affektiewe versteuring volgens die 
diagnostiese DSM IV-kriteria (Gothelf et al. 2007; Murphy, 
Jones & Owen 1999; Pulver 1994). Verder het ’n getal studies 
aangedui dat 22q11.2-miko-uitwissings bydra tot 1% – 2% van 
skisofrenie-gevalle (Karayiorgou et al. 1995; Wiehahn et al. 
2004;). Hierdie sterk tweerigtingverband tussen skisofrenie 
en die 22q11.2-mikro-uitwissing maak dié weglating een van 
die sterkste risikofaktore vir skisofrenie tans bekend. Verder 
is pasiënte met skisofrenie wat die 22q11.2-mikro-uitwissing 
het, en dié daarsonder klinies nie van mekaar onderskeibaar 
wat die skisofrenie-fenotipe aanbetref nie (Bassett et al. 2006). 
Die ontdekking van so ’n herhalende strukturele mutasie wat 
verantwoordelik is vir sporadiese gevalle van skisofrenie in 
die bevolking het die vraag laat ontstaan of spontane KNV’s, 
of spontane mutasies in die algemeen, ’n selfs groter rol speel 
in die genetiese samestelling van mense met psigiatriese 
versteurings. Die vinnig ontwikkelende genomiese en 
reeksvolgorde-tegnologie het dit moontlik gemaak om 
hierdie vraag te ondersoek. Daar is nou bewys gelewer dat 
unieke spontane mutasies bydra tot die genetiese etiologie 
van skisofrenie. 
Genoomwye skanderings vir 
spontane kopie-nommervariante 
In een van die eerste KNV-skanderings om die rol van 
spontane strukturele mutasies in skisofrenie te ondersoek, is 
pasiënte met skisofrenie uit die Afrikaner-stigterbevolking 
gebruik. Xu et al. (2009) het ’n enkelnukleotied-polimorfisme 
(ENP), met ’n geen-reeksresolusie van 30 kb bekyk by 359
http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 
Page 4 of 9 Oorspronklike Navorsing 
mense met skisofrenie, asook kontrolefamilie-triades. Die 
navorsers toon aan dat spontane KNV’s beduidend meer 
algemeen teenwoordig is in sporadiese gevalle (met geen 
geskiedenis van siekte by ’n familielid van die eerste of 
tweede generasie nie) as by die kontroles (10.0% teenoor 
1.3%). Sporadiese gevalle bevat slegs 1.5 keer meer oorgeërfde 
KNV’s as kontroles, wat ’n kleiner toename verteenwoordig, 
van 20.0% tot 30.0% (Xu et al. 2009). Daar word aangetoon dat 
daar versterking tussen die gene, geaffekteer deur spontane 
KNV’s, was wat geïmpliseer word in neurale ontwikkeling 
en RNA-prosessering. In sommige gevalle het spontane 
KNV’s in een generasie oorgeërfde variante geword 
wanneer hulle oorgedra is na ’n volgende generasie. In der 
waarheid is dit in ’n komplementêre skandering aangetoon 
dat uniek oorgeërfde KNV’s geassosieer word met oorerflike 
skisofrenie. Oorgeërfde KNV’s was amper twee maal so 
algemeen in familiële gevalle as in sporadiese gevalle of 
kontroles (Xu et al. 2009). Hierdie bevindings het die wyd 
verspreide patogeniese rol van spontane KNV’s uitgelig, 
asook die verskille in die genetiese argitektuur van familiële 
versus sporadiese gevalle van skisofrenie. Sporadiese 
skisofrenie is gekenmerk deur ’n duidelike verryking van 
uniek spontane KNV’s en slegs ’n matige toename in die 
tempo van uniek oorgeërfde KNV’s. Laasgenoemde blyk 
gene nie by voorkeur aan te tas nie. Skisofrenie in die familie 
daarenteen, word gekenmerk deur die verryking in uniek 
oorgeërfde KNV’s wat gene aantas (het ’n hoër penetrasie), 
terwyl spontane mutasies minder prominent is (Xu et al. 
2008). 
Nog ’n genoomwye soektog vir KNV’s uitgevoer deur 
die SGENE + konsortium het bykomstige bewys gelewer 
van die rol van spontane KNV’s (Stefansson et al. 2008). 
Hierdie studie het aanvaar dat weens negatiewe seleksie, die 
weglating van KNV’s in skisofrenie uniek sal wees; gevolglik 
sal KNV’s, wat voorkom in verskeie onverwante individue, 
deur onafhanklike spontane mutasies plaasvind. Hierdie 
navorsers vind drie spontane KNV’s wat beduidend verband 
hou met psigose met ’n hoë waarskynlikheidverhouding. 
Gevolglik, KNV’s met ’n beduidende effek op siekterisiko 
kan miskien oorheersend wees tussen dié wat hul oorsprong 
het in spontane gebeure. Spontane strukturele mutasie kom 
met ’n redelike frekwensie voor en daardeur verskaf dit ’n 
konstante bron van unieke en hoogs penetrerende variante 
wat ’n poel van mutasie vorm wat weer geïmpliseer word in 
skisofrenie (Lupski 2007). 
Uniek spontane variasie-ontdekking 
deur grootskaalse reeksbepaling 
Hoewel KNV-studies goeie aanvanklike resultate opgelewer 
het, is dit eers onlangs dat die volle bydrae van uniek spontane 
mutasies nagevors is. Xu et al. (2011) toets die hipotese dat 
spontane, proteïenveranderende mutasies substansieel 
bydra tot die genetiese komponent van skisofrenie. Die 
navorsers gebruik reeksbepaling van die volgende generasie 
om spontane mutasies of enkelnukleotied-variante en klein 
insluitings of weglatings op ’n sistematiese, genoomwye 
manier te bestudeer. Die eksoom van 53 Afrikaner familie-trio’s 
met ’n diagnose van skisofrenie of skiso-affektiewe 
versteuring is geskandeer. (’n Eksoom is deel van die 
genoom gevorm deur eksone waarvan die geenreekse bly 
in volwassens). Hierdie persone het geen geskiedenis van 
siekte by familielede in die eerste of tweede generasie nie. 
Die kontrolegroep was 22 gesonde Afrikanerfamilie-trio’s 
wat nie verwant is nie. In die aangetaste sporadiese gevalle 
vind Xu et al. (2011) 34 kandidate met spontane puntmutasies 
en vier spontane indels (insluiting en weglating). Onder die 
34 spontane puntmutasies was 32 enkelnukleotied-mutasies 
nie-sinoniem en slegs twee sinoniem. 
Onder die 32 nie-sinonieme mutasies het 19 evolusionêr 
behoue oorskot betrek. Drie van hierdie indels het gelei 
tot proteïenvertakkings en een het gelei tot ’n enkele 
aminosuurweglating. Hulle vind ook twee enkelnukleotied-variante, 
gelokaliseer binne voorspelbare skenker- of 
ontvanger- splitsingsetels, by die introniese gebied wat dit 
omsluit. 
In die geheel bevind die navorsers dat 27 van die 53 pasiënte 
(~51%) minstens een spontane gebeurtenis dra. Dit was 
opvallend dat hierdie skandering ’n verhouding van nie-sinoniem 
(n = 32) tot sinoniem (n = 2) spontane mutasies 
van 16:1 toon. (Nie-sinonieme mutasie: indien ’n mutasie 
lei tot ’n verandering in die geënkodeerde polipeptied, is 
dit bekend as ’n nie-sinonieme mutasie; sinonieme mutasies 
daarenteen: indien ’n mutasie nie die polipeptiedproduk 
van ’n geen verander nie, word dit ’n sinonieme mutasie 
genoem). Dit is duidelik hoër as die 2.85:1 wat verwag sou 
word in ’n lukrake model. Verder ook is nie-sinonieme 
spontane puntmutasies in ’n groot oormaat gevind 
(~10-voudig), vergeleke met die neutrale mutasies relatief tot 
uniek oorgeërfde variante. Laasgenoemde sal waarskynlik 
minder bydra tot die patogenese van sporadiese gevalle. 
Die mutasies is ondersoek deur evolusionêre behoud 
na te gaan, sowel as die potensiaal van die spontane, 
proteïenveranderde mutasies om die struktuur of funksie 
van die geproduseerde proteïene te beïnvloed. Hierdie 
ondersoek toon die geïdentifiseerde mutasies het ’n groter 
potensiaal om proteïenstruktuur-funksie te beïnvloed as die 
uniek oorgeërfde variante. In die kontrolegroep identifiseer 
Xu et al. (2011) sewe eksotiese, spontane enkelnukleotied-variante, 
maar geen indelkandidate in sewe van die 22 
kontrolepersone nie. Tussen hulle was vier nie-sinonieme 
wanmutasies en drie sinoniemes, ’n verhouding soos wat 
verwag sou word in neutrale omstandighede en baie na 
aan die verhouding vir normale funksionele variasie (1.14– 
1.45). Die geobserveerde verryking van nie-sinonieme, 
hoogs behoue, en ontwrigtende aminosuurmutasies tussen 
spontane gebeure by pasiënte, was sterk beduidend op ’n 
hoë moontlikheid van patogenisiteit. Dit is opmerklik dat al 
die mutasies gevind in sporadiese gevalle, voorgekom het 
in verskillende gene. Dit was voor statistiese evaluering vir 
enige spesifieke lokus en met een uitsondering was geeneen 
van die aangetaste gene voorheen onvoorwaardelik verbind 
aan skisofrenie nie. Die identifisering van herhalende 
mutasies in hierdie gene bewys dat dit siekte veroorsaak. 
Dit kan moontlik vereis dat duisende aangetaste individue 
ondersoek moet word.
http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 
Page 5 of 9 Oorspronklike Navorsing 
Tussen die moontlike patogene gebeure was daar ’n 
wanmutasie binne-in ’n gebied wat evolusionêr behoue gebly 
het, genaamd die DGCR2-geen (DiGeorge Critical Region 
2-geen). Hierdie bevinding is veral interessant wanneer 
gekyk word na vorige werk oor die 22q11.2-lokus. 
Die DGCR2 enkodeer vir ’n voorgestelde transmembraan-aanhegtingreseptor 
en is hemisigoties weggelaat vanweë die 
herhalende spontane mikro-uitwissings by hierdie lokus. Die 
identifisering van dié ontwrigtende, spontane puntmutasie is 
gedoen in ’n pasiënt met ’n struktureel intakte 22q11.2-lokus. 
In ’n onafhanklike, kleiner studie rapporteer Girard et al. 
(2011) 15 spontane mutasies in 8 van die 14 sporadiese gevalle. 
Dié verhouding is vergelykbaar met dié gerapporteer in die 
groter studie onder Afrikaners (Xu et al. 2011). Addisioneel 
en soortgelyk aan die studie van Xu et al. (2011), is al die 
mutasies wat geïdentifiseer is, nie sinoniem nie (Girard 
et al. 2011). Hoewel hulle geen proteïenvertakkende indels 
gevind het nie, rapporteer hulle dat vier van 15 mutasies 
niekoderend was. Dit is ’n syfer wat hoër is as wat ewekansig 
verwag sou word. 
Die voorafgaande resultate saamgevat, dui daarop dat 
spontane mutasies ’n groot rol speel by skisofrenie. Hierdie 
resultate is verkry van die reeksbepalingskanderings 
van die aanvang-eksoom. Die bevinding oor spontane 
KNV, enkelnukleotied-variasies, asook insluiting- en 
weglatingverhouding van ’n groep van sporadiese gevalle 
by Afrikaners, lewer sterk empiriese bewys dat spontane 
mutasies baie patogenies teenwoordig is in meer as die 
helfte van sporadiese gevalle van skisofrenie (Xu et al. 2011; 
Xu et al. 2012). 
Verhoogde las van unieke mutasies 
’n Samevatting van onlangse bevindings in die literatuur 
dui aan dat KNV’s, enkelnukleotied-variasies, insluiting en 
weglating affekteer by ’n verskeidenheid van gene (Gothelf 
et al. 2007). Dit onderskryf die hipotese dat veelvuldige, 
uniek spontane (herhalende én unieke), asook oorgedraagde 
genetiese variante in moontlik honderde duidelike loki 
almal bydra tot die genetiese risiko van skisofrenie. Dit is 
moontlik weens die kompleksiteit van die neurale substrate 
wat aangetas word deur hierdie siekte. Dit betrek ’n groot 
mutasieteiken wat baie gene insluit. Die presiese getal van 
hierdie gene, wat moontlik honderde kan beloop, moet nog 
bepaal word. Dit sal die sifting van etlike duisende families 
vereis. Dit is ook moontlik dat die nuut ontdekte loki kan 
uitloop op ’n kleiner getal algemene biologiese paaie of 
neurale netwerke om ’n algemene patroon van kliniese 
disfunksie of simptome te genereer. Hierdie verklaring is nog 
nie bevestig nie. Die neurale kompleksiteit wat skisofrenie 
onderlê, tesame met die relatief hoë mutasieverhouding, gee 
’n moontlike verklaring vir die bestaan en voortbestaan van 
skisofrenie onder verskeie menslike bevolkings, ongeag die 
uiteenlopende omgewingsfaktore en ernstige inkorting van 
voortplantingspotensiaal (Girard et al. 2011). 
Spontane geenmutasies dui op ’n 
patroon van genetiese en neurale 
kompleksiteit 
In ’n onlangse publikasie van ons groep is die bewys van 
spontane oorsake in skisofrenie geëvalueer (Xu et al. 2012). 
Die bydrae van uniek spontane kopienommer-variante 
(KNV) tot skisofrenie is goed bevestig (Karayiorgio et al. 1995; 
Xu et al. 2011). Die bydrae van spontane nukleotiedvariante 
is nog nie omvattend ondersoek nie. Eksoom-reeksbepaling 
van 146 Afrikaner-familietrio’s van pasiënte met ’n diagnose 
van skisofrenie of skiso-affektiewe versteuring is voltooi (Xu 
et al. 2012). 
Vier-en-dertig (34) onaangetaste kontrole-trio’s is nagegaan. 
Die eksoom van 85 pasiënte, met skisofrenie of skiso-affektiewe 
versteuring, uit die Verenigde State van Amerika 
is ook nagegaan. Draers van uniek spontane KNV’s (> 30kb) 
is uitgesluit. Die uitsluiting is gebaseer op vorige KNV-skanderings 
van hierdie groepe pasiënte. Die navorsers 
gebruik ’n analitiese pyplyn wat voorheen beskryf is en ’n 
reeks filters, insluitend die finale validasie deur Sanger se 
reeksbepaling van alle familielede (Xu et al. 2011). Meer as 
90% van die enkelnukleotied-variante (ENV’e) en 20% van 
insluiting of weglatings is geëvalueer. 
Wanneer ons kyk na fenotipiese ooreenstemmings in die 
bevindings, sien ons ’n ooreenkoms tussen die ouderdom 
van die vader by die pasiënt se geboorte en die getal 
spontane gebeure per afstammeling, maar geen ander 
beduidende verskille is gevind nie. Individue met jonger 
vaders (22–30 jaar oud tydens pasiënt se geboorte) neig om 
’n laer gemiddelde spontane mutasietempo te hê as diegene 
met ouer vaders (Xu et al. 2012). 
Gene, aangetas deur spontane variante, is in ons studie 
nie beduidend verteenwoordigend in twee voorheen 
vasgestelde, uitgebreide lyste van sinaptiese gene nie. 
Verder het padanalise, deur gebruik te maak van die 
DAVID-annotasie-instrument nie enige beduidende verrykte 
funksionele groepe gevind nie (Xu et al. 2012). Evaluasie van 
proteïen met proteïen-interaksies (PPI) toon ’n beduidend 
groter verbintenis tussen mutasieteikens as wat verwag sou 
word as wanneer dit toevallig was. Multigene PPI-groepe 
