SlideShare a Scribd company logo
1 of 8
Download to read offline
Redakteur: Johan Schoeman, Renier Hattingh (Adjunk)
Ontwerp en uitleg: Justin Reinecke (Hoof), Thomas Butler
Nuus: Jaco Marais, Rayno Blomerus, Alexander Klose, Neil Oliver
Stuurdingetjies: Luke White (Hoof), CP Kok
Onderwyser in beheer: Hesti van der Mescht
concipioredaksie@gmail.com | Instagram: @Semper_Concipio_PRG | Twitter: @PaulRoos_Gym | Facebook: fb.com/PaulRoos_Gymnasium
Uitgawe/Issue 277 Jaargang XIII 4 Maart 2016
Besoek gerus die amptelike skoolwebblad vir ander nuus by www.paulroos.co.za.
ConcipioConcipio
270 Editions
150 jaar later en dis nog steeds akademie met ’n partytjie-ondertoon by Paul Roos Gimnasium. Seremonies, bubble
soccer, raakrugby, bloedskenk en LAN - hoeveel het jy aan deelgeneem? ’n Kleurvolle program, wat by ons skool se
persoonlikhede pas. Ons het ons 150ste verjaarsdag groot gemaak.
Bl. 5
Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 2
Fibonacci se getallepatroon en die
Goue Verhouding is ’n reeks getalle
wat regdeur die heelal te vinde is. Die
patroon word gevorm deur twee op-
eenvolgende getalle bymekaar te tel
om die volgende getal in die ry te kry,
byvoorbeeld 0,1,1,2,3, 5, 8, 13, 21 …
Die Fibonacci-getallepatroon word
beskou as die natuurlikste reeks getalle
wat bestaan. Dit word deur sommige
gesien as God se vingerafdruk, terwyl
ander dit sien as bewys vir die teorie
dat alles in die heelal ’n gesamentlike
oorsprong deel, ’n Big Bang. Die goue
verhouding kan gevind word in die
spiraalvorm van sterrestelsels en in die
samestelling van ons DNS. Dit is kar-
dinaal tot die bestaan van alle materie
in die heelal, dood of lewend.
Net soos Fibonacci se patroon ’n deel
vorm van alles in die heelal, is daar iets
in elke Paul Rooser wat hom ánders
maak. Dit is ’n klein bestanddeel wat
deur die are vloei van elkeen wat ’n
maroen baadjie dra. Hierdie onsigbare
bestanddeel het ’n verrykende invloed
op Paul Roos Gymnasium.
Dit is die gees op die pawiljoen en
die gevoel wat jy kry wanneer jy vir ’n
sportspan uitdraf. Dit is die hoender-
vleis as ons Old Boys sing en die per-
fekte orangutang. Dit is Paul Roos-
Liefde en ’n Jolla Bolla n Grey. Dit is
Paul Roos, en niemand kan dit ooit
van ons wegvat nie.
Van Agter die Skoolbank
Yours Truly
Johan Schoeman
Editor-in-Chief
Van Agter die Lessenaar
From Behind the Desk
PAUL ROOS 150
Baie dankie aan almal wat geesdrif-
tig en entoesiasties deelgeneem het
en betrokke was by ons Paul Roos-
150-feesvieringe.
Dit was inderdaad ’n goeie en
geseënde tyd.
What a privilege to be able to look
back – and to realise that we were
blessed in abundance.
Our planning started four years ago
– and now we have reached the end of
all our celebrations.
To all involved – well done, and
thank you.
Vandag laat ons die skoolwerk gly. Foto: Nic de Jager
Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 3
Jaco Marais
Christoff Loubsher
Allawêreld vriende, waar stap die
tyd met ons heen? Wat is die lewe
nie anders as ’n speeltoneel nie? ’n
Jaar gelede het die feesjaar nog voor
ons gelê, soos ’n ry voetspore op ’n
doubevlekte Markötter-rugbyveld.
Alles was duidelik. ’n Jaar later is die
feesvieringe op ’n einde, maar tog bly
ons storie merkwaardig.
Groot, groter, grootste! PRG IS
GROOT! was weliswaar in ’n klas van
sy eie. As jy nie daar was nie het jy bes-
