Die woord ritme is afgelei van die Griekse woord “rhythmos” wat stroom beteken. In die natuur is talle voorbeelde van ritmiese herhaling: dag en nag, seisoene wat opmekaar volg , die manier waarop ons stap of dans, ons hartklop, of ons asemhaling. In 'n gedig is ons gewoonlik ook bewus van die ritme wat `n digter handhaaf:dit is die afstand tussen die een aksent of heffingen die volgende aksent.Hierdie afstand duur gewwonlik `n driekwart sekonde , d.w.s. naastenby so lank as `n mens se hartklop. So kry `n mens `n rustige ritme wanneer daar net een onderbeklemtoonde lettergreep of daling tussen die heffings is, soos in “ Rondloper” van N.P. Van Wyk Louw: “Van st á p en st á p in r éën en wind”. Soms is daar meer as een daling tusssen elke heffing. Dan sal die gedig outomaties vinniger gelees word: “blits in die flés en blits in die lyf” ( uit “Vakleerbaadjie en klinknaelbroek,” p.21 .)