sluit een in wat sentreer op MTOR en een wat sentreer 
op CANX, wat weer insluit ’n ekstrasellulêre matriks-en 
selaanhegtingsproteïene. Dit suggereer dat diverse 
skisofrenie-risikogene moontlik kan uitloop op ’n korter lys 
van funksionele modules. 
Die navorsers ondersoek verder tot watter mate verryking 
in funksioneel spontane gebeure bepaal word deur die 
ontwikkelingspatroon van breinuitdrukking van die 
gemuteerde gene (Kang et al. 2011; Colantuoni et al. 2011). In 
beide die hippokampus en dorsolaterale prefrontale korteks, 
twee breinareas geïmpliseer in skisofrenie, is die grootste 
effek waargeneem by gene wat die hoogste uitgedruk
http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 
Page 6 of 9 Oorspronklike Navorsing 
word in die prenatale periode (Barch & Ceaser 2012). Wat 
belangrik is, is dat daar ’n funksionele ooreenkoms is tussen 
die prenatale uitdrukking van teikengene en die neuro-ontwikkelingsimpak 
van die ooreenkomstige mutasies. 
Spesifiek by pasiënte wat spontane mutasies dra, was dié 
met mutasies in prenataal gebaseerde gene meer geneig 
tot veelvoudige (> 3) gedragsabnormaliteite in die eerste 
10 jaar van hul lewe, sowel as ’n erger funksionele uitkoms 
ná die aanvang van die siekte (Sobin et al. 2003). Verder het 
die vergelyking van al die gene met funksioneel spontane 
gebeure in ons families met skisofrenie, saam met die 
identifisering van die hele spektrum outistiese versteurings 
(ASV), 15 gedeelde gene opgelewer. (Neale et al. 2012; 
Sanders et al. 2012; O’Roak et al. 2012; Iossifov et al. 2012). Dit 
is ’n oorvleueling binne kansverwagting (p = 0.29). Daar moet 
opgelet word dat 11 van die 15 gedeelde gene (73%) ingesluit 
is in ons lys van teikens vir prenatale uitdrukkingsydigheid. 
Die kans dat die oorvleueling ’n toevallige bevinding is, is 
baie laag (p = 0.004). 
Die groot meerderheid van teikens vir prenatale 
uitdrukkingsydigheid kom sterk na vore gedurende 
die eerste en tweede trimester van swangerskap. 
Hulle toon ’n oorverteenwoordiging van kerngene 
betrokke by chromatienhermodellering, kernvervoer en 
transkripsiebeheer, sowel as in proteïenoordrag- en afbou. 
Die teikens sluit ook gene in betrokke by interaksies van sel 
tot sel en interaksies van sel tot matriks, ’n onderafdeling wat 
interaksie toon met twee sleutel-aanhegtingsproteïene: THBSI 
en ITGA6 (Christopherson et al. 2005; Georges-Labouesse et al. 
1998). Laasgenoemde twee is ook betrokke by sinaptogenese, 
aksionale groei en kortikale laagvorming. Navorsers bevestig 
dat gene met sydigheid vir prenatale uitdrukking hoogs 
verryk is met mikro-RNA-teikens en daar word ook bevind 
dat ’n nominaal beduidende verryking van hsa-mir 367- en 
hsa-mir 1244-teikens teenwoordig is (Colantuoni et al. 2011). 
In vergelyking hiermee sal die risiko bygedra deur teikens 
van postnatale uitdrukkingsydigheid verband hou met hul 
betrokkenheid in intrasellulêre seinprosesse (GTPase, DAG-of 
die kalsium-modelleringsein), wat diverse aspekte van 
neuronale konnektiwiteit reguleer. 
Verder het die navorsers probeer vasstel watter individuele 
gene meer geneig sal wees om tot die risiko van siekte by 
te dra. Hulle vind vier gene wat verander is deur twee 
spontane gebeure elk in nieverwante pasiënte (drie van 
hierdie gene was geaffekteer in pasiënte uit twee verskillend 
getoetste bevolkings). Hierdie gene is twee maal getref 
deur ’n kombinasie van niekoderende mutering en ’n 
spontane wanmutasie ENV (DPYD), of ’n kombinasie van 
’n splitslassingsetel. Daar was óf ’n spontane wanmutasie 
ENV (TRRAP en VPS39) óf indel (invoeging of weglating) 
(LAMA2). Geeneen van hierdie gene is aangetas in die 
Afrikaner- of die SSC-kontrolegroep nie en geen so ’n 
wanmutasie is gerapporteer vir enige geen in die 488 
spontane gebeure in die SSC-kontrole-groep nie. Gegewe die 
getal spontane mutasies in ons datastel, sal die observasie 
van vier sulke herhalende gebeure ’n p-waarde van 0.002 
hê. Daar is een van die vier kombinasies (in LAMA2) wat 
individueel statisties beduidend is (p = 0.017). 
LAMA2 enkodeer die laminin alpha-tweeketting, wat 
een van die twee subeenhede van laminin twee en vier 
verteenwoordig en bind aan ITGA6, ’n teiken vir prenatale 
uitdrukkingsydigheid. Homosigotiese mutasies in LAMA2 
lei met variërende penetrasie tot oorerflike spierdistrofie, 
gekenmerk deur SSS-betrokkenheid, insluitend 
witstofabnormaliteite, kognitiewe inkorting, konvulsies en 
neuronale migrasiedefekte (Jones et al. 2001). ’n Spontane 
mutasie in die isoform LAMA1 is ook deur ’n ander 
studiegroep oor skisofrenie beskryf. 
DPID (Dihidropiramidien dehidrogenase) is die aanvanklike 
en tydbepalende faktor in die pad van pirimidien-katabolisme 
(Van Kuilenburg et al. 1999). Dit moduleer die produksie 
van beta-alanien, ’n neuromodulator van transmissie-inhibering 
in die brein (Tiedje et al. 2010). Ons identifiseer 
een wanmutasie en een niekoderende mutasie ENV by 
beide die Afrikaner- en die Amerikaanse groep. Abnormale 
urinêre ekskresie van timien en urasiel bevestig DPID-gebrek 
of tekort by die wanmutasiedraer. Heterosigotiese 
weglatings wat óf DPID insluit óf daarin is, sowel as 
gewysigde uitdrukking is beskryf in die spektrum outistiese 
versteurings en intellektuele inkorting (Ben-David et al. 2011; 
Carter et al. 2011; Willemsen et al. 2011). Geen outistiese 
kenmerke of intellektuele inkorting was teenwoordig in ons 
draer van die DPID-mutasie nie, wat dui op ’n variasie in 
uitdrukkingsvermoë. 
Die splitslassingmutasie in TRRAP2 beïnvloed posisie +6 
tot dié se aansluitingposisie en voorspel verbreking van 
splitslassing en binding van die SRPSS-faktor binne-in die 
splitsbevorderaar. Dit is opmerklik dat TRRAP en VPS39 ook 
mutasies ondergaan in die spektrum outistiese versteurings 
(O’Roak et al. 2012). 
Die geïdentifiseerde funksioneel spontane mutasies is 
vergelyk met die spontane KNV’s, voorheen geïdentifiseer 
in ons twee groepe (22 KNV’s wat 156 gene beïnvloed) (Xu 
et al. 2008; Malhotra et al. 2011). Vyf gene (DGCR2, TOP3B, 
CIT, STAG1 en SMAP2) is verander deur beide spontane 
ENV en KNV’s, twee van hulle in pasiënte uit die twee 
verskillende bevolkings wat getoets is. Twee van hierdie gene 
val binne die 22q11.2-lokus wat vatbaarheid vir skisofrenie 
aandui (Xu et al. 2012). 
Ons bevindings impliseer die bydrae van ’n diverse stel 
spontane mutasies met ’n relatief hoë, maar onvolledige 
penetrasie tot die genomiese argitektuur van skisofrenie 
in die konteks van ’n balansmodel vir mutasieseleksie. 
Dit beklemtoon die belang van die gebruik van ’n 
familiesteekproef, waar die siektegeskiedenis versigtig 
vasgestel is, om hul rol uit te lig. In dié verband, as ons 
fokus op ons fyn uitgewerkte Afrikanergroep, voorspel ons 
dat ten minste 17.6% van sporadiese gevalle ’n spontaan 
patogeniese, eksoniese mutasie dra en ten minste 9.9% ’n 
spontane KNV dra (Xu et al 2008; Xu et al. 2012). Met ander 
woorde, sulke mutasies verklaar ’n kwart tot ’n derde 
van alle sporadiese gevalle. Gegewe dat die resultate van 
skanderings van nie-eksoniese gebiede, nog na vore moet
http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 
Page 7 of 9 Oorspronklike Navorsing 
kom, verteenwoordig hierdie syfers onderrapportering. Net 
so belangrik is die bydrae van ons bevindings tot die verstaan 
van die neurale argitektuur van ’n risiko vir skisofrenie. Daar 
word bespiegel dat die getal loki vir skisofrenie meer as 850 
is. Ons bevindings ontmasker die beduidende sensitiwiteit 
van die neurale netwerke wat die vatbaarheid tot skisofrenie 
onderlê, tot presiese vlakke of aktiwiteit van baie diverse 
proteïene en seinmodules. Daar is voorgestel dat die fokus 
op netwerke moontlik meer gelykmatig kan wees, met die 
heterogenisiteit van skisofrenie in ag geneem, eerder as 
om te fokus op ander voorgestelde meganismes wat weer 
toegespits is op spesifieke neurosenders of seltipes (Arguello 
& Gogos 2012). 
Verder word aangetoon dat in die bepaling van siekterisiko, 
moet nie slegs die funksie van die teikengeen in ag geneem 
word nie. Die tydsberekening van die genetiese aanvalle 
is van kritiese belang. Spontane mutasies affekteer gene 
met diverse funksies en ontwikkelingsprofiele, maar 
ons omskryf ’n substansiële bydrae van mutasies in 
ontwikkelingsregulerende gene met hoër uitdrukkings 
gedurende die vroeë en midfetale leeftyd. Verder is 
aangetoon dat sulke mutasies verryk word in die geval 
van volwasse pasiënte met prominente, vroeë prepsigoties 
versteurde gedrag. Ons bevindings verskaf ’n meganistiese 
konteks waarin epidemiologiese korrelasies tussen verskeie 
prenatale omgewingsaanvalle gedurende die eerste 
en tweede trimester van swangerskap en die risiko vir 
skisofrenie oorweeg kan word (Gilman et al. 2012). Die feit 
dat die uitdrukking van baie gene vir prenatale sydigheid 
onder streng mikro-RNA-kontrole is, kan die skakeling 
tussen mikro-RNA-disregulasie en psigiatriese versteurings 
verklaar (Start et al. 2008). Die uitdaging wat oorbly, is om 
die biologiese prosesse en neurale netwerke te identifiseer 
en te bepaal hoe hulle geaffekteer word. Onbevooroordeelde 
netwerkbasis-benaderings sowel as dier- en sellulêre modelle 
van herhalende mutasies sal waardevol wees vir dié doel 
(Karayiorgou et al. 2012). 
Slot 
Baie vordering is gemaak in die genetika van skisofrenie. 
Die reaksie van kliniese navorsers, befondsers, families 
en pasiënte wat ly aan skisofrenie is dikwels dié van 
teleurstelling. Hierdie persone voer aan die ontdekkings 
verklaar slegs ’n klein gedeelte van die genetiese risiko 
vir skisofrenie en vertel ons eintlik min van die aard van 
skisofrenie. 
Die Genetic and Neural Complexity in Psychiatry 2011 Working 
Group (Karayiorgou et al. 2012) maak ’n paar aanbevelings oor 
die vraag van wat die beste pad vorentoe is om verklarende 
brûe te bou tussen menslike genetika, diermodelle en neurale 
netwerke: 
• Navorsingspogings en befondsing moet gerig wees 
op die identifikasie van unieke, hoogs penetrerende 
mutasies en die genereer van ’n paar dier- en sellulêre 
modelle, geanker in mutasies. 
• Baie van die huidige teorieë oor psigiatriese siekte-etiologie 
moet hersien of uitgeskakel word, byvoorbeeld 
disregulasie van neurosendersisteme en afgeleides 
daarvan. 
• Meer gesofistikeerde siektehipoteses soos 
onbevooroordeelde, netwerkgesentreerde benaderings 
behoort gevolg te word. 
• Die beste manier om samelopende patofisiologiese 
meganismes vas te stel is om te begin met genetiese 
ontdekkings in mense, want dit gooi hipoteses oor 
meganismes eenkant en toets geenfunksie sonder 
vooroordeel. 
• Vir die uiteindelike eksperimente, wat die basis sal 
vorm van gevolglike, funksionele en verklarende 
analise, benodig navorsers oorsaaklike mutasies eerder 
as geassosieerde variante (dit betrek polarisasie tussen 
aanhangers van GWAS van algemene variante en die 
voorstanders van unieke variantontdekkings). 
• Steekproewe wat gebruik word, moet familiegebaseerd 
wees, waar die spontane aard van mutasies of die 
medeskeiding met siekte bepaal kan word – en dít bly ’n 
veilige hawe. 
• Nuwe genetiese bevindings kan moontlik lei tot die 
herdefiniëring van diagnostiese kriteria, wat moontlik 
spesifieke terapeutiese implikasies kan hê. 
• Die doelstelling moet wees om die oorsaak van siekte te 
verstaan, en gevolglik moet ons met die siekte self begin, 
eerder as die fenotipes wat ’n onbekende afstand van die 
siekte af is en wat geneties net so kompleks kan wees soos 
die siekte waarmee dit verband hou. 
• Die genereer van ’n kern van sowat ’n dosyn dieremodelle 
vir elke siekte-entiteit, geanker op ’n werklik herhalende 
mutasie wat geassosieer is met goed gedefinieerde en 
noue kliniese presentering sal netwerkgebaseerde analise 
fasiliteer. 
• Multivlak-analise sal nodig wees vir die toets van 
oorsaaklike verbindings in bevindings, op verskeie 
hiërargiese vlakke van die aangetaste netwerk. 
• Op dieselfde manier sal vooruitgang in die 
herprogrammering van velselle van pasiënte se neurone 
die moontlikheid van sellulêre siektemodelle daarstel. 
As ons die genetiese kompleksiteit in ag neem, sal hierdie 
benadering meer produktief en betroubaar wees as dit fokus 
op pasiënte wat herhalende, hoogs penetrerende mutasies 
dra eerder as om agnosties te wees ten opsigte van die 
onderliggende genotipe. 
Die oorkoepelende doel is om nuwe en effektiewe behandeling 
te ontwikkel en om die onttrekking van farmaseutiese 
maatskappye uit psigiatriese siektenavorsing om te keer. Op 
die lang duur sal die biologiese rekonstruksie van psigiatriese 
diagnose die oorweging van mediese behandeling bevorder 
en sal die beleggingsrisiko aansienlik verminder. In die 
pogings om geneesmiddels te ontwikkel sal gefokus word 
op kleiner, biologies gestratifiseerde subgroepe van pasiënte 
wat gerig word deur genetiese bevindings of op spesifieke 
netwerke en sinaptiese prosesse. Op die kort termyn behoort 
bestaande geneesmiddels (met bekende veiligheidsprofiele)
http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 
Page 8 of 9 Oorspronklike Navorsing 
vir ’n nuwe doel geherposisioneer en aangewend te word, 
deur gebruik te maak van ’n toenemende getal betroubare 
genetiese dier- en sellulêre modelle. Daar behoort belê te 