lis iets misgeloop – dit was ’n aand vir
die geskiedenisboeke.
Gaste is vermaak deur vername
Old-Boys soos Koos Kombuis, Heinz
Winckler, Bertie Coetzee (Zinkplaat),
Herman Kleinhans van die groep
Twee, Die Afroboer (Gerald Clarke)
en ook Louis en Willem van der Mer-
we (Silver). Dan was daar ook ons eie
PRG-koor, Sanggroep en Musica Per-
petua-orkes wat opgetree het onder
leiding van Mnr. Stephan Bezuiden-
hout.
Die gehoor is hier betower met ’n
mengsel pryswennende treffers en
nuwe liedere - van Blues-geïnspireerde
klanke tot Italiaanse Opera. Mnr.
Neville Rothman en Burgert Kirsten
het as seremoniemeesters gedien en
seker gemaak dat die aand glad ver-
loop (of nie?).
Die hoogtepunt was sekerlik die
Paul Roos-massakoor van amper
500 Graad 11’s en 12’s wat saam met
van die ander kunstenaars ’n staande
ovasie ontvang het en vele dames se
knieë lam gemaak het. Die manne het
nie net ’n wonderlike aand gehad nie,
maar hulle is ook nou almal bekwame
sangers in Italiaans.
Saterdagaand was nie net ’n massiewe
feesjaarviering van die skool nie, maar
ook ’n fantastiese viering van die skool
se kultuur, musiektalent en musiek-
geskiedenis. Volgens me. Ronella van
Rensburg, organiseerder van die suk-
sesvolle aand en kultuurhoof by die
skool, beplan die skool al vyf jaar lank
om dié spoggeleentheid te realiseer.
Op ’n ander noot; die 150 jaar fees-
vieringe is verby, maar dit is defini-
tief nie die einde van groot dinge en
vieringe met die Maroon Machine
nie. Maak reg om terug te skop en jou
hoed te lig, want die volgende 150 jaar
is op ons! Sit die kersie op die koek en
maak geskiedenis!
Laat dit juig
Getuie van groot tye - Orals
Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 4
Rayno Blomerus
Volgens verskeie bronne het 1250
Paul Roosers ingeskryf vir Dinsdag se
Bubble Soccer. Wie kan nou die kans
misloop om iemand met toestem-
ming te "bounce"? Definitief nie ’n
Paul Rooser nie.
Bubble Soccer (Zorb Foot-
ball) is in 2014 deur Hendrik
Elvestad in Norweë begin.
Dit het eers in 2015 in die
Verenigde Koninkryk gewild
begin raak en daarna ook in
die Verenigde State en later
in Nieu-Seeland.
Die reëls is eenvoudig:
dis sokkerreëls maar jy het ’n
opblaasballon om jou bolyf.
So jy kry nie seer as jy val
nie; dus is stamp heelte-
mal aanvaarbaar, selfs al het die
persoon nie eens die bal nie.
Die doelbokse is ook heelwat kleiner.
Daar is meer aksie met "big hits"
as doele. Die belangrikste rede
vir die sport se gewildheid is dat
dit sokker (met min aksie) en “big
hits” (baie aksie) kombineer.
Die video in die aal het die skool
letterlik in rep en roer gekry en almal
het uitgesien na die tuimel-
sokker, of jy nou deelneem of
net gaan kyk.
Dit het op 1 Maart, tydens die
skool se verjaarsdagvieringe,
ongetwyfeld vir die grootste
vermaak van die dag gesorg.
’n anonieme Matriekbron
beskryf die sport as volg: “It’s for
picking on someone your own
size"; "keeping a low centre of
gravity"; and the faster you run to
hit someone, the faster and further
you’ll bounce back.”
Sy laaste wenk was om jou voete
ten alle tye op die grond te hou.
tuimelsokker – baie aksie en meer
as genoeg pret. Waarvoor meer kan ’n
Paul Rooser nog vra?
Dalk moet ons dit as amptelike skool-
sport begin erken!
Tyd om te Tuimel
Neil Olivier
Sodra die son se kop soggens oor Stel-
lenbosch-berg loer, ontwaak Lukas
Nel, Paul Rooser van die Week.
Lukas is nou in Graad 9, maar dat
Concipio vandeesweek ’n onderhoud
met Lukas gevoer het, het almal teen-
woordig besef dat jeug en dalk ’n gebrek
aan lewenservaring geen rede is om ’n
brijante knaap soos Lukas te onderskat
nie.
Lukas is versot op lees. Daar is ver-
reweg al meer as ’n duisend boeke onder
Lukas se onuitputlike oë verby. Hy
verkies fiksie en boeke oor wiskunde.
Hy was gou besig om te verduidelik
hoe ’non-Euclidian geometry’ werk, en
nie eens die matriek wat tydens die on-
derhoud teenwoordig was, het ’n enkele
woord verstaan van wat gesê hy nie.
Lukas se liefde vir boeke het hom ’n
uitstekende kennis oor die wêreld en
alles daarin verseker.
Die vraag wat dadelik by my opge-
duik het was, “Wat doen
’n briljante mens
soos Lukas in sy
vrye tyd?” Die
antwoord is
e e n v o u d i g .
Hy doen re-
kenaarpro-
g r a m m e r -
ing. Lukas
is tans besig
om sy eie re-
kenaarspeletjie te
ontwikkel. Mod-
erne vyfkamp (pen-
tathlon), en
skerm is Lu-
kas se hoofs-
porte. Ek
het al
d i e
voor-
r e g
gehad
om vir
Lukas te sien skerm, en hy staan na die
kant van die meester toe.
Volgende jaar beoog Lukas om
wiskunde, skeinat, ekonomie,
Frans, IT en kuns te neem. Dit
is omtrent ’n mondvol. Hy sê
die enigste vak waarmee hy
struikel is kuns; tog sien hy
kans om daardie vaardig-
heid ten volle te ontwikkel.
Lukas wil graag eendag ’n
rekenaarwetenskaplike of eko-
noom word.
Dit sal goed wees om uit te kyk
vir Lukas in die werkende wêreld
eendag. Hy is ’n uitstekende, hard-
werkende, Paul Roos-
legende en gaan nog
’n massiewe 	
invloed op die
wêreld
uitoefen.
Paul Rooser van die week
Foto: JD West
Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 5
“Advantage, Paul Roos!”
Alexander Klose
Die 11de bestMed-Gerrie Berner-
tennistoernooi het vanjaar van 17-20
Februarie op Paul Roos Gimnasium
se bane plaasgevind, en is vir die 3de
keer agtereenvolgens deur St. Stith-
ian’s gewen toe hulle vir Grey College
in die finaal met 5-1 verslaan het.
Paul Roos is verteenwoordig deur
Charlie Morkel, Russouw Norval,
Christian van der Wath, Jean Durand,
Wikus Robbertse, Jurgen Badenhorst
(Kaptein), Hannes Vorster. 
Uitstekende en opwindende tennis is
gespeel en Paul Roos Gimnasium het
die volgende resultate behaal: 
Paul Roos verloor
teen St. Stithian’s: 1 – 5
Paul Roos klop
Kearsney College: 9 – 0
Paul Roos klop
St. Benedict’s: 9 – 0
Paul Roos klop
Affies: 8 – 1
Paul Roos klop
St. David’s: 8 – 1
Die semi-finaal tussen Paul Roos en
Grey College het op Vrydag 19 Feb-
ruarie plaasgevind en is deur reën
ontwrig. Die wedstryd moes na die
dakbaan van die Universiteit van Stel-
lenbosch verskuif word. PRG het nael-
skraap verloor, en het dus
die volgende oggend vir die 3de plek
teen Pretoria Boys’ High uitgespeel.
Die manne van Paul Roos het uit-
gehaal en gewys en uiteindelik vir Pre-
toria Boy‘s High met 5-2 gewys waar
Dawid die wortels gegrawe het. 
Dit was soos altyd ’n ongelooflike
sukses, te danke aan wonderlike gees
onder die ondersteuners, asook van
die persone wat die reëlings getref het
om só ’n dag moontlik te maak. Daar
word baie uitgesien na die volgende
jaar se toernooi.
Bruised paintball-bodies show the post-war aftermath. R 8558 se munte is deur die skool ingesamel en geskenk.
Foto:NeelsRossouw
Foto:DanielMoller
Foto:PierreMongomerey
Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 6
Johan Schoeman
Meneer Jannie van der Westhuizen