word in basiese wetenskap van hoë kwaliteit om vooruitgang 
te maak en om verklarende brûe te bou van die meganisme 
tot siekte oor die klinies belangrike probleme van psigiatriese 
siekte (Karayiorgou et al. 2012). 
Baie vordering is gemaak in psigiatriese genetika. 
Hierdie vordering beloof om ons veilig te stuur in die 
rigting van verbeterde psigiatriese siektenavorsing. 
Tans onttrek baie farmaseutiese maatskappye hulle van 
geneesmiddelontwikkeling. Laasgenoemde lei ons tot die 
slegste tye in hierdie navorsingsveld. Daar is ’n duidelike 
gevaar van verspeelde kanse en die sin van ’n duidelike 
definiëring van die pad vorentoe (Karayiorgou et al. 2012). 
Erkenning 
Die outeur het ’n samewerkingsooreenkoms met die 
laboratorium vir neurogenetika van Columbia University, 
New York, onder leiding van Prof. M. Karayiorgou. Die 
outeur het ’n gradering van die Nasionale Navorsingstigting 
(NS) en ontvang sedert 2010 ’n jaarlikse aansporingsbeurs. 
Mededingende belange 
Die outeur verklaar hiermee dat hy geen finansiële of 
persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig 
of voordelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel 
nie. 
Literatuurverwysings 
American Psychiatric Association, 1994, Diagnostic and Statistical Manual of Mental 
disorders: DSM-IV, American Psychiatric Association, Washington D.C. 
Arguello, P.A. & Gogos, J.A., 2012, ‘Genetic and cognitive windows into circuit 
mechanisms of psychiatric disease’, Trends in Neurosciences 35, 3–13. http:// 
dx.doi.org/10.1016/j.tins.2011.11.007 
Barch, D.M. & Ceaser, A., 2012, ‘Cognition in schizophrenia: Core psychological 
and neural mechanisms’, Trends in Cognitive Sciences 16, 27–34. http://dx.doi. 
org/10.1016/j.tics.2011.11.015 
Bassett, A.S., Chow, E.W., AbdelMalik, P., Gheorghiu, M., Husted, J. & Weksberg, 
R., 2003, ‘The schizophrenia phenotype in 22q11 deletion syndrome’, 
American Journal of Psychiatry 160, 1580–1586. http://dx.doi.org/10.1176/appi. 
ajp.160.9.1580 
Ben-David, E., Granot-Hershkovitz, E., Monderer-Rothkoff, G., Lerer, E., Levi, S. & Yaari, 
M., 2011, ‘Identification of a functional rare event in autism using genome-wide 
screen for mono allelic expressions’, Human Molecuar Genetics 20, 3632–3641. 
http://dx.doi.org/10.1093/hmg/ddr283 
Carter, M.T., Nikkel, S.M., Fernandez, B.A., Marshall, C.R., Noor, A. & Lionel, A.C., 
2011, ‘Hemizygous deletions on chromosome 1p21.3 involving the DPYD gene in 
individuals with autism spectrum disorder’, Clinical Genetics 80, 435–443. http:// 
dx.doi.org/10.1111/j.1399-0004.2010.01578.x 
Christopherson, K.S., Ullian, E.M., Stokes, C.C.A., Mullowney, C.E., Hell, J.W. & Agah, 
A., 2005, ‘Thrombospondins are astrocyte-secreted proteins that promote CNS 
synaptogenesis’, Cell 120, 421–433. http://dx.doi.org/10.1016/j.cell.2004.12.020 
Cohen, J.C., Kiss, R.S., Pertsemlidis, A., Marcel, Y.L., McPherson, R. & Hobbs, H,H., 
2004, ‘Multiple rare alleles contribute to low plasma levels of HDL cholesterol’, 
Science 305, 869–872. http://dx.doi.org/10.1126/science.1099870 
Colantuoni, C., Lipska, B.K., Ye, T., Hyde, T.M., Tao, R. & Leek, J.T., 2011, ‘Temporal 
dynamics and genetic control of transcription in the human prefrontal cortex’, 
Nature 478, 519–523. http://dx.doi.org/10.1038/nature10524 
Crow, J.F., 2000, ‘The origins, patterns and implications of human spontaneuous 
mutation’, Nature Reviews Genetics 1, 40–47. http://dx.doi.org/10.1038/35049558 
Flanagan, S.E., Patch, A.M. & Ellard, S., (2010), ‘Using SIFI and PolyPhento predict 
loss-of-function and gain-of-function mutations’, GeneticTesting and Molecular 
Biomarkers 14, 533–537. http://dx.doi.org/10.1089/gtmb.2010.0036 
Georges-Labouesse, E., Mark, M., Messaddeq, N. & Gansmuller, A., 1998, ‘Essential 
role of a6 integrins in cortical and retinal lamination’, Current Biology 8, 983–986. 
http://dx.doi.org/10.1016/S0960-9822(98)70402-6 
Gilman, S.R., Chang, J., Xu, B., Bawa, T.S., Gogos, J.A. & Karayiorgou M., 2012, ‘Diverse 
types of genetic variation converge on functional gene networks involved in 
schizophrenia’, Nature Neuroscience 12, 1723–1728. http://dx.doi.org/10.1038/ 
nn.3261 
Girard, S.L., Gauthier, J., Noreau, A., Xiong, L., Zhou, S. & Jouan, L., 2011, ‘Increased 
exonic de novo mutation rate in individuals with schizophrenia’, Nature Genetics 
43, 860–863. http://dx.doi.org/10.1038/ng.886 
Goldstein, D.B., 2009, ‘Common genetic variation and human traits’, New England 
Journal of Medicine 360, 1696–1698. http://dx.doi.org/10.1056/NEJMp0806284 
Gothelf, D., Feinstein, C., Thompson, T., Gu, E., Penniman, L. & Van Stone, E., 2007, 
‘Risk factors for the emergence of psychotic disorders in adolescents with 22q11.2 
deletion syndrome’, American Journal of Psychiatry 164, 663–669. http://dx.doi. 
org/10.1176/appi.ajp.164.4.663 
Iafrate, AJ., Feuk, L., Rivera, M.N., Listewnik, M.L., Donahoe, P.K. & Qi, Y. 2004, 
‘Detection of large-scale variation in the human genome’, Nature Genetics 36, 
949–951. http://dx.doi.org/10.1038/ng1416 
Iossifov, I., Ronemus, M., Levy, D., Wang, Z., Hakker, I. & Rosenbaum, J., 2012, ‘De 
novo gene disruptions in children on the autistic spectrum’, Neuron 74, 285–299. 
http://dx.doi.org/10.1016/j.neuron.2012.04.009 
Karayiorgou, M., Flint, J., Gogos, J. & Malenka, R.C., 2012, ‘The best of times, the worst 
of times for psychiatric disease’, Nature Neuroscience 15, 811–812. http://dx.doi. 
org/10.1038/nn.3115 
Karayiorgou, M., Morris, M.A., Morrow, B., Shprintzen, R.J., Goldberg, R. & Borrow, 
J., 1995, ‘Schizophrenia succeptability associated with interstitial deletions of 
chromosome 22q11’, Proceedings of the National Academy of Sciences 92, 7612– 
7616. http://dx.doi.org/10.1073/pnas.92.17.7612 
Jones K.J., Morgan, G., Johnston, H., Tobias, V., Ouvrier, R.A., Wilkinson, I. & North K.N., 
2001, ‘The expanding phenotype of laminin a2 cahin (merosin) abnormalities: 
Case series and review’, Journal of Medical Genetics 38, 649–657. http://dx.doi. 
org/10.1136/jmg.38.10.649 
Kang, H.J., Kawasawa Y.I. Cheng, F., Zhu, Y., Xu, X. & Li, M., 2011, ‘Spatio-temporal 
transcriptome of the human brain’, Nature 478, 483–489. http://dx.doi. 
org/10.1038/nature10523 
Laursen, T.M. & Munk-Olsen T., 2010, ‘Reproductive patterns in psychotic 
patients, Schizophrenia Research’, 121, 234–240. http://dx.doi.org/10.1016/j. 
schres.2010.05.018 
Lichtenstein, P., Yip, B.H., Bjork, C., Pawitan, Y., Cannon, T.D.,& Sullivan, P.F., 2009, 
‘Common genetic determinants of schizophrenia and bipolar disorder in 
Swedish families: A population-based study’, Lancet 373, 234–239. http://dx.doi. 
org/10.1016/S0140-6736(09)60072-6 
Lupski, J.R., 2007, ‘Structural variation in the human genome’, New England Journal of 
Medicine 356, 1169–1171. http://dx.doi.org/10.1056/NEJMcibr067658 
Malhotra D., McCarthy, S., Michaelson, J.J., Vacic, V., Burdick, KE. & Yoon, S., 2011, 
‘High frequency of de novo CNVs in bipolar disorder and schizophrenia’, Neuron 
72, 951–963. http://dx.doi.org/10.1016/j.neuron.2011.11.007 
Manolio T.A., Collins, F.S., Cox, N.J., Goldstein, D.B., Hindorff, L.A., Hunter, D.J., 2009, 
‘Finding the missing heritability of complex diseases’, Nature 461, 747–753. 
http://dx.doi.org/10.1038/nature08494 
Murphy, K.C., Jones, L.A. & Owen, MJ., 1999, ‘High rates of schizophrenia in adults 
with velo-cardio-facial syndrome’, Archives of General Psychiatry 53, 940–945. 
http://dx.doi.org/10.1001/archpsyc.56.10.940 
Neale, B.M., Kou, Y., Liu, L., Ma’ayan, A., Samocha, K.E. & Sabo, A., 2012, ‘Patterns 
and rates of exonic de novo mutations in autism spectrum disorders’, Nature 485, 
242–245. http://dx.doi.org/10.1038/nature11011 
O’Roak, B.J., Vives, L., Girirajan, S., Karakoc, E., Krumm, N. & Coe, B.P., 2012, ‘Sporadic 
autism exomes reveal a highly interconnected protein network of de novo 
mutations’, Nature 485, 246–250. http://dx.doi.org/10.1038/nature10989 
Pulver, A.E., Nestadt, G., Goldbert, R., Shprintzen, R.J., Lamacz, M. & Wolyniec, P.S., 
1994, ‘Psychotic illness in patients diagnosed with velo-cardio-facial syndrome 
and their relatives’, Journal of Nervous and Mental Disease 182, 476–478. http:// 
dx.doi.org/10.1097/00005053-199408000-00010 
Redon, R., Ishikawa, S., Fitch, K.R., Feuk, L., Perry, G.H. & Andrews, T.D., 2006, ‘Global 
variation in copy number in the human genome’, Nature 444, 444–454. http:// 
dx.doi.org/10.1038/nature05329 
Rodriguez-Murillo, L., Gogos, J.A. & Karayiorgou M., 2012 ‘The genetic architecture 
of schizophrenia: New mutations and emerging paradigms’, Annual Review of 
Medicine 63, 63–80. http://dx.doi.org/10.1146/annurev-med-072010-091100 
Roos, J.L., 2008, ‘Die Afrikaner en skisofrenie: ’n Genetiese studie’, Suid-Afrikaanse 
Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 27(2), 73–87. http://dx.doi. 
org/10.4102/satnt.v27i2.83 
Sanders, S.J., Murtha, M.T., Gupta, A.R., Murdoch, J.D., Raubeson, M.J. & Willsey, 
A.J., 2012, ‘De novo mutations revealed by whole-exome sequencing are 
strongly associated with autism’, Nature 485, 237–241. http://dx.doi.org/10.1038/ 
nature10945 
Sebat, J., Lakshmi , B., Troge, J., Alexander, J., Young, J. & Lundin, P., 2004, ‘Large-scale 
copy number polymorphism in the human genome’, Science 305, 525–528. http:// 
dx.doi.org/10.1126/science.1098918 
Sobin, C., Roos, J.L., Pretorius, H., Lundy, L.S. & Karayiorgou, M., 2003, ‘A comparison 
study of early non-psychotic deviant behaviour in Afrikaner and US patients with 
schizophrenia or schizoaffective disorder’, Psychiatry Research 117, 113–125. 
http://dx.doi.org/10.1016/S0165-1781(02)00321-9 
Start, K.L., Xu, B., Bagchi, A., Lai, W., Liu, H. & Hsu, R., 2008, ‘Altered brain micro RNA 
brogenesis contributes to phenotypic deficits in a 22q11-deletion mouse model’, 
Nature Genetics 40, 751–760. http://dx.doi.org/10.1038/ng.138
http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 
Page 9 of 9 Oorspronklike Navorsing 
Stefansson, H., Rujescu, D., Cichon, S., Pietiläinen, OPH., Ingason, A. & Steinberg, S., 
2008, ‘Large recurrent microdeletions associated with schizophrenia’, Nature 445, 
232–236. http://dx.doi.org/10.1038/nature07229 
Sullivan, P.F. Kendler, K.S. & Neale,MC., 2003, ‘Schizophrenia as a complex trait: 
Evidence from a meta-analysis of twin studies’, Archives of General Psychiatry 60, 
1187–1192. http://dx.doi.org/10.1001/archpsyc.60.12.1187 
Tandon, R., Keshaven M.S. & Nasrallah H.A., 2008, ‘Schizophrenia, ”just the facts”: 
What we know in 2008:2. Epidemiology and etiology’, Schizophrenia Research 
102, 1–18. http://dx.doi.org/10.1016/j.schres.2008.04.011 
The 1000 Genomes Project Consortium, 2010, ‘A map of human genome variation 
from population-scale sequencing’, Nature 467, 1061–1073. 
Tiedje, K.E., Stevens, K., Barnes, S. & Waever, D.F., 2010, ‘b alanine as a small molucule 
neurotransmitter’, Neurochemistry International 57, 177–188. http://dx.doi. 
org/10.1016/j.neuint.2010.06.001 
Valdmanis, P.N., Verlaan, D.J. & Rouleau, G.A., 2009, ‘The proportion of mutations 
predicted to have a deleterious effect differs between gain and loss of function 
genes in neurodegenerative disease’, Human Mutatation 30, 481–489. http:// 
dx.doi.org/10.1002/humu.20939 
Van Kuilenburg, A.B., Vreken, P., Abeling, N.G.G.M., Bakker, H.D., Meinsma, R. & Van 
Lenthe, H.,1999, ‘Genotype and phenotype in patients with dihydropyrimidine 
dehydrogenase deficiency’, Human Genetics 104, 1–9. http://dx.doi.org/10.1007/ 
PL00008711 
Wiehahn, G.J., Bosch, G.P., Du Preez, R.R., Pretorius, H.W., Karayiorgou, M. & Roos, 
J.L., 2004, ‘Assessment of the frequency of the 22q11 deletion in Afrikaner 
schizophrenic patients’, The American Journal of Medical Genetics 124B(1), 1–3. 
http://dx.doi.org/10.1136/jmedgenet-2011-100294 
Willemsen, M.H., Vallès, A., Kirkels, L.A.M.H., Mastebroek, M., Loohuis, N.O. & Kos, 
A., 2011, ‘Chromosome 1p22.3 microdeletions comprising DPYD and MIR 137 are 
associated with intellectual disability’, Journal of Medical Genetics 48, 810–818. 
Xu, B., Roos, J.L., Levy, S., Van Rensburg, E.J., Gogos, J.A., Karayiorgou, M., 
2008, ‘Strong association of de novo copy number mutations with sporadic 
schizophrenia’, Nature Genetics 40, 880–885. http://dx.doi.org/10.1038/ng.162 
Xu, B., Woodroffe, A., Rodriquez-Murillo, L., Roos, J.L., Van Rensburg, E.J. 
& Abecasis, G.R., 2009, ‘Elucidating the genetic architecture of familial 
schizophrenia using rare copy number variant and linkage scans’, Proceedings 
of the NationalAcademy of Sciences 106, 16746–16751. http://dx.doi. 
org/10.1073/pnas.0908584106 
Xu, B., Roos, J.L., Dexheimer, P., Boone, B., Plummer, B. & Levy, S., 2011, ‘Exome 
sequencing supports a de novo mutational paradigm for schizophrenia’, Nature 
Genetics 43, 864–868. http://dx.doi.org/10.1038/ng.902 
Xu, B., Ionita-Laza, I., Roos, J.L., Boone, B., Woodrick, S. & Sun, Y., 2012, ‘De novo gene 
mutations highlight patterns of genetic and neural complexity in schizophrenia’, 
Nature Genetics 42, 1365–1371. http://dx.doi.org/10.1038/ng.2446 
Yang, J., Visscher, PM. & Wray, N.R., 2010, ‘Sporadic cases are the norm for complex 
disease’, European Journal of Human Genetics 18, 1039–1043. http://dx.doi. 
org/10.1038/ejhg.2009.177
Reproduced with permission of the copyright owner. Further reproduction prohibited without 
permission.