is in 2007 as Rektor van Paul Roos
Gimnasium ingehuldig. Gedurende
sy nege jaar by Paul Roos het mnr.
Van der Westhuizen ’n ongeloof-
like positiewe impak op die skool
en sy leerders gehad. Hy het onlangs
bekend gemaak dat hy beplan om in
2017 die fakkel oor te gee aan ’n nuwe
Rektor. Concipio het met hom gaan
gesels.
Wat maak Paul Roos uniek en ánders
as ander skole?
Ons Rektor meen dis die feit dat elke
liewe seun welkom is by Paul Roos en
dat die skool nie sy leerders in boksies
plaas nie. Paul Roos gee vir almal ’n
geleentheid om te presteer, ongeag wie
hy is.
Die winde van verandering is besig
om deur die onderwysstelsel te waai.
Meneer Van der Westhuizen sê dat
onderwys by Paul Roos ook baie oor
die volgende 5-10 jaar gaan verander.
Hy sê dat tegnologie ’n toenemende
rol in die klaskamer sal begin speel, en
meen dat dit ’n goeie ding is, mits dit
die gehalte van onderrig verbeter.
Ons lewe in ’n baie onstabiele tyd-
perk, gevul met uitdagingspotensiaal.
Meneer van der Westhuizen sê dat
die die finansiering van Paul Roos
Gimnasium in die toekoms die skool
se grootste uitdaging sal wees. Hy
glo egter vas dat die Maroen Masjien
daartoe in staat is om enige hindernis
in die stof te laat byt terwyl hy op sy
suksespad voortstorm.
Rakende sy opvolger is daar nog nie
veel geheime om te verklap nie. Me-
neer Van der Westhuizen kon egter
met Concipio deel dat die benoe-
mingsproses van ’n nuwe Rektor teen
Oktober deur die Beheerliggaam ge-
finaliseer sal word. Meneer van der
Westhuizen is vol hoop dat sy opvol-
ger oor die nodige toewyding en pas-
sie sal beskik om Paul Roos in die toe-
koms te lei.
Gevra oor sý toekoms, lê Meneer
graag klem op die feit dat hy in 2017
sal uittree, maar nie aftree nie. Hy het
hoegenaamd geen plan om ewe skie-
lik op die stoep te gaan sit nie. Hy
beplan onder meer om sy termyn op
die Raad van die universiteit van Stel-
lenbosch uit te dien. Meneer sien ook
baie daarna uit om die geleentheid te
hê om meer tyd in die Kalahari deur
te bring, waar hy as ’n stokperdjie met
beeste boer. Hy en sy vrou beplan om
mettertyd na George te verhuis.
Meneer sê dat hy nie noodwendig
’n gunsteling-herinnering het uit die
afgelope nege jaar nie, en dat daar
eerder ’n paar gebeurtenisse is wat
hy sal onthou. Maar hy sê as daar één
ding van Paul Roos is wat vir hom 	
spesiaal was, dit niks en niemand an-
ders is nie as die Paul Roosers self.
Meneer Van der Westhuizen sê met
sekerheid dat hy sy tyd by Paul Roos
vir niks sal verruil nie, en dat dit van
die beste tye van sy lewe was. Hy was
dalk nie self in Paul Roos nie, maar
oor die kleur van sy bloed is daar geen
twyfel nie. Paul Roos wens Meneer
van der Westhuizen alles van die beste
toe met sy laaste jaar, en met wat die
toekoms ook al vir hom mag inhou.
Hy sal vir altyd ’n spesiale plek in die
harte van alle Paul Roosers hê.
Paul Roosers het ’n spesiale plekkie...
...in die Rektor se hart
Foto:JohanWilke	VerskafdeurTipAfrica
Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 7
Paul Roosers bons teen mekaar op die gras. Daar is ’n bal en twee doelhokke ook…
Daar is heeldag bloed geskenk, daar is al opgepak voordat
almal eers ’n beurt kon kry.
’n Sport sonder reserwes.
Can’t touch this.
Touch rugby is our game.
Foto:TashreeqRazietFoto:JDWest
Foto:DylanStyger
Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 8