More Related Content

Featured

How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental HealthHow Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
ThinkNow
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Kurio // The Social Media Age(ncy)
 

Featured (20)

Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage EngineeringsProduct Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
 
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental HealthHow Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
 
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfAI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
 
Skeleton Culture Code
Skeleton Culture CodeSkeleton Culture Code
Skeleton Culture Code
 
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
 
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
 
How to have difficult conversations
How to have difficult conversations How to have difficult conversations
How to have difficult conversations
 
Introduction to Data Science
Introduction to Data ScienceIntroduction to Data Science
Introduction to Data Science
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best Practices
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project management
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
 
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
 
12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work12 Ways to Increase Your Influence at Work
12 Ways to Increase Your Influence at Work
 

Jurnal Internasional

  • 1. http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 Oorspronklike Navorsing Nuwe bevindings oor die genetiese argitektuur van skisofrenie: Die bydrae van studies onder Afrikaners Authors: Johannes L. Roos1 Affiliations: 1Department of Psychiatry, University of Pretoria, South Africa Correspondence to: Johannes Roos Email: erna.fourie@up.ac.za Postal address: Private Bag X113, Pretoria 0001, South Africa Dates: Received: 16 Jan. 2013 Accepted: 15 Oct. 2013 Published: 24 Feb. 2014 How to cite this article: Roos, J.L., 2014, ’Nuwe bevindings oor die genetiese argitektuur van skisofrenie: Die bydrae van studies onder Afrikaners’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 33(1), Art. #396, 9 pages. http://dx.doi. org/10.4102/satnt.v33i1.396 Copyright: © 2014. The Authors. Licensee: AOSIS OpenJournals. This work is licensed under the Creative Commons Attribution License. Page 1 of 9 Die genetiese komponent in die etiologie van skisofrenie word reeds ’n geruime tyd al aanvaar. Die onderliggende argitektuur van die genetiese risiko bly ’n punt van bespreking. Vroeë studies oor koppeling en kandidaatverbintenis het grootliks gelei tot onoortuigende of onbesliste resultate. Meer onlangs het kragtige tegnologieë beskikbaar geword. Dít, tesame met groot genoeg toetsgroepe en genoomwye panele van genetiese merkers, het dit moontlik gemaak om sistematiese en agnostiese skandering te doen regdeur die genoom. In agnostiese skandering word tegnologie aangewend om die probleem op te los, sonder enige voorveronderstelling oor waar die genoomrelevante allele gevind sal word. Daar word gesoek na algemene en unieke siektevariante met onderskeidelik klein of groot effek. Die soektog na variante wat nie ’n groot effek het nie, het beperkte sukses gehad. Aan die ander kant het die rol van unieke genetiese gebeure, soos kopienommervariasie (KNV) en uniekepunt-mutasies al hoe belangriker geraak by geenontdekking in geval van skisofrenie. Onlangse navorsing onder Afrikanerpasiënte met skisofrenie, wat bou op vroeëre bevindings van spontane KNV by die 22q11 lokus, het lig gewerp op die spontane mutasieparadigma as ’n groot komponent in die argitektuur van skisofrenie. ’n Oorsig oor onlangse bevindings van hierdie studies word gegee. Inleiding In ’n vorige artikel (Roos 2008) het die outeur ’n oorsig gegee oor bevindings in navorsing die voorafgaande 10 jaar oor die genetika van skisofrenie by die Afrikaner as ’n stigtersbevolking. Dit was in 2007 toe hierdie samewerkingooreenskoms betreffende die genetika van skisofrenie in ’n stigtersbevolking tien jaar aan die gang was. Nou, 15 jaar later, het dié samewerkingooreenkoms tussen die Columbia University in New York en die Departement van Psigiatrie aan die Universiteit van Pretoria (UP) interessante resultate begin oplewer. Waar aanvanklike resultate in dié studie baie klem gelê het op die stigtersbevolking en genealogie van die Afrikaner, het onlangse bevindings juis begin klem lê op die ander pool, naamlik sporadiese gevalle van skisofrenie, met ander woorde waar daar geen geskiedenis van skisofrenie by familielede in die eerste en tweede generasie teenwoordig is nie. In die slotopmerkings van die vorige artikel (Roos 2008) sluit die outeur af met: ‘Hopelik sal die ondersoek na die genetiese aspekte van skisofrenie in die Afrikaner ’n bydrae lewer tot beter begrip en behandeling van hierdie ernstige psigiatriese toestand.’ Moontlik is hierdie groep navorsers besig om in daardie rigting te begin beweeg. Dié oorsig som aspekte van die genetiese navorsing oor die etiologie van skisofrenie op. Daar sal klem gelê word op bevindings in ’n stigtersbevolking van Afrikaners. Sleutelbesprekingspunte en uitdagings in die navorsing sal toegelig word. Toekomstige rigtingwysers in hierdie tipe Latest findings in the genetic architecture of schizophrenia: The contribution of genetic studies among Afrikaners. A genetic component of schizophrenia has been acknowledged for a long time. The underlying architecture of the genetic risk remains a contentious issue. Early linkage and candidate association studies led to largely inconclusive results. More recently powerful technologies became available. This aspect coupled with samples of sufficient sizes, and genome-wide panels of genetic markers facilitated systematic and agnostic scans throughout the genome for either common or rare disease risk variants of small or large effect size, respectively. Although the former had limited success, the role of rare genetic events, such as copy-number variants (CNVs) or rare point mutations, has become increasingly important in gene discovery for schizophrenia. Recent research done among Afrikaner patients with schizophrenia, building upon earlier findings of de novo recurrent CNVs at the 22q11.2 locus, has highlighted a de novo mutational paradigm as a major component of the genetic architecture of schizophrenia. Recent progress in this regard will be reviewed. Scan this QR code with your smart phone or mobile device to read online. Read online:
  • 2. http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 Oorspronklike Navorsing navorsing word beklemtoon. Daar is min rigtingwysers beskikbaar oor die patogeniese meganismes wat skisofrenie onderlê. Skisofrenie word gedefinieer as ’n kliniese sindroom gebaseer op die teenwoordigheid van operasionele kriteria. Hierdie kriteria sluit in waanidees, hallusinasie, apatie en kognitiewe probleme wat lei tot disfunksie en progressiewe agteruitgang. (American Psychiatric Association 1994) Die prevalensie van skisofrenie in die algemene bevolking word geskat op ongeveer 1%. Klassieke studies van families, tweelinge en aangenome kinders, wat die herhalingsrisiko vir familielede bepaal, het regstreekse bewys gelewer vir ’n genetiese etiologie. (Sullivan, Kendler & Neale 2003) Die risiko om die siekte te ontwikkel neem eksponensieel toe met die graad van genetiese verwantskap tot ’n individu wat aan die siekte ly. Dit bereik ’n punt van ongeveer 50% vir monosigotiese tweelinge. (Sullivan et al. 2003) ’n Onlangse Sweedse studie wat ’n totaal van 9 009 202 unieke individue insluit, wat afkomstig was van meer as 2 miljoen kernfamilies, het die risiko vir skisofrenie in biologiese en aanneemouers, afstammelinge, regstreekse sibbe en halfsibbe van individue met skisofrenie nagegaan. Inligting van ’n nasionale multigeneratiewe databasis is vergelyk met gegewens by hospitaalontslag. Bevindings van hierdie studie bevestig dat die oorerflikheid van skisofrenie hoog is. Bepalings dui op 64.3% (95.0% sekerheidsinterval = 61.7% – 67.5%) (Lichtenstein et al. 2009). Ander risikofaktore sluit in ’n gedeelde familie-omgewing, manlike geslag, hoë ouderdom van vader by konsepsie, perinatale gebeure en substansmisbruik. Dit moet beklemtoon word dat hoewel ’n groot genetiese komponent vir skisofrenie onomwonde aangetoon is, het slegs ’n klein proporsie van gevalle ’n familiegeskiedenis van skisofrenie. (Sullivan et al. 2003; Lichtenstein et al. 2009; Tandon, Keshaven & Nasrallah 2008.) Die resultate van hierdie artikel sal aantoon dat die grootliks geïgnoreerde aspek in vroeëre pogings om die siekterisiko te modelleer, moontlik ’n belangrike begrip kan wees in die opklaring van die genetiese argitektuur van skisofrenie. Die belangrike rol wat genetika in die etiologie van skisofrenie speel, word nie meer bevraagteken nie. Die fundamentele onsekerheid in die genetika van skisofrenie was nog altyd die aard van die onderliggende alleliese argitektuur. Histories kan probleme toegeskryf word aan ’n kombinasie van alleliese lokus en fenotipiese heterogenisiteit wat gelei het tot: waninterpretasie van of oorinterpretasie van negatiewe data, of nie oortuigende data. Ongeag hierdie uitdagings, is daar ’n oorvloed van onlangse bevindings, aangedryf deur tegnologiese vooruitgang wat die kragte wat die genetiese risiko vir skisofrenie vorm, begin ontsyfer. Dié bevindings lewer ’n lang verwagte kans op om hoogs betroubare resultate te produseer en kan groot praktiese implikasies inhou (Rodriguez-Murillo, Gogos & Karayiorgou 2012). Die genetiese argitektuur van skisofrenie Vier faktore word betrek by die genetiese argitektuur van komplekse genetiese versteurings: Page 2 of 9 • Die getal risiko-allele wat bydra tot die siekte in die bevolking. Dit kan veelvuldige risiko-allele in een of meer gene insluit. • Die frekwensie van elk van die risiko-allele in die bevolking. • Die grootte van die effek (penetrasie) van ’n risiko-alleel. • Die manier hoe risiko-allele saamwerk, byvoorbeeld op ’n byvoegende of sinergistiese manier (Laursen & Munk- Olsen 2010). Pogings om die genetiese argitektuur van skisofrenie op te klaar moet ’n bevredigende beskrywing van al hierdie faktore gee. Verder moet dit ’n verklaring gee vir die hoë wêreldwye voorkoms, die voortbestaan van hierdie versteuring ondanks omgewingsfaktore wat voorkom, die verhoogde mortaliteit en die ernstig verminderde voortplantingspotensiaal van aangetaste individue (Laursen & Munk-Olsen 2010). In hierdie konteks word die genetiese argitektuur wat skisofreniese vatbaarheid onderlê, geformuleer deur twee groot hipoteses, wat fundamenteel verskil in hul konseptualisasie van die etiologie: Die hipotese van algemene siekte/algemene alleel (ASAA), en die hipotese van algemene siekte/unieke alleel (ASUA) (Goldstein 2009; Manolio et al. 2009). Twee hipotetiese modelle van skisofrenie: Algemene siekte/ algemene alleel versus algemene siekte/unieke alleel Die ASAA beklemtoon die samewerking tussen verskeie relatief algemeen oorgeërfde allele wat elk dui op ’n klein of matige risiko. Dit werk saam om die voortdurende hoë voorkoms van die siekte te verklaar. Hierdie hipotese neem aan dat daar verminderde sigbaarheid van elke kleineffek-alleel tot negatiewe seleksie is. Verder neem die hipotese aan dat hierdie allele by uitsondering in sporadiese gevalle herkombineer in hoërisiko-kombinasies (Yang, Visscher & Wray 2010). Algemene siekte/unieke alleel Algemene siekte/unieke alleel (ASUA) beklemtoon op sy beurt ‘individualiteit’ en hoë genetiese heterogenisiteit, veral die betrokkenheid van individueel unieke, maar hoogs deurdringende allele. Hier word elke geval veroorsaak deur ’n enkele unieke variant, en hierdie variante kan voorkom in verskillende gene by verskillende individue. ’n Krities deurslaggewende aanname van die ASUA-model is dat nuwe (of spontane) mutasies in sporadiese gevalle voortdurend hoogs penetrerende allele genereer en aanvul. Hierdie allele word vinnig teengeselekteer in die bevolking (Goldstein 2009; Manolio et al. 2009) Die bruikbaarheid van die splitsing lê primêr in die feit dat groot duidelik metodologiese benaderings gebruik word om
  • 3. http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 Page 3 of 9 Oorspronklike Navorsing siekte-assosiasie op te spoor met unieke of algemene variante. Gevolglik help dit om verskillende geen-opsporingstrategieë te evalueer. Vanuit ’n biologiese oogpunt, aan die ander kant, in die konteks van die komplekse neurale substraat wat die vatbaarheid van skisofrenie onderlê, is hierdie genetiese konstrukte moeiliker om te ontrafel. Pasiënte se genoom bevat allele oor ’n wye reeks van frekwensies. Sommige allele dryf en ander wysig die siekte-risiko en -uitdrukking. In hul samewerking beïnvloed hulle die struktuur en funksie van neurale netwerke. Oor die algemeen het die poligeniese ASAA-paradigma van skisofrenie baie aandag geniet. In kontras hiermee, is daar slegs ’n paar voorbeelde waar enkele hoogs penetrerende mutasies geïdentifiseer is wat iemand ontvanklik sou maak vir skisofrenie. Hierdie studies is beskou as op die buitegrens van bevindings en van beperkte belang in die genetiese argitektuur van die siekte. Onlangse empiriese data onderskryf die ASUA-model. Dit het veroorsaak dat daar ’n drastiese herwaardering van die teoretiese basis onderliggend aan die ASUA-model was (Sullivan et al. 2003). Oorweging van die algemene siekte/unieke alleel-model Die sterkste formulering van die ASUA-model stel voor dat die meeste, indien nie alle, gevalle van skisofrenie die gevolg is van die teenwoordigheid van sommige unieke maar penetrerende mutasies. Unieke variante (0.5% tot 5.0% frekwensies) oorskadu algemene variante by verre (The 100 Genomes Project Consortium 2010). Dit is dus nie verbasend dat hulle moontlik beduidend kan bydra tot die genetiese argitektuur van komplekse siektes nie. Relevante bewys is eers gelewer deur studies wat gesoek het na ’n unieke variant in die ekstreem fenotipiese distribusie van komplekse kenmerke (Cohen et al. 2004). Hierdie unieke mutasies is meer geneig om proteïenfunksie te affekteer en veroorsaak dan ook skadelike fenotipes, wat ’n impak het op voortplantingsfiksheid (Flanagan, Patch & Ellard 2010; Valdmanis, Verlaan & Rouleau 2009). As sodanig, is hulle meer geneig om ’n faktor te wees wat seleksie suiwer, met ’n kort halflewe in geselekteerde stambome en is hulle beperk tot lae alleliese frekwensie. In dié konteks, sou die hoë voorkoms van die versteuring ten minste ’n hoë genoeg verhouding van spontane mutasies vereis. Die tempo van spontane plaasvervanger-mutasies op kiemlynbasis is relatief hoog en is bepaal op ~10-8 per basispaar per generasie (Crow 2000). Dit sou 0.5–1.0 spontane eksoniese mutasies per nuut gebore baba voorspel (The 100 Genomes Project 2010). Vanweë tegniese beperkings was dit nie moontlik om die wêreldwye bydrae van unieke variante tot psigiatriese versteurings op ’n sistematiese manier na te gaan nie. Dit het slegs ’n paar jaar tevore moontlik geword, danksy tegniese vooruitgang, om kopienommer-analise met hoë resolusie by individuele genome na te gaan. Dit was dan ook die eerste kans om onbevooroordeelde, genoomwye opnames van unieke variante in psigiatriese versteurings te doen. Onlangs is ’n groot hoeveelheid variasies in die menslike genoom aangetoon. Een van die mees belangwekkende tipes van variasie is kopienommervariasie (KNV), die weglating of dupliserings wat tipies groter as 1 kb is (Iafrate et al. 2004; Sebat et al. 2004). KNV’e is óf uniek óf algemeen en kollektief sou dit ~12% van die genoom in die algemene bevolking dek (Redon et al. 2006). Dit het gelei tot die voorstel dat addisioneel tot hul bekende rol in ’n getal ongewone sindrome, KNV’e ook dalk kan bydra tot meer algemene siektefenomene. In der waarheid het uniek oorgeërfde en spontane KNV’e na vore gekom as ’n belangrike genomiese oorsaak van siekte. Heel onlangs het die wyd verspreide beskikbaarheid van volgendegenerasie-tegnologie vir geenreeksbepalings dit moontlik gemaak dat individuele genome se volgorde bepaal kon word. Gevolglik kan daar sifting gedoen word van unieke variante op die hoogste vlak van genetiese resolusie (The 100 Genomes Project 2010). Dit het die gaping gevul wat deur KNV-studies gelaat is. Mikro-uitwissing by 22q11.2 en die spontane paradigma ’n Mikro-uitwissing by die 22q11.2-lokus was die eerste spontane KNV beskryf in skisofrenie deur Karayiorgou (Karayiorgou et al. 1995). Karayiorgou is die studieleier van die navorsingsprojek oor skisofrenie in die Afrikaner. Sedert die ontdekking is daar ’n sterk en spesifieke tweerigtingverband vasgestel tussen die teenwoordigheid van 22q11.2-mikro-uitwissing en psigose. Tot ’n derde van alle laat adolessente of vroeë volwassenes wat die mikro-uitwissings het, ontwikkel skisofrenie of skiso-affektiewe versteuring volgens die diagnostiese DSM IV-kriteria (Gothelf et al. 2007; Murphy, Jones & Owen 1999; Pulver 1994). Verder het ’n getal studies aangedui dat 22q11.2-miko-uitwissings bydra tot 1% – 2% van skisofrenie-gevalle (Karayiorgou et al. 1995; Wiehahn et al. 2004;). Hierdie sterk tweerigtingverband tussen skisofrenie en die 22q11.2-mikro-uitwissing maak dié weglating een van die sterkste risikofaktore vir skisofrenie tans bekend. Verder is pasiënte met skisofrenie wat die 22q11.2-mikro-uitwissing het, en dié daarsonder klinies nie van mekaar onderskeibaar wat die skisofrenie-fenotipe aanbetref nie (Bassett et al. 2006). Die ontdekking van so ’n herhalende strukturele mutasie wat verantwoordelik is vir sporadiese gevalle van skisofrenie in die bevolking het die vraag laat ontstaan of spontane KNV’s, of spontane mutasies in die algemeen, ’n selfs groter rol speel in die genetiese samestelling van mense met psigiatriese versteurings. Die vinnig ontwikkelende genomiese en reeksvolgorde-tegnologie het dit moontlik gemaak om hierdie vraag te ondersoek. Daar is nou bewys gelewer dat unieke spontane mutasies bydra tot die genetiese etiologie van skisofrenie. Genoomwye skanderings vir spontane kopie-nommervariante In een van die eerste KNV-skanderings om die rol van spontane strukturele mutasies in skisofrenie te ondersoek, is pasiënte met skisofrenie uit die Afrikaner-stigterbevolking gebruik. Xu et al. (2009) het ’n enkelnukleotied-polimorfisme (ENP), met ’n geen-reeksresolusie van 30 kb bekyk by 359
  • 4. http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 Page 4 of 9 Oorspronklike Navorsing mense met skisofrenie, asook kontrolefamilie-triades. Die navorsers toon aan dat spontane KNV’s beduidend meer algemeen teenwoordig is in sporadiese gevalle (met geen geskiedenis van siekte by ’n familielid van die eerste of tweede generasie nie) as by die kontroles (10.0% teenoor 1.3%). Sporadiese gevalle bevat slegs 1.5 keer meer oorgeërfde KNV’s as kontroles, wat ’n kleiner toename verteenwoordig, van 20.0% tot 30.0% (Xu et al. 2009). Daar word aangetoon dat daar versterking tussen die gene, geaffekteer deur spontane KNV’s, was wat geïmpliseer word in neurale ontwikkeling en RNA-prosessering. In sommige gevalle het spontane KNV’s in een generasie oorgeërfde variante geword wanneer hulle oorgedra is na ’n volgende generasie. In der waarheid is dit in ’n komplementêre skandering aangetoon dat uniek oorgeërfde KNV’s geassosieer word met oorerflike skisofrenie. Oorgeërfde KNV’s was amper twee maal so algemeen in familiële gevalle as in sporadiese gevalle of kontroles (Xu et al. 2009). Hierdie bevindings het die wyd verspreide patogeniese rol van spontane KNV’s uitgelig, asook die verskille in die genetiese argitektuur van familiële versus sporadiese gevalle van skisofrenie. Sporadiese skisofrenie is gekenmerk deur ’n duidelike verryking van uniek spontane KNV’s en slegs ’n matige toename in die tempo van uniek oorgeërfde KNV’s. Laasgenoemde blyk gene nie by voorkeur aan te tas nie. Skisofrenie in die familie daarenteen, word gekenmerk deur die verryking in uniek oorgeërfde KNV’s wat gene aantas (het ’n hoër penetrasie), terwyl spontane mutasies minder prominent is (Xu et al. 2008). Nog ’n genoomwye soektog vir KNV’s uitgevoer deur die SGENE + konsortium het bykomstige bewys gelewer van die rol van spontane KNV’s (Stefansson et al. 2008). Hierdie studie het aanvaar dat weens negatiewe seleksie, die weglating van KNV’s in skisofrenie uniek sal wees; gevolglik sal KNV’s, wat voorkom in verskeie onverwante individue, deur onafhanklike spontane mutasies plaasvind. Hierdie navorsers vind drie spontane KNV’s wat beduidend verband hou met psigose met ’n hoë waarskynlikheidverhouding. Gevolglik, KNV’s met ’n beduidende effek op siekterisiko kan miskien oorheersend wees tussen dié wat hul oorsprong het in spontane gebeure. Spontane strukturele mutasie kom met ’n redelike frekwensie voor en daardeur verskaf dit ’n konstante bron van unieke en hoogs penetrerende variante wat ’n poel van mutasie vorm wat weer geïmpliseer word in skisofrenie (Lupski 2007). Uniek spontane variasie-ontdekking deur grootskaalse reeksbepaling Hoewel KNV-studies goeie aanvanklike resultate opgelewer het, is dit eers onlangs dat die volle bydrae van uniek spontane mutasies nagevors is. Xu et al. (2011) toets die hipotese dat spontane, proteïenveranderende mutasies substansieel bydra tot die genetiese komponent van skisofrenie. Die navorsers gebruik reeksbepaling van die volgende generasie om spontane mutasies of enkelnukleotied-variante en klein insluitings of weglatings op ’n sistematiese, genoomwye manier te bestudeer. Die eksoom van 53 Afrikaner familie-trio’s met ’n diagnose van skisofrenie of skiso-affektiewe versteuring is geskandeer. (’n Eksoom is deel van die genoom gevorm deur eksone waarvan die geenreekse bly in volwassens). Hierdie persone het geen geskiedenis van siekte by familielede in die eerste of tweede generasie nie. Die kontrolegroep was 22 gesonde Afrikanerfamilie-trio’s wat nie verwant is nie. In die aangetaste sporadiese gevalle vind Xu et al. (2011) 34 kandidate met spontane puntmutasies en vier spontane indels (insluiting en weglating). Onder die 34 spontane puntmutasies was 32 enkelnukleotied-mutasies nie-sinoniem en slegs twee sinoniem. Onder die 32 nie-sinonieme mutasies het 19 evolusionêr behoue oorskot betrek. Drie van hierdie indels het gelei tot proteïenvertakkings en een het gelei tot ’n enkele aminosuurweglating. Hulle vind ook twee