More Related Content

Featured

Everything You Need To Know About ChatGPT
Everything You Need To Know About ChatGPTEverything You Need To Know About ChatGPT
Everything You Need To Know About ChatGPTExpeed Software
 
Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage EngineeringsProduct Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage EngineeringsPixeldarts
 
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental HealthHow Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental HealthThinkNow
 
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfAI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfmarketingartwork
 
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024Neil Kimberley
 
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)contently
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024Albert Qian
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsKurio // The Social Media Age(ncy)
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Search Engine Journal
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summarySpeakerHub
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Tessa Mero
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentLily Ray
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best PracticesVit Horky
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementMindGenius
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...RachelPearson36
 
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Applitools
 

Featured (20)

Everything You Need To Know About ChatGPT
Everything You Need To Know About ChatGPTEverything You Need To Know About ChatGPT
Everything You Need To Know About ChatGPT
 
Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage EngineeringsProduct Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
Product Design Trends in 2024 | Teenage Engineerings
 
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental HealthHow Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
How Race, Age and Gender Shape Attitudes Towards Mental Health
 
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdfAI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
AI Trends in Creative Operations 2024 by Artwork Flow.pdf
 
Skeleton Culture Code
Skeleton Culture CodeSkeleton Culture Code
Skeleton Culture Code
 
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
PEPSICO Presentation to CAGNY Conference Feb 2024
 
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
Content Methodology: A Best Practices Report (Webinar)
 
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
How to Prepare For a Successful Job Search for 2024
 
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie InsightsSocial Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
Social Media Marketing Trends 2024 // The Global Indie Insights
 
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
Trends In Paid Search: Navigating The Digital Landscape In 2024
 
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
5 Public speaking tips from TED - Visualized summary
 
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
ChatGPT and the Future of Work - Clark Boyd
 
Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next Getting into the tech field. what next
Getting into the tech field. what next
 
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search IntentGoogle's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
Google's Just Not That Into You: Understanding Core Updates & Search Intent
 
How to have difficult conversations
How to have difficult conversations How to have difficult conversations
How to have difficult conversations
 
Introduction to Data Science
Introduction to Data ScienceIntroduction to Data Science
Introduction to Data Science
 
Time Management & Productivity - Best Practices
Time Management & Productivity -  Best PracticesTime Management & Productivity -  Best Practices
Time Management & Productivity - Best Practices
 
The six step guide to practical project management
The six step guide to practical project managementThe six step guide to practical project management
The six step guide to practical project management
 
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
Beginners Guide to TikTok for Search - Rachel Pearson - We are Tilt __ Bright...
 
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
Unlocking the Power of ChatGPT and AI in Testing - A Real-World Look, present...
 