enkelnukleotied-variante, gelokaliseer binne voorspelbare skenker- of ontvanger- splitsingsetels, by die introniese gebied wat dit omsluit. In die geheel bevind die navorsers dat 27 van die 53 pasiënte (~51%) minstens een spontane gebeurtenis dra. Dit was opvallend dat hierdie skandering ’n verhouding van nie-sinoniem (n = 32) tot sinoniem (n = 2) spontane mutasies van 16:1 toon. (Nie-sinonieme mutasie: indien ’n mutasie lei tot ’n verandering in die geënkodeerde polipeptied, is dit bekend as ’n nie-sinonieme mutasie; sinonieme mutasies daarenteen: indien ’n mutasie nie die polipeptiedproduk van ’n geen verander nie, word dit ’n sinonieme mutasie genoem). Dit is duidelik hoër as die 2.85:1 wat verwag sou word in ’n lukrake model. Verder ook is nie-sinonieme spontane puntmutasies in ’n groot oormaat gevind (~10-voudig), vergeleke met die neutrale mutasies relatief tot uniek oorgeërfde variante. Laasgenoemde sal waarskynlik minder bydra tot die patogenese van sporadiese gevalle. Die mutasies is ondersoek deur evolusionêre behoud na te gaan, sowel as die potensiaal van die spontane, proteïenveranderde mutasies om die struktuur of funksie van die geproduseerde proteïene te beïnvloed. Hierdie ondersoek toon die geïdentifiseerde mutasies het ’n groter potensiaal om proteïenstruktuur-funksie te beïnvloed as die uniek oorgeërfde variante. In die kontrolegroep identifiseer Xu et al. (2011) sewe eksotiese, spontane enkelnukleotied-variante, maar geen indelkandidate in sewe van die 22 kontrolepersone nie. Tussen hulle was vier nie-sinonieme wanmutasies en drie sinoniemes, ’n verhouding soos wat verwag sou word in neutrale omstandighede en baie na aan die verhouding vir normale funksionele variasie (1.14– 1.45). Die geobserveerde verryking van nie-sinonieme, hoogs behoue, en ontwrigtende aminosuurmutasies tussen spontane gebeure by pasiënte, was sterk beduidend op ’n hoë moontlikheid van patogenisiteit. Dit is opmerklik dat al die mutasies gevind in sporadiese gevalle, voorgekom het in verskillende gene. Dit was voor statistiese evaluering vir enige spesifieke lokus en met een uitsondering was geeneen van die aangetaste gene voorheen onvoorwaardelik verbind aan skisofrenie nie. Die identifisering van herhalende mutasies in hierdie gene bewys dat dit siekte veroorsaak. Dit kan moontlik vereis dat duisende aangetaste individue ondersoek moet word.
  • 5. http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 Page 5 of 9 Oorspronklike Navorsing Tussen die moontlike patogene gebeure was daar ’n wanmutasie binne-in ’n gebied wat evolusionêr behoue gebly het, genaamd die DGCR2-geen (DiGeorge Critical Region 2-geen). Hierdie bevinding is veral interessant wanneer gekyk word na vorige werk oor die 22q11.2-lokus. Die DGCR2 enkodeer vir ’n voorgestelde transmembraan-aanhegtingreseptor en is hemisigoties weggelaat vanweë die herhalende spontane mikro-uitwissings by hierdie lokus. Die identifisering van dié ontwrigtende, spontane puntmutasie is gedoen in ’n pasiënt met ’n struktureel intakte 22q11.2-lokus. In ’n onafhanklike, kleiner studie rapporteer Girard et al. (2011) 15 spontane mutasies in 8 van die 14 sporadiese gevalle. Dié verhouding is vergelykbaar met dié gerapporteer in die groter studie onder Afrikaners (Xu et al. 2011). Addisioneel en soortgelyk aan die studie van Xu et al. (2011), is al die mutasies wat geïdentifiseer is, nie sinoniem nie (Girard et al. 2011). Hoewel hulle geen proteïenvertakkende indels gevind het nie, rapporteer hulle dat vier van 15 mutasies niekoderend was. Dit is ’n syfer wat hoër is as wat ewekansig verwag sou word. Die voorafgaande resultate saamgevat, dui daarop dat spontane mutasies ’n groot rol speel by skisofrenie. Hierdie resultate is verkry van die reeksbepalingskanderings van die aanvang-eksoom. Die bevinding oor spontane KNV, enkelnukleotied-variasies, asook insluiting- en weglatingverhouding van ’n groep van sporadiese gevalle by Afrikaners, lewer sterk empiriese bewys dat spontane mutasies baie patogenies teenwoordig is in meer as die helfte van sporadiese gevalle van skisofrenie (Xu et al. 2011; Xu et al. 2012). Verhoogde las van unieke mutasies ’n Samevatting van onlangse bevindings in die literatuur dui aan dat KNV’s, enkelnukleotied-variasies, insluiting en weglating affekteer by ’n verskeidenheid van gene (Gothelf et al. 2007). Dit onderskryf die hipotese dat veelvuldige, uniek spontane (herhalende én unieke), asook oorgedraagde genetiese variante in moontlik honderde duidelike loki almal bydra tot die genetiese risiko van skisofrenie. Dit is moontlik weens die kompleksiteit van die neurale substrate wat aangetas word deur hierdie siekte. Dit betrek ’n groot mutasieteiken wat baie gene insluit. Die presiese getal van hierdie gene, wat moontlik honderde kan beloop, moet nog bepaal word. Dit sal die sifting van etlike duisende families vereis. Dit is ook moontlik dat die nuut ontdekte loki kan uitloop op ’n kleiner getal algemene biologiese paaie of neurale netwerke om ’n algemene patroon van kliniese disfunksie of simptome te genereer. Hierdie verklaring is nog nie bevestig nie. Die neurale kompleksiteit wat skisofrenie onderlê, tesame met die relatief hoë mutasieverhouding, gee ’n moontlike verklaring vir die bestaan en voortbestaan van skisofrenie onder verskeie menslike bevolkings, ongeag die uiteenlopende omgewingsfaktore en ernstige inkorting van voortplantingspotensiaal (Girard et al. 2011). Spontane geenmutasies dui op ’n patroon van genetiese en neurale kompleksiteit In ’n onlangse publikasie van ons groep is die bewys van spontane oorsake in skisofrenie geëvalueer (Xu et al. 2012). Die bydrae van uniek spontane kopienommer-variante (KNV) tot skisofrenie is goed bevestig (Karayiorgio et al. 1995; Xu et al. 2011). Die bydrae van spontane nukleotiedvariante is nog nie omvattend ondersoek nie. Eksoom-reeksbepaling van 146 Afrikaner-familietrio’s van pasiënte met ’n diagnose van skisofrenie of skiso-affektiewe versteuring is voltooi (Xu et al. 2012). Vier-en-dertig (34) onaangetaste kontrole-trio’s is nagegaan. Die eksoom van 85 pasiënte, met skisofrenie of skiso-affektiewe versteuring, uit die Verenigde State van Amerika is ook nagegaan. Draers van uniek spontane KNV’s (> 30kb) is uitgesluit. Die uitsluiting is gebaseer op vorige KNV-skanderings van hierdie groepe pasiënte. Die navorsers gebruik ’n analitiese pyplyn wat voorheen beskryf is en ’n reeks filters, insluitend die finale validasie deur Sanger se reeksbepaling van alle familielede (Xu et al. 2011). Meer as 90% van die enkelnukleotied-variante (ENV’e) en 20% van insluiting of weglatings is geëvalueer. Wanneer ons kyk na fenotipiese ooreenstemmings in die bevindings, sien ons ’n ooreenkoms tussen die ouderdom van die vader by die pasiënt se geboorte en die getal spontane gebeure per afstammeling, maar geen ander beduidende verskille is gevind nie. Individue met jonger vaders (22–30 jaar oud tydens pasiënt se geboorte) neig om ’n laer gemiddelde spontane mutasietempo te hê as diegene met ouer vaders (Xu et al. 2012). Gene, aangetas deur spontane variante, is in ons studie nie beduidend verteenwoordigend in twee voorheen vasgestelde, uitgebreide lyste van sinaptiese gene nie. Verder het padanalise, deur gebruik te maak van die DAVID-annotasie-instrument nie enige beduidende verrykte funksionele groepe gevind nie (Xu et al. 2012). Evaluasie van proteïen met proteïen-interaksies (PPI) toon ’n beduidend groter verbintenis tussen mutasieteikens as wat verwag sou word as wanneer dit toevallig was. Multigene PPI-groepe sluit een in wat sentreer op MTOR en een wat sentreer op CANX, wat weer insluit ’n ekstrasellulêre matriks-en selaanhegtingsproteïene. Dit suggereer dat diverse skisofrenie-risikogene moontlik kan uitloop op ’n korter lys van funksionele modules. Die navorsers ondersoek verder tot watter mate verryking in funksioneel spontane gebeure bepaal word deur die ontwikkelingspatroon van breinuitdrukking van die gemuteerde gene (Kang et al. 2011; Colantuoni et al. 2011). In beide die hippokampus en dorsolaterale prefrontale korteks, twee breinareas geïmpliseer in skisofrenie, is die grootste effek waargeneem by gene wat die hoogste uitgedruk
  • 6. http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 Page 6 of 9 Oorspronklike Navorsing word in die prenatale periode (Barch & Ceaser 2012). Wat belangrik is, is dat daar ’n funksionele ooreenkoms is tussen die prenatale uitdrukking van teikengene en die neuro-ontwikkelingsimpak van die ooreenkomstige mutasies. Spesifiek by pasiënte wat spontane mutasies dra, was dié met mutasies in prenataal gebaseerde gene meer geneig tot veelvoudige (> 3) gedragsabnormaliteite in die eerste 10 jaar van hul lewe, sowel as ’n erger funksionele uitkoms ná die aanvang van die siekte (Sobin et al. 2003). Verder het die vergelyking van al die gene met funksioneel spontane gebeure in ons families met skisofrenie, saam met die identifisering van die hele spektrum outistiese versteurings (ASV), 15 gedeelde gene opgelewer. (Neale et al. 2012; Sanders et al. 2012; O’Roak et al. 2012; Iossifov et al. 2012). Dit is ’n oorvleueling binne kansverwagting (p = 0.29). Daar moet opgelet word dat 11 van die 15 gedeelde gene (73%) ingesluit is in ons lys van teikens vir prenatale uitdrukkingsydigheid. Die kans dat die oorvleueling ’n toevallige bevinding is, is baie laag (p = 0.004). Die groot meerderheid van teikens vir prenatale uitdrukkingsydigheid kom sterk na vore gedurende die eerste en tweede trimester van swangerskap. Hulle toon ’n oorverteenwoordiging van kerngene betrokke by chromatienhermodellering, kernvervoer en transkripsiebeheer, sowel as in proteïenoordrag- en afbou. Die teikens sluit ook gene in betrokke by interaksies van sel tot sel en interaksies van sel tot matriks, ’n onderafdeling wat interaksie toon met twee sleutel-aanhegtingsproteïene: THBSI en ITGA6 (Christopherson et al. 2005; Georges-Labouesse et al. 1998). Laasgenoemde twee is ook betrokke by sinaptogenese, aksionale groei en kortikale laagvorming. Navorsers bevestig dat gene met sydigheid vir prenatale uitdrukking hoogs verryk is met mikro-RNA-teikens en daar word ook bevind dat ’n nominaal beduidende verryking van hsa-mir 367- en hsa-mir 1244-teikens teenwoordig is (Colantuoni et al. 2011). In vergelyking hiermee sal die risiko bygedra deur teikens van postnatale uitdrukkingsydigheid verband hou met hul betrokkenheid in intrasellulêre seinprosesse (GTPase, DAG-of die kalsium-modelleringsein), wat diverse aspekte van neuronale konnektiwiteit reguleer. Verder het die navorsers probeer vasstel watter individuele gene meer geneig sal wees om tot die risiko van siekte by te dra. Hulle vind vier gene wat verander is deur twee spontane gebeure elk in nieverwante pasiënte (drie van hierdie gene was geaffekteer in pasiënte uit twee verskillend getoetste bevolkings). Hierdie gene is twee maal getref deur ’n kombinasie van niekoderende mutering en ’n spontane wanmutasie ENV (DPYD), of ’n kombinasie van ’n splitslassingsetel. Daar was óf ’n spontane wanmutasie ENV (TRRAP en VPS39) óf indel (invoeging of weglating) (LAMA2). Geeneen van hierdie gene is aangetas in die Afrikaner- of die SSC-kontrolegroep nie en geen so ’n wanmutasie is gerapporteer vir enige geen in die 488 spontane gebeure in die SSC-kontrole-groep nie. Gegewe die getal spontane mutasies in ons datastel, sal die observasie van vier sulke herhalende gebeure ’n p-waarde van 0.002 hê. Daar is een van die vier kombinasies (in LAMA2) wat individueel statisties beduidend is (p = 0.017). LAMA2 enkodeer die laminin alpha-tweeketting, wat een van die twee subeenhede van laminin twee en vier verteenwoordig en bind aan ITGA6, ’n teiken vir prenatale uitdrukkingsydigheid. Homosigotiese mutasies in LAMA2 lei met variërende penetrasie tot oorerflike spierdistrofie, gekenmerk deur SSS-betrokkenheid, insluitend witstofabnormaliteite, kognitiewe inkorting, konvulsies en neuronale migrasiedefekte (Jones et al. 2001). ’n Spontane mutasie in die isoform LAMA1 is ook deur ’n ander studiegroep oor skisofrenie beskryf. DPID (Dihidropiramidien dehidrogenase) is die aanvanklike en tydbepalende faktor in die pad van pirimidien-katabolisme (Van Kuilenburg et al. 1999). Dit moduleer die produksie van beta-alanien, ’n neuromodulator van transmissie-inhibering in die brein (Tiedje et al. 2010). Ons identifiseer een wanmutasie en een niekoderende mutasie ENV by beide die Afrikaner- en die Amerikaanse groep. Abnormale urinêre ekskresie van timien en urasiel bevestig DPID-gebrek of tekort by die wanmutasiedraer. Heterosigotiese weglatings wat óf DPID insluit óf daarin is, sowel as gewysigde uitdrukking is beskryf in die spektrum outistiese versteurings en intellektuele inkorting (Ben-David et al. 2011; Carter et al. 2011; Willemsen et al. 2011). Geen outistiese kenmerke of intellektuele inkorting was teenwoordig in ons draer van die DPID-mutasie nie, wat dui op ’n variasie in uitdrukkingsvermoë. Die splitslassingmutasie in TRRAP2 beïnvloed posisie +6 tot dié se aansluitingposisie en voorspel verbreking van splitslassing en binding van die SRPSS-faktor binne-in die splitsbevorderaar. Dit is opmerklik dat TRRAP en VPS39 ook mutasies ondergaan in die spektrum outistiese versteurings (O’Roak et al. 2012). Die geïdentifiseerde funksioneel spontane mutasies is vergelyk met die spontane KNV’s, voorheen geïdentifiseer in ons twee groepe (22 KNV’s wat 156 gene beïnvloed) (Xu et al. 2008; Malhotra et al. 2011). Vyf gene (DGCR2, TOP3B, CIT, STAG1 en SMAP2) is verander deur beide spontane ENV en KNV’s, twee van hulle in pasiënte uit die twee verskillende bevolkings wat getoets is. Twee van hierdie gene val binne die 22q11.2-lokus wat vatbaarheid vir skisofrenie aandui (Xu et al. 2012). Ons bevindings impliseer die bydrae van ’n diverse stel spontane mutasies met ’n relatief hoë, maar onvolledige penetrasie tot die genomiese argitektuur van skisofrenie in die konteks van ’n balansmodel vir mutasieseleksie. Dit beklemtoon die belang van die gebruik van ’n familiesteekproef, waar die siektegeskiedenis versigtig vasgestel is, om hul rol uit te lig. In dié verband, as ons fokus op ons fyn uitgewerkte Afrikanergroep, voorspel ons dat ten minste 17.6% van sporadiese gevalle ’n spontaan patogeniese, eksoniese mutasie dra en ten minste 9.9% ’n spontane KNV dra (Xu et al 2008; Xu et al. 2012). Met ander woorde, sulke mutasies verklaar ’n kwart tot ’n derde van alle sporadiese gevalle. Gegewe dat die resultate van skanderings van nie-eksoniese gebiede, nog na vore moet
  • 7. http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 Page 7 of 9 Oorspronklike Navorsing kom, verteenwoordig hierdie syfers onderrapportering. Net so belangrik is die bydrae van ons bevindings tot die verstaan van die neurale argitektuur van ’n risiko vir skisofrenie. Daar word bespiegel dat die getal loki vir skisofrenie meer as 850 is. Ons bevindings ontmasker die beduidende sensitiwiteit van die neurale netwerke wat die vatbaarheid tot skisofrenie onderlê, tot presiese vlakke of aktiwiteit van baie diverse proteïene en seinmodules. Daar is voorgestel dat die fokus op netwerke moontlik meer gelykmatig kan wees, met die heterogenisiteit van skisofrenie in ag geneem, eerder as om te fokus op ander voorgestelde meganismes wat weer toegespits is op spesifieke neurosenders of seltipes (Arguello & Gogos 2012). Verder word aangetoon dat in die bepaling van siekterisiko, moet nie slegs die funksie van die teikengeen in ag geneem word nie. Die tydsberekening van die genetiese aanvalle is van kritiese belang. Spontane mutasies affekteer gene met diverse funksies en ontwikkelingsprofiele, maar ons omskryf ’n substansiële bydrae van mutasies in ontwikkelingsregulerende gene met hoër uitdrukkings gedurende die vroeë en midfetale leeftyd. Verder is aangetoon dat sulke mutasies verryk word in die geval van volwasse pasiënte met prominente, vroeë prepsigoties versteurde gedrag. Ons bevindings verskaf ’n meganistiese konteks waarin epidemiologiese korrelasies tussen verskeie prenatale omgewingsaanvalle gedurende die eerste en tweede trimester van swangerskap en die risiko vir skisofrenie oorweeg kan word (Gilman et al. 2012). Die feit dat die uitdrukking van baie gene vir prenatale sydigheid onder streng mikro-RNA-kontrole is, kan die skakeling tussen mikro-RNA-disregulasie en psigiatriese versteurings verklaar (Start et al. 2008). Die uitdaging wat oorbly, is om die biologiese prosesse en neurale netwerke te identifiseer en te bepaal hoe hulle geaffekteer word. Onbevooroordeelde netwerkbasis-benaderings sowel as dier- en sellulêre modelle van herhalende mutasies sal waardevol wees vir dié doel (Karayiorgou et al. 2012). Slot Baie vordering is gemaak in die genetika van skisofrenie. Die reaksie van kliniese navorsers, befondsers, families en pasiënte wat ly aan skisofrenie is dikwels dié van teleurstelling. Hierdie persone voer aan die ontdekkings verklaar slegs ’n klein gedeelte van die genetiese risiko vir skisofrenie en vertel ons eintlik min van die aard van skisofrenie. Die Genetic and Neural Complexity in Psychiatry 2011 Working Group (Karayiorgou et al. 2012) maak ’n paar aanbevelings oor die vraag van wat die beste pad vorentoe is om verklarende brûe te bou tussen menslike genetika, diermodelle en neurale netwerke: • Navorsingspogings en befondsing moet gerig wees op die identifikasie van unieke, hoogs penetrerende mutasies en die genereer van ’n paar dier- en sellulêre modelle, geanker in mutasies. • Baie van die huidige teorieë oor psigiatriese siekte-etiologie moet hersien of uitgeskakel word, byvoorbeeld disregulasie van neurosendersisteme en afgeleides daarvan. • Meer gesofistikeerde siektehipoteses soos onbevooroordeelde, netwerkgesentreerde benaderings behoort gevolg te word. • Die beste manier om samelopende patofisiologiese meganismes vas te stel is om te begin met genetiese ontdekkings in mense, want dit gooi hipoteses oor meganismes eenkant en toets geenfunksie sonder vooroordeel. • Vir die uiteindelike eksperimente, wat die basis sal vorm van gevolglike, funksionele en verklarende analise, benodig navorsers oorsaaklike mutasies eerder as geassosieerde variante (dit betrek polarisasie tussen aanhangers van GWAS van algemene variante en die voorstanders van unieke variantontdekkings). • Steekproewe wat gebruik word, moet familiegebaseerd wees, waar die spontane aard van mutasies of die medeskeiding met siekte bepaal kan word – en dít bly ’n veilige hawe. • Nuwe genetiese bevindings kan moontlik lei tot die herdefiniëring van diagnostiese kriteria, wat moontlik spesifieke terapeutiese implikasies kan hê. • Die doelstelling moet wees om die oorsaak van siekte te verstaan, en gevolglik moet ons met die siekte self begin, eerder as die fenotipes wat ’n onbekende afstand van die siekte af is en wat geneties net so kompleks kan wees soos die siekte waarmee dit verband hou. • Die genereer van ’n kern van sowat ’n dosyn dieremodelle vir elke siekte-entiteit, geanker op ’n werklik herhalende mutasie wat geassosieer is met goed gedefinieerde en noue kliniese presentering sal netwerkgebaseerde analise fasiliteer. • Multivlak-analise sal nodig wees vir die toets van oorsaaklike verbindings in bevindings, op verskeie hiërargiese vlakke van die aangetaste netwerk. • Op dieselfde manier sal vooruitgang in die herprogrammering van velselle van pasiënte se neurone die moontlikheid van sellulêre siektemodelle daarstel. As ons die genetiese kompleksiteit in ag neem, sal hierdie benadering meer produktief en betroubaar wees as dit fokus op pasiënte wat herhalende, hoogs penetrerende mutasies dra eerder as om agnosties te wees ten opsigte van die onderliggende genotipe. Die oorkoepelende doel is om nuwe en effektiewe behandeling te ontwikkel en om die onttrekking van farmaseutiese maatskappye uit psigiatriese siektenavorsing om te keer. Op die lang duur sal die biologiese rekonstruksie van psigiatriese diagnose die oorweging van mediese behandeling bevorder en sal die beleggingsrisiko aansienlik verminder. In die pogings om geneesmiddels te ontwikkel sal gefokus word op kleiner, biologies gestratifiseerde subgroepe van pasiënte wat gerig word deur genetiese bevindings of op spesifieke netwerke en sinaptiese prosesse. Op die kort termyn behoort bestaande geneesmiddels (met bekende veiligheidsprofiele)
  • 8. http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 Page 8 of 9 Oorspronklike Navorsing vir ’n nuwe doel geherposisioneer en aangewend te word, deur gebruik te maak van ’n toenemende getal betroubare genetiese dier- en sellulêre modelle. Daar behoort belê te word in basiese wetenskap van hoë kwaliteit om vooruitgang te maak en om verklarende brûe te bou van die meganisme tot siekte oor die klinies belangrike probleme van psigiatriese siekte (Karayiorgou et al. 2012). Baie vordering is gemaak in psigiatriese genetika. Hierdie vordering beloof om ons veilig te stuur in die rigting van verbeterde psigiatriese siektenavorsing. Tans onttrek baie farmaseutiese maatskappye hulle van geneesmiddelontwikkeling. Laasgenoemde lei ons tot die slegste tye in hierdie navorsingsveld. Daar is ’n duidelike gevaar van verspeelde kanse en die sin van ’n duidelike definiëring van die pad vorentoe (Karayiorgou et al. 2012). Erkenning Die outeur het ’n samewerkingsooreenkoms met die laboratorium vir neurogenetika van Columbia University, New York, onder leiding van Prof. M. Karayiorgou. Die outeur het ’n gradering van die Nasionale Navorsingstigting (NS) en ontvang sedert 2010 ’n jaarlikse aansporingsbeurs. Mededingende belange Die outeur verklaar hiermee dat hy geen finansiële of persoonlike verbintenis het met enige party wat hom nadelig of voordelig kon beïnvloed het in die skryf van hierdie artikel nie. Literatuurverwysings American Psychiatric Association, 1994, Diagnostic and Statistical Manual of Mental disorders: DSM-IV, American Psychiatric Association, Washington D.C. Arguello, P.A. & Gogos, J.A., 2012, ‘Genetic and cognitive windows into circuit mechanisms of psychiatric disease’, Trends in Neurosciences 35, 3–13. http:// dx.doi.org/10.1016/j.tins.2011.11.007 Barch, D.M. & Ceaser, A., 2012, ‘Cognition in schizophrenia: Core psychological and neural mechanisms’, Trends in Cognitive Sciences 16, 27–34. http://dx.doi. org/10.1016/j.tics.2011.11.015 Bassett, A.S., Chow, E.W., AbdelMalik, P., Gheorghiu, M., Husted, J. & Weksberg, R., 2003, ‘The schizophrenia phenotype in 22q11 deletion syndrome’, American Journal of