Concipio 277 4 Maart 2016

  • 1. Redakteur: Johan Schoeman, Renier Hattingh (Adjunk) Ontwerp en uitleg: Justin Reinecke (Hoof), Thomas Butler Nuus: Jaco Marais, Rayno Blomerus, Alexander Klose, Neil Oliver Stuurdingetjies: Luke White (Hoof), CP Kok Onderwyser in beheer: Hesti van der Mescht concipioredaksie@gmail.com | Instagram: @Semper_Concipio_PRG | Twitter: @PaulRoos_Gym | Facebook: fb.com/PaulRoos_Gymnasium Uitgawe/Issue 277 Jaargang XIII 4 Maart 2016 Besoek gerus die amptelike skoolwebblad vir ander nuus by www.paulroos.co.za. ConcipioConcipio 270 Editions 150 jaar later en dis nog steeds akademie met ’n partytjie-ondertoon by Paul Roos Gimnasium. Seremonies, bubble soccer, raakrugby, bloedskenk en LAN - hoeveel het jy aan deelgeneem? ’n Kleurvolle program, wat by ons skool se persoonlikhede pas. Ons het ons 150ste verjaarsdag groot gemaak. Bl. 5
  • 2. Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 2 Fibonacci se getallepatroon en die Goue Verhouding is ’n reeks getalle wat regdeur die heelal te vinde is. Die patroon word gevorm deur twee op- eenvolgende getalle bymekaar te tel om die volgende getal in die ry te kry, byvoorbeeld 0,1,1,2,3, 5, 8, 13, 21 … Die Fibonacci-getallepatroon word beskou as die natuurlikste reeks getalle wat bestaan. Dit word deur sommige gesien as God se vingerafdruk, terwyl ander dit sien as bewys vir die teorie dat alles in die heelal ’n gesamentlike oorsprong deel, ’n Big Bang. Die goue verhouding kan gevind word in die spiraalvorm van sterrestelsels en in die samestelling van ons DNS. Dit is kar- dinaal tot die bestaan van alle materie in die heelal, dood of lewend. Net soos Fibonacci se patroon ’n deel vorm van alles in die heelal, is daar iets in elke Paul Rooser wat hom ánders maak. Dit is ’n klein bestanddeel wat deur die are vloei van elkeen wat ’n maroen baadjie dra. Hierdie onsigbare bestanddeel het ’n verrykende invloed op Paul Roos Gymnasium. Dit is die gees op die pawiljoen en die gevoel wat jy kry wanneer jy vir ’n sportspan uitdraf. Dit is die hoender- vleis as ons Old Boys sing en die per- fekte orangutang. Dit is Paul Roos- Liefde en ’n Jolla Bolla n Grey. Dit is Paul Roos, en niemand kan dit ooit van ons wegvat nie. Van Agter die Skoolbank Yours Truly Johan Schoeman Editor-in-Chief Van Agter die Lessenaar From Behind the Desk PAUL ROOS 150 Baie dankie aan almal wat geesdrif- tig en entoesiasties deelgeneem het en betrokke was by ons Paul Roos- 150-feesvieringe. Dit was inderdaad ’n goeie en geseënde tyd. What a privilege to be able to look back – and to realise that we were blessed in abundance. Our planning started four years ago – and now we have reached the end of all our celebrations. To all involved – well done, and thank you. Vandag laat ons die skoolwerk gly. Foto: Nic de Jager
  • 3. Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 3 Jaco Marais Christoff Loubsher Allawêreld vriende, waar stap die tyd met ons heen? Wat is die lewe nie anders as ’n speeltoneel nie? ’n Jaar gelede het die feesjaar nog voor ons gelê, soos ’n ry voetspore op ’n doubevlekte Markötter-rugbyveld. Alles was duidelik. ’n Jaar later is die feesvieringe op ’n einde, maar tog bly ons storie merkwaardig. Groot, groter, grootste! PRG IS GROOT! was weliswaar in ’n klas van sy eie. As jy nie daar was nie het jy bes- lis iets misgeloop – dit was ’n aand vir die geskiedenisboeke. Gaste is vermaak deur vername Old-Boys soos Koos Kombuis, Heinz Winckler, Bertie Coetzee (Zinkplaat), Herman Kleinhans van die groep Twee, Die Afroboer (Gerald Clarke) en ook Louis en Willem van der Mer- we (Silver). Dan was daar ook ons eie PRG-koor, Sanggroep en Musica Per- petua-orkes wat opgetree het onder leiding van Mnr. Stephan Bezuiden- hout. Die gehoor is hier betower met ’n mengsel pryswennende treffers en nuwe liedere - van Blues-geïnspireerde klanke tot Italiaanse Opera. Mnr. Neville Rothman en Burgert Kirsten het as seremoniemeesters gedien en seker gemaak dat die aand glad ver- loop (of nie?). Die hoogtepunt was sekerlik die Paul Roos-massakoor van amper 500 Graad 11’s en 12’s wat saam met van die ander kunstenaars ’n staande ovasie ontvang het en vele dames se knieë lam gemaak het. Die manne het nie net ’n wonderlike aand gehad nie, maar hulle is ook nou almal bekwame sangers in Italiaans. Saterdagaand was nie net ’n massiewe feesjaarviering van die skool nie, maar ook ’n fantastiese viering van die skool se kultuur, musiektalent en musiek- geskiedenis. Volgens me. Ronella van Rensburg, organiseerder van die suk- sesvolle aand en kultuurhoof by die skool, beplan die skool al vyf jaar lank om dié spoggeleentheid te realiseer. Op ’n ander noot; die 150 jaar fees- vieringe is verby, maar dit is defini- tief nie die einde van groot dinge en vieringe met die Maroon Machine nie. Maak reg om terug te skop en jou hoed te lig, want die volgende 150 jaar is op ons! Sit die kersie op die koek en maak geskiedenis! Laat dit juig Getuie van groot tye - Orals