Psychiatry 160, 1580–1586. http://dx.doi.org/10.1176/appi. ajp.160.9.1580 Ben-David, E., Granot-Hershkovitz, E., Monderer-Rothkoff, G., Lerer, E., Levi, S. & Yaari, M., 2011, ‘Identification of a functional rare event in autism using genome-wide screen for mono allelic expressions’, Human Molecuar Genetics 20, 3632–3641. http://dx.doi.org/10.1093/hmg/ddr283 Carter, M.T., Nikkel, S.M., Fernandez, B.A., Marshall, C.R., Noor, A. & Lionel, A.C., 2011, ‘Hemizygous deletions on chromosome 1p21.3 involving the DPYD gene in individuals with autism spectrum disorder’, Clinical Genetics 80, 435–443. http:// dx.doi.org/10.1111/j.1399-0004.2010.01578.x Christopherson, K.S., Ullian, E.M., Stokes, C.C.A., Mullowney, C.E., Hell, J.W. & Agah, A., 2005, ‘Thrombospondins are astrocyte-secreted proteins that promote CNS synaptogenesis’, Cell 120, 421–433. http://dx.doi.org/10.1016/j.cell.2004.12.020 Cohen, J.C., Kiss, R.S., Pertsemlidis, A., Marcel, Y.L., McPherson, R. & Hobbs, H,H., 2004, ‘Multiple rare alleles contribute to low plasma levels of HDL cholesterol’, Science 305, 869–872. http://dx.doi.org/10.1126/science.1099870 Colantuoni, C., Lipska, B.K., Ye, T., Hyde, T.M., Tao, R. & Leek, J.T., 2011, ‘Temporal dynamics and genetic control of transcription in the human prefrontal cortex’, Nature 478, 519–523. http://dx.doi.org/10.1038/nature10524 Crow, J.F., 2000, ‘The origins, patterns and implications of human spontaneuous mutation’, Nature Reviews Genetics 1, 40–47. http://dx.doi.org/10.1038/35049558 Flanagan, S.E., Patch, A.M. & Ellard, S., (2010), ‘Using SIFI and PolyPhento predict loss-of-function and gain-of-function mutations’, GeneticTesting and Molecular Biomarkers 14, 533–537. http://dx.doi.org/10.1089/gtmb.2010.0036 Georges-Labouesse, E., Mark, M., Messaddeq, N. & Gansmuller, A., 1998, ‘Essential role of a6 integrins in cortical and retinal lamination’, Current Biology 8, 983–986. http://dx.doi.org/10.1016/S0960-9822(98)70402-6 Gilman, S.R., Chang, J., Xu, B., Bawa, T.S., Gogos, J.A. & Karayiorgou M., 2012, ‘Diverse types of genetic variation converge on functional gene networks involved in schizophrenia’, Nature Neuroscience 12, 1723–1728. http://dx.doi.org/10.1038/ nn.3261 Girard, S.L., Gauthier, J., Noreau, A., Xiong, L., Zhou, S. & Jouan, L., 2011, ‘Increased exonic de novo mutation rate in individuals with schizophrenia’, Nature Genetics 43, 860–863. http://dx.doi.org/10.1038/ng.886 Goldstein, D.B., 2009, ‘Common genetic variation and human traits’, New England Journal of Medicine 360, 1696–1698. http://dx.doi.org/10.1056/NEJMp0806284 Gothelf, D., Feinstein, C., Thompson, T., Gu, E., Penniman, L. & Van Stone, E., 2007, ‘Risk factors for the emergence of psychotic disorders in adolescents with 22q11.2 deletion syndrome’, American Journal of Psychiatry 164, 663–669. http://dx.doi. org/10.1176/appi.ajp.164.4.663 Iafrate, AJ., Feuk, L., Rivera, M.N., Listewnik, M.L., Donahoe, P.K. & Qi, Y. 2004, ‘Detection of large-scale variation in the human genome’, Nature Genetics 36, 949–951. http://dx.doi.org/10.1038/ng1416 Iossifov, I., Ronemus, M., Levy, D., Wang, Z., Hakker, I. & Rosenbaum, J., 2012, ‘De novo gene disruptions in children on the autistic spectrum’, Neuron 74, 285–299. http://dx.doi.org/10.1016/j.neuron.2012.04.009 Karayiorgou, M., Flint, J., Gogos, J. & Malenka, R.C., 2012, ‘The best of times, the worst of times for psychiatric disease’, Nature Neuroscience 15, 811–812. http://dx.doi. org/10.1038/nn.3115 Karayiorgou, M., Morris, M.A., Morrow, B., Shprintzen, R.J., Goldberg, R. & Borrow, J., 1995, ‘Schizophrenia succeptability associated with interstitial deletions of chromosome 22q11’, Proceedings of the National Academy of Sciences 92, 7612– 7616. http://dx.doi.org/10.1073/pnas.92.17.7612 Jones K.J., Morgan, G., Johnston, H., Tobias, V., Ouvrier, R.A., Wilkinson, I. & North K.N., 2001, ‘The expanding phenotype of laminin a2 cahin (merosin) abnormalities: Case series and review’, Journal of Medical Genetics 38, 649–657. http://dx.doi. org/10.1136/jmg.38.10.649 Kang, H.J., Kawasawa Y.I. Cheng, F., Zhu, Y., Xu, X. & Li, M., 2011, ‘Spatio-temporal transcriptome of the human brain’, Nature 478, 483–489. http://dx.doi. org/10.1038/nature10523 Laursen, T.M. & Munk-Olsen T., 2010, ‘Reproductive patterns in psychotic patients, Schizophrenia Research’, 121, 234–240. http://dx.doi.org/10.1016/j. schres.2010.05.018 Lichtenstein, P., Yip, B.H., Bjork, C., Pawitan, Y., Cannon, T.D.,& Sullivan, P.F., 2009, ‘Common genetic determinants of schizophrenia and bipolar disorder in Swedish families: A population-based study’, Lancet 373, 234–239. http://dx.doi. org/10.1016/S0140-6736(09)60072-6 Lupski, J.R., 2007, ‘Structural variation in the human genome’, New England Journal of Medicine 356, 1169–1171. http://dx.doi.org/10.1056/NEJMcibr067658 Malhotra D., McCarthy, S., Michaelson, J.J., Vacic, V., Burdick, KE. & Yoon, S., 2011, ‘High frequency of de novo CNVs in bipolar disorder and schizophrenia’, Neuron 72, 951–963. http://dx.doi.org/10.1016/j.neuron.2011.11.007 Manolio T.A., Collins, F.S., Cox, N.J., Goldstein, D.B., Hindorff, L.A., Hunter, D.J., 2009, ‘Finding the missing heritability of complex diseases’, Nature 461, 747–753. http://dx.doi.org/10.1038/nature08494 Murphy, K.C., Jones, L.A. & Owen, MJ., 1999, ‘High rates of schizophrenia in adults with velo-cardio-facial syndrome’, Archives of General Psychiatry 53, 940–945. http://dx.doi.org/10.1001/archpsyc.56.10.940 Neale, B.M., Kou, Y., Liu, L., Ma’ayan, A., Samocha, K.E. & Sabo, A., 2012, ‘Patterns and rates of exonic de novo mutations in autism spectrum disorders’, Nature 485, 242–245. http://dx.doi.org/10.1038/nature11011 O’Roak, B.J., Vives, L., Girirajan, S., Karakoc, E., Krumm, N. & Coe, B.P., 2012, ‘Sporadic autism exomes reveal a highly interconnected protein network of de novo mutations’, Nature 485, 246–250. http://dx.doi.org/10.1038/nature10989 Pulver, A.E., Nestadt, G., Goldbert, R., Shprintzen, R.J., Lamacz, M. & Wolyniec, P.S., 1994, ‘Psychotic illness in patients diagnosed with velo-cardio-facial syndrome and their relatives’, Journal of Nervous and Mental Disease 182, 476–478. http:// dx.doi.org/10.1097/00005053-199408000-00010 Redon, R., Ishikawa, S., Fitch, K.R., Feuk, L., Perry, G.H. & Andrews, T.D., 2006, ‘Global variation in copy number in the human genome’, Nature 444, 444–454. http:// dx.doi.org/10.1038/nature05329 Rodriguez-Murillo, L., Gogos, J.A. & Karayiorgou M., 2012 ‘The genetic architecture of schizophrenia: New mutations and emerging paradigms’, Annual Review of Medicine 63, 63–80. http://dx.doi.org/10.1146/annurev-med-072010-091100 Roos, J.L., 2008, ‘Die Afrikaner en skisofrenie: ’n Genetiese studie’, Suid-Afrikaanse Tydskrif vir Natuurwetenskap en Tegnologie 27(2), 73–87. http://dx.doi. org/10.4102/satnt.v27i2.83 Sanders, S.J., Murtha, M.T., Gupta, A.R., Murdoch, J.D., Raubeson, M.J. & Willsey, A.J., 2012, ‘De novo mutations revealed by whole-exome sequencing are strongly associated with autism’, Nature 485, 237–241. http://dx.doi.org/10.1038/ nature10945 Sebat, J., Lakshmi , B., Troge, J., Alexander, J., Young, J. & Lundin, P., 2004, ‘Large-scale copy number polymorphism in the human genome’, Science 305, 525–528. http:// dx.doi.org/10.1126/science.1098918 Sobin, C., Roos, J.L., Pretorius, H., Lundy, L.S. & Karayiorgou, M., 2003, ‘A comparison study of early non-psychotic deviant behaviour in Afrikaner and US patients with schizophrenia or schizoaffective disorder’, Psychiatry Research 117, 113–125. http://dx.doi.org/10.1016/S0165-1781(02)00321-9 Start, K.L., Xu, B., Bagchi, A., Lai, W., Liu, H. & Hsu, R., 2008, ‘Altered brain micro RNA brogenesis contributes to phenotypic deficits in a 22q11-deletion mouse model’, Nature Genetics 40, 751–760. http://dx.doi.org/10.1038/ng.138
  • 9. http://www.satnt.ac.za doi:10.4102/satnt.v33i1.396 Page 9 of 9 Oorspronklike Navorsing Stefansson, H., Rujescu, D., Cichon, S., Pietiläinen, OPH., Ingason, A. & Steinberg, S., 2008, ‘Large recurrent microdeletions associated with schizophrenia’, Nature 445, 232–236. http://dx.doi.org/10.1038/nature07229 Sullivan, P.F. Kendler, K.S. & Neale,MC., 2003, ‘Schizophrenia as a complex trait: Evidence from a meta-analysis of twin studies’, Archives of General Psychiatry 60, 1187–1192. http://dx.doi.org/10.1001/archpsyc.60.12.1187 Tandon, R., Keshaven M.S. & Nasrallah H.A., 2008, ‘Schizophrenia, ”just the facts”: What we know in 2008:2. Epidemiology and etiology’, Schizophrenia Research 102, 1–18. http://dx.doi.org/10.1016/j.schres.2008.04.011 The 1000 Genomes Project Consortium, 2010, ‘A map of human genome variation from population-scale sequencing’, Nature 467, 1061–1073. Tiedje, K.E., Stevens, K., Barnes, S. & Waever, D.F., 2010, ‘b alanine as a small molucule neurotransmitter’, Neurochemistry International 57, 177–188. http://dx.doi. org/10.1016/j.neuint.2010.06.001 Valdmanis, P.N., Verlaan, D.J. & Rouleau, G.A., 2009, ‘The proportion of mutations predicted to have a deleterious effect differs between gain and loss of function genes in neurodegenerative disease’, Human Mutatation 30, 481–489. http:// dx.doi.org/10.1002/humu.20939 Van Kuilenburg, A.B., Vreken, P., Abeling, N.G.G.M., Bakker, H.D., Meinsma, R. & Van Lenthe, H.,1999, ‘Genotype and phenotype in patients with dihydropyrimidine dehydrogenase deficiency’, Human Genetics 104, 1–9. http://dx.doi.org/10.1007/ PL00008711 Wiehahn, G.J., Bosch, G.P., Du Preez, R.R., Pretorius, H.W., Karayiorgou, M. & Roos, J.L., 2004, ‘Assessment of the frequency of the 22q11 deletion in Afrikaner schizophrenic patients’, The American Journal of Medical Genetics 124B(1), 1–3. http://dx.doi.org/10.1136/jmedgenet-2011-100294 Willemsen, M.H., Vallès, A., Kirkels, L.A.M.H., Mastebroek, M., Loohuis, N.O. & Kos, A., 2011, ‘Chromosome 1p22.3 microdeletions comprising DPYD and MIR 137 are associated with intellectual disability’, Journal of Medical Genetics 48, 810–818. Xu, B., Roos, J.L., Levy, S., Van Rensburg, E.J., Gogos, J.A., Karayiorgou, M., 2008, ‘Strong association of de novo copy number mutations with sporadic schizophrenia’, Nature Genetics 40, 880–885. http://dx.doi.org/10.1038/ng.162 Xu, B., Woodroffe, A., Rodriquez-Murillo, L., Roos, J.L., Van Rensburg, E.J. & Abecasis, G.R., 2009, ‘Elucidating the genetic architecture of familial schizophrenia using rare copy number variant and linkage scans’, Proceedings of the NationalAcademy of Sciences 106, 16746–16751. http://dx.doi. org/10.1073/pnas.0908584106 Xu, B., Roos, J.L., Dexheimer, P., Boone, B., Plummer, B. & Levy, S., 2011, ‘Exome sequencing supports a de novo mutational paradigm for schizophrenia’, Nature Genetics 43, 864–868. http://dx.doi.org/10.1038/ng.902 Xu, B., Ionita-Laza, I., Roos, J.L., Boone, B., Woodrick, S. & Sun, Y., 2012, ‘De novo gene mutations highlight patterns of genetic and neural complexity in schizophrenia’, Nature Genetics 42, 1365–1371. http://dx.doi.org/10.1038/ng.2446 Yang, J., Visscher, PM. & Wray, N.R., 2010, ‘Sporadic cases are the norm for complex disease’, European Journal of Human Genetics 18, 1039–1043. http://dx.doi. org/10.1038/ejhg.2009.177
  • 10. Reproduced with permission of the copyright owner. Further reproduction prohibited without permission.