  • 4. Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 4 Rayno Blomerus Volgens verskeie bronne het 1250 Paul Roosers ingeskryf vir Dinsdag se Bubble Soccer. Wie kan nou die kans misloop om iemand met toestem- ming te "bounce"? Definitief nie ’n Paul Rooser nie. Bubble Soccer (Zorb Foot- ball) is in 2014 deur Hendrik Elvestad in Norweë begin. Dit het eers in 2015 in die Verenigde Koninkryk gewild begin raak en daarna ook in die Verenigde State en later in Nieu-Seeland. Die reëls is eenvoudig: dis sokkerreëls maar jy het ’n opblaasballon om jou bolyf. So jy kry nie seer as jy val nie; dus is stamp heelte- mal aanvaarbaar, selfs al het die persoon nie eens die bal nie. Die doelbokse is ook heelwat kleiner. Daar is meer aksie met "big hits" as doele. Die belangrikste rede vir die sport se gewildheid is dat dit sokker (met min aksie) en “big hits” (baie aksie) kombineer. Die video in die aal het die skool letterlik in rep en roer gekry en almal het uitgesien na die tuimel- sokker, of jy nou deelneem of net gaan kyk. Dit het op 1 Maart, tydens die skool se verjaarsdagvieringe, ongetwyfeld vir die grootste vermaak van die dag gesorg. ’n anonieme Matriekbron beskryf die sport as volg: “It’s for picking on someone your own size"; "keeping a low centre of gravity"; and the faster you run to hit someone, the faster and further you’ll bounce back.” Sy laaste wenk was om jou voete ten alle tye op die grond te hou. tuimelsokker – baie aksie en meer as genoeg pret. Waarvoor meer kan ’n Paul Rooser nog vra? Dalk moet ons dit as amptelike skool- sport begin erken! Tyd om te Tuimel Neil Olivier Sodra die son se kop soggens oor Stel- lenbosch-berg loer, ontwaak Lukas Nel, Paul Rooser van die Week. Lukas is nou in Graad 9, maar dat Concipio vandeesweek ’n onderhoud met Lukas gevoer het, het almal teen- woordig besef dat jeug en dalk ’n gebrek aan lewenservaring geen rede is om ’n brijante knaap soos Lukas te onderskat nie. Lukas is versot op lees. Daar is ver- reweg al meer as ’n duisend boeke onder Lukas se onuitputlike oë verby. Hy verkies fiksie en boeke oor wiskunde. Hy was gou besig om te verduidelik hoe ’non-Euclidian geometry’ werk, en nie eens die matriek wat tydens die on- derhoud teenwoordig was, het ’n enkele woord verstaan van wat gesê hy nie. Lukas se liefde vir boeke het hom ’n uitstekende kennis oor die wêreld en alles daarin verseker. Die vraag wat dadelik by my opge- duik het was, “Wat doen ’n briljante mens soos Lukas in sy vrye tyd?” Die antwoord is e e n v o u d i g . Hy doen re- kenaarpro- g r a m m e r - ing. Lukas is tans besig om sy eie re- kenaarspeletjie te ontwikkel. Mod- erne vyfkamp (pen- tathlon), en skerm is Lu- kas se hoofs- porte. Ek het al d i e voor- r e g gehad om vir Lukas te sien skerm, en hy staan na die kant van die meester toe. Volgende jaar beoog Lukas om wiskunde, skeinat, ekonomie, Frans, IT en kuns te neem. Dit is omtrent ’n mondvol. Hy sê die enigste vak waarmee hy struikel is kuns; tog sien hy kans om daardie vaardig- heid ten volle te ontwikkel. Lukas wil graag eendag ’n rekenaarwetenskaplike of eko- noom word. Dit sal goed wees om uit te kyk vir Lukas in die werkende wêreld eendag. Hy is ’n uitstekende, hard- werkende, Paul Roos- legende en gaan nog ’n massiewe invloed op die wêreld uitoefen. Paul Rooser van die week Foto: JD West
  • 5. Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 5 “Advantage, Paul Roos!” Alexander Klose Die 11de bestMed-Gerrie Berner- tennistoernooi het vanjaar van 17-20 Februarie op Paul Roos Gimnasium se bane plaasgevind, en is vir die 3de keer agtereenvolgens deur St. Stith- ian’s gewen toe hulle vir Grey College in die finaal met 5-1 verslaan het. Paul Roos is verteenwoordig deur Charlie Morkel, Russouw Norval, Christian van der Wath, Jean Durand, Wikus Robbertse, Jurgen Badenhorst (Kaptein), Hannes Vorster.  Uitstekende en opwindende tennis is gespeel en Paul Roos Gimnasium het die volgende resultate behaal:  Paul Roos verloor teen St. Stithian’s: 1 – 5 Paul Roos klop Kearsney College: 9 – 0 Paul Roos klop St. Benedict’s: 9 – 0 Paul Roos klop Affies: 8 – 1 Paul Roos klop St. David’s: 8 – 1 Die semi-finaal tussen Paul Roos en Grey College het op Vrydag 19 Feb- ruarie plaasgevind en is deur reën ontwrig. Die wedstryd moes na die dakbaan van die Universiteit van Stel- lenbosch verskuif word. PRG het nael- skraap verloor, en het dus die volgende oggend vir die 3de plek teen Pretoria Boys’ High uitgespeel. Die manne van Paul Roos het uit- gehaal en gewys en uiteindelik vir Pre- toria Boy‘s High met 5-2 gewys waar Dawid die wortels gegrawe het.  Dit was soos altyd ’n ongelooflike sukses, te danke aan wonderlike gees onder die ondersteuners, asook van die persone wat die reëlings getref het om só ’n dag moontlik te maak. Daar word baie uitgesien na die volgende jaar se toernooi. Bruised paintball-bodies show the post-war aftermath. R 8558 se munte is deur die skool ingesamel en geskenk. Foto:NeelsRossouw Foto:DanielMoller Foto:PierreMongomerey
  • 6. Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 6 Johan Schoeman Meneer Jannie van der Westhuizen is in 2007 as Rektor van Paul Roos Gimnasium ingehuldig. Gedurende sy nege jaar by Paul Roos het mnr. Van der Westhuizen ’n ongeloof- like positiewe impak op die skool en sy leerders gehad. Hy het onlangs bekend gemaak dat hy beplan om in 2017 die fakkel oor te gee aan ’n nuwe Rektor. Concipio het met hom gaan gesels. Wat maak Paul Roos uniek en ánders as ander skole? Ons Rektor meen dis die feit dat elke liewe seun welkom is by Paul Roos en dat die skool nie sy leerders in boksies plaas nie. Paul Roos gee vir almal ’n geleentheid om te presteer, ongeag wie hy is. Die winde van verandering is besig om deur die onderwysstelsel te waai. Meneer Van der Westhuizen sê dat onderwys by Paul Roos ook baie oor die volgende 5-10 jaar gaan verander. Hy sê dat tegnologie ’n toenemende rol in die klaskamer sal begin speel, en meen dat dit ’n goeie ding is, mits dit die gehalte van onderrig verbeter. Ons lewe in ’n baie onstabiele tyd- perk, gevul met uitdagingspotensiaal. Meneer van der Westhuizen sê dat die die finansiering van Paul Roos Gimnasium in die toekoms die skool se grootste uitdaging sal wees. Hy glo egter vas dat die Maroen Masjien daartoe in staat is om enige hindernis in die stof te laat byt terwyl hy op sy suksespad voortstorm. Rakende sy opvolger is daar nog nie veel geheime om te verklap nie. Me- neer Van der Westhuizen kon egter met Concipio deel dat die benoe- mingsproses van ’n nuwe Rektor teen Oktober deur die Beheerliggaam ge- finaliseer sal word. Meneer van der Westhuizen is vol hoop dat sy opvol- ger oor die nodige toewyding en pas- sie sal beskik om Paul Roos in die toe- koms te lei. Gevra oor sý toekoms, lê Meneer graag klem op die feit dat hy in 2017 sal uittree, maar nie aftree nie. Hy het hoegenaamd geen plan om ewe skie- lik op die stoep te gaan sit nie. Hy beplan onder meer om sy termyn op die Raad van die universiteit van Stel- lenbosch uit te dien. Meneer sien ook baie daarna uit om die geleentheid te hê om meer tyd in die Kalahari deur te bring, waar hy as ’n stokperdjie met beeste boer. Hy en sy vrou beplan om mettertyd na George te verhuis. Meneer sê dat hy nie noodwendig ’n gunsteling-herinnering het uit die afgelope nege jaar nie, en dat daar eerder ’n paar gebeurtenisse is wat hy sal onthou. Maar hy sê as daar één ding van Paul Roos is wat vir hom spesiaal was, dit niks en niemand an- ders is nie as die Paul Roosers self. Meneer Van der Westhuizen sê met sekerheid dat hy sy tyd by Paul Roos vir niks sal verruil nie, en dat dit van die beste tye van sy lewe was. Hy was dalk nie self in Paul Roos nie, maar oor die kleur van sy bloed is daar geen twyfel nie. Paul Roos wens Meneer van der Westhuizen alles van die beste toe met sy laaste jaar, en met wat die toekoms ook al vir hom mag inhou. Hy sal vir altyd ’n spesiale plek in die harte van alle Paul Roosers hê. Paul Roosers het ’n spesiale plekkie... ...in die Rektor se hart Foto:JohanWilke VerskafdeurTipAfrica
  • 7. Uitgawe/Issue 277 Concipio Page 7 Paul Roosers bons teen mekaar op die gras. Daar is ’n bal en twee doelhokke ook… Daar is heeldag bloed geskenk, daar is al opgepak voordat almal eers ’n beurt kon kry. ’n Sport sonder reserwes. Can’t touch this. Touch rugby is our game. Foto:TashreeqRazietFoto:JDWest Foto:DylanStyger